S v Masemene (408/83) [1984] ZASCA 63 (29 May 1984)

58 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Extenuating circumstances — Appellant convicted of murder and sentenced to death — Appellant's belief in witchcraft and influence of co-accused as potential extenuating circumstances — Court held that the appellant failed to establish that his belief in witchcraft and the influence of the co-accused rendered his actions less blameworthy — Appeal against sentence dismissed. The appellant, Ezekiel Masemene, was convicted of murdering his friend, David Banda, during a night at his home, where he attacked the deceased with an axe and subsequently mutilated the body. The appellant claimed that he acted under the influence of Dinah Mabuela, a self-proclaimed witch doctor, who allegedly instructed him to commit the murder as part of his training. The trial court found no extenuating circumstances in the appellant's case, leading to his appeal against the death sentence. The legal issue was whether the appellant's belief in witchcraft and the influence of Dinah Mabuela constituted valid extenuating circumstances that could mitigate his sentence. The court concluded that the appellant did not meet the burden of proof required to establish the existence of such circumstances, affirming the death sentence.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1984
>>
[1984] ZASCA 63
|

|

S v Masemene (408/83) [1984] ZASCA 63 (29 May 1984)

Saak Nr 408/83
M.C.
EZEKIEL MASEMEN
E D
IE STAAT
GROSSKOPF WND. AR.
Saak nr 408/83 M.C.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen
EZEKIëL MASEMENE
Appellant
- en
-
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: RABIE HR et VAN HEERDEN, NICHOLAS ARR et
GALGUT, GROSSKOPF Wnd ARR.
Verhoor
: 2 MEI 1984.
Gelewer
: 29 MEI 1984.
UITSPRAAK
2.
GROSSKOPF WND AR
:-
Die appellant en ene Dinah Mabuela het
as beskuldigdes 1 en 2 voor die
rondgaande Hof op
Potgietersrus tereggestaan op 'n aanklag van moord.
Die
verhoorhof (Wn. REGTER F.S. STEYN en assessore)
het albei beskuldigdes
skuldig bevind soos aangekla,
maar het bevind dat daar versagtende
omstandighede
aanwesig was in die geval van Dinah Mabuela. Sy is
gevonnis
tot 10 jaar gevangenisstraf en kom nie in hoër
beroep nie. Die appellant
appelleer met verlof van
die verhoorregter teen die doodstraf wat hom opgelê is weens die
verhoorhof se bevinding dat daar in sy
geval geen versagtende omstandighede was nie.
Dit /
3.
Dit blyk uit die getuienis dat die appellant,
'n
35-jarige Swartman, saam met sy vrou en gesin in 'n
woning in 'n Swart
woongebied gewoon het. Die oorledene,
David Banda, was 'n vriend van die
appellant wat dikwels
by hulle kom kuier het. Gedurende die nag van 31
Oktober
tot 1 November 1982 was hy weer daar, en het hy geslaap
in 'n afsonderlike klein hut by die appellant se woning.
In die loop van die nag het die appellant opgestaan en
die oorledene in sy
slaap met 'n byl teen sy nek doodgekap.
Daarna het die appellant die
oorledene se kop en privaat=
dele afgesny, en in 'n pakkie opgemaak wat hy na Dinah
Mabuela geneem het.
Daar was heelwat getuienis oor wat
later van hierdie pakkie geword het, maar dit is nie
nodig om verder hierop in te gaan nie.
Die moord / ....
4.
Die moord op die oorledene het sy oorsprong gehad in gebruike onder die
Swart bevolking waarna in die getuienis verwys is as "toorkuns",
"toordery" ens.
Gerieflikheidshalwe sal ek dieselfde uitdrukkings gebruik sonder om daardeur te
kenne te gee dat hullê presiese
betekenisse het, of dat alle gebruike wat
losweg as "toordery" beskryf word, noodwendig behels dat beweerde bonatuurlike
magte daarby
betrokke is.
Die rede waarom die appellant die gruweldaad
gepleeg het, is te vinde in die verhouding tussen hom en Dinah Mabuela. Volgens
die getuienis
was sy 'n toor= dokter en was hy nie alleen haar pasiënt nie,
maar was hy ook besig om onder haar toesig te leer hoe om hierdie
beroep te
beoefen. Dit was dan ook op haar aanbeveling
of /
5. of aandrang dat die appellant 'n mens gedood het en dele van sy
liggaam verwyder het. En die betoog namens die appellant dat daar
versagtende
omstandighede by die moord aanwesig was, berus op sy geloof in toordery en sy
beinvloeding deur Dinah Mabuela.
By die oorweging van hierdie betoog is dit
nodig om die bekende beginsels met betrekking tot versagtende omstandighede
steeds voor
oë te hou. Die beskuldigde dra die bewyslas om die bestaan van
versagtende omstandighede vas te stel. Ten einde dit te kan doen,
moet daar 'n
feitebasis wees waarvan die verhoorhof die bestaan van versagtende omstandighede
aflei. Die uiteindelike vraag is dan
of die bewese
omstandighede / ....
6. omstandighede van so 'n aard was dat die beskuldigde se optrede ten
opsigte van die dood van die oorledene volgens die objektiewe
oordeel van die
hof daardeur minder laakbaar of verwytbaar word.
Toordery in een of ander
vorm is al dikwels deur ons howe oorweeg as 'n moontlike versagtende
omstandigheid by moord. Die soort gevalle
waar daar dikwels bevind word dat
geloof in toordery 'n versagtende omstandigheid is, is waar die beskuldigde vas
oortuig was dat
die oorledene hom groot skade (soos die dood van naasbestaandes)
deur die aanwending van bonatuurlike magte aangedoen het of dreig
om sulke skade
aan te doen. Sien bv.
R v Radebe
1915 AA 96;
S v Dikgale
1965
(1)
SA /
7. SA 209
(A) en
S v Mokonto
1971 (2) SA 319
(A).
Dit was na aanleiding van hierdie soort gevalle dat SCHREINER AR die volgende
opmerkings gemaak het in
R v Fundakubi & Others
1948 (3) SA 810
(A)
op bl 819 :-
"We are not here concerned, on the one hand, with so called 'ritual' murders, in
which the purpose is to obtain portions of the victim's
body for 'medicine', or,
on the other hand, with such practices as that of murdering new-born twins. But
even within the class of
witchcraft murders with which we are dealing it should
not be supposed that the existence of a belief in withchcraft must necessarily
and in all cases be treated as an effective extenuating
circumstance."
En hierdie woorde is 'n kwart-eeu
later beaam deur OGILVIE THOMPSON HR in
S v Nxele
1973 (3) SA 753
(A) op
bl 757 soos volg :-
"It /
8.
"It is, however, desirable once again to emphasise that, as was said by
SCHREINER, J.A., in
Fundakubi
's case,
supra
at p. 819, it should
not be supposed that the existence of a belief in witchcraft must necessarily
and in all cases be treated as
an effective extenuating circumstance. Although
that observation was made in the context of certain particular manifestations of
witchcraft, it should, in my view, today be regarded as of general
application."
In sy uitspraak op die aansoek om
verlof om te appelleer het die verhoorregter aan die hand gedoen dat die
onderhawige geval die geleentheid
skep vir hierdie hof om die versagtende effek
van 'n geloof in toordery nader te definieer en presiseer. Dit is egter nie 'n
aangeleentheid
wat vatbaar is vir presiese formulering nie. Nie alleen het die
woord "toordery" in hierdie
verband /
9. verband, soos reeds vermeld, 'n wye en onomlynde betekenis
nie, maar die morele verwytbaarheid van die beskuldigde sal afhang van
faktore
soos die sterkte van sy geloof in die betrokke verskyningsvorm van toordery en
die aard van die invloed wat dit op hom uitgeoefen
het. Kortom, elke saak moet
op sy eie feite beslis word deur die toepassing van die gewone regsbeginsels wat
by die ondersoek na
versagtende omstandighede geld. Sien, behalwe die bogemelde
gewysdes, ook
S v Ngubane
1980 (2) SA 741
(A.) op bl 745 D tot 746 A en
S v Modisadife
1980 (3) SA 860
(A) op bl 863 C-E.
Die vraag is dus of die beskuldigde hom van die bewyslas gekwyt het om aan te
toon dat sy geloof in
toorkuns/
10.
toorkuns en sy beïnvloeding deur Dinah Mabuele in die
besondere
omstandighede van hierdie saak sy optrede ten
opsigte van die dood van die
oorledene minder laakbaar
of verwytbaar gemaak het. Dit is van pas om eers
te
bepaal wat die aard was van die toorkuns waarmee Dinah
Mabuela en die
appellant hulself besig gehou het. Daar
was heelwat getuienis hieroor. Annah
Masemene, die vrou
met wie die appellant volgens hul stamgebruike getroud
is,
het onder kruisverhoor deur die appellant se advokaat
gesê dat
wanneer s.y van 'n toordokter (soos Dinah Mabuela)
praat "dan praat ek van 'n
dokter wat mense help
wat hulle gesond maak." Volgens haar was
dit
hierdie helende kuns wat die appellant by Dinah Mabuela
probeer
aanleer het.
Dinah /
11.
Dinah Mabuela se man, Johannes Mabuela, wat ook 'n staatsgetuie was, het
getuig dat sy vrou " 'n dokter (is),
sy maak mense gesond". Dinah Mabuela self is in
kruisverhoor namens die appellant gevra of sy vir die appellant kon getoor
het as sy wou. Sy het onomwonde verklaar dat sy "niks van
hierdie besigheid van
toor" weet nie, en dat sy 'n dokter is "wat mense gesond maak, nie wat mense
doodtoor nie". Hierdie stelling
is nie pertinent in kruisverhoor betwis nie,
hoewel die appellant se advokaat aan die einde van sy kruisverhoor dit in
algemene terme
aan Dinah Mabuela gestel het dat die appellant die moord gepleeg
het "omdat hy bang was vir jou". Dinah Mabuela het dit ontken.
As /
12. As ek dus vir die oomblik die appellant se eie getuienis buite
rekening laat, is dit duidelik uit die res van die getuienis dat
Dinah Mabuela
se toorkuns daarop gerig was om haar pasiente gesond te maak en nie om mense
deur gebruikmaking van bonatuurlike magte
te benadeel nie. Hierdie getuienis is
nie pertinent in geskil geplaas namens die appellant nie - trouens, ten dele is
dit deur die
appellant se eie regsverteenwoordiger aan die getuies
ontlok.
Dit is teen hierdie agtergrond dat die appellant se eie
verduideliking hoekom hy dele van 'n mens se liggaam nodig gehad het, beoordeel
moet word. Hy het by verskeie geleenthede verklarings hieromtrent gedoen. Ek
behandel
hulle /....
13. hulle chronologies.
Die dag na die moord (d.w.s. op 1
November 1982) het die appellant teenoor sy vrou beken dat hy die oorledene
gedood het. Sy het getuig
dat sy hom gevra het waarom hy dit gedoen het. Hy het
geantwoord dat hy 'n swak student was en dat hy sekere mensdele benodig het
om
sy studies as toordokter te voltooi. Sy doel was ook "om mense na (hom) toe te
roep dat hy baie kliënte kan kry as 'n dokter".
Onder kr.uisverhoor het die appellant se
vrou
bevestig dat die enigste rede waaraan sy kon
dink hoekom
die appellant sy vriend vermoor het, was "om daardie muti
in die hande te kry". En haar getuienis oor Dinah
Mabuela se invloed op die appellant het soos volg
gelui :-/
14. gelui :-
"Dan net ten laaste, julle mense is bang vir
'n toordokter is dit reg? Nee, ons is nie
bang vir hom nie.
Maar as die toordokter vir julle
iets sê
om te doen, doen julle dit? Ja, ons doen
dit.
En as beskuldigde 2 vir jou iets sou
gesê
het om te doen sal jy dit gedoen het? As ek
siek is dan sal ek dit doen.
En jou man, beskuldigde
1, hy sou ook iets
gedoen het wat beskuldigde 2 vir hom gesê het?
Ja, hy kon dit gedoen het omdat hy gesukkel
het."
Uit haar getuienis as geheel is dit duidelik
dat die
appellant "gesukkel" het om sy studies te voltooi.
Die volgende
verklaring van die appellant was op 9 November 1982 aan mnr. Nel, 'n landdros.
Die relevante deel lui soos volg :-
"Daar was iemand wat saam met my werk as
toordokter / ....
15.
toordokter. Sy het my gestuur om die kop en die privaatdele van 'n manspersoon
te kry. Ek het die kop en die privaatdele gekry en
het dit na Mabuela se plek
geneem. Die persoon wie se kop en privaatdele ek gevat het, het by my gekuier.
Die persoon wat saam met my werk het vir my gesê voor ek as toordokter
kan slaag moet ek eers die kop en privaatdele van 'n
man kry
, Ek het toe
gegaan om die kop en privaatdele te gaan soek." (Onderstreping aangebring.)
Op 3 Desember 1982 het die twee beskuldigdes
voor
die landdros verskyn, en is hulle ingevolge artikel
115 (soos saamgelees met
artikels 119 en 122) van die
Strafproseswet, 51 van 1977, ondervra oor hul
pleite van
onskuldig. In antwoord op die vraag of hy die opset
gehad het
om die oorledene te dood, sê die appellant :-
"I did it on instruction of someone who is my colleague working together with me
as a witch
doctor /
16.
doctor. I did not intend to kill him, but my colleague wanted some parts from
the man's body and I had to chop him, although it was
not my intention to kill
him."
Dan het die appellant ook by sy
verhoor getuienis
afgelê. Om redes wat later sal blyk, is dit nodig om
taamlik
volledig daaruit aan te haal, In hoofgetuienis
het hy vertel dat hy Dinah
Mabuela in 1981 ontmoet het toe
hy haar geraadpleeg het oor sy gesondheid.
Sy
getuienis lui voorts soos volg :-
"Goed, en wat wou jy toe by haar gehad het?
Sy het die dolosse vir my
gegooi.
Ja? En sy sê toe vir my die
siekte
wat ek het dit is van die dokters, toor=
dokters.
Ja, en toe? Ek het toe vir haar
gesê
dit is goed, ek gaan terug huis toe dat ek my ouers van hierdie siekte gaan
vertel.
Ja /
17.
Ja, en toe? Ek het toe huis toe
gegaan, my moeder daarvan vertel en ek
het saam met haar na nr. 2 beskuldigde toe gegaan.
Ja? Sy het weer dolosse daar gegooi.
Sy het nog dieselfde ding daar
vertel.
Ja en toe? En toe het my moeder vir
haar gevra of sy my kan help om
gesond te word. Sy het toe ingestem.
Ja? En sy het toe gesê sy kan nou
begin om my te leer dat ek 'n dokter kan word.
Jy wou self 'n dokter word? Ja.
Goed, en toe? — - Ek het toe vir
haar 'n fooi van R50 betaal dat ek met die besigheid kan begin. Ek is toe terug
saam met my
moeder huis toe.
Ja? --- Op 'n ander dag het ek weer na nr. 2
beskuldigde toe gegaan dat sy my iets kan gee om my gesond te maak. Daar het
beskuldigde
vir my gesê ek moet 'n mens se kop gaan kry asook 'n man se
privaatdele.
Om wat daarmee te doen? Dit was vir die
doel dat sy van daardie dele in my dolosse gooi.
En wat maak jy met jou dolosse? Laat
ek nou met my dokterskap by my huis kan begin.
Begin /
18.
Begin wat doen? Dat ek mense gesond
maak."
Mev.
Van der Walt
, wat namens die appellant
in
hierdie hof (maar nie in die verhoorhof nie)
opgetree het,
het betoog dat die appellant in hierdie passasie te
kenne
gegee het dat hy self gesond sou word wanneer hy die
nodige
kwalifikasies behaal het om andere te genees, en vir
daardie doel die
mensdele nodig gehad het. Ek is nie
seker dat dit die betekenis van die
getuienis is nie - my
indruk is eerder dat Dinah Mabuela terselfdertyd
geneesheer
en leermeesteres was sonder dat haar laasgenoemde
rol
noodwendig ter bevordering van die eersgenoemde gedien het.
Hoe dit
ook al sy, die appellant se getuienis het nie by
daardie passasie
geëindig nie... Later in sy hoofverhoor
verskyn /
19. verskyn die volgende :-
"Nou kan jy vir ons sê, beskuldigde, jy sê beskuldigde 2 het vir jou
gesê om hierdie
liggaamsdele te gaan kry Hoekom het
jy geluister na haar ? Ek was nog onder haar
leierskap, sy het my geleer en destyds het ek eintlik nou beter gevoel met my
gesondheid.
Wat sou gebeur het as u nie gedoen het
wat
sy gesê het nie? Ek sou miskien al doodge=
gaan het.
Hoekom? Ek sou doodgegaan het want ek
sou dan nie gedoen het soos sy my versoek het
nie.
Wie sou jou doodgemaak het? My helper sou
my doodgemaak het want ek is bang vir haar.
Wie is
jou helper? Beskuldigde nr. 2."
Dit is nie vir my duidelik wat die appellant hier probeer sê nie. Hy
begin deur te meld dat sy gesondheid verbeter het, en dat
sy weiering om sy
mede-beskuldigde se wense uit te voer, miskien tot sy dood sou gelei het.
Die /
20.
Die afleiding wat 'n mens maak is dat hy bang was dat
sy
haar mediese behandeling sou staak. Dan gaan hy egter
voort om die
vrees uit te spreek dat sy hom sou doodge=
maak het. Uit wat die appellant se advokaat aan vorige getuies
gestel het, asook wat hy later aan Dinah Mabuela gestel het,
kan 'n mens
geen aanduiding kry van waaruit hierdie beweerde
vrees ontstaan het nie. Die
appellant self is ook nie
pertinent oor hierdie stelling gekruisvra nie. Die
rede
hiervoor is dat die stelling eintlik gedurende sy
kruisverhoor in die
niet verdwyn het, soos blyk uit die
volgende passasies:-
"En die volgende punt wat ek het is die verklaring wat jy voor die landdros gaan
maak het, haal ek daar aan en jy sê :
'Die /
21.
'Die persoon wat saam met my gewerk het, het vir my gesê voor ek as
dokter kan slaag moet ek eers die kop en privaat= dele van
'n man kry.'
Onthou jy dit? Dit is doodreg.
Hoe lank voor die
voorval het beskuldigde
2 dit vir jou gesê? Dit was alreeds 'n maand
vroeer.
En het jou tyd begin minder raak, jy het begin haastig raak om te soek, is dit
reg? --— Ja.
En toe besluit jy jy gaan hierdie persoon wat
in jou huis is, jy gaan hom
maar gebruik? Ja.
Ek sien. So jy het
hierdie man doodgemaak sodat
jy gou self 'n dokter kan word ? Dit is hoe nr.
2 beskuldigde my vertel het.
Dit is reg en jy wou gouer dokter word daarom
het jy hom doodgemaak? Is dit
reg? Ja.
En beskuldigde nr. 2, het sy op enige stadium vir jou gesê kyk, Ezekiel,
jou tyd raak nou min.
Jy moet.nou 'n man kry. Het sy so gesê? Sy
het toe vir my gesê kyk, jou dokterskap sal nie regkom nie want jy het nog
nie daardie goed vir my gekry nie."
Hierdie
kruisverhoor het soos volg afgesluit :-
"Ek/
22.
"Ek stel dit aan jou jy is die persoon wat die oorledene met 'n byl doodgekap
het, daarna van sy geslagsdele met 'n mes verwyder
het; dat die oorledene
geslaap het en die oorledene homself nie kon verdedig nie en dat daar geen
rede was om hom dood te maak nie. Dit is
reg.
En ek stel ook aan jou die enigste rede
waarom jy die oorledene doodgemaak
het was omdat
jy saam met beskuldigde nr. 2 opgetree het en dat
jy
vinniger 'n dokter wou word. Dit is
reg."
As 'n mens die appellant se
verklarings en
getuienis ontleed is dit duidelik dat die appellant se
beweegrede vir die
moord bloot was om die mensdele te
bekom ter bevordering van sy studies. Die
suggestie
dat Dinah Mabuela hom moontlik sou doodgemaak het indien
hy nie
aan haar versoek voldoen het nie, kan volgens my
oordeel buite rekening
gelaat word, soos die hof a quo
blykbaar / ....
23. blykbaar gedoen het. Hierdie moontlikheid is nie genoem in enige van die
verklarings wat die appellant voor die verhoor gemaak
het nie. Dit is nie
pertinent gestel aan Dinah Mabuela, haar man, of die appellant se vrou nie, en
is trouens moeilik versoenbaar
met die soort toorkuns wat Dinah Mabuela volgens
hulle beoefen het. En ten slotte is dit onversoenbaar met wat die appellant aan
die einde van sy kruisverhoor toegegee het die enigste rede te wees waarom hy
die oorledene doodgemaak het, te wete, omdat hy saam
met Dinah Mabuela opgetree
het en vinniger 'n dokter wou word.
In die verhoorhof se uitspraak oor
versagtende omstandighede is daar bevind dat die motief vir die
moord / ....
24.
moord die volgende was :-
" die enigste rede waarom beskuldigde
nr. 1 die oorledene gedood het was omdat hy geglo het dit hom meer suksesvol
sou
maak in sy studies om 'n toordokter te
word "
Weens die voorgaande gaan ek volkome akkoord
met hierdie bevinding.
Die verhoorhof het nie die verdere vraag oorweeg wat
aan ons voorgedra is nie, t.w., of die appellant geglo het dat sy eie gesondheid
slegs sou herstel indien hy as 'n toordokter kon kwalifiseer. Die appellant se
getuienis hieromtrent, wat ek hierbo volledig behandel
het, is egter vaag en
dubbelsinnig. Daarbenewens is hierdie kontensie nie gestel aan, en
word /
25.
word dit nie gestaaf deur, enige ander getuie nie.
Dit kom ook nie voor in die appellant se vorige verkla=
rings nie. Ek meen dus dat die appellant nie op 'n
oorwig van
waarskynlikhede bewys het dat hy die
verkryging van die mensdele, en sy
daaropvolgende
verwerwing van die status van toordokter, nodig beskou
het
om sy eie gesondheid te verbeter nie. Ek hoef dus
nie in te gaan op die
verdere vraag of so 'n beskouing
onder die omstandighede van hierdie saak as
versagtend
aangemerk behoort te word nie.
Dit bring my dan ten slotte by die verhoorhof
se
bevinding met betrekking tot versagtende omstandighede.
Die verhoorhof het
bevind dat die rede vir die moord,
t.w. /
26. t.w. die appellant se begeerte om sy studies te bevorder,
nie die morele verwytbaarheid van die appellant se daad
verminder het nie. Volgens die verhoorhof se oordeel het die appellant bloot
sy eie selfsugtige voordeel nage= streef ten koste van
die oorledene se lewe, en
was daar dus nie versagtende omstandighede aanwesig nie. Ek het reeds aangedui
dat ek met die feitebasis
van hierdie bevinding saamstem. Ook met die verhoorhof
se morele oordeel kan ek, met respek, geen fout vind nie.
Bygevolg word die appèl van die hand gewys.
E.M. GROSSKOPF WND. AR.
RABIE HR.
VAN HEERDEN AR.
STEM SAAM. NICHOLAS AR.
GALGUT WND. AR.