About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2011
>>
[2011] ZAFSHC 188
|
|
Engen Petroleum Ltd v Jacques Vlok Transport Bk en Anders (3110/2010) [2011] ZAFSHC 188 (23 November 2011)
VRYSTAAT
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer : 3110/2010
In
die saak tussen:-
ENGEN PETROLEUM
LIMITED
(Reg No. 1989/003754/06)
.
........................................
Eiser
/ Respondent
en
JACQUES VLOK
TRANSPORT BK
(Reg No. 2004/044925/23)
..........................
1ste
Verweerder / Eksepiënt
JACQUES VLOK
(ID No. )
........................................................
2de
Verweerder / Eksepiënt
AFRIC OIL (PTY) LTD
(Reg No. 1995/001866/07)
..............................................
3de
Verweerder
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN ZYL, R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
23 NOVEMBER 2011
_____________________________________________________
[1] Hierdie is ‘n
eksepsie wat eerste verweerder/eksepiënt en tweede
verweerder/eksepiënt aangeteken het teen eiser
se besonderhede
van vordering op die basis dat dit vaag en verwarrend is;
alternatiewelik, dat dit geen skuldoorsaak openbaar nie.
Vir
doelmatigheidsredes gaan ek na die partye verwys soos in die
hoofaksie. Ek het op 3 Oktober 2011 die volgende bevele gemaak
en
aangedui dat die redes daarvoor sal volg, welke redes in hierdie
uitspraak vervat is:
1. Eerste verweerder en
tweede verweerder se eksepsie teen eiser se besonderhede van
vordering op die basis dat dit vaag en verwarrend
is, word
gehandhaaf, met koste.
2. Eiser se besonderhede
van vordering word tersyde gestel.
3. Verlof word aan eiser
verleen om sy gewysigde besonderhede van vordering te liasseer binne
twintig dae na datum van hierdie bevel.
Duidelikshalwe moet
vermeld word dat insoverre daar onsekerheid by die partye daaromtrent
bestaan, voormelde twintig dae bereken
moet word vanaf datum van
hierdie uitspraak bevattende die redes vir die bevel.
Die pleitstukke:
[2] Voortspruitend uit ‘n
dokument getiteld “
Memorandum of Agreement”
(hierinlater na verwys as “die sessie-ooreenkoms”)
gesluit tussen eiser en derde verweerder op of omtrent 28 November
2001; alternatiewelik 4 Januarie 2002, ‘n afskrif waarvan
aangeheg is tot die besonderhede van vordering as aanhangsel “B”,
het eiser in sy hoedanigheid as sessionaris in terme van die
sessie-ooreenkoms dagvaarding uitgereik teen die drie verweerders.
In
terme van die besonderhede van vordering word betaling van die bedrag
van R3 572 864-44 vanaf eerste en tweede verweerders gevorder,
gesamentlik en afsonderlik, betaling deur die een die ander
kwytgeskeld te word, sowel as gepaardgaande regshulp wat betref rente
en koste. Geen regshulp is teen derde verweerder gevorder nie en is
derde verweerder slegs gesiteer vanweë sy belang in die
aksie.
[3] Eiser het in sy
besonderhede van vordering die noodsaaklike bewerings met betrekking
tot die sluiting van die sessie-ooreenkoms
tussen eiser en derde
verweerder, sowel as die wesenlike terme van die sessie-ooreenkoms,
beweer en gepleit. Na aanleiding daarvan,
het eiser die volgende
bewering in paragraaf 7 van die besonderhede van vordering gemaak:
“
Acting
pursuant to and in terms of the Cession, the Plaintiff acquired all
the Third Defendants’ right, title and interest
in and to all
the Third Defendants’ claims against its debtors, including the
claims set out herein against the First Defendant.”
[4] Eiser het
daaropvolgend in paragraaf 8 van die besonderhede van vordering
beweer dat eerste verweerder en derde verweerder op
of omtrent 10
September 2007 ‘n kontrak getiteld “
Fuel Supply
Agreement”
(hierinlater na verwys as “die
verskaffingsooreenkoms”), gesluit het, `n afskrif waarvan
aangeheg is tot die besonderhede
van vordering as aanhangsel “C”.
Eiser het die die wesenlike terme van die verskaffingsooreenkoms in
van die daaropvolgende
paragrawe van die besonderhede van vordering
beweer en gepleit.
[5] Daarop het eiser in
paragrawe 9 en 10 van die besonderhede van vordering bewerings en
gedetaileerde beskrywings van aankope
wat deur eerste verweerder in
terme van die verskaffingsooreenkoms vanaf derde verweerder gemaak
is, gepleit. Daaropvolgend is
die volgende relevante bewerings in
paragraaf 11 van die besonderhede van vordering gemaak:
“
11.
BREACH:
Save for a payment of R122 386-37 in
respect of 9.1 above, invoice no. IN102188, no further payments
have been made by the First
Defendant to the Third Defendant in
reduction of the First Defendant’s indebtedness to the Third
Defendant.
Accordingly, the First Defendant is
indebted to the Plaintiff in the amount of R3 572 864-44 as
reflected in annexure “E”
hereto, being the Third
Defendant’s statement dated 24 March 2010.
……
.”
[6] In paragraaf 13 van
die besonderhede van vordering het eiser beweer dat in terme van
klousule 8 van die verskaffingsooreenkoms
tweede verweerder homself
as borg en mede-hoofskuldenaar met eerste verweerder verbind het vir
die behoorlike nakoming van eerste
verweerder se verpligtinge jeens
derde verweerder in terme van die verskaffingsooreenkoms.
Voortspruitend uit laasgenoemde bewering,
is daar dan as volg in
paragraaf 13.2 van die besonderhede van vordering gepleit:
“
Acc
ordingly,
the Second Defendant is liable, jointly and severally with the First
Defendant, for the debts of the First Defendant and
is thus indebted
to the Plaintiff in the amount of R3 572 864-44.”
Gronde van die
eksepsie en tersaaklike regsbeginsels:
[7] Eerste en tweede
verweerders het ‘n kennisgewing in terme van Reël 23(1) op
eiser beteken, maar het eiser, aldus
eerste en tweede verweerders se
eksepsie, nie die oorsaak van hul beswaar verwyder of reggestel binne
die toegelate tydperk nie.
Eerste en tweede verweerders het gevolglik
‘n eksepsie geliasseer teen eiser se besonderhede van
vordering, soos gewysig,
op die basis dat dit vaag en verwarrend is;
alternatiewelik, dat dit bewerings kort ten einde ‘n
skuldoorsaak te openbaar.
Die essensie van eerste en tweede
verweerders se eksepsie is as volg in paragrawe 6 tot 9 daarvan
verwoord:
“
6.
On
a proper interpretation of Plaintiff’s Particulars of Claim:
Plaintiff claims payment from First
and Second Defendants in its capacity as cessionary in terms of the
Deed of Cession;
The Deed of Cession constitutes a
cessio in securitatem debiti
by the Third Defendant in
favour of Plaintiff;
The Plaintiff’s
locus
standi
and/or the binding nature and/or the validity of the
Deed of Cession depends on the existence of a principal debt
between Plaintiff
and the Third Defendant (hereinafter the
“principal debt”);
First and Second Defendant’s
liability towards Plaintiff is dependant on the validity of the
Deed of Cession.
7. Plaintiff’s Particulars of
Claim contain no allegation that the principal debt came into
existence alternatively and to
the extent that the principal debt did
exist, Plaintiff failed to give any particulars in respect thereof.
In the premises, no discernible cause
of action has been pleaded and the Plaintiff’s allegations:
in paragraph 11.2 that the First
Defendant is indebted to the Plaintiff in the amount of R3 572
864-44; and
in paragraph 13.2 that the Second
Defendant is liable, jointly and severally with the First Defendant
for the debts of the First
Defendant and is thus liable to the
Plaintiff in the amount of R3 572 864-44;
lack particularity, alternatively or
without any legal basis.
In the premises, Plaintiff’s
Particulars of Claim is vague and embarrassing alternatively lacks
averments that are necessary
to sustain a cause of action.”
[8] By ‘n
behoorlike nalees van die eksepsie, en soos ook verwoord in Mnr
Stoop, namens eerste en tweede verweerders, se betoogshoofde
(tot en
met paragraaf 12 daarvan) en ook in sy mondelinge betoog herhaal is,
is dit eerste en tweede verweerders se saak dat die
sessie hierin ter
sprake ‘n sessie
in securitatem debiti
is, dat eiser
dagvaarding uitgereik het teen derde verweerder se debiteure (synde
eerste en tweede verweerders), welke eiser slegs
geregtig was om te
doen indien daar ten tyde van uitreik van dagvaarding ‘n
hoofskuld bestaan het tussen eiser en derde verweerder
ten opsigte
waarvan derde verweerder in versuim was met betrekking tot sy
betalingsverpligtinge aan eiser in terme daarvan. Aldus
die eksepsie
het eiser nie in sy besonderhede van vordering die bestaan van
sodanige hoofskuld beweer nie, nie enige besonderhede
daaromtrent
verskaf nie en ook nie beweer dat derde verweerder in verstek was wat
sy verpligtinge daaromtrent betref nie. By gebrek
aan laasgenoemde
bewerings, is dit dus eerste en tweede verweerders se saak dat die
besonderhede van vordering vaag en verwarrend
is; alternatiewelik,
dat dit bewerings kort wat nodig is ten einde ‘n behoorlike
skuldoorsaak te openbaar.
[9] By deeglike en
behoorlike heroorweging van die mondelinge argumente aangebied in die
Hof, beide deur Mnr Stoop en Mnr Belger,
laasgenoemde namens eiser,
het dit egter geblyk dat die mondelinge betoë ook ‘n
verdere aspek aangespreek het, met ander
woorde addisioneel tot
voormelde vraagstukke wat deur die eksepsie geopper is. Dit handel
met die vraagstuk rondom die
locus standi
van eiser in die
bepaalde omstandighede van die onderhawige geval, in besonder teen
die agtergrond van die interpretasie van die
terme van die
sessie-ooreenkoms. In die verband het Mnr Stoop (ook reeds) in
paragrawe 13 en 14 van sy betoogshoofde, nadat hy
volledig gehandel
het met die gronde wat wel in die eksepsie geopper is, die volgende
aan die hand gedoen:
“
13. It is in
any event submitted that clause 4.1(c) contemplates that the Third
Defendant would be entitled to collect amounts owing
under the ceded
debts in its own name. Only if and when Plaintiff terminates the
Third Defendant’s agency, would Plaintiff
in terms of clause
4.1(g) be entitled to collect amounts owing under the ceded debts in
Plaintiff’s own name (or through
Plaintiff’s nominee).
14. Clause 6 of the Cession does not
entitle Plaintiff to institute action in its own name in respect of
ceded debts. Clause 6 only
entitles certain individuals to institute
action
in the Third Defendant’s
name.”
[10] In sy mondelinge
betoog het Mnr Stoop toe op beide feitelike en
regsbasis uitgebrei op laasgenoemde argumente, waarop Mnr Belger in
sy mondelinge
betoog insgelyks op feitelike en regsbasis hierdie
vraagstuk tot die teendeel betoog het. Vanweë die gevolgtrekking
waartoe
ek rondom hierdie vraagstuk gaan kom, ag ek dit onnodig om
met enige van hierdie argumente namens die partye aangebied, hierin
te herhaal of daarmee te handel.
[11] Hoewel daar in
paragraaf 6.3 van die eksepsie verwys is na “Plaintiff’s
locus standi
”, blyk dit duidelik dat hierdie aspek slegs
geopper is in die beperkte konteks van en met verwysing na die
eintlike vraagstuk
deur die eksepsie geopper, synde of dit vir eiser
nodig was om bewerings rondom die hoofskuld tussen eiser en derde
verweerder
te maak, aldan nie. Dit wat in paragrawe 13 en 14 van Mnr
Stoop se betoogshoofde betoog is, en deur beide advokate in hulle
mondelinge
betoog in die verband aangespreek is, strek veel wyer as
dit wat deur die eksepsie gedek word. ‘n Eksepiënt is
verplig
om sy beswaar te beperk tot die gronde in die eksepsie
vermeld. Sien
ALPHINA INVESTMENTS LTD AND ANOTHER v BLACHER
2008 (5) SA 479
(C) op 483 D, 488 G – I en ook F
ELDMAN NO v
EMI MUSIC SA (PTY) LTD
; F
ELDMAN NO v EMI MUSIC PUBLISHING SA
(PTY) LTD
2010 (1) SA 1
(SCA) op 5 A.
[12] Gevolglik is ek van
mening dat die aspek van eiser se
locus standi
per se
(soos geopper in paragrawe 13 en 14 van Mnr Stoop se betoogshoofde en
na verwys in paragraaf 9 hierbo) nie gedek word deur die
gronde van
beswaar geopper in die eksepsie nie en behoort dit gevolglik nie deur
my bereg te word nie. Dit sluit uiteraard nie
die deure van die Hof
vir eerste en tweede verweerders wat hierdie aspek betref nie,
aangesien dit steeds by wyse van ‘n
spesiale pleit geopper kan
word. Dit blyk in ieder geval ‘n aspek te wees wat nie
behoorlik op eksepsie stadium bereg sou
kon word nie, maar eers na
die aanhoor getuienis, soos ook gebeur het in die tersaaklike
beslissings waarna die onderskeie advokate
my ten opsigte van hierdie
aspek verwys het.
[13] Met betrekking tot
‘n eksepsie op die basis dat `n pleitstuk vaag en verwarrend
is, is die volgende beginsels van toepassing,
soos opsommenderwys
uiteengesit in
SUPERIOR COURT PRACTICE,
H.J. Erasmus
et al,
op p. B1-153 tot B1- 154, en die gesag aldaar aangehaal:
“
An exception
that a pleading is vague and embarrassing is not directed at a
particular paragraph within a cause of action: it goes
to the whole
cause of action, which must be demonstrated to be vague and
embarrassing. The exception is intended to cover the case
where,
although a cause of action appears in the summons there is some
defect in the completeness or in the manner in which it
is set out,
which results in an embarrassment to the defendant. An exception that
a pleading is vague and embarrassing strikes
at the
formulation
of the cause of action
and not its legal validity.”
[14] Die
tersaaklike
toets van toepassing in die beslissing van ‘n eksepsie gebaseer
daarop dat `n pleitstuk vaag en verwarrend is
vanweë ‘n
gebrek aan sekere bewerings, kan as volg opgesom word soos dit
voorkom in
SUPERIOR COURT PRACTICE
,
supra
, op
p. B1-154, en die gesag aldaar aangehaal:
“
(a) In each
case the court is obliged first of all to consider whether the
pleading does lack particularity to an extent amounting
to
vagueness…..
(b) If there is vagueness in this
sense the court is then obliged to undertake a quantative analysis of
such embarrassment as the
excipient can show is cause to him or her
by the vagueness complained of.
(c) In each case an
ad hoc
ruling must be made as to whether the embarrassment is so serious as
to cause prejudice to the excipient if he or she is compelled
to
plead to the pleading in the form to which he or she objects….
(d) The ultimate test as to whether or
not the exception should be upheld is whether the excipient is
prejudiced.
The onus is on the excipient to show
both vagueness amounting to embarrassment and embarrassment
amounting to prejudice.
…
..
…
..”
[15] Mnr Belger het
betoog dat dit wat in die eksepsie geopper word, afhanklik is van die
interpretasie van die sessie-ooreenkoms,
vir doeleindes waarvan daar
gelet sal moet word op die bedoeling van die partye en die omringende
omstandighede. Hy het gevolglik
aan die hand gedoen dat die
interpretasie van die ooreenkoms gevolglik deur die verhoorhof
behoort te geskied na die aanhoor van
getuienis. Aldus sy argument is
die interpretasie van die sessie-ooreenkoms ‘n feitelike aspek
en nie ‘n regsaspek
nie. Dit kan dus, aldus sy betoog, wel
moontlik ‘n sessie
in securitatem debiti
wees, maar dit
kan ook ‘n uit en uit sessie wees en daarom behoort hierdie
aspek deur die verhoorhof beslis te word. In die
verband het Mnr
Belger gesteun op die uitspraak in
KOTH PROPERTY CONSULTANTS CC v
LEPELLE-NKUMPI LOCAL MUNICIPALITIY LIMITED
2006 (2) SA 25
(TPD).
In laasgenoemde uitspraak was Eiser se skuldoorsaak gebaseer op ‘n
bepaalde kontrak, na aanleiding waarvan verweerder
‘n eksepsie
geopper het op die basis dat eiser nie die nodige bewerings gemaak
het met betrekking tot die nakoming van die
voorvereistes wat
essensieel is vir die geldigheid van die kontrak waarop eiser steun
nie. Die Hof het in daardie geval verwys
na die onderskeid tussen die
facta probanda
, dit wil sê die wesenlike feite wat ‘n
party moet uiteensit vir doeleindes van sy skuldoorsaak, en die
facta
probantia
, synde die sekondêre bewerings of dan getuienis
waarop ‘n party steun ter ondersteuning van sy primêre
wesenlike
feite. Mnr Belger het aan die hand van hierdie uitspraak
aan die hand gedoen dat die
facta probanda
wat eiser in
hierdie geval genoodsaak was om te beweer, slegs behels het die
bestaan van die kontrak tussen eerste en tweede verweerders
en derde
verweerder onderskeidelik, die feit dat daar geld voortspruitend
daaruit deur eerste en tweede verweerders aan derde verweerder
verskuldig is en die bestaan van die sessie-ooreenkoms tussen eiser
en derde verweerder, welke wel aldus deur eiser gepleit is.
Dit is
dus volgens Mnr Belger se argument, nie nodig gewees vir eiser om
enige bewerings met betrekking tot die geldigheid of afdwingbaarheid,
aldan nie, van die sessie-ooreenkoms te maak nie. Mnr Belger het
gesteun op paragraaf 9 van daardie uitspraak, synde die eiser
se
argumente in daardie geval, welke, aldus Mnr Belger, in die uitspraak
gehandhaaf is. Dit lees as volg:
“
[9]
Mr
de Jager, for the plaintiff, contended that the plaintiff would have
to proof the contract alleged in its particulars of claim.
This will
include proving the legality and validity of the agreement; however,
the evidence to prove its legality and validity
need not be pleaded.
In support of this contention, counsel submitted that evidence could
be lead, which can disclose a cause of
action or defence alleged in a
pleading then the pleading is not excipiable. A pleading is
excipiable only on the basis that no
possible evidence lead on the
pleading can disclose a cause of action or defence. Therefore it is
not necessary for a Plaintiff
to allege evidence which might or might
not validate or invalidate the agreement alleged and relied upon.”
Mnr Belger het gevolglik
betoog dat hoewel daar nie bewerings met betrekking tot die bestaan
van `n hoofskuld tussen eiser en derde
verweerder en besonderhede
daaromtrent in die besonderhede van vordering gemaak is nie, eiser
steeds ten tyde van die verhoor getuienis
kan aanbied om wat kan dui
op derde verweerder se verskuldigheid jeens eiser ten tyde van die
uitreiking van dagvaarding.
[16] Teenoor voormelde
het Mnr Stoop betoog dat ek in die onderhawige geval behoort te
bevind dat die sessie-ooreenkoms ‘n
sessie
in securitatum
debiti
is en dat ek dus as regsgevolg behoort te bevind dat dit
tot gevolg het dat eiser nie sy regte in terme van die
sessie-ooreenkoms
teenoor eerste en tweede verweerders kan uitoefen
tensy derde verweerder ‘n bedrag geld aan eiser verskuldig is
en in verstek
is met betrekking tot die betaling daarvan nie.
[17] Die Hof het in
voormelde
KOTH PROPERTY CONSULTANTS
CC
-beslissing ‘n duidelike onderskeid
getref tussen feitelike konklusies en regskonklusies (terwyl in
gedagte gehou moet word
dat daardie uitspraak gehandel het met ‘n
eksepsie gebaseer op ‘n gebrek aan ‘n skuldoorsaak en nie
op die basis
dat dit vaag en verwarrend is soos in die onderhawige
geval nie) en het onder andere na ‘n uitspraak verwys waarin
verwys
is na
MAKGAE v SENTRABOER (KOöPERATIEF)
BEPERK
1981 (4) SA 239
(T) op 245 D – E
waarin beslis is dat die opsteller van ‘n pleitstuk “
moet
toesien dat die wesenlike feite (d.w.s die
facta probanda
en
nie die
facta probantia
of getuienis ter bewys van die
facta
probanda
nie) van sy eis met voldoende duidelikheid en
volledigheid uiteengesit moet word dat, indien die bestaan van
sodanige feite aanvaar
word, dit sy regskonklusie staaf en hom in
regte sou moet laat slaag ten aansien van die regshulp of uitspraak
wat hy aanvra”
.
Aard van die
sessie:
[18] Ten einde die
eksepsie te bereg, moet daar na my mening gevolglik eerstens beslis
word of
die sessie in die onderhawige geval ‘n
sessie
in securitatem debiti
is, aldan nie.
Dit laat die vraag ontstaan
o
f ek dit op die pleitstukke soos dit staan, kan
beslis en of dit deur die verhoorhof beslis behoort te word na die
aanhoor van getuienis.
(Volledigheidshalwe moet ek vermeld dat beide
advokate in hul onderskeie argumente hieromtrent en hul onderskeie
verwysings na
tersaaklike bepalings van die sessie-ooreenkoms, na
aspekte verwys het wat na my mening irrelevant is by die beregting
van die
onderhawige eksepsie, soos, onder andere, of die sessie
onmiddellik van krag sou wees by die ondertekening daarvan, wat die
gevolg
van die ondertekening van die sessie op
locus
standi
van die onderskeie partye sou
wees, ensovoorts.)
Die tersaaklike gedeelte
van klousule 2 van die sessie-ooreenkoms lees as volg:
“
2.
CESSION
AND PLEDGE:
The Cedent hereby cedes, transfers and
makes over to the Cessionary all the Cedent’s rights, title and
interest in and to
the debts as a
continuing general covering
security
for the
due performance
and discharge
of every
obligation and indebtedness
from whatsoever cause and howsoever
arising
which the Cedent
may now or at any time hereafter
have
towards the Cessionary
…..”
(Eie
beklemtoning)
Uit voormelde bewoording
blyk dit na my mening onteenseglik dat die sessie ‘n sessie
in
securitatem debiti
daarstel. Ek is van oordeel dat daar ook geen
ander klousule in die sessie-ooreenkoms is wat aandui dat die sessie
nie ‘n
sessie
in securitatem debiti
is en/of wat
dubbelsinnigheid met betrekking tot die bedoeling van die partye
rondom hierdie aspek tot gevolg het nie. Daar is
gevolglik geen rede
waarom ek nie reeds op hierdie stadium, voor die aanhoor van
getuienis, dit aldus kan beslis nie.
[19] Wat egter wel so is,
soos blyk uit veelvuldige akademiese werke en regspraak wat ek
nagegaan het, is dat ‘n sessie
in securitatem debiti
een
van twee vorms kan aanneem, te wete of die vorm van ‘n
verpanding of die vorm van ‘n sekerheidsessie. Die onderskeie
aard van hierdie twee verskyningsvorme is as volg opgesom in
WILLE’S
PRINCIPLES OF SOUTH AFRICAN LAW,
F du Bois et al, 9de Uitgawe, op
p. 846 – 847:
“
The effect
of a cession
in
securitatem debiti
has for many years been a vexed issue. The traditional view, now
firmly entrenched in the practice of the courts, is that such
a
cession is analogous to the pledge of a moveable: the cedent pledges
his right as security for a debt owed by him to the cessionary;
the
bare dominium (or ‘reversionary interest’) in the right
remains vested in the cedent, and accordingly the right
falls into
his estate upon his insolvency. However, this pledge construction has
been criticized as dogmatically unsound, involving
as it does the
notion of a real right on a personal right, and the alternative view
has been propounded that the effect of a cession
in
securitatem debiti
is in all respects the same as that of an absolute cession, except
that it is coupled with an express or implied agreement to re-cede
the right on discharge of the debt (a
pactum
fiduciae
).
On this view, the reversionary interest of the cedent in the ceded
right is not dominium but merely a right against the cessionary
to
demand that the original right be transferred back to him on payment
of the secured debt. Although this latter construction
attracted
considerable support, the pledge construction has prevailed. It would
seem, nevertheless, that the cession
in
securitatem debiti
may take the form either of a pledge of the right or of an absolute
cession coupled with a
pactum
fiduciae
,
depending on the intention of the parties.”
In
GROBLER v
OOSTHUIZEN
2009 (5) SA 500
(SCA) op 507, par 15 en 17 is hierdie
onderskeid en die voorkeur vir die pandteorie deur Brand AR as volg
uiteengesit:
“
[15] The
principle that one debt (the principal debt) can be employed as
security for due performance of another debt (the secured
debt) is
not in doubt. The opposing theories relate to the doctrinal basis for
this principle. Of these theories there are essentially
two….
The one theory is inspired by the parallel with a pledge of a
corporeal asset as is thus loosely referred to as ‘the
pledge
theory’. In accordance with this theory the effect of the
cession
in
securitatem debiti
is that the principle debt is ‘pledged’ to the cessionary
while the cedent retains what has variously been described
as t he
‘bare dominium’ or a ‘reversionary interest’
in the claim against the principal debtor….
[17] In the light of these problems
associated with the pledge theory, an alternative theory had been
preferred by the majority
of academic authors and even in some
earlier decisions of this court….. According to this theory a
cession
in securitatem debiti
is in effect an outright or
out-and-out cession on which an undertaking or
pactum fudiciae
is superimposed that the cessionary will re-cede the principal debt
to the cedent on satisfaction of the secured debt. In consequence,
the ceded right in all its aspects is vested in a cessionary. After
the cession
in securitatem debiti
the cedent has no direct
interest in the principal debt and is left only with the personal
right against the cessionary, by virtue
of the
pactum fiduciae
,
to claim re-cession of the secured debt has been discharged….
But despite the doctrinal difficulties arising from the pledge
theory, this court has in its latest series of decisions –
primarily for pragmatic reasons – accepted that theory in
preference to the outright-cession/
pactum fiduciae
construction. (See eg
LEYDS NO v NOORD-WESTELIKE KOöPERATIEWE
LANDBOU MAATSKAPPY BEPERK EN ANDERE
1985 (2) SA 769
(A) at 780 E –
G; BANK OF LISBON AND SOUTH AFRICA LIMITED v THE MASTER, supra at 291
H – 294 H; INCLEDON (WELKOM) (PTY)
LTD v QWAQWA DEVELOPMENT
CORPORATION LTD
[1990] ZASCA 85
;
1990 (4) SA 798
(A) at 804 F – G; MILLMAN NO v
TWIGGS AND ANOTHER
[1995] ZASCA 62
;
1995 (3) SA 674
(A) at 676 H; DEVELOPMENT BANK OF
SOUTH AFRICA LTD v VAN RENSBURG, supra para 50).
In the light of
these decisions the doctrinal debate must, in my view, be regarded as
settled in favour of the pledge theory:.
[20] Die vraag wat nou
ontstaan is of dit vir my nodig is om op hierdie stadium van die
verrigtinge, synde vir doeleindes van die
eksepsie, te beslis of die
onderhawige sessie, wat ek reeds bevind het ‘n sessie
in
securitatem debiti
is, in die vorm van ‘n verpanding is of
in die vorm van ‘n algehele sekerheidsessie is. Dit blyk
duidelik uit die akademiese
werke en die regspraak dat die wese en
belang van laasgenoemde onderskeid hoofsaaklik slaan op die
locus
standi
van die sedent en sessionaris, onderskeidelik, om op ‘n
gegewe stadium sekere regshandelinge te verrig, sowel as op die effek
wat die onderskeie vorme van sessie
in securitatem debiti
het
in die geval van die insolvensie van die sedent of die sessionaris.
Hierdie aspekte, in besonder wat betref die
locus standi
, is,
soos ek reeds voorheen hierin vermeld en bevind het, nie in die
onderhawige geval relevant nie, deurdat dit nie gedek word
deur die
gronde van die eksepsie nie. Die aspek wat wel relevant is vir
doeleindes van die eksepsie, is of dit ‘n “voorvereiste”
by enige van hierdie twee vorme van sessie
in securitatem debiti
is dat daar ‘n hoofskuld moet bestaan tussen die sedent en die
sessionaris ten opsigte waarvan die sedent in versuim is om
sy
verpligtinge na te kom alvorens ‘n sessionaris ‘n
skuldeiser van die sedent kan dagvaar soos in hierdie geval. Die
verdere vraag sal dan wees of daar ‘n onderskeid tussen die
twee gevalle is wat betref die bestaan, aldan nie, van die vereiste,
aangesien dit sal bepaal of dit nodig is vir my op hierdie stadium
van die verrigtinge te bevind wat die aard van die sessie
in
securitatem debiti
in hierdie geval is.
(a) Gebruiklike
regsposisie by pandkonstruksie:
[21] Ek handel vervolgens
eerstens met die situasie by die pandkonstruksie van ‘n sessie
in securitatem debiti
.
Dit blyk vir my
oorweldigend uit die gesag, ook dié waarna Mnr Stoop my verwys
het, dat die gebruiklike regsposisie is dat
dit inderdaad ‘n
voorvereiste is. In die verband is daar as volg vermeld in
CONTRACT,
GENERAL PRINCIPLES,
S. Van der Merwe et al, 3de Uitgawe, op p.
500 – 501:
“
The
cessionary, as holder of the right to institute action is entitled to
realise the right of pledge upon default by the cedent.
He may
proceed directly by claiming performance from the debtor and
satisfying the principal obligation from the proceeds…"
In
THE LAW OF CESSION,
Susan Scott, 2de Uitgawe, op p. 241 tot 243 verskyn die volgende
relevante gedeeltes:
“
A
distinction should be drawn between a position before maturity of the
pledge and thereafter. The term ‘maturity of the pledge’
is employed here to denote the moment when the principal debt falls
due and the pledgor is unable to perform.
Before: The pledgee can realise the
right only after maturity of the pledge…… Before
maturity of the pledge the
pledgee may in no way deal with the
right…. As the right has been ceded only as security for a
debt, the pledgee may not
institute action before the debt falls
due…the pledgee may exercise this power only when the
principal debtor (pledgor)
is unable to pay his debt.
(b) After: Realisation of the right on
non-fulfilment is one of the aims of pledge. When a debt falls due
and it is clear that the
principal debtor (pledgor) cannot pay, the
pledgee is entitled….. (to claim performance from the
debtor).”
In
LAND- EN
LANDBOUBANK VAN SUID-AFRIKA v DIE MEESTER EN
ANDER
1991 (2) SA
761
(A) is dit as volg op 771 C tot D gestel:
“
Dit is
erkende reg dat die verpanding van vorderingsregte deur sessie
in
securitatem debiti
geskied. Dit gebeur wanneer ‘n skuldenaar sy vorderingsreg aan
sy skuldeisers sedeer ter versekering van die hoofskuld wat
hy aan sy
skuldeiser verskuldig is. Die skuldenaar behou as sedent die dominium
van sy vorderingsreg terwyl die sessionaris die
bevoegdheid verkry om
die gesedeerde vorderingsreg uit te oefen
indien
daar wanbetaling van die hoofskuld deur die sedent is
.”
(eie beklemtoning)
Ook in
PG BISON
LIMITED v THE MASTER AND ANOTHER
2000 (1) SA 859
(SCA) verskyn
die volgende relevante passasie in paragraaf 15 van die uitspraak:
“
It should be
borne in mind that we are here dealing with a cession
in
securitatem debiti
.
As a rule the appellants cessionaries would in any event not be
entitled to recover directly from the corporation’s debtors
until such time as the corporation is in default.”
Die
bestaan van sodanige hoofskuld as ‘n voorvereiste, is ook
bevestig in
GROBLER
v OOSTHUIZEN
,
supra
,
op 509 G.
Wat
betref die aksessore aard van so ‘n sessie, is as volg in
SASFIN (PTY) LTD v
BEUKES
1989 (1) SA
1
(AD) op 9 I beslis:
“
A pledge is
accessory to the original obligation….. It follows from the
accessory nature of a pledge that the rights of a
cessionary under a
cession
in
securitatem debiti
only extend for as long as the debt which it was intended to secure
remains unpaid, and no claim may be made in respect of the
cession if
there is no indebtedness…..”
[22] Bogemelde blyk dus
die gebruiklike regsposisie te wees by ‘n sessie
in
securitatem debiti
in die vorm van pandgewing. Dit blyk egter ook
dat hierdie gebruiklike regsposisie gewysig kan word deur die terme
van die sessie.
Sien
SASFIN (PTY) LTD v BEUKES
,
supra
op 12 F – G en ook
AFRICAN CONSOLIDATED AGENCIES (PTY) LTD v
SIEMENS NIXDORF INFORMATION SYSTEMS (PTY) LTD
1992 (2) SA 739
(CPD). Vir die redes waarmee ek hieronder gaan handel wanneer ek die
regsposisie met betrekking tot ‘n sekerheidsessie aanspreek,
meen ek egter nie dat daar enige bepalings in die onderhawige sessie
bestaan wat die gebruiklike posisie in die onderhawige geval
wysig
nie.
(b) Gebruiklike
regsposisie by algehele sekerheidsessie konstruksie:
[23] Wat betref die
situasie by ‘n sessie
in securitatem debiti
in die vorm
van ‘n algehele sekerheidsessie, blyk die volgende:
In meerdere van die
akademiese werke, blyk dit dat die posisie soortgelyk is as in die
geval van ‘n sessie
in securitatem debiti
in die vorm
van ‘n pandgewing, met ander woorde dat die gebruiklike
regsposisie is dat die sessionaris eers die sedent se
debiteur mag
aanspreek wanneer die sedent in verstek is, tensy anders ooreengekom
in die sessie-ooreenkoms. In
WILLE’S PRINCIPLES OF SOUTH
AFRICAN LAW
,
supra
, op p. 847 en nadat daar verwys is na
die twee verskillende konstruksies van ‘n sessie
in
securitatem debiti
, kom die volgende voor:
“
Whichever
construction is adopted, the cedent cannot enforce the right as long
as his debt to the cessionary remains unpaid. The
cessionary alone
has that power; and he may generally enforce the right against the
debtor only upon default of the cedent.”
[24] Ook in
CONTRACT
GENERAL PRINCIPLES
,
supra
op p. 495, waar die bespreking
van ‘n sekerheidsessie plaasvind, word vermeld dat “......
Upon default of the cedent
the cessionary is entitled to realise the
security”. In
THE LAW OF CESSION
,
supra
, op p.
249 tot 252, kom die volgende relevante passasies voor met betrekking
tot ‘n sekerheidsessie:
“
The r
elation
between the cedent and the cessionary during the subsistence of the
cession depends on the terms of their agreement. As
the cessionary
acquires more than rights than needed for security purposes, the
parties normally restrict the rights of the cessionary
by agreeing
that he will not transfer the right to a further cessionary or claim
from the debtor or enter into a compromise with
him before the
principal debt falls due…..
The cedent and the cessionary can
agree that the latter will immediately start to collect the book
debts and keep the proceeds for
himself in order to satisfy his claim
against the cedent, or they can agree that the cedent will collect
the book debts as the
cessionary’s representative, or in his
own name as a type of mandatory, and keep the proceeds for himself….
If the debtor does not perform or runs
into financial difficulties, the cessionary normally gives notice to
the cedent’s debtors
and starts to collect the debts for his
own account as he is exercising his own rights…..
As I have indicated above, if the
parties intent to effect an out-and-out cession, there are certain
modifications which they will
have to bring about by agreement. These
include a
pactum fiduciae
, an agreement against further
cession, an agreement that the cessionary will not institute an
action before the cedent’s
debt is due.”
[25] Die ooreenstemming
tussen die twee verskyningsvorme van ‘n sessie
in
securitatem debiti
, soos uit bogemelde ontledings blyk, word ook
gestaaf deur die bevinding in
TRUSTBANK OF AFRICA LTD v STANDARD
BANK OF SA
1968 (3) SA 166
op 173 tot dien effekte dat wat derdes
betref, dit geen verskil maak of die sessie uit-en-uit is en of dit
in securitatem debiti
is nie.
(c) Dui die
sessie-ooreenkoms op `n ander bedoeling (feitelike gevolg) as die
soortgelyke regsposisies in (a) en (b) hierbo?
[26] Wanneer die
onderskeie klousules van die sessie-ooreenkoms van naderby beskou
word, blyk dit na my mening dat die tersaaklike
bepalings van
klousule 4.1 wat handel met die invordering van skulde, uitgesluit
klousule 4.1(g) en (h), handel met die sedent
se regte en
verpligtinge met betrekking tot die invordering van skulde in sy
hoedanigheid as agent van die sessionaris. Dit is
nie die basis
waarop die besonderhede van vordering gebaseer is nie en is gevolglik
na my mening nie relevant by die oorweging
van die onderhawige
eksepsie nie, deurdat dit nie die vraagstuk wat deur die eksepsie
geopper is, na die een of die ander kant
neem nie.
[27] Wat klousule 6 van
die sessie betref, blyk dit dat dit handel met omstandighede waar die
sessionaris as agent van die sedent
aangestel word en in welke geval
daar dan gehandel word in die naam van die sedent. Dit is insgelyks
ook nie relevant met betrekking
tot die vraagstuk in die onderhawige
geval nie, deurdat die besonderhede van vordering ook nie op hierdie
basis gebaseer is nie.
[28] Na my mening blyk
die enigste relevante klousules 4.1(g) en (h) te wees, welke as volg
lees:
“
The Cedent
hereby –
(g) agrees that the Cessionary shall
at any time in its sole discretion and without being obliged to
assign any reasons therefore,
be entitled to terminate the Cedent’s
agency in terms of paragraph 4.1(c) hereof to collect the debts, and
either
through itself
or its nominee to
undertake the
collection of all sums of money due under the debts
:
Provided
that the Cedent undertakes not to terminate such agency otherwise
than at a time when an amount is due and payable by the
Cedent to the
Cessioanry
; and
(h) agrees that should
the
Cessionary undertake the collection of sums of money due under the
debts
as envisaged in paragraph 4.1(g) hereof, then the
Cessionary shall be entitled to be reimbursed in the first instance
in respect
of any expense reasonably incurred in effecting such
collections.”
Ter aanvang moet dit
vermeld word dat ek in die hof aan die onderskeie advokate uitgewys
het dat die woord “cedent”
waar dit die eerste keer
gebruik word in die
proviso
vervat in klousule 4.1(g)
klaarblyklik inderdaad “cessionary” moet lees. Hoewel Mnr
Belger toe gepoog het om lasgenoemde
aspek deel te maak van sy
argument dat dit eerder gewens en gepas is dat ‘n verhoorhof
die aspek geopper deur die eksepsie
beslis nadat getuienis aangehoor
is, deurdat getuienis moontlik kan aantoon dat dit inderdaad korrek
is waar daar hier na die sedent
verwys word, meen ek dat hy dit nie
met oorgawe geargumenteer het nie. Ek meen dat dit duidelik is dat
waar die woord “Cedent”
in daardie
proviso
voorkom, dit bloot ‘n tikfout is en eintlik na die sessionaris
moet verwys. Mnr Stoop was hierdie uitleg ook eens met my.
[29] Na my mening blyk
dit duidelik en ondubbelsinnig uit die bepalings van klousule 4.1(g),
dat dit die klousule is wat aan die
sessionaris die reg gee om in sy
eie naam skulde vanaf die sedent se debiteure in te vorder. Dit slaan
dus direk op die omstandighede
in die onderhawige besonderhede van
vordering. Wat dan duidelik uit die voorwaarde tot klousule 4.1(g)
blyk, is dat die sessionaris
nie die sedent se regte as agent
(waarmee gehandel word in die vroeëre gedeeltes van klousule
4.1) mag beëindig (en derhalwe,
gegewe die eerste gedeelte van
klousule 4.1(g) nie in sy eie naam die skulde mag invorder nie)
anders as op ‘n tydstip wanneer
daar ‘n bedrag verskuldig
en betaalbaar is deur die sedent aan die sessionaris. Dit blyk dus
duidelik dat sodanige verskuldigheid
deur die sedent aan die
sessionaris ‘n voorvereiste is alvorens die sessionaris in sy
eie naam die skulde sal kan invorder
soos in die geval van die
besonderhede van vordering.
[30] Gevolglik is ek van
mening dat ongeag of die sessie geag word ‘n pandgewing te wees
of dan ‘n algehele sekerheidsessie,
blyk dit duidelik dat dit
die bedoeling van die partye is dat die sessionaris nie in sy eie
naam betalings vanaf die sedent se
debiteure kan vorder tensy daar ‘n
bedrag verskuldig is deur die sedent aan die sessionaris nie.
Gevolgtrekking:
[31] Insoverre
laasgenoemde vereiste dus geag sou word ‘n “question of
law” te wees, strook dit met die regsposisie
van toepassing by
beide verskyningsvorme van ‘n sessie
in securitatem debiti
,
soos reeds hierbo na verwys. Insoverre dit geag moet word ‘n
“question of fact” te wees, synde ‘n vasstelling
van die bedoeling van die partye, blyk dit vir my duidelik dat
hierdie klousule uitgelê moet word soos in die voormelde
paragrawe 29 en 30 bevind en is dit dus nie kontrasterend tot die
regsposisie van toepassing by beide vorme van die sessie
in
securitatem debiti
nie.
[32] Volledigheidshalwe
moet uitgewys word dat klousule 4.1(g) ‘n verdere voorwaarde
bevat wat nagekom moet word alvorens
die sessionaris in sy eie naam
kon dagvaar, synde dat die sessionaris eers die sedent se aanstelling
as agent in terme van paragraaf
4.1(c) van die sessie-ooreenkoms moes
beëindig. Hierdie voorwaarde en die vraag of dit deur eiser
gepleit moes gewees het,
vorm nie deel van die gronde geopper in die
eksepsie nie en is dit dus nie relevant vir doeleindes van die
beregting van die eksepsie
nie.
[33] Die volgende vraag
wat dus beslis moet word is of eiser voormelde voorvereiste, synde
dat daar ‘n bedrag verskuldig moes
wees deur derde verweerder
aan eiser alvorens eiser eerste verweerder as debiteur van derde
verweerder kon dagvaar, gepleit moes
word, aldan nie. Ek het reeds in
paragraaf 15 hierbo verwys na Mnr Belger se betoog in die verband,
synde wat betref die onderskeid
tussen die
facta probanda
en
die
facta probantia
. Die vraag is gevolglik of voormelde
voorvereiste deel vorm van die
facta probanda
wat eiser moes
beweer het, aldan nie. In die verband is die algemene beginsels van
toepassing in pleitstukke as volg verduidelik
deur Wessels R in
BENSON AND SIMPSON v ROBINSON
1917 WLD 126:
“
The
p
laintiff
must not set out the evidence upon which he relies, but he must state
clearly and concisely on what facts he bases his
claim and he must do
so with such exactness that the defendant will know the nature of the
facts which are to be proved against
him so that he may adequately
meet them in court and tender evidence to disprove the plaintiff’s
allegations.”
Ten opsigte van voormelde
onderskeid tussen feite en getuienis is op volledige wyse as volg in
BECK’S THEORY AND PRINCIPLES OF PLEADING IN CIVIL ACTIONS
,
H Daniels, 6de Uitgawe, op p. 49 verduidelik:
“
Evidence
must not be pleaded – ‘It is a trite rule of pleading
that a defendant is entitled to know what the case is
which he has to
meet. He is not entitled to know the evidence, but he may demand what
are the grounds upon which the claim is based’.
(Durr v SA
Railways and Harbours
1917 CPD 284
at p. 287).
The following statement by Barry J
explains the position –
‘
There is a
distinction between giving evidence of a fact and stating that fact……
Stating that a thing was done is
stating a fact; giving the details
of how it was done would be giving evidence of it. Sometimes it is
very difficult to state a
fact concisely, without in stating it,
indicating the evidence of it….. Under the present rules of
pleading you may not
only state the necessary facts, but you are
required to state all material facts relied on….’
………
..
It may be laid down generally that
good pleading demands that plaintiff’s cause of action be set
out in such a manner that
a defendant can clearly see what case he
has to meet …….
This is in accordance with the present
rule of court that ‘every pleading shall contain a clear and
concise statement of the
material facts upon which the pleader relies
for his claim, defence or answer to any pleading, as the case may be,
with sufficient
particularity to enable the opposite party to reply
thereto.”
[34] Gevolglik is ek van
mening dat bogemelde ‘n voorvereiste vir ‘n wesenlike
feit is waarop eiser sy skuldoorsaak
baseer en dus deel vorm van die
facta probanda
wat deur eiser gepleit moes gewees het.
[35] Derhalwe en met in
agneming van die beginsels waarna ek reeds verwys het in paragraaf 14
hierbo, is ek van mening dat eiser
se besonderhede vaag en verwarrend
is tot die mate dat verweerders benadeel word, deurdat die
skuldoorsaak nie uiteengesit is op
‘n wyse wat verweerders op
behoorlike wyse in kennis stel wat die saak is wat deur hul in hul
verweer/verweerskrif ontmoet
moet word nie.
[36] Ek is derhalwe van
mening dat die eksepsie gehandhaaf moet word.
Gevolge van
handhawing van die eksepsie:
[37] Mnr Stoop het betoog
en aan die hand gedoen dat indien die eksepsie gehandhaaf word, ek
behoort te gelas dat die besonderhede
van vordering geskrap word en
dat verlof aan eiser verleen word om ‘n gewysigde besonderhede
van vordering te liasseer binne
‘n bepaalde tydperk.
Hierteenoor het Mnr Belger aan die hand gedoen dat die besonderhede
van vordering nie geskrap behoort
te word nie, maar dat daar slegs
aan eiser geleentheid gebied moet word om dit te wysig.
[38] In
SUPERIOR COURT
PRACTICE
,
supra
, op p. B1-159 verskyn die volgende
opsomming ten opsigte van die tersaaklike beginsels, met verwysing na
toepaslike gesag:
“
When an
exception
is upheld, it is the pleading to which exception is taken which is
destroyed. The remainder of the edifice does not crumble.
The
upholding of an exception to a declaration or a combined summons does
not, therefore, carry with it a dismissal of the summons
or of the
action. The unsuccessful party may then apply for leave to amend his
pleading. It is, in fact, the invariable practice
of the courts, in
cases where an exception has successfully been taken to an initial
pleading that it discloses no cause of action,
to order that the
pleading be set aside and that the plaintiff be given leave, if so
advised, to file an amended pleading within
a certain period of time.
It has been held that it is doubtful whether this practice brooks of
any departure; in the rare case
in which a departure may be
permissible, the court should give reasons for the departure. This
practice
a
fortiori
also applies when an exception is granted on the ground that a
pleading is vague and embarrassing, a ground which strikes at the
formulation of the cause of action and not its legal validity.”
Sien ook
TROPE v SOUTH
AFRICAN RESERVE BANK
[1993] ZASCA 54
;
1993 (3) SA 264
(A)
[39] Wat die koste
betref, is daar geen rede waarom die gebruiklike bevel, synde dat die
koste deur die onsuksesvolle party betaal
moet word, nie in die
onderhawige geval verleen behoort te word nie.
[40] Vir voormelde redes
het ek die tersaaklike bevele vermeld in paragraaf 1 verleen.
_____________
C. VAN ZYL, R
Namens die eiser: Adv P W
Belger
In opdrag van:
McIntyre & van der
Post
BLOEMFONTEIN
Namens die eerste en
tweede
verweerders: Adv BC Stoop
In opdrag van:
Schoeman Maree Ing
BLOEMFONTEIN