Mphurwana v Padongelukkefonds (7548/2008) [2011] ZAFSHC 177 (17 November 2011)

45 Reportability
Personal Injury Law - Road Accident Fund

Brief Summary

Damages — Quantum of damages — Agreement on liability and partial quantum — Dispute regarding future loss of earnings — Court to determine separate issues relating to future loss of earnings and trustees' fees — Eiseres and Verweerder reached agreement on 80% liability for damages amounting to R300,000.00, but future loss of earnings and trustees' fees remained contentious — Court ordered separate determination of these issues to facilitate resolution.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2011
>>
[2011] ZAFSHC 177
|

|

Mphurwana v Padongelukkefonds (7548/2008) [2011] ZAFSHC 177 (17 November 2011)

VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Saaknommer: 7548/2008
In
die saak tussen:-
K
MPHURWANA t.b.v. SC MPHURWANA
.................................
Eiseres
en
PADONGELUKKEFONDS
....................................................
Verweerder
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
KRUGER, R
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP:
9 NOVEMBER 2011
_____________________________________________________
GELEWER OP:
17 NOVEMBER 2011
_____________________________________________________
[1] Hierdie uitspraak
handel met ‘n bevinding van die hof oor eiseres se quantum. Die
partye het die meriete van die saak
geskik op die basis dat
verweerder aanspreeklik is vir 80% van eiseres se skade. Die partye
het ook die grootste deel van die kwantum
geskik, soos blyk uit hul
ooreenkoms van 9 November 2011, wat ingehandig is as bewysstuk “Q”
en wat soos volg lees:

1.
Die Verweerder erken die regsmediese
deskundige verslae van:
1.1
Dr Kevin D Rosman
-
Neuroloog;
1.2
Dr Pieter Repko
-
Neurochirurg;
1.3
Mnr Brian R Mallinson
-
Sielkundige; en
1.4
Dr Marina van der Ryst
-
Opvoedkundige Sielkundige.
2.
Die partye kom ooreen dat die Eiseres
(in verteenwoordigende hoedanigheid) se algemene skade, voordat die
merieteverdeling toegepas
word,
R300,000.00
(
driehonderd
duisend rand
) beloop.
3.
Afgesien van die berekening van die
Eiseres se toekomstige verlies aan inkomste (paragraaf 4
infra
)
stem die partye toe tot ‘n bevel in terme van die konsep bevel
wat hierby aangeheg word, gemerk “
A
”, met die
uitsondering van die volgende aspekte waaroor daar nie ‘n
ooreenkoms bereik is nie en sal die partye regsargument
in die
verband aan die hof voorhou, naamlik:
3.1 eiser is van mening dat die koste
en fooie van die trustees nie beperk moet wees tot die meriete
toedeling (80%) nie en dat
die Verweerder 100% aanspreeklik moet wees
vir die uitgawe. Die Verweerder is van mening dat die koste en fooie
van die trustees
beperk moet wees tot die meriete toedeling; en
3.2 Verweerder is van mening dat die
trust moet ontbind sodra die minderjarige kind 18 jarige ouderdom
bereik. Eiseres is van oordeel
dat dit nie die geval moet wees nie.
4.
Die partye plaas op rekord dat die
Eiseres se vergoeding, indien enige, met betrekking tot toekomstige
verlies aan inkomste, in
dispuut is. Die partye is dit egter eens dat
SC Mphurwana
(
hierna “Sivuyise”
) in die
post-morbiede toestand ongeskik is vir enige werk en nie in staat sal
wees om die arbeidsmark te betree nie. Wat die pre-morbiede
toestand
van
Sivuyise
betref, is die volgende aspekte in dispuut,
naamlik:
4.1 die tydperk wanneer
Sivuyise
die arbeidsmark sou betree;
4.2 die salarisskaal waarteen
Sivuyise
die arbeidsmark sou betree;
4.3 enige bevordering (met spesifieke
verwysing na die salarisskale) en die plafon wat
Sivuyise
sou
bereik;
4.4 die tydperk waarbinne
Sivuyise
die spesifieke plafon sou bereik; en
4.5 die gebeurlikhede wat van
toepassing is op die berekening van
Sivuyise
se verlies aan
toekomstige verdienste.
5.
Die partye het ooreengekom – ten
einde kostes te bespaar – dat die Agbare Hof versoek sal word
om die aspekte vervat
in paragraaf
4
supra
afsonderlik
te bereg ooreenkomstig die bepalings van Eenvormige Hofreël
33(4). Nadat die aspekte deur die Agbare Hof beslis
is, sal die
partye vir
Dr Robert J Koch
versoek om, gegewe die Agbare Hof
se uitspraak en die aspekte wat alreeds ooreengekom is, ‘n
akturele berekening te doen
van die Eiseres se verlies aan
toekomstige verdienste en sal die bedrag aldus deur
Dr Koch
bereken die bedrag verteenwoordig waarop die Eiseres geregtig sal
wees as vergoeding vir verlies aan toekomstige verdienste.”
[2] Die aspekte vermeld
in paragraaf 3 van die ooreenkoms betreffende die vergoeding van die
trustees en die ontbinding van die
trust, en in paragraaf 4
betreffende Sivuyise se toekomstige verlies aan inkomste, bly in
geskil. Voor my het slegs Me Susan van
Jaarsveld, ‘n
bedryfsielkundige, namens eiseres getuig. Die verweerder het geen
getuies geroep nie. Ek het ‘n bevel
ingevolge Eenvormige
Hofreël 33(4) gemaak dat die aspekte vermeld in paragrawe 4.1 –
4.5 afsonderlik bereg word. Die
partye het my ook versoek om ‘n
beslissing te maak betreffende die trust soos vermeld in paragraaf 3
van die ooreenkoms.
[3] Me Van Jaarsveld is
‘n bedryfsielkundige met ‘n meestersgraad. Sy is vir die
afgelope 17 jaar verbonde aan die Universiteit
van die Vrystaat in
die menslike hulpbronne afdeling. Sy doen sedert 2003 regs-mediese
ondersoeke en verslae. Sy het die minderjarige,
Sivuyise Caiphus
Mphurwana wat op 6 September 1996 gebore is, op 31 Augustus 2011
gesien, ‘n onderhoud met hom gevoer en
‘n verslag
opgestel wat sy bevestig het. Aangesien dit gemeensaak tussen die
partye is dat Sivuyise na die ongeluk op 24
Desember 2003 absoluut
ongeskik is om te werk, is Me Van Jaarsveld se getuienis slegs
relevant met betrekking tot Sivuyise se vermoëns
voor die
ongeluk. Sy het gekyk na sy intellektuele vermoëns en sy
sosio-ekonomiese faktore wat ‘n invloed op sy verdienvermoë

sou kon hê.
[4] Me Van Jaarsveld se
gevolgtrekking is dat as Sivuyise nie in die ongeluk betrokke was
nie, sou hy Graad 10 behaal het of moontlik
‘n lae vlak Graad
12. Die eiseres aanvaar dat die hof moet werk op die basis dat hy
slegs Graad 10 sou behaal, as gevolg
van beperkings van sy sosiale
omgewing. Hy woon by sy vader en ‘n neef in Butterworth. Sy
vader het voorheen as kroegman
gewerk maar verkoop tans beeste en het
‘n taverne by sy huis. Sy vader het Graad 10 geslaag. Sy moeder
is werkloos en het
Graad 7 behaal. Sivuyise is die enigste kind van
sy ouers, maar het ‘n halfbroer en halfsuster. Sy halfsuster
het op skool
swanger geword, Graad 10 gedruip en is tans werkloos. Sy
halfbroer het ‘n Graad 7 kwalifikasie en doen tans stukwerk as
pakker
in ‘n fabriek. Dit blyk dus dat Sivuyise se familie aan
vaders- en moederskant ongeskoolde arbeid verrig of werkloos is en

hulle kwalifikasies wissel van Graad 7 tot Graad 10. Me Van Jaarsveld
se gevolgtrekking is dat, in die lig van Sivuyise se kognitiewe

beperkings en sy sosio-ekonomiese agtergrond, hy instaat sal wees om
Graad 10 te behaal of ten beste ‘n lae vlak Graad 12.
[5] Me Van Jaarsveld het
met die Patterson pos-evaluasie stelsel gewerk om te bepaal wat
Sivuyise sou bereik het as dit nie vir
die ongeluk was nie. Die
A-posvlakke op die Patterson skaal is ongeskoolde arbeid, soos ‘n
skoonmaker of interne bode. Vlak
B is bietjie meer gevorderd, soos ‘n
lae vlak klerikale pos – byvoorbeeld ‘n liasseerklerk.
Die verskille tussen
die A en B vlak is die verantwoordelikheid en
die kennis van teorie wat nodig is. Vlak C is toesighoudende poste, D
is middelbestuur
en E is topbestuur. Volgens Me Van Jaarsveld sou
Sivuyise nooit uit die A vlak beweeg nie.
[6] Vir Sivuyise se lewe
het Me Van Jaarsveld die volgende loopbaan senario voorsien, as hy
nie in die ongeluk betrokke was nie:
(i) Slaag Graad 10 op 17
jaar.
(ii) Soek werk vir 6 –
12 maande, en doen in daardie periode stukwerk vir 2 – 3 dae
per week teen R80 per dag.
Kry werk in informele
sektor en verdien die medium-inkomste van R14 200,00 per jaar vir 2
– 3 jaar.
Daarna beweeg hy na die
formele sektor as ongeskoolde werker op Patterson vlak A1 tot A2. Hy
begin op die laagste vlak by A1 en
gaan met 3 – 5 jaar
intervalle op na Patterson-verdienste op vlak A2 of A3.
Die praktyk is dat as ‘n
persoon sy werk doen, dan beweeg hy vorentoe, kry die normale
verhogings en bevordering.
Hy sou werk tot normale
aftree-ouderdom van 65 jaar.
[7] Sivuyise sou sy hele
lewe op Patterson vlak A gebly het, en ongeskoolde werk gedoen het.
Voorbeelde is: A1 = skoonmaker, A2
= rakpakker, A3 = Assistent van
bestuurder van motor, of interne bode.
[8] In kruis-ondervraging
deur Mnr Kitching het Me Van Jaarsveld gesê dat al die werk wat
sy voorsien wat Sivuyise ooit sou
doen, is ongeskoolde werk, daar was
geen skolastiese vereistes om daardie werk te kan doen nie. Die feit
dat hy Graad 1 gedruip
het, het geen invloed op haar vooruitskatting
nie, want hy sou slegs ongeskoolde werk doen. Met verwysing na die
feit dat Sivuyise
se ouers nie ver gekom het met hul loopbane nie, is
Me Van Jaarsveld gevra waarop sy haar siening baseer dat hy die
formele sektor
sou betree. Me Van Jaarsveld sê dat dit bekend
is dat die huidige generasie verder kom as hul ouers. Ook sou
Sivuyise bevoordeel
word deur die beleid van Billike Indiensneming.
Daar is tans verskeie inisiatiewe en projekte van staatsweë en
informeel om
voorheen benadeeldes te help vooruitgaan. Me Van
Jaarsveld sê sy was konserwatief in haar vooruitskatting;
bowendien het
sy net ongeskoolde werk oorweeg. Op die stelling dat
werkloosheid tans 27,5% in die Vrystaat is en dat Sivuyise dus met
beter gekwalifiseerde
persone sou moes meeding vir poste, antwoord Me
Van Jaarsveld dat sy hom slegs in ongeskoolde poste plaas. Daar moet
mens fisiese
werk doen, al die mededingers is op dieselfde vlak.
Oor-gekwalifiseerde mense word nie vir ongeskoolde werk oorweeg nie,
want ervaring
het bewys dat die aanstelling van oor-gekwalifiseerde
mense in poste probleme skep. Betreffende die aftree-ouderdom in die
informele
sektor, sê Me Van Jaarsveld dat op 60 jaar iemand
kwalifiseer vir ‘n staatspensioen wat tans ongeveer R1 250,00
per
maand is. Sy sê iemand wat reeds vergoeding ontvang vir sy
ongeskiktheid, kan nie die bevoordeelde wees van ‘n
kindersubsidie
nie.
[9] In sy betoog handel
Mnr. Zietsman met die verweerder se houding dat Sivuyise nie so
vinnig vanaf die informele sektor na die
formele sektor sou beweeg
nie en wys daarop dat daar geen deskundige getuienis is om te toon
dat Me Van Jaarsveld verkeerd is nie.
Sivuyise se sosio-ekonomiese
omstandighede is in ag geneem deur Me Van Jaarsveld in haar
bevinding. Sy sê ongeskoolde werkers
beweeg makliker vanaf die
informele sektor na die formele sektor as geskoolde persone. Sivuyise
het gemiddelde intellek (IK = 102).
Sy intellek beperk nie sy
toetrede tot die ongeskoolde arbeidsmark nie. Mnr. Zietsman
beklemtoon dat Me Van Jaarsveld getuig het
dat ervaring geleer het
dat die huidige generasie baie beter vaar as hulle ouers.
[10] Wat gebeurlikhede
betref, stel Robert Koch in sy boek
The
Quantum Yearbook, 2011
, as ‘n
basiese beginsel, voor dat ‘n halwe persentasie punt per jaar
tot en met aftree ouderdom vir ‘n kind van
toepassing is. In
die huidige geval sal dit ‘n gebeurlikheidstoepassing van 23,5%
verteenwoordig.
Mnr. Zietsman verwys na
drie sake:
(i)
BOTHA EN ‘N
ANDER v SANTAM BEPERK
1997 - Corbett en Honey, Vol V, B-39.
Die hof het te doen gehad
met ‘n kind wat 20 maande oud was tydens die ongeluk en 8 jaar
by die verhoor. Mynhardt R moes die
gebeurlikhede bepaal. Daar is
twee kategorieë gebeurlikhede. Eerstens “gewone
gebeurlikhede” soos die effek van
inkomstebelasting,
lewensverwagting en inflasiekoerse. Hierdie faktore is reeds ingebou
in die aktuaris se berekeninge (B4-467).
Die tweede kategorie is
spesiale gebeurlikheidsfaktore. Die normale, of geykte
gebeurlikheidspersentasie is 10 – 15% (B4-51).
Dit is die
vertrekpunt. Faktore wat Mynhardt R oorweeg is:
Dat die kind se
werkloopbaan voor die gewone aftree-ouderdom tot ‘n einde kom.
Dat die werkloopbaan
deur langdurige siekte onderbreek kan word.
Werkloosheid.
Die dogter sou
waarskynlik trou en ‘n gesin begin en werk onderbreek, wat
Mynhardt R as ‘n waarskynlike faktor aanmerk.
By die behandeling van
die faktore wat in die geval voor hom ‘n hoër aftrekking
as die normale sou vereis, noem Mynhardt
R die volgende:
(a)
Die kind was baie
jonk en het nog nie skool begin gaan nie. Daar was geen aanduiding
van wat haar waarskynlike loopbaan sou wees
nie.
Die hof vind dat die
jeugdige ouderdom en gebrek aan kennis oor die kind se vermoë of
belangstelling die hof in ‘n groot
mate kortwiek.
Die sosiale milieu
van die kind.
Die kind sou moontlik met
haar moeder identifiseer en ‘n huisvrou word, ‘n 50/50
kans.
(c)
Daar is geen
werksgeskiedenis waaruit ‘n projeksie gemaak kan word nie.
Dit sou bloot spekulasie
wees om te sê wat die kind se werksituasie in die toekoms sou
wees. Daar is geen vaste gegewens om
so ‘n projeksie te staaf
nie.
Die bepaling van die
aftree-ouderdom op die ooreengekome 62½ jaar sou haar
verdienste negatief beïnvloed.
(e)
Die geprojekteerde
inkomste is op ‘n gemiddeld geneem, terwyl dit moontlik hoër
kon wees. Sy het ‘n hoë IK
gehad.
Regter Mynhardt verwys na
‘n beslissing waar die hof gesê het dat waar die eiser
jonk is daar ruim voorsiening vir gebeurlikhede
gemaak moet word
(B4-59), maar 30% afgetrek is. Mynhardt kom dan tot die
gevolgtrekking dat veral omdat die kind nog baie jonk
is en op baie
aspekte geen werklike patrone gevestig is nie, 20% toegelaat moet
word.
BENJAMIN NO v THE
ROAD ACCIDENT FUND
(2005) - Corbett en Honey, Vol V, B2-205
Die hof het met ‘n
meisie te doen gehad wat 8 jaar oud was tydens die botsing en 15 by
die verhoor. Twee faktore word aan
die hof voorgehou om ‘n
groter gebeurlikheidsvoorsiening as normaal toe te laat:
Sy mag dalk nie haar
medikasie gereeld neem nie;
Haar lewensverwagting
is minder.
Davis R vind dat hierdie
oorwegings nie stuk hou nie en laat 15% toe.
COMBRINCK v
PADONGELUKKEFONDS
(2001)
Corbett en Honey, Vol V,
B-81.
Die hof het met ‘n
14-jarige dogter te doen gehad en laat 20% toe.
[11] Mnr. Kitching verwys
oor gebeurlikhede na die faktore vermeld in Corbett en Buchanan, Vol
II, 2e Uitgawe, Bl. 51 en 52. Daar
word algemene faktore genoem wat
die aktuaris in ag geneem het by sy berekeninge en waarop ek nie by
die bepaling van die spesifieke
gebeurlikhede van hierdie saak ag
moet slaan nie. Mnr. Kitching verwys na
AA MUTUAL INSURANCE
ASSOCIATION LTD v MAQULA
1978 (1) SA 805
(A) op 813 waar die
hof gebeurlikheidsaftrekkings van 50% toelaat op grond van eiser se
swak werksgeskiedenis. Mnr. Kitching verwys
ook na
KRUGELL v
SHIELD VERSEKERINGSMAATSKAPPY BPK
1982 (4) SA 95
(T) by 105 E
waar die hof 35% gebeurlikhede afgetrek het. Die feite in
KRUGELL
se saak was dat die eiser ‘n 42-jarige elektrisiën was.
Van Dijkhorst R bevind dat as gevolg van sy besering sou eiser

waarskynlik nie sy ou werk sou hervat nie (104 H). Die hof pas ‘n
34% gebeurlikheidsaftrekking toe.
Omdat daar betreffende
Sivuyise geen werksgeskiedenis is nie en omdat slegs ongeskoolde werk
oorweeg is, is daar in Sivuyise se
geval geen basis om 35% af te trek
nie.
[12] In Sivuyise se geval
is die enigste faktore wat gebeurlikhede beïnvloed sy jeugdige
ouderdom en sy sosio-ekonomiese omstandighede.
Hy sou ongeskoolde
werk doen. Hy het nie, soos in
BOTHA
se saak die risiko
geloop as vrou om kinders te kry nie. Bloot as gevolg van sy jeugdige
leeftyd kon baie meer dinge in sy lewe
gebeur en daardeur word die
onsekerheid groter as normaal. Daar moet meer as die gebruiklike of
geykte 15% toegelaat word, maar
daar is geen basis om meer as 20% toe
te laat nie. Twintig persent lyk na die juiste syfer om toe te laat
vir gebeurlikhede.
[13]
GEVOLGTREKKING:
Daar is geen basis om Me
Van Jaarsveld se getuienis te bevraagteken nie. Daar is geen
weerleggende getuienis aangebied nie, en daar
is geen oortuigende
redes gegee waarom haar konklusies nie rasioneel is en uit die
aanvaarde feite voortvloei nie.
[14] Die vrae in
paragraaf 4 van bewysstuk “Q” moet soos volg beantwoord
word:
4.1
Die tydperk
wanneer Sivuyise die arbeidsmark sou betree
.
Hy sou in 2014 die
informele arbeidsmark betree met ‘n inkomste van R14 200,00 wat
sou groei teen 5% per jaar in 2015. In
2016 sou hy die formele
arbeidsmark betree.
4.2
Die salarisskaal
waarteen Sivuyise die arbeidsmark sou betree
.
R14 200,00 wat sou groei
teen 5% per jaar.
Enige bevordering
(met spesifieke verwysing na salarisskale) en die platform wat
Sivuyise sou bereik
.
Sy inkomste van R14
200,00 sou vanaf 2015 groei teen 5% per jaar en hy sou in 2021 die
platform bereik van die inkomste van ‘n
werker op ‘n A3
posvlak gemeet op die mediaan soos per die Patterson Skaal.
Die tydperk
waarbinne Sivuyise die spesifieke platform sou bereik
.
Na drie jaar in die
formele sektor, dus in 2021, op die mediaanvlak inkomste.
Die gebeurlikhede
wat van toepassing is op die berekening van Sivuyise se verlies aan
toekomstige verdienste
.
Afgesien van die normale
aktuariële toelatings wat in alle gevalle gedoen word, is die
spesiale gebeurlikheidsfaktore 20%.
[14] Wat die trust
betref, is die verweerder van mening dat die koste van die trustee
beperk moet word tot die meriete toedeling
80% en dat die trust moet
ontbind wanneer Sivuyise 18 jaar oud word. Mnr. B.R. Mallinson, die
sielkundige wie se verslag nie in
geskil is nie (paragraaf 1.3 van
“Q”), sê op bladsy 22 van sy verslag in paragraaf
5:

Any funds
awarded to Sivuyise should be adequately protected throughout his
life span.”
Dit is dus buite geskil
dat die trust vir Sivuyise se hele lewe moet bestaan. Dit moet nie
ontbind as hy 18 jaar oud word nie. Mnr.
Kitching sê dat
volgens die getuienis sou Sivuyise sy eie geldsake kon behartig voor
die ongeluk, dus moet slegs 80% van
die kostes van die trust
toegelaat word. Geen gesag is deur hom aangevoer nie. In
BOTHA
se saak het die verweerder ‘n onderneming gegee om die kurator
bonis
se koste te betaal (B4-79, paragraaf 3.2). [Sake] Mnr.
Zietsman sê dat Mnr. Mallinson ook daarop wys dat Sivuyise
vergeetagtig
is, wat ‘n verdere rede vir lewenslange beskerming
van sy toekenning in ‘n trust is.
Wat die betoog dat slegs
80% van die koste van die trust toegelaat moet word, meen ek dat die
eiser reeds gepenaliseer is by die
maak van die verdeling in die
toekenning van ‘n verminderde bedrag aan hom. As 20% van die
trust se uitgawes uit die
corpus
van die trust betaal moet
word, word eiser twee keer gepenaliseer weens sy bydraende
nalatigheid. Die verweerder moet die volle
koste van die trust
betaal.
[15]
BEVEL:
1. Verlof word aan die
partye verleen om weer hierdie hof te nader nadat die aktuariële
berekeninge ooreenkomstig die bevindinge
in hierdie uitspraak gedoen
is, wat die bedrag van toekomstige verlies aan inkomste bepaal.
2. Verder word ‘n
bevel gemaak in terme van die konsepbevel aangeheg by bewysstuk “Q”
soos gewysig deur paragraaf
1 hierbo.
____________
KRUGER, R
Namens eiseres: Adv.
P.J.J. Zietsman
In opdrag van:
Honey Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens verweerder: Adv.
J.A. Kitching
In opdrag van:
Webbers
BLOEMFONTEIN
/sp