About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2011
>>
[2011] ZAFSHC 218
|
|
Lehlozi en Ander v S [2011] ZAFSHC 218; [2011] ZAFSHC 93 (31 March 2011)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 16/2010
In
die saak tussen:
ZWELINZIMA
LEHLOZI
….............................................
Eerste
Applikant
STEPEN
SIMPHIWE MALUNGA
….............................
Tweede
Applikant
en
Respondent
DIE
STAAT
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
HANCKE, R
AANGEHOOR OP:
25 MAART 2011
GELEWER OP:
31 MAART 2011
[1] Applikante (as
beskuldigde 1 en 2) is skuldig bevind aan verskeie aanklagte wat
insluit moord, roof, huisbraak met die opset
om te roof en roof met
verswarende omstandighede, poging tot moord, onwettige besit van
vuurwapens en ammunisie. Ten opsigte van
die moordaanklate is hulle
lewenslange gevangenisstraf opgelê en ten opsigte van die ander
aanklagte ‘n effektiewe
vonnis van 25 jaar gevangenisstraf.
[2] Beide doen nou
aansoek om verlof om te appelleer ten opsigte van beide die
skuldigbevindings en hul vonnisse aldus opgelê.
Die aansoek
word geopponeer deur Mnr Strauss, namens die Direkteur van Openbare
Vervolgings.
[3] Mnr Nel, namen die
eerste applikant, doen aan die hand dat die hof
a quo
fouteer
het ten opsigte van:
Geloofwaardigheidsbevindinge
van die staatsgetuies;
Toelating van getuienis
ten opsigte van die vuurwapen wat gevind is by beskuldigde 3;
Die vonnis.
[4] Wat die
geloofwaardigheid van die staatsgetuies betref is alreeds daarmee
gehandel in die uitspraak en het ek niks om by te
voeg nie. Wat die
toelating van die getuienis betref ten opsigte van die vind van die
vuurwapens is dit belangrik om daarop te
let dat alhoewel daar
getuienis was dat beskuldigde 3 aangerand was, dit nooit sy saak was
dat hy as gevolg van die aanrandings
die vuurwapens uitgewys het nie;
inteendeel is dit ook die getuienis van Dasheka, die polisiebeampte
wie se getuienis aanvaar is,
dat die vuurwapens gevind is as gevolg
van deursoeking van die betrokke huis en nie asgevolg van beskuldigde
3 se uitwysing nie.
Dit sluit ook aan by die getuienis van Martha
Pietersen wat ook getuig dat sy daarna ‘n verdere vuurwapen
gevind het waarvan
sy die polisie in kennis gestel het. Hierteenoor
was dit ook geensins beskuldigde 3 se saak dat hy die vuurwapens
uitgewys het
nie, maar getuig hy dat hy geen kennis daarvan gedra het
nie.
[5] Wat die tweede
applikant betref, het Mnr Pretorius insgelyk die
geloofwaardigheidsbevindinge aangeval en aangevoer het dat hierdie
hof fouteer het deur te bevind dat die getuie Modise ‘n
betroubare getuie in breë trekke was. Vir die uitwysing van
beskuldigde 1 aan Kapt Laux betref is daarop gewys dat hierdie
uitwysing in breë trekke ooreenstem met die getuienis wat getuie
Modise hierin afgelê het. Uit die aard van die saak is hierdie
uitwysing slegs toelaatbaar ten opsigte van die eerste applikant.
Mnr Pretorius verwys ook
na die sogenaamde aanranding op beskuldigde 3 maar is dit nie korrek
dat dit gelei het tot die vind van
die vuurwapens nie, soos in die
uitspraak mee gehandel is nie. Origens word volstaan met dit wat
alreeds in die uitspraak vermeld
is.
[6] Na my mening bestaan
daar nie redelike vooruitsigte op sukses wat die skuldigbevindings
betref nie. Wat die vonnis betref is
dit duidelik dat hierdie misdade
voorafgegaan is deur gesofisikeerde beplanning en het die
beskuldigdes as ‘n bende opgetree,
die klaers beroof en daarna
sommige van hulle selfs gedood nie. Hulle het geen respek vir ‘n
medemens se lewe, integriteit
of besittings getoon nie. Insgelyks is
ek van mening dat in hierdie verband ook nie enige redelike
vooruitsigte op sukses bestaan
nie.
[7] Bygevolg word die
applikante se aansoek ten opsigte van beide die skuldigbevindings en
vonnisse van die hand gewys.
__________________
S. P. B. HANCKE, R
/EB