Minister van Veiligheid en Sekuriteit v Dlamini (A334/2010) [2011] ZAFSHC 192 (29 November 2011)

Criminal Law

Brief Summary

Arrest — Unlawful arrest — Arrest without warrant — Respondent arrested by police officer without warrant on suspicion of robbery and assault — Respondent claimed unlawful arrest and detention, seeking damages — Appellant contended arrest was lawful under Section 40(1)(b) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977 — Court found insufficient evidence to justify reasonable suspicion for arrest, ruling in favor of respondent and awarding damages.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2011
>>
[2011] ZAFSHC 192
|

|

Minister van Veiligheid en Sekuriteit v Dlamini (A334/2010) [2011] ZAFSHC 192 (29 November 2011)

VRYSTAAT
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Appélnommer :
A334/2010
In
die appél tussen:-
MINISTER VAN
VEILIGHEID EN SEKURITEIT
.......................
Appellant
en
SAMSON DLAMINI
...............................................................
Respondent
CORAM:
WRIGHT, R
et
VAN ZYL, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
VAN ZYL, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
29 NOVEMBER 2011
_____________________________________________________
Agtergrond,
pleitstukke en kennisgewing van appél:
[1] Respondent is op 22
November 2008 om 19h00 deur Adjudant-Offisier Mokoena (hierinlater na
verwys as “Mokoena”),
synde ‘n polisiebeampte in
diens van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, te Cornelia, distrik
Vrede, sonder ‘n lasbrief
gearresteer op ‘n aanklag dat
hy Konstabel Motholo (hierinlater na verwys as “die klaer”)
te Villiers ernstig
aangerand en beroof het. Respondent is toe geneem
na Villiers, waar hy aangehou is vanaf 20h00 daardie aand totdat hy
op waarskuwing
vrygelaat is na sy verskyning in die hof te Villiers
op Maandag, 24 November 2008. Die aanklag is eventueel op 26 Januarie
2009
teen respondent teruggetrek. Respondent het daarop as eiser in
die landdroshof, Villiers, dagvaarding uitgereik teen appellant as

verweerder op die basis van appellant se middellike aanspreeklikheid.
Die wese van respondent se skuldoorsaak is as volg in paragraaf
6 van
die besonderhede van vordering uiteengesit:

It is
plaintiff’s contention that his arrest without a warrant and
subsequent detention was unlawful and intentional or due
to the
negligence of the investigating officer who failed to ascertain that
the complainant’s identification of the plaintiff
was
reasonably possible; and that that constituted an
injuria
for which plaintiff suffered damages and/or claims satisfaction in
the amount of one hundred thousand rand (R100,000-00).”
[2] Appellant het as volg
in sy verweerskrif op voormelde paragraaf 6 van respondent se
besonderhede van vordering gepleit:

5.1
Defendant
admits that plaintiff was arrested without a warrant on 22 November
2008 at Cornelia.
5.2 Defendant denies that plaintiff’s
arrest and detention were unlawful.
5.3 Insp Mokoena was a peace officer
as described by Section 40 of Act 51 of 1977.
5.4 Insp Mokoena lawfully arrested
plaintiff in terms of Section 40(1)(b) of Act 51 of 1977.
5.5 The balance of the allegations are
denied and plaintiff is put to the proof thereof.”
[3] Addisioneel tot
appellant se voormelde pleit op die meriete, het appellant ook die
volgende spesiale pleit ten opsigte van jurisdiksie
in sy
verweerskrif geopper:

1.
In
paragraph
3 of his particulars of claim plaintiff avers that the whole cause of
action arose within the jurisdiction of the Honourable
Court,
Villiers.
2.
Plaintiff’s first cause of
action is unlawful arrest.
3.
Plaintiff was arrested in Cornelia
which falls under the jurisdiction of the Honourable Court of Vrede,
not Villiers.
4.
Defendant thus prays that plaintiff’s
action be dismissed with costs.”
[4] By ooreenkoms tussen
die partye is daar geen getuienis ten opsigte van die spesiale pleit
in die hof
a quo
aangebied nie. Die spesiale pleit is bloot
namens die onderskeie partye geargumenteer op die basis van die
ooreengekome feitelike
gebeure uiteengesit in die paragraaf 1 hierbo.
[5] Die spesiale pleit is
deur die hof
a quo
van die hand gewys. Vir redes wat later uit
hierdie uitspraak sal blyk, ag ek dit onnodig om na die hof
a quo
se redes vir laasgenoemde bevinding te verwys.
[6] Wat die meriete van
respondent se vordering teen appellant betref, het die hof
a quo
bevind dat respondent onregmatig gearresteer en aangehou is en
daaropvolgend gelas dat appellant aan respondent die bedrag van
R25
000-00 as skadevergoeding moes betaal, tesame met rente en koste. Dit
blyk uit die uitspraak dat die bevinding van onregmatige
arrestasie
en aanhouding in wese op twee gronde gebaseer is, synde:
Dat die klaer nie vir
respondent as sy beweerde aanvaller behoorlik geïdentifiseer
het nie, met die gevolg dat hoewel daar

...oënskynlik
wel ‘n Bylae 1 misdryf gepleeg was, was daar nie genoegsame
bewyse en objektief gesien ‘n redelike
verdenking dat dit die
eiser was wat dit gedoen het nie.”
(
UITSPRAAK
,
p. 228, reëls 5 – 7)
6.2 Dat dit nie bewys is
dat dit in belang van geregtigheid was dat respondent in hegtenis
geneem en aangehou moes word nie. Hierdie
gevolgtrekking is daarop
gebaseer dat daar “
...geen aanduiding (was) dat die
eiser sy verhoor sou ontduik, weer ‘n geweldsmisdaad sou pleeg
of sou vlug nie... Adjudant-Offisier
Mokoena het nie eers getuig
rakendende enige diskresie wat hy moes uitoefen nie.”
(
UITSPRAAK
,
p. 228, reëls 8 – 12)
[7] Uit appellant se
kennisgewing van appèl blyk dit dat die appèl in wese
op die volgende gronde gebaseer is:
Dat die spesiale pleit
ten opsigte van jurisdiksie gehandhaaf moes gewees het;
Dat respondent se saak,
beide wat die pleitstukke en getuienis betref, slegs daarop
gebaseer was dat sy arres onregmatig is
deurdat Mokoena opsetlik of
nalatiglik versuim het om te bepaal of respondent se identifikasie
deur die klaer in die strafsaak,
redelik moontlik was. Die hof
a
quo
se bevinding met betrekking tot die uitoefening van ‘n
diskresie wat betref die vraagstuk of dit nodig was om respondent

te arresteer, aldan nie, was gevolglik buite die pleitstukke en die
getuienis en het die hof
a quo
fouteer deur die meriete van
respondent se vordering hierop te beslis.
Dat die hof
a quo
fouteer het deur op die feite te bevind dat Mokoena nie ‘n
redelike vermoede gehad het dat respondent die persoon is wat
die
klaer beroof en ernstig beseer het nie.
Dat vanweë die
foutiewe bevinding wat betref die meriete van respondent se
vordering, die hof
a quo
ook fouteer het deur
skadevergoeding, rente en koste aan respondent toe te dien.
[8] Dit moet vermeld word
dat hoewel kennis gegee is aan beide respondent se prokureur van
eerste instansie, synde Fantisi &
Co. Prokureurs, Vanderbijlpark,
en aan respondent se prokureurs van rekord in die hof
a quo
,
synde Richter van der Watt Prokureurs, Villiers, van die kennisgewing
van appèl, sowel as iedere en elke dokument wat daaropvolgend

namens appellant geliasseer is, insluitende die kennisgewing van
terrolleplasing, is daar op geen stadium deur of namens respondent

aangedui dat die appèl opponeer word nie. Geen betoogshoofde
is ook deur of namens respondent geliasseer vir doeleindes
van die
argumentering van die appèl nie en was daar ook geen
verskyning deur of namens respondent ten tyde van die aanhoor
van die
appèl nie.
Die getuienis:
[9] Die feitlike gebeure
wat aanleiding gegee het tot die arrestasie van respondent, is deur
twee getuies aan die hof
a quo
voorgehou namens appellant,
synde deur Moekoena, die ondersoekbeampte in die tersaaklike
strafsaak, en Konstabel Motholo, die klaer
wie gestasioneer was te
Cornelia. Op 4 Oktober 2008 en naby Villiers, is die klaer aangeval,
verskeie kere met ‘n mes gesteek
en beroof. In ‘n
verklaring deur hom afgelê op 7 Oktober 2008, welke verklaring
ingehandig is as Bewysstuk “A”,
is die volgende
genotuleer ten opsigte van die klaer se aanvaller:

He is an
African male plus minus 20 tot 25 years old, plus minus 1.6m long.
Speaks Southern Sotho. Dark brown in complexion. Clothes:
wearing an
orange two-piece overall. Grey long trousers. Wearing a cap. I can
identify him if I see him again and can also recognise
his voice.”
[10] Dit blyk duidelik
uit die getuienis dat die beserings wat klaer opgedoen het, ernstig
van aard was. Dit blyk dan ook uit die
uitspraak van die hof
a quo
dat respondent sou teregstaan op ‘n aanklag van roof met
verswarende omstandighede. Op 21 November 2008 het die klaer vir

Mokoena ingelig dat hy sy aanvaller by die vulstasie te Cornelia
gesien het en vasgestel het dat hy aan diens sou wees die volgende

aand, synde Saterdag, 22 November 2008. Mokoena het toe die
Saterdagaand die klaer vergesel na die vulstasie, waar die klaer
respondent
aan Mokoena uitgewys het as synde die persoon wat hom te
Villiers aangerand en beroof het. Respondent het op daardie stadium
ontken
dat hy enigsins van die voorval weet en het aangedui dat hy
nie te Villiers was nie. Hy het egter nie teenoor Mokoena aangedui
waar hy hom bevind het op die dag van die voorval nie. Mokoena het
daarop vir respondent gearresteer en het respondent op 24 Oktober

2008 in die Hof verskyn, waarna hy op borg (aldus die getuienis)
vrygelaat is. (Dit moet egter vermeld word dat dit uit die hof
a
quo
se uitspraak blyk dat ooreenkomstig die aantekeninge in die
hofboek ten aansien van die strafsaak se verrigtinge, is respondent

nie op borg vrygelaat nie, maar wel op waarskuwing.)
[11] Respondent het
getuig dat die klaer aan hom bekend was voor die datum waarop hy
(respondent) gearresteer is. Volgens sy getuienis
het die klaer van
tyd tot tyd brandstof ingegooi by die vulstasie en het respondent
kennis gedra daarvan dat die klaer ‘n
polisiebeampte is wat te
Cornelia Polisiestasie gestasioneer is, hoewel hy hom nie by name
geken het nie. (Dit moet egter vermeld
word dat dit nie op enige
stadium aan enige van appellant se getuies gestel was dat die klaer
aan respondent bekend was voor sy
arrestasie nie en het respondent
ook ten tyde van kruisverhoor erken dat hy dit nog op geen stadium
vantevore gemeld het nie.)
Die dag van sy arrestasie op 22 November
2008 het beide Mokoena en die klaer na die vulstasie gekom en het
Mokoena respondent gekonfronteer
rondom die insident. Respondent het
ontken dat hy enige kennis dra van die insident en ook ontken dat hy
te Villiers was. Hy is
gearresteer en daarna na Villiers
polisiestasie geneem. Hy het nie op daardie stadium aan Mokoena
vermeld waar hy was ten tyde
van die voorval nie, anders as om te
ontken dat hy te Villiers was. Ook op Maandag, 24 November 2008, toe
respondent se waarskuwingsverklaring
geneem was, het hy steeds nie
aan Mokoena vermeld waar hy was ten tyde van die voorval nie. Volgens
respondent het hy dit nie gedoen
nie, omdat hy nie kon onthou waar hy
hom bevind het nie. Eers nadat hy reeds op waarskuwing vrygelaat is
en weer deur Mokoena genader
is (dit blyk te gewees het op
instruksies van die Streekhofaanklaer om respondent se alibi op te
volg), het respondent Mokoena
ingelig dat hy ten tyde van die voorval
te Frankfort was tesame met twee van sy vriende. (Dit het ook uit die
getuienis geblyk
dat dit na aanleiding van die opvolg van hierdie
alibi was en daar ‘n alibiverklaring verkry is, dat die aanklag
teen respondent
teruggetrek is.) Volgens respondent se eie getuienis
het hy reeds op ‘n stadium voordat hy weer deur Mokoena
hieromtrent
genader was, beskik oor die inligting met betrekking tot
sy alibi, maar het hy dit nie op eie inisiatief aan Mokoena verskaf
nie.
Tersaaklike
regsbeginsels:
[12] Artikel 40(1)(b) van
die Strafproseswet, Wet 51 van 1977, bepaal dat ‘n
vredesbeampte iemand sonder ‘n lasbrief
in hegtenis kan neem

...wat hy redelikerwys verdink dat hy in Bylae 1
bedoelde misdryf gepleeg het, behalwe die misdryf van ontsnapping uit
wettige bewaring”
. Mev Bester, namens appellant,
het volledige en betoogshoofde wat goed nagevors is, namens appellant
geliasseer, waarvoor sy bedank
word. Hierin, en ook in haar
mondelinge betoog het sy, onder andere, tereg daarop gewys dat
Artikel 12(1)(a) van die Grondwet,
1996, die reg op vryheid en
sekerheid van elke persoon waarborg, waarby inbegrepe is die reg om
nie arbitrêr of sonder gegronde
rede sodanige vryheid ontneem
te word nie. Derhalwe blyk dit duidelik uit die regspraak, soos ook
deur haar aangehaal, dat die
bewyslas in die onderhawige geval op
appellant gerus het om aan te toon dat Mokoena se optrede voldoen het
aan die vereistes daargestel
deur voormelde Artikel 40(1)(b). In die
verband is daar as volg in
MINISTER OF SAFETY
AND SECURITY v SEKHOTO AND ANOTHER
2011 (5)
SA 367
(SCA), paragrawe [6] en [7], bevestig en beslis:

[6]
As
was held in Duncan v Minister of Law and Order, the jurisdictional
facts for a s 40(1)(b) defence are that (i) the arrestor must
be a
peace officer; (ii) the arrestor must entertain a suspicion; (iii)
the suspicion must be that the suspect (the arrestee) committed
an
offence referred to in Schedule 1; and (iv) the suspicion must rest
on reasonable grounds…
[7] It is trite that the onus rests on
a defendant to justify an arrest. As Rabie CJ explained in Minister
of Law and Order v Hurley:

An arrest
constitutes an interference with the liberty of the individual
concerned, and it therefore seems fair and just to require
that the
person who arrested or caused the arrest of another person should
bear the onus of proving that his action was justified
in law.’”
[13] In die onderhawige
geval, is die eerste drie voormelde vereistes van Artikel 40(1)(b)
nie in dispuut nie. Dit kan vermeld word
dat wat betref die vereiste
dat dit ‘n Bylae 1 misdryf moet wees, dit uit die hof
a quo
se uitspraak blyk, paragraaf 33 daarvan, dat die hof
a quo
in
ieder geval reeds ten gunste van appellant aanvaar het dat daar wel
in die onderhawige geval ‘n Bylae1 misdryf ter sprake
was. Die
enigste vereiste wat derhalwe in dispuut is, is dié van ‘n
redelike suspisie. Die toets ten opsigte hiervan
is objektief en as
volg verwoord in
MABONA AND ANOTHER v MINISTER OF LAW AND ORDER
AND OTHERS
1988 (2) SA 654
(SE) op p. 658 E – H:

The test of
whether a suspicion is reasonably entertained within the meaning of s
40(1)(b) is objective… Would a reasonable
man in the second
defendant’s position and possessed of the same information have
considered that there were good and sufficient
grounds for suspecting
that the plaintiffs were guilty of conspiracy to commit robbery or
possession of stolen property knowing
it to have been stolen?…
The reasonable man will therefore analyse and assess the quality of
the information at his disposal
critically, and he will not accept it
lightly or without checking it where it can be checked. It is only
after an examination of
this kind that he will allow himself to
entertain a suspicion which will justify an arrest. This is not to
say that the information
at his disposal must be of sufficiently high
quality and cogency to engender in him a conviction that a suspect is
in fact guilty.
The section requires suspicion but not certainty.
However, the suspicion must be based upon solid grounds…”
Sien ook
OLVIER v
MINISTER OF SAFETY AND SECURITY AND ANOTHER
2008 (2) SASV 387 (W)
op p. 393 – 394
[14] Die hof
a quo
het in sy uitspraak verwys na die geykte beginsel dat daar in
strafsake bo redelike twyfel bewys moet dat ‘n getuie se
identifisering
van ‘n verdagte of ‘n beskuldigde nie net
eerlik en geloofwaardig moet wees nie, maar inderdaad bo redelike
twyfel
betroubaar moet wees. Dit is onduidelik waarom die hof
a
quo
na hierdie toets verwys het, aangesien dit nie die toets in
die onderhawige geval is nie. Voortspruitend uit die verwysing hierna

in die kennisgewing van appèl, het ek egter wel kennis geneem
van die hof
a quo
se redes hieromtrent in die aanvullende
redes, soos dit verskyn in die oorkonde, p. 11, reël 19 tot p.
12, reël 9. Hoe
dit ook al sy, dit blyk dat die woord “suspisie”
juis aanduidend is van ‘n afwesigheid van sekerheid en
voldoende
bewys. In die verband het Mev Bester in haar betoogshoofde
uitgewys dat in
DUNCAN v MINISTER OF LAW AND ORDER
1984 (3) SA
460
(T) op p. 465 – 466 die Hof verwys het na ‘n
definisie van suspisie in
SHAABAN BIN HUSSIEN AND OTHERS v CHONG
FOOK KAM AND ANOTHER
[1969] 3 ALL ER 1626
op 1630, wat as volg
lees:

Suspicion in
its ordinary meaning is a state of conjecture or surmise where proof
is lacking; ‘I suspect but I cannot prove’.
Suspicion
arises at or near a starting point of an investigation of which the
obtaining of prima facie proof is the end.”
Meriete bevinding
van die hof
a quo
:
[15] As daar dan
teruggekeer word na die getuienis, blyk dit dat die hof
a
quo
bevind het dat die klaer se getuienis ten
opsigte van “
...baie aspekte onwaarskynlik,
ongeloofwaardig en veral onbetroubaar”
is. Soos
egter tereg deur Mev Bester uitgewys, is daar geen spesifieke
verwysing na sodanige aspekte gemaak nie. Ook het die hof
a
quo
in sy uitspraak bevind dat die klaer

...sy getuienis grootliks aangevul en ingekleur (het)
in ‘n poging dat die Hof hom moes glo dat hy eiser behoorlik
geïdentifiseer
het”
. (
UITSPRAAK
,
p. 224, reëls 13 – 14) Wanneer daar dan egter gelet word
op die aspekte waarna die hof
a quo
verwys, is dit inderdaad aspekte wat deur die klaer
reeds in sy getuienis in hoof getuig is en het die hof
a
quo
dus fouteer deur te bevind dat die klaer
sy getuienis in die verband aangevul het. (
OORKONDE
,
p. 94, reëls 20 – 25 en p. 95, reëls 1 – 4) Dit
blyk dus dat die Verhoorhof in hierdie verband ‘n
mistasting
begaan het.
[16] Verdermeer en
insoverre die hof
a quo
bevind
het dat die klaer se beskrywing van die aanvaller ‘n “algemene
omskrywing” behels, is ek van mening, soos
deur Mev Bester aan
die hand gedoen, dat ook hierdie bevinding ‘n mistasting
daarstel. Die klaer het, hoewel hy nie enige
spesifieke beskrywing
van sy aanvaller se gesig verskaf het nie, wel meerdere detail ten
opsigte van sy aanvaller se voorkoms en
kleredrag beskryf, welke
detail, soos hieronder sal blyk, ook op sigwaarde objektief
ooreengestem het met die voorkoms van respondent.
[17] Na my mening is die
wesenlike getuienis waarop die onderhawige appèl bereg moet
word, tot die grootste mate gemeensaak
tussen die partye. Wat betref
die optrede deur Mokoena, blyk dit, soos ook deur Mev Bester betoog,
dat die stappe wat deur hom
geneem is en inligting wat deur hom bekom
is op grond waarvan hy respondent gearresteer het, die volgende
behels het:
Mokoena het in die
hospitaal met die klaer gekonsulteer, waartydens hy dan ook die
erns van die klaer se beserings waargeneem
het.
Ten tyde van die afneem
van die klaer se getuieverklaring op 7 Oktober 2008, het die klaer
‘n beskrywing van die verdagte
gegee en ook aangedui dat hy
hom sal herken as hy hom weer sien en ook sy stem sal erken.
Toe die klaer Mokoena
gekontak het en aangedui het dat hy die persoon gesien het wat hom
aangeval het, het Mokoena hom gevra
of hy baie seker is dat dit
daardie persoon is wat hom beseer het, waarop die klaer dit
bevestig het.
By die vulstasie het
Mokoena die klaer versoek om die aanvaller uit te wys, waarop die
klaer vir respondent uitgewys het.
Mokoena het vanaf
respondent se werkgewer navraag gedoen of respondent aan diens was
die dag van die voorval. Daarop het Mokoena
insae gehad in ‘n
register wat betref die werknemers van die vulstasie se
diensbeurte, waaruit dit geblyk het dat hy
op die dag van die
voorval nie aan diens was nie.
Die voorkoms van
respondent het ooreengestem met die beskrywing wat die klaer in sy
verklaring van die aanvaller gegee het.
In die verband moet daar op
gewys word dat ten tyde van kruisverhoor van respondent in die hof
a quo
, dit geblyk het dat dit objektief vasstaan dat die
fisiese beskrywing wat deur die klaer van respondent verskaf is,
inderdaad
ooreenstem met respondent se voorkoms. (
OORKONDE
,
p. 151, reël 13 – p. 152 reël 9)
Respondent het nie op
enige stadium voordat hy op waarskuwing vrygelaat is op 24 Oktober
2008 aan Mokoena enige inligting verskaf
met betrekking tot waar hy
hom bevind het ten tyde van die voorval nie. Hy het bloot ontken
dat hy in Villiers was en dat hy
enige kennis van die voorval dra.
Volgens Mokoena se getuienis sou hy nie vir respondent gearresteer
het indien respondent
hom die besonderhede van sy alibi verskaf het
alvorens hy nie sodanige besonderhede opgevolg en nagegaan het nie.
Ten tyde van die neem
van die klaer se verklaring, het Mokoena spesifiek die klaer gevra
hoe dit vir hom moontlik was om daardie
tyd van die vroeg aand,
waar dit alreeds skemer was, die voorkoms van sy aanvaller waar te
neem. Die klaer het verduidelik
dat hulle met mekaar gepraat het en
dat die aanvaller voor hom was en dat hy behoorlik na hom kon kyk.
Nadat die stoeiery tussen
hom en die aanvaller ontstaan het, het hy
die persoon in die pad getrek voor ‘n aankomende voertuig in,
welke voertuig
se ligte aan was en op die aanvaller geskyn het wat
hom ook gehelp het om hom behoorlik te identifiseer. Toe die klaer
respondent
uitgewys het, was hy op geen stadium huiwerig nie; hy
was seker van sy uitwysing. (
OORKONDE
, p. 74, reël 14 –
p. 75, reël 11)
[18] Wat betref
respondent se getuienis dat die klaer aan hom bekend was voor die
voorval, of dat hulle waarskynlik aan mekaar bekend
moes wees gegewe
dat dit die enigste vulstasie te Cornelia was, het die hof
a
quo
in sy uitspraak as volg bevind:
“Hierdie
bewerings is nie ontken nie. Indien Motholo hom sou ken, sou hy hom
onmiddellik op die toneel geïdentifiseer
het”.
(
OORKONDE
,
p. 227, reëls 14 – 15)
Voormelde bevinding dat
hierdie bewerings nie ontken is nie, is duidelik ‘n mistasting.
In die verband het ek reeds in paragraaf
11 hierbo daarna verwys dat
die klaer se getuienis in die verband deeglik in kruisverhoor betwis
is. Verdermeer, aangesien dit
die eerste keer geopper is deur die
klaer in sy getuienis en nie op enige vroeër stadium nie, kon
geen getuies van appellant
uiteraard hieromtrent getuig nie.
[19] Na aanleiding van
bogemelde getuienis, is ek oortuig dat die hof
a
quo

n mistasting begaan het ten
opsigte van sy bevinding dat Mokoena nie ‘n redelike verdenking
kon gehad het dat dit respondent
was wat die misdryf gepleeg het nie.
Dit blyk duidelik dat gegewe die inligting wat Mokoena tot sy
beskikking gehad het ten tyde
van respondent se arres, hy objektiewe
rede gehad het om dit as behoorlike en voldoende gronde vir ‘n
suspisie ooreenkomstig
die bepalings van Artikel 40(1)(b) te beskou
het. Alwaar respondent ook bloot ontken het dat hy in Villiers was en
nie enige feite
aan Mokoena verskaf het wat gedui het op ‘n
alibi nie, was daar geen verpligting op Mokoena om verdere inligting
in die verband
in te win nie.
[20] Gevolglik is ek van
mening dat appellant hom van sy bewyslas gekwyt het met betrekking
tot die vier vereistes uiteengesit in
Artikel 40(1)(b).
[21] Wat betref die hof
a
quo
se bevinding met betrekking tot ‘n
diskresie wat Mokoena moes uitoefen, waarna ek reeds in paragraaf 6.2
hierbo verwys het,
en wat ook in die kennisgewing van appèl
vermeld is, is ek van mening dat dit duidelik uit die pleitstukke en
die getuienis
blyk dat dit nooit respondent se saak was dat sy
skuldoorsaak gebaseer is op ‘n onbehoorlike uitoefening van
hierdie diskresie
nie. Volledigheidshalwe moet vermeld word dat wat
die aard en vereiste van hierdie diskresie betref, die Hoogste Hof
van Appél
in ieder geval sedert die uitspraak in die hof
a
quo
gelewer is, die regspraak waarop die hof
a quo
gesteun het,
omvergewerp in
THE MINISTER OF SAFETY AND
SECURITY v T J SEKHOTO AND OTHERS
,
supra.
Addisioneel hiertoe, is ek in elk geval oortuig dat
alwaar die aspek van sodanige diskresie nie in die onderhawige geval
deur die
pleitstukke of die getuienis geopper en/of geventileer is
nie, die gevolgtrekking in bogemelde uitspraak ook in hierdie geval
van
toepassing is, waar as volg in paragraaf [57] van die uitspraak
beslis is:

The case can
be disposed of on a simple basis, namely, that the proper exercise of
Van Der Watt’s discretion was never an
issue between the
parties. The plaintiffs, who had to raise either in their summons or
in a replication, failed to do so. The issue
was also not ventilated
during the hearing. This means that since the magistrate had found
that the four jurisdictional facts required
for a defence under S
40(1)(b) were established by the appellant (a finding upheld by the
court below) their claims had to be dismissed.”
[22] Gevolglik is ek van
mening dat appellant se appèl moet slaag ten opsigte van die
bevinding van die hof
a quo
wat betref die meriete van
respondent se vordering. Dit het tot gevolg dat dit onnodig is om die
gronde van appél met betrekking
tot die bevinding wat betref
die spesiale pleit, te bereg.
[23] Wat die koste
betref, spreek dit vanself dat wat respondent se onsuksesvolle aksie
in die hof
a quo
betref, respondent aanspreeklik moet wees vir
die koste van daardie aksie.
[24] Wat die koste van
die appèl betref, het ek reeds vermeld dat respondent van meet
af aan op geen stadium die appèl
opponeer het nie.
Terselfdertyd is dit egter so dat respondent ook nie met die
aantekening van die appèl die bevel deur
die hof
a quo
in sy guns, abandoneer het nie. Onder sodanige omstandighede is ek
van oordeel dat, in die uitoefening van my judisiële diskresie

wat die aspek van koste betref, dit reg en billik is dat respondent
(slegs) gelas word om die helfte van appellant se koste met

betrekking tot die appèl te betaal.
[25] Gevolglik word die
volgende bevel gemaak:
Appellant se appèl
slaag, die bevel van die hof
a quo
word tersyde gestel en
vervang met die volgende:

Die Eiser se
aksie word van die hand gewys, met koste.”
Respondent word gelas
om die helfte van appellant se koste van die appèl te
betaal.
_____________
C. VAN ZYL, R
Ek stem saam:
_____________
G F WRIGHT, R
Namens die appellant: Adv
A Bester
In opdrag van:
Die Staatsprokureur
BLOEMFONTEIN
Namens die respondent:
Geen verskyning