Mnisi v S (A 131/2011) [2011] ZAFSHC 135 (30 August 2011)

58 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Admissibility of confession — Appellant convicted of robbery and attempted murder — Appellant's confession deemed inadmissible due to lack of evidence proving it was made voluntarily — Court finds that the State failed to prove beyond reasonable doubt that the confession was admissible, leading to a successful appeal against the conviction.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2011
>>
[2011] ZAFSHC 135
|

|

Mnisi v S (A 131/2011) [2011] ZAFSHC 135 (30 August 2011)

/hw
VRYSTAAT HOë HOF, BLOEMFONTEIN
(REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA)
APPèL NO: A 131/2011
In die appèl tussen:
MONICE KLAAS MNISI
…...............................................................
APPELLANT
en
DIE STAAT
…................................................................................
RESPONDENT
CORAM
: MOLEMELA R : ET : VAN ROOYEN WnR
AANGEHOOR OP
: 22 AUGUSTUS 2011
UITSPRAAK GELEWER OP
: _____ AUGUSTUS 2011
UITSPRAAK
[1] Appellant is ondermeer daarvan aangekla dat hy op of omtrent
21
Februarie 2007
en te Vredefort die Roestoff egpaar aangerand en
beroof het deur met geweld kontant ten bedrae van R7 500,00 en twee
vuurwapens
ten bedrae van R4 000,00 van hulle te neem. Verswarende
omstandighede bestaan daarin dat tydens die roof vuurwapens gebruik
is
om die klaers te dreig. Voorts is Appellant daarvan aangekla dat
hy gepoog het om Susanna Roestoff te dood deur haar met ‘n

vuurwapen te skiet.
[2] Ten aansien van al die klagtes wat insluit bogemelde klagtes, het
Appellant onskuldig gepleit, maar is hy skuldig bevind aan
roof met
verswarende omstandighede en gevonnis tot vyftien jaar
gevangenisstraf en ten aansien van die klagte, poging tot moord,

gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf. Drie jaar van die vyf jaar is
opgeskort sodat Appellant sewentien jaar effektiewe gevangenis
moet
uitdien.
[3] Appellant kom nou in hoër beroep.
[4] Die getuienis met betrekking tot die roof en poging tot moord wat
deur die Staat aangebied is, is in vereenvoudigde vorm die
volgende:
4.1 Die Roestoff egpaar was in hul woonhuis op die plaas geleë
in die distrik van Vredefort waar hulle onder voorwendsel oorval
is.
4.2 Nie een van die Roestoffs kon die rowers identifiseer nie. Mev.
Roestoff getuig dat sy op ‘n stadium van een van die
aanvallers
weggehardloop het en in die proses is sy in haar bors met ‘n
geweer geskiet wat die betrokke aanvaller hanteer
het.
4.3 Nadat die klaers gedreig en vasgebind is het die aanvallers
ontsnap met kontantgeld ten bedrae van R7 500,00 en twee vuurwapens.
4.4 Kort na die voorval is Appellant in sy voertuig gevind en wel in
die distrik van Vredefort. Appellant is gearresteer.
Appellant het dieselfde dag nog ‘n uitwysing van beskuldigde
2 gemaak asook waar hy woonagtig is en is die klaers se
vuurwapens
in beskuldigde 2 se besit gevind.
Daar is ook vingerafdruk merke van beskuldigde 2 op die voertuig,
bestuur deur Appellant, gevind.
Die Hof van Eerste Instansie en wel by monde van die Streeklanddros
bevind ondermeer:

Dat beskuldigde 1 aan die getuie
Kodisane gesê het dat hy wel betrokke was by die roof maar
slegs as bestuurder van die voertuig.”
Die Streeklanddros maak ook ‘n aantal ander feitebevindings,
maar sou Appellant nie skuldig bevind kon gewees het indien

bogemelde bekentenis nie deel was van die Hof se bevindings nie.
[5] Die twee kernvrae in hierdie appèl is na my mening of die
bekentenis ‘n toelaatbare bekentenis was en indien wel,
sou die
Hof
a quo
bo redelike twyfel kon bevind dat Appellant die
bekentenis gemaak het.
[6]
TOELAATBAARHEID VAN DIE BEWEERDE BEKENTENIS:
Konstabel Nel was die eerste polisie amptenaar wat namens die
Respondent getuig het. Dit is duidelik aan die Hof gestel dat

Appellant ‘n uitwysing gemaak het en is deur sy
regs-verteenwoordiger vermeld dat die uitwysing aangeteken kan word
as ‘n erkenning in terme van Artikel 220 van die
Strafproseswet, no. 51 van 1977. Daar was ‘n redenasie voor

die Hof
a quo
waarby die Staatsaanklaer en Appellant se
regsverteenwoordiger betrokke was, wat toon dat daar slegs ‘n
uitwysing ter
sprake was en dat die uitwysing nie ook ‘n
bekentenis vervat nie. Op die basis is die getuienis toegelaat en
is die getuienis
van konstabel Nel aangebied.
Konstabel Nel se getuienis kom daarop neer dat beskuldigde 1 die
adres van beskuldigde 2 uitgewys het.
Die volgende polisiebeampte wat getuig het is ‘n offisier,
synde superintendent Kodisane. By die aanbied van sy getuienis
het
dit geblyk dat die superintendent moontlik inkriminerende
uitwysings van Appellant aan die Hof kon voorlê. Appellant
se
regsverteenwoordiger het bevestig dat alhoewel uitwysings gemaak is
ten aansien van beskuldigde 2, word daarop gesteun dat
dit nie
toelaatbaar was nie.

On the basis that the accused one was
asked through assaults to lead to that particular place.”
Daar het toe ‘n binneverhoor plaasgevind.
Superintendent Kodisane het getuienis afgelewer en kom sy getuienis
daarop neer dat Appellant nooit aangerand is nie.
Vervolgens het inspekteur Schalk getuig en het hy ook ontken dat
die beskuldigde aangerand is. Op ‘n stelling gemaak
namens
die Appellant het hy bevestig dat Appellant toe hy gearresteer is,
onmiddellik vermeld het dat hy die voertuig bestuur
het wat die
mense afgelaai het. Hy weet nie eers waarnatoe hulle is nie en hy
sal wys waar hulle is. Dit is aan inspekteur
Schalk gestel dat
Appellant aangerand is.
Die Staatsaanklaer het daarna sy saak gesluit en het Appellant geen
getuienis ten aansien van die binneverhoor aangebied nie.
Ten aansien van die binneverhoor bevind die Hof soos volg:

Die getuienis rondom die beweerde
aanwysings wat beskuldigde 1 sou gemaak het word toelaatbaar gereël
op die basis dat dit
relevant is.”
Superintendent Kodisane se getuienis word dan verder aangebied en
getuig hy:

Wat sou beskuldigde 1 of laat ek dit so
stel waarheen sou u met beskuldigde 1 gaan? …. Hy het aan ons
genoem dat hy bereid
is om die verdere persone wat saam met hom was
tydens die pleging van hierdie misdryf te gaan uitwys in Vereniging…
Hy het gesê hy ken die persone wat saam met hom was en is
bereid om hulle vir ons te gaan uitwys waar hulle is in Vereniging
se
omgewing.

Hy het ‘n huis aan ons uitgewys en ons het daar geklop.

Dit is toe wat ons mnr Mnisi vir ons beskuldigde 2 uitgewys het as
die persoon wat in die betrokke huis bly, waarna ons gesoek het.”
Die Hof merk soos volg op:

Daar is ‘n binneverhoor gehou
rondom sekere aanwysings wat beskuldigde 1 sou gemaak het. U het
nooit op rekord geplaas dat
u by monde van die getuie ook getuienis
wil aanbied rondom die beweerde aanwysings wat beskuldigde 2 sou
gemaak het nie …”
In kruisverhoor getuig superintendent Kodisane “
Your
worship that will be new to me because he told us with certainty
from Vredefort that he know those people and that he was
the driver
of the vehicle. We must just allow him to go and point to us his
colleagues.”
Die getuienis van superintendent Kodisane toon dat beskuldigde 1
genoem het dat hy bereid is om die persone wat saam met hom
was
tydens die pleging van die misdryf te gaan uitwys in Vereniging en
is die getuienis dat beskuldigde 1 toe inderdaad vir
beskuldigde 2
uitgewys het. Dit kom as ‘n verassing. Die Hof het uitdruklik
bevind dat die uitwysing toelaatbaar sou
wees op die basis dat dit
vrywillig gedoen is en sou dit beteken dat Appellant se uitwysings
van beskuldigde 2 en die huis
waar hy gewoon het, kon geskied. Die
toevoeging dat hy bereid is om verdere persone wat saam met hom
tydens die pleging van
die misdryf was te gaan uitwys, was
ontoelaatbaar. Slegs die aanwysing van beskuldigde 2 of die
uitwysing van sy woonplek en
nie voorlegging van ‘n
bekentenis onder skyn van ‘n aanwysing nie, is toelaatbaar.
VGL:
R v NHLEKO 1960(4) SA 712 (A);
S v MBELE 1981(2) SA 738 (A) op 743 B – C.
Artikel 217 van die Strafproseswet no. 51 van 1977 vereis
uitdruklik dat bewys moet word dat die bekentenis vrywillig en

ongedwonge deur ‘n persoon afgelê is voordat dit
toelaatbaar is. In sekere gevalle moet dit ook in skrif gestel
word. In die onderhawige geval is die op skrif stelling daarvan nie
‘n voorvereiste nie, aangesien die voorbehoudsbepaling
in die
artikel bepaal dat bekentenisse afgelê voor ‘n
vrederegter of landdros nie op skrif gestel hoef te word
nie.
Superintendent Kodisane is ‘n vrederegter.
Dit volg dus dat Respondent nooit bewys het dat die bekentenis (in
teenstelling met die uitwysing) vrywillig en ongedwonge
gemaak is
nie. In die omstandighede is Appellant onder die waan van die
toelaatbaarheid van ‘n uitwysing skuldig bevind
op sterkte
van ‘n beweerde bekentenis wat mank gaan aan die bewys
daarvan dat dit vrywillig en ongedwonge afgelê
is.
Ek sou dat die appèl slaag op die basis dat Appellant skuldig
bevind is op ‘n ontoelaatbare bekentenis.
[7]
BEWYS VAN BEKENTENIS:
Die argument mag wees dat indien al die getuienis in ag geneem sou
word, dit bewys is dat die bekentenis vrywillig en ongedwonge

gemaak is.
Ten aansien van so ‘n argument meen ek dat indien Appellant
se regsverteenwoordiger by die binneverhoor bewus was van
die feit
dat dit nie net gaan oor ‘n uitwysing nie, maar ‘n
bekentenis, daar besluit kon gewees het om Appellant
se saak anders
aan te bied deur byvoorbeeld Appellant by die binneverhoor te roep
om getuienis af te lê.
Sou die bevindings wat hierbo vermeld is verkeerd wees, is die
vraag laastens of die Staat bo redelike twyfel bewys het dat

Appellant beken het dat hy betrokke was by die misdrywe en dat hy
op die basis beskuldigde 2 uitgewys het. Daar word vervolgens
met
die aspek gehandel:
Dit was voortdurend Appellant se saak dat hy nie by die misdryf
betrokke was nie, maar dat hy tydens sy besoek aan Vredefort
met ‘n
voertuig gery het om mense af te laai. In die verband word verwys
na getuie Schalk se getuienis dat Appellant
presies dit gesê
het nadat hy gearresteer is.
Konstabel Nel se getuienis oor die onderneming van Appellant om ‘n
uitwysing te doen, is vaag maar gee hy geen getuienis
met
betrekking tot die beweerde bekentenis van Appellant nie.
Ook die Staatsgetuie Schalk lewer nie direkte getuienis oor die
beweerde bekentenis nie.
Superintendent Kodisane moet in werklikheid beskou word as enkel
getuie met betrekking tot die beweerde bekentenis, synde dat

Appellant aangedui het dat hy bereid is om verdere persone wat saam
met hom was tydens die pleging van die misdryf, uit sou
wys. In die
verband getuig Appellant:

When you reached accused’s 2 place
and pointed out what were the exact words that you said to the police
who accompanied you
there? - Ek het vir die beampte meegedeel dat ek
ken nie die persone vir wie ek vervoer maar die enigste persoon wat
die betrokke
persone kan uitwys is nommer 2.
The witness said that when you arrived there you said he is one of
the people I was with when you committed that offence? …
Ek
ontken dit. Dit is nie so nie.”
Die Appellant het volhardend getuig dat hy nie die bekentenis
gemaak het nie.
Sou mens die getuienis van die Staat neem en die van Appellant
begunstig die waarskynlikhede of die bekentenis gemaak is aldan

nie, nie een nie. Basies staan die twee stelle getuienis teenoor
mekaar. Die Respondent dra die bewyslas om die Staat se saak
bo
redelike twyfel te bewys en kan dit onder die omstandighede nie
bevind word dat die Staat hom van die bewyslas gekwyt het
nie.
Die weergawe van Appellant kan ook nie as inherent onwaar en
onwaarskynlik aangeteken word nie. Die getuienis is dat beskuldigde

2 hom versoek het om persone te vervoer en dat hy die taak
uitgevoer het. Daarna het hy aan die polisie die woonplek van

beskuldigde 2, synde die persoon wat hom versoek het om die
vervoerwerk te doen, gaan uitwys. Die klaers se wapens is by
beskuldigde
2 gevind. Die weergawe van Appellant is waarskynlik .
[8]
OM OP TE SOM:
By die binneverhoor is ondersoek na die toelaatbaarheid van ‘n
uitwysing gedoen en daarna is ‘n bekentenis toegelaat
wat nie
getoets is oor die bereidwilligheid en ongedwongenheid van die
betrokke bekentenis nie. Die bekentenis is as ontoelaatbare
getuienis
toegelaat. Indien die bekentenis as bereidwillig en ongedwonge
aangeteken kon word en dus toelaatbaar was, bestaan daar
‘n
dispuut of ‘n bekentenis afgelê was deur Appellant aan
superintend Kodisane. Die Staat het nie bo redelike
twyfel bewys dat
sodanige bekentenis afgelê is nie.
[9] Ek sou die appèl laat slaag en die vonnisse tersyde stel
met insluiting van die bevinding dat Appellant onbevoeg is
om ‘n
vuurwapen te besit.
_____________________________
P C R VAN ROOYEN WnR
Ek stem saam:
_____________________________
MOLEMELA R
NAMENS APPLIKANT
:
ADV. T B VAN RENSBURG
IN OPDRAG VAN:
J GROENEWALD PROKUREURS
FLECKSTRAAT 10
KROONSTAD
NAMENS RESPONDENT:
MA MOHLALA
ADVOKAAT VIR RESPONDENT
DIREKTEUR VAN PUBLIEKE VERVOLGING
VRYSTAAT.