About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2011
>>
[2011] ZAFSHC 151
|
|
S v Meeding (193/2011) [2011] ZAFSHC 151 (1 September 2011)
VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Hersiening Nr. : 193/2011
In
die hersiening tussen:-
DIE
STAAT
en
DAVID
MEEDING
_____________________________________________________
CORAM:
VAN ZYL, R
et
JORDAAN, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
JORDAAN, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
1 SEPTEMBER 2011
_____________________________________________________
[1] Hierdie saak is na die Hooggeregshof verwys deur die
Landdros van Edenburg vir spesiale hersiening.
[2] Die beskuldigde was aangekla van oortreding van
artikel 17(1)(a) van Wet 116 van 1998 vir die beweerdelike verbreking
van ‘n
beskermingsbevel uitgereik in terme van laasgenoemde
Wet. Tydens die verhoor van die saak, was die beskuldigde
regsverteenwoordigd,
het hy skuldig gepleit en is hy na ondervraging
uit hoofde van sy pleitverduideliking dienooreenkomstig
skuldigbevind. Hy is gevonnis
tot ‘n boete van R10 000,00 of 12
maande gevangenisstraf waarvan die helfte opgeskort is vir ‘n
periode van vyf jaar
op sekere voorwaardes.
[3] Die saak was verhoor deur ‘n aflos Landdros op
die tersaaklike tydstip en na afhandeling van die saak het dit tot
die
kennis van die voormelde permanente Landdros van Edenburg gekom
dat die betrokke beskermingsbevel wat aanvanklik teen die beskuldigde
verleen was, inderdaad reeds op 31 Julie 2009 opgehef was en derhalwe
nie meer bestaan het toe hy van die voormelde oortreding
aangekla en
verhoor was nie. Nie die Staat of die verdediging het daardie aspek
onder die aandag van die Verhoorlanddros gebring
nie en, nadat die
ware toedrag van sake aan die Verhoorlanddros uitgewys is, het sy
tereg die tersydestelling van die voormelde
bevele by wyse van
spesiale hersiening ondersteun.
[4] Dit hoef geen betoog dat die skuldigbevinding en
vonnis derhalwe onreëlmatig en ongegrond was nie en moet dit
derhalwe
tersyde gestel word.
[5] Bygevolg word die skuldigbevinding en vonnis tersyde
gestel.
_______________
A.F. JORDAAN, R
Ek stem saam.
____________
C. VAN ZYL, R
/sp