Maree NO v Griesel (6782/2008) [2011] ZAFSHC 123 (4 August 2011)

42 Reportability
Trusts and Estates

Brief Summary

Lease Agreements — Interpretation of testamentary provisions — Executor claiming rental arrears from lessee based on lease agreement — Dispute over interpretation of the term "verskuldig" in the deceased's will — Lessee contending that the debt was extinguished by the bequest in the will — Court held that the term "verskuldig" includes all amounts owed under the lease agreement, regardless of payment terms — Executor's claim for rental arrears dismissed, with costs awarded against the executor.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2011
>>
[2011] ZAFSHC 123
|

|

Maree NO v Griesel (6782/2008) [2011] ZAFSHC 123 (4 August 2011)

VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Saak Nr. : 6782/2008
In
die saak tussen:-
JOHANNES
PETRUS WILHELMUS MAREE N.O.
.........................
Eiser
en
LEON
GERRIT GRIESEL
......................................................
Verweerder
AANGEHOOR OP:
26, 27 & 29 JULIE 2011
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
MOLOI, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
4 AUGUSTUS 2011
_____________________________________________________
MOLOI, R
[1] In hierdie saak
vorder die eiser as die eksekuteur van die boedel van wyle Hester
Susanna Margaretha Ras (hierna “Ras”)
‘n bedrag van
R103 400,00 ten aansien van huurgelde verskuldig ingevolge ‘n
skriftelike huurooreenkoms aangegaan tussen
die gemelde Ras en die
verweerder te Hoopstad op 20 Julie 2005. ‘n Gestelde saak was
voor my geplaas, aangesien die dispuut
gegaan het oor die
regsvertolking van sekere woorde en/of begrippe wat tot die dispuut
gelei het.
[2] Die basis van die
dispuut is die bewoording bevat in twee dokumente naamlik, die
huurkontrak (bylaag “B” tot die
stukke) en Ras se
testament geliasseer in die verhoorbundel. Die inhoud van die twee
dokumente word oor en weer erken en aanvaar.
[3] Die vernaamste en
tersaaklike terme van die huurooreenkoms is die volgende:
(a) dat die huur van
sekere gedeeltes van Ras se plaas deur die verweerder gehuur word
vanaf 20 Julie 2005 tot en met 31 Augustus
2008;
(b) dat die verweerder
sekere ooreengekome bedrae as huurgeld halfjaarliks vooruit aan Ras
sou betaal;
(c) dat op 1 Maart 2008
die verweerder aan Ras ‘n bedrag van R103 400,00 synde die
halfjaarlikse huurgeld tot en met 31 Augustus
2008 sou betaal.
Ras se testament na
verwys bevat in paragraaf 3.2 daarvan die volgende:

Indien enige
persoon, enige bedrae aan my verskuldig is, dan bemaak ek sodanige
bedrag aan sodanige persoon wie dit verskuldig is.”
Die gewraakte bedrag sou
volgens die huurooreenkoms betaalbaar word op 1 Maart 2008. Die
testament is op 29 Maart 2004 ingelyf.
Ras sterf op 16 Februarie
2008. Die verweerder beroep hom op die bepalings van paragraaf 3.2 en
voer aan dat uit hoofde daarvan
hy nie die bedrag geëis
verskuldig is nie en dat dit uitgewis is weens die bemaking deur Ras
aan hom, alternatiewelik afstanddoening
van die vorderingsreg wat die
verweerder kwytgeskeld het van betaling daarvan.
[4] Beide partye, en
korrek so, voer aan dat by die uitleg van ‘n testament, die
bedoeling van die testatrise eers bepaal
moet word. Eiser gaan egter
verder en betoog dat uit die woord “verskuldig”, soos in
paragraaf 3.2 gebruik, bepaal
moet word of huurgelde ingesluit is of
dit slegs op lenings slaan. Verder beweer eiser dat die inleidende
sin van die testament
bepaal dat Ras slegs haar bates wou bemaak en
nie huurgeld wat nog nie betaalbaar of opeisbaar insluit nie, omdat
sodanige huurgelde
“inkomste” uitmaak en nie ‘n
bate daarstel by haar afsterwe nie en gee ‘n uitgerekte
woordeboek weergawes
van “verskuldig” en lê klem op
betaalbaarheid, boedelberedderings-oorwegings, belasting-oorwegings,
ensovoorts
wat min die punt by die hof tuisgebring het. Die
verweerder, aan die anderkant, voer aan dat die woord “verskuldig”

nie
per se
die begrip of vereiste van “betaalbaarheid”
insluit nie en dat “verskuldig” beteken vir onmiddellike
of
toekomstige betaling en dat die bedrag van R103 400,00 ingesluit
is by paragraaf 3.2 van Ras se testament.
[5] Wat vir doeleindes
van hierdie uitspraak belangrik is, is dat beide partye dit eens is
dat die beslissing wat die hof mag bereik
vierkantig om die
vertolking van die woord “verskuldig” wentel. In die
Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal
word die
woord “verskuldig” as “b.nw – skuldig,
verplig, onbetaald” weergegee. En op bl. 1294 van
die
HAT,
5de Uitgawe, word “verskuldig” in Engels vertaal as –
due, indebted, owing, owed, payable, incoming...; die bedrag
betaal –
pay all that was owing (or the amount due)”. Wat die bedrag
voor verskuldig is, maak nie saak nie solank dit
onbetaald is. Hoe,
waar en wanneer dit betaalbaar sal wees, is eweveel nie belangrik
nie, solank dit onbetaald is, is dit verskuldig.
[6] In die regte word
altyd vereis dat om verskuldig te wees daar ‘n regsgeldige
grondslag/basis of
causa
moet wees, byvoorbeeld verkope,
dienste gelewer, ensovoorts. In ons saak is die grondslag van
verweerder se verskuldigdheid die
huurkontrak. Volgens die
huurkontrak, by die sluiting daarvan op 20 Julie 2005, was die
verweerder aan Ras verskuldig die huurgelde
vir die duur van die
ooreenkoms tot en met 31 Augustus 2008 en nie alleen vir die
halfjaarlikse huurgelde soos ooreengekom nie.
[7] Die verweerder het
onmiddellik by die aangaan van die huurkontrak die reg verkry om die
landerye te bewerk tot en met die einde
van die huurtermyn. Hy het
die
vacua possessio
bekom wat deur Ras gerespekteer moes word.
Ras kon gevolglik nie die verweerder in sy reg steur sonder gevolge
nie. So ook kon
die verweerder nie sonder gevolge die kontrak, sê
byvoorbeeld, voor die verstryking van die huurtermyn, beëindig
nie,
want dan sou Ras geregtig wees om skadevergoeding vir die
oorblywende huurtermyn te eis. Die feit dat Ras, in haar testament,
haar
vorderingsreg prysgegee het soos wat sy onomwonde in paragraaf
3.2 van haar testament gedoen het, sal dit noodsaaklikerwys op die

gewraakte betaling slaan. Die woorde wat sy gekies het, is duideliker
dan daglig –

Indien
enige
persoon,
enige
bedrae aan my verskuldig is, dan bemaak ek
sodanige
bedrag aan
sodanige
persoon wie dit verskuldig is” (my beklemtoning)
Buitendien was die
testament op 29 Maart 2004 ingelyf en die huurkontrak op 20 Julie
2005 aangegaan. Nie te lank voor die huurooreenkoms
aangegaan was dat
sy die bepalings van paragraaf 3.2 kon vergeet het nie, maar binne
sodanige tydsbestek dat sy die verweerder
kon uitgesluit het om die
voordeel van daardie bepaling te geniet indien sy dit bedoel het. By
die aangaan van ‘n kontrak
word mens verskuldig ten aansien van
die algehele kontrakbedrag en nie vir die wyse van die delging
daarvan nie. Hoe om die verskuldigde
bedrag af te betaal, berus op
die ooreenkoms, en dit kan jaarliks, halfjaarliks, kwartaalliks of
maandeliks wees, maar word mens
verskuldig ten aansien van die volle
kontrakbedrag.
[8] Die partye tot die
huurooreenkoms het hulle vir die beslegting van enige geskil,
voortspruitende uit die ooreenkoms, verbind
tot die uitsluitlike
jurisdiksie van die landdroshof. Vir goeie en grondige redes, wat nie
hier herhaal hoef te word nie, het die
eiser hierdie aksie egter in
hierdie hof aanhangig gemaak. Eiser versoek egter dat, indien die
saak in die verweerder se guns beslis
word, die kostebevel gelas mag
word op die skaal soos op landdroshowetarief. Die hof sien nie sy weg
oop om sodanige bevel te maak
nie, omdat die saak in hierdie hof
gedien het en hierdie hof se kosteskaal sal moet geld.
[9] Bygevolg word die
volgende bevel gemaak:
9.1 Die eiser se eis word
van die hand gewys.
9.2 Die eiser word gelas
om die koste te betaal soos tussen party en party.
____________
K.J. MOLOI, R
Namens die eiser: Adv.
P.J. Heymans
In opdrag van:
Maree Ferreira
BLOEMFONTEIN
(Verw: MS Ferreira)
Namens die verweerder:
Adv. C.D. Pienaar
In opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
Verw: MV/SJ/J1727/0073
/sp