About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2011
>>
[2011] ZAFSHC 176
|
|
Minister van Veiligheid en Sekuriteit en Ander v Mphore (57/2011) [2011] ZAFSHC 176 (17 November 2011)
VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Saaknommer: 57/2011
In
die saak tussen:-
DIE
MINISTER VAN VEILIGHEID EN
SEKURITEIT
.................................................
1ste
Verweerder/Applikant
DIE
MINISTER VAN GRONDWETLIKE
ONTWIKKELING
EN JUSTISIE
....................
2de
Verweerder/Applikant
en
ADAM
MAHLOMOLA MPHORE
.................................
Eiser/Respondent
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
KRUGER, R
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP:
10 NOVEMBER 2011
_____________________________________________________
GELEWER OP:
17 NOVEMBER 2011
_____________________________________________________
[1] Applikante wil hulle
verweerskrif wysig deur ‘n erkenning terug te trek. In hul
verweerskrif het applikante foutiewelik
toegegee dat tweede
verweerder, die Minister van Grondwetlike Ontwikkeling en Justisie,
aanspreeklik is vir die optrede van aanklaers
in die Distriks- en
Streekhowe. Die applikante voer aan dat, nadat die verweerskrif
geliasseer is, het dit onder hulle aandag gekom
dat ingevolge die Wet
op die Nasionale Vervolgingsgesag 32 van 1998, die tweede verweerder
nie regtens aanspreeklik is vir die
optrede van aanklaers nie.
[2] Eiser se dagvaarding
is op 7 Januarie 2011 uitgereik teen die Minister van Veiligheid en
Sekuriteit as eerste verweerder en
die Minister van Grondwetlike
Ontwikkeling en Justisie as tweede verweerder vir onregmatige
aanhouding op 12 November 2008 wat
volgens die besonderhede van eis
veroorsaak is omdat die polisie of die aanklaer nie op 12 November
2008 onder die hof se aandag
gebring het dat eiser ‘n geldige
rede gehad het waarom hy nie op 13 Mei 2008 in die hof verskyn het
ten opsigte waarvan ‘n
lasbrief vir sy arres uitgereik is,
omdat tydens die hofverrigtinge op 13 Mei 2008 en 12 November 2008
die polisiebeampte versuim
het om noodsaaklike inligting aan die
aanklaer oor te dra, alternatiewelik as hy dit wel oorgedra het, dat
die aanklaer versuim
het om die inligting onder die landdros se
aandag te bring. In paragraaf 4.2 van die besonderhede van vordering
beweer eiser dat
tweede verweerder die Minister van Grondwetlike
Ontwikkeling en Justisie verantwoordelik is vir die optrede van
aanklaers:
“
4.2 is die
Tweede Verweerder verantwoordelik en/of aanspreeklik vir handelinge
verrig en/of die versuim om handelinge te verrig
van en/of deur
personeel, insluitend beamptes in diens by die
Virginia
Landdroshof
te die aanhoudingselle asook aanklaers in die Distriks- en
Streekshowe,
Virginia
,
en wie handel en/of optree in die diensbestek en/of in die uitvoering
van hul diensverhouding met en/of teenoor die Tweede Verweerder.”
[3] Die verweerders se
verweerskrif is op 11 Maart 2011 geliasseer. Daarin pleit hulle soos
volg:
“
3.2
Ad
4.2:
Behalwe om te ontken dat Tweede
Verweerder verantwoordelik en/of aanspreeklik is vir die handelinge
en/of versuim van polisiebeamptes
by die hofselle van die Virginia
Streekhof, word die res van die beweringe erken.”
[4] Op 15 Augustus 2011
gee verweerders ingevolge Reël 28 van die Eenvormige Hofreëls
kennis van hul voorneme om hul verweerskrif
te wysig. Die beoogde
wysigings behels die invoeging van ‘n spesiale pleit van
wanvoeging naamlik dat tweede verweerder verkeerdelik
gevoeg is en
die terugtrekking van die erkenning in die pleit op paragraaf 4.2 van
die besonderhede van eis. Al die bewerings in
paragraaf 4.2 word nou
ontken met verwysing na die spesiale pleit.
[5] In sy betoogshoofde
sit Mnr. Snellenburg, namens respondent, die tersaaklike tydperke van
belang uiteen:
“
12.1 Die
Eiser het in terme van die bepalings van Artikel 4 van Wet 40 van
2002 aansoek gedoen vir kondonasie vir die nie-nakoming
van die
gemelde Statuut se bepalings met betrekking tot die gee van kennis
voor dagvaarding soos uiteengesit in Artikel 3, welke
verlof verleen
is deur hierdie Hof op
21
Oktober 2010
;
12.2 Die Eiser het nie onbeperkte
fondse nie en word bygestaan op gebeurlikheidsbasis;
12.3 Die partye tot daardie aansoek
was die huidige Eerste en Tweede Verweerders;
12.4 Daardie aansoek is nie opponeer
deur die Verweerders nie en die tweede Verweerder het nooit die
middellike aanspreeklikheid
in die geval dat ‘n delik bewys
word, in dispuut geplaas nie.
12.5 Die aksie teen die Verweerders is
uitgereik in hierdie Hof op
7 Januarie 2011
;
12.6 Die Verweerders se pleit
[Verweerskrif] is liasseer op
11 Maart 2011
;
12.7 Die kennisgewing van voorneme om
te wysig is liasseer op
15 Augustus 2011
;
12.8 Beswaar teen die voorgenome
wysiging is gemaak op
25 Augustus 2011
;
12.9 Die onderhawige aansoek is
uitgereik op
7 September 2011
;
13. Die Eiser moet nie benadeel word
deur die wysiging sodat hy nie in dieselfde posisie geplaas kan word
as waar hy was toe die
pleit wat die Verweerders wil wysig liasseer
is nie, met ander woorde soos op
11 Maart 2011
.”
[6] Die eiser het die
voorgenome wysiging geopponeer en die verweerders het op 7 September
2011 hierdie aansoek om wysiging geloods.
Die tweede verweerder bied
aan om die kostes te betaal tensy eiser dit onnodiglik opponeer. In
die funderende eedsverklaring sê
verweerder se deponent, hulle
prokureur dat nadat die verweerskrif reeds geliasseer was, het dit
tot haar kennis gekom dat aanklaers
nie aan die Minister
verantwoording doen nie, maar ingevolge artikel 35 van die Wet op die
Nasionale Vervolgingsgesag 32 van 1998,
direk aan die parlement en
dat die tweede verweerder (die Minister van Justisie) se jurisdiksie
ten aansien van die vervolgingsgesag
beperk is tot wat in artikel 33
van Wet 32 van 1998 omskryf word en dat die tweede verweerder nie
verantwoordelik is vir die bevoegdhede,
werksaamhede en pligte van
die aanklaers waaroor eiser kla nie. Artikel 35(1) van Wet 32 van
1998 se Engelse (getekende) teks lees:
“
(1) The
prosecuting
authority
shall
be accountable to Parliament in respect of its powers, functions and
duties under
this
Act
,
including decisions regarding the institution of prosecutions.”
[7] In die antwoordende
eedsverklaring sê die eiser dat voordat dagvaarding uitgereik
is, hy verplig was om by hierdie hof
kondonasie te verkry vir sy
versuim om aan artikel 3(1) van Wet 40 van 2002 te voldoen. Die feite
van sy eis was volledig uiteengesit
in daardie kondonasie-aansoek.
Die tweede verweerder het nooit die punt daar geneem dat hy nie
middellik aanspreeklik is nie. Die
eerste en tweede verweerders het
geweier om eiser se nie-voldoening aan artikel 3(1) van Wet 40 van
2002 te kondoneer en hy moes
hom gevolglik tot die hof wend. Die
tweede verweerder het nie daardie kondonasie-verrigtinge geopponeer
nie en daarna in die verweerskrif
middellike aanspreeklikheid buite
dispuut geplaas. Die eiser sê die wysiging sal tot gevolg hê
dat hy ‘n ander
staatsorgaan sal moet voeg en sê dan:
“
14.
Uit die aard van die saak is geen
Kennisgewing in terme van die bepalings van Artikel 3(1) van Wet 40
van 2002 versend aan sodanige
Verweerder nie en is dit op hierdie
stadium onseker of daar enigsins kondonasie aan die Eiser verleen sal
word indien so ‘n
aansoek nou gedoen sal word. Daardie aansoek
gaan verdere koste implikasies inhou waarvoor die Eiser aanspreeklik
sal wees, welke
verhoed sou wees indien die Tweede Verweerder die
middellike aanspreeklikheid op ‘n vroeë stadium ontken
het.
15.
Daardie Wet vereis 30 (dertig) dae
kennisgewingstydperk, onderwyl die eisoorsaak op
12 November 2011
sal verjaar en onderwyl die Eiser sonder teenkanting of
teenstrubbeling van die Tweede Verweerder reeds aansoek gedoen het
vir
kondonasie om aan dit die nodige en reëlmatige kennisgewings
te lewer, welke kondonasie verleen is deur die Agbare Hof, waarna
Tweede Verweerder soos vermeld die middellike aanspreeklikheid erken
het.
16.
Verdere stappe hierin as gevolg van
die Tweede Verweerder se erkenning het uit die aard van die saak
koste implikasies vir die Eiser,
welke geensins remedieer sal word
indien die Kennisgewing van Wysiging soos wat dit van die Hof versoek
word, bloot toegestaan
word nie.
17.
Ek doen gevolglik met eerbied aan die
hand dat die voorgestelde wysiging deur die Verweerders van hul
Verweerskrif tot gevolg sal
hê nadeel wat die remedieërbaar
is nie, in welke omstandighede ek geadviseer is dat die Hof nie dan
‘n wysiging
sal toestaan nie.”
[8] In die repliserende
eedsverklaring sê die deponent dat die tweede verweerder nie
beheer het oor die Nasionale Direkteur
van Openbare Vervolgings se
“praktiese uiteensetting van die pligte van sy lede nie en is
nie middellik aanspreeklik vir
hulle optrede nie”. Sy sê
die eiser se benadeling kon vermy gewees het “as hy self van
die begin af die korrekte
staatsinstansie aangespreek het”. Uit
die erkenning wat sy in die verweerskrif gemaak het, wat sy nou sê
was verkeerdelik
gemaak, blyk dat die deponent self nie tot 15
Augustus 2011 geweet het wie die “korrekte staatsinstansie”
is nie. Sy
sê dat omdat eiser sedert 15 Augustus 2011 geweet
het van die voorgenome wysiging om die erkenning van middellike
aanspreeklikheid
van die Minister terug te trek, het eiser dan 15
Augustus 2011 die geleentheid gehad om die “korrekte
staatsinstansie”
te voeg. Eiser kan dus net homself blameer as
sy eis teen daardie “korrekte staatsinstansie” verjaar
het.
[9] Me Murray, namens
applikante, sê dat aanklaers onder die Nasionale Direktoraat
van Openbare Vervolging resorteer ingevolge
Wet 32 van 1998 en het
die tweede verweerder geen middellike aanspreeklikheid vir aanklaers
se optrede nie. Me Murray verwys na
MINISTER FOR JUSTICE AND
CONSTITUTIONAL DEVELOPMENT AND OTHERS v MOLEKO
2009 (2) SASV
585 (HHA) par. [18].
“
[18] As far
as the first appellant, the Minister for Justice and Constitutional
Development, is concerned, the
National Prosecuting Authority Act 32
of 1998
provides that the Minister exercises final responsibility
over the National Prosecuting Authority established in terms of s 179
of the Constitution, but only in accordance with the provisions of
that Act (s 33(1)). Thus, the National Director of Public
Prosecutions
(NDPP) must, at the request of the Minister, inter alia
furnish her with information in respect of any matter dealt with by
the
NDPP or a DPP, and with reasons for any decision taken by a DPP,
'in the exercise of their powers, the carrying out of their duties
and the performance of their functions' (ss 33(2)
(a)
and
(b)
).
Furthermore, the NDPP must furnish the Minister, at her request, with
information regarding the prosecution policy and the policy
directives determined and issued by the NDPP (ss 33(2)
(c)
and
(d)
).
However, the prosecuting authority is 'accountable to Parliament in
respect of its powers, functions and duties under this Act,
including
decisions regarding the institution of prosecutions' (s 35(1)). It is
therefore clear that the Minister (the first appellant)
is not
responsible for the decision to prosecute Mr Moleko and the appeal
must also succeed as far as the first appellant is concerned.”
Daardie saak was een van
kwaadwillige vervolging ingestel deur Mnr. Moleko, ‘n landdros
te Engcobo in die Oos-Kaap, teen (1)
die Minister van Justisie en
Grondwetlike Ontwikkeling, (2) die Direkteur van Openbare
Vervolgings, en (3) die Minister van Veiligheid
en Sekuriteit. Die
verhoor in die Transkeise Hooggeregshof was beperk tot die meriete
van die eis en die regter daar het beslis
dat die eiser kwaadwillige
vervolging bewys het en hy het die eerste en derde verweerders (die
twee ministers) gelas om die koste
te betaal. Die Hoogste Hof van
Appèl bevind dat die eiser daarin geslaag het om
animus
injuriandi
by die Direkteur van Openbare Vervolgings, die tweede
verweerder, te bewys. Die appèl van die twee ministers slaag
en die
Direkteur van Openbare Vervolgings word aanspreeklik gehou vir
kwaadwillige vervolging en moet alle koste betaal. Die Hoogste Hof
van Appèl vind dat die polisiebeampte op instruksie van die
Direkteur van Openbare Vervolgings opgetree het (par. [17],
en dat
die Minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling (die eerste
verweerder) nie besluit om te vervolg nie, maar die Direkteur
van
Openbare Vervolgings (par. [18]).
[10] Me Murray verwys ook
na die uitspraak van Sutherland, WnR, in
LABUSCHAGNE v MINISTER
OF SAFETY AND SECURITY AND MINISTER OF JUSTICE AND CONSTITUTIONAL
DEVELOPMENT
, Suid-Gauteng Saaknr. 18769/2009, gelewer 11
April 2011, waar eise ingestel is vir onregmatige arres en aanhouding
en kwaadwillige
vervolging. Twee spesiale pleite is geopper. Die
tweede spesiale pleit was dat die Minister van Justisie en
Grondwetlike Ontwikkeling
geen verantwoordelikheid het vir die
beslissing om aan te kla al dan nie. Op bladsy 4 van die getikte
uitspraak sê die geleerde
regter:
“
There are a
number of indications which demonstrate, in my view convincingly,
that the Minister of Justice cannot be sued for the
actions which are
perpetrated by the persons who constitute the personnel of the
National Prosecuting Authority.”
Bl. 6:
“
It is plain
that in this last mentioned passage that it is an administrative role
that the Department of Justice is assigned without
any responsibility
is respect of Prosecution decisions.”
Die geleerde regter
bevind dat sedert die inwerkingtreding van Wet 32 van 1998 is die
Minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling
nie meer die
korrekte verweerder om te dagvaar as kwaadwillige vervolging beweer
word nie.
[11] ‘n Party kan
‘n erkenning terugtrek as daar ‘n redelike verduideliking
is van die omstandighede waaronder
die erkenning gemaak is (
AMOD
v SOUTH AFRICAN MUTUAL FIRE AND GENERAL INSURANCE CO LTD
1971
(2) SA 611
(N) te 614 H). Die feit dat die eiser sy saak teen ‘n
verweerder sal verloor as die erkenning teruggetrek word, is nie op
sigself voldoende benadeling om die aansoek te weier nie. (
SOUTH
BRITISH INSURANCE CO LTD v GLISSON
1963 (1) SA 289
(D &
CLD) te 294 B – C). Die hof kyk by oorweging van benadeling wat
die moontlike verdere verloop van die litigasie
sal wees (
SOUTH
BRITISH
,
supra
, te 296 D). In die
SOUTH
BRITISH
-saak,
supra
, sou die respondent moes besluit
of hy estoppel wou opper, wat die geskilpunte tussen die partye
aansienlik sou verbreed.
[12] Die beoogde wysiging
moet ‘n beregbare punt opper -
TRANS - DRAKENSBERG BANK
LTD (UNDER JUDICIAL MANAGEMENT) v COMBINED ENGINEERING (PTY) LTD AND
ANOTHER
1967 (3) SA 632
(D) te 641 A;
CAXTON LTD AND
OTHERS v REEVA FORMAN (PTY) LTD AND ANOTHER
[1990] ZASCA 47
;
1990 (3) SA 547
(A) te 566 B – C;
CONSOL LTD t/a CONSOL GLASS v TWEE
JONGE GEZELLEN (PTY) LTD AND ANOTHER
(2)
2005 (6) SA 23
(K)
par. [21] bespreek die begrip “triable issue”.
[13] “Benadeling”
word in
DEVONIA SHIPPING LTD v MV LUIS (YEOMAN SHIPPING CO LTD
INTERVENING)
1994 (2) SA 363
(K) te 369 F – G beskryf
as ‘n situasie waar die partye nie vir doeleindes van
geregtigheid teruggeplaas kan word in
die posisie waar hulle was toe
die aansoek om wysiging gedoen is nie.
[14] Wat benadeling
betref, sê Me Murray die aansoek om wysiging is op 15 Augustus
2011 geliasseer, vroeg genoeg om eiser
voldoende geleentheid te gee
om “die korrekte party” kennis te gee van sy voorneme om
hom te voeg voor sy eis in November
2011 verjaar. Me Murray sê
toestaan van die wysiging sal geen onherroeplike benadeling vir die
eiser meebring nie.
[15] Me Murray voer aan
dat die Hoogste Hof van Appèl bevind het in die
MOLOTO
-saak,
(
supra
, par [18]) dat die tweede verweerder (die Minister) nie
aanspreeklik is vir die optrede van aanklaers, soos wat eiser beweer
nie.
Tweede verweerder se erkenning van sodanige middellike
aanspreeklikheid was ‘n fout wat die deponent namens applikant
eers
besef het nadat sy die verweerskrif geliasseer het. Me Murray sê
die doel van die wysiging is om die ware geskil tussen die
partye
voor die hof te plaas.
[16] Mnr. Snellenburg hou
vol dat die eiser die korrekte verweerders gesiteer het en dat die
tweede verweerder se erkenning van
middellike aanspreeklikheid korrek
is. Die eerste vereiste waaraan applikant moet voldoen, is om ‘n
behoorlike verduideliking
aangaande die omstandighede waaronder die
erkenning gedoen is, te gee. In
J R JANISCH (PTY) LTD v W M
SPILHAUS & CO (WP) (PTY) LTD
1992 (1) SA 167
(K) het die
hof bevind dat die verduideliking wat vir die foutiewe erkenning
gegee is so weinig besonderhede bevat, veral ook met
die opdrag aan
die advokaat wat die pleitstukke opgestel het en ook die rede waarom
die fout eers op so ‘n laat stadium ontdek
is, dat die hof dit
geweier het (te 171 F – H). Die hof sê ook dat dit lyk of
die erkenning doelbewus (“deliberately”)
gemaak is. Die
omstandighede rondom die versoek om wysiging moet ten volle
verduidelik word, veral as dit op ‘n laat stadium
gedoen word -
BELLAIRS v HODNETT AND ANOTHER
1978 (1) SA 1109
(A) te
1150 E – 1151 A.
[17] “’n
Triable issue” beteken:
“
(a)
'n
geskilpunt wat, indien dit aan die hand van die getuienis wat die
applikant in sy aansoek in die vooruitsig stel, bewys A word,
lewensvatbaar of relevant sou wees; of
(b)
'n geskilpunt wat op
die waarskynlikhede deur die getuienis wat aldus in die vooruitsig
gestel word, bewys sou wees.”
(
CIBA-GEIGY
(PTY) LTD v LUSHOF FARMS (PTY) LTD EN 'N ANDER
2002 (2) SA
447
(HHA) te 463 A – B)
[18] ‘n Party word
benadeel as hy nie in dieselfde posisie geplaas kan word waar hy was
toe die pleitstuk wat die applikant
wil wysig, geliasseer is -
AFFORDABLE MEDICINES TRUST AND OTHERS v MINISTER OF HEALTH AND
OTHERS
[2005] ZACC 3
;
2006 (3) SA 247
(KH) par. [9].
[19] Eiser se eis verjaar
op 12 November 2011, twee dae na aanhoor van hierdie aansoek.
[20] Mnr. Snellenburg
maak die punt dat blykens artikel 179(6) van die Grondwet bly die
tweede verweerder uiteindelik verantwoordelik
vir die
vervolgingsgesag met verwysing na
GLENISTER v PRESIDENT OF THE
REPUBLIC OF SOUTH AFRICA AND OTHERS
2011 (3) SA 347
(KH) par.
[142]. Artikel 33(1) van die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag 32
van 1998 bepaal:
“
33
Minister's final responsibility over prosecuting authority
(1) The
Minister
shall, for purposes of section 179 of the
Constitution, this Act
or
any other law concerning the
prosecuting
authority
, exercise final
responsibility over the
prosecuting
authority
in accordance with the
provisions of
this Act
.”
[21] In litigasie beslis
die hof ‘n saak op die pleitstukke, nie noodwendig op die ware
feite nie. In die
SOUTH BRITISH
-saak,
supra
, sê
Regter Miller op 297 A – E:
“
Having
regard to all the circumstances, I am not disposed to exercise my
discretion in favour of the applicant; I think that to
do so would
result in an injustice to the respondent and would operate unfairly
on him.
It
is argued that it is undesirable for the Court to have to decide a
case on facts which it is clear are not true. Of course it
is
undesirable;
I
recognise that that is something which should be avoided if it can
reasonably be done.
But
I do not think it can or should be avoided
if the price of its
avoidance is to expose one of the parties to undue hardship, and to
prejudice his rights, where he need never
have been placed in any
predicament at all if his opponent had not made a false admission
which he sought to rectify at so late
a stage that the other party's
rights had already been affected.
There
is nothing remarkable in the Court's deciding a case on facts which,
although deemed to be true for the purposes of the case,
are known
not to be true in reality.
It
is inherent in the principle of estoppel, for example, that the Court
will decide a case as if a certain state of affairs existed
even if
it is clear that it does not in fact exist. It is also something that
is implicit in the Court's power to refuse to allow
a litigant to
withdraw an admission made in the pleadings. It seems to me that the
applicant should not be surprised that its unequivocal
and
long-standing admission that it was the insurer of the vehicle was
taken seriously by the respondent, and that it should be
even less
surprised that it is held bound by that admission where its
withdrawal at this late stage will serve to prejudice and
embarrass
the respondent and work to his disadvantage.
The application is dismissed with
costs.”
(My onderstreping)
[22] Dit is verstaanbaar
dat ‘n hof ‘n saak op ‘n verkeerde feitebasis kan
beslis as dit in die pleitstukke of
andersins so voor die hof geplaas
word. Die posisie is egter anders met ‘n verkeerde regsbasis.
[23] Me Murray sê
‘n hof is nie gebonde deur ‘n verkeerde toegewing nie
(
MOLEKO
,
supra
) par. [10];
PADDOCK MOTORS
(PTY) LTD v IGESUND
1976 (3) SA 16
(A) te 23 E – F;
MOSTERT NO v OLD MUTUAL LIFE ASSURANCE CO (SA) LTD
2001
(4) SA 159
(HHA) par. [44]. ‘n Hof is nie gebonde deur ‘n
regsfout wat ‘n litigant maak nie (
AMOD v SOUTH AFRICAN
MUTUAL FIRE AND GENERAL INSURANCE CO LTD
1971 (2) SA 611
(N)
te 616 D – E.) Met verwysing na
BANK OF LISBON AND SOUTH
AFRICA LTD v THE MASTER AND OTHERS
1987 (1) SA 276
(A) te 288
D – E sê Me Murray dat ‘n foutiewe siening van die
regsposisie teruggetrek kan word. Die geleerde
appèlregter
verwys daar na voorsorgmaatreëls wat in
PADDOCK MOTORS
,
supra
, te 23 B – F genoem word, naamlik dat die punt
volledig in die pleitstukke en betoog behandel word. Me Murray sê,
met
verwysing na
PADDOCK MOTORS
,
supra
, te 23 F
– G dat dit ‘n onhoudbare situasie sou skep as die hof
verhoed sou word om die regte beslissing op grond van
die ware feite
te maak bloot omdat ‘n party versuim het om ‘n regspunt
te opper omdat hy ‘n regsfout begaan het.
[24] Die eiser se
standpunt is dat hy die korrekte verweerder, naamlik die Minister van
Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling voor
die hof gebring het. Sy
standpunt is dat die Minister van Justisie aanspreeklik is vir die
optrede van aanklaers. Moontlik bevind
die verhoorhof dat hierdie
houding van eiser korrek is. As die wysiging geweier word, word die
verhoorhof gebind, en sal die verhoorhof
verplig wees om, as hy
bevind dat eiser sy saak bewys het, ‘n bevel te gee dat die
Minister van Justisie aanspreeklik is
teenoor eiser, selfs al sou die
verhoorhof op die regspunt beslis dat die Minister nie regtens
aanspreeklik is nie. Die eiser het
sedert Augustus 2011 voldoende
geleentheid gehad om die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings
of ‘n ander verweerder
te siteer, maar die eiser hou vol dat
dit nie nodig was nie, want hy het die regte verweerder voor die hof.
Dalk gee die verhoorhof
die eiser gelyk, dalk nie. Dit is onvanpas om
die verhoorhof te bind, soos wat ‘n weiering van die
wysigingsaansoek sou meebring.
BEVEL:
1. Verlof word aan die
verweerders toegestaan om hul verweerskrif gedateer 11 Maart 2011 te
wysig ooreenkomstig hul kennisgewing
van voorneme om te wysig
geliasseer op 15 Augustus 2011.
2. Tweede verweerder word
gelas om die koste van die wysigings insluitende hierdie aansoek, te
betaal.
____________
KRUGER, R
Namens respondent/eiser:
Adv. N. Snellenburg
In opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
Namens
applikante/verweerders: Adv. H. Murray
In opdrag van:
Staatsprokureur
BLOEMFONTEIN
/sp