About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2011
>>
[2011] ZAFSHC 95
|
|
Thaba Tafia Diamond Mining BK en Anders v Minister van Mynwese en Anders (02/2010) [2011] ZAFSHC 95 (21 April 2011)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 02/2010
In
die saak tussen:
THABA
TAFITA DIAMOND MINING BK
…...................
Eerste
Applikant
JOHANNES
SCHRENK
…...........................................
Tweede
Applikant
ANNA
SOPHIA SCHRENK
….........................................
Derde
Applikant
en
MINISTER
VAN MYNWESE
…..................................
Eerste
Respondent
ADJUNK
DIREKTEUR-GENERAAL
MINERALE
REGULERING
….................................
Tweede
Respondent
STREEKSBESTUURDER:DEPARTEMENT
MINERALE,
VRYSTAAT STREEK
…........................
Derde
Respondent
WHEATFIELDS
INVESTMENTS 168
(EDMS)
BPK
…..........................................................
Vierde
Respondent
CORAM:
HANCKE, R
et
C. J. MUSI, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
HANCKE, R
AANGEHOOR OP:
18 APRIL 2011
GELEWER OP:
21 APRIL 2011
[1] Hierdie is ‘n
hersieningsaansoek ingevolge Hofreël 53 van die Eenvorminge
Hofreëls, saamgelees met die “Promotion
of Administrative
Justice Act” Wet 3 van 2000, gerig teen ‘n beslissing van
die tweede respondent, as gedelegeerde
van die eerste respondent, in
die toestaan van ‘n prospekteerpermit ten gunste van die vierde
respondent, asook die weiering
van die toestaan van ‘n
prospekteerpermit ten gunste van die eerste applikant, ten opsigte
van Gedeelte 1 van die plaas Speculatie
217, distrik Boshof, Vrystaat
Provinsie.
[2] Dit blyk uit die
stukke dat die tweede en derde applikante, wie getroud is in
gemeenskap van goedere, die geregistreerde eienaars
is van die plaas
“Speculatie” en dat tweede applikant die
meerderheidsledebelangehouer in die eerste applikant is.
[3] Die enigste
geskilpunt in die huidige aansoek is die vraag of daar voldoende
konsultasie was soos bedoel in artikel 16(4)(b)
van Wet 28 van 2002,
welke artikel soos volg lui:
“
If the
regional manager accepts the application the regional manager must
within 14 days from the day of acceptance notify the applicant
in
writing
to submit an environmental management
plan; and
to notify in writing and consult
with the land owner or lawful occupier and any other affected party
and submit the result of the consultation within 30 days
from the
date of notice.”
(my beklemtoning)
[4] In die saak van
JUAAN
PIETER SONNENBERG v THE MINISTER OF MINERALS, ENERGY
(Ongeraporteerde
saak nommer 3244/2009 gedateer 10 Mei 2010) verklaar Cillié R
op p 8 die volgende:
“
4.2 The
purpose of this is clear. The land owner must be informed of the fact
that the application for a prospecting right over
his property has
been made in order that he can decide how to respond thereto.
4.3 In order to make this decision the
land owner should at least be given sufficient details of the
proposed prospecting activities
including the extent nature and
locality thereof.”
Vergelyk ook
MEEPO
v KOTZE AND OTHERS
2008 (1) SA 104
(NK).
[5] Dit is die vierde
respondent se saak dat daar reeds in 2006 deur die vierde respondent
met die tweede en derde applikante gekonsulteer
is en dat hulle na
bewering inskiklik was dat die vierde respondent ‘n
prospekteerpermit kan bekom. Dit blyk ook uit die
opponerende
eedsverklaring van Gerber, ‘n direkteur van die vierde
respondent, dat hy sedert September 2009 verskeie kere
gepoog het om
met die tweede applikant in verbinding te tree ten einde ‘n
afskrif van die prospekteerreg en “environmental
management
plan” aan hom te oorhandig en reëlings te tref met
betrekking tot toegang tot sy plaas. Dit blyk dat hy nie
enige
samewerking van die tweede applikant gekry het nie en dat hy in
hierdie verband onsuksesvol was.
[6] Dit blyk uit die
stukke dat die vierde respondent se aansoek, alhoewel gedateer 9
Oktober 2008, eers by die Departement ingedien
is op 30 Januarie
2009, welke ‘n datum is nadat die “closure certificate”
ten gunste van De Beers Consolidated
Mines Limited uitgereik is op 13
Januarie 2009. Daarna is die vierde respondent se permit toegestaan
op 31 Augustus 2009 en is
die tweede applikant telefonies in kennis
gestel en meegedeel dat ‘n prospekteerreg toegestaan is ten
opsigte van hierdie
eiendom, welke opgevolg is deur drie skrywes
gedateer 16 November 2009, asook ‘n verdere skrywe van 16
November 2009 aan
die Departement van Minerale en Energie te Welkom,
en 21 Oktober 2009 gerig aan die tweede applikant. Daarna is ‘n
skrywe
gerig aan vierde respondent se prokureurs deur applikant se
voormalige prokureurs op 25 November 2009, waarin navrae gerig is ten
aansien van die regte wat na bewering deur die vierde respondent
verkry is.
[7] Dit is duidelik dat
die beweerde konsultasie gedurende 2006 geensins die saak verder voer
vir die vierde respondent nie. Dieselfde
geld ook vir die abortiewe
poging om te konsulteer gedurende September 2009 toe die vierde
respondent gepoog het om ‘n afskrif
van die prospekteerreg aan
tweede applikant te oorhandig en om reëlings te tref met
betrekking tot toegang tot sy plaas. Afgesien
van mondelinge,
gebrekkige en gepoogde konsultasie bestaan daar ook geen dokumentasie
tot die effek dat daar wel ‘n konsultasieproses
gevoer is soos
vereis in Artikel 16(4) van Wet 28 van 2002 nie.
[8] Dit blyk dus uit die
voorgaande dat daar nie voldoen is aan die bepalings van Artikel
16(4)(b) van Wet 28 van 2002 nie, welke
gebrek fataal was vir die
aansoek van die vierde respondent, en welke aansoek gevolglik
hersienbaar en dus onderhewig aan tersydestelling
is.
[9] Wat die eerste
applikant se aansoek betref is dit behoorlik geprosseseer en het die
eerste applikant aan al die vereistes voldoen
soos bedoel in Wet 28
van 2002. Die enigste rede waarom die eerste applikant se aansoek
afgewys is deur die Departement van Minerale
en Energiesake blyk
volgens die stukke dat daar ‘n bestaande reg oor die grond vir
prospektering bestaan het in die vorm
van die vierde respondent se
reg, welke reg onderhewig is aan deurhaling. Hierdie Hof is gevolglik
by magte ooreenkomstig Artikel
8(1)(c)(3)(aa) en Artikel 8(2) van die
Promotion of Administrative Justice Act, 3 van 2000 om ‘n bevel
uit te reik dat die
eerste respondent se aansoek om prospekteerregte
ingevolge Artikel 16 gelees met Artikel 17 van Wet 28 van 2002,
toegestaan word.
[10] Bygevolg word die
volgende bevele verleen:
1. Die besluit van die
tweede respondent om ‘n prospekteerreg aan die vierde
respondent toe te staan met betrekking tot die
eiendom genaamd
“Gedeelte 1 van die plaas Speculatie, no 217, distrik Boshof,
Vrystaat Provinsie” word hersien en tersydegestel
en die
prospeteerreg nommer FS5/1/1/2/749PR word bygevolg nietig verklaar.
2. Die besluit van die
tweede respondent om die aansoek om ‘n prospekteerreg aan die
eerste applikant ten opsigte van prospekteerreg
vir die eiendom
genaamd “Gedeelte 1 van die plaas Speculatie, no 217, distrik
Boshof, Vrystaat Provinsie, gedateer 5 Oktober
2009, te weier, word
tersydegestel en gemelde prospekteerreg oor die gemelde eiendom word
ten gunste van die eerste applikant toegestaan.
3. Die vierde respondent
word gelas om die koste van hierdie aansoek te betaal.
__________________
S. P. B. HANCKE, R
Ek stem saam.
______________
C. J. MUSI, R
Namens die applikante:
Adv. P. Zietsman SC
In opdrag van:
Lovius-Block
BLOEMFONTEIN
Namens die vierde
respondent: Adv. A. G. van Tonder
In opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
Geen verskyning namens
eerste, tweede en derde respondente nie.
/EB