About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2011
>>
[2011] ZAFSHC 149
|
|
Tsebela v Padongelukkefonds (A166/08) [2011] ZAFSHC 149 (8 September 2011)
VRYSTAAT
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Appélnommer :
A166/08
In
die appél tussen:-
CALVIN LEFITO
TSEBELA
......................................................
Appellant
en
DIE
PADONGELUKKEFONDS
............................................
Respondent
CORAM:
RAMPAI, R
et
VAN ZYL, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
VAN ZYL, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
8 SEPTEMBER 2011
_____________________________________________________
[1] Appellant het in sy
persoonlike hoedanigheid, sowel as in sy verteenwoordigende
hoedanigheid as vader en natuurlike voog van
sy drie minderjarige
kinders, ‘n eis teen respondent ingestel vir die betaling van
die totale bedrag van R247 005-94, en
aanverwante regshulp. Hierdie
eis spruit voort uit ‘n motorbotsing wat plaasgevind het op 14
Julie 1998 op die pad tussen
Kestell en QwaQwa waartydens `n voertuig
met registrasienommer GFB 042 FS (hierinlater na verwys as “die
staatsvoertuig”),
bestuur deur ene Seponyane, gebots het met ‘n
voertuig met registrasienommer OBW 32170 (hierinlater na verwys as
“die
Conquest”), bestuur deur ene Mokoni, tydens welke
botsing Mamoeletsi Tsebela ‘n passasier was in die
staatsvoertuig.
As gevolg van haar beserings opgedoen in die botsing
is Mamoeletsi Tsebela (hierinlater na verwys as “die
oorledene”)
oorlede. Appellant was getroud met die oorledene en
was die oorledene verplig om appellant en die minderjarige kinders
gebore uit
die huwelik tussen appellant en die oorledene, te onderhou
en het sy dit inderdaad gedoen. Appellant se skuldoorsaak is daarop
gebaseer dat voormelde botsing veroorsaak is deur die nalatigheid van
die bestuurder van die staatsvoertuig; alternatiewelik, van
die
bestuurder van die Conquest.
[2] Dit is gemeensaak
tussen die partye dat beide voertuie tydens die ongeluk in die
rigting vanaf Kestell na QwaQwa beweeg het.
Die padoppervlakte is
teer en bestaan uit twee bane vir verkeer aan beide kante. Die
padoppervlakte links van die geel streep aan
die kant van die pad
waar die twee voertuie beweeg het, was ook breed genoeg dat ‘n
voertuig daar kon ry. Daar is ‘n
uitdraaipad na regs waar die
ongeluk plaasgevind het. Die bestuurder van die staatsvoertuig het
beheer oor die voertuig verloor
toe sy gepoog het om ‘n ongeluk
te vermy toe die bestuurder van die Conquest na regs gedraai het. Die
staatsvoertuig het
die pad aan die linkerkant daarvan verlaat, gerol
en aan die linkerkant van die pad tot stilstand gekom. Die voertuie
het nie fisies
gebots nie.
[3] Ten tyde van die
verhoor in die Hof
a quo
is ooreengekom dat die meriete en
kwantum geskei word en dat slegs die meriete gevolglik ten tyde van
die verhoor beslis moes word.
Die Hof
a quo
het in die
volgende terme bevind dat die bestuurder van die staatsvoertuig 80%
nalatig was, terwyl die bestuurder van die Conquest
20% nalatig was
in die veroorsaking van die ongeluk:
“
Die Hof
bevind dat die optrede van die bestuurder van die staatsvoertuig in
so ‘n mate bygedra het tot die ongeluk dat haar
aanspreeklikheid 80% beloop. Hetsy omdat sy onder die omstandighede
te vinnig gery het en/of nie ‘n behoorlike uitkyk gehou
het
nie.
Die feit dat Mokoni getuig het dat hy
wel gesien het dat die staatsvoertuig hom redelik vinnig nader en dit
nie behoorlik in ag
geneem het nie hy wel in ‘n baie mindere
mate bygedra het tot die ongeluk.
Die Hof bevind dat die bestuurder van
die Conquest se aanspreeklikheid 20% beloop.
Die koste van die geding word toegeken
in ooreenstemming met die verdeling van nalatigheid.” [
sic
]
[4] Appellant kom nou in
hoër beroep teen voormelde bevindings en wel op die volgende
basis soos verwoord in sy kennisgewing
van appèl:
“
1. ....
2. ....
AND WHEREAS the Honourable Magistrate
ruled that the driver of the vehicle with registration number OBW
32170 was 20% negligent
and the driver of the vehicle with
registration number GFB 042 FS was 80% negligent, which ruling is
accepted by appellant for
this appeal purposes.
AND WHEREAS the provisions of the
Apportionment of Damages Act, 34 of 1956 as far joined wrongdoers is
concerned is applicable.
AND WHEREAS the quantum as far as its
assessment is concerned had been settled on the 31
st
of
March 2008.
THEREFORE it is the Appellant’s
submission that the Honourable Magistrate erred by not properly
taking into consideration
the provisions of Sections 2 and 8 of the
above said Act.
THAT the Honourable Magistrate erred
by not finding that the Plaintiff as an innocent third party was
entitled to a 100% claim
jointly and severally against the joined
wrongdoers notwithstanding their respective degrees of negligence.
THAT the Honourable Magistrate
therefore erred in awarding only 20% of the claim to the Plaintiff.
THAT the Honourable Magistrate
therefore erred awarding only 20% of the costs to Plaintiff.”
[
sic
]
[5] Hoewel die respondent
aanvanklik ‘n kennisgewing van teenappèl geliasseer het
(oorkonde, p. 25 – 27), het
respondent nie volhard met hierdie
teenappèl nie. Daar was derhalwe ook geen betoogshoofde namens
respondent geliasseer
nie en was daar ook geen verteenwoordiging
namens respondent ten tyde van die aanhoor van die appèl nie.
Sien
SKRYWE VAN APPELLANT SE PROKUREUR VAN EERTE INSTANSIE,
gedateer 11 Mei 2009, paragraaf 1 daarvan, aangeheg tot appellant se
aanvanklike hoofde van betoog.
[6] Gevolglik is dit
slegs nodig om appellant se appèl te oorweeg. In die verband
blyk dit duidelik uit paragraaf 3 van appellant
se kennisgewing van
appèl dat die bevinding van die Hof
a quo
tot dien
effekte dat die bestuurder van die staatsvoertuig 80% nalatig was in
die veroorsaking van die ongeluk en die bestuurder
van die Conquest
20% nalatig was in die veroorsaking daarvan, aanvaar word vir
doeleindes van die appèl. Dit is gevolglik
nie nodig om in
enige verdere detail na die feitelike gebeure rondom die plaasvind
van die ongeluk te verwys nie, aangesien die
enigste aspek wat ter
sprake is, die vraag is rondom die regsgevolge van laasgenoemde
bevinding.
[7] Volledigheidshalwe
moet dit vermeld word dat die appèl vantevore op 11 Mei 2009
ter rolle was, ten tyde waarvan die voorsittende
Regters aangedui het
dat daar eers deur die Hof
a quo
‘n bevel ten opsigte
van die kwantum van die aangeleentheid gemaak moes word alvorens die
appèl ten opsigte van die
meriete bereg kon word. Die appèl
was gevolglik op daardie stadium verwyder van die rol, met koste om
oor te staan. Die
aangeleentheid is toe terugverwys na die Hof
a
quo
en is daar by ooreenkoms op 1 Julie 2009 ‘n bevel
gemaak met betrekking tot die kwantum. Sien
OORKONDE
p. 20 –
21, saamgelees met die aanvullende oorkonde, p.11 – 13.
[8] Soos deur Juf.
Wright, namens appellant betoog, blyk dit dat hoewel die
Verhoorlanddros nie spesifiek verwys het na die Wet
op Verdeling van
Skadevergoeding, Wet 34 van 1956 nie, is dit duidelik dat sy haar
bevel gemaak het op die basis van bydraende
nalatigheid en dus ‘n
verdeling van skadevergoeding ooreenkomstig laasgenoemde Wet. Die
engelse weergawe van artikel 1(1)(a)
van die Wet op Verdeling van
Skadevergoeding lees as volg:
“
Where any
person suffers damage which is caused partly by his
own
fault
and partly by the fault of any other person, a claim in respect of
that damage shall not be defeated by reason of the fault of
the
claimant but the damages recoverable in respect thereof shall be
reduced by the court to such extent as the court may deem
just and
equitable having regard to the degree in which the claimant was at
fault in relation to the damage.” (Eie beklemtoning)
Sien ook
LAWSA,
JOUBERT, 2DE UITGAWE
, Vol 8, Deel 1, par 168 en
LAWSA,
JOUBERT, 1STE HERUITGAWE
, Vol 13, Deel 2, par 385.
[9] Die Wet op Verdeling
van Skadevergoeding is derhalwe van toepassing wanneer ‘n eiser
skade gely het gedeeltelik as gevolg
van sy eie nalatigheid en
gedeeltelik as gevolg van die nalatigheid van die verweerder. ‘n
Verweerder kan gevolglik nie die
bydraende nalatigheid van enige
ander persoon as die eiser as verweer opper nie. Waar die oorledene
in die onderhawige geval slegs
‘n passasier in die
staatsvoertuig was en derhalwe nie self nalatig kon wees in die
veroorsaking van die botsing nie, terwyl
appellant se vordering
voortspruit uit die oorledene se dood, is die Wet op Verdeling van
Skadevergoeding nie van toepassing nie.
Hierdie is gevolglik ‘n
geval waar appellant slegs 1% nalatigheid ten opsigte van die
versekerde bestuurder(s) hoef te bewys.
Sien
HANEKOM vs
MULTILATERAL MOTOR VEHICLE ACCIDENTS
1998 (1) SA 634
(TPD) op 636
A. In die verband is dit ook as volg gestel in
LAWSA, JOUBERT,
1STE HERUITGAWE,
Vol 13, Deel 2, par 385:
“
A dependant
or a passenger who claims damages against the fund has to prove 1%
negligence on the part of the insured driver”.
[10] Waar daar in die
onderhawige geval twee versekerde bestuurders ter sprake is, hoef die
appellant slegs 1% nalatigheid ten opsigte
van enige van die
versekerde bestuurders te bewys ten einde 100% suksesvol te wees met
sy bewese of ooreengekome skadevergoeding.
Sien
DODD vs
MULTILATERAL MOTOR VEHICLE ACCIDENTS FUND
[1996] ZASCA 132
;
1997 (2) SA 763
(AD) op
767 D – F.
[11] Soos reeds vermeld,
het die Verhoorlanddros ‘n bevinding gemaak dat die bestuurder
van die staatsvoertuig 80% nalatig
was en die bestuurder van die
Conquest 20% nalatig was. Hoewel dit uit die kennisgewing van
teenappèl van respondent blyk
dat respondent laasgenoemde
bevinding betwis het, kan daar nie op die basis van die teenappèl
met hierdie bevinding ingemeng
word alwaar respondent nie meer met
die teenappèl volhard nie. Verdermeer, en hoewel Juf. Wright
in haar volledige betoogshoofde
redes uiteengesit het waarom, aldus
haar betoog, deur die Verhoorhof bevind moes gewees het dat die
bestuurder van die Conquest-voertuig
uitsluitlik nalatig was, het sy
ten tyde van die aanhoor van die appèl toegegee dat daar nie
in die verband met die Verhoorhof
se bevinding ingemeng kan word nie,
aangesien daar, soos reeds vermeld, spesifiek in paragraaf 3 van
appellant se kennisgewing
van appèl vermeld is dat die
bevindings van die Verhoorhof in die verband vir doeleindes van die
appèl aanvaar word.
[12] Gebaseer op die
Verhoorhof se bevinding dat beide versekerde bestuurders nalatig was
in die veroorsaking van die botsing, het
appellant hom dus van sy
bewyslas van 1% nalatigheid gekwyt ten opsigte van beide versekerde
bestuurders, hoewel dit, soos reeds
hierbo bevind is, reeds voldoende
sou wees om slegs 1% nalatigheid ten opsigte van enige van die twee
versekerde bestuurders te
bewys het.
[13] ‘n Aspek wat
deur respondent in paragraaf 6 van sy kennisgewing van teenappèl
geopper is, is dat Artikel 18(1)(a)(iii)
van die Padongelukkewet, Wet
6 van 1996, in die onderhawige geval van toepassing is en dat
appellant se vordering dus dienooreenkomstig
beperk is. Aangesien
daar nie met die teenappèl volhard is nie, is dit insgelyks
streng gesproke onnodig om met hierdie
aspek te handel. Ek meen egter
dat daar volledigheidshalwe en ter wille van regsekerheid by die
partye, net kortliks hierna verwys
moet word. Hoewel dit so is dat
die oorledene ten tyde van haar dood ‘n passasier was wat in
diens van die eienaar van die
staatsvoertuig was en vervoer was binne
haar diensbestek en dat die oorledene derhalwe binne die omskrywing
van Artikel 18(1)(a)(iii)
val, is dit duidelik dat die beperking van
R25 000-00 ten opsigte van elke vordering van die afhanklikes nie in
die onderhawige
geval van toepassing is nie. Die beperking is slegs
van toepassing indien die botsing veroorsaak sou gewees het deur die
uitsluitlike
nalatigheid van die bestuurder van die staatsvoertuig,
wat nie in die onderhawige geval aldus bevind is nie. Sien
DODD vs
MULTILATERAL MOTOR VEHICLE ACCIDENTS FUNDS
,
supra,
op 767
F;
LAW OF THIRD PARTY COMPENSATION, HB KLOPPER, 1ST EDITION
op
p. 244, par 4.7.2. Gevolglik is appellant geregtig op die betaling
van sy volle bewese of ooreengekome skade.
[14] Derhalwe moet die
appèl ten opsigte van die meriete slaag.
[15] Wat betref die appèl
ten opsigte van die kostebevel verleen deur die Verhoorlanddros, kan
hierdie kostebevel wat slegs
20% van appellant se koste aan hom
toegeken het, nie korrek wees gegewe bogemelde bevinding ten opsigte
van die meriete nie. Alwaar
appellant 100% suksesvol was met sy
vordering in die Hof
a quo
, is hy dienooreenkomstig geregtig
op ‘n gebruiklike kostebevel in sy guns.
[16] Wat die koste van
die appèl betref, het Juf. Wright betoog dat gegewe appellant
se sukses met die appèl respondent
gelas behoort te word om
die koste van die appèl te betaal. Ek stem hiermee saam.
[17] Sy het egter voorts
betoog en versoek dat respondent gelas moet word om die koste van die
appèl te betaal soos op `n
skaal tussen prokureur en kliënt.
Hoewel Juf. Wright vir doeleindes hiervan op sekere aspekte van die
pleitstukke en die verhoor
in die Hof
a quo
gesteun het, meen
ek dat dit nie relevant is vir doeleindes van die oorweging van die
kostebevel ten opsigte van die appèl
as sulks nie. Ander
aspekte waarop sy gesteun het, is na my mening wel relevant by die
oorweging van ‘n gepaste kostebevel.
In die verband het sy
betoog dat respondent die appèl opponeer het, ten spyte
daarvan dat dit vir respondent duidelik moes
wees dat die Verhoorhof
‘n mistasting begaan het. Sy het dan ook daarop gewys dat
respondent in sy eie kennisgewing van teenappèl,
en wel in
paragraaf 6 daarvan, aan die hand gedoen het dat die Verhoorhof
fouteer het deur die Wet op Verdeling van Skadevergoeding
toe te pas
in die onderhawige omstandighede. In die verband en ter ondersteuning
van haar submissie, het sy onder andere gesteun
op die uitspraak in
MADZUNYE vs ROAD ACCIDENT FUND
2007 (1) SA 165
(SCA). In
laasgenoemde beslissing is daar as volg in paragraaf [17] en verder
beslis:
“
I
n
an unreported judgment of this Court, Road Accident Fund v Roman
Klisiewicz, case No. 192/2001, handed down on 29 May 2002, Howie
JA
set out the extent of the respondent’s responsibilities saying
at para [42]:
‘
The [Road
Accident Fund] exists to minister, in the interests of road accident
victims, the funds it collects from the public. It
has the duty to
effect that administration with integrity and efficiency. This
entails the thorough investigation of claims and,
where litigation is
responsibly contestable, the adoption of reasonable and timeous steps
in advancing its defence. These are not
exacting requirements. They
must be observed.’
I find it almost impossible to believe
that the respondent would ever have been in doubt that the Court
a
quo’s
findings regarding the bakkie’s involvement in
the collision were wrong. By persisting with its opposition of the
appeal
on the basis of a judgment in which the Court
a quo
had
so palpably misconstrued the issues, the respondent, which relies on
the public purse for its existence and does not, therefore,
have
unlimited financial resources, conducted itself in a manner which
cannot be reconciled with the requirements set out in the
Klisiewicz
case. This is particularly so having regard to the fact that the
intention of the Act, in terms of which the respondent
functions, is
to give the greatest possible protection to victims of negligent
driving of motor vehicles. The fact that there may
have been merit in
opposing the appeal in respect of the taxi cannot detract from its
ill-considered decision. In the circumstances,
a costs order on the
attorney and client scale against the respondent is, in my view,
justified.”
[18] In ‘n skrywe
van appellant se prokureur van eerste instansie, gedateer 11 Mei
2009, aangeheg tot die aanvanklike betoogshoofde,
is daar onder
andere as volg vermeld aan respondent se prokureur van eerste
instansie:
“
With
reference to the above matter and the telephonic discussion with you
Mr. Dhlamini on the 8
th
May 2009 we wish to advise and put on record the following:
After writer made enquiries as to why
no heads of argument had been filed in the appeal set down for 11
th
May 2009, Mr. Dhlamini responded that the appeal is not opposed and
that the cross appeal is abandoned.
The writer also ask Mr. Dhlamini
whether the merits is now conceded in which case the matter can be
settled without further reference
to the courts. Mr. Dhlamini said
that have to take instruction in this regard from your client but he
personally still do not
agree that the appellant is correct as far
as the legal position is concerned.
As the judges are however of the
opinion that the arrangements as far as the quantum is concerned
must first be made an order
of court before the appeal can be
proceeded with, we will now remove the appeal from the roll, and
refer the matter back to the
Bethlehem court to make the arrangement
an order of court.
We however wish to put on record that
the finalization of the matter is delayed by the respondent
unnecessary with further legal
costs incur. We would therefore
eventually request the High Court to apply the principle set out in
Mlatseni vs Road Accident
Fund
2009 (2) SA 401
(ECD) as far as an
applicable special costs order is concerned.” [
sic
]
In reaksie hierop, het
respondent se prokureur van eerste instansie op 13 Mei 2009 ‘n
skrywe gerig (welke skrywe aangeheg
is tot appellant se aanvanklike
hoofde van betoog) waarin aangedui is dat respondent nie
verantwoordelik is vir vertraging in die
aangeleentheid nie en daar
geen rede is waarom respondent gelas moet word om die koste op ‘n
spesiale skaal te betaal nie.
Die laaste paragraaf van hierdie skrywe
lees as volg:
“
Please note
that should an application be made for special costs, that
application will be vigorously defended. The decision of
the
Magistrate has been taken on appeal by the plaintiff and its got
nothing to do with the defendant. We place it on record that
an offer
of settlement has been made to the plaintiff after the Magistrate
decided merits on a 30/70 [
sic
]
apportionment in favour of the defendant, the matter is on appeal at
an instance of the plaintiff and not because of the defendant.”
[19] Laasgenoemde houding
van respondent is verstommend. Hoewel dit so is dat appellant die
party is wat die aangeleentheid op appèl
geneem het, was
appellant daartoe genoodsaak vanweë die feit dat respondent nie
wou toestem tot ‘n bevel ten gunste
van appellant wat betref
die kwantum anders as op die basis van die (verkeerde) bevinding
gebaseer op die Wet op Verdeling van
Skadevergoeding nie. In die
verband blyk dit dan ook duidelik dat die aanbod van respondent met
betrekking tot die kwantum wat
op 1 Julie 2009 ‘n hofbevel
gemaak is, spesifiek bepaal dat die tersaaklike bedrae
skadevergoeding onderhewig is aan die
uitkoms van die appèl.
Sien
OORKONDE
, p. 21. Die houding van respondent deur nie ‘n
ongekwalifiseerde aanbod ten opsigte van die kwantum aan appellant te
gemaak
het nie, en sodoende appellant forseer het om met die appèl
voort te gaan, is na my mening kwelsugtig gegewe dat respondent
nie
meer die appèl opponeer het nie en ook sy kruisappél
abandoneer het. Respondent was dus klaarblyklik duidelik
bewus
daarvan dat die bevel van die Hof
a quo
ten opsigte van die
meriete, foutief was. Ek meen gevolglik dat die optrede van
respondent binne die kader val van die optrede
wat in bogemelde
uitspraak van
MOTSENYANE vs ROAD ACCIDENT FUND
beskryf is en
meen ek gevolglik dat dit geregverdigd is dat ‘n bestraffende
kostebevel op die skaal soos tussen prokureur
en kliënt teen
respondent gelas moet word wat die koste van die appèl betref.
[20] Wat die oorgestane
koste van 11 Mei 2009 betref, is dit so dat die appèl op
daardie datum van die rol verwyder is vanweë
die feit dat daar
nog nie ‘n bevel deur die Hof
a quo
met betrekking tot
die kwantum was nie. Hoewel dit so is dat die appellant
dominus
litis
is, is dit insgelyks so dat hierdie aspek op geen stadium
deur respondent geopper was nie, maar eers deur die Hof van appèl,
soos blyk uit paragraaf 3 van die skrywe van 11 Mei 2009 wat ek reeds
hierbo aangehaal het. Indien respondent nie op ‘n kwelsugtige
wyse volhard het met sy houding dat hy appellant gebonde hou aan die
bevinding van die Hof
a quo
nie, sou hierdie onnodige koste
ook nie verspil gewees het nie. Ek meen gevolglik in die uitoefening
van my diskresie dat dit gepas
is dat respondent ook gelas word om
hierdie koste te betaal.
[21] Gevolglik word die
volgende bevele gemaak:
Appellant se appèl
slaag en die Hof
a quo
se bevinding word tersyde gestel en
vervang met die volgende:
1.1 Verweerder word gelas
om 100% van eiser se bewese of ooreengekome skadevergoeding te
betaal.
1.2 Verweerder word gelas
om eiser se koste te betaal.
Wat die koste van die
appèl betref, word respondent gelas om die koste van die
appèl te betaal op ‘n skaal
soos tussen prokureur en
kliënt, wat insluit die oorgestane koste van 11 Mei 2009.
___________________
C. VAN ZYL, R
Ek stem saam:
___________________
M H RAMPAI, R
Namens die Appellant:
Adv. G.J.M. Wright
In opdrag van:
Saffy & Associates
BLOEMFONTEIN
Namens die Respondent:
Geen verskyning
Prokureur van eerste
instansie:
M F Jassat Dhlamini Inc.
JOHANNESBURG