Henwells Transport (Edms) Bpk v Vervoer (232/82) [1984] ZASCA 64 (29 May 1984)

55 Reportability

Brief Summary

Delict — Negligence — Collision between vehicles — Appellant sought damages for vehicle damage in collision with respondent's truck — Respondent counterclaimed for damages to his vehicle — Court found appellant's driver negligent, causing the collision — Appellant's claim dismissed with costs, while respondent awarded damages — Appeal against finding of negligence and dismissal of claim.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1984
>>
[1984] ZASCA 64
|

|

Henwells Transport (Edms) Bpk v Vervoer (232/82) [1984] ZASCA 64 (29 May 1984)

Saaknommer: 232/82 WHN
HENWELLS TRANSPORT (EDMS) BPK
Appellant
en
W
J BURGER
VERVOER
Respondent
JOUBERT
, AR.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
In die saak tussen:
HENWELLS TRANSPORT (EDMS) BPK
Appellant
en
W
J BURGER VERVOER
Respondent
Coram
: JANSEN, JOUBERT, ARR et HEFER, Wn. AR.
Verhoor
: 24 Mei
1984 Gelewer: 29 Mei 1984
UITSPRAAK JOUBERT
, AR :
/Die
2
Die appellant het as eiser in die Transvaalse Provinsiale
Afdeling 'n aksie teen die respondent as verweerder ingestel om skadevergoeding
te eis vir skade wat appellant gely het deurdat sy voertuig bestaande uit 'n
perd (voorhaker), leunwa en sleepwa die aand van 19
November 1980 beskadig is in
'n botsing met respondent se vragmotor en sleepwa op die N 1 snelweg tussen
Pretoria en Warmbad. 0p
sy beurt het die respondent 'n teeneis ingestel vir die
skade wat sy vragmotor en sleepwa in die botsing opgedoen het. By ooreenkoms
tussen die partye is die appellant se skade op Rl4 114-36 en die respondent se
skade op R38 896-71 vasgestel. Toe die
/saak
3
saak verhoor is deur BOSHOFF R-P was die enigste geskilpunt
tussen die partye die aangeleentheid van nalatigheid. Die verhoorhof het
bevind
dat die appellant geen nalatigheid aan die kant van die bestuurder van die
respondent se voertuig bewys het nie. Daar is bevind
dat die bestuurder van die
appellant se voertuig nalatig was en dat sy nalatigheid die oorsaak van die
botsing was. Gevolglik is
die appellant se eis van die hand gewys met koste
terwyl daar op die teeneis vonnis vir die respondent in die bedrag van R38
896-71
met koste gegee is. Die appellant kom teen die uitspraak en bevel
/van
4
van die verhoorhof in hoër beroep na hierdie Hof.
Die N 1 snelweg tussen Pretoria en Warmbad
is 'n dubbelpad. Die een pad dra enkelrigting verkeer
van Pretoria na Warmbad (,,die Pretoria-Warmbad pad" ),
d.i. van Suid na Noord,terwyl die ander pad enkel=
rigting verkeer van
Warmbad na Pretoria („die Warmbad-
Pretoria pad"), d.i. van Noord na
Suid, dra. Hierdie
twee paaie is ongeveer 30 tree uitmekaar met 'n
eiland
tussen hulle. Die Pretoria-Warmbad pad is aan die
westekant van die
Warmbad-Pretoria pad. Die botsing
tussen die partye se voertuie het op die
Warmbad-
Pretoria pad plaasgevind. Hierdie pad bestaan uit
/'n
5
'n linkerbaan en 'n regterbaan wat deur 'n middelstreep van
mekaar geskei word. Aan die linkerkant van die linkerbaan is daar 'n geelstreep
wat 'n paar voet vanaf die kant van die teeroppervlakte van die pad is. Die
botsing het op 'n reguit stuk van die pad plaasgevind
voordat die pad 'n draai
na links, d.w.s. die ooste, maak. Dit was gemene saak dat dit reeds donker was
toe die botsing plaasgevind
het.
Mofokeng het die oggend van 19 November 1980
die appellant se voertuig bestuur om sakkies kunsmis by Setlaars te gaan aflaai.
Hy het
3 km. grondpad gery. Toe hy van Setlaars huiswaarts na Vereeniging keer,
was
/sy
6
sy voertuig leeg. Hy het 2 km. vanaf die Warmbad-Pretoria pad
stilgehou om te eet. Hy het die ligte van sy voertuig nagegaan en bevind
dat
hulle in 'n werkende toestand was. Agter die sleepwa was 'n nuwe chevron-bord
asook trukaatsers wat almal skoon was. Hy het toe
op die Warmbad-Pretoria pad
gery op weg na Vereeniging. Hy het in die linkerbaan van die pad teen 'n
snelheid van 80 km. per uur
gery. Voertuie het hom in die regterbaan van die pad
verbygesteek. Toe hy ongeveer 100 tree vanaf die plek van die botsing was, het
hy die ligte gesien van 'n trekker wat besig was om naby die pad te ploeg.
Onmiddellik voor sowel as toe die botsing
/plaasgevind ....
7
plaasgevind het, het geen verkeer op die Pretoria-Warmbad pad
beweeg nie. Daarom was sy hoofligte op skerp gewees. Hy het egter in
sy
truspieëls die skerp ligte gesien van 'n voertuig wat hom direk van agter
baie vinnig genader het. Hierdie skerp ligte het
hom verblind. Hy het sy spoed
verminder na 60 km. per uur en na links beweeg sodat die naderende voertuig hom
kon verbygaan. Op daardie
stadium het niks die naderende voertuig ver= hinder om
hom in die regterbaan verby te steek nie omdat daar geen verkeer in daardie
baan
was nie. In sy hoof= getuienis het hy beweer dat sy voertuig se linkerwiele
reeds oorkant die geelstreep was toe die botsing
/plaasvind
8
plaasvind terwyl hy in kruisondervraging gesê het dat sy
voertuig se regterwiele op die geelstreep was terwyl sy voertuig aan
die rand
van die teeroppervlakte van die pad in beweging was. Die naderende voertuig het
die regterhoek van sy sleepwa getref, nl.
vir omtrent 2 voet. Daarna het die
naderende voertuig sy brandstof se tenk wat aan die regterkant van die voorhaker
tussen die deur
en die wiele geleë is, beskadig terwyl dit verby beweeg.
Mofokeng het sy voertuig gerem toe dit getref is en dit bly rem totdat
dit tot
stilstand gekom het. Sy sleepwa het geswaai as gevolg van die botsing. Na die
botsing was sy voorhaker oorkant die geelstreep
terwyl die
/voorwiele
9
voorwiele en kajuit heeltemal buitekant die teeropper= vlakte
was. Hy het in kruisondervraging beweer dát sy sleepwa in die
pad was
maar hy het ontken dat dit groten= deels in die linkerbaan was. Die naderende
voertuig het voor syne geval en op sy regterkant
gelê terwyl dit kyk in
die rigting van waar dit gekom het. Hy het ontken dat sy voertuig stilgestaan
het en 'n onverligte obstruksie
in die linkerbaan gevorm het net voordat die
botsing plaasgevind het. Hy het beweer dat sy voertuig aan die kant van die
teeroppervlakte
in beweging was toe die botsing plaasgevind het en dat sy ligte
in 'n werkende toestand was. Toe konstabel Schoeman die ongeluks=
toneel daardie
aand besoek het na die botsing het hy
/die
10
die punt van botsing aan hom uitgewys as synde 40 na 50 tree
vanaf die stertligte van sy sleepwa in die rigting van Warmbad tussen
die
geelstreep en die rand van die teeroppervlakte. Daar het glasstukke
gelê.
Konstabel Schoeman het vir die appellant getuig. Hy het 10.45 nm. die
ongelukstoneel besoek. Met sy aankoms het Modiba, die bestuurder
van die
respondent se voertuig, en sy passasier per ambulans die ongeluks= toneel
verlaat. Mofokeng het aan hom 'n punt van botsing
uitgewys, soos reeds vermeld,
wat hy op sy sketsplan (Bewysstuk A bl. 164-165) aandui. Hy het nie self
ondersoek ingestel na 'n punt
van botsing nie omdat die
/beligting
11
beligting wat hy gehad het onvoldoende was. Hy kon
nie in
die omstandighede sleepmerke of remmerke waarneem
nie. Hy kon egter wel glasstukke, modder en wrakstukke
waarneem waar die
twee voertuie was. Die hele agterkant
van die appellant se sleepwa was
ingeduik maar oorwegend
aan die regterkant agter. Die dieseltenk was ook
in=
geduik. Die hele voertuig van die respondent was
beskadig maar die
skade was oorwegend aan die voorkant,
d.w.s. die hele neusgedeelte, soos hy
dit genoem het.
Die middag van 19 November 1980 het Modiba met die respondent se vragmotor en
sleepwa met 'n vrag aartappels vertrek vanaf die omgewing
van Pietersburg
/om
12
om die aartappels na die mark in Johannesburg te neem. Hy het
'n passasier by hom gehad. Die respondent se vragmotor is met 'n
„governor"
toegerus sodat hy nie meer as 80 km. per uur daarmee kon ry
nie. Toe hy die onge= lukstoneel nader het hy in die linkerbaan van die
Warmbad-Pretoria pad teen 75 km. per uur gery. Sy hoofligte was op skerp. 'n
Voertuig het van die teenoorgestelde kant op die Pretoria-Warmbad
pad genader en
daardie voertuig se ligte het direk op Modiba geval. Daardie voertuig het sy
ligte op dof, toe skerp en toe weer dof
geskakel. Modiba het dit vertolk as 'n
versoek om sy eie hoofligte op dof te stel. Hy het dit gedoen. In
/sy
13
sy dompligte kon hy nie verder as 10 tree voor hom sien nie.
Hy was nog steeds in die linkerbaan van die Warmbad-Pretoria pad. Hy
kon nie die
appellant se voer= tuig sien met sy dompligte nie. Nadat die naderende voertuig
op die Pretoria-Warmbad pad verby is,
het Modiba sy hoofligte weer op skerp
gestel. Toe hy dit doen, het hy direk voor hom in die linkerbaan op 'n afstand
van ongeveer
10 m. 'n motorvoertuig sien blink. Hy meen dat dit die verf van die
agterste deur van die appellant se sleepwa was. Hy het in kruisondervraging
gesê dat hy nie 'n chevron-bord of agterligte van die appellant se sleepwa
gesien het nie. Hy het probeer om die ongeluk
/te
14
te vermy deur van baan te verander „maar dinge het
onmiddellik gebeur". Nadat hy die sleepwa van die appellant gestamp het,
het sy
sleepwa veroorsaak dat sy vragmotor buite beheer geraak het en omgeval het. Dit
was die strekking van sy weergawe hoe die
botsing plaas= gevind het. Volgens sy
getuienis moes die punt van botsing in die linkerbaan van die Warmbad-Pretoria
pad gewees het.
Stroebel het vir die respondent getuig. Hy was besig die aand
van 19 November 1980 om met 'n trekker
'n land te ploeg wat aan die
oostekant van die Warmbad-Pretoria pad geleë is. Die land grens aan 'n
draadheining wat ongeveer
20 tree vanaf die Warmbad-Pretoria pad is. Omstreeks 9
nm. het hy op 'n afstand van ongeveer 200
15
tree in die ligte van verbygaande verkeer 'n
vragmotor
gesien wat op die Warmbad-Pretoria pad stilstaan. Hy
het gesien
dat iemand met Yt flits om die stilstaande i
vragmotor loop. Toe hy 'n voor
ploeg na die draadheining het hy die stilstaande vragmotor vir die laaste keer
voor die botsing gesien.
Nadat hy sy trekker gedraai het, was die stilstaande
vragmotor nog steeds daar. Hy het sy rugkant na die Warmbad-Pretoria pad gehad
toe hy die ploeg weer insteek. Hy het ongeveer 10 tree geploeg toe hy 'n slag
hoor. Hy het gedink een van sy trekker se bande het
gebars maar toe hy niks fout
sien nie, heb hy voortgegaan om weg van die Warmbad-Pretoria pad te
/ploeg
16
ploeg. Toe hy weer terugkeer na die grensdraad het hy afgeklim
en sy skoonsuster mev. Jonkheid gevind waar sy met die Swartmanne praat
wat by
die botsing betrokke was. Sy het hulle gevra wat gebeur het. Die een (Mofokeng)
het gesê dat hy het gery met sy voertuig
toe die ander een (Modiba) van
agteraf in hom gery het. Toe sê Stroebel vir hom „jy lieg mos nou,
jy het stilge= staan".
Mofokeng het nie daarop gereageer nie. Stroebel het na sy
trekker teruggekeer en voortgegaan om te ploeg.
Mev. Jonkheid het vir die respondent getuig. Sy was die aand van 19 November
reeds in haar bed toe sy 'n geweldige slag hoor. Sy het
opgestaan en is na
die
/ongelukstoneel
17
ongelukstoneel. Dit is 'n entjie van haar huis af. Sy was by
die draadheining toe sy die Swartmans gevra het wat gebeur het. Stroebel
het
daar opgedaag. Toe die een Swartman (Mofokeng) vir haar verduidelik dat die
ander een (Modiba) in hom ingery het, het Stroebel
vir hom gesê hy lieg hy
het stilgestaan. Sy het Stroebel ook hoor vra vir die flits wat hy vroeër
die aand by die stilstaande
voertuig gesien het.
Dit is duidelik dat Mofokeng en Modiba se getuienis met mekaar bots oor die
plek en die wyse waarop die ongeluk plaasgevind het. 'n
Analise van Mofokeng
se
/getuienis
18
getuienis toon na my mening dat dit hoogs onwaarskynlik is dat
die punt van botsing tussen die geelstreep en die rand van die teeroppervlakte
van die pad was. Dit is immers volkome onwaarskynlik dat Modiba wat volgens
Mofokeng in die linkerbaan gery het links van die geel=
streep met die appellant
se sleepwa sou gaan bots het op 'n stadium toe die linkerbaan sowel as die
regterbaan tot Modiba se beskikking
was om voort te ry aangesien daar toe geen
ander verkeer in die linkerbaan en die regterbaan was nie. Waarom sou Modiba die
linkerbaan
verlaat om Mofokeng te agtervolg om met laasgenoemde se sleepwa links
van die geelstreep te gaan bots ?
/Mofokeng
19
Mofokeng se bewering dat daar glasstukke by die punt van
botsing was wat hy aan konstabel Schoeman uitgewys het, word nie deur
laasgenoemde
ondersteun nie. Dis ook opvallend dat konstabel Schoeman wel
glasstukke en modder op die pad aangetref het waar die voertuie na die
botsing
was. Op die waarskynlikhede is Modiba se weergawe waar= volgens die punt van
botsing in die linkerbaan was meer aanvaarbaar.
Na my mening het die verhoorhof
tereg Mofokeng se weergawe as sou hy onmiddellik voor die botsing met sy
voertuig links van die geelstreep
teen 60 km per uur gery het terwyl sy
regterwiele op die geelstreep was, verwerp. Die verhoorhof het tereg die
getuienis van
/Stroebel
20
Stroebel soos ondersteun deur mev. Jonkheid as onpartydige
getuies aanvaar. Dit het ook tereg bevind dat die appellant se voertuig
stilstaande was toe die botsing plaasgevind het. Die kritiek wat namens die
appellant ten aansien van die waarnemingsvermoë
van Stroebel geopper is,
doen na my mening nie af aan die afleiding dat dit die appellant se voertuig was
wat hy enkele oomblikke
voordat die botsing plaasgevind het op die
Warmbad-Pretoria pad sien stilstaan het nie. Op die waarskynlikhede was die
appellant
se sleepwa stilstaande op'die linkerbaan van die Warmbad-pretoria pad
waar dit sonder ligte 'n obstruksie vir aan= komende verkeer
in daardie baan
was. Hierdie gevaarlike
/situasie
21
situasie is deur Mofokeng geskep en dit kom neer op
nalatigheid wat die botsing veroorsaak het. Dit is vir doeleindes van hierdie
uitspraak nie nodig om in te gaan op die vraag of die voorhaker en die leunwa
van die appellant onmiddellik voor die botsing skuins
of geheel en al oor die
geelstreep was nie.
Die verdere vraag is of daar bydraende nalatig= heid aan
die kant van Modiba was. Sy getuienis is on= betwis dat hy met sy gedompte
ligte
nie verder as 10 tree voor hom kon sien nie. Terwyl sy ligte op domp was, het hy
steeds vorentoe gekyk terwyl hy in die linkerbaan
gery het. Hy kon nie die
appellant se sleepwa sien terwyl sy ligte op domp was nie. Daar is geen
getuienis oor
/die
22
die afstand wat hy afgelê het met sy ligte op domp nie.
Die oomblik toe dit vir hom geleë was om sy ligte op helder te
stel, het hy
die agterkant van die appellant se sleepwa ongeveer 10 m. voor hom gesien. Hy
het onmiddellik probeer om die botsing
te vermy deur na die regterbaan te swaai
maar dit was te laat, soos ek reeds aangetoon het. Sy linker hooflig het die
agterkant van
die appellant se sleepwa getref. In die lig van hierdie
omstandighede kan Modiba na my mening nie verwyt word dat hy die sleepwa
moes
gesien het voordat hy sy ligte op helder gestel het nie. Hy kan ook nie
verwyt
/word
23
word dat hy nagelaat het om 'n behoorlike uitkyk voor die
plaasvind van die botsing te hou nie. Daar is geen getuienis om aan te dui
hoe
ver die chevron-bord en trukaatsers agter die sleepwa sigbaar sou wees nie. Na
my mening was Modiba in die omstandighede nie
nalatig deurdat hy die sleepwa nie
betyds gesien het of betyds stappe geneem het om 'n botsing met die sleepwa te
vermy nie.
Die verhoorhof het derhalwe tereg bevind dat Mofokeng nalatig was en dat sy
nalatigheid die oorsaak van die botsing was terwyl die
appellant geen
bydraende
/nalatigheid
24 nalatigheid aan die kant van Modiba bewys het nie. Die
appèl word met koste afgewys.
C.P. JOUBERT,AR.
JANSEN, AR )
HEFER, Wn.AR ). Stem saam.