About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2011
>>
[2011] ZAFSHC 54
|
|
Esterhuysen v JE Enviro Services CC Abattoir (A275/2010) [2011] ZAFSHC 54 (10 March 2011)
VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Appèlnommer :
A275/2010
In
die appèl van:-
ALBIE
ESTERHUYSEN
............................................................
Appellant
en
J
E ENVIRO SERVICES CC - ABATTOIR
...........................
Respondent
CORAM:
HANCKE, R
et
FISCHER, WND R
AANGEHOOR OP:
7 MAART 2011
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
HANCKE, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
10 MAART 2011
_____________________________________________________
[1] Die respondent (die
eiser in die Hof
a quo
) het dagvaarding in die landdroshof te
Kroonstad uitgereik teen die appellant (as verweerder) vir die
betaling van R100 000.00,
tesame met rente en koste. Dit is
respondent se saak dat hy goedere verkoop en gelewer het aan die
appellant in die bedrag van
R106 087.15 en het die respondent die
bedrag van R6 087.15 abandoneer ten einde die eis binne die
jurisdiksie van die landdroshof
te bring.
[2] Appellant in sy
verweerskrif ontken dat daar ‘n koopkontrak tussen respondent
en appellant tot stand gekom het; dat die
goedere aan die appellant
verkoop en gelewer is en dat hy bewus was dat goedere waarna verwys
word in die dagvaarding, wel gelewer
is aan ‘n beslote
korporasie, naamlik Basic Meats BK, wat ‘n aparte entiteit is.
[3] In repliek antwoord
respondent dat dit nooit tot die respondent se kennis gekom het dat
die appellant, as a beslote korporasie,
of ‘n ander entiteit,
besigheid doen behalwe in sy persoonlike hoedanigheid nie en dat
artikel 63(a) van die Wet op Beslote
Korporasies, Wet 69 van 1984,
van toepassing is, omdat daar nêrens op enige plek aangedui is
dat appellant as ‘n beslote
korporasie besigheid gedoen het
nie. Dus is die appellant in sy persoonlike hoedanigheid
aanspreeklik. Verder steun die respondent
in repliek op estoppel,
naamlik dat appellant voorgegee het dat hy in sy persoonlike naam
besigheid doen en dat as gevolg van hierdie
skyn wat verwek is, hy
nou estop word om daarop te steun dat die besigheid ‘n beslote
korporasie is, naamlik Basic Meats
BK.
[4] Mnr. Johannes
Phillipus Jacob Engelbrecht getuig dat hy die bestuurder van die
respondent is en verantwoordelik is vir verkope
en finansies. Hy
verwys na sekere dokumentasie van die respondent wat insluit ‘n
faktuur en ‘n vragbrief waarop die
kontraktant aangegee word as
“Basic Meats”. Daar was ook ‘n betaling ten bedrae
van R37 193.50 wat gemaak is
deur “Basic Meats”. Die
tersaaklike dokumente het slegs betrekking op dokumente van die
respondent self en is daar
geen dokumente wat afkomstig is van Basic
Meats nie. Dit is belangrik om daarop te let dat volgens die
respondent se getuienis
die appellant nooit, op enige stadium, met
Engelbrecht gepraat het nie. Die persoon wat namens die respondent
onderhandel het,
is ‘n sekere Elaine wat vanaf ‘n firma
in Senekal na die respondent verskuif het as ‘n werknemer. Dit
is ook
Elaine wat hulle gevra het om vleis af te lewer aan Basic
Meats. Dit is ook sy wat hom onder die indruk gebring het dat Albie
Esterhuysen
is Basic Meats.
[5] Na afhandeling van
die respondent se saak het Albertus Markus Esterhuysen getuig en
verklaar dat hy ‘n lid is van ‘n
besigheid bekend as
Basic Meats BK. Die aankope namens die BK is gedoen deur hyself, sy
vrou Sarie en ‘n derde persoon. Die
kontakpersoon by Senekal
abattoir was ‘n dame met die naam van Elaine. Hulle het vir
ongeveer twee jaar kontak met Elaine
vir hulle aankope vanaf die
Senekal abattoir, waarna sy hulle meegedeel het sy gaan skuif na
Bothaville abattoir en is appellant
in kennis gestel dat hulle in die
toekoms daarvandaan vleis deur haar by die Bothaville abattoir kon
aankoop. Elaine het vir ongeveer
twee jaar lank met “Basic
Meats” besigheid gedoen en selfs verskeie kere kom kuier en was
daar verskeie korrespondensie
gewees. Die fakture van Senekal
abattoir was ook uitgemaak aan “Basic Meats”.
[6] Appellant getuig dat
hy op geen stadium besigheid in sy persoonlike hoedanigheid gedoen
het nie. Hy het ook nie handel gedryf
as “Basic Meats”
nie. Hy getuig dat Elaine bewus was van die feit van die bestaan van
“Basic Meats BK”.
“
Elaine het
wel daarvan geweet want ek het vorms by Elaine ingevul wat dit vir
haar gesê het dat ek ‘n BK is.”
Dit blyk uit sy getuienis
dat hy die feit van die bestaan van ‘n beslote korporasie aan
Elaine openbaar het, dat sy al die
nodige vorms met al die inligting
gehad het en dat sy geweet het met wie die respondent besigheid
gedoen het en wat die beskrywing
van die besigheid was. Hy het nooit
op enige stadium dit probeer wegsteek nie; inteendeel sou dit nie tot
sy voordeel gewees het
om dit weg te steek nie. Hy het vas geglo dat
hulle geweet het met wie die respondent besigheid doen. Hy ontken ook
enige wanvoorstelling
en is dit Elaine wat vir die respondent gewerk
het wat ten volle bewus was van die korrekte beskrywing van die BK.
[7] In sy uitspraak
bevind die landdros dat die bewyslas op die appellant gerus het om
aan te toon dat daar ‘n BK bestaan
het. Die hof aanvaar dat dit
nie bewys is dat ‘n BK bestaan het nie, omdat daar geen
dokumentêre bewys vir die bestaan
van ‘n BK voorgelê
is nie. Die landdros vra homself die vraag af as daar geen BK bestaan
het nie of die appellant in
sy private hoedanigheid gedagvaar kan
word as “kontakpersoon”.
[8]
Wat die bewyslas betref, word in
KRIEGLER v MINITZER AND
ANOTHER
1949 (4) SA 821
(A) die volgende op 827, met
verwysing na Phipson
Evidence
verklaar:
“
'.
. . in actions of contract, proof of the contract, performance of
conditions precedent, breach and damages is upon the plaintiff.'”
[9] In die kontraktereg
is die ligging van die bewyslas van ‘n persoon wat op ‘n
kontrak dagvaar duidelik, naamlik
“
... a
plaintiff who sues on a contract must prove his or her contract ...”
(
STOCKS
& STOCKS (PTY) LTD v T J DALY & SONS (PTY) LTD
1979
(3) SA 754
(A) te 762 G – H.) Sien ook
TOPAZ KITCHENS
(PTY) LTD v NABOOM SPA (EDMS) BPK
1976 (3) SA 470
(A) te 472
– 474.
Ingeslote
by die bewyslas moet die respondent ook bewys met
wie
hy die kontrak gesluit het.
[10] Dit blyk dat
respondent in die omstandighede te alle relevante tye oor ‘n
firma-naam beskik het en desondanks besluit
het om direk teen die
appellant in persoon op te tree. Die korrekte situasie sou wees om in
gewone omstandighede die betrokke firma
in die firma-naam, soos dit
op die fakture en dokumentasie voorgekom het, te dagvaar en van
Landdroshofreël 54 gebruik te
maak om dan later aansoek te doen
om die persoon of persone of entiteite te openbaar wat hierdie
besigheid aldus bedryf het. Dit
het die respondent nie gedoen nie. In
die huidige saak waar daar egter klaarblyklik sekerheid bestaan het
by die respondent se
werknemer, Elaine, dat respondent met Basic
Meats BK gekontrakteer het, is hierdie opsie in elk geval nie regtens
beskikbaar nie.
[11] Dit blyk uit die
getuienis dat Elaine die enigste persoon is, namens die respondent,
wat onderhandelinge gevoer het. Volgens
die appellant was Elaine
bewus van die korrekte status van Basic Meats BK. Daar was dus ook
geen sprake van wanvoorstelling of
estoppel, waar appellant getuienis
aangebied het omtrent die onderhandelinge met Elaine wat nie daarop
dui dat die appellant in
sy persoonlike hoedanigheid besigheid gedoen
het nie en wat ook nie betwis is nie. Verder was die
regsverteenwoordigers dit eens
dat artikel 63(a) van gemelde Wet nie
van toepassing is nie. Geeneen van die feite verwys na in die
respondent se repliek (sien
par. [3]
supra
) is bewys nie. In
die omstandighede was dit dus fataal vir die saak van die respondent
om nie Elaine te roep nie met die gevolg
dat die respondent as
bewyslasdraer die onderspit moet delf.
[12] Bygevolg word die
volgende bevele verleen:
1. Die appèl slaag
met koste.
2. Die landdros se
uitspraak word gewysig en vervang met die volgende:
“
Die
eiser se eis word van die hand gewys met koste.”
________________
S.P.B. HANCKE, R
Ek stem saam.
___________________
P.U. FISCHER, WND R
Namens die appellant:
Adv. J.Y. Claasen SC
In opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
Namens die respondent:
Adv. S. Grobler
In opdrag van:
Symington & De Kok
BLOEMFONTEIN
/sp