Padongelukkefonds v De Wet (7277/08) [2011] ZAFSHC 163 (20 October 2011)

50 Reportability
Civil Procedure

Brief Summary

Appeal — Leave to appeal — Application for leave to appeal against merits decision — Respondent's application for leave to appeal filed after conclusion of quantum proceedings — Court held that respondent's delay did not constitute abandonment of right to appeal — Reasonable prospects of success established — Leave to appeal granted.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2011
>>
[2011] ZAFSHC 163
|

|

Padongelukkefonds v De Wet (7277/08) [2011] ZAFSHC 163 (20 October 2011)

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer: 7277/08
In die saak tussen:-
DIE
PADONGELUKKEFONDS
................
Applikant
(Verweerder
a quo
)
en
JAN HERMANUS ALBERTUS DE WET
........
Respondent (Eiser
a quo
)
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
AANSOEK OM VERLOF TOT APPèL
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
KRUGER, R
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP:
14 OKTOBER 2011
_____________________________________________________
GELEWER OP:
20 OKTOBER 2011
_____________________________________________________
[1] Mnr Reinders, namens die verweerder, doen “aansoek
om verlof om te appelleer by hierdie Hof teen die geheel van die
uitspraak
en bevele verleen deur die Hof hierin”. Die datum van
die uitspraak word nie vermeld nie, ewemin die naam van die regter.
[2] Die kronologie is soos volg:
20 Augustus 2009
:
Hofbevel dat kwantum en meriete geskei word.
20 & 21 April 2010
:
Verhoor oor meriete.
23 April 2010
:
Uitspraak oor meriete.
14, 15 & 17 Junie 2011
:
Saak geplaas vir verhoor van kwantum.
15 Junie 2011
:
Verweerder liasseer ‘n dokument:

Verweerder se toegewings ten
opsigte van Eiser se Skade”.
28 Junie 2011
:
Lasbrief tot uitwinning van R1,9 miljoen uitgereik deur Griffier.
5 Julie 2011
:
Kennisgewing van aansoek om verlof om te appelleer uitgereik en
beteken op eiser se prokureurs.
[3] Dit is nie in geskil dat die
verweerder die reg gehad het om aansoek te doen om verlof tot appèl
nadat die meriete beslis
is op 23 April 2010, in die sin dat die
hofbevel van 23 April 2010 ‘n verklarende bevel was dat die
verweerder aanspreeklik
is vir eiser se bewese skade. Sien
SA
EAGLE VERSEKERINGSMAATSKAPPY BPK v HARFORD
[1992] ZASCA 42
;
1992 (2) SA 786
(A)
te 792 E – H.
[4] Mnr Steenkamp voer aan dat die verweerder binne 15
dae na 23 April 2010 aansoek om verlof om te appelleer moes gedoen
het. Die
verweerder het dit nie gedoen nie en ook nie aansoek om
kondonasie van laat liassering van die aansoek om verlof om te
appelleer
gedoen nie. Dus moet die aansoek volgens mnr Steenkamp
afgewys word.
[5] Mnr Reinders se betoog is dat, hoewel die verweerder
‘n reg gehad het om binne 15 dae na 23 April 2010 aansoek te
doen
om verlof om teen die bevel van 23 April 2010 te appelleer, was
verweerder nie verplig om dit te doen nie. Hy sê die
stuksgewyse
beslegting van geskille is ongewens en daarom het
verweerder met sy aansoek om verlof tot appèl gewag tot na
afhandeling
van die hele saak, insluitende kwantum, op 15 Junie 2011.
[6] In die
SA EAGLE
saak,
supra
, 790 G – H sê die Appèlhof:

Hoewel stuksgewyse
beslegting van geskille tussen partye somtyds afkeurenswaardig is,
het dit egter dikwels heelwat meriete veral
omdat dit koste-effektief
kan wees.”
[7] In sy “toegewings” van 15 Junie 2011
maak verweerder dit duidelik dat hy sy reg tot appèl op die
meriete
behou:

Onderhewig aan verweerder se reg tot Appèl
met betrekking tot die meriete en sonder enige toegewings met
betrekking tot die
meriete of aanvaarding van aanspreeklikheid, maak
Verweerder die volgende toegewings ten opsigte van die skade soos
geëis
deur eiser, naamlik:”
[8] Die verweerder se aansoek om verlof tot appèl
moet ingevolge Eenvormige Hofreël 49(1)(b) geliasseer word
“binne
15 dae nadat die bevel waarteen geappelleer word, gegee
is”. Hier wil die verweerder appelleer teen die bevel van 23
April
2010, maar hy het gewag totdat die hele saak afgehandel is op
15 Junie 2011. Die verweerder het nooit sy reg om aansoek om verlof

tot appèl te doen laat vaar nie; hy het dit uitdruklik bewaar
voordat ‘n bevel op kwantum op 15 Junie 2011 gemaak
is. Die
verweerder se aansoek om verlof tot appèl is nie buitentyds
nie.
[9] Wat die meriete van die aansoek betref, word vier
gronde in die aansoek aangevoer. Dit kom in hoof daarop neer dat die
eiser
se weergawe nie deur enige ander getuie of getuienis gestaaf
word nie, terwyl die verweerder se bestuurder, Moolman, deur sy
passasier,
Van Zyl, en deur Matsweka ondersteun word.
[10] Na my mening bestaan daar redelike vooruitsigte dat
‘n ander hof kan bevind dat die eiser nie sy saak teen die
verweerder
bewys het nie.
[11] Die feit dat verweerder nie ná die
beslissing oor die meriete aansoek om verlof tot appèl gedoen
het nie, het
koste-implikasies wat die hof wat hierdie appèl
aanhoor kan oorweeg.
BEVEL:
1. Verlof word aan die verweerder verleen om na die
volle hof van hierdie afdeling te appelleer.
2. Koste van hierdie aansoek is koste in die appèl.
____________
KRUGER, R
Namens appellant (verweerder): Adv. S.J. Reinders
In opdrag van:
Honey Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens respondent (eiser): Adv. M.D.J. Steenkamp
In opdrag van:
Wessels en Smith
BLOEMFONTEIN
/sp