Hattingh v Hattingh (4210/2010) [2011] ZAFSHC 108 (30 June 2011)

45 Reportability
Civil Procedure

Brief Summary

Appeal — Leave to appeal — Application for leave to appeal against summary judgment — Applicant contending that the court erred in granting summary judgment without considering the merits of the defense — Legal principles regarding reasonable prospects of success on appeal — Court finding that the applicant failed to demonstrate reasonable prospects of success and that the issues raised were not sufficient to warrant leave to appeal.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2011
>>
[2011] ZAFSHC 108
|

|

Hattingh v Hattingh (4210/2010) [2011] ZAFSHC 108 (30 June 2011)

VRYSTAAT
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer : 4210/2010
In
die saak tussen:-
FANTI BEKKER
HATTINGH
.................................
Applikant/Verweerder
en
JOHANNES PETRUS
HATTINGH
..............................
Respondent/Eiser
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN ZYL, R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
27 JUNIE 2011
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
30 JUNIE 2011
_
____________________________________________________
[1] Hierdie is ‘n
aansoek om verlof om te appelleer teen die volgende tersaaklike
gedeelte van die bevel deur my verleen in
summiere vonnis verrigtinge
waarin applikant die verweerder en respondent die eiser was. ,

Ten opsigte
van bedes 1 en 2 van die besonderhede van vordering, word summiere
vonnis ten gunste van eiser verleen in die bedrag
van R5 870 986-67
plus rente teen 10% per jaar bereken vanaf 1 Julie 2010 tot datum van
betaling, tesame met koste op ‘n
skaal soos tussen prokureur en
eie kliënt.”
Geriefshalwe gaan ek na
die partye verwys soos in die aansoek om summiere vonnis.
[2] ‘n Kennisgewing
van aansoek om verlof om te appelleer is namens verweerder geliasseer
en blyk die tersaaklike gronde van
die aansoek die volgende te wees:

1. Deurdat
haar Edele Regter van Zyl fouteer het deur summiere vonnis teen die
verweerder te verleen onder saaknommer 4210/210 ten
aansien van bedes
1 en 2 in die besonderhede van vordering, asook bede 4 daarvan.
2. Deurdat haar Edele Regter van Zyl
die verweerder se verweer soos uiteengesit in sy opponerende
verklaring, naamlik dat die laat
betaling van die eerste paaiement in
die bedrag R733 873.22 op 6 Julie 2010 in plaas van 1 Julie 2010,
deur die eiser gekondoneer
is in die omstandighede deur aanvaarding,
alternatiewelik
bevestiging deur eiser aan sy finansiële
adviseur dat die ooreenkoms kan aangaan al was afhandeling laat, nie
as ‘n
bona fide
verweer vir doeleindes van summiere
vonnis te aanvaar nie.
3. Deurdat haar Edele Regter van Zyl
fouteer het deur te bevind dat die Nasionale Kredietwet, Wet 34 van
2005 nie op die transaksie
tussen die eiser en die verweerder
toepaslik is nie, en dat die eiser bygevolg nie nodig gehad het om te
voldoen aan die bepalings
van Artikel 129 van die Nasionale
Kredietwet nie. Voormelde in die lig van die bepalings van Artikel 4
gelees met Artikel 8(1)(b)
gelees met Artikel 8(4)(f) van Wet 34 van
2005.
......
Deurdat haar Edele Regter van Zyl
fouteer het deur nie oorweging te skenk daaraan dat summiere vonnis
‘n drastiese remedie
is wat die deure vir ‘n verweerder
sluit om sy saak na behore te voer in die omstandighede nie.
Deurdat haar Edele Regter van Zyl
fouteer het, met respek, deur nie haar diskresie uit te oefen,
regterlik, in die omstandighede
teen einde die verweerder die
geleentheid te gun om die aksie wat betref bedes 1, 2 en 4 te
verdedig, op die basis dat die laat
betaling van vyf (5) dae, nie
inderdaad gekondoneer is deur eiser nie, en dat eiser sy eleksie
uitgeoefen het in die omstandighede
nie.”
[3] Ten tyde van Mnr
Zietsman, namens verweerder, se mondelinge betoog in die Hof het dit
dan ook geblyk dat sy argumente geskoei
is op twee basisse:
Dat daar ‘n
redelike moontlikheid bestaan dat ‘n ander Hof tot ‘n
ander gevolgtrekking sal kom wat betref
my interpretasie van Wet 34
van 2005 (hierinlater na verwys as “die Nasionale Kredietwet”
of “die Wet”)
met die resultaat dat sodanige ander Hof
redelikerwys kan bevind dat die ooreenkoms in die onderhawige geval
wel ‘n kredietooreenkoms
daarstel soos bedoel in die
Nasionale Kredietwet.
Dat Eiser die laat
betaling van die ooreengekome paaiement op 6 Julie 2010, in plaas
van 1 Julie 2010, aanvaar het en hom daarin
berus het
(“acquiescence”) en derhalwe afstand gedoen het van sy
reg om die volle uitstaande bedrag te vorder.
[4] Dit is geyk dat by
die oorweging van die vraag of verlof om te appelleer toegestaan moet
word, aldan nie, die toets is of daar
redelike vooruitsigte op sukses
met die voorgenome appèl bestaan, met ander woorde, of daar ‘n
redelike moontlikheid
bestaan dat ‘n ander Hof tot ‘n
ander gevolgtrekking sal kom. Sien
R v BALOI
1949
(1) SA 523
(A) op 524
. Dit is nie voldoende indien die saak wat
die verweerder aanvoer slegs “arguable” of “fairly
arguable”
is nie. ‘n “Blote moontlikheid” op
sukses is nie voldoende nie en is die neergelegde vereiste “’n

redelike vooruitsig op sukses”. Sien
AFRIKAANSE PERS
BEPERK v OLIVIER
1949 (2) SA 890
(O)
.
Interpretasie van die
Nasionale Kredietwet:
[5] Wat Mnr Zietsman se
betoog met betrekking tot die interpretasie van die Nasionale
Kredietwet betref, het hy soortgelyke argumente
voor my gevoer as wat
sy voorganger, Mnr Reinders, ten tyde van die aansoek om summiere
vonnis as sulks gevoer het. Mnr Zietsman
het egter wel ook betoog dat
dit nie eers nodig is om die onderhawige kontrak gesluit tussen die
partye te (probeer) tipeer as
een of ander bepaalde tipe ooreenkoms,
soos byvoorbeeld ‘n skulderkenning wat ter sprake was in die
uitspraak van
CARTER TRADING (PTY) LTD v BLIGNAUT
2010
(2) SA 56
(ECP)
, nie. Dit is Mnr Zietsman se betoog dat ongeag
die aard van die kontrak, dit steeds ‘n kredietooreenkoms
daarstel soos bedoel
in die Nasionale Kredietwet indien dit binne die
definisies vervat in die Wet val. In die verband het hy verwys na die
bepalings
van Artikel 4 van die Wet wat handel met die toepassing van
die Wet en wat as volg lees:

Subject to
Sections 5 and 6, this Act applies to
every
credit agreement
between parties dealing at arm’s length and made within, or
having an effect within, the Republic, except - …..”

(Mnr Zietsman se beklemtoning.)
Waar daar dan in die res
van voormelde Artikel 4 van die Wet uiteengesit is welke ooreenkomste
onder watter omstandighede nie getref
word deur die bepalings van die
Nasionale Kredietwet nie, en die onderhawige kontrak nie binne enige
van daardie uitsluitings val
nie, was dit Mnr Zietsman se betoog dat
die onderhawige kontrak nie van die werking van die Wet uitgesluit
kan word nie. Dit was
sy submissie dat waar ek in paragraaf 18 van my
uitspraak reeds bevind het dat die tersaaklike klousules 4.8 en 4.9
van die kontrak,
saamgelees met klousule 5.5 daarvan, wel binne die
omskrywing van ‘n kredietooreenkoms val soos bedoel in Artikel
8(1)(b),
saamgelees met die bepalings van Artikel 8(4)(f) en 8(4)(d)
van die Wet, dit die einde van die vraagstuk behoort te wees op grond

waarvan ek tot ‘n bevinding moes kom dat die onderhawige
kontrak wel deur die bepalings van die Nasionale Kredietwet getref

word. Hy het aan die hand gedoen dat sodanige uitleg ooreenkomstig
die primêre beginsel van die sogenaamde goue reël
met
betrekking tot die interpretasie van statute daarstel, synde om
uiting te gee aan die normale grammatikale betekenis van die
woorde
gebruik deur die wetgewer in die Wet as sulks.
Addisioneel tot
voormelde, het Mnr Zietsman voorts betoog dat selfs indien die
kontrak oorweeg word aan die hand van die doel van
die Wet, soos
vervat in Artikel 3 van die Wet, die kontrak in die onderhawige geval
steeds getref word deur een of meerdere van
die doelstellings gelys
in Artikel 3(a) tot (i) van die Wet.
[6] Mnr de Bruin, namens
eiser, het daarteenoor betoog dat die korrekte benadering in die
uitspraak gevolg is, deurdat alwaar die
uitleg van die Wet op die
gewone grammatikale betekenis van die woorde daarvan tot ‘n
absurditeit aanleiding gee en tot ‘n
gevolg wat teenstrydig is
met die bedoeling van die wetgewer, daar dan van daardie letterlike
uitleg of betekenis van ‘n
wetsbepaling afgewyk kan en behoort
te word, soos wat ek in die onderhawige geval heeltemal tereg, aldus
sy betoog, gedoen en beslis
het. Verdermeer het Mnr deBruin volhard
met die argumente wat hy ten tyde van die aanhoor van die aansoek om
summiere vonnis voor
my gevoer het, welke ook in my uitspraak vervat
is, en betoog dat dit nie die bedoeling van die wetgewer was dat ‘n
kontrak
soos die onderhawige geag moet word ‘n
kredietooreenkoms te wees soos bedoel in die Wet nie.
[7] Na my mening het ek
reeds volledig in die uitspraak gehandel met die lyn van argument wat
nou weer deur Mnr Zietsman aan my
voorgelê is. Ek het na my
mening gefundeerde redes verskaf, ook met verwysing na tersaaklike
regspraak, oor waarom die interpretasie
wat Mnr Zietsman aanvoer (en
Mnr Reinders ook aangevoer het), nie korrek kan wees nie. Mnr
Zietsman se steun op en argumente met
betrekking tot Artikel 4 van
die Nasionale Kredietwet, maak na my mening geen verskil aan die feit
dat die Wet steeds in totaliteit
beoordeel moet word en ooreenkomstig
die bepalings van Artikel 2 geïnterpreteer
moet
word aan
die hand van die doel van die Wet en dus die bedoeling van die
wetgewer nie. Ek meen dat die uitspraak waarmee ek in paragraaf
24
van my uitspraak gehandel het, synde
VOLTEX v CHENLEZA
2010 (5) SA 267
(KZP)
‘n baie duidelike aanduiding is
dat die blote feit dat ‘n bepaalde ooreenkoms binne die
definisies van die Wet val
(en nie spesifiek by wyse van Artikel 4
uitgesluit word nie), nie noodwendig tot gevolg het dat dit deur die
bepalings van die
Wet getref word nie, omdat daar eerstens uiting
gegee moet word aan die doel van die Wet soos vervat in Artikel 3
daarvan en tweedens
omdat in sodanige vasstelling, daar ook gelet
moet word op die “nature, the subject matter, substance,
purpose and the function
of a particular agreement, as well as the
intention of the parties gathered from their conduct”. Wanneer
dit gedoen word,
soos ek in die uitspraak uiteengesit het, kan ek
steeds nie tot ‘n ander gevolgtrekking kom (en meen ek ook nie
dat `n ander
hof redelikerwys tot `n ander gevolgtrekking sal kom
nie) as dat hierdie kontrak op geen wyse getref kan word deur die
doelstellings
van die Wet en die wyse waarop hierdie doelstellings
bereik moet word soos bepaal in Artikel 3 van die Wet nie. `n Ander
bevinding
sal, vir die redes reeds in my uitspraak vermeld, tot `n
absurditeit lei en `n gevolg hê wat nie die bedoeling van die
wetgewer
kon wees nie.
[8] Vir hierdie redes en
die redes reeds uiteengesit in die uitspraak, is ek ‘n van
mening dat verweerder nie daarin geslaag
het om my tevrede te stel
dat hy, op hierdie basis, redelike vooruitsigte op sukses op appèl
het nie.
Aanvaarding van en
berusting in laat betaling:
[9] Wat die tweede basis
van Mnr Zietsman se betoog betref, synde dat eiser die laat betaling
van die paaiement aanvaar het en berus
het daarin, was hierdie
verweer wel geopper in verweerder se opponerende verklaring. Dit was
egter nie mee voortgegaan deur Mnr
Reinders ten tyde van die
beregting van die aansoek om summiere vonnis nie, deurdat hierdie
punt glad nie in Mnr Reinders se skriftelike
betoogshoofde vervat was
nie en hy dit ook nie enigsins ten tyde van sy mondelinge argumente
voorgehou het nie. Dit is dan ook
die rede waarom ek nie in my
uitspraak daarmee gehandel het nie, maar spesifiek in paragraaf 9 van
my uitspraak die volgende notuleer
het:

Gegewe dat
eiser gevolglik nie meer gesteun het op enige ander verwere dan
laasgenoemde verweer nie, gaan ek derhalwe slegs met
laasgenoemde
verweer handel, uiteraard steeds met inagneming van my diskresie wat
geld by die oorweging van die verlening van summiere
vonnis, aldan
nie.”
[10] Mnr Zietsman het
egter betoog dat Mnr Reinders nooit pertinent die verweer namens
verweerder abandoneer het nie en gegewe dat
dit wel deur verweerder
in sy opponerende verklaring geopper is, verweerder onder sodanige
omstandighede steeds geregtig is om
daarop te steun vir doeleindes
van sy aansoek om verlof om te appelleer. Ek is bereid om hierdie
argument te aanvaar en gaan gevolglik
nou oorweeg of verweerder enige
redelike kans op sukses op appèl met hierdie verweer het.
[11] Hierdie verweer van
verweerder is in paragraaf 5 van sy opponerende verklaring
aangespreek, welke as volg lees:

Die betaling
ten aansien van paaiemente is inderdaad nie gemaak soos vereis in
terme van die kontrak nie, en is gedoen op 6 Julie
2010, maar het die
eiser die laat betaling in terme van die kontrak aanvaar, soos blyk
uit Aanhangsel “B” hiertoe,
‘n skrywe van Johann
Bornman, finansiële adviseur, onderteken deur die eiser,
gedateer 07/07/2010, waarin gemeld word
dat die Eiser ‘
gaan
aan ooreenkoms wat net so aangaan al was afhandeling laat
’.
Hierdeur het die eiser sy eleksie
uitgeoefen om die ooreenkoms in stand te hou, en vir hierdie rede
betaling aanvaar en nie teruggetender
nie.”
Wanneer daar dan gelet
word op die tersaaklike Aanhangsel “B”, bevat die
dokument die kopskrif en logogram van “Johann
Bornman,
Finansiële Adviseurs BK” en word die dokument in die
opskrif daarvan aangedui ‘n “KLIËNTE
NOTULE”
te wees. Die “kliënt” is aangedui as “JP
Hattingh” en is die dokument op 7 Julie 2010
onderteken deur
die kliënt, JP Hattingh, en het Mnr Bornman as getuie geteken.
Mnr Zietsman het betoog dat waar daar onder
punt 2 van die “besluite”
die volgende genotuleer is, dit waarskynlik slaan op die onderhawige
laat betaling en eiser
se besluit om dit te aanvaar en die kontrak in
stand te hou:

Aanvaar
sessies van beide Momentum polis 205234197 en Altrisk polis 5962628
om uiting te gee aan ooreenkoms wat net so aangaan al
was afhandeling
laat.”
(Die woord “Altrisk” is
onduidelik, gegewe dat dit ‘n handgeskrewe dokument is, maar
blyk dit te wees wat daar
geskryf staan, hoewel dit dalk ook Allrisk
kan wees.)
[12] Mnr de Bruin het
betoog dat hierdie dokument hoorsê getuienis daarstel. Hy het
voorts betoog dat dit in ieder geval nie
uit die dokument duidelik
blyk dat die ooreenkoms wat daarin vermeld word, slaan op die
gedeelte van die kontrak ten opsigte van
die laat betaling wat in die
onderhawige saak ter sprake is nie. In die verband het Mnr de Bruin
betoog dat die dokument eerder
blyk te handel met
versekeringspolisse. Verdermeer was dit sy betoog dat daar in elk
geval geensins voldoende feitelike bewerings
deur verweerder in sy
opponerende verklaring gemaak is om te voldoen aan die vereistes van
‘n geldige of suksesvolle beroep
op afstanddoening nie, synde
dat eiser die beweerde afstanddoening moes gedoen het nadat hy ten
volle bewus was van sy regte hieromtrent
en verdermeer dat die
afstanddoening of keuse gekommunikeer was aan verweerder.
Teenoor laasgenoemde het
Mnr Zietsman in repliek betoog dat die dokument nie geag kan word
hoorsê getuienis te wees nie, aangesien
dit immers op sigwaarde
daarvan blyk deur eiser geteken te wees. Hy het verdermeer betoog dat
die verdere getuienis met betrekking
tot so ‘n verweer van
afstanddoening juis deur verweerder ten tyde van ‘n verhoor
aangebied sal kan word en dit daarom
onvanpas is om op summiere
vonnis stadium te beslis dat verweerder nie ‘n
bona fide
verweer in hierdie verband openbaar het nie.
[13] Ek het, hoewel in
verband met ‘n ander verweer van verweerder, in paragraaf 11
van my uitspraak verwys na die vereistes
waaraan ‘n opponerende
verklaring in summiere vonnis verrigtinge moet voldoen, synde dat dit
die aard en gronde van die verweer
en die wesenlike feite waarop dit
berus, volledig moet aangee soos vereis ooreenkomstig die bewoording
van Hofreël 32(3)(b).
Die uitspraak in
MAHARAJ v BARCLAYS
NATIONAL BANK LTD
1976 (1) SA 418
(A)
, welke ek ook
reeds in my uitspraak aangehaal het, is in die onderhawige geval na
my mening insgelyks van toepassing waar hierdie
vereiste as volg
gestel is op 426 C tot D:

The word
‘fully’ as used in the context of the Rule (and its
predecessors), has been the cause of some judicial controversy
in the
past. It connotes, in my view, that while the defendant need not deal
exhaustively with the facts and the evidence relied
upon to
substantiate them, he must at least disclose his defence and the
material facts upon which it is based with sufficient
particularity
and completeness to enable the Court to decide whether the affidavit
discloses a
bona
fide
defence.”
[14] Wat betref die
vereistes ten opsigte van `n verweer van afstanddoening van ‘n
reg of dan die berusting in (“acquiescence”)
‘n
situasie met ‘n besluit om nie kontraktuele regte af te dwing
nie, is die party wat hom op afstanddoening beroep
belas met die onus
om die afstanddoening in duidelike terme te bewys. Daar is in
werklikheid ‘n vermoede teen afstanddoening
en alhoewel die
bewysmaatstaf steeds net ‘n oorwig van waarskynlikhede is, is
dit ‘n bewys wat nie maklik gekwyt word
nie. Hierdie vereistes
is volledig mee gehandel in
THE LAW OF CONTRACT IN SOUTH
AFRICA
,
RH CHRISTIE, 5de uitgawe, op p. 441 –
442 en die gesag aldaar aangehaal. Ek haal vervolgens sekere
gedeeltes daarvan aan:

There is
therefore a presumption, even in some cases a strong one, against
waiver. That means not only that the onus is upon the
party asserting
waiver to prove it, but that although, as in all civil cases, the
onus may be discharged on a balance of probability,
it is not easily
discharged. In
Hepner
v Roodepoort-Maraisburg Town Council
1962
(4) SA 772
(A) Steyn CJ said:

There is
authority for the view that in the case of waiver by conduct, the
conduct must leave no reasonable doubt as to the intention
of
surrendering the right in issue….. It sets, I think, a higher
standard than that adopted in
Laws
v Rutherfurd
1924
AD 261
at p. 263, where Innes CJ says:

The onus is
strictly on the appellant. He must show that respondent, with full
knowledge of her right, decided to abandon it, whether
expressly or
by conduct plainly inconsistent with an intention to enforce it. ...”

To this it is only necessary to add
that it has repeatedly been held that clear proof is required,
especially of a tacit as oppose
to an express waiver. In
Borstlap
v Spangenberg
1974 (3) SA 695
(A) 704 Corbett AJA said:

Dit is
herhaaldelik deur ons Howe beklemtoon dat duidelike bewys van ‘n
beweerde afstanddoening van regte geverg word, veral
waar op ‘n
stilswyende afstanddoening staatgemaak word. Dit moet duidelik blyk
dat die betrokke persoon opgetree het met
behoorlike kennis van sy
regte en dat sy optrede teenstrydig is met die voortbestaan van
sodanige regte of met die bedoeling om
hulle af te dwing.’”
Wat betref die vereiste
kommunikasie van ‘n beweerde afstanddoening, is as volg in
TRAUB v BARCLAYS NATIONAL BANK LTD
1983 (3) SA 619
(A) op 634 H
beslis:

It is
clear,
in my opinion that the creditor’s intention not to enforce a
right has no legal effect unless and until there is some
expression
or manifestation of it which is communicated to the debtor or in some
way brought to his knowledge.”
[15]
Na
my mening skiet die bewerings in paragraaf 5 van verweerder se
opponerende verklaring ver te kort deurdat geen wesenlike feite

beweer is ten opsigte van voormelde vereistes nie. Verweerder dui
geensins aan wanneer hy in besit van die tersaaklike dokument
gekom
het nie en ook nie onder watter omstandighede nie. Dit mag, bes
moontlik (en in die afwesigheid van behoorlike bewerings
in die
verband deur verweerder), selfs na die uitreiking van dagvaarding te
gewees het, welke uitreiking van die dagvaarding op
sigself duidelik
teenstrydig is met ‘n manifistasie van ‘n bedoeling om
van ‘n kontraktuele reg afstand te doen.
Verdermeer het
verweerder geen feite of behoorlike grondslag openbaar vir sy
bewering dat die tersaaklike inskrywing op Aanhangsel
“B”
op die laat betaling van die paaiement slaan nie. Gegewe verweerder
se ongefundeerde bewering oor watter ooreenkoms
na verwys word in die
tersaaklike dokument, het ek volledigheidshalwe die dokument opnuut
van naderby oorweeg, in samehang met
die inhoud van die kontrak
gesluit tussen die partye.
[16] Wanneer die dokument
in totaliteit bestudeer word, moet ek saamstem met Mnr de Bruin se
betoog, synde dat die dokument blyk
te handel met verskillende
handelinge wat verskillende versekeringspolisse betref. Verdermeer
blyk dit vir my dat item 1 onder
“Items Bespreek”, item 1
onder “Besluite” en item 1 onder “Aksies” al
drie oor dieselfde aspek
handel, synde korttermynverskering.
Insgelyks blyk dit vir my dat item 2 onder “Items Bespreek”,
item 2 onder “Besluite”
en item 2 onder “Aksies”
op hul beurt weer oor dieselfde (maar `n ander) aspek handel, synde
die sessie van polisse.
In laasgenoemde verband, is dit wat
genotuleer is onder punt 2 van “Items Bespreek”, die
volgende:

2. Sessie
lewenspolisse vir ooreenkoms met Mnr FB Hattingh en Qwaha Trust.”
Item 2 onder “Besluite”,
synde dit waarop verweerder steun, herhaal ek volledigheidshalwe:

2. Aanvaar
sessies van beide Momentum polis 205234197 en Altriskpolis 5962628 om
uiting te gee aan ooreenkoms wat net so aangaan
al was afhandeling
laat.”
Laastens is punt 2 onder
“Aksies” as volg genotuleer:

Dus JP
Hattingh teken en aanvaar sessies (sydelings vir sekuriteit) en
aanvaar oorspronklike ooreenkoms.”
[17] Wanneer hierdie
inskrywings vergelyk word met die inhoud van die kontrak gesluit
tussen die partye, blyk dit dat klousule 10
daarvan, met die opskrif
“Lewensversekerings polisse”, onder andere, as volg lees:

10.1 Die
partye het met verloop van tyd lewensversekerings polisse afgesluit
op die lewe van een of albei van hulle met verskillende

lewensversekerings maatskappye.
Daar is huidiglik, onder andere, ‘n
lewensversekerings polis op die lewe van Johan afgesluit met
Momentum Versekeraars
synde polisnommer 205234197/001 van welke
polis Qwaha Trust die eienaar is en ten aansien waarvan Thaba’Nchu
Rollermeule
die premies betaal, en daar is ‘n dergelike
lewensversekerings polis by dieselfde lewensversekerings-maatskappy
afgesluit
op die lewe van Fanti waarvan Qwaha Trust ook die eienaar
is en ten opsigte waarvan Thaba’Nchu Rollermeule ook die
premies
betaal.
10.2.1 .....
Fanti sal reël dat beide
bogemelde polisse binne
dertig dae
na ondertekening hiervan
deur die eienaar daarvan gesedeer sal word ten gunste van Johan as
sekuriteit vir betaling van die
bedrae wat ingevolge hierdie
ooreenkoms deur Fanti betaalbaar is aan Johan.
......
......
10.3 .......
10.4 Die betrokke poliskontrakte
tesame met skriftelike sessies deur die eienaars daarvan ten gunste
van Johan sal aan Johan gelewer
word binne dertig dae na
ondertekening hiervan.”
[18] Wanneer daar nou
teruggekeer word na die inhoud van die dokument, Aanhangsel “B”,
blyk dit dat die Momentum polis
met nommer 205234197, waarna verwys
word in Aanhangsel “B”, ooreenstem met die Momentum polis
waarna verwys word in
klousule 10.2 van die kontrak. Verdermeer, by
die inskrywing van item 2 onder “Items Bespreek” is daar
ook spesifiek
verwys na Qwaha Trust, synde dieselfde trust as waarna
in klousule 10.2 van die kontrak verwys word. Gegewe die dertig dae
tydsbeperking
wat in klousules 10.2.2 en 10.4 van die kontrak
voorkom, die ooreenstemming van die besonderhede van die onderskeie
polisse, die
feit dat daar dan in Aanhangsel “B”
genotuleer is dat die sessies aanvaar word “om uiting te gee
aan ooreenkoms
wat net so aangaan al was afhandeling laat” en
dan weer die verdere aantekening onder “Aksies” dat die
sessies
aanvaar word en die oorspronklike ooreenkoms aanvaar word,
blyk die inskrywing op Aanhangsel “B” veel eerder daarop

te slaan dat die sessie aan eiser van die tersaaklike polisse waarmee
in klousule 10 van die kontrak gehandel word, laat geskied
het, maar
dat eiser besluit het om die sessies steeds te aanvaar en die
ooreenkoms
ten opsigte daarvan
in stand te hou. Hierdie
besluit wat betref die aanvaarding van die laat sessie van die
polisse, het uiteraard niks te make met
eiser se besluit ten opsigte
van die uitoefening van sy regte wat betref die laat betaling van die
tersaaklike paaiement wat hierin
ter sprake is nie.
[19] Selfs indien ek die
hoorsê-argument ten opsigte van die dokument buite rekening
laat (welke ek onder die omstandighede
nie nodig ag om te beslis
nie), voldoen die karige en ongegronde bewerings wat deur verweerder
ten opsigte van hierdie verweer
gemaak is, geensins aan die vereistes
van bogemelde Hofreël 32(3)(b) nie en is dit nie voldoende dat
ek op grond daarvan kan
bevind dat verweerder hieromtrent ‘n
bona fide
verweer openbaar nie.
[20] `n Laaste aspek
waarop Mnr de Bruin in sy skriftelike betoogshoofde gewys het, maar
welke nie betoog was ten tyde van die aanhoor
van die aansoek om
summiere vonnis nie vanweë Mnr Reinders se eie besluit om nie
die verweer van afstanddoening te argumenteer
nie, is dat die
versnellingsklousule vervat in klousule 4.3.4 van die kontrak gesluit
tussen die partye, outomaties in werking
getree het toe die paaiement
nie op 1 Julie 2010 betaal was nie. Die klousule bepaal uitdruklik
dat indien enige paaiement nie
stiptelik betaal word nie “
die
onbetaalde saldo...terstond betaalbaar sal wees”
.
Toe eiser dus die laat betaling aanvaar het, was dit ten opsigte van
`n verpligting deur verweerder teenoor eiser wat reeds opeisbaar
en
betaalbaar was en het dit nie afbreuk gedoen aan die feit dat vanweë
die laat betaling, die balans onmiddelik opeisbaar
en betaalbaar
geword het nie. Ek stem met hierdie argument saam. Sien
WESTERN
BANK LTD v SJJ VAN VUUREN TRANSPORT (PTY) LTD AND OTHERS
1980 (2) SA 348
(A) op 351.
[21] Ek is gevolglik
oortuig dat verweerder ook nie op hierdie basis redelike vooruitsigte
op sukses op appèl het nie.
Diskresie:
[22] Die laaste aspek wat
in die kennisgewing van aansoek om verlof om te appelleer geopper is,
maar wat nie weer pertinent deur
Mnr Zietsman betoog is nie, is die
gronde dat ek nie my diskresie in die omstandighede judisieel
uitgeoefen het nie. Ek meen egter
dat ek volledig in my uitspraak met
hierdie aspek gehandel het en vir die redes daarin vermeld, is ek
insgelyks van mening dat
daar nie ‘n redelike moontlikheid
bestaan dat ‘n ander Hof tot ‘n ander gevolgtrekking in
die verband sal kom
nie.
[23] Gevolglik kan
verweerder se aansoek om verlof om te appelleer nie slaag nie.
[24] Wat die koste
betref, is daar in die onderhawige omstandighede geen basis of rede
waarom die gebruiklike bevel in ‘n
onsuksesvolle aansoek om
verlof om te appelleer, nie verleen behoort te word nie.
[25] Gevolglik word die
aansoek om verlof om te appelleer van die hand gewys, met koste.
_____________
C. VAN ZYL, R
Namens die
Applikant/Verweerder: Adv P Zietsman S.C
In opdrag van:
Matsepes Ing.
BLOEMFONTEIN
Namens die
Respondent/Eiser: Adv JP de Bruin S.C
In opdrag van:
Hill McHardy & Herbst
Ing.
BLOEMFONTEIN