About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2011
>>
[2011] ZAFSHC 70
|
|
High Point Trading 733 Bk t/a High Point Bridging v Potgieter (2270/2010) [2011] ZAFSHC 70 (12 April 2011)
VRYSTAAT
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Aansoeknommer : 2270/2010
In
die aansoek tussen:-
HIGH POINT TRADING
733 BK
t/a HIGH POINT
BRIDGING
......................................................
Applikant
en
CORNELIUS JOHANNES
POTGIETER
..............................
Respondent
Gebore 27 Januarie
1956 en getroud buite
gemeenskap van goed
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN ZYL, R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
21 OKTOBER 2010
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
4 NOVEMBER 2010; 12 APRIL 2011
_____________________________________________________
Op 4 November 2010 het
ek in hierdie verrigtinge, synde die verlengde keerdag van ʼn
voorlopige sekwestrasiebevel wat verleen
was op 24 Junie 2010 en
waarin applikant se vordering van ʼn finale sekwestrasiebevel
deur respondent geopponeer was, die
volgende bevel verleen:
“
1. Die
voorlopige sekwestrasiebevel word bekragtig.
2. Die oorgestane koste van 23
September 2010 is koste in die sekwestrasie.”
Voormelde bevel was in
die tersaaklike Mosiehof van die dag deur die tersaaklike
voorsittende Regter uitgelees nadat my sekretaris
op my versoek beide
partye se onderskeie prokureurs van rekord vooraf geskakel het om hul
te verwittig dat die bevel aldus gelewer
sou word. Vanweë
oorsig, welke opreg betreur word, is die skriftelike redes vir
voormelde bevel nie destyds verskaf op die
stadium wat dit reeds
klaar getik was nie en word dit dus nou verskaf na aanleiding van
navrae daaromtrent wat op 11 April 2011
gerig was en die oorsig aan
die lig gekom het.
Ter aanvang moet vermeld
word dat die aansoekstukke en die voorlopige bevel nie persoonlik op
respondent beteken kon word nie.
Dit is egter op respondent se
prokureur beteken, voortspruitend waaruit ʼn kennisgewing van
opponering namens respondent
geliasseer is op 22 September 2010 en
is sy opponerende verklaring ook op gemelde datum geliasseer.
Gevolglik blyk dit duidelik
dat die verlening van die voorlopige
sekwestrasiebevel en die inhoud van die funderende aansoekstukke
beslis tot respondent se
persoonlike kennis gekom het. Dus kan die
feit dat die aansoekstukke en die voorlopige sekwestrasiebevel nie
persoonlik op respondent
beteken is nie, gekondoneer word in die
omstandighede waar die doel van persoonlike betekening wel vervul
is. Wat die verdere
formaliteitsvereistes betref is dit deur
applikant nagekom en was die aansoek derhalwe ryp vir die beregting
van die meriete
daarvan.
Funderende
verklaring:
Applikant se besigheid
behels die verskaffing van bedryfs- en oorbruggingskapitaal. Hoewel
applikant hierdie kapitaal beskikbaar
stel op versoek van ʼn
verskeidenheid van kliënte, spits applikant hom hoofsaaklik toe
op die verskaffing van oorbruggingskapitaal
vir hangende
eiendomstransaksies. Die funderende verklaring is afgelê deur
ene mnr. B.J. Venn, synde ʼn lid van applikant
en behoorlik
daartoe gemagtig ooreenkomstig ʼn besluit geneem tydens ʼn
vergadering van die lede van applikant. Daarin
is die feitelike
agtergrond uiteengesit ten opsigte van twee skriftelike
koopkontrakte wat applikant beweer gesluit is tussen
applikant en
respondent, tesame met aanverwante dokumentasie wat ten opsigte
daarvan onderteken is, voortspruitend waaruit applikant
beweer die
bedrag van R970 000.00 deur applikant aan respondent oorbetaal is,
ter stawing waarvan applikant verwys na internet
oorbetalingsstrokies, aangeheg as aanhangsels “BJ4” tot
“BJ7” tot die funderende verklaring. Voormelde
koopkontrakte is egter deur applikant gekanselleer voortspruitend
uit respondent se beweerde wesenlike kontrakbreuk ten opsigte
daarvan. Dit is nodig om te vermeld dat by nalees van die twee
koopkontrakte, welke aangeheg is as aanhangsels “BJV2”
en “BJV3” onderskeidelik tot die funderende verklaring,
blyk dit dat die koopkontrak, aanhangsel “BJV2”,
egter
nie gesluit is tussen applikant en respondent soos deur applikant
beweer nie, maar inderdaad deur applikant en die maatskappy
bekend
as Seriso 724 (Edms) Beperk, ten tyde van welke kontraksluiting die
maatskappy verteenwoordig is deur respondent in sy
hoedanigheid as
direkteur van die maatskappy. Hoe dit ookal sy, is ek vanweë
redes wat hierinlater sal blyk van mening dat
hierdie feite nie van
belang is vir doeleindes van die oorweging van die basis waarop
applikant die Hof nader nie. Namens applikant
is dan voorts beweer
dat voortspruitend uit voormelde kansellasie van die koopkontrakte,
respondent aan applikant die bedrag
van R970 000.00 verskuldig was,
welke bedrag respondent versuim het om aan applikant te betaal.
Dit word voorts namens
applikant beweer dat applikant vonnis teen respondent verkry het, ʼn
afskrif van welke vonnis aangeheg
is tot die funderende verklaring
as aanhangsel “BJV8”. ʼn Lasbrief vir eksekusie is
daaropvolgend uitgereik en
het die Balju ʼn relaas tesame met ʼn
inventaris uitgereik, ʼn afskrif waarvan aangeheg is tot die
funderende verklaring
as aanhangsels “BJV9” en “BJV10”
onderskeidelik. In paragrawe 11.1 en 11.2 van die funderende
verklaring
is dan as volg namens applikant beweer:
“
11.1 ...Dit
blyk duidelik uit die inventaris dat daar nie genoegsame roerende
bates is om aan die applikant se eis te voldoen nie.
11.2 Daar word respekvol aangevoer dat
die respondent
de facto
insolvent is deurdat hy ingevolge
artikel 8(b) van die Insolvensie Wet, 24 van 1936, ʼn daad van
insolvensie begaan het. Alhoewel
die balju beslag gelê het op
roerende eiendom soos blyk uit die balju se relaas aanhangsel “BJV9”
en “BJV10”,
is daar ʼn aanspraak op gemelde eiendom.
Ek voer respekvol aan dat daar inderdaad afgelei kan word dat die
balju nie andersins
voldoende vervreembare goed kon vind om aan die
vonnis te voldoen nie.”
Ten opsigte van die
beweerde voordeel vir skuldeisers indien respondent gesekwestreer
sou word, ag ek dit doelmagtig om die bewerings
hieromtrent vervat
in die funderende verklaring, aan te haal:
“
14.1 Die
respondent is tans insolvent en nie in staat om sy skuld te betaal
nie.
14.2 Indien die respondent
gesekwestreer word, kan die kurator ʼn behoorlike soektog na die
bates van die respondent loods en
hierdie bates te gelde maak waar
dit moontlik nie aan die balju geopenbaar is nie.
14.3 Die kurator sal ook die
bevoegdheid hê om vas te stel of die respondent vervreemdings
gemaak het strydig met die Insolvensiewet
en kan die kurator hierdie
vervreemdings ter syde stel en die bedrae terugvorder.
14.4 Daar is veral twyfel in my gemoed
rondom die bedrag van R970 000.00 wat aan die respondent betaal is en
wat hy daarmee gedoen
het. Dit kan nie net verdwyn het nie en het hy
waarskynlik debiteure.
14.5 Ek doen eerbiediglik aan die hand
dat ʼn ondersoek deur die kuratore van die respondent bates sal
uitwys wat ʼn voordeel
vir skuldeisers sal veroorsaak.
14.6 Daar kan dan ʼn substansiële
dividend aan die applikant betaal word.”
Opponerende
Verklaring:
Respondent het in sy
opponerende verklaring in ʼn lang verduideliking uiteengesit hoe
die sluiting van die twee koopkontrakte
waarna in die funderende
verklaring verwys is, tot stand gekom het. In breë trekke kom
dit daarop neer dat respondent beweer
dat hy teen ongeveer 2006 twee
erwe in Parys, naamlik erfnommers 397 en 399, synde die twee erwe
wat ook die onderwerp van die
twee koopkontrakte vorm, aangekoop het
ten einde meenthuise daarop te onwikkel. Hoewel respondent die
eiendom in sy persoonlike
naam aangekoop het, was dit die bedoeling
om dit later in ʼn maatskappy te ontwikkel en is die maatskappy
waarna ek reeds
in die funderende verklaring verwys het, naamlik
Seriso 724 (Edms) Beperk (hierinlater na verwys as “Seriso”),
as
ʼn rakmaatskappy bekom vir doeleindes van hierdie
ontwikkeling en ten einde finansiering daarvoor te bekom. Dit het
eventueel
geblyk dat Seriso R1,3 miljoen benodig in
oorbruggingsfasiliteit. Daar is toe deur respondent met mnr. Venn
van applikant onderhandel
en is daar ooreengekom dat applikant R1,3
miljoen aan Seriso beskikbaar sou stel. Na aanleiding van ʼn
verdere verduideliking
wat respondent in die opponerende verklaring
uiteensit, beweer hy dan dat die koopkontrakte gesimuleerde
kontrakte was en dat
dit nooit die bedoeling van enige van die
partye was dat die eiendomme inderdaad aan applikant verkoop sou
word nie. Die ondertekende
dokumente sou slegs ʼn vorm van
sekuriteit aan applikant verleen. Respondent beweer voorts dat
applikant in ieder geval die
ooreenkoms wat tussen hulle bestaan het
met betrekking tot die voorskiet van R1,3 miljoen repudieer het,
welke repudiasie respondent
noodgedwonge destyds moes aanvaar.
Respondent ontken dat hy in sy persoonlike hoedanigheid die bedrag
van R970 000.00 verskuldig
is.
Respondent het ook
verskeie aspekte van die bepalings van die Nasionale Kredietwet, 34
van 2005, geopper, op grond waarvan hy beweer
dat die koopkontrakte
die bepalings van die Kredietwet omseil, dat die koopkontrakte
saamgelees met die skulderkenning onwettige
ooreenkomste is en dat
indien applikant respondent sou dagvaar op die feite wat respondent
beweer die ware feite is, applikant
eers aan die bepalings van
Artikel 129(1)(a) saamgelees met Artikel 68(10) en 130 van die
Nasionale Kredietwet sou moes voldoen,
welke op geen stadium in die
onderhawige geval gedoen is nie.
Ten opsigte van die
dagvaarding en die vonnis, beweer respondent dat hy op geen stadium
ʼn dagvaarding in die aksie ontvang
het nie. Volgens hom is hy
gedurende middel Februarie 2010 deur sy buurman telefonies geskakel,
wie hom meegedeel het dat ʼn
dokument deur die Balju Parys by sy
(respondent se) huis gelos is. Tydens sy aandoen by sy huis het hy
gemerk dat daar ʼn
inventaris was wat teen die deur vasgekap
was. Respondent beweer dan as volg in paragraaf 6.1 van die
opponerende verklaring:
“
Ek het op
daardie stadium al ʼn ooreenkoms aangegaan met Mnre. Katota Prop
Co 2. Die maatskappy sou die ontwikkelde eiendom
aankoop teen ʼn
bedrag van R11,9 miljoen. Ek het gewag vir hierdie finansiering om
deur te kom. Ek was verder in afwagting
vir gelde verskuldig aan my
na werk verrig in die buiteland, en sou regshulp bekom sodra dit
betaal word. Ek het beperkte fondse
op daardie stadium gehad. My
bedoeling was om regsadvies in te win sodra my finansiële
posisie dit regverdig.”
Nadat die huidige aansoek
vroeg Mei 2010 op respondent beteken is, het respondent geld bekom om
ʼn advokaat en prokureur te
konsulteer. Hoewel ʼn advokaat
respondent van regsadvies verleen het, was dit respondent se indruk
dat die advokaat nie behoorlik
voorbereid was nie. Die saak het toe
op 3 Junie 2010 voor die Hof gedien, maar was daar geen verskyning
namens applikant nie en
is die aansoek van die rol verwyder.
Respondent het op 23 Junie 2010 van sy prokureur in Potchefstroom
verneem dat die saak die
volgende dag op die rol is en het respondent
weer in persoon verskyn. Dit was tydens hierdie verskyning wat die
voorlopige bevel
verleen is. Respondent het egter intussen regsadvies
ingewin by ʼn advokaat te Pretoria Balie, wie bekend is aan
respondent,
en wat
pro bono
die opponerende stukke opgestel
het deur die tussenkoms van ʼn prokureursfirma.
Respondent beweer dat
indien die voorlopige sekwestrasie-bevel opgehef sou word, hy
onverwyld aansoek gaan doen vir tersydestelling
van die vonnis wat
teen hom verleen is.
Verdermeer en as deel
van die inleidende gedeelte tot die opponerende verklaring, wys
respondent daarop, soos ek ook vroeër
hierin vermeld het, dat
op applikant se eie weergawe gesteun word op twee koopkontrakte,
maar waarvan slegs die een in respondent
se naam gesluit is.
Respondent beweer gevolglik dat enige vonnis in terme waarvan die
bedrag van R970 000.00 van respondent verhaal
word, op applikant se
eie weergawe verkeerd is.
Respondent het ook
verwys na die vonnis wat toegestaan is, aanhangsel “BJV8”
tot die funderende verklaring, en beweer
dat dit nie duidelik blyk
dat daar hoegenaamd vonnis teen hom verleen is nie, aangesien die
vonnis lees dat dit verleen word
“teen die verweerder”,
maar dat daar twee verweerders in die kopskrif daarvan ter sprake
is, synde respondent as
eerste verweerder en Seriso as tweede
verweerder. Gevolglik ontken respondent dat die lasbrief wat
uitgereik is voortspruitend
uit die vonnis, regsgeldig uitgereik is.
Repliserende
Verklaring:
Uit die repliserende
verklaring blyk dit dat respondent op 14 September 2009 te
Potchefstroom in teenwoordigheid van sy vorige
prokureur, mnr. André
Muller van Awie Wright Prokureurs, Potchefstroom, skriftelik
toegestem het tot vonnis ooreenkomstig
die bepalings van Hofreël
31. Hierdie toestemming tot vonnis, tesame met mnr. Muller se
verklaring dat die toestemming tot
vonnis deur respondent in sy
teenwoordigheid onderteken is, is aangeheg tot die repliserende
verklaring as aanhangsels “X”
en “Y”
onderskeidelik. Dit blyk uit aanhangsel “X”, die
toestemming tot vonnis, dat respondent in sy
persoonlike
hoedanigheid, sowel as namens en ten behoewe van Seriso, behoorlik
daartoe gemagtig ingevolge ʼn besluit van
Seriso, toestem tot
vonnis ten gunste van eiser in die bedrag van R970 000.00 tesame met
rente daarop bereken teen ʼn koers
van 15,5%
a tempora morae,
welke bedrae betaalbaar is deur respondent en tweede verweerder
(Seriso) gesamentlik en afsonderlik.
Met verwysing na hierdie
toestemming tot vonnis, beweer applikant gevolglik dat respondent se
vooruitsigte op sukses om te slaag
met ʼn aansoek vir die
tersydestelling van die vonnis, uiters skraal is.
Namens applikant word
daar in die repliserende verklaring ook uitgewys dat respondent nie
ontken dat die bedrag van R970 000.00
deur applikant oorbetaal was
nie. Dit is ook namens applikant beweer dat respondent nie enige
verweer teen applikant se skuldoorsaak
uitgemaak het nie en alwaar
dit blyk dat respondent nie in staat is om die verskuldigde bedrag
terug te betaal nie en/of nalaat
en/of weier om dit te doen, behoort
sy boedel tot voordeel van sy krediteure te gelde gemaak word by
wyse van die bekragtiging
van die voorlopige sekwestrasiebevel.
Tersaaklike
regsbeginsels en oorweging van die meriete:
In terme van artikel 12
van die Insolvensiewet, No. 24 van 1936 (hierinlater na verwys as
“die Wet”), kan die Hof
ʼn finale sekwestrasiebevel
uitreik indien dit oortuig is dat:
“
(a) Die
petisionerende skuldeiser ʼn vordering soos bedoel in subartikel
(1) van artikel 9 teen die skuldenaar bewys het; en
(b) die skuldenaar ʼn daad van
insolvensie begaan het of insolvent is; en
(c) daar rede bestaan om aan te neem
dat dit tot voordeel van skuldeisers van die skuldenaar sal strek as
sy boedel gesekwestreer
word.”
Die bewyslas ten opsigte
hiervan rus op die applikant, welke op ʼn oorwig van
waarskynlikhede bewys moet word.
Ek gaan eers met die
tweede vereiste handel, synde dat applikant die Hof moet oortuig dat
respondent ʼn daad van insolvensie
begaan het of insolvent is.
In die verband het mnr. Grewar, namens respondent, betoog dat
applikant in terme van die funderende
verklaring op ʼn sekere
skuldoorsaak in die verband die Hof genader het, maar toe dit
aangeveg is in die opponerende verklaring,
het applikant sy
skuldoorsaak in die repliserende verklaring gewysig deur te steun op
die toestemming tot vonnis. Dit het, aldus
mnr. Grewar se betoog,
tot gevolg dat applikant nie ʼn behoorlike saak in sy funderende
verklaring uitgemaak het nie en het
dit voorts tot gevolg dat
respondent nie die geleentheid gehad het om te antwoord op applikant
se bewerings ten opsigte van die
toestemming tot vonnis nie.
Ek kan nie met voormelde
argument saamstem nie. Hoewel dit inderdaad so is dat applikant in
sy funderende verklaring na die onderskeie
kontrakte verwys het en
beweer het dat respondent wesenlike kontrakbreuk ten opsigte daarvan
gepleeg het, is dit duidelik dat
hierdie bewerings slegs as
agtergrond uiteengesit is. Dit is dan ook onder die opskrif
“Agtergrond” vervat. Dit blyk
onteenseglik duidelik uit
paragrawe 11.1 en 11.2 van die funderende verklaring, welke ek reeds
aangehaal het in paragraaf 4 hierbo,
dat applikant daarop steun dat
respondent ʼn daad van insolvensie ooreenkomstig die bepalings
van artikel 8(b) van die Wet
begaan het. Artikel 8(b) van die Wet
bepaal dat ʼn skuldenaar ʼn daad van insolvensie begaan
“
as ʼn
hof ʼn vonnis teen hom gevel het en hy in gebreke bly om, op
verlange van die beampte belas met die tenuitvoerlegging
van die
vonnis, aan die vonnis te voldoen of aan daardie beampte
vervreemdbare goed aan te wys was voldoende is om aan die vonnis
te
voldoen of as uit die relaas van daardie beampte blyk dat hy nie
genoeg vervreemdbare goed gevind het nie om aan die vonnis
te
voldoen”.
In die verband het
applikant gesteun op die vonnis wat aangeheg is tot die funderende
verklaring as aanhangsel “BJV8”,
saamgelees met die Balju
se relaas en inventaris aangeheg tot die funderende verklaring as
onderskeidelik aanhangsels “BJV9”
en “BJV10”.
Respondent het in die
opponerende verklaring, onder andere spesifiek in paragraaf 6.4
daarvan, beweer dat die vonnis, alwaar daar
aldus respondent deur
applikant gesteun word op gesimuleerde koopkontrakte, duidelik
verkeerd is. Respondent het dan ook in paragraaf
15 van sy
opponerende verklaring beweer dat hy voornemens is om aansoek te doen
vir die tersydestelling van die vonnis, aangesien
die vonnis
verkeerdelik verleen is.
Na my mening blyk dit
duidelik dat applikant as gevolg van voormelde bewerings van
respondent genoodsaak was om dit in die repliserende
verklaring te
weerspreek deur uit te wys dat die vonnis nie verleen is op die basis
van die kontrakte nie, maar inderdaad op basis
van respondent se
skriftelike toestemming tot vonnis. (Dit moet vermeld word dat ek
voorafgaande die aanhoor van hierdie aansoek
die lêer onder
saaknommer 3486/09 laat trek het, synde die aangeleentheid ten
opsigte waarvan vonnis by verstek verleen is.
Uit die nalees van
daardie hofstukke blyk dit dat die aansoek om vonnis by verstek
inderdaad gevorder en verleen is op die basis
van die skriftelike
toestemming tot vonnis.) In applikant se repliserende verklaring het
applikant derhalwe steeds op dieselfde
skuldoorsaak/daad van
insolvensie gesteun, synde die vonnis wat verkry is en die versuim om
daaraan te voldoen op die wyse uiteengesit
in Artikel 8(b) van die
Wet. Applikant se verwysing na die skriftelike erkenning van skuld in
die repliserende verklaring, het
na my mening nie die basis van
applikant se aansoek gewysig nie en alwaar applikant op die vonnis as
sulks in die funderende verklaring
gesteun het, was dit nie nodig vir
applikant om in die funderende verklaring te verwys na die basis
waarop sodanige vonnis by verstek
verkry is nie. Dit het eers nodig
geword na aanleiding van respondent se bogemelde bewerings dat die
vonnis verkeerdelik verkry
is. Daar is dus geen benadeling vir
respondent insoverre applikant eers in die repliserende verklaring na
die skriftelike toestemming
tot vonnis verwys het nie en, indien en
insoverre respondent dit nodig gehad het om daarop te antwoord, kon
respondent aansoek
gedoen het om verlof tot die liassering van ʼn
dupliserende verklaring, welke nie gedoen is nie.
Die enigste aspek wat
dus in die verband beslis moet word, is die vraag of applikant ʼn
behoorlike saak uitgemaak het met
betrekking tot sy bewering dat
respondent ʼn daad van insolvensie begaan het. Soos reeds in
paragraaf 4 hierbo aangehaal,
het die relaas van die Balju,
aanhangsel “BJV9” tot die funderende verklaring, slegs
verwys na “roerende eiendom”
waarop die Balju beslag
gelê het. Daar is nie ʼn verwysing na “vervreembare”
goed soos vereis in Artikel
8(b) van die Wet nie, welke vervreembare
goed beide roerende en onroerende goed, wat onbelas is, insluit.
Sien
Insolvency Law and its Operation in Winding-Up
,
P.M. Meskin, op p. 2-8 en die gesag aldaar aangehaal.
Mnr. Cilliers, namens
applikant, het gevolglik van meet af aan, na my mening heeltemal
tereg, toegegee dat die relaas nie 100%
korrek is in hierdie verband
nie. Hierdie gebrek het na my mening tot gevolg dat die relaas
per
se
nie aantoon dat daar nie voldoende vervreembare goed
beskikbaar was nie. Hierdie gebrek en die gevolg daarvan, synde dat
die
relaas nie voldoen aan die vereistes van Artikel 8(b) van die
Wet nie, is ook deur mnr. Grewar in sy betoogshoofde uitgewys en
het
hy ook in sy mondelinge betoog dit herhaal. Sien
CORNELISSEN
N.O. vs WELKOM TRACTORS AND AUTO’S LTD
1971(3) SA 114
(O) en
RODREW (PTY) LTD vs ROSSOUW
1975(3) SA 137 (O)
op 138 H.
Mnr. Cilliers het egter
betoog dat die gemelde gebrek in die relaas geag moet word aangevul
te wees deur die bewering gemaak in
paragraaf 11.2 van die
funderende verklaring tot dien effekte dat daar
“afgelei
kan word dat die Balju nie andersins voldoende vervreembare goed kon
vind om aan die vonnis te voldoen nie”
, welke
bewering nie in die opponerende verklaring ontken is nie. Hierdie
submissie kan egter na my mening nie opgaan nie, aangesien
die
relaas opsigself moet voldoen aan die vereistes van Artikel 8(b) van
die Wet. In die verband is daar as volg in
NEDBANK
LTD vs THORPE
[2005] JOL 13772
(D) op p.
11 tot 12 van die uitspraak beslis:
“
Counsel for
the respondent submitted that where an applicant relies upon a nulla
bona return he has to be meticulous in his averments.
He referred to
the following passage in Smith The Law of Insolvency (supra) at 35,
with which I respectfully agree:
‘
From the
numerous cases in which a decision is required regarding the adequacy
of nulla bona returns either by deputy-sheriffs of
by messengers, it
is apparent that many of these officers do not exercise sufficient
care in the preparation of returns. …
If the return is
defective it should be returned to the officer in question for
amendment or amplification before the application
is drawn up. That
sequestration proceedings based on an inadequate or defective return
may prove abortive, is clear from decisions
of our courts which have
held that an applicant must stand or fall by the return upon which he
has relied.’
I do not think the fact that the
respondent signed the ‘Nulla bona Certificate’ can cure
any defects in the nulla bona
return itself. The nulla bona return
must stand alone and must itself comply with the requirements of
section 8(b) of the Act.”
In ieder geval, en
indien en insoverre dit aanvaar sou word dat ʼn applikant
geregtig sou wees om `n gebrekkige relaas te
probeer aanvul, is ek
van mening dat gegewe die spesifieke bewoording van Artikel 8(b) van
die Wet, enige beëdigde verklaring
wat gebruik word in ʼn
poging om die gebreke in die relaas aan te vul, gemaak sal moet word
deur die
“beampte belas met die tenuitvoerlegging van
die vonnis”
en nie `n applikant nie. Dit is wat
gepoog was om gedoen te word, hoewel ook sonder sukses, in
CORNELISSEN N.O. vs WELKOM TRACTORS AND
AUTO’S LTD
,
supra
,
op 117 E - H.
Gevolglik is ek van
mening dat applikant nie in die onderhawige geval ʼn behoorlike
saak uitgemaak het vir die bekragtiging
van die voorlopige
sekwestrasiebevel gebaseer op ʼn daad van insolvensie in terme
van Artikel 8(b) van die Wet nie.
Anders as in voormelde
uitspraak van
NEDBANK LTD vs THORPE
, waar die aansoek
uitsluitlik gebaseer was op die bewering dat respondent ʼn daad
van insolvensie in terme van die bepalings
van Artikel 8(b) van die
Wet begaan het, blyk dit dat die omstandighede in die onderhawige
geval anders is.
In
Mars The Law
of Insolvency in South Africa
, Bertelsmann e
t al
,
9de uitgawe, op p. 135 -136 is as volg deur die geleerde skrywers
vermeld:
“
If he (the
sequestrating creditor) relies in his application on an act of
insolvency and is unable to establish that it was committed,
but it
is quite clear that the debtor is in fact insolvent, the court may
grant a final sequestration order on the latter ground,
even if not
specifically relied on in the application.”
Sien ook
CORNERSHOP
(PTY) LTD vs MOODLEY
1950(4) SA 55 (T) op 59;
SABER
MOTORS (PTY) LTD vs MOROPHANE
1961(1) SA 759 (W) op 763 en
SMITH AND WALTON SA (PTY) LTD vs HOLT
1961(4) SA 157
(N) op 166
Wat die bewys van
sodanige insolvensie betref, is dit gesaghebbend in
Mars
The Law of Insolvency in South Africa
,
supra
, op
p. 136 as volg gestel:
“
Such proof
need not be direct. It is enough if facts are proved from which the
inference of insolvency is fairly and properly deducible.
As far as
the debtor is concerned, the best proof of his solvency is payment of
his debts and consequently his failure to pay is
itself of
significance, particularly if he fails to pay a judgment debt. Thus
the facts that … or that judgments obtained
against him remain
unpaid, though not conclusive, are presumptive proof of insolvency.”
Hierdie beginsels is ook
as volg in
ABSA BANK LIMITED vs RHEBOKSKLOOF (PTY) LTD AND
OTHERS
1993(4) SA 436 (CPD) op 443 D - F uiteengesit, op
welke passasie mnr. Cilliers ook tydens sy betoog gesteun het:
“
Even,
however, where a debtor has not committed an act of insolvency and it
is incumbent on his unpaid creditors seeking to sequestrate
the
former’s estate to establish actual insolvency on the requisite
balance of probabilities, it is not essential that in
order to
discharge the onus resting on the creditor if he is to achieve this
purpose that is set out chapter and verse (and indeed
figures)
listing the assets (and their value) and the liabilities (and their
value) for he may establish the debtor’s insolvency
inferentially. There is no exhaustive list of facts from which an
inference of insolvency may be drawn, as for example an oral
admission of a debt and failure to discharge it may, in appropriate
circumstances which are sufficiently set out, be enough to
establish
insolvency for the purpose of the prima facie case which the creditor
is required to initially make out. It is then for
the debtor to rebut
this prima facie case and show that his assets have a value exceeding
the sum total of his liabilities. See
Mars The Law of Insolvency in
South Africa 8
th
ed at 108; MacKay vs Cahi 1962(4) SA 193 (O) at 194 F - H, 195 C - E,
204 F - H.”
In die onderhawige geval
is reeds in paragraaf 11.2 van die funderende verklaring deur
applikant beweer dat respondent
de facto
insolvent is. In
dieselfde paragraaf is daar met verwysing na die roerende eiendom
waarop die Balju beslag gelê het soos
blyk uit die Balju se
relaas, beweer dat daar ʼn aanspraak op gemelde eiendom is en is
voorts beweer dat daar afgelei kan
word dat die Balju nie andersins
voldoende vervreembare goed kon vind om aan die vonnis te voldoen
nie. “Vervreembare goed”,
wanneer gelees in die konteks
van die paragraaf, blyk duidelik te slaan op beide roerende en
onroerende goed. Wanneer paragraaf
15 van die opponerende verklaring
gelees word, synde die paragraaf wat as antwoord dien op paragraaf
11 van die funderende verklaring,
blyk dit dat daar geen ontkenning
van hierdie bewerings deur respondent gemaak is nie en is daar ook
geen bewering tot die teendeel
deur respondent hierin gemaak nie.
Verdermeer is daar in
paragraaf 14.1 van die funderende verklaring pertinent beweer dat die
respondent insolvent is en nie in staat
is om sy skuld te betaal nie.
In sy antwoord hierop het respondent in paragraaf 16 van die
opponerende verklaring bloot ontken
dat applikant ʼn saak
uitgemaak het dat respondent insolvent is, welke ontkenning daarop
gebaseer is dat “gesteun word
op ʼn vonnis wat verkeerdelik
verleen is”. Weereens is daar geen pertinente ontkenning deur
respondent dat hy insolvent
is en/of dat hy nie in staat is om sy
skuld te betaal nie.
Addisioneel tot voormelde
en wat na my mening uiters insiggewend in hierdie omstandighede is,
is die feit dat respondent nêrens
in die opponerende
verklaring:
23.1 ontken het dat hy
insolvent is nie; en/of
23.2 enigsins gepoog het
om ʼn uiteensetting te gee van sy bate- en lasteposisie ten einde
ter weerlegging van die bewerings
dat hy insolvent is, aan te toon
dat hy inderdaad solvent is nie.
Al waarop respondent in
wese steun in sy opponerende verklaring, is die bewerings dat die
vonnis verkeerdelik verleen is en indien
die bevel nie op die
keerdatum bekragtig gaan word nie, respondent gaan aansoek doen om ʼn
bevel vir die tersydestelling
van die vonnis.
Wat die vonnis as sulks
betref, is dit inderdaad so, soos deur respondent in sy opponerende
verklaring uitgewys en ook deur mnr.
Grewar betoog, dat die
vonnis/hofbevel wat aangeheg is as aanhangsel “BJV8” tot
die funderende verklaring, in terme
waarvan applikant die eiser was
en respondent die eerste verweerder en Seriso die tweede verweerder
was, dit slegs lees dat vonnis
by verstek teen “ve weerder”
(sic)
toegestaan is. Mnr. Grewar se betoog was dus dat
insoverre daar twee verweerders is, maar daar slegs na ʼn enkele
verweerder
in die vonnis verwys word, dit nie duidelik is dat vonnis
teen respondent in sy hoedanigheid as eerste verweerder ook verleen
is nie.
Na my mening kan
voormelde argument nie opgaan nie. Gegewe die totaliteit van die
stukke voor die Hof, in besonder die toestemming
tot vonnis wat
aangeheg is tot die repliserende verklaring as aanhangsel “X”
en boonop die skriftelike bevestiging
daarvan deur respondent se
destydse prokureur aangeheg tot die repliserende verklaring as
aanhangsel “Y”, is dit duidelik
dat dit die bedoeling van
respondent en dus ook van die vonnis/hofbevel was dat vonnis teen
beide verweerders toegestaan word.
Die afwesigheid van die “s”
aan die einde van die woord verweerder ten einde meerdere verweerders
aan te toon, blyk
duidelik bloot ʼn tikfout te wees, net soos wat
die woord “ve weerder” ook blyk ʼn tikfout te gewees
het insoverre
dit duidelik bedoel het om “verweerder” te
lees.
In ieder geval en in
besonder alwaar daar in die onderhawige geval ook ʼn lasbrief
tot uitwinning teen respondent uitgereik
was voortspruitend uit die
vonnis, sowel as ʼn beslaglegging op respondent se roerende
goedere soos reeds hierin vroeër
na verwys, stem ek saam met
mnr. Cilliers se betoog dat die vonnis/hofbevel (en dus die
voormelde regstappe wat daaruit voortgevloei
het) geldend en bindend
is totdat dit deur `n bevoegde Hof tersyde gestel word. Sien
WRIGHT
vs WESTELIKE PROVINSIE KELDERS BPK
2001(4) SA 1165 (CPD) op
1180 C - D.
Wat respondent se
beweerde beoogde aansoek om tersydestelling van die vonnis betref,
blyk dit dat respondent, op sy eie weergawe,
reeds gedurende middel
Februarie 2010 bewus geword het dat die Balju by sy huis aangedoen
het en duidelik, nadat respondent daaropvolgend
self by sy huis
aangedoen het, uiteraard ook moes bewus geword het van die vonnis
wat verleen is. Hoewel die onderhawige aansoek
eers op 21 Oktober
2010 aangehoor is, dit wil sê nagenoeg agt maande later, het
respondent steeds tot op hede nie ʼn
aansoek om tersydestelling
van die vonnis geloods nie. Die enigste verduideliking wat
respondent poog om in die verband aan die
Hof voor te hou, is dat hy
“beperkte fondse op daardie stadium gehad het”. Dit is
egter duidelik dat respondent planne
kon beraam en/of fondse kon
bekom om die onderhawige aansoek te opponeer. Indien respondent dus
bona fide
en werklik die bedoeling gehad het en/of steeds het
om aansoek te doen om tersydestelling van die vonnis, sou
redelikerwys verwag
word dat respondent ook ʼn plan sou beraam
om dienooreenkomstig reeds sodanige aansoek te geloods het.
Gevolglik ag ek die
vonnis as geldig en bindend, soos ook as volg in
Mars The
Law of Insolvency in South Africa
,
supra
, op p.
110 vermeld word:
“
When the
sequestrating creditor relies on a judgment, the court must, in the
absence of any proceedings to set it aside, even though
an allegation
of its having been collusively obtained is made, regard it as valid.
A creditor who has obtained a default judgment
has a liquidated claim
if the period allowed for setting aside the judgment has expired …”
Ek moet ook vermeld dat
ek addisioneel tot voormelde ek in ieder geval met mnr. Cilliers se
betoog saamstem dat alwaar respondent
in die onderhawige geval
skriftelik toegestem het tot vonnis, respondent nie ʼn redelike
kans op sukses het met enige beweerde
beplande aansoek om
tersydestelling van sodanige vonnis nie.
ʼn Aspek wat egter
wel ten opsigte van die vonnis vermeld moet word, hoewel dit nie
respondent se saak is nie, is die feit
dat nieteenstaande die feit
dat die skriftelike toestemming tot vonnis vermeld het dat
toestemming verleen word tot vonnis teen
respondent en Seriso
gesamentlik en afsonderlik, die verstekvonnis wat wel verleen is,
nie daardie bewoording bevat nie. By gebrek
aan sodanige spesifieke
bepaling in die hofbevel, blyk dit dat die vermoede bestaan dat
respondent en Seriso slegs gesamentlik
aanspreeklik is teenoor
applikant vir die vonnisbedrag. Sien
Wille`s Principles of
South African Law
, 9 de uitgawe, F. Du Bois et al, op p.818.
Dit sal tot gevolg hê dat applikant (by gebrek aan `n gepaste
regstelling/wysiging
van die bevel) slegs geregtig is om die helfte
van die vonnisbedrag vanaf respondent te vorder. Hoe dit ookal sy,
het dit na
my mening geen invloed op die meriete van applikant se
vordering nie. In die verband is die volgende gesaghebbende passasie
in
Mars the Law of Insolvency in South Africa
,
supra
, op p. 108 in die onderhawige geval van toepassing:
“
Even if the
debtor disputes the creditor’s claim the court may, if
satisfied that the debtor’s opposition is not bona
fide and
that the debt substantially exceeds R100, grant a sequestration order
although unable to decide the exact amount of the
debt.”
Selfs indien aanvaar sou
word dat respondent, op die stukke soos dit tans lees, slegs die
bedrag van R485 000.00 aan applikant
verskuldig is, is ek steeds
tevrede en oortuig dat die feite wat deur applikant beweer en bewys
is, sodanig is dat applikant
op ʼn oorwig van waarskynlikhede
die afleiding van insolvensie van respondent aangetoon het.
Gevolglik is ek ook
onder die omstandighede oortuig dat applikant dus `n vordering het
soos bedoel in artikel 9(1) van die Wet
en het applikant hom dus van
sy bewyslas ten opsigte van die eerste vereiste uiteengesit in
artikel 12 van die Wet gekwyt.
Wat betref die voordeel
vir skuldeisers, is die beginsels soos uiteengesit in
Insolvency
Law and Its Operation in Winding-Up
,
supra
, op p.
2-20 tot p. 2-22 na my mening relevant in die onderhawige geval,
gedeeltes waarvan as volg lees:
“
The
applicant bears the onus of establishing that there is reason to
believe that sequestration will be to the advantage of creditors,
…
Actual advantage to creditors need not
be established, but only that there is reason to believe that
sequestration will be to creditors’
advantage. …
Other than in the case of ‘friendly
sequestrations’ it is sufficient if the applicant demonstrates,
eg, that there are
reasonable grounds for concluding that upon a
proper investigation of the debtor’s affairs, or otherwise, a
trustee may discover
or recover assets for disposal for the benefit
of creditors.”
Ek het reeds in
paragraaf 5 hierbo applikant se bewerings aangehaal ten opsigte van
die beweerde voordeel vir skuldeisers. Soos
met vele aspekte in die
onderhawige aansoek, blyk dit by ʼn nalees van die opponerende
verklaring dat respondent weereens
nie net versuim het om op
ondubbelsinnige wyse hierdie bewerings te ontken nie, maar ook
versuim het om gegronde en substantiewe
feitelike bewerings tot die
teendeel aan die Hof voor te hou. Respondent se poging in paragraaf
16 van sy opponerende verklaring
om te antwoord op paragraaf 14.4
van die funderende verklaring ten opsigte van sy beweerde aanwending
van die bedrag van R970
000.00, verskaf beslis nie ʼn
feitelik-gefundeerde verduideliking ten opsigte van die aanwending
van die geld nie.
[34] Verdermeer meen ek
dat die eiendomstransaksie of transaksies en gepaardgaande
besigheidshandelinge wat, selfs op respondent
se eie weergawe,
plaasgevind het tussen respondent en Seriso, sodanig vreemd opval dat
ek oortuig is dat dit tot voordeel van skuldeisers
sal wees indien ʼn
kurator ʼn behoorlike ondersoek na hierdie transaksies kan loods
en enige vervreemdings wat strydig
met die Insolvensiewet gemaak is
sal kan terugvorder.
[35] Gevolglik is ek
tevrede dat applikant ʼn behoorlike saak uitgemaak het ten
opsigte van die drie wesenlike elemente wat
op ʼn oorwig van
waarskynlikhede deur applikant bewys moes word. Desnieteenstaande het
ek egter steeds ʼn diskresie met
betrekking tot die vraag of ʼn
finale bevel verleen moet word, aldan nie. Hierdie diskresie mag
egter slegs ten gunste van
respondent aangewend word indien
respondent op ʼn oorwig van waarskynlikhede aantoon dat daar
spesiale omstandighede bestaan
wat regverdig dat ʼn finale
sekwestrasiebevel nie verleen moet word nie. Sien
BENADÉ
vs BOEDEL ALEXANDER
1967(1) SA 648 (O) op 655 - 656.
[36] In die onderhawige
geval het respondent na my mening geen sodanige spesiale
omstandighede aangetoon nie. Inteendeel,
1. alwaar respondent
nêrens in die opponerende verklaring ontken het dat die bedrag
van R970 000.00 inderdaad oorbetaal is
nie (hoewel hy ontken dat dit
aan hom in sy persoonlike hoedanigheid oorbetaal is, maar dit
onteenseglik uit ten minste aanhangsels
“BJV6” en “BJV7”
tot die funderende verklaring blyk dat ten minste die bedrag van R230
000.00 direk in
respondent se persoonlike rekening betaal is),
2. respondent skriftelik
toegestem het tot vonnis ook teen homself
3. en vonnis inderdaad
teen respondent verleen is (selfs al word dit ook net geag vir die
helfte van die bedrag van R970 000.00
te wees),
vereenselwig ek my
eerbiediglik met die volgende
dicta
in
DEWARD vs ANDREW
AND THIENHAUS LTD
1907 TS 727
op 733:
“
To my mind
the best proof of solvency is that a man should pay his debts; and
therefore I always examine in a critical spirit the
case of a man who
does not pay what he owes.”
[37] Gevolglik was ek
oortuig dat die voorlopige sekwestrasiebevel bekragtig moet word.
Koste:
[38] Wat die koste
betref, is daar geen rede waarom die koste van die aansoek nie koste
in die sekwestrasie moet wees soos voor
voorsiening gemaak in die
voorlopige sekwestrasiebevel nie. Die enigste verdere aspek, is die
koste wat op 23 September 2010 oorgestaan
het vir latere beregting.
Gegewe dat die kennisgewing van opponering en die opponerende
verklaring eers op 22 September 2010 onderteken
is, dit wil sê
een dag voor die verlengde keerdag op 23 September 2010, is die
enigste redelike afleiding dat die verlenging
van die keerdag op 23
September 2010 genoodsaak was vanweë die laat stadium waarop
respondent sy kennisgewing van opponering
en opponerende verklaring
geliasseer het. Daar moes dus toe ook aan applikant die geleentheid
gegee word om sy repliserende verklaring
te liasseer. In sodanige
omstandighede het ek gemeen dat hierdie oorgestane koste ook koste in
die sekwestrasie moet wees.
[39] Gevolglik het ek die
bevel op 4 November 2010 verleen soos reeds na verwys.
_____________
C. VAN ZYL, R
Namens die applikant:
Adv. H.J. Cilliers
In opdrag van:
Christo Dippenaar
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens die respondent:
Adv. D.M. Grewar
In opdrag van:
M.C. Rijkheer Ingelyf
BLOEMFONTEIN