Ngugumane en Ander v S (A48/09) [2011] ZAFSHC 50 (10 March 2011)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Identification — Appellants convicted of housebreaking and robbery — Appellants challenged the reliability of witness identifications — Witnesses testified to clear visibility and opportunity to observe appellants during the crime — Court upheld identifications as reliable despite defense claims of mistaken identity — Minimum sentence of 15 years imprisonment imposed for serious offenses — Appeal against convictions and sentences dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2011
>>
[2011] ZAFSHC 50
|

|

Ngugumane en Ander v S (A48/09) [2011] ZAFSHC 50 (10 March 2011)

VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Appèlnommer :
A48/09
In
die appèl tussen:-
TSEPO ABEDNIGO
NGUGUMANE
..............................
Eerste
Appellant
THABO
ERNEST RASELEMANE
..............................
Tweede
Appellant
en
DIE
STAAT
...........................................................................
Respondent
CORAM:
MOLOI, R
et
KUBUSHI, WND R
AANGEHOOR OP:
7 MAART 2011
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
MOLOI, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
10 MAART 2011
_____________________________________________________
MOLOI, R
[1] Die twee appellante
kom in hoë beroep voor hierdie hof teen hul skuldigbevindings en
vonnisse opgelê deur die Streekhof
te Bloemfontein op drie
aanklagte en wel op 3 Desember 2008. Die eerste aanklag is huisbraak
met die opset om te roof en roof met
verswarende omstandighede. Die
tweede en die derde aanklagte is roof gelees met Artikel 51(1), 52 en
52(6) van Wet 105 van 1997.
Hulle was aan aldrie aanklagte skuldig
bevind. Die drie aanklagte was egter saamgeneem vir vonnisdoeleindes
en ‘n vonnis
van 15 (vyftien) jaar gevangenisstraf was opgelê
teen beide van hulle. Hulle was deur die verhoorhof verlof tot appèl

verleen teen beide hul skuldigbevindings en vonnisse opgelê.
[2] Verskeie getuies was
deur die Staat geroep en kom hul getuienis neer op die volgende:
Ene Tracey Jolene Kortjie
het op 9 Mei 2008 in haar woonstel met die twee ander klaers, Alta
Rosaline Blumears en Curtis Nieuwenhuizen,
geslaap. Die twee
appellante het die venster van die woonstel oopgebreek en die
woonstel betree. Die inbrekers het die ligte aangeskakel
en die
klaers met ‘n mes gedreig. Daarna was al drie klaers van
verskeie items beroof byvoorbeeld DVD, selfone en veskeie

kledingsstukke.
[3] Die kern vraagstuk in
hierdie saak wentel om die identiteit van die aanvallers. Daar was
altesaam vier aanvallers gewees. Volgens
die drie klaers kon hulle
die appellante duidelik sien en identifiseer omdat hulle in die
beligte kamer was maar nie die ander
twee wat ‘n mindere rol
gespeel het nie en wat in die gang op en af beweeg het. Alvier die
aanvallers was onbekend aan al
die klaers gewees. Volgens Kortjie het
die tweede appellant op haar geklim terwyl sy op die bed was en haar
betas met sy gesig
naby aan haar. Sy het ook sy groterige neus
opgemerk en was hy toe vetter gewees dan teen die tyd van die
verhoor. Hy is ook korter
dan eerste appellant. Volgens haar het sy
die twee appellante se gesigte behoorlik gesien en het genoeg tyd
gehad om na hulle behoorlik
te kyk – volgens vir haar bykans ‘n
uurlank. Al was sy bang en geskok gewees het tydens die voorval, sou
sy egter die
aanvallers onmiddellik herken as sy hulle in die straat
sou teëkom. Sy het verder getuig dat die eerste appellant ‘n

blou kappie aangehad het. Die aanvallers het ook met haar gepraat en
gevra, onder andere, waar die voordeur se sleutel was. Sy
het die
aanvallers goed dopgehou en ook gesien hoe hulle die woonstel deur
die vensters verlaat het. Getuie Alta Rosaline Blumears
het in wese
Kortjie se getuienis, wat identifikasie van die aanvallers betref,
gestaaf. Volgens haar het die voorval nagenoeg 20
– 25 minute
geduur. Sy het verder getuig dat sy met die eerste appellant in
Sesotho gepraat en dat die tweede appellant haar
ook betas het. Vier
dae na die voorval het sy die twee appellante in die straat gesien en
die polisie laat ontbied, en was hulle
toe gearresteer. Sy was ook
seker oor hul identiteit. Huibrecht Curtis Nieuwenhuizen het in wese
die getuienis van die vorige getuies
gestaaf wat identifikasie
aanbetref. Hy het geleentheide gehad om hulle behoorlik te bekyk
alhoewel hy af en toe sy kop bedek het.
Die voorval het in die vroeë
oggendure (03h15) plaasgevind. Hy kon die gesigte uiters goed herken
weens die beligting in die
woonstel. Inspekteur Van der Walt bevestig
dat hy die appellante gearresteer het na Nieuwenhuizen hulle uitgewys
het te Kings Park
waar die appellante met twee ander mans was wie die
getuies nie kon uitken nie.
[4] Die twee appellante
se getuienis kom neer op ‘n
alibi
– dat dit nie
hulle is wat die klaers aangeval en beroof het nie. Eerste appellant
het verder sy moeder, Nokufa Miriam Ngungumane,
as getuie geroep. Sy
het bevestig dat die aand van 9 Mei 2008 die eerste appellant tuis
was, maar sou sy nie weet of hy op enige
stadium daarna die huis
verlaat het nie.
[5] Namens die appellante
was dit betoog dat die getuienis aangaande identifikasie van die
appellante onvoldoende en onbetroubaar
was om op ‘n
skuldigbevinding te kon baseer. Dit word ook gesinspeel dat die
getuies met mekaar die aspek van uitkenning
van die aanvallers kon
bespreek het.
[6]
Wanneer dit by identifikasie in strafsake kom moet die hof voorbedaag
wees dat die getuienis nie net eerlik is nie maar dat
dit ook
betroubaar moet wees. Betroubaarheid van die getuienis word
daargestel deur sekere aspekte te ondersoek soos gestel in
die
beslissing van
S v Mthethwa
1972 (3) SA 766
(A)
te 768 A – C deur Holmes JA:

Because of
the fallibility of human observation, evidence of identification is
approached by the Courts with some caution. It is
not enough for the
identifying witness to be honest: the reliability of his observation
must also be tested. This depends on various
factors, such as
lighting, visibility, and eyesight; the proximity of the witness; his
opportunity for observation, both as to
time and situation; the
extent of his prior knowledge of the accused; the mobility of the
scene; corroboration; suggestibility;
the accused's face, voice,
build, gait, and dress; the result of identification parades, if any;
and, of course, the evidence by
or on behalf of the accused. The list
is not exhaustive. These factors, or such of them as are applicable
in a particular case,
are not individually decisive, but must be
weighed one against the other, in the light of the totality of the
evidence, and the
probabilities;”
Verdermeer
was dit as volg in die beslissing van
R
v Shekelele and Another
1953 (1) SA
636
(T) te 638 F – G deur Dowling R gestel:

Questions of
identification are always difficult. That is why such extreme care is
always exercised in the holding of identification
parades - to
prevent the slightest hint reaching the witness of the identity of
the suspect. An acquaintance with the history of
criminal trials
reveals that gross injustices are not infrequently done through
honest but mistaken identifications. People often
resemble each
other. Strangers are sometimes mistaken for old acquaintances. In all
cases that turn on identification the greatest
care should be taken
to test the evidence.”
[7] Wanneer die beginsels
en versigtigheidsmaatreëls hierbo neergelê toegepas word,
moet in gedagte gehou word die uitlatings
gemaak in die beslissing
van
S v Pretorius en 'n Ander
1991 (2) SACR 601
(A) op
602 b – c waar die volgende gestel was:

Alhoewel dit
baie moeilik is om 'n persoon te beskryf, is die onvermoë van 'n
getuie om 'n persoon te kan beskryf nie noodwendig
fataal by die
vraag of die persoon deur die getuie behoorlik geïdentifiseer is
nie.”
[8]
Mnr. Makhene het voor ons betoog dat die getuies foutiewelik geglo
het die appellante die aanvallers was. Tydens die voorval
was die
ligte van die woonstel deur appellante aangeskakel; hulle het so naby
aan die klaers gekom en hulle betas; hulle het nie
eers die moeite
gedoen om hulself te vermom nie; hulle het in die woonstel vertoef
vir ‘n geruime tyd (20 – 25 minute
volgens Blumears en ‘n
uur volgens Kortjie) en hulle het nog daarby vrae gevra. Die
geleentheid was daar gewees om hulle
goed te sien. Eers Blumears het
die appellante gesien en verslag gedoen aan Nieuwenhuizen
wie,
op sy beurt, die twee appellante, afsonderlik van Blumears, aan die
polisie uitgewys het waar hulle met twee ander mans was.
Kortjie se
getuienis is dat sy hulle by die hof gesien het en onmiddellik
geïdentifiseer het as die aanvallers, afsonderlik
van Blumears
en Nieuwenhuizen. Die getuies staaf mekaar wat die identiteit van die
appellante betref en die verhoorhof het hom
nie laat mislei deur hul
getuienis te aanvaar nie. Dit is korrek dat, was die gesteelde
eiendom in hul besit gevind, sou dit hulle
meer positief met die
misdaad verbind, soos Mnr. Makhene betoog het. Ons moet egter onthou
dat die appellante na vier dae vanaf
die datum van die voorval
gearresteer was te Kings Park in Bloemfontein en dat die versuim van
die polisie om hul onderskeie huise
te gaan visenteer vir die
gesteelde eiendom, nie afbreuk kan maak van hul getuienis met
betrekking tot identiteit in die omstandighede
wat geheers het tydens
die voorval nie. Daarbenewens sê die getuies onomwonde dat
hulle die twee ander mans nie kon uitken
nie, want dié het in
die gang buite rondgestaan en was nie in die beligte woonstel self
gewees nie.
[9]
Die verhoorhof het bevind dat daar geen wesenlike en dwingende
omstandighede aanwesig was nie en dat daar geen verskoning sou
wees
om van die voorgeskrewe vonnis af te wyk nie. Hierdie hof kon ook
geen sodanige omstandighede vind nie. Al wat voor ons betoog
was, was
dat hulle jeugdiges was en dit, op sigself, is onvoldoende om
wesenlike en dwingende omstandighede daar te stel sonder
om te sê
watse effek die jeugdigheid op die appellante se verwytbaarheid of
handeling sou gehad het nie. Dit is te vaag:
S v
Matyityi
2011 (1)
SACR 40
(SCA) op
paragraaf [32] where the following was stated:

Here
parliament has spoken. It has ordained minimum sentence for certain
specified offences. Courts are obliged to impose those
sentences
unless there are truly convinvicing reasons for departing from them.
Courts are not free to subvert the will of the legislature
by resort
to vague, ill-defined concepts such as ‘relative youthfulness’
or other equally vague and ill-founded hypothesis
that appear to fit
the particular sentencing officer’s personal notion of
fairness.
Predictable
outcomes
,
not outcomes based on the whim of an individual judicial officers, is
foundational to the rule of law which lies at the heart
of our
constitutional order.”
(my
emphasis).
Die vonnis wat deur die
verhoorhof opgelê was, is nie skokkend kras en onvanpas nie,
gesien in die lig daarvan dat op elkeen
van die aanklagte die hof
geregtig sou wees om die minimum straf van 15 (vyftien) jaar
gevangenisstraf op te lê. Die drie
aanklagte was egter
saamgeneem vir vonnisdoeleindes en gesamentlike straf van 15
(vyftien) gevangenisstraf was opgelê. Die
voorgestelde vonnis
het ten doel om die vonnisse vir die bepaalde misdade te
standadiseer:
S v Malgas
2001 (1) 469 SACR (SAC) at 471 d-e en
om vooruitspelbare (predictable) resultate te verseker:
S v
Matyityi
2011 (1) SACR 40
at 53 at e-g hierbo.
[10] In die omstandighede
moet die appèl op beide die skuldigbevindings en die vonnisse
van 15 (vyftien) jaar gevangenisstraf
ten aansien van beide
appellante misluk. Die appél word AFGEWYS.
____________
MOLOI, R
Ek stem saam.
_______________
KUBUSHI, WND R
Namens die appellante:
Mnr. O. Makhene
Prokureur vir appellante
In opdrag van:
Bloemfontein Regsentrum
2de Vloer, St Andrew
Sentrum
BLOEMFONTEIN
Namens die respondent:
Adv. S. Giorgi
In opdrag van:
Direkteur van Openbare
Vervolgings
BLOEMFONTEIN