About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1984
>>
[1984] ZASCA 80
|
|
Konstruksie Mynbou Toerusting Maatskappy (Edms) Bpk v Steenkamp (80/82) [1984] ZASCA 80 (17 August 1984)
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
KONSTRUKSIE MYNBOU TOERUSTING
MAATSKAPPY (EDMS) BEPERK
appellant,
en
J J STEENKAMP
respondent
Coram: KOTZÉ et CILLIE, ARR, et
SMUTS, Wr. AR.
Datum van appèl
: 22 Mei 1984
Datum van uitspraak
: 17 Augustus 1984
U I T S P R A A K KOTZE
AR:
Na 'n verhoor wat op 11 Mei, 12 Mei en
29 Oktobcr 1982 in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling plaasgevind het in
'n geding
tussen die appellant (eiser) en die respondent
/ (verweerder)
2 (verweerder) het regter KOTZÉ (toe nog 'n
waarnemende regter) eersgenoemde se eis vir betaling van R5 500,00 van die hand
gewys met koste. Teen daardie bevel kom die eiser, 'n maatskappy met beperkte
aanspreeklikheid, nou in hoër be-roep.
Die eiser se oorspronkitke
besonderhede van eis, soos aangevul deur nadere besonderhede, is ten effekte
dat:
(1) die eiser, verteenwoordig deur E Minnaar, en verweerder op 6 Maart 1978 te
Bloemfontein mondeling ooreen-gekom het dat eiser
aan verweerder twee nuwe
Inter-national 674 trekkers verkoop teen.'n prys van R7 500,00 per
trekker;
(2) dit 'n beding van die ooreenkoms was dat verweerder
/ as
3 as gedeeltelike betaling van die prys twee gebruikte International 674
trekkers aan die eiser sou lewer teen 'n ooreengekome waarde
van R4 750,00 per
trekker;
(3)
dit 'n verdere beding van
die ooreenkoms was dat die balans van R5 500,00 deur verweerder betaal suu word
by lewering van die nuwe
trekkers, alternatiewe-Lik binne 'n redelike tydperk na
lewering;
(4)
die twee nuwe trekkers kort na 6
Maart 1978 aan die verweerder gelewer is en ondanks verstryking van 'n 'n
redelike tyd na lewering
en aanmaning, weier en versuim verweerder om die bedrag
van R5 500,00 aan eiser te betaal.
Nadat die eiser
se enigste getuie, Minnaar hierbo in die pleitstukke na verwys, getuig het en
net voor die afsluiting
/ van
4 van eiser se saak het die Verhoorregter op aansoek namens die
eiser, die besonderhede van eis gewysig: (a) deur die vervanging in
(1) van die
datum "6 Maart 1978" met die woorde "Gedurende die periode Julie 1977 tot
Oktober 1977" en (b) deur die byvoeging na
"Bloemfontein" van die woorde
"alterna-tief Vreaefort".
In sy verweerskrif het die verweerder die
bewerings
in (1), (2) en (3) hierbo ontken en in die
alternatief soos
volg gepleit:
"Verweerder (het) gedurende of omtrent Augustus 1977 'n mondelinge ooreenkoms
aan-gegaan met eiser te 'Vaalzicht', Vredefort, in terme
waarvan verweerder vier
nuwe McCormick 674 trekkers by eiser gekoop het. Verweerder het vier van sy
gebruikte trekkers ingeruil en
was die balans bekaalbaar op die koopprys
/ deur
5
deur verweerder die bedrag van R9 000.00 Dit was 'n verdere
uitdruklike, alternatiewelik impliseerde term van die ooreenkoms dat die
koopsom
betaalbaar sal wees teen volledige lewering van die vier trekkers wat verweerder
aangekoop het. Eiser het versuim om volledig
te presteer in terme van voormelde
ooreenkoms aangesien eiser slegs twee trekkers aan ver-weerder gelewer het en
het eiser verder,
in verbreking van die voormelde ooreenkoms, versuim om gratis
diens op verweerder se woon plaas te verrig."
Op 24 Maart 1982 is die verweerskrif gewysig deur
die toevoeging van die volgende verdere alternatief:
"Eiser, soos verteenwoordig deur Mnr Minnaar en verweerder (het) persoonlik
te Vredefort en wel te die kantoor van Mnr Tomlinson gedurende
1978, mondeling
ooreengekom dat dle partye geen verdere verpligtinge teen-oor mekaar het in
terme van die ooreenkoms soos deur verweerder
beweer nie en sou eiser in
terme
/ van
6
van voormelde ooreenkoms derhalwe nie meer twee nuwe trekkers aan verweerder
lewer nie, sou verweerder nie meer twee tweedehandse
trekkers inruil by eiser
nie en sou verweerder nie aanspreeklik wees vir enige verdere beta-lings aan
eiser in terme van voormelde
ooreen-koms
nie."
In 'n replikasie gedateer 27
April 1982 het die eiser iedere bewering in die alternatiewe en verdere
alternatiewe dele van die pleit
ontken. Alternatiewelik het die eiser beweer
dat, indien bevind sou word dat die ooreenkoms na verwys in die verdere
alternatiewe
verweer wel gesluit is, Minnaar nie magtiging gehad het om namens
die eiser sodanige oor eenkoms te sluit nie.
Minnaar, soos reeds gemeld, was die enigste persoon wat namens die eiser
getuig het. Hy was te alle relevante
/ tye
7 tye die eiser se takbestuurder te Bloemfontein. Gedurende
hoofondervraging het hy vertel van 'n besoek deur hom en sy ver-koopsman,
Crous,
aan die verweerder se plaas Vaalzicht (distrik Vredefort) gedurende 1976. Daar
het hulle na vier gebruikte 674 trekkers (almal
in feitlik dieselfde toestand)
gekyk en voorlopig met die verweerder die aankoop deur hom van nuwé
trekkers teen R7 500-00
per stuk teen die inruil van gebruikte trekkers teen R4
750-00 per stuk bespreek. Aangesien hy deur sy hoofkantoor verbied was om
sonder
magtiging inruil transaksies aan te gaan het hy daar en dan 'n vrugtelose poging
aangewend om die vereiste toestemming te
verkry. Hy en Crous is toe terug na
Bloemfontein toe enhy het eiser belowe dat hy sou poog om magtiging te verkry.
Na verloop
van ongeveer 'n maand het die verweerder en Crous weer
vertoë
/ aan
8 aan hom gerig as gevolg waarvan hy, op eie houtjie toegegee het
en die verweerder telefonies meegedeel dat, ofskoon hy nie magtiging
het nie, hy
tog twee gebruikte trekkers sou neem, hulle op die vloer van die vertoonkamer
sou plaas en sodra hy hulle verkoop die
ander twee sou inneem en hulle dan
probeer verkoop. Hiertoe het die verweerder ingestem. As gevolg het hy twee nuwe
krekkers op die
verweerder se plaas afgelewer en terselfdertyd twee van die
gebruikte trekkers na die vertoonkamer geneem. Na 'n geruime tyd, toe
Crous
reeds die eiser se diens verlaat het en die eiser die agentskap reeds laak vaar
het, het hy die twee gebruikte trekkers verkoop.
Daarna, so lui sy getuienis, "I
could not
carry on with anything we invoiced Mr Steenkamp
considerably
later than the actual delivery of these tractors".
/ Die
9 Die invordering van die uitstaande bedrag het hy aan die
ouditeure oorgelaat. Voorts het Minnaar getuig van 'n geleent-heid wat
hy 'n
raadgewer van die verweerder - mnr Tomlinson vermeld in die verder alternatiewe
verweerskrif - op laas-genoemde se kantoor
ontmoet het toe daar 'n vrugtelose
onder-handeling in verband met die twee oorblywende nuwe trekkers plaasgevind
het. Hierna het
hy op 'n sekere dag weer aangedoen by Tomlinson se kantoor. Die
verweerder was ook teenwoordig en baie ontevrede omdat die laaste
twee nuwe
trekkers nie af-gelewer was nie. Sy antwoord aan die verweerder was dat "right
from the word go 1 had explained to you
that we were
not allowed to take
trade in's unless we could pre-sell them".
Die verweerder het in 'n ontstoke
toestand die kantoor verlaat
/ en
10
en verklaar dat hy die aangeleentheid aan Tomlinson oorlaat.
Hy en Tomlinson is toe na die verweerder se plaas toe waar hy sekere
verduidelikings aan Tomlinson gegee het. Daarna het hy 'n brief van laasgenoemde
ontvang waarin bevestig sou gewees het dat die verweerder
R5 500,00 aan die
eiser skuld en dat die saak na sodanige betaling afgehandel sou wees.
Gemelde
brief het egter verlore gegaan on hy kon dit
nie te voorskyn bring en aan die Verhoorhof toon nie. Minnaar het ten sterkste
ontken
dat hy die ooreenkoms soos gepleit in die verdere alternatiewe
verweerskrif aangegaan het en het bygevoeg: "I would never have been
able to do
a thing like that, because I would have had to answer to my superiors how I
could give away tractors for nothing".
/Kruisondervraging
11
Kruisondervraging van Minnaar het 'n aantal afwykings van sy
getuienis gedurende hoofondervraging aan die lig gebring, asook verklarings
wat
onversoenbaar is met die besonderhede van eis. Hy het toegegee dat die beweerde
transaksie en lewering van die nuwe trekkers
ongeveer gedurende Julie of
Augustus 1977 en nie in Maart 1978 (soos in die besonderhede van eis beweer)
plaasgevind het. Hy het
ook toegegee dat met die eerste besoek aan die plaas die
verkoop van vier 674 trekkers, die ontvangs van vier gebruikte trekkers,
betaling deur ver-weerder van R9 000,00 en dat die eiser 'n waarborg sou
verstrek, bespreek was, maar dat dit onderworpe was aan
goedkeuring van sy hoof
kantoor. Hierna het die verweerder per telef oon navraag gedoen wanneer die vier
nuwe trekkers afgelewer
/ sou
12 sou word. Minnaar het erken dat toe hy die twee nuwe trekkers gelewer het,
hy geen betaling ge-eis het nie
"because we had done a transaction with him previously
there were no
hassles or anything like that, because he had a very good name with the banks
and everything like that, I trusted him".
Met betrekking tot Tomlinson, het
Minnaar erken dat hy, verweerder en Tomlinson gedurende Maart of April 1978 in
laasgenoemde se
kantoor byeengekom het. Hy het ontken dat hy gesê het dat
hy die transaksie nie kon deurvoer as ge-volg van 'n drastiese prysstyging
nie
maar het erken dat hy wel gesê het dat as hy dit sou deurvoer hy sy
betrekking sou verloor weens verontagsaming van die
opdrag om eers ingeruilde
trekkers te verkoop. Aan die einde van die kruisondervraging het die
Verhoorregter 'n vraag, gegrond op
die besonderhede van eis
/ van
13 van die eiser, aan Minnaar gestel vermoedelik met die doel om te
bepaal of die afwykings tussen sy getuienis en gemelde besonderhede
versoenbaar
is. Die betrokke uittreksel lui soos volg:
"Now I want to put a version of one of the parties to you, and I want you to
tell me whether it transpired or not. In March 1978,
.... (indistinct).... the
following agreement was entered into between you and Mr Steenkamp, namely that
you would sell two new 674
tractors for the amount of R7 500 each to him, and
that you would take in two used tractors for the amount of R4 750 each, what do
ycu say to that?— In March 1978?
Yes?— No Sir.
What do you say about the place of the agreement, here in
Bloemfontein?— No it was in Bloemfontein.
What do you say about the terms, in other words that you would sell two new
tractors and take in two used tractors?—- Yes.
At... in other words, the agreement is
that you agree on one particular day, firstly
to sell two new tractors, and secondly to take
the two used tractors. What do you say to that?--
/No
14
No, there was no such an agreement.
There was no such an agreement according to your evidence.— No."
Te oordeel slegs aan die geskrewe woord, soos hierbo
uiteengesit, is Minnaar se getuienis ver van oortuígend.
Maar
beskou in die lig van die Verhoorregter se bevinding
i.v.m. sy geloofwaardigheid, waarna ek terstond verwys, is
sy getuienis beslis nie aanvaarbaar nie en was dit tereg
verwerp. O.a. lui die uitspraak:
VReeds gedurende mnr Minnaar, eiser se enigste getuie, se hoofverhoor hct ek
die gevoel gekry dat daar iets nie pluis is nie. Hy,
synde 'n man in sy
veertiger jare, het toe reeds in hoofverhoor 'n te onsekere en ongemaklike
houding gehad vir iemand wat 'n besigheid
bestuur. Toe sy kruisverhoor
aangebreek het, het dit gou duidelik geword van waar die ongemak kom en dit wel
dat dit nie die gevolg
was van een of ander per-soonlikheidseienskap nie, maar
wel vanweë die feit dat hy nie die waarheid vertei nie."
/ Hierna
15
Hierna meld die Verhoorregter etlike voorbeelde van Minnaar
se onbetroubaarheid - sommige hiervan blyk uit die reeds
aangehaalde uittreksel uit die Regter se ondervraging -
en sluit dan soos volg af:
"Hoe langer sy kruisverhoor aangehou het hoe meer het sy verhaal uitgerafel
en uitein-delik het hy vir die Hof probeer vertel dat
hy die twee nuwe trekkers
in stryd met instruksies van sy hoofkantoor afgelewer het, iets wat ook net nie
aanvaar kan word nie."
Teenoor die ongunstige bevinding m.b.t. die getuienis van
Minnaar het die
Verhoorregter gunstige geloofwaardigheids-
bevindinge m.b.t. verweerder se
eie getuienis en die van
Tomlinson gemaak.
Die verweerder het op die Verhoorregter 'n
"uiters
gunstige en geloofwaardige indruk....gemaak"
en sy getuienis is
/ sonder
16 sonder huiwering "in die totaal daarvan aanvaar. Hy
het deurentyd vir die advokaat wat vrae aan hom gestel het en vir die Hof ook
in
die gesig gekyk en op 'n kalme, selfver-sekerde wyse sy antwoorde gegee".
Kortliks gestel is die getuienis van verweerder dat
Minnaar en Crous hom
gedurende Augustus 1977 op Vaalzicht besoek het; sy vier gebruikte trekkers
"deurgekyk" het; hulle onderhandel
het en ooreengekom het dat eiser aan
verweerder vier nuwe 674 trekkers sou verskaf; verweerder sy vier gebruikte
trekkers sou inruil
en R9 000,00 sou "toebetaal"; twee nuwe trekkers aan hom
gelewer is en twee van sy gebruikte trekkers deur die eiser weggeneem is;
ondanks verskeie navrae hy nie die ander twee nuwe trekkers ontvang het nie;
gedurende Maart
/1978
17 1978 het Minnaar, hy en Tomlinson in laasgenoemde se kantoor
bymekaargekom; na hy aandag gevestig het op aansienlike styging in
die prys van
nuwe trekkers en daling in die pryse van gebruikte trekkers 'n wedersydse
kwytskelding (soos uit-eengesit in die verdere
alternatiewe verweerskrif)
plaasgevind het.
Tomlinson het die verweerder se getuienis in alle wesentlike
opsigte gestaaf. Hy is vier-en-sestig jaar oud, het op die Verhoorregter
'n
"goeie indruk" gemaak en sy ge-tuienis is in geheel sonder huiwering
aanvaar.
Die enigste oorblywende getuie was Crous. Sy getuienis het basies dié
van die verweerder gestaaf. Hy het die ver-hoorhof egter
nie as getuie beindruk
nie en sy getuienis is slegs
/ aanvaar
18
aanvaar "in soverre dit stawing vind in die getuienis van
verweerder".
Dit is teen bovermelde feitlike agtergrond wat
hierdie appèl beslis moet word. Die slotsom waartoe
die
Verhoorregter gekom het, is soos volg:
"Verweerder se relaas omtrent die gebeure (is) die waarheid en Minnaar se
bewerings dat die kontrak deelbaar was, dat daar geen skikking
of wedersydse
kwytstellingsooreenkoms tussen die partye was nie en dat hy nie mag-tiging gehad
het om 'n kwytstellingsooreenkoms
aan te gaan en al die ander wesenlike aspekte
van die saak nie die waarheid is nie. Inteendecl vind ek dat hy doelbewuste
leuens
vir die Hof vertel het ten einde 'n eis vir die eiser te kan
grond."
Mnr
Wessels
, wat in
hierdie Hof sowel as in die Hof a
quo
namens die eiser opgetree het,
het ons aandag gevestig op
/ sekere...
19 sekere botsings tussen die verweerder en Tomlinson se
getuienis, op 'n gebrek aan konsekwensie in die verwere ge-opper deur die
verweerder en op grond daarvan betoog dat Minnaar se getuienis i.p.v. die
getuienis van die verweerder se getuies aanvaar moes gewees
het. Die uitspraak
van die Ver-hoorregter getuig van versigtige oorweging en, hoewel daar-teen
gewaak moet word dat 'n reg van appèl
nie tot 'n blote skim gereduseer
wo,rd nie, bestaan daar nie grondige redes waarom daar in hierdie saak met sy
geloofwaardigheidsbevindinge
ingemeng behoort te word nie. Trouens die afwykings
in Minnaar se getuienis waarna ek reeds verwys het en die ant-woorde wat hy
verstrek
het aan die Verhoorregter in die uittreksel hierbo aangehaal vernietig,
na my mening, die
/ versie
20
versie van die mondelinge ooreenkoms soos deur die eiser ge-pleit. Dit, in
sigself, doen ernstige afbreuk aan Minnaar se geloofwaardigheid
en maak
inmenging met die feitebevindinge van die Hof a
quo
gevaarlik. Indien
hierdie Hof teen in-menging met die feitebevindinge sou besluit, het mnr Wessels
nogtans betoog dat die ooreenkoms
deelbaar is en, aangesien die verweerder twee
trekkers aanvaar hct, hy die bedrag van R5 500,00 aan die eiser verskuldig is .
Die
antwoord op 'n vraag of 'n ooreenkoms ondeelbaar is, hang van die bedoeling
van die partye soos afgelei van hulle woorde en optrede
en van di e geaardheid
van die prestasie af. (Vgl.
Collen v Rietfontein Engineering Works
,
1948
(1) SA 413
(A) te bl. 435.) Die getuienis van Steenkamp was dat daar nie op
afsonderlike pryse
/ooreengekom
21
ooreengekom is vir iedere nuwe en gebruikte trekker nie -
slegs oor die verskil wat inbetaal moes word. Die verweerder
se getuienis, wat tereg deur die Regter a
quo
aanvaar is,
en die optrede van die partye na die vier trekkers op die
plaas
"deurgekyk" was, dui op 'n globale transaksie: vier nuwe
trekkers word
gekoop, vier gebruikte trekkers word ingeruil
en 'n enkele ooreengekome
bedrag word inbetaal. Die betoog
ten aansien van die beweerde deelbaarheid
van die ooreenkoms
slaag gevolglik nie. Steeds is dit nie die einde van
die
eiser se betoog nie want voor ons is ook aangevoer dat "indien
hierdie
Hof sou bevind dat eiser nie die bepalings van die
kontrak nagekom het deur
slegs twee trekkers te lewer nie,
word daar desnieteenstaande betoog dat die
eiser geregtig
is op betaling van die bedrag van R4 500,00 op die basis van
/'n kontraktuele
22 'n kontraktuele eis om 'n verminderde kontrakprys".
Ter ondersteuning van hierdie kontensie is 'n beroep gedoen op
BK Tooling v
Scope Precision Engineering
,
1979 (1) SA 391
(A). Daar kan ook nie aan
hierdie betoog gehoor gegee word nie aangesien die eiser nie sy eis daarop
ingestel het om op billikheidsoorwegings
'n verminderde kontrakprys te verhaal
nie: eiser het sy eis gegrond op 'n kontraktuele versic wat die Verhoorhof
verwerp het. (Kyk
DaJinga Beleggings (Pty) Ltd v Antina (Pty) Ltd
.,
1979
(2) SA 56
(A) pp 63-4 en op pp 434 G - 435 A van die
B K Tooling
-saak,
supra
.) Dit volg dus dat die appèl afgewys behoort te word.
Ook die bevinding van die Regter a
quo
dat 'n
"skikking
/ of
23 of wedersydse
kwytskeldingsooreenkdms tussen die partye" inderdaad aangegaan is kan, na my
mening, nie mee ingemeng word nie. Die
gunstiger posisie wat 'n regter van
eerste instansie geniet by die beoordeling van feite is oorbekend en behoef geen
herhaling nie.
Maar, aldus 'n kragtige betoog deur mnr
Wessels,
bestaan
daar tog voldoende materiaal en grondige rede in die vorm van twee briewe,
gedateer 5 Maart en 24 April 1979; vir die verwerping
van die getuienis van die
verweerder en Tomlinson dat 'n kwytskeldingsooreenkoms ooit bereik is en vir die
bevinding dat die verweerder
die bewyslas in hierdie opsig nie gekwyt het nie.
Kort gestel betoog mnr Wessels soos volg. Dit blyk uit die getuienis dat op 30
Oktober 1978 verweerder skriftelik namens eiser aangespreek word vir
betaling
/ van
24
van die "outstanding account"; dit het verweerder onthuts
maar hy reageer
nie; baie later het 'n skuldinvorderaar
die eis mondeling herhaal; verweerder
sê aan hom "ek skuld
die mense niks nie"; erg ontsteld gee hy aan sy
prokureur
opdrag om per brief te verduidelik van die skikking en
daarna
word die briewe van 5 Maart en 24 April deur die prokureur
geskryf.
Eersgenoemde brief lui:
"Ons is gelas deur mnr J J Steenkamp van Vaalzicht, Vredefort, om aan u te
skryf in verband met 'n koopooreenkoms gedurende of ongeveer
Augustus 1977 deur
hom aangegaan met u Bloemfontein afdeling. In terme hiervan het mnr Steenkamp by
u vier nuwe McCormick 674 trekkers
gekoop en het hy vier oues ingeruil. Die
verskil wat hy moet inbetaal is R9 000,00. Dit was 'n verdere onderneming dat
gratis diens
op sy woonplaas vir hom verrig sal word, wat nie gedoen is nie. Hy
het nog net twee van die trekkers ontvang en vereis dat die ander
twee nuwe
trekkers onmiddellik aan hom
/ afgelewer
25
afgelewer word, en dat besit geneem word van die twee trekkers wat op hulle
ingeruil word. Teen lewering van die twee nuwe trekkers
sal die koopsom, naamlik
R9 000,00 onverwyld aan u oorbetaal word. Dit was 'n uitdruklike en/of
impliseerde term van die ooreenkoms
dat die R9 000,00 betaalbaar sal wees teen
volledige lewering van die vicr trekkers wat aangekoop is. U spoedige aandag sal
op prys
gestel word."
Die brief van 24
ApriL lui:
"Ons verwys na bostaande aangeleentheid en ons skrywe van 5 laaslede.
U het geensins gereageer op ons skrywe nie en mnr Steenkamp kan nie langer die
twee ge-bruikte trekkers tot u beskikking hou nie,
want hulle neem daagliks in
waarde af. Ons kliënt vereis derhalwe dat die twee nuwe trekkers binne
veertien dae na datum hiervan
gelewer word en by gebreke daaraan sal ons
kliënt verplig wees om die twee tweedehandse trekkers daarna teen so 'n
prys as wat
hy kan kry sal verkoop en die koopsom sal afgesit
word
/ teen
26
teen die bedrag nog aan u verskuldig en die balans sal aan u
betaal word sodra u die nuwe trekkers lewer.
Hierdie aangeleentheid kan nie onbepaald oor-gehou word nie en hierdie
kennisgewing moet beskou word as finaal."
Dit is ondenkbaar, so betoog mnr
Wessels
, dat indien daar
werklik
'n skikking was die briewe dit nie sou meld nie
en dat voorgegee sou word dat
twee gebruikte trekkers
steeds tot eiser se beskikking gehou word. Die Regter
a
quo
het hierdie briewe nie oor die hoof gesien nie soos
blyk uit
die uitspraak:
"Die Hof het ook in aanmerking geneem dat sy prokureur in die
aanmaningsbriewe dit gestel het dat die twee tweedehandse trekkers wat
nog op
verweerder se plaas gestaan het tot beskikking van eiser gehou word terwyl
ver-weerder se eie getuienis openbaar het dat
/ hy
27
hy daardie
tweede handse
trekkers na verloop
van ongeveer sewe maande weer begin gebruik het. Ek is egter oortuig daarvan dat
hierdie verskil nie voortspruit
uit ongeloofwaardig-heid aan die kant van
verweerder nie, maar as oorsaak het dat onnoukeurige taal in sy prokureur se
briewe gebruik
is óf andersins net dat die posisie nie daarin volledig
ver-duidelik is nie."
Verder is dit van
belang om voor oë te hou dat ten tye van
die bespreking in Tomlinson se
kantoor nuwe trekkers aansien-
lik duurder was as in Augustus 1977 en gebruikte trekkers
toe tussen
R700,00 en Rl 000,00 minder werd was. Volgens
die verweerder se getuienis sou
dit hom "betaal het om
die trekkers te gekry het, enige tyd daarna, as hulle
die
trekkers sou gelewer het." Dus sonder om afstand te doen
van die
skikking sou hy bes moontlik geredelik oorweeg
/ het
28 het om die ander twee nuwe trekkers te aanvaar. Ook van belang
is die datum van die verdere alternatiewe verweerskrif: 24 Maart
1982 - ongeveer
ses weke voor die verhoor toe kon-sultasies ter voorbereiding daarvan
waarskynlik plaasgevind het en die deurslaggewende
belang van die samespreking
in Tomlinson se kantoor duidelik geblyk het. Dit is die waarskynlike rede dat
die wysiging eers op so
'n laat tydstip plaasgevind het. Die Verhoorregter het
'n ex
tempore
uitspraak gelewer toe die indrukke wat hy gevorm het nog
vars in sy geheue was en sy uitgesproke oortuiging dat onnoukeurige taal
of
onvolledige verduideliking eerder as ongeloofwaardig-heid die gebreke in die
briewe verduidelik, dra veel gewig. Die enigste oorblywende
vraag is of die
Regter á
/ qou
29
quo
tereg bevind het dat Minnaar wel magtiging gehad het
om die skikkingsooreenkoms namens die eiser te sluit. Sy benadering was dat
die
eiser se eie bewering in die pleit-stukke dat Minnaar magtiging gehad het om
twee trekkers te verkoop, dat Minnaar eiser se takbestuurder
was, dat hy,
volgens verweerder, opgetree het as 'n gevolmagtigde en dat, aldus Minnaar self,
hy byvoorbeeld ooreenkomste m.b.t.
grondboontjieplukkermasjinerie aangegaan het,
minstens
prima facie
bewys dat die beweerde magtiging wel in Minhaar
gesetel het en dat by ontstentenis van getuienis van byvoor-beeld 'n direkteur
van
die eiser dat Minnaar nie magtiging gehad het nie, diê bewys afdoende
word. Met hierdie benadering gaan ek akkoord.
/ Die
30
Die appèl word met koste afgewys.
G.P.C. KOTZE
CILLIÉ AR)
SMUTS Wr. AR) STEM SAAM