Peterson v S (A175/2010) [2011] ZAFSHC 138 (31 August 2011)

65 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape — Sentencing of juvenile offender — Appellant, aged 14 at the time of the offence, pleaded guilty to the rape of his 8-year-old half-sister, resulting in a 15-year prison sentence, with 5 years suspended — Legal issue arose regarding the appropriateness of the sentence considering the appellant's youth and the serious nature of the crime — Court found that the sentence was excessively harsh given the appellant's age and potential for rehabilitation, and emphasized the need for individualized sentencing that considers the offender's youthfulness and circumstances.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2011
>>
[2011] ZAFSHC 138
|

|

Peterson v S (A175/2010) [2011] ZAFSHC 138 (31 August 2011)

VRYSTAAT
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Appélnommer :
A175/2010
In
die appél tussen:-
OUPA JAN PETERSON
...........................................................
Appellant
en
DIE STAAT
...........................................................................
Respondent
CORAM:
VAN
ZYL, R
et
CLAASEN, WND R
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
VAN ZYL, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
31 AUGUSTUS 2011
_____________________________________________________
[1] Appellant het
tereggestaan op ‘n aanklag van verkragting deurdat beweer is
dat hy op of omtrent 8 Junie 2007 die 8- jarige
klaagster verkrag
het. Appellant het skuldig gepleit en is dienooreenkomstig skuldig
bevind. Hy is daaropvolgend op 30 September
2009 gevonnis tot 15 jaar
gevangenisstraf, waarvan 5 jaar gevangenisstraf voorwaardelik
opgeskort is vir 5 jaar. Dit is gelas dat
hy in die jeugafdeling van
die gevangenis aangehou moet word. Nadat appellant se aansoek om
verlof om te appelleer teen die opgelegde
vonnis deur die
Verhoorlanddros van die hand gewys is, is sodanige verlof by wyse van
petisie deur hierdie Hof toegestaan op 27
Mei 2010.
[2] Uit die
pleitverduideliking ooreenkomstig die bepalings van Artikel 112(2)
van die Strafproseswet, 51 van 1977, welke pleitverduideliking
deur
appellant, sy regsverteenwoordiger en sy voog onderteken was, blyk
dit dat die klaagster appellant se halfsuster was. Op die
dag van die
voorval het appellant en die klaagster in hul huis gespeel. Die
klaagster het appellant se “Zambuck” (salf)
geneem en na
die slaapkamer gehardloop daarmee. Appellant het die klaagster
daarheen gevolg en terwyl sy bo-op die bed was, het
hy haar klere
uitgetrek. Hy het daarna geslagsgemeenskap met haar gehad sonder haar
toestemming, terwyl hy bewus was dat hy daardeur
‘n kriminele
oortreding begaan.
[3] Ter aanvang moet
vermeld word dat mnr. Van der Merwe, namens appellant, betoog het dat
die opgelegde vonnis skokkend swaar en
onvanpas is. Mnr. Strauss,
namens die Staat, het reeds in sy betoogshoofde en daarna ook in sy
mondelinge betoog aangedui, na my
mening op verantwoordelike wyse en
heeltemal tereg, dat die Staat nie die opgelegde vonnis ondersteun
nie.
[4] Soos korrek deur die
Verhoorlanddros in haar uitspraak ten opsigte van vonnis aangedui, is
daar vanweë die jeugdigheid
van appellant nie ‘n
voorgeskrewe minimum vonnis in die onderhawige geval van toepassing
nie. Appellant is op 30 Junie 1992
gebore en was dus 14 jaar oud ten
tyde van die pleging van die misdryf. (In die verband moet
volledigheidshalwe vermeld word dat
die Verhoorlanddros derhalwe
fouteer het toe sy in haar uitspraak aangedui het dat appellant 15
jaar oud was ten tyde van die pleging
van die misdryf.)
[5] Wat die aard en die
erns van die misdryf betref, is dit inderdaad so dat verkragting in
alle omstandighede ‘n baie ernstige
misdryf daarstel. Wat in
hierdie geval beslis nog meer verswarend inwerk, is die ernstige aard
van die fisiese beserings wat die
klaagster opgedoen het. Die J88-
regsmediese verslag is by ooreenkoms tussen die Staat en die
verdediging ingehandig as Bewysstuk
“B”. Daaruit blyk dit
dat die klaagster ondersoek is deur ene dr. Kayumbi. Ten tyde van
vonnisverrigtinge is ‘n
ander dokter, dr. Totiwe, egter as
getuie geroep ten einde sekere aspekte van die J88 te verduidelik.
Dr. Totiwe het bevestig dat
hy inderdaad nie self die mediese
ondersoek op die klaagster uitgevoer het nie, maar dat dit deur een
van sy kollegas verrig is,
wie ten tyde van die verhoor
gehospitaliseer was. Dr. Totiwe het gevolglik aan die hand van die
aantekeninge op die J88 sekere
verduidelikings verskaf. Dit moet
vermeld word dat dit uit die J88 blyk dat die klaagster geweldige
vaginale bloeding getoon het
ten tyde van die ondersoek.
Voortspruitend uit die verdere aantekeninge op die J88, het dr.
Totiwe verduidelik dat daar ‘n
skeur was wat deur die vagina
tot by die rektum gestrek het, welke so diep was dat dit op die J88
as ‘n vaginale “wond”
beskryf is. Die uterus sowel
as sekere van die ander interne organe was van buite deur hierdie
wond sigbaar. Volgens die J88 en
ook dr. Totiwe se getuienis ten
opsigte daarvan, het die rektum by hierdie skeur na buite gedruk.
Hierdie skeur of wond het gevolglik
veroorsaak dat die vagina en die
rektum in effek ‘n eenheid gevorm het. Gevolglik, ooreenkomstig
die aantekeninge op die
J88, het dr. Kayumbi in ‘n uur lange
operasie ‘n rekonstruksie van die klaagster se genitalieë-area
uitgevoer.
Dr. Totiwe het aangedui dat hy nie kennis dra tot watter
mate die klaagster intussen fisies herstel het nie. Hy het egter
verduidelik
dat sy moontlik sekere komplikasies in die toekoms kan
ervaar, wat onder andere kan behels dat wanneer sy urineer, die urine
kan
deurgaan na die vagina. Sodanige komplikasies sal egter eers na
twee of drie jaar na die operasie begin vertoon, indien aanwesig.
Dit
kan moontlik ook later blyk dat die klaagster as gevolg van die
beserings en die rekonstruksie operasie nie kinders sal kan
verwek
nie. Waar die skeur as ‘n derdegraadse skeur op die J88 beskryf
is, het dr. Totiwe verduidelik dat dit beteken dat
dit nie net die
vel is wat geskeur het nie, maar ook die spiere as sulks.
[6] Die Staat het ook die
getuienis van ‘n maatskaplike werkster, Me Maratjane, aangebied
wie ‘n voorvonnisverslag opgestel
het, welke verslag ingehandig
is as Bewysstyk “F”. Dit blyk uit haar verslag, tesame
met haar getuienis, dat sy aanbeveel
het dat direkte gevangenisstraf
in terme van Artikel 276(1)(b) van die Strafproseswet, 51 van 1977,
‘n gepaste vonnis is.
Op die stadium wat die verslag saamgestel
is, synde op 13 Julie 2009, was appellant reeds 17 jaar oud, steeds
op skool en in graad
9. Sy het in haar getuienis aangedui dat sy
voorstel dat hy in die jeugafdeling van die gevangenis aangehou word,
aangesien dit
oor fasiliteite beskik wat appellant sal in staat stel
om binne die gevangenis met sy skoolopleiding voort te gaan. Sy het
aangedui
dat hierdie afdeling van die gevangenis sodanig
gestruktureerd is dat dit positief sal bydra tot appellant se
rehabilitasie.
[7] In terme van ‘n
korrektiewe toesig verslag wat ingehandig is as Bewysstuk “E”,
het die korrektiewe beampte
ook daarin aangedui dat vanweë die
erns van die misdryf, dit aanbeveel word dat korrektiewe toesig nie
‘n gepaste vonnis
is nie.
[8] Verdermeer is daar
ook ‘n slagoffer-impak verslag ingehandig as Bewysstuk “D”.
Uit hierdie verslag blyk dit
dat onmiddellik na die insident, die
klaagster histeries was en nie wou toelaat dat enige iemand aan haar
raak nie. Sy was in ‘n
toestand van skok en erg getraumatiseerd
deur die insident.
Na die voorval het sy
voortgegaan om saam met haar moeder en stiefvader te woon. Appellant
is egter weggestuur om by sy tante te
Deneysville te gaan woon.
Volgens die moeder van die klaagster het die klaagster egter nog
steeds ‘n goeie verhouding met
appellant. Voordat appellant tot
gevangenisstraf gevonnis is, het hy nog soms by hul kom kuier.
Hiertydens het appellant en die
klaagster nie enige vyandige
gesindheid teenoor mekaar getoon nie. Volgens die proefbeampte blyk
dit te wees vanweë die feit
dat hulle hul herinnering aan die
insident, onderdruk.
Ten tyde van die voorval
was die klaagster in graad 2. Op die stadium wat die verslag
saamgestel is, was sy besig met graad 4. Volgens
die klasonderwyseres
ervaar die klaagster probleme met haar skoolwerk, deurdat sy nie goed
kan konsentreer nie en van haar vakke
druip. Wanneer die klaagster
tereggewys word, toon sy ook tekens van oormatige vrees.
Die proefbeampte het in
sy verslag ook verwys na die potensiële mediese gevolge van
klaagster se beserings tot dien effekte
dat sy moontlik nie in die
toekoms kinders sal kan verwek nie. Ek het reeds met hierdie aspek
gehandel insoverre dr. Totiwe daarmee
in sy getuienis gehandel het.
Die gevolgtrekking van
die proefbeampte was derhalwe dat die klaagster getraumatiseerd is
deur die voorval en dat dit waarskynlik
beide fisies en emosioneel ‘n
lewenslange negatiewe impak op haar sal hê. Hy het gevolglik
aanbeveel dat appellant
gevonnis word tot direkte gevangenisstraf in
terme van Artikel 276(1)(b) van die Strafproseswet, 51 van 1977.
[9] Wat die persoonlike
omstandighede van appellant betref, het ek reeds aangedui dat hy ten
tyde van die voorval slegs 14 jaar
oud was en derhalwe uiters jeugdig
was. Ten tyde van vonnisoplegging was hy nog skoolgaande en wel in
graad 9. Wat sy jeugdigheid
betref, is daar in die betoogshoofde wat
namens appellant geliasseer is, verwys na die uitspraak in
S vs
N
2008 (2) SASV 135 (SCA). In daardie geval was die appellant
‘n 17-jarige skoolgaande seun en was hy en die 17-jarige
klaagster
leerlinge by dieselfde skool en ook vriende. Die aand van
die voorval het die appellant die klaagster versoek om hom by sy huis

te besoek, aangesien hy, volgens hom, met haar wou praat. Gedurende
daardie besoek het appellant die klaagster in sy kamer aangerand
en
tot oorgawe gedwing waarna hy haar verkrag het, ten spyte van haar
protestering. Die appellant was toe deur die Hof
a quo
tot 10
jaar gevangenisstraf gevonnis, waarvan 4 jaar voorwaardelik opgeskort
was. In die meerderheidsuitspraak deur Cameron AR (soos
hy toe was),
is daar na Artikel 28(1)(g) van die Grondwet verwys, wat as volg
lees:

Elke kind
het die reg ...om nie aangehou te word nie, behalwe as laaste uitweg,
in watter geval...die kind slegs vir die kortste
gepaste tyd aangehou
mag word...”
Met verwysing na die
opgelegde vonnis, is daar as volg in paragraaf [42] van die
meerderheidsuitspraak beslis:

To me, that
sentence (the imposed sentence of 6 years effective imprisonment)
disregards the youthfulness of the appellant when
he committed the
crime. It treats him too much like the adult he was not when he raped
his victim. It may set him up for ruin,
while foreclosing the
possibility, embodied in his youth, that he will still benefit from
re-socialisation and re-education. It
fails to individualise the
sentence with the emphasis on preparing him, as child offender, for
his return to society. I would rephrase
that: for his first entry
into society, for a seventeen year old school boy in Grade 11 has
hardly entered society.”
Daar is voorts as volg in
paragraaf 45 van die uitspraak beslis:

It is true
that if the rape had been committed just nine months later, the
appellant would have been eighteen, and would not have
had the
benefit of an extra mercy. But it is at least equally that if he had
been just nine months older, he might not have made
the awful error
that led to his crime. That is the premise on which the Constitution
differentiates him from older offenders. We
distinguish child
offenders from adults because we recognise that their crimes may stem
from immature judgment, from as yet unformed
character, from youthful
vulnerability to error and to impulse. We recognise that imposing
full moral responsibility for a misdeed
might be too harsh. In that
we allow them some leeway of hope and possibility. That is not
maudlin or sentimental, but necessary
if we are to have any belief in
our future.”
Die tersaaklike
verswarende faktore in daardie geval is as volg in paragraaf 25 van
die minderheidsuitspraak gelys, waarmee in die
meerderheidsuitspraak
saamgestem is:

There are
serious aggravating features present in the matter, which must be
weighed against the factors favourable to the appellant.
As regards
the effect of the rape on the complainant who was a virgin at the
material time, her drastic reaction - the attempt
to kill herself,
her relapse into depression, her inability to sleep and fear to sleep
alone, the nightmares and the consequent
fear of males - dispenses
with the need to articulate the devastation wreaked by the
excruciating rape she described, perpetrated
by a trusted friend and
confidant upon her.”
Met inagneming van al die
voormelde feite en omstandighede, het die appèl geslaag en is
die vonnis vervang met een van 5
jaar gevangenisstraf in terme van
Artikel 276(1)(i) van die Strafproseswet, 51 van 1977.
[10] Hoewel dit nie op
sodanige volledige wyse in die pleitverduideliking van appellant
uiteengesit was nie, blyk dit uit die voorvonnisverslag,
Bewysstuk
“F”, dat die gedetaileerde besonderhede van die voorval
as volg in paragraaf 10 daarvan vervat is:

On the day
of the incident he was sitting outside with the victim. He then took
out Zambuck ointment to smear the mouth and the
victim grabbed it and
ran. He then chased the victim and the victim ran to the house,
entered their parents’ bedroom. The
victim climbed on top of
the bed while they were struggling with the Zambuck he ended up being
on top of the victim and
that
is where he got aroused
.
According to the accused he then asked the victim to undress and he
assisted the victim by taking off the victim’s trousers.
The
accused stated that the victim was crying during the process of rape
and when she cried aloud he decided to stop and took out
his penis.”
(Eie beklemtoning)
Wanneer voormelde feite
in ag geneem word, in samehang met die beslissing in
S vs N
,
supra,
tot dien effekte dat sodanige jeugdige persoon se
misdryf kan voortspruit uit “youthful vulnerability to error
and to impulse”,
meen ek dat dit duidelik blyk dat dit is wat
ongelukkig in hierdie geval gebeur het. Appellant het sy optrede
geensins vooraf beplan
nie – dit het absoluut op die ingewing
van die oomblik plaasgevind terwyl hy in die speelse-stoeiery bo-op
die klaagster
beland het.
[11] Die feit dat
appellant ook van meet af aan skuldig gepleit het, is vir my
aanduidend dat hy ten spyte van sy jeugdigheid, verantwoordelikheid

neem vir die wandaad wat hy gepleeg het en daardeur ook sy berou ten
opsigte daarvan betoon. Dit moet as strafversagtend in aanmerking

geneem word en verhoog ook, na my mening, appellant se kanse op
suksesvolle rehabilitasie. Voorts neem ek ook ten gunste van
appellant
in aanmerking dat hy ‘n algeheel eerste oortreder is.
[12] Hoewel dit geyk is
dat die belange van die gemeenskap sterk na vore tree in ‘n
geval soos die onderhawige, synde waar
‘n geweldsmisdryf
gepleeg is en dit boonop teenoor ‘n jong kind, moet hierdie
element van strafoplegging steeds op
‘n gebalanseerde wyse in
oorweging geneem word saam met die persoonlike omstandighede van die
appellant en die aard en erns
van die misdryf, laasgenoemde wat ook
insluit die omringende omstandighede tot die pleging van die misdryf,
waarna ek in paragraaf
10 hierbo verwys het.
[13] Na ‘n
behoorlike oorweging van al die voormelde feite en faktore, is ek
oortuig dat die opgelegde vonnis inderdaad skokkend
swaar en onvanpas
is. Ek stem egter ook saam met die submissies van beide mnr. Van der
Merwe en mnr. Strauss, dat direkte gevangenisstraf
die enigste
gepaste vonnis opsie onder die omstandighede is en is ek van mening
dat `n termyn van 8 jaar gevangenisstraf `n gepaste
vonnis is.
[14] Soos reeds aangedui,
het die Verhoorlanddros gelas dat appellant in die jeugafdeling van
die gevangenis aangehou moet word.
Mnr. Strauss het my versoek om
insgelyks sodanige bevel te maak, welke versoek ek meen aan gehoor
gegee behoort te word.
[15] Gevolglik word die
volgende bevele gemaak:
1. Die appèl teen
die vonnis slaag, die opgelegde vonnis word tersyde gestel en vervang
met een van 8 (agt) jaar gevangenisstraf.
2. Laasgenoemde vonnis
moet geag word opgelê te gewees het op 30 September 2009.
3. Die Departement van
Korrektiewe Dienste word gelas om toe te sien dat appellant in die
jeugafdeling van die tersaaklike gevangenis
aangehou word.
____________
C. VAN ZYL, R
Ek stem saam:
___________________
J.Y. CLAASEN, WND R
Namens die Appellant:
Mnr. P.L. van der Merwe
In opdrag van:
Regssentrum
BLOEMFONTEIN
Namens dieRespondent:
Adv. M. Strauss
In opdrag van:
Kantoor van die
Direkteur:
Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN