McIntosh v McIntosh en Anders (3037/2007) [2011] ZAFSHC 116 (14 July 2011)

55 Reportability

Brief Summary

Divorce — Division of joint estate — Claim for pension benefits — First respondent claimed entitlement to 50% of monthly pension payments received by the plaintiff post-retirement, asserting these payments formed part of the joint estate — Plaintiff contended that the pension benefits were not part of the joint estate as they were not accrued at the time of divorce — Court held that monthly pension payments received by the plaintiff did not constitute a "pension interest" under the Divorce Act, and thus were not part of the joint estate available for division.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2011
>>
[2011] ZAFSHC 116
|

|

McIntosh v McIntosh en Anders (3037/2007) [2011] ZAFSHC 116 (14 July 2011)

VRYSTAAT
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer: 3037/2007
In
die saak tussen:-
ANGUS JOHN McINTOSH
..............................................................
Eiser
en
CLEMENCE JEANNE
MOIRA McINTOSH
.............
Eerste
Verweerderes
CENTINEL MINING
INDUSTRY
RETIREMENT FUND
.......................................................
Tweede
Verweerder
THE MINE EMPLOYEES
PENSION FUND
...................
Derde
Verweerder
_____________________________________________________
CORAM:
VAN
ZYL, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
14 JULIE 2011
_____________________________________________________
Hierdie is `n uitspraak
in `n gestelde saak wat handel met eerste verweerderes se beweerde
aanspraak in `n egskeidingsgeding op
die helfte van maandelikse
pensioenbetalings wat eiser, as reeds afgetredene, ontvang, op die
basis dat dit in die gemeenskaplike
boedel val en voorts, indien sy
sodanige aanspraak het, die verpligting, aldan nie, van tweede en
derde verweerders om die maandelikse
oorbetalings aan eerste
verweerderes te maak.
Die pleitstukke as
agtergrond:
Eiser en eerste
verweerderes is met mekaar getroud in gemeenskap van goedere op 7
Oktober 1967. Eiser het in die onderhawige aksie
eerste verweerderes
gedagvaar vir ʼn bevel van egskeiding en gepaardgaande regshulp,
onder andere ook vir `n bevel tot verdeling
van die gemeenskaplike
boedel. Eerste verweerderes het die “Centinel Mining Industry
Retirement Fund” en die “Mine
Employees Pension Fund”
as tweede en derde verweerders onderskeidelik gevoeg. Daarop het
eerste verweerderes in paragraaf
4.1 van haar gewysigde teeneis
gepleit dat eiser ʼn lid is van beide tweede verweerder en derde
verweerder en het sy voorts
as volg gepleit:

4.2 Eerste
verweerderes pleit dat die pensioenfondse wat geadministreer word
deur die tweede en derde verweerders deel vorm van
die gemeenskaplike
boedel en dat eerste verweerderes bygevolg geregtig is op 50% van die
pensioenvoordele.
4.3 Dat tweede en derde verweerders
verplig is om aan eerste verweerderes te betaal 50% van die kapitale
waarde/ pensioenfondsbelang
soos op datum van egskeiding binne `n
periode van 60 (sestig) dae vanaf datum van egskeiding,
alternatiewelik dat tweede en derde
verweerders verplig is om 50% van
die maandelikse pensioenfonds wat betaal word deur tweede en derde
verweerders, aan eerste verweerderes
uit te betaal.”
Gevolglik het eerste
verweerderes addisioneel tot haar vorderings vir die betaling van
onderhoud en die betaling van haar mediese
koste, ook die volgende in
bede 4 van haar gewysigde teeneis gevorder:

Verdeling
van die gemeenskaplike boedel wat sal insluit dat die pensioenfondse
wat geadministreer word deur die tweede en derde
verweerders ʼn
bate in die gemeenskaplike boedel is en dat tweede en derde
verweerders bygevolg binne ʼn periode van 60
(sestig) dae vanaf
datum van egskeiding aan eerste verweerderes moet oorbetaal 50% van
die pensioenfonds- waarde soos op datum
van egskeiding,
alternatiewelik dat tweede en derde verweerders gelas word om 50% van
die maandelikse pensioenfondsvoordele wat
die eiser toekom aan eerste
verweerderes oor te betaal.”
[3] In eiser se gewysigde
verweerskrif tot die gewysigde teeneis het hy voormelde paragraaf 4
van eerste verweerderes se teeneis
erken en ten opsigte van haar
vorderings, het eiser gepleit dat eerste verweerderes net geregtig is
op ʼn bevel van egskeiding
en verdeling van die gemeenskaplike
boedel – nie op onderhoud en mediese koste ook nie.
[4] In tweede en derde
verweerders se verweerskrif tot eerste verweerderes se gewysigde
teeneis, welke gepleit is op die basis dat
eerste verweerderes by
wyse van haar gewysigde teeneis bedoel het om van tweede en derde
verweerders verweerders in rekonvensie
te maak, het tweede en derde
verweerders as volg op voormelde paragraaf 4 van eerste verweerderes
se gewysigde teeneis gepleit:

5.1
The
Funds deny that the plaintiff is entitled to a benefit other than a
pension payable in accordance with the rules of the Funds.
5.2 On or about September 2005 the
plaintiff retired, and became entitled to the pension benefits from
the second defendant and
the third defendant as provided in their
rules.
5.3 Accordingly, the plaintiff no
longer has any pension benefits which can form part of the joint
estate.
5.4 Accordingly further, the Funds are
not in possession of any pension benefits of the plaintiff, and are
not in a position to
make any payment to the first defendant.
5.5
Alternatively or additionally
to paragraph 5.3 and 5.4
: there is no legal obligation on the
Funds to make payment to the first defendant in respect of any
entitlement she may have as
against the plaintiff (which is denied).
5.6 The first defendant can also not
base a cause of action against the Funds on the provisions of section
7(7) and 7(8) of the
Divorce Act 70 of 1979 (read with the definition
of ‘pension interest’ in
section 1
of the
Divorce Act):
(a
) the plaintiff is only a pensioner
of the Funds entitled to a monthly pension;
(b) apart from a monthly pension the
plaintiff has no right to any other benefit;
(c) accordingly, the plaintiff has no
‘pension interest’ as contemplated in the
Divorce Act.
5.7 Save as aforesaid, the Funds deny
the contents of these pararaphs.”
Die gestelde saak:
Ten tyde van Reël
37 samesprekings wat plaasgevind het op 30 Julie 2010, die notule
waarvan verskyn op p. 220 tot p. 225
van die geïndekseerde
pleitstukke, het die partye ooreengekom dat die geskilpunte geskei
word en dat die volgende geskilpunte
by die aanvang van die verhoor
vooraf in terme van Reël 33(4) bereg sal word:

2.4.1 Of
eiser se pensioenfonds/voordele deel van die gemeenskaplike boedel
van eiser en eerste verweerderes vorm soos meer volledig
uiteengesit
in die gewysigde paragraaf 4 van eerste verweerderes se gewysigde
verweerskrif en indien wel:
2.4.2 of eerste
verweerderes geregtig is op die gewysigde smeekbede 4 van haar
verweerskrif.” [
sic
]
Die partye het ook
ooreengekom dat tweede en derde verweerders ʼn gestelde saak sal
voorberei en vir goedkeuring aan eiser en
eerste verweerderes voorlê.
ʼn Ooreenkoms is ook genotuleer met betrekking tot die liassering
van betoogshoofde namens
al die tersaaklike partye.
Hoewel ʼn gestelde
saak, soos opgestel namens tweede en derde verweerders, geliasseer
is, is die dokument nie deur of namens
enige van die partye
onderteken nie.
By die aanvang van die
verrigtinge het mnr. Heymans, namens eiser, ʼn gemeenregtelike
tender op eerste verweerderes se teeneis
gemaak in die volgende
terme:
1. ʼn Bevel van
egskeiding.
2. Verdeling van die
gemeenskaplike boedel.
3. Dat eiser 50% van sy
maandelikse pensioenbetalings wat hy vanaf tweede en/of derde
verweerder ontvang, na verrekening van inkomstebelasting,
aan eerste
verweerderes sal betaal ter vervanging van enige onderhoudsplig en/of
plig om eerste verweerderes se mediese koste te
betaal.
4. Dat eiser en eerste
verweerderes elk hul eie koste betaal.
Mnr. Heymans het dit
pertinent op rekord geplaas dat die gevolgtrekking namens eiser
gemaak is dat eerste verweerderes nie geregtig
is op voormelde
pensioen- betalings voortspruitend uit die huwelik gesluit in
gemeenskap van goed nie, aangesien die maandelikse
pensioenbetalings
nie deel vorm van die gemeenskaplike boedel nie. Eiser se aanbod om
dit te betaal word gedoen op die basis dat
dit die betaling van
onderhoud deur eiser aan eerste verweerderes daar sal stel.
Voormelde tender is nie
deur eerste verweerderes aanvaar nie. Mnr. Grobler, namens eerste
verweerderes, het aangedui dat dit eerste
verweerderes se saak is
dat sy in ieder geval geregtig is op 50% van die maandelikse
pensioenbetalings wat eiser gaan ontvang
uit hoofde daarvan dat dit
deel vorm van die gemeenskaplike boedel. Gevolglik verlang eerste
verweerderes dat eiser addisioneel
daartoe ook ʼn bedrag
onderhoud per maand aan haar betaal, sowel as dat eiser haar mediese
koste betaal.
Mnr. Van der Berg,
namens tweede en derde verweerders, het aangedui dat tweede en derde
verweerders nie ʼn regsbeswaar teen
die terme van die tender het
nie, maar wel sodanige regsbeswaar het teen die regshulp wat eerste
verweerderes in bede 4 van haar
gewysigde teeneis gevorder het,
welke bede ek reeds in paragraaf 2 hierbo aangehaal het.
Daaropvolgend het die
regsverteenwoordigers (in die hof) ooreengekom dat ʼn stel feite
wat gemeensaak is aan my voorgehou
sal word en dat die vraagstukke
wat daaruit voortspruit ooreenkomstig die bepalings van Reël
33(4) apart bereg word. Hierdie
ooreengekome feite is toe
uiteengesit in ʼn dokument, Bewysstuk A, en lees dit as volg:

1. Dit is
gemeensaak dat die eiser ʼn lid was van die tweede en derde
verweerders tot en met sy aftrede op of omtrent September
2005.
2. Dit is gemeensaak dat by eiser se
aftrede hy geregtig geraak het op pensioen. Dit eiser het ʼn
keuse uitgeoefen om opsie
A op bladsy 34 en verder van die
verhoorbundel te neem wat aan hom ʼn maandelikse pensioen tot
gevolg gehad het.
3. Die eiser ontvang tans en sal
voortgaan tot sy dood om maandeliks `n pensioen vanaf die fondse te
ontvang.
4. Die eerste verweerderes gee toe dat
sy nie geregtig is op ʼn lompsom betaling vanaf die fondse nie.
5. Die Hof word gevra om die volgende
vraagstukke te bereg:
5.1 Val die maandelikse bogemelde
betalings binne die gemeenskaplike boedel.
5.2 Indien wel is die eerste
verweerderes geregtig tot ʼn bevel teen die tweede en derde
verweerders vir betaling daarvan.”
Ek het gevolglik in terme
van van Reël 33(4) gelas dat die vraagstukke uiteengesit in
Bewysstuk A apart bereg word ooreenkomstig
die feitelike basis wat
daarin uiteengesit is. Dit was ook gemeensaak tussen die partye dat
die inhoud van voormelde Bewysstuk
A en my beregting van die
vraagstukke daarin, ook onderworpe is aan die algehele inhoud van die
pleitstukke soos dit op daardie
stadium gestaan het.
Mnr. Van der Berg het ook
ʼn verhoorbundel bestaande uit 41 bladsye opgehandig as Bewysstuk
B. Hy het daarop gewys dat slegs
bladsye 34 tot 36 daarvan egter
relevant is vir doeleindes van die beregting van die onderhawige
vraagstukke.
Betoë namens die
partye ten opsigte van die eerste vraagstuk:
Mnr. Heymans het betoog
dat eiser se maandelikse pensioenbetalings wat hy ontvang solank as
wat die partye nog getroud is, wel
in die gemeenskaplike boedel val
en dat ʼn hof daaroor kan beskik. Mnr. Heymans het voorts betoog
dat die oomblik wat die
pensioenbelang ʼn party toeval, word dit
ʼn bate in die gemeenskaplike boedel en is dit nie meer ʼn
pensioenbelang
nie, maar in hierdie geval het die toekomstige
maandelikse pensioenbetalings nog nie vir eiser toegeval nie en
daarom kan dit
nie geag word op datum van egskeiding ʼn bate in
die gemeenskaplike boedel te wees nie. Aangesien die toekomstige
maandelikse
betalings wat eiser gaan ontvang na datum van egskeiding
nie ʼn “pensioenbelang” daarstel soos bedoel in
Artikel
1 van die Wet op Egskeiding, No. 70 van 1979 (hierinlater na
verwys as die “Wet op Egskeiding”) nie, is die bepalings

van Artikel 7 van die Wet op Egskeiding nie van toepassing nie en is
daar geen basis waarop eerste verweerderes geregtig kan
wees op
sodanige toekomstige betalings nie. Mnr. Heymans het voorts betoog
dat alwaar eerste verweerderes in paragraaf 4 van
Bewysstuk “A”
toegegee het dat sy nie op datum van egskeiding geregtig is op enige
lompsom betaling vanaf tweede
en derde verweerders nie, aangesien
eiser die keuse uitgeoefen het om by sy aftrede slegs ʼn
maandelikse pensioen te ontvang,
kan eerste verweerderes ook nie
aanspraak maak op toekomstige maandelikse betalings nie.
Mnr. Grobler het by die
aanvang van sy betoog aangedui dat dit nie eerste verweerderes se
saak is dat Artikel 7 van die Wet op
Egskeiding enigsins van
toepassing is in die onderhawige geval nie, aangesien daarin
gehandel word met ʼn pensioenbelang
waar die tersaaklike party
op datum van egskeiding nog nie bedank het as lid van die
pensioenfonds nie, wat nie hier die geval
is nie. Mnr. Grobler het
voorts aangedui dat die rede waarom eerste verweerderes nie poog om
die helfte van die herinvesteerde
kapitaalbedrag te vorder nie, is
omdat eerste verweerderes gebonde is aan die eleksie wat eiser
gemaak het toe hy opsie A uitgeoefen
het wat slegs aan hom ʼn
maandelikse pensioenbetaling tot gevolg het.
Mnr. Grobler het daarop
betoog dat eerste verweerderes se vorderingsreg op die helfte van
eiser se toekomstige maandelikse pensioenbetalings
voortspruit uit
die gemenereg. Hy het ter ondersteuning van sy argument eerstens
verwys na die uitspraak in
GOVERNMENT EMPLOYEES PENSION FUND vs
NAIDOO AND ANOTHER
2006(6) SA 304 (SCA) en betoog dat
ooreenkomstig hierdie uitspraak ʼn pensioenbelang, sodra dit die
tersaaklike party toeval,
ʼn bate in die gemeenskaplike boedel
vorm en Artikels 7(7) en 7(8) van die Wet op Egskeiding dan nie meer
van toepassing is
nie. Dit verander dan van ʼn pensioenbelang na
ʼn reg of voordeel wat binne die gemeenskaplike boedel val. Ter
verdere
ondersteuning van hierdie argument het hy ook verwys na die
uitsprake in
DE KOCK vs JACOBSON AND ANOTHER
1999(4) SA
346 (WLD) en
ELESANG vs PPC LIME LTD AND OTHERS
2007(6)
SA 328 (NCD).
Mnr. Grobler het
gevolglik betoog dat die vraagstuk uiteengesit in paragraaf 5.1 van
Bewysstuk “A” ten gunste van eerste
verweerderes beslis
moet word.
Mnr. Van der Berg het in
sy betoog verwys na die uitspraak in
SEMPAPALELE vs
SEMPAPALELE AND ANOTHER
2001(2) SA 306 (OPD), waarin Musi, R
(soos hy toe was) op 310F beslis het dat voor Artikels 7(7) en 7(8)
van die Wet op Egskeiding
op die wetboek geplaas was, ʼn party
se pensioenbelang nie geag was `n bate in sy boedel te wees nie en
gevolglik het dit
nie deel gevorm van die gemeenskaplike boedel van
sodanige party en sy eggenoot nie. Mnr. Van der Berg het ook verwys
na die
uitsprake in
OLD MUTUAL LIFE ASSURANCE CO (SA) LTD AND
ANOTHER vs SWEMMER
2004(5) SA 373 (SCA) en
ELESANG vs
PPC LIME LTD AND OTHERS
,
supra
, waarin dieselfde
mening gehuldig is. Wat betref die uitspraak in
GOVERNMENT
EMPLOYEES PENSION FUND vs NAIDOO
,
supra
, waarna mnr.
Grobler ook verwys het, het mnr. Van den Berg betoog dat die
omstandighede van daardie geval anders was as in die
onderhawige
geval, aangesien dit, aldus sy betoog, gehandel het met ʼn
lompsom betaling wat ten tyde van die egskeiding reeds
aan die
tersaaklike party betaalbaar was en dus deel gevorm het van die
gemeenskaplike boedel van die partye. Daarteenoor, aldus
sy verdere
betoog, het die toekomstige pensioenbetalings in die onderhawige
geval nog nie eiser toegeval nie en is dit tans nog
nie aan die
eiser betaalbaar nie - dit val eiser eers elke toekomstige maand toe
en is dit gevolglik nog nie opeisbaar en betaalbaar
aan eiser nie en
dus ook nie aan eerste verweerderes nie. Derhalwe vorm hierdie
toekomstige maandelikse pensioenbetalings nie
ooreenkomstig die
gemenereg word `n bate in eiser se boedel nie.
Gevolglik het mnr. Van
der Berg aan die hand gedoen dat die vraagstuk in paragraaf 5.1 van
Bewysstuk “A” teen eerste
verweerderes beslis moet word.
In sy repliek, het mnr.
Grobler uitgewys dat wat Artikel 7(7) se plasing op die wetboek
gedoen het, is om ʼn fiksie te skep.
Dit skep ʼn fiksie deur
te bepaal dat die pensioenbelang wat nog nie die tersaaklike party
toegeval het nie en derhalwe nog
nie binne sy boedel val nie, geag
moet word binne sy boedel en dus binne die gemeenskaplike boedel te
val. In die onderhawige
geval het eiser egter reeds bedank en is
daardie reg reeds gevestig.
Tersaaklike
regsbeginsels en regspraak ten opsigte van die eerste vraagstuk:
In Artikel 1 van die Wet
op Egskeiding word “pensioenbelang”, onder andere, as
volg omskryf (ek verwys slegs na die
gedeelte wat na my mening
tersaaklik is in die onderhawige geval):

Pensioenbelang,
met betrekking tot ʼn party in ʼn egskeidingsgeding wat –
(a) ʼn lid is van ʼn
pensioenfonds ..., die voordele waarop daardie party as so ʼn lid
ingevolge die statute van daardie
fonds geregtig sou gewees het as sy
lidmaatskap van die fonds op die datum van die egskeiding beëindig
sou geword het weens
sy bedanking uit sy betrekking;
(b) ...”
Die tersaaklike gedeeltes
(vir doeleindes van hierdie geding) van Artikel 7 van die Wet op
Egskeiding lees as volg:

7(7)(a) By
die bepaling van die vermoënsregtelike voordele waarop die
partye in enige egskeidings-geding geregtig is, word
ʼn party se
pensioenbelang, behoudens paragrawe (b) en (c) geag deel van sy bates
te wees.
(b) ...
(c) ...
(8) Ondanks die bepalings van enige
ander wet of van die statute van enige pensioenfonds –
(a) kan die hof wat ʼn
egskeidingsbevel ten opsigte van ʼn lid van so ʼn fonds
verleen, ʼn bevel gee dat –
(i) enige deel van die pensioenbelang
van daardie lid wat uit hoofde van subartikel (7) die ander party in
die betrokke egskeidingsgeding
toekom of aan hom toegewys word, deur
daardie fonds aan daardie ander party betaal moet word wanneer enige
pensioenvoordele ten
opsigte van daardie lid toeval;
(ii) die griffier van die betrokke hof
onverwyld die betrokke fonds in kennis stel dat ʼn aantekening in
die rekords van daardie
fonds gemaak word dat daardie deel van die
betrokke pensioenbelang aldus aan daardie ander party betaalbaar is
en dat die administrateur
van die pensioenfonds, binne een maand van
ontvangs van sodanige kennisgewing, skriftelike bewys van sodanige
aantekening aan die
griffier lewer;
(b) is enige wet wat van toepassing is
met betrekking tot die vermindering, oormaking, oordrag, sedering,
verpanding, verhipotekering
of inbeslagneming van die
pensioenvoordele, of enige reg ten opsigte daarvan, in daardie fonds,
mutatis mutandis
, met betrekking tot daardie ander party se
reg ten opsigte van daardie deel van die betrokke pensioenbelang.
Uit voormelde definisies
blyk dit duidelik dat Artikels 7(7) en 7(8) van die Wet op
Egskeiding handel met ʼn pensioenbelang
wat op datum van
egskeiding nog nie die tersaaklike lid toegeval het nie. Hierdie
artikels kan, soos tereg deur al drie regsverteenwoordigers

uitgewys, gevolglik nie in die onderhawige geval enigsins toepassing
vind nie. Dit is ook aldus bevind in
GOVERNMENT EMPLOYEES
PENSION FUND vs NAIDOO AND ANOTHER
,
supra
, op 305J
tot 306B waar daar met verwysing na die bepalings van Artikel 7(7)
en 7(8) van die Wet op Egskeiding as volg beslis
is:

What these
provisions envisage is an award to the non-member spouse of any part
of the member spouse’s ‘interest’
calculated as at
the date of the divorce but with effect from some time in the future
when the pension benefit accrues to the member’s
spouse.
(Compare
Old
Mutual Life Assurance Co. (SA) Ltd and Another vs Swemmer 2004 (5) SA
373 (SCA)
in para [18].) Once the pension benefit has accrued, the provisions
of
ss 7(7)
and
7
(8) are no longer applicable (see
De
Kock vs Jacobson and Another
1999 (4) SA 346
(W) at 349 F to G
).
In the present case, Mr. Naidoo resigned from his post as the
Clarewood Hospital in February 2004. By reason of his resignation,
he
ceased to be a member of the appellant (the Fund) … His
pension benefit thereupon accrued to the joint estate of himself
and
his wife. An order in terms of
ss 7(7)
and
7
(8) of the
Divorce Act
was
accordingly no longer competent.”
Ek meen dat dit op
hierdie stadium gepas is om daarop te wys dat nadat die onderhawige
aangeleentheid geargumenteer is, het mnr.
Van der Berg aanvullende
betoogshoofde geliasseer (waarvoor hy bedank word), welke ook op
eiser en eerste verweerder se onderskeie
prokureurs van rekord
beteken is. Die doel van hierdie betoogshoofde, soos ook spesifiek
daarin vermeld, was om ʼn uitspraak
onder my aandag te bring wat
sedertdien deur die Hoogste Hof van Appèl gelewer is op 31
Mei 2011 in die aangeleentheid
van
ESKOM PENSION AND PROVIDENT
FUND vs KRUGEL AND ANOTHER
, saaknommer 689/2010, ʼn
afskrif waarvan aangeheg was tot voormelde betoogshoofde. Dit was ʼn
ongeopponeerde appèl
teen die uitspraak van die Hof
a quo
waar die Hof
a quo
ʼn aansoek in terme van Artikel 30P
van die Wet op Pensioenfondse, Wet 24 van 1956 (hierinlater na
verwys as “die Wet
op Pensioenfondse”), vir die
hersiening van tweede respondent se tersaaklike beslissing, van die
hand gewys het. Die beslissing
van tweede respondent het appellant
verplig om `n aantekening in sy rekords te maak met betrekking tot
eerste respondent se reg
op betaling van `n gedeelte van van haar
gewese man, die lid, se pensioenvoordeel aan haar wanneer dit aan
hom betaalbaar is.
Die agtergrondfeite blyk uit paragraaf [2] van
die uitspraak en verder:

[2] Krugel
resigned from Eskom on 31 January 1993. Upon his resignation, he
elected to defer his pension benefit in the Fund in
accordance with
Rule 30(2)
of the Fund’s rules and thus became a deferred
pensioner. He and the first respondent were divorced on 14 September
2001.
The settlement agreement which they concluded and was made an
order of court recorded,
inter
alia
,
that:

[Krugel] is
a member of a pension fund and has a pension interest in the Eskom
Pension Fund. The parties have agreed that the first
respondent is
entitled to 25% of [Krugel’s] pension interest with Eskom
Pension Fund as calculated on date hereof, payable
to the [first
respondent] as soon as [Krugel] becomes entitled to the pension
benefits. [Krugel’s] attorneys … will
secure the
registration of an endorsement against the record of the
aforementioned pension fund, in order to register the above
provision
against it. [Krugel] undertakes to give on demand any assistance
needed in connection with the above.’
[3] However, when approached, the Fund
refused to register the required endorsement against its records on
the basis that the divorce
was granted after Krugel had already
elected to become a deferred member and no longer had a pension
interest in the Fund as contemplated
in the
Divorce Act 70 of 1979
,
read together with s 37D of the Pension Funds Act. This prompted the
first respondent to lodge a complaint in terms of s 30A of
the
Pension Funds Act …
[4] The second respondent, relying on
the provisions of s 37D(6) of the Pension Funds Act, found that the
provisions of s 37D(4)(d)
– which deem the accrual date to a
member of ‘any portion of the pension interest assigned to the
non-member’s
spouse in terms of the decree of divorce’ –
include a deferred or preserved benefit to be regarded as pension
interest
capable of being shared upon divorce and that the fact that
Krugel’s ‘benefit was deferred or preserved until the age

of 55 does not affect the right of the non-member spouse to obtain
her share as at the date of divorce’. She concluded that
the
benefit was deemed, in terms of s 37D(4)(a) of the Pension Funds Act,
to have accrued to the member spouse on the date on which
the decree
of divorce was granted. Thus, she upheld the complaint and made an
order against the Fund in terms of which it was ordered
to pay the
first respondent or transfer her portion of the pension interest to a
pension fund (depending on her election) in terms
of s 37D(4)(b)(i)
and (iii) of the Pension Funds Act.
[5] The Fund was not satisfied with
the second respondent`s determination and, in challenge, launched a s
30P application, the result
of which is the subject of this appeal.
The court below upheld the second respondent`s findings and
conclusion. ”
Soos deur mnr. Van der
Berg in sy betoogshoofde uitgewys, het die Hoogste Hof van Appèl
beslis dat waar `n lid bedank het
voor sy egskeiding, het hy nie meer
`n pensioenbelang vir doeleindes van Artikels 7(7) en 7(8) van die
Wet op Egskeiding nie. Daar
is as volg in paragraaf [12] van die
uitspraak beslis:
[12] Here, as indicated above, Krugel
resigned from his job at Eskom on 31 January 1993, long before his
divorce. His pension interest,
which is a benefit determinable only
at the date of an employee’s resignation, had already become
payable to him before the
divorce. Clearly, he could not again be
deemed to become entitled to a resignation benefit. He simply no
longer had a pension interest
for purposes of
ss 7(7)
and
7
(8) of the
Divorce Act and
s 37D(4)(a) of the Pension Funds Act, which is
specifically designed for purposes of section 7(8)(a). An order
premised on the
terms of these provisions, therefore, was no
competent.’
Dit is dus `n soortgelyke
bevinding as wat in voormelde
GOVERMENT EMPLOYEES PENSION
FUND
-uitspraak gemaak is, waarna ek reeds in paragraaf 16
hierbo verwys het.
Gevolglik moet mnr.
Grobler se betoog waarop hy wél steun vir doeleindes van die
eerste vraagstuk, synde dat sodra ʼn
pensionbelang ʼn lid
toeval, dit ʼn bate in die gemeenskaplike boedel van daardie lid
en sy/haar eggenote/eggenoot vorm,
deurdat dit verander vanaf ʼn
pensioenbelang na `n voordeel of reg, oorweeg word.
[19] In
DE
KOCK vs JACOBSON AND ANOTHER
,
supra
,
was spesifiek ook maandelikse pensioenbetalings, soos in die
onderhawige geval ter sprake. Die aangeleentheid, wat voortgespruit

het uit `n dispuut met betrekking tot `n akte van dading gesluit
tussen die partye, het as `n gestelde saak voor die Hof gedien.
Die
partye was in gemeenskap van goedere getroud. Ten tyde van die
egskeiding was die applikant reeds met pensioen en was hy geregtig
op
ʼn maandelikse pensioen wat hy maandeliks ontvang het en steeds
sal ontvang tot en met sy dood en was hy voorts geregtig
op die
betaling van ʼn lompsom bedrag. Die tweede respondent, synde die
applikant se gewese eggenote, het beweer dat applikant
se maandelikse
pensioenbetalings `n boedelbate is wat vatbaar is vir verdeling,
terwyl die applikant die teendeel beweer het. Die
Hof moes dus die
regsvraag beslis of die applikant se reg op die maandelikse
pensioenbetalings betaalbaar aan applikant in terme
van die reëls
van die tersaaklike pensioenfonds, ʼn boedelbate is wat vatbaar
is vir verdeling. Die Hof het op dieselfde
basis as in die
GOVERNMENT
EMPLOYEES PENSION FUND
-beslissing bevind
het dat die bepalings van Artikel 7(7) van die Wet op Egskeiding nie
in sodanige geval toepassing vind nie. Die
Hof het egter wel op 349B
beslis dat alwaar die pensioen die applikant toegeval het voor die
egskeiding, “
the pension interest was converted into a
(an accrued) right”
. Daar is dan in die uitspraak
as volg voortgegaan op 349H en verder:

The question
then remains whether the right to the pension is part of the
community of property. There is to my mind no reason in
principle why
the accrued right to the pension should not form part of the
community of property existing between the parties prior
to the
divorce. …See
Hahlo
(
op
cit
at
161), where he says:

The joint
estate consists of all the property and
rights
of
the spouses which belonged to either of them at the time of the
marriage or which were acquired by either of them during the

marriage.’ (Eie beklemtoning)
The right to a pension is a right
which vests in the parties to a marriage in community of property in
undivided shares. …
The applicant conceded that the cash
part of the rights which accrued to the applicant on his retirement
fall within the community
of property.
The right which was
exercised against the pension fund had two components, a right to a
cash payment and a right to monthly payments
by way of pension. There
is no logical or legal reason why both the component rights should
not form part of the joint estate
. (Eie beklemtoning)
Accordingly the answers to the
questions put are these:
1. The right to the pension which
accrued in 1996 is not a pension interest in terms of the
Divorce Act
70 of 1979
.
2. The right to the pension is an
asset in the joint estate.”
[20] Voormelde uitspraak
is ook gevolg in
ELESANG vs PPC LIME LTD AND OTHERS
,
supra
, waarna mnr. Grobler ook in sy betoog verwys het. Hoewel
daar in daardie geval nie maandelikse pensioenbetalings ter sprake
was
nie, meen ek dat die besliste beginsels steeds in die onderhawige
geval toepassing vind. In die uitspraak is ʼn onderskeid getref

tussen ʼn “pension
interest
”, welke nog nie ʼn
lid toegeval het nie, en ʼn “pension
benefit
”,
synde waar sodanige pensioenvoordeel wel reeds die lid toegeval het
teen datum van egskeiding. Daar is toe ook spesifiek
beslis dat
sodanige pensioenvoordeel wat reeds ʼn lid toegeval het voor
egskeiding, inderdaad deel vorm van die gemeenskaplike
boedel. In die
verband is daar as volg op 333E tot H beslis:

[19] This
does not, however, mean that the applicant will not be entitled, in
the divorce action, to any part of the pension
benefits
which have accrued to the third respondent.
[20] As already pointed out a pension
interest
does not by common law form part of the assets of a
joint estate. A distinction must, however, be drawn between a pension
interest
which has not yet accrued and one which has accrued
and has in the process been converted into a pension
benefit
(see
Sempapalele vs Sempapalele and Another (supra)
at 311).
In the case of a pension
benefit
the accrued right would form
part of the joint estate (see
De Kock vs Jacobson and Another
(supra)
at 349 H,
Sempapalele vs Sempapalele and Another
(supra)
at 311 C and
Maharaj vs Maharaj and Others (supra)
at 650-1).
[21] … The fact is that the
accrued right (pension
benefit
) is in any event going to be
part of the joint estate and, in principle at least, the applicant is
going to be entitled to one
half of the nett value of that estate …”
[21] In die
ongerapporteerde uitspraak in
HEATHER CLARK
MARIA vs HEATHER CLARK PETER BRIAN
,
saaknommer 36245/2007, gelewer deur die Transvaalse Provinsiale
Afdeling (soos dit toe bekend was) op 28 Augustus 2008, waarin
ook
maandelikse pensioenbetalings waarvan die reg daartoe die lid
toegeval het voor datum van egskeiding ter sprake was, is insgelyks

in paragraaf 26 van die uitspraak as volg beslis:

The
respondent was a member of the TPA pension fund from which he retired
on 30 December 1992 whereupon his pension interest was
converted into
a right to a monthly pension payment which in turn constituted an
asset in his estate.”
By my nalees en
bestudering van die ongerapporteerde beslissing van die Hooste Hof
van Appél in
ESKOM PENSION AND PROVIDENT FUND
,
supra
, kon ek niks in daardie uitspraak vind wat voormelde
beslissings waarin bevind is dat ʼn pensioenvoordeel wat ʼn
party
toegeval het voor datum van egskeiding, wat insluit die reg op
toekomstige maandelikse betalings, ooreenkomstig die gemenereg binne

die gemeenskaplike boedel van die partye val, omverwerp nie.
Inteendeel, na my mening bevestig daardie uitspraak juis
laasgenoemde
beginsel wat die toekomstige maandelikse
pensioenbetalings betref. Die lid het in daardie geval bedank voor
datum van egskeiding
en het hy die opsie van `n “uitgestelde
pensioen” gekies wat tot gevolg gehad het dat sy
pensioenvoordeel, ooreenkomstig
die reëls van die fonds, aan
hom betaal sou word op `n toekomstige datum wat tussen sy 50ste en
60ste verjaarsdag val. Sien
paragraaf [2] van die uitspraak,
saamgelees met voetnoot 2 daartoe. Soos reeds uitgewys, het die hof
bevind dat Artikels 7(7)
en 7(8) van die Wet op Egskeiding nie van
toepassing is nie, omdat, aldus die bevinding, die pensioenvoordeel
hom toegeval het
voor datum van egskeiding – dus,
nieteenstaande die feit dat hy die opsie gekies het dat dit eers in
die toekoms
betaalbaar
sal wees. Dit is dus in wese `n
soortgelyke situasie as die onderhawige – hoewel die
pensioenvoordeel eers in die toekoms
(maandeliks) betaalbaar is
(soortgelyk as die uitgestelde pensioenbetaling), het dit,
ooreenkomstig daardie uitspraak, eiser
reeds toegeval voor datum van
egskeiding. Daar is dus geen rede waarom die toekomstige maandelikse
pensioenbetalings, nie as
`n bate binne eiser se boedel en dus binne
die gemeenskaplike boedel val nie.
Gevolglik is ek van
mening dat die eerste vraagstuk in paragraaf 5.1 van bewysstuk A,
ten gunste van eerste verweerderes beslis
moet word.
Betoë namens die
partye ten opsigte van die tweede vraagstuk:
[24] Wat die tweede
vraagstuk betref, het mnr. Grobler betoog dat Artikel 37A van die Wet
op Pensioenfondse nie van toepassing is
in ʼn geval soos die
onderhawige nie, omdat in hierdie geval dit nie meer handel met ʼn
pensioenbelang nie, maar met ʼn
reg of vorderingsreg wat die
gemeenskaplike boedel toekom, waarvan eerste verweerderes die helfte
eienaar is. Aldus sy betoog kan
die tersaaklike wetgewing in ieder
geval nie enige gemeenregtelike regte waarop eerste verweerderes
geregtig is, haar ontneem op
ʼn wyse dat sy nie daardie reg
teenoor tweede en derde verweerders kan afdwing nie. Sy verdere
submissie was dat Artikel 37A
van die Wet op Pensioenfondse op die
wetboek geplaas is om pensioenbelange te beskerm teen derde partye,
terwyl in die onderhawige
geval eerste verweerderes ʼn direkte
vorderingsreg ten opsigte van die pensioenvoordele teenoor die
tersaaklike pensioenfondse,
synde tweede en derde verweerders, het.
Mnr. Van der Berg het
betoog dat Artikel 37A van die Wet op Pensioenfondse ʼn totale
diskwalifikasie bevat met betrekking
tot die vermindering, oordrag
of inbeslagneming van pensioenvoordele, ten opsigte waarvan daar
pertinent drie uitsonderings vervat
is in Artikels 37B, 37C en 37D,
waarvan nie een in die onderhawige geval van toepassing is nie.
Gegewe dat die Wet, aldus mnr.
Van der Berg se betoog, baie duidelik
in die verband is, het hy aan die hand gedoen dat ek nie by magte is
om tweede en derde
verweerders te gelas om 50% van die toekomstige
maandelikse pensioenbetalings aan eerste verweerderes te maak nie.
Tersaaklike
regsbeginsels en regspraak ten opsigte van die tweede vraagstuk:
Soos ter aanvang deur
mnr. Van der Berg betoog is, was die gemeenregtelike posisie tot
dien effekte dat ʼn party se pensioenbelang
wat op datum van
egskeiding hom nog nie toegeval het nie, nie `n bate in sodanige
party se boedel was nie en het dit dus ook
nie deel gevorm van ʼn
gemeenskaplike boedel nie. Sien
SEMPAPALELE vs SEMPAPALELE AND
ANOTHER
2001(2) SA 306 (O) op 310F;
MAHARAJ vs MAHARAJ
[2002] 2 ALL SA 34
(D) op 37B;
OLD MUTUAL LIFE ASSURANCE CO
(SA) LTD AND ANOTHER vs SWEMMER
2004(5) SA 373 (SCA) op 383D
en
ELESANG vs PPC LIME LTD AND OTHERS
,
supra
,
op 332G tot H. Die invoering van die omskrywing van “pensioenbelang”
in Artikel 1 van die Wet op Egskeiding, tesame
met Artikels 7(7) en
7(8) daarvan, het hierdie gemeenregtelike posisie verander deur `n
fiksie te skep deur te bepaal dat ʼn
pensioenbelang van een
party wat op datum van egskeiding nog nie daardie party toegeval het
nie,
geag
moet word sodanige party toe te val op datum van
egskeiding en
geag
moet word deel te wees van sodanige party
se boedel by die bepaling van die vermoënsregtelike voordele
waarop die partye
in `n egskeidingsgeding geregtig is.
Daar sou egter nie
uiting gegee kon word aan voormelde wysiging van die gemenereg nie,
aangesien Artikel 37A(1) die vermindering
of oordrag van
pensioenvoordele verbied. `n Geparafraseerde gedeelte van Artikel
37A(1) van die Wet op Pensioenfondse lees as
volg:

37A.
Pensioenvoordele kan nie verminder, oorgedra of in beslag geneem word
nie.
– (1) Behalwe in die mate by hierdie Wet ... veroorloof, kan
geen voordeel waarvoor in die statute van ʼn geregistreerde
fonds
voorsiening gemaak word ... of reg op so ʼn voordeel, of reg ten
opsigte van bydraes deur of ten behoewe van ʼn lid
gestort ...
verminder, oorgedra of andersins gesedeer of verpand of met verband
beswaar word nie, of ingevolge ʼn vonnis of
bevel van ʼn
geregshof in beslag geneem of aan enige vorm van tenuitvoerlegging
onderwerp word nie ... en in die geval waar
die betrokke lid of
bevoordeelde poog om so ʼn voordeel of reg oor te dra of
andersins te sedeer, of om dit te verpand of met
verband te beswaar,
kan die betrokke fonds betaling daarvan terughou of opskort ...”
Gevolglik is Artikel
37D(1)(d)(i) van die Wet op Pensioenfondse op die wetboek geplaas ten
einde uitvoering te kan gee aan die voormelde
bepalings van Artikel 1
en Artikels 7(7) en 7(8) van die Wet op Egskeiding. Dit lees as volg:

`n
Geregistreerde fonds kan...aftrek van `n lid se voordeel of minimum
individuele reserwe, na gelang van die geval...enige bedrag
wat uit
bedoelde voordeel of minimum reserwe aan `n nie-lid eggenoot
ingevolge `n bevel kragtens artikel 7(8)(a) van die Wet op

Egskeiding...toegewys is.”
Soos egter blyk uit die
regspraak waarmee ek reeds gehandel het en op welke basis ek dan ook
die eerste regsvraag ten gunste van
eerste verweerderes beslis het,
was en is dit steeds die gemeenregtelike posisie dat ʼn
pensioenbelang wat vóór
datum van egskeiding ʼn
party toeval, wél `n bate in sy boedel vorm en dus ook in die
gemeenskaplike boedel van sodanige
party en sy eggenoot val. Anders
as in die geval waar die voordeel op datum van egskeiding nog nie
die lid toegeval het nie,
het die bepalings van die Wet op
Egskeiding het nie hierdie gemeenregtelike posisie verander nie.
Daar was gevolglik, na my mening,
dus regtens geen gefundeerde rede
waarom die wetgewer nodig gehad het of sou bedoel het om in die Wet
op Pensioenfondse met hierdie
regsposisie te handel nie. Dit blyk
duidelik uit voormelde Artikel 37D(1)(d)(i) dat die wetgewer daarin
slegs handel met ʼn
situasie waar daar `n aftrekking van `n lid
se pensioenvoordeel plaasvind ooreenkomstig die bepalings van
Artikel 7(8)(a) van
die Wet op Egskeiding. Daar blyk dus geen
bepaling in die wetgewing te wees wat die fonds magtig tot
aftrekkings van pensioenvoordele
in omstandighede soos die
onderhawige nie, synde waar die pensioenvoordeel reeds die
begunstigde toegeval het voor die datum
van egskeiding en Artikel
7(8) van die Wet op Egskeiding dus nie toepassing vind nie.
In die gemenereg was en
is daar geen regsbasis waarop `n nie-lid `n pensioenfonds
voortspruitend uit `n egskeidingsgeding sou kon
verplig om `n
aftrekking op `n pensioenvoordeel van `n lid direk aan die nie-lid te
betaal nie. Die vorderingsreg wat `n nie-lid
op die helfte van die
pensioenvoordeel verkry wanneer die voordeel die lid toeval voor
datum van egskeiding, is `n vorderingsreg
teenoor die lid – níe
teenoor die fonds nie. Die gemeenregtelike posisie was dus dat ʼn
party wat geregtig is
op die oorbetaling van die helfte van sodanige
pensioenvoordeel wat op datum van egskeiding reeds die begunstigde
daarvan toegeval
het, sy/haar vorderingsreg direk teenoor sodanige
begunstigde sou moes uitoefen. Hierdie gemeenregtelike posisie blyk
geensins
deur die bepalings van die Wet op Pensioenfondse gewysig te
wees nie. Dit is dus nie `n geval, soos deur mnr. Grobler betoog, dat

die Wet op Pensioenfondse die regte wat die nie-lid in terme van die
gemenereg gehad het, wysig of wegneem nie.
Soos tereg deur mnr. Van
der Berg in sy aanvullende betoogshoofde uitgewys, is daar in die
verband in
ESKOM PENSION AND PROVIDENT FUND vs KRUGEL AND
ANOTHER
,
supra
, beslis dat `n fonds se reg om
aftrekkings van `n pensioenvoordeel te maak uiters beperk is en
slegs gedoen kan word onder omstandighede
spesifiek gemagtig deur
die Wet op Pensioenfondse. In paragraaf [8] en verder van die
uitspraak, is as volg beslis:

[8] A
pension fund’s right to make deductions from a pension benefit
is highly circumscribed and may be exercised only as
expressly
provided by section 37D and 37A of the Pensions Fund Act. Relevant
for present purposes is s 37D which, in subsection
(1)(d)(i), allows
a fund to ‘deduct from a member’s benefit or minimum
individual reserve, as the case may be …
any amount assigned
from such benefit or individual reserve to a non-member spouse in
terms of a decree granted under
section 7(8)(a)
of the
Divorce Act,
1979
’.
[9] The first respondent`s entitlement
(die “entitlement” verwys na die fonds se
verpligting om `n aantekening in hul rekords te maak ten opsigte van
eerste
respondent se regte op die pensioenvoordeel)
, if any
must therefore derive from the provisions of
ss 7(7)
and
7
(8) of the
Divorce Act...
>
[10] …
[11] … Once the pension benefit
has accrued...at which time the pension interest converts into a
pension benefit, the provisions
of
ss 7(7)
and
7
(8) are no longer
applicable.
[12] … He simply no longer had
a pension interest for purposes of
ss 7(7)
and
7
(8) of the
Divorce
Act and
s 37D(4)(a) of the Pension Funds Act, which is specifically
designed for purposes of section 7(8)(a). An order premised on the
terms of these provisions, therefore, was not competent.
[13] ….
[14] …
[15] Finally, it should be mentioned
that this finding does not leave the first respondent without remedy.
The divorce settlement
agreement between her and Krugel …
remains binding. It is therefore open to her to claim her share of
his deferred pension
benefit when it is claimed by him after reaching
the age of 55 years.”
Die appél is
gevolglik gehandhaaf op die basis dat die appellant fonds nie verplig
was om so aantekening in hul rekords te
maak en `n betaling
voortspruitend daaruit aan eerste respondent te maak nie.
Na my mening is daar
gevolglik geen basis waarop die tweede vraagstuk ten gunste van
eerste verweerderes teen eerste en tweede
verweerders beslis kan
word nie.
Koste:
Wat die koste betref,
blyk dit ʼn redelike komplekse situasie te wees waarbinne ek my
diskresie moet uitoefen.
Wanneer daar teruggegaan
word na die pleitstukke, in besonder paragraaf 4 van eerste
verweerderes se gewysigde teeneis, saamgelees
met bede 4 daarvan,
blyk dit uit eiser se gewysigde verweerskrif op die teeneis dat
eiser erken het dat eiser ʼn lid is van
tweede en derde
verweerders, dat die pensioenvoordele deel vorm van die
gemeenskaplike boedel en dat eerste verweerderes geregtig
is op 50%
van die pensioenvoordele, dat tweede en derde verweerders verplig is
om aan eerste verweerderes 50% van die kapitale
waarde soos op datum
van egskeiding te betaal, alternatiewelik dat tweede en derde
verweerders verplig is om 50% van die maandelikse
pensioenvoordele
wat betaal word deur tweede en derde verweerders aan eiser, aan
eerste verweerderes uit te betaal.
Die enigste aspek wat
eiser ten opsigte van voormelde betwis het, was tot dien effekte dat
dit eiser se saak was dat eerste verweerderes
nie geregtig is op 50%
van die totale boedel (dus ingesluit die pensioenvoordeel) en dan
addisioneel daartoe ook op verdere onderhoud
en medies nie. Aldus
eiser is eerste verweerderes net geregtig op `n bevel van egskeiding
en verdeling van die gemeenskaplike boedel
(ingesluit die
pensioenvoordeel).
Selfs in die skriftelike
betoogshoofde wat namens eiser ten opsigte van die gestelde saak
geliasseer is, was dit eiser se standpunt
dat “hy nie die eise
van eerste verweerderes teenstaan in soverre dit enige
pensioenbelang aanbetref nie”. (paragraaf
40 van eiser se
skriftelike betoogshoofde)
Inteendeel, mnr. Heymans
het so ver gegaan as om in paragrawe 42 en 43 van die skriftelike
betoogshoofde te beweer dat dit nie duidelik
is op welke gronde
tweede en derde verweerders hul verset teen die aansprake van eerste
verweerderes nie en is daar voorts die
reg namens eiser voorbehou om
ʼn bestraffende kostebevel “teen verweerders en in besonder
tweede en derde verweerders
aan te vra indien dit blyk dat hulle
opponering hiervan onjuridies en onhoudbaar is”.
By die aanvang van die
verrigtinge het mnr. Heymans onder andere as volg aangedui:

Ons gaan nie
standpunt inneem dat sy reg is nie. Ons sit neutraal terug. Dit is
nie ons geveg nie. Ons is bereid om haar 50% te
gee van wat ons
toeval en as dit blyk dat die bedrag van omtrent R1,7 miljoen val wel
in die gemeenskaplike boedel en die tweede
en derde verweerders moet
dit betaal, good for her.” [
sic
]
Terselfdertyd het mnr.
Heymans egter meerdere kere aangedui dat na heroorweging van die
regsposisie, eiser van oordeel is dat die
maandelikse
pensioenbetalings nie `n pensioenbelang daarstel waarop eerste
verweerderes geregtig is nie.
Nadat bewysstuk A ontvang
is en ek ooreenkomstig die bepalings van Hofreël 33(4) gelas het
dat die twee vraagstukke in Bewysstuk
A apart bereg word, het mnr.
Heymans die betoog namens eiser geopen en het hy in direkte kontras
met eiser se pleitstukke, betoog
en aan die hand gedoen dat eerste
verweerderes, uit ʼn juridiese oogpunt, nie geregtig is op enige
vorderings ten opsigte van
eiser se pensioenvoordele nie en het hy
betoog dat beide die vraagstukke uiteengesit in bewysstuk A, teen
eerste verweerderes beslis
moet word. Hoewel mnr. Heymans spesifiek
aangetoon het dat eiser steeds bereid is om 50% van die
pensioenbetalings wat hy per maand
in die toekoms gaan ontvang aan
eerste verweerderes te betaal, is hierdie aanbod nie op die basis dat
eerste verweerderes daarop
geregtig is as synde dat dit deel vorm van
die gemeenskaplike boedel nie, maar word dit as onderhoud aangebied.
Gegewe
dat laasgenoemde argumente met ander woorde gerig was teen `n
bevinding ten gunste van eerste verweerderes wat die twee

vraagstukke in bewysstuk A betref, terwyl ek nou die eerste
vraagstuk wel ten gunste van eerste verweerderes beslis het, meen
ek
dat dit derhalwe geag moet word dat eerste verweerderes 50%
suksesvol jeens eiser was. Wat die tweede vraagstuk betref, meen
ek
dat dit `n aspek is wat eiser in wese glad nie raak nie en is dit na
my mening, vir doeleindes van koste, dus irrelevant teenoor
eiser
dat eerste verweerderes nie hiermee suksesvol was nie. As eiser
volstaan het met die houding wat hy in die pleitstukke
gehad het en
nie aktief die onderhawige gestelde saak teen eerste verweerderes
opponeer het nie, sou die resultaat uiteraard
anders (ten gunste van
eiser) gewees het. Alwaar eiser egter sy standpunt rakende die
regsposisie verander het en aktief daarmee
volhard het, meen ek dat
eiser
vis-à-vis
eerste
verweerderes aanspreeklik behoort te wees vir 50% van eerste
verweerderes se regskoste ten opsigte van die gestelde saak.
Wat
eiser se posisie
vis-à-vis
tweede
en derde verweerders betref, meen ek dat mnr. Van der Berg tereg ten
tyde van sy argument aan die hand gedoen het dat dit
belangrik is om
in ag te neem dat eerste verweerderes die tweede en derde
verweerders gevoeg het nadat die aksie begin is en
dat daar derhalwe
nie werklik ʼn nexus is tussen eiser aan die een kant en tweede
en derde verweerders aan die ander kant
nie. Ek is gevolglik van
mening dat eiser nie in hierdie omstandighede met betrekking tot die
gestelde saak op enige wyse aanspreeklik
gehou kan of behoort te
word vir enige koste van tweede en derde verweerders nie, en ook nie
vice versa
nie.
Wat
die posisie tussen eerste verweerderes aan die een kant en tweede en
derde verweerders aan die ander kant betref, is dit so
dat gegewe my
bevinding op die meriete van die twee vraagstukke uiteengesit in die
gestelde saak, dit in effek tot gevolg het
dat eerste verweerderes
50% suksesvol was
vis-à-vis
tweede
en derde verweerders, maar dat tweede en derde verweerders insgelyks
50% suksesvol was
vis-à-vis
eerste
verweerderes. Onder sodanige omstandighede meen ek in die
uitoefening van my diskresie dat dit reg en billik is dat eerste

verweerderes aan die een kant en tweede en derde verweerders aan die
ander kant elk 50% van mekaar se regskoste behoort te betaal.
Gevolglik word die
volgende bevele gemaak:
Ten opsigte van die
vraagstukke vervat in paragraaf 5 van die gestelde saak uiteengesit
in bewysstuk A, word as volg bevind:
Ten opsigte van
paragraaf 5.1, word ten gunste van eerste verweerderes bevind dat
die maandelikse pensioenbetalings van eiser
binne die
gemeenskaplike boedel val.
Ten opsigte van
paragraaf 5.2, word bevind dat eerste verweerderes nie geregtig is
tot ʼn bevel ter betaling daarvan teen
tweede en derde
verweerders nie.
Ten opsigte van die
koste:
2.1 Wat eiser betref,
word eiser gelas om sy eie koste ten opsigte van die gestelde saak en
die argumentering daarvan, te betaal.
Eiser word voorts gelas om 50%
van eerste verweerderes se koste van die gestelde saak en die
argumentering daarvan, te betaal.
2.2 Wat eerste
verweerderes betref, word sy gelas om 50% van tweede en derde
verweerders se koste ten opsigte van die gestelde saak
en die
argumentering daarvan, te betaal.
2.3 Wat tweede en derde
verweerders betref, word hul gelas om 50% van eerste verweerderes se
koste van die gestelde saak en die
argumentering daarvan te betaal,
welke betaling gesamentlik en afsonderlik moet geskied, betaling deur
die een die ander kwytgeskeld
te word.
____________
C. VAN ZYL, R
Namens die eiser: Adv.
P.J. Heymans
In opdrag van:
Cooper Majiedt Ing.
BLOEMFONTEIN
Namens die eerste
verweerderes: Adv. S. Grobler
In opdrag van:
Honey Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens die tweede en
derde verweerders: Adv.
P. van der Berg
In opdrag van:
McIntyre & Van der
Post
BLOEMFONTEIN