Wessels NO en Ander v Wolmarans NO en Anders (4163/2010) [2011] ZAFSHC 71 (21 April 2011)

57 Reportability
Trusts and Estates

Brief Summary

Trusts — Removal of trustees — Application for removal of trustees of Harry Wessels Trust based on alleged failure to perform duties — First, Second, and Third Respondents accused of neglecting their responsibilities — Court's power under section 20(1) of the Trust Property Control Act to remove trustees if in best interest of trust and beneficiaries — Court must establish whether alleged misconduct occurred and its severity — Evidence of family disputes and trustee misconduct presented — Court ultimately finds that removal of trustees is justified to protect trust assets and beneficiaries’ interests.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2011
>>
[2011] ZAFSHC 71
|

|

Wessels NO en Ander v Wolmarans NO en Anders (4163/2010) [2011] ZAFSHC 71 (21 April 2011)

VRYSTAAT
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer:
4163/2010
In
die saak tussen:-
MAGRIETA CLAUDIA
WESSELS N.O.
............................
1ste
Applikant
HENDRIKUS MATTHEUS
WESSELS
...............................
2de
Applikant
en
THEUNIS WOLMARANS
N.O.
.....................................
1ste
Respondent
WILLEM ANDRIES
DUURSEMA N.O.
..........................
2de
Respondent
MARYKE WESSELS N.O.
.............................................
3de
Respondent
MEESTER VAN DIE
VRYSTAATSE HOë HOF
............
4de
Respondent
THEUNIS WOLMARANS
N.O.
......................................
5de
Respondent
IN
RE:
HARRY
WESSELS TRUST, IT 181/1995
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
14 DESEMBER 2010
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
MURRAY, Wnd R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
21 APRIL 2011
_____________________________________________________
Hierdie is ‘n
aansoek in terme Artikel 20(1) saamgelees met Artikel 23 van die
Wet
op die Beheer oor Trustgoed, Wet 57 van 1988
, vir die
verwydering van die Eerste, Tweede en Derde Respondente as trustees
van die Harry Wessels Trust (IT 181/1995) (“die
Trust”).
Die Trust, met bates van
nagenoeg R26 miljoen, is ‘n diskresionêre trust met ‘n
geslote groep begunstigdes:
die Tweede Applikant en die Derde
Respondent (in eie reg) as inkomste- en kapitaal begunstigdes,
tesame met hul kinders en dié
se latere kinders. Die Eerste
Applikant en die Eerste tot Derde Respondente is die Trust se vier
trustees.
Die Trust se uitdruklike
doel, soos vervat in die Trustakte, is die volgende:
3.1
Klousule
11.1.1
:

Die
doel is om binne die trustees se diskresionêre magte, soveel
van die inkomste en indien nodig, van die kapitaal as wat
hulle na
hul absolute goeddunke nodig mag ag, aan te wend om ʼn
begunstigde te voorsien van inkomste, huisvesting, vervoer,

onderhoud, opvoeding en geleerdheid of enige doel in belang van ʼn
begunstigde.”
3.2
Klousule
11.1.2:

Om
soveel van inkomste, en indien nodig, kapitaal, as wat hulle na hul
absolute goeddunke nodig mag ag, aan te wend vir die handhawing
van
die lewensstandaard en die algemene welsyn van ʼn begunstigde.”
Die aansoek berus op die
bewering dat die Eerste, Tweede en Derde Respondente weier en/of
versuim om hul pligte as trustees na
behore na te kom en/of om in
belang van die Trust op te tree.
Artikel 20(1) magtig ‘n
Hof om trustees uit hul amp te verwyder indien die Hof oortuig is
dat dit in die beste belang van
die trust en van die
trustbegunstigdes sal wees.
Om dus te bepaal of
voldoen word aan dié vereistes, moet die Hof eerstens vasstel
óf die beweerde optrede of versuim
wel voorgekom het, en
indien dit wel het, of dié optrede of versuim en/of
vertrouensbreuk van so ‘n ernstige aard
is dat dit in belang
van die Trust en die Trustbegunstigdes sal wees om die trustees te
onthef.
In
MEYEROWITZ:
ON
ADMINISTRATION OF ESTATES AND THEIR TAXATION
, 2010
uitgawe
, is dit met verwysing na
Volkwyn v Clarke and Damant
1946 (WLD)
te 456 duidelik gestel dat om ‘n eksekuteur
(ook ‘n trustee) uit sy amp te verwyder, dit duidelik moet
wees dat die
optrede waaroor gekla word sodanig is dat dit die
eksekuteur of trustee etiketteer as ‘n oneerlike, grof
onbekwame of onbetroubare
persoon van wie verwag kan word dat sy
toekomstige optrede die boedel of trust aan werklike verlies sal
blootstel of dat die
optrede waaroor gekla word, op so ‘n wyse
geskied dat dit nie is wat in die trustakte of testament voorsien is
nie.
Die geykte beginsel dat
elke saak aan die hand van sy besondere omstandighede beoordeel moet
word, vind in hierdie saak by uitstek
toepassing om die aansoek in
perspektief te plaas. Weens ‘n tragiese sameloop van
omstandighede is ‘n familietwis
met gevolglike polarisasie
ontketen wat daartoe gelei het dat daar uiteindelik drie stelle
belange is wat die Hof voortdurend
teen mekaar moet opweeg, naamlik
dié van die Tweede Applikant aan die een kant, dié van
die Derde Respondent en
hul kinders aan die ander kant, en
daarteenoor die uitdruklike bedoeling en wense van die
Trustoprigter.
Die Eerste Applikant,
Mev Wessels Snr, bring die aansoek teen haar drie mede-trustees. Sy
is nie ‘n Trust-begunstigde nie,
maar is die weduwee van die
Trust-oprigter, wyle Mnr Kol Wessels, en die moeder van die Tweede
Applikant in wie se belang die
Trust oorspronklik opgerig is.
Die Tweede Applikant,
Mnr Harry Wessels van die plaas Fraaiuitzicht, Ventersburg, is ‘n
kapitaal- en inkomste-begunstigde
van die Trust. Hy en sy gesin
word, benewens die Trust, onderhou uit ‘n kuratele boedel van
nagenoeg R9,9 miljoen ontvang
vanaf die Padongelukfonds ná hy
in 1999 ernstige permanente beserings opgedoen het in ‘n
motorongeluk.
Die Eerste Respondent,
Mnr Wolmarans, ‘n prokureur, dien sedert 2009 as trustee van
die Trust en bestuur ook as
curator bonis
die kuratele boedel
van Tweede Applikant. Hy is ook in laasgenoemde hoedanigheid
gesiteer as die Vyfde Respondent.
Die Tweede Respondent,
Mnr Duursema, was ‘n huisvriend van die Trustoprigter en die
Eerste Applikant en is die professionele
rekenmeester wie se firma T
Roos & Kie, vir meer as dertig jaar die Trust-oprigter se
persoonlike finansiële belange
sowel as sy besigheidsfinansies
en sedert 1999 ook die Trust se finansiële belange hanteer het.
Die Derde Respondent is
die eggenoot van die Tweede Applikant wat sedert laasgenoemde se
ongeluk in 1999 saam met haar skoonpa,
die Trustoprigter, die
Fraaiuitzicht Boerdery- en die Trust- sowel as hul persoonlike
finansies hanteer het. Op die Trustoprigter
se aandrang is sy sedert
2007 ʼn mede-trustee en sedert 2008 ʼn kapitaal- en
inkomstebegunstigde van die Trust in eie
reg, en nie bloot as
eggenote van Tweede Applikant nie.
Die relevante
agtergrondfeite is kortliks die volgende: Wyle Mnr Kol Wessels het
in 1995 sy plase in trusts geplaas, met een trust
vir elk van sy
vier dogters en die Harry Wessels Trust vir sy seun, Harry.
In 1998 is die Tweede
Applikant met die Derde Respondent getroud, waarna sy as sy eggenote
‘n trustbegunstigde geword het.
Ná hul troue in
1998 het die Tweede Applikant en die Derde Respondent hul op die
plaas Fraaiuitzicht gevestig, waar die
Trustoprigter en die Eerste
Applikant steeds die hoofopstal bly bewoon het, en waar die Tweede
Applikant en sy pa saam die boerdery
behartig het.
In Julie 1999 het die
Tweede Applikant baie ernstige blywende beserings opgedoen in ‘n
motorongeluk. Die volle omvang en
implikasies van sy beserings is
nie aan die Hof openbaar nie, maar dit is gemeensaak dat hy na ‘n
lang en moeisame rehabilitasie-proses
steeds nie kan praat nie,
fisies gestremd is en ‘n voltydse inwoon-versorger het, sowel
as ‘n
curator bonis
wat sy kuratele boedel hanteer.
Die Respondente voer aan
dat hy weens die aard van sy beserings handelingsonbevoeg is en nie
regtens bevoeg was om die aansoek
in sy eie naam te bring of die
inhoud daarvan te begryp nie. Die Applikante ontken dit egter op
grond daarvan dat daar vir hom
slegs ‘n
curator bonis
aangestel is en nie ‘n
curator ad personam
nie. Die
betrokke aansoek en hofbevel is egter nie aan hierdie Hof verskaf
nie en is dit dus nie moontlik om op die stukke ‘n
bevinding
daaromtrent te maak nie. Na my mening is dit in ieder geval onnodig
om hieroor te beslis.
Dit is onbetwis dat daar
nie weer na die ongeluk ‘n normale huweliksverhouding tussen
die Tweede Applikant en die Derde
Respondent was nie en dat hul seun
by wyse van kunsmatige bevrugting verwek is.
Dit blyk uit die stukke
dat die Tweede Applikant ‘n totale persoonlikheidsverandering
ondergaan het na sy ongeluk. Hy was
aggressief en het die Derde
Respondent tydens woede-uitbarstings dikwels aangerand en gevloek,
soos blyk uit sy briewe wat by
die opponerende stukke aangeheg is,
en het haar selfs met die dood gedreig. Hy het ook ‘n
drankprobleem ontwikkel. Dit
is onbetwis dat die Derde Respondent op
die plaas aangebly en hom tesame met verskillende helpers versorg
het. Sy het ook die
boerdery saam met sy pa oorgeneem en het sedert
die ongeluk hul persoonlike sowel as die Trust-finansies hanteer.
In 2006 het die
Trustoprigter voorgestel dat die Derde Applikant as trustee
aangestel word, wat toe ook in 2007 gebeur het. Die
Trustakte is op
10 September 2008 gewysig om die Derde Respondent ‘n kapitaal-
en inkomstebegunstigde in eie reg te maak
en om die Eerste Applikant
as ‘n begunstigde van die Trust te verwyder.
In daardie tyd het die
Trust die Fraaiuitzicht-boerdery wat vroeër in Tweede Applikant
se naam bedryf is, oorgeneem en het
die Derde Respondent voortgegaan
om tesame met haar skoonpa die boerdery in die naam van die Trust te
bedryf.
Op daardie stadium is
ondersoek ingestel daarna om ‘n plaasbestuurder aan te stel om
haar taak te verlig en is ‘n
onderhoud met Mnr Jan Hattingh
gevoer. In 2008 is Mnr Wessels Snr onverwags oorlede, na hy reeds sy
goedkeuring vir die aanstelling
van Mnr Hattingh gegee het.
Laasgenoemde is toe in
ooreenstemming met Mnr Wessels Snr se wense as plaasbestuurder
aangestel, tesame met sy vrou wat hom met
die administratiewe sy van
die werk sou help, elk met ‘n eie dienskontrak.
Ten einde die
plaasbestuurder en sy vrou op die plaas self te huisves, is ‘n
ou skuur op die plaas in ‘n woonhuis
omskep om in die Tweede
Applikant se spesiale behoeftes te voldoen en het hy en die Derde
Respondent met hul twee kinders dit
betrek terwyl die Hattings in
hul vorige woning ingetrek het.
Die Derde Respondent het
voortgegaan om die boerdery met die hulp van Mnr Hattingh te bestuur
en het ‘n mandaat van die
Trustees (insluitende die Eerste
Applikant) gekry om die Trusttjekboek te gebruik om
boerdery-uitgawes te betaal en in belang
van die Trust aan te wend.
Sy, die Tweede Applikant en hul kinders het ook maandeliks in ‘n
Geldmarkfonds ‘n onderhoudsbetaling
vanaf die kuratele boedel
ontvang.
Dit is gemeensaak dat
die Derde Respondent geld uit haar Geldmarkrekening in die
Trustrekening inbetaal het en dan aankope en
betalings per Trusttjek
gedoen het.
Dit is ook gemeensaak
dat dié tjekbetalings dan aan die einde van elke boekjaar
deur die Trustboekhouer, Mev Strauss, geallokeer
is na boerdery- of
onderhoudsuitgawes en/of Derde Respondent se leningsrekening.
Dit is ook onbetwis dat
die Derde Respondent se inbetalings in die 2009-2010 boekjaar die
Trusttjekuitgawes vir nie-boerdery doeleindes
oorskry het.
Op ‘n onbekende
stadium het ‘n verhouding tussen Mnr Hattingh en die Derde
Respondent ontwikkel. In Maart 2010 het
eersgenoemde se vrou die
plaas verlaat en einde September 2010 het Mnr Hattingh self ook
bedank en die plaas verlaat.
Volgens die Derde
Respondent was dit ‘n kortstondige verhouding waaroor sy berou
het. Die Applikante ontken dit.
Op 8 Mei 2010 het die
verhouding tussen die Derde Respondent en Mnr Hattingh bekend
geraak.
Op die Eerste Applikant
se weergawe het die Tweede Applikant reeds in Desember 2009 sy
susters omtrent die beweerde verhouding
ingelig. In Desember 2009
het een van die Tweede Applikant se susters, Mev Oosthuizen, die
Derde Respondent meegedeel dat hulle
nie van haar hou nie en haar
van die plaas af wil hê.
Mev Oosthuizen het op 23
Maart 2010 die Eerste Respondent gaan sien en hom meegedeel dat
hulle die Derde Respondent as trustee
wil laat onthef. Hy het haar
meegedeel dat die Trustakte die ontheffing van ‘n trustee wat
ook ‘n Trustbegunstigde
is, deur die ander trustees verbied.
Hy het haar ook meegedeel die Tweede Applikant se susters geen
belang in die Trust het nie
en dus nie
locus standi
sou hê
om ‘n hof-aansoek om ontheffing te bring nie.
Die Eerste Applikant sou
toe as trustee die hof-aansoek bring en het toe op haar eie weergawe
‘n prokureur, Mnr Schoeman,
gevolmag om namens haar ‘n
ondersoek na die hantering van die Trust te begin. Op haar eie
weergawe is
dit nadat sy en haar
dogters hul prokureurs gaan sien het.
Op haar eie weergawe het
die Eerste Applikant geweier om die notule van die
trustee-vergadering van 7 Mei 2010 (waartoe sy op
30 April verlof
gegee het dat dit in haar afwesigheid gehou word) te teken. Volgens
die notule is onder andere daar besluit om
die Derde Respondent se
aanvaarding van die voordele van die Gewysigde Trustakte en Mnr
Hattingh se aanstelling deur die trustees
ex post facto
te
ratifiseer en is besluite geneem oor meer doeltreffende
beheermaatreëls ten aansien van die Trustfonds, onder andere om

‘n maandelikse begroting ten aansien van onderhoud uit die
Trustinkomste te bepaal.
Op 11 Mei 2010 het Mnr
Schoeman die eerste brief in verband met dié ondersoek aan
die Respondente gerig.
Sedert daardie datum het
die Eerste Applikant en Mnr Schoeman haar prokureur deurlopend
geweier om enige trustee-vergaderings
by te woon of om die
uitnodigings om insae te neem in die finansiële dokumentasie en
die jaarstate van die Trust te aanvaar.
Ook die trustee-vergadering
op 4 Augustus 2010 het hulle nie bygewoon nie. Die aansoek is toe
ingestel sonder insae in die jongste
finansiële inligting
omtrent die Trust.
Die Derde Respondent het
reeds vòòr die aansoek die plaas met haar twee kinders
verlaat en ‘n meenthuis in
Bloemfontein betrek. Hoewel die
Applikante beweer dat die familie haar nie van die plaas verjaag het
nie, het Mnr Schoeman op
1 Julie 2010 in briewe aan haar en die
Eerste en Tweede Respondente se prokureurs gedreig met ‘n
interdik indien hulle
nie die versekering sou gee dat sy nie die
plaas sal betree voordat die voorgenome hofaansoek afgehandel is
nie.
Die Trustakte maak
voorsiening om geskille tussen die trustees met arbitrasie op te los
en die Meester se
prima facie
houding was dat die trustees
die finansiële geskille onderling moet oplos. Die Wet self maak
natuurlik ook voorsiening om
die boeke te laat oudit of om die
Meester te versoek om ondersoek in te stel. Nie een van hierdie weë
is gevolg nie. In
Augustus 2010 het die Applikante die aansoek
geliasseer om nie net die Derde Respondent nie, maar ook haar twee
ander mede-trustees
te onthef.
Die Eerste Applikant het
in haar funderende verklaring as gronde vir die aansoek gesteun op
die volgende bewerings:
41.1 dat die Respondente
nie Artikel 9 van die Wet nagekom het nie,
deur
die Trust nie te bestuur met die nodige toewyding en bekwaamheid nie;
41.2 dat die Respondente
nie die Trust ooreenkomstig die bepalings van die Trustakte bestuur
het nie;
41.3 dat die Eerste tot
Derde Respondente as trustees in konflik is met Eerste Applikant as
trustee en Tweede Applikant as trustbegunstigde;
en
41.4 dat die Derde
Respondent weens haar verbrokkelde huwelik in konflik is met Tweede
Applikant.
Aanvanklik het die
Applikante onder andere beweer dat die Derde Respondent van meet af
aan voordele uit die Gewysigde Trust ontvang
het sonder om dit
amptelik te aanvaar, dat die Respondente gepoog het om die
plaasbestuurder se aanstelling
ex post facto
te ratifiseer,
dat die Respondente met die verdeling van Hattingh se vergoeding
tussen hom en sy vrou die Suid-Afrikaanse Inkomstediens
probeer
mislei het, dat dit Derde Respondent was wat Hattingh laat aanstel
het, dat sy die Eerste Respondent oorreed het om ‘n
derde
woonhuis op Fraaiuitzicht op te rig ná die verhouding tussen
haar en Hattingh ontstaan het. Voorts is breedvoerig
aangevoer dat
die Respondente nie toegesien het dat die boerdery winsgewend bedryf
word nie en dat die trustees nie weet wat
werklik op die Trustplase
aangaan nie.
Uiteindelik steun die
Applikante net op twee hoofklagtes hieronder:
43.1 dat die Derde
Respondent haar eie fondse met Trustfondse vermeng het en sonder die
vooraf toestemming van die trustees Trusttjeks
uitgeskryf het vir
ander doeleindes as vir die boerdery en dat die Eerste en Tweede
Respondente haar toegelaat het om dit te doen,
en
43.2 dat daar ‘n
wesenlike vertrouensbreuk is tussen hulle en die Eerste tot Derde
Respondente.
Soos tereg namens die
Respondente uitgewys, is dit ‘n vreemde aansoek: die Eerste
Applikant het naamlik as mede-trustee
in al die jare nooit oor enige
van die praktyke wat die Derde Respondent nou ten laste gelê
word, gekla nie. En as mede-trustee
is al die kritiek wat sy nou
teen die Eerste en Tweede Respondente opper,
mutatis mutandis
op
haarself van toepassing.
Die Eerste Applikant
bied wel in haar verklaring, maar nie in die Kennisgewing van Mosie
nie, aan om te bedank of om onthef te
word uit haar amp indien
hierdie Hof die Eerste tot Derde Respondente wel sou onthef. Sy
versoek die Hof om òf self vervangende
trustees aan te stel,
òf die Meester te gelas om dit te doen.
Sy heg self die
resolusie van 7 Mei 2010 wat sy weier om te teken, aan om te beweer
dat die besluite en
ex post facto
ratifikasie van verskeie
aangeleenthede daarin ongeldig is omdat sy dit nie onderteken het
nie en dit dus nie eenparige besluite
was soos die Trustakte vereis
nie.
Mnr Smith het tereg
geargumenteer dat die Hof moet oordeel of die omstandighede, feite
en gebeure die Derde Respondent se vermoë
aantas om objektief
op te tree en die Trust as mede-trustee te dien. Hy het toegegee dat
indien dit nie sodanige vermoë
aantas nie, daar geen rede sal
wees om haar as trustee te verwyder nie. Hy het egter aan die hand
gedoen dat dit onmoontlik is
dat haar vermoë nie aangetas is
nie.
Soos Mnr van der Walt
tereg aan die hand van die
KPMG CHARTERED ACCOUNTANTS (SA) v
SECUREFIN LTD AND ANOTHER,
2009 (1) SA 399
(SCA) TE 409 G –
410 A
uitgewys het, kan die Trustakte se bepalings nie
in
vacuo
uitgelê word nie. Net so kan die Respondente se
optrede nie
in vacuo
beoordeel word nie, maar in die konteks
van die bepaalde omstandighede van die saak en moet die Hof
voortdurend in gedagte hou
die feitelike agtergrond waarteen die
trust gestig is en waarteen hy uiteindelik gewysig is en die
omstandighede soos dit tans
heers.
Die Hof se taak is
derhalwe om die ware aard van die klagtes teen die Respondente en
die erns en gevolge van hul optrede te ondersoek.
Ten aansien van die
versoek om die Derde Respondent te onthef, is namens die Applikante
aangevoer dat die Derde Respondent die
Tusttjekboek beheer en dus in
effektiewe beheer van miljoene rande is.
Dit is gemeensaak dat op
21 April 2009 Derde Respondent ooreenkomstig klousule 7.2 van die
Trustakte met ʼn eenparige trustee-besluit
gemagtig is om as
trustee alle dokumente namens die Trust te onderteken. Ook dat sy op
22 November 2009 eweneens met ʼn eenparige
trustee-besluit
waarvan die Eerste Applikant deel was gemagtig is om die
tjekrekening wat namens die Trust geopen is te bestuur,
tjeks uit te
maak, tjeks te teken, bankstate aan te vra, oorplasings te maak en
debietorders te reël. Die voorbehoud was
dat Derde Respondent
moes optree tot voordeel van die boerdery en van die Trust.
Aanvanklik is beweer dat
sy buitensporige uitgawes maak. Die Applikante het egter geen
getuienis verskaf oor wat die kriteria
was waaraan gemeet moet word
of die Derde Respondent se uitgawes inderdaad buitensporig was nie.
Om dié bewering
te staaf, is bloot dertig Trusttjeks tot die funderende verklaring
aangeheg met ‘n lys van die instansies
waaraan die tjeks
uitgemaak is. Omtrent dié tjeks word slegs vae algemene
bewerings gemaak, maar word geen regskonklusies
of –afleidings
op grond daarvan aan die Hof voorgehou nie. So is daar byvoorbeeld
geen bewering gemaak dat die Derde Respondent
die tjeks oneerlik
aangewend het of selfs dat sy ‘n ander begunstigde met die
uitreik van die tjeks te na gekom het nie.
Selfs in repliek is dit
nie hanteer nie. Daar is bloot gesê dit sal in argument
hanteer word.
Dit is reeds in
HART
v PINETOWN DRIVE-IN CINEMA (PTY) LIMITED,
1972 (1) SA 464
(D&C.L.D.)
op 496 C - E
en
TRANSNET v RUBENSTEIN
2006 (1) SA 591
(SCA)
duidelik gemaak dat die Appèlhof bevind het dat in
mosieverrigtinge die beëdigde verklarings nie slegs die
getuienis
daarstel nie maar ook die pleitstukke. In
TITTY’S
BAR AND BOTTLE STORE (PTY) LTD v A.B.C. GARAGE (PTY) LTD AND OTHERS,
1974 (4) SA 362
(T) te 396 A – B
is bevind dat ‘n
party kan nie ‘n blote geraamte uitmaak in die funderende
verklaring en dan die vleis in repliek
aansit soos
in casu
nie.
Die funderende stukke
moet voldoende feite bevat om ‘n saak uit te maak. In
PORT
NOLLOTH MUNICIPALITY v XHALISA
et al
, 1991 (3)
p.98 te p.111
is dit voorts uitdruklik gestel dat nie maar net
aanvaar kan word dat aanhangsels ‘n integrale deel van die
stukke vorm
nie.

A
case is not made out by an applicant in motion proceedings by way of
allegations in an annexure to the founding affidavit to which
the
attention of the Respondents has not been specifically directed,
anymore than it can be made out in the applicant’s replying

affidavit
.”
Die Applikante moes in
hul verklarings self verduidelik het watter afleidings of
regskonklusies uit die feite in die aanhangsel
voortspruit ten einde
die teenparty in staat te stel om sinvol daarop te antwoord.
Mnr Smith het aangevoer
dat die Derde Respondent erken het dat sy die Trusttjekrekening
gebruik vir persoonlike gewin, om haar
lewensstandaard te handhaaf
en om haar uitgawes te dek nadat sy die plaas verlaat het “omdat
dit vir haar daar onhoudbaar
geword het”.
Hierdie argument moet
natuurlik beoordeel word aan die hand van die eksplisiete Trustdoel,
naamlik om die begunstigdes in staat
te stel om hul lewensstandaard
te handhaaf, en aan hand van die feit dat daar nêrens
eksplisiet beweer word dat sy deur
die wyse waarop sy die Trusttjeks
aangewend het, enige van die ander begunstigdes benadeel het nie.
Die Derde Respondent het
onder eed verklaar dat al die tjeks uitgeskryf is hetsy vir die
boerderykostes (byvoorbeeld die kontanttjeks
van R25 000 en R31 000
vir lone) of vir die onderhoudsbehoeftes van die Trustbegunstigdes
(byvoorbeeld die R200 tjek aan die
snoepwinkel by Grey Kollege waar
hul seun ‘n leerder is, of die R5 000 tjek aan Spar, wat tog
vir niks anders as kruideniersware
kan wees nie of die een aan
Maison Costa wat vanselfsprekend vir haarversorging is). Sy het in
haar opponerende verklaring uitvoerig
onder eed met die verskillende
tjekbetalings gehandel en veral met dié aangewend vir
Hattingh.
Die Applikante het in
repliek bloot ontken dat die tjeks vir boerdery- en
onderhoudsbehoeftes van die begunstigdes aangewend is,
sonder enige
redes of getuienis ter ondersteuning en soos met die meerderheid van
hul ontkennings in repliek bloot beweer dit
sal in argument hanteer
word.
In repliek is talle nuwe
bewerings gemaak en is onder andere gepoog om aan te voer dat die
Derde Respondent vanaf VKB op ‘n
oneerlike wyse vir haarself
Trustgeld wou bekom, maar dié bewering is nie eens in
argument herhaal nie nadat die Respondente
dit behoorlik in dupliek
weerlê het. So het ook die bewerings omtrent laat-betaalde BTW
en Trustskuld aan die Vergoedingskommissaris
en die onwinsgewende
bedryf van die Trustplase, langs die pad weens behoorlike
weerlegging gesneuwel.
Daar word nie beweer dat
in die meer as tien jaar wat die Derde Respondent reeds hul
finansies hanteer en tydens welke tyd hul
huwelik volgens die Derde
Respondent self al lankal verbrokkel het, sy die finansies oneerlik
aangewend het of dat die Tweede
Applikant nie versorg was nie.
Die Derde Respondent
ontken dat sy enige fondse wanbestee het. Die Tweede Respondent wat
die Trustfinansies sedert
1999
hanteer, beaam ook onder eed
dat sy na sy wete nooit die finansies wanbestuur het nie.
Daar is geen bewerings
gemaak of bewyse voorgelê dat die Derde Respondente een van
die ander begunstigdes benadeel het nie,
byvoorbeeld dat die Tweede
Applikant nie na behore versorg word nie of dat geld of aankope wat
hom toekom, nie by hom uitgekom
het nie.
Daar word nie beweer dat
sy enige van die Trustbates vervreem of beswaar of gesteel het nie
selfs nie eens dat sy
mala fide
opgetree het nie. Die hele
klag gaan dus uiteindelik net oor die wyse waarop sy die
tjekrekening hanteer het, hoewel die Eerste
Applikant dit ook al die
jare so aanvaar het.
Beide die Tweede
Respondent en Mev Strauss, die boekhouer wat reeds vir 20 jaar met
die Trustopsigter se finansies gemoeid is,
het onder eed bevestig
dat die gebruik van ‘n enkele tjekrekening vir boerdery,
besigheids en persoonlike uitgawes algemene
praktyk in die
boerdery-bedryf is. Die Tweede Respondent het getuig dat dit ook in
verskeie van die ander Trusts waarin hy ‘n
onafhanklike
trustee is, so gedoen word. Hulle het voorts bevestig dat dit al die
jare, toe Mnr Kol Wessels nog geleef het, die
praktyk was om die
uitgawes voorlopig toe te laat en dan aan die einde van die
finansiële jaar te allokeer aan die hand
van die brondokumente,
netsoos dit ook nou steeds gedoen word. Hulle het beide bevestig dat
niemand voorheen daaroor gekla het
nie.
Die Derde Respondent het
dan ook onder eed bevestig dat sy alreeds al die tjeks en
brondokumente aan Mev Strauss oorhandig het
om die nodige allokering
te kan doen.
Die Eerste Applikant het
of moes al die jare geweet het dit is die prosedure en praktyk van
die boekhouers. Sy het nog nooit daarmee
probleme gehad dat dié
prosedure gevolg is nie en het nie in die funderende verklaring
daarmee gehandel of dit in repliek
kon ontken nie. Die Applikante
het nooit voor die aansoek dié praktyk enigsins bevraagteken
nie.
Uit die talle
geabandoneerde bewerings in die funderende stukke en die omvangryke
nuwe bewerings in die repliserende stukke onstaan
die onvermydelike
afleiding dat die Applikante nie vooraf die moeite gedoen het om die
ware feite vas te stel nie en eenvoudig
voortgegaan en ongegronde
bewerings gemaak het; met ander woorde so ‘n tipe
haelgeweerbenadering waarmee gehoop is iewers
sou ‘n bewering
tref. Dit het uiteindelik aanleiding gegee tot ‘n byna 900
bladsy-lange aansoek wat ‘n dupliek
genoodsaak het weens die
poging om die vleis aan te sit in die repliserende verklaring.
Die Derde Respondent het
erken dat sy haar eie fondse uit die kuratele boedel met dié
van die Trust vermeng het deurdat
sy geld uit haar onderhoudstoelaag
uit die kuratele boedel in die Trustrekening inbetaal het en dan
Trusttjeks uitgeskryf het
vir alles wat sy moes betaal of aankoop,
hetsy vir die Trustboerdery, hetsy vir die lewensbehoeftes van die
Trustbegunstigdes.
Sy sê dus onder eed dat die tjeks aangewend
is met betrekking tot die doel van of tot voordeel van die trust.
Die Applikante het dit
bloot ontken sonder om te sê op watter gronde of om watter
redes.
Mnr Smith het ten
aansien van die laakbaarheid van ‘n vermenging van trust- en
privaatfondse gesteun op ‘n passasie
uit
SPIROS v SPIROS
1932 WLD 207
waarin gesê is dat “
any person in a
position of trust has no business to mix his own funds with the
trust funds. It is a very improper procedure to
pay trust funds into
one’s private account.”
Dit is vanselfsprekend
ongewens dat trust-en persoonlike fondse vermeng word. Hoé
ongewens word egter deur die konteks
en omstandighede bepaal. Die
Eerste Respondent en Mev Pohl het reeds in Mei 2010 vir die Derde
Respondent gesê om dit nie
te doen nie. In Augustus 2010 is ‘n
besluit geneem dat aparte rekeninge vir die Trust en die kuratele
fondse geopen sou
word en dat die Derde Respondent voortaan volgens
‘n goedgekeurde begroting sou werk.
Soos Mnre van der Walt
en Reinders egter tereg uitgewys het, is die vermenging wat in die
onderhawige geval plaasgevind het, op
die feite onderskeibaar van
die vermenging in die
Spiros
-saak waar die trustee tot nadeel
van die ander trustee geld uit die trustfonds in sy eie rekening
inbetaal het en huurgeld wat
die trust toekom, in sy eie rekening
ontvang het. Dit was gevaarlik omdat, indien die trustee
gesekwestreer sou word, die geld
weg sou wees.
Mnr Smith het wel met
verwysing na die passasie in
COLONIAL BANK AND TRUST CO. LTD v
ESTATE HUGHES AND OTHERS
1932 AD 1
op p.16
: “
If the
trustee is also a beneficiary and he acts in such a way as to
benefit himself at the expense of the other beneficiaries,
his acts
will be narrowly scrutinized...”
geïmpliseer dat die
Derde Respondent haarself met die aangehegte Trusttjeks bevoordeel
het, maar nêrens in die stukke
word die bewering gemaak dat
dit ten koste van die ander begunstigdes geskied het nie.
Hy het ook beweer dat
Derde Respondent teenstrydig optree met klousule 7.4 van die
trustakte dat geen begunstigde alleen ten gunste
van haarself of
haar boedel mag handel met trustfondse of ʼn gedeelte daarvan
nie.
Hy het swaar gesteun op
TIJMSTRA N.O. v BLUNT-MACKENZI N.O. AND OTHERS,
2002 (1) SA 459
(TPD)
waarin bevind is dat ʼn trustee afgedank kan word al
was hy ook
bona fide
as hy trustfondse in gevaar stel. Dit is
beduidend dat die Applikante nêrens beweer dat die Derde
Respondent oneerlik of
mala fide
was met die aanwending van
die Trustfondse nie.
Die
Tijmstra-
saak
gaan oor ‘n trustee wat sonder verduideliking trustfondse uit
ʼn oënskynlike veilige belegging verwyder en
na sy
persoonlike rekening oordra of die Trust en Trustbates as sy eie
hanteer en bv. trustbates sonder behoorlike goedkeuring
van die
ander trustees verkoop, wat nie
in casu
die geval is nie.
Mnr van der Walt het
geargumenteer dat die vermenging van fondse
in casu
in die
omstandighede van die saak geen risiko vir verlies en skade vir die
Trust ingehou het nie aangesien die eie fondse wat
Derde Respondent
op die trustrekening inbetaal het, deel van die trustbates geword
het en die Trust sodoende ʼn vorderingsreg
teen die bank verkry
het vir betaling van Derde Respondent se fondse wat in die
Trustrekening gestort is.
Reeds op die 7 Mei
trustee vergadering het Eerste, Tweede en Derde Respondente in die
lig van die onenigheid ʼn besluit geneem
dat die volgende
maatreëls vir die toekomstige hantering van die trustrekening
sou geld:
80.1 Derde Respondent
moes ʼn begroting indien.
80.2 Die bankrekening is
oorgeplaas vanaf Eerste Nasionale Bank na Eerste Nasionale Bank
Brandwag, Bloemfontein.
80.3 Alle bankstate en
oorspronklike tjeks sou voortaan direk na Symington & de Kok
gestuur word vir aandag van Eerste Respondent.
80.4 Die bankstate sal
deur Elna Pohl opgesom word met ʼn volledige verduideliking van
waarvoor elke tjek aangewend is.
80.5 Die bankstate en
opsommings sal dan aan Tweede Respondent gestuur word vir BTW en SAID
doelstellings.
80.6 ʼn Maandelikse
opsomming sal dan aan die Derde Respondent verskaf word sodat sy
behoorlik kan begroot vir toekomstige uitgawes
en moontlike bemarking
van die vee.
Op 4 Augustus 2010,
steeds voor die aansoek, is reeds op ʼn trustee vergadering wat
mnr Schoeman en Eerste Applikant ook geweier
het om by te woon, die
volgende verdere resolusies geneem:
81.1 Dat die Derde
Respondent behoorlik sal boekhou van elke inkomste en uitgawe gemaak;
81.2 Dat die Derde
Respondent maandeliks ʼn volledige verslag aan mev Strauss van T
Roos en Kie sal gee;
81.3 Dat die Derde
Respondent nie die kuratele toelaag sal meng met die trustrekening
nie;
81.4 Dat daar ʼn
aparte rekening geskep sal word vir die kuratele toelaes.
Mnr van der Walt het met
verwysing na
KPMG CHARTERED ACCOUNTANTS (SA) v SECUREFIN LIMITED
AND ANOTHER,
2009 (4) SA 399
(SCA)
geargumenteer dat in die lig
van die klag dat die respondente nie opgetree het in ooreenstemming
met die trustakte nie, die interpretasie
van die trustakte van
wesenlike belang is. In daardie saak is dit duidelik gestel dat
interpretasie ‘n regskwessie is en
nie ‘n feitekwessie
nie en dus dat interpretasie ‘n aangeleentheid vir die hof en
nie vir die getuies is nie. Sodanige
interpretasie moet geskied in
die konteks van die omringende omstandighede.
Hy het voorts die
submissie gemaak dat in die lig van die historiese feite en in die
lig van die verloop van sake, met al die
beheermaatreëls wat in
plek is, daar redelikerwys geen risiko van verlies of skade vir die
Trust deur die Derde Respondent
was nie.
Daar is naamlik in talle
sake bevind dat nie sommer enige nalatige of verkeerde optrede van
‘n trustee ontheffing regverdig
nie. Dit moet minstens tot
gevolg hê dat die Hof kan bevind dat die trustee grof onbevoeg
is, of oneerlik is, of onbetroubaar
is.
Daar is insgelyks geen
bewerings in die stukke dat die Derde Respondent die Trustgeld
verduister het met die praktyk wat sy gevolg
het nie. Mnr Smith het
dit probeer ondervang met die verwysing na
VOLKWYN N.O. v CLARK &
DAMANT
1947 WLD 456
waar Murray R op 471 bevind het dat bewys
van oneerlikheid of
mala fides
nie noodsaaklik is vir die
ontheffing van trustees nie.
Maar dan kom die talle
sake waarin dié beginsel gekwalifiseer is, natuurlik ter
sprake. In
VOLKWYN N.O. v CLARK en DAMANT
het Murray R gesê:

It
is a matter not only of delicacy, but of seriousness to interfere
with the management of the estate of a deceased person by removing

from the control thereof, persons who in reliance upon their ability
and character, the deceased has deliberately selected to carry
out
his wishes.”
Mnr van der Walt het
tereg die Hof daarop gewys dat
in casu
die oprigter die Derde
Respondent spesiaal gekies het as ʼn trustee en ook in eie reg ʼn
begunstigde gemaak het.
Hy het ook daarop gewys
dat, ten spyte van al die beweringe en ten spyte daarvan dat die
2010 state teen bring van die aansoek
nog nie afgehandel was nie,
die Trust net in 2010 alleen reeds feitlik R500 000,00 wins gemaak
het.
Mnr Smith het met
verwysing na
DIE MEESTER v MEYER EN ANDERE, 1975 (2) SA te p.13E
versoek dat die beginsel “prevention is better than cure”
toegepas moet word om die die Derde Respondent te onthef,
aangesien
die Hof nie kan toelaat dat die Derde Respondent haarself in ʼn
posisie plaas waar haar plig en haar belange met
mekaar bots nie.
Ek het elkeen van die
klagtes teen Derde Respondent afsonderlik en ook in samehang met
mekaar oorweeg en tot die slotsom gekom
dat die Applikante nie bewys
het dat sy nie haar pligte na behore nagekom het of
mala fides
opgetree het nie. Meer nog is nie bewys dat sy met die hantering van
die tjekboek die Trustfondse in gevaar gestel het nie of
net
haarself of iemand anders onredelik of onbehoorlik bevoordeel het
tot nadeel van die ander begunstigdes nie.
Die vermenging van haar
eie fondse met Trustfondse was nie van so ‘n aard dat dit die
Trustfondse in gevaar gestel nie.
Daar is ook beweer dat
die doel waarvoor Derde Respondent as trustee aangestel is, nie meer
bestaan nie en ook nie in die toekoms
meer gaan bestaan nie. Mnr
Smit het aangevoer dat die primêre doel van haar aanstelling
was om die boerdery namens die
Trust te bedryf. Volgens hom, omdat
haar swaer tydelik in beheer van die boerdery geplaas is toe die
bestuurder weg is en sy
na Bloemfontein verhuis het, bestaan haar
rol as trustee dus nie meer nie en weens die vyandigheid tussen haar
en die verskillende
familielede sal sy in die toekoms ook nie meer
die boerdery wil behartig nie.
Nêrens in die
stukke is sodanige bewering gemaak nie en soos mnr Van der Walt
tereg uitgewys het, is die doel en pligte
van ʼn trustee om die
doel en oogmerke van die trust te bereik.
Mnr Van der Walt het
tereg aangevoer dat mnr Schoeman en die Eerste Applikant se weiering
om die vergaderings by te woon, nie
net die ratifikasie van die
besluit in terme van Klousule 7.2 verhoed het nie, maar dit ook
onmoontlik gemaak het om die geskil
tussen die trustees deur middel
van arbitrasie op te los. Hy het aangevoer dat die optrede van
Eerste Applikant en mnr Schoeman
‘n wyse was om konflik te
skep ten einde die trustees uit die pad te kry.
Daar is geen bewys dat
die Derde Respondent in haar amp as trustee en haar hantering van
trust-sake grof nalatig, oneerlik, onbetroubaar
of onbevoeg is nie.
Al die ter sake klagtes is behoorlik weerlê. Daar is duidelik
ook sedert Augustus 2010 voldoende beheermaatreëls
in plek om
te verseker dat fondse nie vermeng word nie en aanwending van die
Trusttjekrekening volledig en deursigtig verantwoord
word.
Daar kan dus geen sprake
wees daarvan dat daar ʼn vooruitsig is dat die “probleme”
waarvoor die Applikante hul
bekla sal voortduur en dat daar ʼn
risiko is dat die trust benadeel sal word en dat daar nie volgens
die trustakte gehandel
sal word nie.
Die sanksie in die
Colonial Bank
– saak is dan ook dat die optrede

will be closely scrutinized”,
nie dat die
trustee sommer net onthef sal word nie.
Dit is belangrik om in
gedagte te hou dat die Derde Respondent deur die Trustoprigter
aangestel is nie net as begunstigde nie,
maar ook as trustee. Daar
sou dus baie ernstige klagtes en benadeling moes wees voor die hof
haar net sal onthef.
Daar is geen bewys van
benadeling nou of in die toekoms nie. Ek is dus van mening dat die
Derde Respondent se optrede nie van
so ‘n aard is dat dit tot
nadeel van die Trust sou wees dat sy aanbly as Trustee nie.
Net vir ingeval die
bewerings oor wanbestuur van die Trust nie slaag nie, word dan
gesteun op konflik tussen die Applikante en
die Derde Respondent.
Die herhaalde verwysings
na die verhouding tussen die Derde Respondent en Hattingh wat soos
‘n goue draad deur die funderende
en repliserende beëdigde
verklarings, loop tesame met die aantygings soos dat Derde
Respondent in haar haas om die plaas
te verlaat, ‘n getekende
blanko tjek “laat rondlê” het in die “liefdesnes”
wat sy vir haar
en Hattingh in die studeerkamer sou ingerig het, lei
tot die onvermydelike gevolgtrekking dat dit wel die hoof-oorweging
was
vir die bring van die Eerste Applikant se aansoek, soos die
Respondente dan ook beweer. Ook die Eerste Applikant se herhaalde
verwysings na “ek en my dogters” steun die Respondente
se saak dat die aansoek deur die Tweede Applikant se susters

geïnisieer is en dat die bewerings oor nie-nakoming van
trustee-verpligtinge maar ‘n verskoning is om van die Derde

Respondent ontslae te raak.
Dit is natuurlik te
begrype dat die susters en hul moeder die Tweede Applikant wil
beskerm, maar die Hof moet steeds die aansoek
beoordeel aan die
objektiewe feite en nie aan blote ongestaafde bewerings nie. In
dupliek het dit byvoorbeeld geblyk die blanko
getekende tjek was in
die kluis toegesluit vir noodsituasies waar die persoon met
tekenmagte nie beskikbaar is nie, soos dit
nog al die jare gedoen
is.
Die Applikante baseer
die konflik tussen die Derde Respondent en die Tweede Applikante op
die verbrokkelde huwelik. Dit was in
elk geval vir jare al die
omstandighede en dit het nie die Derde Respondent se hantering van
die Trust beïnvloed nie. Die
Eerste Applikant blameer dan ook
die verhouding tussen die Derde Respondent en Hattingh vir dié
konflik, sowel as vir
die konflik tussen haar en die Derde
Respondent. Dit blyk egter die Eerste Applikant se obstruktiewe
optrede te wees wat die
Trust-administrasie in die wiele ry, nie die
Derde Respondent se hantering van Trustsake nie.
In
VOLKWYN N.O. v
CLARK & DAMANT, 1946 (WLD) p.47
is tereg gesê die
wesenlike toets is of daar sodanige disharmonie bestaan as wat die
trustboedel en die behoorlike administrasie
daarvan bedreig. Na
oorweging van al die omstandighede is ek nie oortuig dat die
disharmonie wat nou tussen die Derde Respondent
en die familie
bestaan die Trustboedel en die behoorlike administrasie daarvan
bedreig nie mits die Eerste Applikant haar samewerking
gee en nie
die bestuursproses dwarsboom nie. Dit is in belang van die familie
en haar seun se kinders dat die onenigheid bygelê
word.
Na die beweerde konflik
tussen die Applikante en die Eerste en Tweede Respondente verwys die
Eerste Applikant as “indirekte”
konflik.
Beide Eerste en Tweede
Respondente stel dit onomwonde dat hulle steeds bereid is om met die
Eerste Applikant as trustee saam te
werk. Beide maak dit duidelik
dat hulle as onafhanklike professionele persone nie by die
familietwis betrokke wil raak nie. Na
hul oordeel is daar geen
wesenlike vertrouensbreuk wat tot nadeel vir die Trust en die
behoorlike administrasie daarvan kan lei
nie.
Die Applikante het
aanvanklik die Eerste en Tweede Respondente daarvan beskuldig dat
hulle weier en/of versuim om hul pligte as
trustees na behore na te
kom of in belang van die Trust op te tree; hul in konflik met die
applikante bevind; die Trustboerdery
oneffektief en onwinsgewend
bestuur het; Hattingh sonder eenparige besluit aangestel het; die
Derde Respondent toelaat om Trustfondse
na goeddunke vir eie gebruik
aan te wend; nie ingevolge die bepalings van die Trustakte optree
nie;
ex post facto
Derde Respondent se aanvaarding van
voordele en Hattingh se aanstelling probeer ratifiseer; Derde
Respondent toelaat om sonder
vooraf goedkeuring trustgeld na
goeddunke aan te wend; versuim om behoorlike rekeningkundige rekords
te hou en behoorlike finansiële
state te laat voorberei.
Die versoek om die
Eerste en Tweede Respondente te onthef, berus uiteindelik
hoofsaaklik op die bewering dat hulle teenstrydig
met die Trustakte
die Derde Respondent toegelaat het om sonder vooraf eenparige
goedkeuring of ‘n toekenning van die Trustinkomste
die
Trusttjekboek aan te wend soos sy het.
Soos reeds voorheen
uitgewys, moet deurentyd ten aansien van die klagtes teen die Eerste
en Tweede Respondente in gedagte gehou
word dat wat vir hulle geld,
eweseer vir die Eerste Applikant self geld. Die Eerste Applikant
erken trouens self dat sy nooit
insae geneem het in finansiële
rekords en state nie.
Die wesenlike vraag is
of die Respondente se optrede die Trust in gevaar gestel het.
Die Trustakte bepaal in
klousule 13.1.51 dat die trustees gemagtig word om alles te doen en
die magte uit te oefen wat gewoonlik
in direkteure van ‘n
maatskappy vestig. Daar is ook namens die Respondente aangevoer dat
die Eerste en Tweede Respondente
se sorgsaamheid en fidusi
êre
verpligtinge gelyksoortig is aan dié van ‘n maatskappy
direkteur. Sien
FISHERIES DEVELOPMENT
CORPORATION OF SA LTD v JORGENSEN AND ANOTHER,
1980 (4) SA 156
(WLD)
op 165 F – 166 F
en
HOWARD
v HERRIGEL AND ANOTHER N.N.O.,
[1991] ZASCA 7
;
1991 (2) SA 660
(AD) op 678 A –
E
.
In
GOHLKE &
SCHNEIDER v WESTIES MINERALE BPK,
1970 (2) SA 685
(AD) te p.693 F –
694 E
is die beginsels van eenparige instemming (“unanimous
assent”) in die maatskappyereg omskryf. Dit is erkende reg dat

lede van ‘n maatskappy by wyse van eenparige instemming kan
optree en nie vergaderings hoef te hou tensy die statute dit
vereis
nie.
In die Gohlke-saak is
bevind dat die hou van ‘n vergadering slegs die formele
meganisme is om die toestemming van die lede
of die vereiste
meerderheidsbesluit van die lede te kry, en indien die instemming
van al die lede op ‘n ander wyse gekry
kan word, dit dan net
so effektief sal wees as wanneer dit op ‘n vergadering gekry
word.
Daarin
is verwys na die saak
SALOMON V SALOMON
AND COMPANY LTD,
1897 A.C. 22
waar ten
aansien van die geldigheid van ‘n koopooreenkoms bevind is dat
hoewel daar nie ‘n algemene ledevergadering
van die maatskappy
gehou is om die ooreenkoms goed te keur nie, dit duidelik uit die
getuienis geblyk het dat hulle almal van
die bepalings van die
ooreenkoms geweet en dit aanvaar het. Op p.57 van daardie saak het
Lord Davey gesê:

I think it an inevitable
inference from the circumstances of the case that every member of
the company assented to the purchase,
and the company is bound in a
matter intra vires by the unanimous agreement of its members
.”
Die
saak
HO TUNG v MAN ON INSURANCE COMPANY
LIMITED,
1902 A.C. 232
is ook
voorgehou as ‘n verdere voorbeeld van die beginsel van
eenparige instemming. Daarin is die maatskappy aktes tesame
met die
statute geregistreer,
maar sonder dat dit
onderteken is deur die nodige persone en sonder om agterna deur ‘n
spesiale resolusie aanvaar te word
soos vereis in die betrokke
maatskappy ordonnansie. Maar, aangesien die maatskappy vir 19 jaar
sy besigheid in terme van die
aktes bedryf het sonder enige beswaar,
kan die afleiding gemaak word dat al die lede ingestem het dat die
aktes dié van
die maatskappy is. Op grond daarvan is bevind
dat die aktes wel dié van die maatskappy geword het,

As
surely as if they had been formally adopted by special resolution.

[104] In
GOHLKE &
SCHNEIDER v WESTIES
MINERALE BPK
,
supra
, te p.694 D
– E het Trollip, AR, bevind dat die beginsel van eenparige
instemming ‘n geldige beginsel is wat uitvoering
gee aan die
substansie eerder as aan die blote vorm van die lede se toestemming
en dat dit in die Suid-Afrikaanse reg aanvaar kan
word as gevestigde
reg. Op grond daarvan het hy dan bevind dat die klousule wat in die
Gohlke saak ter sprake was net so bindend
was op die trustees as of
hulle dit op die vereiste algemene vergadering per resolusie besluit
het.
Mnr van der Walt het
geargumenteer dat die trustees van die trust deurentyd tot kennis
van die Eerste Applikant by wyse van eenparige
instemming met
betrekking tot die sake van die Trust opgetree het bv. dat die
Trustees die Derde Respondent se voortgesette beheer
oor die Trust
tjekrekening by wyse van eenparige instemming gemagtig het, dat die
trustees met insluiting van wyle Kol Wessels
en Eerste Applikant by
wyse van eenparige instemming Hattingh se aanstelling goedgekeur
het, en dat die omskepping van die skuur
in ‘n derde woning by
eenparige instemming deur die trustees goedgekeur is.
Die Applikante beweer
dat Tweede Respondent al sedert Desember 2008 weet dat Derde
Respondent haar privaatfondse met trustfondse
vermeng en dit
toelaat.
Wat die Applikante egter
nie byvoeg nie, is dat die Tweede Respondent, toe hy ooreenkomstig
die Wet op Trustgoed van die vermenging
ingelig is, dit laat
ondersoek het. Hy verklaar onder eed dat hy tevrede was toe dit
geblyk het dat die inkomende fondse die
uitgaande fondse oorskry.
Voorts dat hy gerus was omdat in al die jare wat die Derde
Respondent die finansies hanteer, sy dit
nooit wanaangewend of
buitensporig bestee het nie.
Hy het dus die posisie
oorweeg en klaarblyklik op grond van sy kennis en jarelange ervaring
van die hantering van die Trustfinansies
besluit om die praktyk toe
te laat terwyl die omstandighede soos op daardie stadium voortduur.
Sien in dié verband
FEY N.O. & WHITEFORD N.O. v
SERFONTEIN & ANOTHER,
1993 (2) SA 605
(A)
waar die verkoop
van ‘n trustbate deur ‘n trustee aanvaar is omdat ‘n
kundige mede-trustee daarvan geweet,
dit oorweeg en dit goedgekeur
het.
Dit blyk ook uit die
stukke dat die Respondente onmiddellik opgetree het om in die lig
van die onenigheid in die familie die beheermaatreëls
te
verskerp om te verseker dat daar geen nadeel of risiko vir die Trust
mag ontstaan nie toe dit blyk dat die omstandighede op
die plaas
verander het.
Die Applikante het
daaroor gekla dat Eerste en Tweede Respondente aan die Derde
Respondent
carte blanche
tekenregte gee en dan eers aan die
einde van die jaar die bedrae laat allokeer hetsy na
boerdery-uitgawes, hetsy na onderhoudsuitgawes,
hetsy na die
leningsrekening. Hul hoofklag is dus dat die Eerste en Tweede
Respondente
ex post facto
besluit hulle gee die uitgawes aan
die Derde Respondent as ʼn begunstigde of hulle sit dit in ʼn
leningsrekening.
Mev Strauss wat 20 jaar
reeds die boerderyboeke behartig, het onder eed verduidelik dat sy
die finansiële transaksies geboekstaaf
en voorberei het aan die
hand van die brondokumente wat voorsien is. Sy het die rekenkundige
rekords sover moontlik op datum
gebring wanneer die BTW opgawes
voorberei is en dit reggestel en aangesuiwer indien verdere
dokumente of inligting beskikbaar
raak.
Mev Strauss het die
finansiële jaarstate voorberei en gefinaliseer na alle
moontlike onduidelikhede omtrent brondokumente
uitgeklaar is, onder
toesig van en in oorleg met ‘n professionele rekenmeester,
aanvanklik die Tweede Respondent, later
mnr Fourie.
Eerste en Tweede
Respondent het onder eed verduidelik dat dit algemeen aanvaarde
rekenkundige praktyk is dat die fondse eers bestee
en dan aan die
einde van die jaar geallokeer en van rekenskap gegee word. Dit is
ook deur mev Strauss bevestig dat dit nog altyd
in die Trust en in
mnr Kol Wessels se boerdery en besighede die praktyk was en die
Eerste Applikant dit nog altyd so aanvaar
het. Die Tweede Respondent
wat al 30 jaar daarmee gemoeid was het bevestig dat hy nog altyd aan
die einde van die tersaaklike
boekjaar na behore die uitgawes wat
opgeloop is, behoorlik en wesenlik kon verantwoord.
Die feit dat die besluit
om Derde Respondent tekenreg te gee net vir ses maande geldig was,
maar die tjeks steeds uitgeskryf word,
beweer die Applikante is
lynreg teen die bogemelde resolusie, maar die Eerste en Tweede
Respondente keur dit goed en doen niks
daaraan nie. Soos reeds
hierbo uiteengesit, kan die feit aan eenparige instemming toegeskryf
word wat met die volle wete van
die Eerste Applikant geskied het,
hoewel daar nou beweer word dat sy “nie geweet het nie”.
Maar ten aansien van die
ander Respondente gesê is, moes sy
haar ook van haar verpligtinge as trustee verwittig het. Sy is
immers al sedert 1995
‘n trustee.
Mnr van der Walt doen
tereg aan die hand dat selfs al sou die hof bevind dat die
rekeningkundige praktyke wat gevolg is, nie geoorloof
is nie en dat
die trustakte nie uitgelê kan word om te sê dat die
optrede geratifiseer kan word nie, daar geen grondslag
gelê is
op die stukke dat Eerste en Tweede Respondente sal voortgaan met die
praktyke nie.
Die applikante bekla
hulle dat daar in die afgelope drie jaar geen notule van so ʼn
vergadering was waarop die trustees ʼn
spesifieke toedeling
gemaak het ten aansien van enige trustee nie. Vir die vorige twee
jaar was die Eerste Applikant wetend deel
van die nie-toedeling en
sedert Mei 2010 het sy dit verhoed deur te weier om die notules te
teken of vergaderings by te woon.
Dis nou die eerste maal dat die
Eerste Applikant daaroor kla.
In
NEUGARTEN AND
OTHERS v STANDARD BANK OF SOUTH AFRICA LTD,
1989 (1) SA 797
(AD) te
802 F – 803 E
het die Appèlhof beslis dat dit nie
die reël is dat in alle gevalle waar die toestemming ‘n
voorvereiste is
vir die geldigheid van die transaksie, dit by wyse
van voorafgaande toestemming móét wees nie.
Toestemming kan
oor die algemeen wel ook agterná
ex post
facto
deur middel van ratifikasie gegee word. Die Appèlhof
maak dit duidelik dat ratifikasie gelyk is aan voorafgaande
magtiging
en dat dit die betrokke transaksie met retrospektiewe
werking bevestig en daaraan ‘n regsbasis gee.
In casu
vereis
die Trustakte nie dat besluite vooraf moet wees nie en verbied ook
nie die
ex post facto
ratifikasie van besluite nie. Sodanige
ratifikasie van ‘n inkomstetoekenning sou dus kon geskied
indien die Applikante
wel ernstig was om die Trust probleme aan te
spreek en uit te sorteer.
Maar soos mnr Van der
Walt tereg daarop gewys het was die 2010 finansiële jaar met
die bring van die aansoek nog nie klaar
nie en was ʼn
ex post
facto
ratifikasie van die uitskryf van die tjeks nie moontlik
nie aangesien Eerste Applikant en haar gevolmagtigde, prokureur
Schoeman,
geweier het om sedert Mei 2010 enige trustee vergaderings
by te woon. Dié obstruktiewe optrede het onteenseglik daartoe

gelei het dat klousule 9.3 van die Trustakte wat ʼn eenparige
besluit tydens ʼn vergadering van trustees vir ‘n

inkomstetoekenning vereis nie nagekom kon word nie.
Daar is in die
alternatief namens die Applikante betoog dat indien die hof sou
bevind dat die trustakte wel vooraf toestemming
vereis, beteken dit
steeds nie dat Eerste en Tweede Respondente onthef moet word nie.
Die hof moet dan verder gaan en bevind
hulle kon die trustakte nie
redelikerwys in die omstandighede so geïnterpreteer het nie. Op
die feite wat voor die hof geplaas
is, kan nie be- vind word dat die
trustakte ratifikasie uitsluit nie.
Daar is deurentyd verwys
na die Respondente se “positiewe wangedrag” strydig met
die bepalings van die trustakte en
tot nadeel van die trust en die
begunstigde. Die Applikante verskaf egter geen bewering of bewys van
wat dié nadeel dan
sou behels nie.
Dit is dus ook duidelik
dat die verwysings na die Applikante se “verskuilde agenda”
nie ongegrond is nie. Dit blyk
duidelik uit die talle verwysings van
die Eerste Applikant na “ek en my dogters” dat die
Tweede Applikant se susters
inderdaad ‘n groot rol in die
bring van die aansoek gespeel het soos die Respondente beweer. En
soos reeds vroeër
opgemerk, gee die vele verwysings na die
verhouding tussen Derde Respondente en Hattingh veral ook die
ongekwalifiseerde verwysing
in die repliserende verklaring na die
“liefdesnes” wat Derde Respondent sou geskep het,
verdere steun aan die argument.
Dit is geykte reg dat ʼn
trustee die sorgsaamheid aan die dag moet lê wat vereis word
van ʼn persoon wat die sake
van ʼn ander hanteer en dis ook
reeds geykte reg soos in
SACKVILLE WEST v NOURSE,
supra
,
p.519
bevind is dat om ʼn trustee te onthef moet hy
oneerlik, erg onbevoeg en onbetroubaar wees.
In
CORBETT: LAW OF
SUCCESSION,
te p. 403 is aan die hand gedoen dat ‘n
trustee se verwagte toekomstige optrede die risiko van werklike
verlies of ʼn
risiko dat die trust administrasie nie ingevolge
van die bepalings van die trustakte sal plaasvind nie, moet skep om
ontheffing
te regverdig.
Aan die hand van die
Sackville
-
saak waar die trustees nalatig
gehandel het deur ʼn verband teen onvoldoende sekuriteit te
registreer, betoog Mnr van der
Walt dat die belangrikste oorweging
in casu
moet wees wat in die toekoms met die Trust gaan
gebeur as die trustees aanbly.
Hy doen dus aan die hand
dat die toets as Eerste en Tweede Respondent onthef moet word, moet
wees:
137.1 Wat gaan hulle in
die toekoms doen? En
137.2 Gaan dit werklik ʼn
verlies of nadeel tot gevolg hê?
Hy doen aan die hand dat
by die toepassing van dié toetse op die feite
in casu
gevra moet word op watter gronde daar gesê kan word dat die
voortgesette teenwoordigheid van die trustees sal verhoed dat
die
trust behoorlik uitgevoer word, of dat dit nadelig sal wees vir die
welstand van die begunstigdes.
Dit is presies dié
twee vrae waarna Artikel 20 van die Wet op Beheer op Trustgoed ook
verwys.
Ook
Meyerowitz
maak
dit met verwysing na
DIE MEESTER v
MEYER,
1975 (2) SA 1
(T) te p.16
baie
duidelik dat die verwydering van ‘n trustee ‘n ernstige
saak is en dat ‘n hof nie ligtelik sy bevoegdheid
sal uitoefen
nie. Hy beklemtoon dat

even if the executor or
administrator has acted incorrectly in his duties, and has not
observed the strict requirements of the
law, something more is
required before his removal is warranted.”
Meyerowitz wys dan uit
dat blote vyandigheid tussen die eksekuteur (of trustee) en ander
belanghebbende partye wat nie die administrasie
van die trust aantas
nie of selfs nalatigheid wat die eksekuteur kan blootstel aan ‘n
eis om die verlies te vergoed, nie
voldoende grond vir verwydering
is nie. Die toets volgens Meyerowitz is ook of die voortsetting van
die eksekuteur in die amp
die toekomstige welstand van die boedel of
trust wat in sy sorg geplaas is sal benadeel.
Die Applikante het nie
bewys dat daar enige nadeel of risiko vir die Trust sal wees as die
Eerste en Tweede Respondente in hul
ampte aanbly nie. Die Hof is ook
tevrede dat geen bewys gelewer is dat hul optrede dui op ernstige
pligsversuim of oneerlikheid
of growwe onbekwaamheid nie. Die nodige
veiligheids- en bestuursmaatreëls is reeds ingestel om die
effektiewe administrasie
van die Trust te verseker. Daar is dus geen
regsbasis gelê vir hul ontheffing op sodanige gronde nie.
Wat die beweerde konflik
betref, moet dit van ‘n ernstige aard wees, sodanig dat dit
die behoorlike administrasie van die
Trust bedreig voor dit tot
ontheffing sal lei. Beide Eerste en Tweede Respondent het aangedui
die “indirekte” konflik
met hulle waarna Eerste
Respondent verwys, is nie ‘n struikelblok wat sal verhoed dat
hulle met die Applikante sal kan
saamwerk nie. Soos in die
Sackville-saak is hierdie hof nie oortuig dat die beweerde konflik
wat met hierdie aansoek geskep is,
die Trust administrasie van
Eerste en Tweede Respondente sal benadeel nie. Die hof meen juis dat
die aansoek tot gevolg sal hê
dat hulle ekstra versigtig te
werk sal gaan in die toekoms. Daar is in ieder geval in die stukke
geen getuienis voorgelê
wat die bewering van konflik tussen
Eerste en Tweede Respondente en die Applikante staaf nie.
Die Eerste en Tweede
Respondente stel dit onomwonde dat dit belangrik is dat Eerste
Applikant as trustee aanbly om om te sien
na Tweede Applikant se
belange en dat Derde Respondent as trustee aanbly om om te sien na
die kinders se belange.
Op gronde soos hierbo
uiteengesit kom ek tot die gevolgtrekking dat die Applikante nie ‘n
behoorlike saak uitgemaak het
vir die ontheffing van die trustees
nie.
Die Eerste Applikant het
die aansoek in haar hoedanigheid as trustee teen die Respondente in
hul hoedanigheid as trustees gebring,
maar behoort dit in haar
persoonlike hoedanigheid teen die Respondente in hul persoonlike
hoedanighede gedoen het. Dit blyk uit
STANDER AND OTHERS v
SCHWULST AND OTHERS,
2008 (1) SA 81
(CPD) op 92 C – 93D
.
Die Eerste Applikant
bring die aansoek
nomine officio
maar soos blyk uit klousule
7 kan die trustees net gesamentlik optree. Klousule 13.1.19 en
13.1.20 magtig nie ‘n trustee
om op sy eie regsgedinge in te
stel en regskostes aan te gaan namens die Trust nie. Derhalwe is die
Trust nie die Applikant nie
en kon die enigste Applikant net die
Eerste Applikant in haar persoonlike hoedanigheid gewees het. Om
daardie rede het sy
nomine officio
nie
locus standi
gehad
nie. Ook derhalwe sou die aansoek nie kon slaag nie.
Dit het gevolglik ook ‘n
effek op die kostebevel wat ek maak, naamlik dat die aansoek afgewys
word met koste vir welke koste
die Trust derhalwe nie aanspreeklik
is nie aangesien die Trust nie die aansoek gebring het nie. Deur die
Eerste Applikant se
eensydige optrede kon sy nie die Trust vir die
koste aanspreeklik maak nie.
Die aansoek is op 21
Oktober 2010 uitgestel. Die koste van die uitstel het oorgestaan en
moet dus ook bereg word.
Mnr Smith het aangevoer
dat die Respondente die kostes moet betaal omdat hulle na bewering
versuim het om hofreël 6(5)(f)
na te kom deur die aansoek reeds
op 30 September ter rolle te plaas vir 21 Oktober 2010.
Die tersaaklike feite is
dat die Applikante op 29 September 2010 moes repliseer. Hulle het
nie. Op 30 September het hulle bloot
‘n brief aan die
Respondente se prokureurs geskryf om te sê hulle gaan laat
wees.
Die Respondente was by
gebrek aan kondonasie of toestemming geregtig om die aansoek ter
rolle te plaas asof daar nie gerepliseer
is nie. Hulle het dan ook
op 30 September ‘n kennisgewing van ter rolle plasing vir 21
Oktober 2010 geliasseer. Hulle was
geregtig om in ooreenstemming met
die praktyksreël in die Vrystaat Hoë Hof die aansoek bloot
vir die daaropvolgende
Donderdag te plaas, maar het dit nogtans vir
16 hofdae later eers geplaas.
Met die volle wete dat
die aansoek reeds ter rolle geplaas is vir 21 Oktober het die
Applikante sonder om enige vergunning te
vra, hulle eers op 6
Oktober ‘n konsultasie gereël vir die opstel van die
repliserende stukke en het toe hul repliserende
stukke twee dae voor
die hofdatum op 19 Oktober eers geliasseer.
Die applikante het ook
saam met hul repliserende stukke op 19 Oktober 2010 ‘n aansoek
om kondonasie geliasseer wat hul weer
teruggetrek en ‘n nuwe
een geliasseer het. Die repliserende stukke het ‘n menigte
nuwe bewerings bevat, tot die mate
dat dit ‘n dupliek
geregverdig het.
Die uitstel is dus
uit-en-uit deur die versuim van die Applikante veroorsaak en word
die Eerste Applikant dan beveel om die koste
daarvan te dra.
Die Respondente vra nie
‘n kostebevel teen die Tweede Applikant nie aangesien hulle
hom as handelingsonbevoeg beskou.
Die Eerste Applikant sal
dan beveel word om die kostes van die uitstel sowel as die kostes
van die aansoek in haar persoonlike
hoedanigheid te betaal.
DERHALWE
word die
volgende bevel gemaak:
1. Die aansoek word van
die hand gewys met koste.
2. Die Eerste Applikant
word gelas om die koste van die aansoek sowel as dié van die
uitstel op 21 Oktober 2010 in haar persoonlike
hoedanigheid te
betaal.
______________________
H. MURRAY Wnd R.
Namens die Applikante:
Adv DA Smith SC
Adv Shepherd
Op instruksies van:
McIntyre & van der Post, Bloemfontein
Namens die Eerste en
Tweede Respondente: Adv
DJ van der Walt
Op instruksies van:
Symington & de Kok, Bloemfontein
Namens die Derde
Respondent: Adv SJ Reinders
Op instruksie van: Honey
Prokureurs
Bloemfontein