About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1984
>>
[1984] ZASCA 75
|
|
S v Kruger en 'n Ander (51/1983) [1984] ZASCA 75 (31 May 1984)
LL -
Saak No. 59/1983
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
Insake dle appèl van:
T.E. KR
UGER
Eerste
Appellaht
en
D. VAN
DEN HEEVER
Tweede Appellant
teen
DIE STAAT Respondent
CORAM: RABIE, HR, VAN HEERDEN, AR et HEFER,
WN AR
VERHOOR
DATUM
: 21 MEI 1984
LEWERINGSDATUM
: 31 MEI 1984
UITSPRAAK
/VAN HEERDEN, AR ...
2.
VAN HEERDEN, AR
:
Die appellante is in
die Hooggeregshof van Suid-wes-Afrika skuldig bevind aan moord met versagtende
om-standighede en onderskeidelik
tot 15 en 5 jaar gevange-nisstraf gevonnis. Met
die verlof van die hof a
quo
is hul appêlle gerig teen die
skuldigbevindings sowel as die vonnisse.
Die tersaaklike feite was en is tot
'n groot mate nie in geskil nie. Ten tyde van die gebeure wat hieronder
uiteengesit word, was
die eerste appellant (Kruger) 'n sersant in die
Suid-Afrikaanse Weermag. Hy was vir 'n geruime tyd 'n lid van 44 Valskermbrigade
waar-van kolonel Breytenbach (hierna kortweg Breytenbach
/genoem ...
3.
genoem) die bevelvoerende offisier was. Aan die be-gin van
1981 is Kruger egter oorgeplaas na Ovambo as aanvoerder van die sogenaamde
"tekkie squad" wat des-tyds op die been gebring is. Die hooftaak van die
afdeling was die inwinning van inligting oor die be-drywighede
van terroriste en
hul ondersteuners in die operaslonele gebied. Later in die jaar het die tweede
appellant (Van den Heever), 'n korporaal
in die Weermag, ook lid van die groep
geword.
Die afdeling was gestasioneer te Oshakati waar dit onder sektor 10
van die Weermag geressorteer en onder bevel van kommandant Kershoff
gestaan het.
Wan-neer die afdeling elders in Ovambo bedrywig was, het dit
/onder ...
4.
onder die beheer van die bevelvoerende offisier van die betrokke sektor
gekom. Alhoewel Kruger na sy oorplasing om administratiewe
redes nog steeds deur
44 Valskermbrigade betaal is, en aanbevelings aan-gaande sy bevordering nog deur
middel van daardie brigade
gedoen moes word, het hy nie meer onder bevel van
Breytenbach gestaan nie.
Gedurende Saterdagmiddag, 5 September 1981, het Kruger vir Van den Heever
opdrag gegee dat hy en ander lede van die afdeling 'n Toyota
Land Cruiser
(hierna dio'Toyota genoem), die eiendom van 'n besigheidsman, moes stee]. In
uitvoering van die opdrag het Van den Heever
en 'n klompie ander soldate kort na
middernag by die besigheidsman se perseel in
/Oluno ...
5.
Oluno, 'n woonbuurt naby Ondangwa, aangekom. Nadat Van den
Heever nie daarin kon slaag om die Toyota aan die gang te kry nie, is dit
'n
entjie om 'n hoek van 'n gebou gestoot. 'n Nagwag van die besigheidsman het toe
op die toneel verskyn. In antwoord op sy navrae
het Van den Heever hom
aangesê om agter in die Toyota te gaan sit. Daarna is die voertuig weer
gestoot totdat die enjin gevat
het. Die nagwag is geblind-doek en Van den Heever
het die Toyota tot naby die kamp van Battaljon 101 bestuur. Aldaar is dle
gebeure
aan Kruger gerapporteer. Sy reaksie was dat Van den Heever 'n groot fout
begaan het om die nagwag saam te bring.
/Omstreeks ...
6.
Omstreeks 5 vm. die Sondagoggend het die ap-pellante en ander
lede van die afdeling in die Toyota en ander voertuie na die lugmagbasis
naby
Ondangwa ge-ry. Die nagwag is saamgeneem en is vir die grootste gedeelte van die
dag in 'n bunker bewaak. Op daardie stadium
het Breytenbach op dle basis gebly.
Hy en 'n gedeelte van 44 Valskermbrigade het naamlik pas terug-gekeer uit Angola
waar hulle aan
operasie Protea deel-geneem het. In die loop van die oggend het
Kruger na Breytenbach gegaan en hulle het toe saam gestap na die
Toyota wat
onder 'n seil toegemaak was. Die seil is opgelig en Breytenbach het na die
Toyota gekyk, waarna hy na sy tent teruggekeer
het.
/Vroeg ...
7.
Vroeg die Sondagaand het Kruger vir Van den Heever en ene
Robertson opdrag gegee om die nagwag dood te skiet. Hulle het toe met die
geblinddoekte nagwag in 'n leërvoertuig bekend as 'n buffel in die rigting
van Oshakati vertrek. Ongeveer 10 kilometer vanaf
die lugmagbasis is die buffel
tot stilstand ge-bring. Van den Heever, Robertson en die nagwag het 'n entjie
tussen die bosse ingestap.
Op navraag van laasgenoemde het Van den Heever
gesê dat hy geneem sou word na mense in Ovambo wat hom vir ongeveer 'n
maand
sou versorg. Op 'n stadium het die nagwag ge-urineer en net daarna het Van
den Heever hom van agter deur die kop geskiet. Nadat hulle
probeer het om
/die ...
8. die nagwag te begrawe maar gevind het dat die grond te hard
was, het Van den Heever en Robertson die lyk met sand bedek.
Op Maandag, 7
September, het Kruger bewus ge-word dat die polisie navraag doen oor die dood
van die oorledene en die verdwyning van
die Toyota. Daarna het hy vir Van den
Heever en ander lede van die afdeling opdrag gegee om die Toyota te vernietig.
Of die Maan-dagaand
of dle Dinsdagaand het hulle die Toyota, wat nog steeds met
'n seil bedek was, geneem en ongeveer 20 kilo-meter vanaf Ondangwa aan
die brand
gesteek nadat die voertuig se nommerplate verwyder was.
Van den Heever het later 'n toelaatbare bekentenis
/gemaak ...
9. gemaak waarin hy erken het dat hy die oorledene
dood-geskiet het, maar het nie by die verhoor getuienis ge-gee nie. Kruger het
egter wel getuig en gesê dat-ongeveer ses maaande voor die gebeure
Breytenbach hom versoek het om 6-silinder petrol-aangedrewe
Land Cruisers in die
hande te kry, al moes hy dié ook steel. Dle rede was dat Breytenbach
sodanige voertuie wou laat omskep
vir toekomstige gebruik in Angola. Dié
versoek is deur Kruger as 'n bevel vertolk. Omstreeks die einde van Augustus het
hy
verneem dat die voertuig wat Breytenbach destyds gebruik het as gevolg van 'n
landmynontploffing in Angola vernietig is. Hy het gemeen
dat Breytenbach
dringend 'n ander voertuig sou
/benodig ...
10.
benodig en het daarom vir Van den Heever beveel om die Toyota
te gaan steel. Die Sondagoggend na die dief-stal het hy na Breytenbach
se tent
gegaan en hom ver-tel dat hy (Kruger) gedurende die nag 'n 6-silinder
petrol-aangedrewe Land Cruiser in die hande gekry het.
Daarop het Breytenbach
saam met hom gestap en die Toyota gaan besigtig. Toe hy noem dat die oorledene
as't ware saam met die Toyota
geskaak is en op die basis in aanhouding was, het
Breytenbach kwaad geword en op-drag gegee dat die oorledene doodgeskiet moes
word.
Dit het daartoe gelei dat hy op sy beurt vir Van den Heever en Robertson
aangesê het om die oorledene te skiet. Op die Dinsdag
het hy aan
Breytenbach
/gerapporteer ...
11.
gerapporteer dat die polisie besig was om navraag oor die
oorledene en die Toyota te doen. Breytenbach was kwaad "omdat ons uitgevang
was", en het gesê dat hulle die Toyota moes verbrand. Dit het meege-bring
dat hy vir Van den Heever en ander lede van die afdeling
beveel het om die
Toyota vanaf die basis weg te neem en aan die brand te steek.
Breytenbach het
ten behoewe van die Staat ge-tuig. Hy het erken dat hy wel op 'n geleentheid vir
Kruger versoek het om Land Cruisers
vir hom in die hande te probeer kry, maar
het ontken dat hy 'n bevel gegee het of van moontlike diefstal melding gemaak
het. Hy het
voorts getuig dat hy wel die Sondagoggend op die
/lugmagbasis ...
12.
lugmagbasis na die Toyota gaan kyk het, maar betwis dat
Kruger enigsins na die oorledene verwys het. Der-halwe het hy ook ontken dat
hy
enige opdrag aangaande die oorledene gegee het. Later in die week het Kruger aan
hom gerapporteer dat die polisie besig was om
van eersgenoemde se manskappe te
ondervra. Maar op geen stadium, aldus Breytenbach, het hy gesê dat die
Toyota verbrand moes
word nie.
Die verhoorhof (Berker, R en assessore) het die getuienis van Breytenbach
aanvaar en die botsende weergawe van Kruger verwerp. Volgens
die verhoorhof het
Breytenbach 'n goeie indruk gemaak terwyl Kruger 'n swak getuie was. Al wat
verder aangaande die
/meriete ...
13
meriete van hul onderskeie weergawes gesê is, is die
volgende;
"Dit is nie nodig om op al die punte te wys waar beskuLdigde se getuienis
swak en onaanvaarbaar is. Sy getuienis gesien in die lig
van al die
omstandighede, is ook hoogs onwaarskynlik op daardie punte. Daar was, soos deur
die Prokureur-Generaal gewys, wel ander
metodes om van die probleem van die
gesteelde Land Cruiser en die gevangene ontslae te raak."
Die verhoorhof het voorts beslis dat die appel-
lante hulle nie op die bepalings van art. 103 ter (2)
van die
Verdedigingswet (waarop ek later terugkom) kon
beroep nie,
en dat Van
den Heever geweet het dat Kruger
se bevel om die oorledene dood te skiet onregmatig was.
Derhalwe is albei
skuldig bevind aan moord op die
/oorledene ...
14
oorledene. Om redes waarop nie ingegaan hoef te word nie, is
die appellante onskuldig bevind op 'n verdere roofklagte teen hulle.
Die grootste gedeelte van dle betoog namens dle appellante was daarop gerig
om hierdie Hof te oor-tuig dat die tersaaklike gedeelte
van Kruger se ge-tuienis
verkeerdelik verwerp is. Soos later sal blyk, meen ek nie dat die vraag of
Breytenbach wel vir Kruger 'n
opdrag aangaande die doodskiet van die oorledene
gegee het, laasgenoemde se skuldlgbevlndlng enigsins raak nie. Aangesien die
vraag
egter wel by die beoordeling van die opgelegde vonnis ter sprake kan kom,
is dit nodig om kortliks daarop in te gaan.
/Ek ...
15.
Ek aanvaar natuurlik dat die wyse waarop Brey-tenbach getuig het 'n goele
indruk geskep het. Die-selfde kan egter nie gesê word
nie van dle inhoud
van sy getuienis waaroor die verhoorhof hom nie uitgelaat het nie. Breytenbach
het dit veral moeilik gevind om
verduidelikings te gee vir sy optrede, of dan sy
gebrek aan optrede, op die Sondagoggend toe hy na die Toyota gaan kyk het en
later
in die week toe Kruger weer by hom was. Hy getuig dat hy op die eerste
ge-leentheid bloot uit nuuskierigheid saam met Kruger na die
Toyota gestap het
nadat laasgenoemde hom versoek het om te gaan kyk na 'n voertuig wat hy (Kruger)
'n verdagte terroris ontneem het.
Breytenbach het
/egter ...
16.
egter glad nie gevra na die omstandighede waaronder
die
konfiskering plaasgevind het nie; trouens, hy het
geen vrae hoegenaamd aan
Kruger gestel nie. Sy
enigste verduideliking was dat dit Kruger se
operasie
was, dat hy nie daarmee kon "inmeng" nie en dat hy |
derhalwe nie
daarin belanggestel het nie. Hierdie
gebrek aan belangstelling val vreemd op,
veral aange-
sien Breytenbach volgens sy eie erkenning op 'n vorige
geleentheid vir
Kruger versoek het om vir hom Land
Cruisers in die hande te probeer kry. Hy
verduidelik
weliswaar dat sy voorliefde vir die soort voertuie in-
mlddels
gekwyn het en dat hy nie op daardle stadlum
een wou gehad het nie, maar gee toe dat hy nooit
/- selfs ...
17.
- selfs nie die Sondagoggend nie - vir Kruger daarvan
verwittig het nie. Na my mening moes Breytenbach besef het dat Kruger hom na
die
Toyota geneem het juis vanweë die versoek wat Breytenbach op die vorige
ge-leentheid aan hom gerig het, en is sy beweerde
negati-witeit derhalwe
onaanvaarbaar.
Wat die gesprek later in die week betref, ge-tuig Breytenbach
dat hy toe reeds verneem het van die doodskiet van die oorledene en
dat hy
vermoed het dat
die Toyota daarmee verband gehou het. Maar toe Kruger hom meedeel dat die
polisie van sy manskappe oor die dood van die oorledene
ondervra het, het hy nie
vir Kruger enigsins uitgevra nie hoewel hy besef het dat
/Kruger ...
18.
Kruger in die moeilikheid was. Volgens sy weergawe het Kruger ook geen
verdere mededeling gedoen nie en glad nie raad probeer kry
nie. Gevra waarom hy
nie reageer het nie, sê Breytenbach slegs dat hy hom nie met die ondersoek
van die polisie wou inmeng
deur vrae te stel nie. Ook ten opsigte van hierdie
gesprek, of gebrek daaraan, kom Breytenbach se weergawe onaan-vaarbaar voor.
Daar is nog verdere opsigte waarin Breytenbach se getuienis aan kritiek
onderworpe is, maar genoeg is gesê om aan te toon dat
die verhoorhof
belangrike oorwegings buite rekening gelaat het, en dat dit dus hierdie Hof vry
staan om opnuut die botsende weergawes
/van ...
19.
van Kruger en Breytenbach te beoordeel.
Daar is weinig
twyfel dat Kruger die Toyota laat steel het slegs omdat hy dit aan Breytenbach
be-skikbaar wou stel. Hy sou egter vir
Breytenbach moes vertel dat die Toyota 'n
gesteelde voertuig was, en dit is dus onaanneemlik dat hy die diefstal sou
beplan het tensy
hy gemeen het dat Breytenbach nie beswaar teen die diefstal sou
hê nie. Daarom is dit nie onwaarskyn-lik nie dat Breytenbach
op 'n vorige
geleentheid vir hom gevra het om selfs deur middel van diefstal Land Cruisers in
die hande te probeer kry. Dat Breytenbach
wel nog in September 1981 in Land
Cruisers belang gestel het, blyk voldoende uit die feit dat hy die Toyota
gaan
/besigtig ...
20.
besigtig het. Dit was ook net te verwagte dat Kruger
hom
toe sou inllg oor die komplikasies meegebring deur
die feit dat die oorledene
vir Van den Heever en sy
makkers op heterdaad betrap het. Dat
Breytenbach
daarop kwaad geword en sy eie koers ingeslaan het, soos
Kruger
getuig, is begryplik, maar ek kan nie aanvaar nie
dat eersgenoemde sonder meer sou gesê het dat die oor-
ledene doodgeskiet moes word.
Volgens Kruger het Breytenbach toe hy voorheen
die versoek oor die verkryging van Land Cruisers gerig
het, gesê dat "as die ding uitlek, gaan hy ontken dat
hy enige tipe van daardie opdragte aan my gegee het".
Hy het dus te kenne gegee dat indien 'n Land Cruiser
/gesteel ...
gesteel sou word en die diefstal op die lappe sou kom, hy
aandadigheid deur middel van sy versoek of opdrag sou ontken. Aangesien
Breytenbach nie bewus was van dle voorneme om die Toyota te steel nie, en
geensins direk met die diefstal gekoppel kon word nie,
sou dlt ook nle vlr hom
moeilik gewees het nie om aandadigheid met betrekking tot daardie diefstal te
ontken. Daar was dus geen rede
waarom hy sou beveel het dat die oor-ledene
doodgeskiet moes word nie. So 'n bevel sou hom aan 'n ernstige misdryf skuldig
gemaak
het terwyi hy hom met gemak van die diefstal kon distansieer het. Dit is
derhalwe vir my so onwaarskynlik dat Breytenbach die beweerde
opdrag sou gegee
het dat ek dit nie as 'n
/redelike ...
22.
redelike moontlikheid kan beskou nie. Dit is veel meer
aanvaarbaar dat Breytenbach niks verder met die Toyota te doen wou hê
nie,
en dat hy vir Kruger gesê het dat laasgenoemde self van die probleem
ontslae moes raak. Dit is dan ook insiggewend dat
in 'n ver-klaring wat Kruger
later gemaak het hy nie 'n woord van die beweerde opdrag van Breytenbach om die
oorledene te skiet,
gemeld het nie. Sy poging om te verduidelik waarom hy dit
nie gedoen het nie, is onoortuigend.
Op grond van die oorwegings wat reeds uiteen-gesit is, beskou ek dit ook as
onaanneemlik dat Brey-tenbach later in die week vir Kruger
opdrag sou gegee het
om die Toyota te vernietig. Aangesien Kruger
/egter ...
23
egter klaarblyklik sy nood by Breytenbach gaan beklae het, is
dit nie uitgesluit nie dat Breytenbach hom kon aangeraai het om van
die Toyota
ontslae te raak.
Ek bevind dus dat Breytenbach nie vir Kruger beveel het om
die oorledene dood te skiet nio. Maar al sou Breytenbach ook so 'n bevel
gegee
het, en selfs al was Breytenbach geregtig om bevele aan Kruger te gee, sou die
bevel so onmiskenbaar onregmatig gewees het
dat
laasgenoemde
vir geen oomblik kon gedink het dat
hy dit moes uitvoer nie. Dieselfde geld vir Van den Heever. Ek aanvaar dat hy
gemeen het dat
Kruger se bevel om die oorledene te skiet gefundeer was op 'n
bevel wat Breyrenbach op sy beurt aan Kruger gegee het,
/maar ...
24.
maar hy het geweet dat die oorledene 'n volkome on-skuldige
persoon was wat aangehou is bloot omdat hy lede van die Weermag met die
diefstal
van die Toyota kon verbind. Daarbenewens is die bevel aan hom ook nie gegee
onder omstandighede wat onmiddellike optrede
geverg het en dus nie geleentheid
vir besinning gelaat het nie.
Namens die appellante is egter ook gesteun op die bepalings van art. 103
ter
(1) van die Verdedigings-wet (44 van 1957). Daarvolgens mag geen
siviele of strafregtelike geding in enige geregshof teen o.a. 'n
lid van die
Suid-Afrikaanse Weermag ingestel of voortgesit word nie "op grond van 'n
handeling wat te
/goeder ...
25.
goeder trou deur ...'n lid van die Suid-Afrikaanse Weermag
aangeraai, gebied, beveel, gelas of verrig is vir die doeleindes van of
in
verband met die voorkoming of onderdrukking van terrorisme in 'n operasionele
ge-bied." Die appellante se advokaat het betoog
dat dle bepalings van toepassing
is omdat die oorledene doodgeskiet is ten einde te probeer verseker dat
Brey-tenbach die Toyota
in latere operasies teen terroriste kon gebruik. Vir die
doeleindes van hierdie betoog vind ek dit onnodig om die draagwydte van
die
subartikel te ontleed. Al wat gesê hoef te word, is dat in die lig van die
getuienis dit duidellk is dat die doodskiet
van die oorledene nie daarop gerlg
was om die stryd teen
/terrorisme ...
26.
terrorisme te bevorder nie, maar bloot om te verhinder dat
die aandadigheid van dle appellante aan die diefstal van die Toyota aan
die lig
kom. Daar was dus geen sprake van 'n handeling wat te goeder trou ter bekamping
van terrorisme gelas of verrig is nie. Derhalwe
is die appellante tereg aan
moord skuldig bevlnd.
Wat die vonnisse betref, dien gemeld te word dat,
vermoedelik omdat die Staat toegegee het dat versagtende omstandighede aanwesig
was, die verhoorhof nie enige redes vir sy bevinding aangaande sodanige
omstandighede verskaf het nie. Dit kan egter afgelei word
dat die hof veral in
aanmerking geneem het dat die appellante se morele oordeel afgestomp was as
gevolg van hul aanraking
/met ...
27.
met, en stryd teen, terroriste oor 'n lang periode waarin
hulle dikwels in lewensgevaar verkeer het, en dat Van den Heever bowendien
opgetree het slegs nadat sy onmiddellike bevelvoerder, Kruger, hom 'n opdrag
ge-gee het. By vonnisoplegging het die verhoorregter
voorts ag geslaan op die
feit dat die appellante eerste oortreders was, maar ook klem gelê op die
erns van dle misdaad wat
met voorbedagte rade gepleeg is, en op die belange van
die Ovambo-gemeenskap en van die Weermag, wat swaar vonnisse geverg het.
Die advokaat vir die appellante het dit moeilik gevind om redes aan te voer
waarom met Van den Heever se vonnis ingemeng sou kon word,
en na my mening
kan
/laasgenoemde ...
28.
laasgenoemde hom moontlik gelukkig ag dat hy nie 'n swaarder straf
opgelê is nie. Wat Kruger betref, het die verhoorregter vanweë
die
verhoorhof se geloofwaar-digheidsbevindinge natuurlik nie in aanmerking geneem
nie dat die moord op die oorledene teruggevoer
kan word na die versoek wat
Breytenbach oorspronklik aan Kruger gerig het, en kan hierdie Hof dus opnuut oor
'n gepaste vonnis besin.
Dit is duidelik dat Kruger n groot eerbled vir
Breytenbach gehad het en dat hy nie ligtelik sou versuim het om aan 'n versoek
van
laasge-noemde te voldoen nie. Dit was dan ook ter uitvoer-ing van
Breytenbach se versoek dat Kruger vir hom des-noods gesteelde Land
Cruisers moes
bekom, dat dle
/Toyota ...
29.
Toyota gesteel is. Hoewel die koelbloedigheid van die latere
besluit om die oorledene uit die weg te ruim uiters laakbaar was, en
ek dit met
die verhoor-regter eens is dat 'n swaar straf aangewese is, meen ek tog dat
Breytenbach se aanvanklike beïnvloeding
van 'n persoon met 'n heelwat laer
rang nie uit die oog verloor moet word nie, en dat 'n gepaste vonnis 12 jaar
gevangenisstraf is.
Die appël van die tweede appellant word afgewys. Die eerste appellant se
appèl slaag tot die mate dat die vonnis van die
hof a guo vervang word
deur 12 jaar gevangenisstraf.
H.J.O. VAN HEERDEN AR
RABIE HR
STEM SAAM
HEPER WN AR
/