About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2011
>>
[2011] ZAFSHC 44
|
|
Haasbroek NO and Others v Uys (5611/2010) [2011] ZAFSHC 44 (3 March 2011)
VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Aansoek Nr. : 5611/2010
In
die aansoek van:-
SAREL
FRANCOIS HAASBROEK N.O.
...........................
1ste
Applikant
Identiteitsnommer:
SAREL
FRANCOIS HAASBROEK N.O.
...........................
2de
Applikant
Identiteitsnommer
WILHELM
GERHARD OOSTHUYSEN N.O.
.....................
3de
Applikant
Identiteitsnommer
MADELEINE
NEILSON
......................................................
4de
Applikant
Identiteitsnommer
In
hulle hoedanigheid as die Trustees van
LOMAGUNDI
VEEBOERDERY TRUST
NO
IT2236/02
en
NICO-PETRIE UYS
Respondent
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
17 FEBRUARIE 2011
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN DER MERWE, R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
3 MAART 2011
_____________________________________________________
[1] Hierdie is ‘n aansoek vir ‘n bevel dat
die respondent 74 melkkoeie aan die applikante lewer.
[2] Die applikante is die trustees van die Lomagundi
Veeboerdery Trust. Geriefshalwe verwys ek na die applikante bloot as
“die
trust”. Op 26 Mei 2009 het die trust en die
respondent ‘n skriftelike huurkontrak aangegaan ingevolge
waarvan die trust
74 Holstein melkkoeie aan die respondent verhuur
het vir ‘n tydperk van drie jaar eindigende op 20 Mei 2012.
Ingevolge die
huurkontrak is huurgeld in die bedrag van R7 862,50
maandeliks agteruit betaalbaar op die 20ste dag van elke maand. In
geval die
huurgeld of enige gedeelte daarvan nie op die betaaldatum
betaal is nie, verleen die huurkontrak aan die trust die reg om dit
onverwyld
te kanselleer. In so ‘n geval is volgens die
huurkontrak die respondent verplig om 74 Holstein melkkoeie, soos in
klousule
6 daarvan beskryf, aan die trust terug te lewer. Klousule 14
van die huurkontrak bevat ‘n arbitrasieklousule waarna ek
aanstons
sal verwys.
[3] Die trust voer aan dat dit weens wanbetaling van
huurgeld ingevolge die huurkontrak die huurkontrak gekanselleer het
soos dit
geregtig was om te doen en vir die respondent per brief
gedateer 19 Oktober 2010 daarvan in kennis gestel het. Die trust voer
aan
dat dit gevolglik geregtig is op teruglewering van 74 melkkoeie
ooreenkomstig die huurkontrak. Aangesien die respondent ondanks
pogings daartoe deur die trust, weier om sodanige lewering te doen,
is ‘n hofbevel nodig.
[4] Die respondent erken ontvangs van die
kansellasiebrief, maar betwis dat die trust geregtig was om die
huurkontrak te kanselleer.
Die respondent sê verder dat die
aangeleentheid in elk geval vir arbitrasie verwys moet word. By die
verhoor van die aansoek,
is die respondent se verwere tot die aansoek
beperk tot hierdie twee punte.
[5] Die tersaaklike gedeelte van die arbitrasieklousule
bepaal soos volg:
“
Should any dispute arise out of the
contract between the parties hereto or any claim arise, the parties
agree that the same shall
be decided by arbitration by an
arbitrator... mutually appointed by them... The arbitrator’s
decision and an award under
the Arbitration Act... may on the
application of any party be made an Order of the court and enforced
under the provisions of Act
42 of 1965, as amended.”
[6] In
PAREKH v SHAH JEHAN CINEMAS (PTY) LTD AND
OTHERS
1980 (1) SA 301
(D) het Didcott R op 304 E – F
gesê:
“
Arbitration is a method for resolving
disputes. That alone is its object, and its justification. A disputed
claim is sent to arbitration
so that the dispute which it involves
may be determined. No purpose can be served, on the other hand, by
arbitration on an undisputed
claim. There is then nothing for the
arbitrator to decide. He is not needed, for instance, for a judgment
by consent or default.
All this is so obvious that it does not
surprise one to find authority for the proposition that a dispute
must exist before any
question of arbitration can arise.”
Plewman AR het hierdie passasie met
goedkeuring aangehaal in
TELECALL (PTY) LTD v LOGAN
[2000] ZASCA 97
;
2000 (2) SA 782
(HHA) op 786 F – H en op 786 I – J die
volgende bygevoeg:
“
I conclude that before there can be a
reference to arbitration a dispute, which is capable of proper
formulation at the time when
an arbitrator is to be appointed, must
exist and there can not be an arbitration and therefore no
appointment of an arbitrator
can be made in the absence of such a
dispute.”
[7] Hieruit volg myns insiens dat ‘n vordering wat
nie teengestaan word nie of waarteen ‘n verweer nie geformuleer
kan
word nie, nie ‘n arbitreerbare dispuut daarstel nie. Myns
insiens is dit hoe die arbitrasieklousule hierin uitgelê moet
word. Dit is ook vanselfsprekend dat in so ‘n geval geen
verweer teen die aansoek op die meriete geopenbaar sal wees nie.
[8] Die vraag is dus of dit wat die respondent hier
aanvoer, ‘n verweer teen die trust se vordering daarstel. Dit
is gemeensaak
dat op 19 Oktober 2010 die huurgeld vir die maande Mei
tot Augustus asook die huurgeld wat op 20 September 2010 betaalbaar
was,
uitstaande was. Die trust se kansellasiebrief is onder andere
gebaseer op wanbetaling van die huurgeld wat op 20 September 2010
betaalbaar was.
[9] Die respondent sit sy verweer soos volg uiteen:
“
6.2.2 Gedurende
AUGUSTUS
2010
het ek en die Derde Applikant ‘n
mondelingse ooreenkoms bereik in terme waarvan die Trust aan my die
geleentheid gegun het
om die agterstallige huurpaaiemente voor/op
4
NOVEMBER 2010
aan die Trust te betaal.
Gevolglik ontken ek ook die inhoud van paragraaf 3 van die Derde
Applikant se stawende eedsverklaring
en plaas die Trust tot die bewys
daarvan;
Op
4 NOVEMBER 2010
het ek ooreenkomstig gemelde mondelingse
ooreenkoms presteer deur die agterstallige huurpaaiemente in die
bedrag van
R 39 320-50
aan die Trust te betaal, welke
betaling die Trust aanvaar het;
Op
8 NOVEMBER 2010
het ek ‘n verdere huurpaaiement in
die bedrag van
R 7 862-50
aan die Trust betaal, welke
betaling die Trust ook aanvaar het;”
[10] Ek aanvaar in die guns van die respondent dat hy
beweer dat die mondelinge ooreenkoms na 20 Augustus 2010 aangegaan
is. Waarvoor
op die respondent se weergawe gedurende Augustus uitstel
verleen is, is betaling van huurgeld wat toe agterstallig was. Selfs
op
die laaste dag van Augustus 2010 was die huurgeld wat op 20
September 2010 betaalbaar sou wees, nie agterstallig nie. Wat die
respondent
dus in effek hier sê, is dat hy uitstel gekry het
vir betaling van die paaiemente vir Mei tot Augustus 2010, maar dat
hy
origens die kontrak moes nakom en derhalwe die maandelikse
huurgeld op 20 September 2010 moes betaal. Dit is duidelik geen
verweer
teen die kansellasie gegrond op wanbetaling van die huurgeld
wat op 20 September 2010 betaalbaar was nie. Aanvaarding van betaling
van die bedrae van R39 320,50 op 4 November 2010 en R7 862,50 op 8
November 2010 deur die trust maak hieraan geen verskil nie.
Dit
verteenwoordig opgeloopte huurgeld wat verskuldig geword het tot en
met die kansellasie van die huurkontrak op 19 Oktober 2010.
[11] Toe die aansoek op 3 Februarie 2011 deur Mocumie R
uitgestel is, is by ooreenkoms gelas dat die koste van 3 Februarie
2011
oorstaan vir latere beregting. Ek meen dat hierdie koste koste
in die geding behoort te wees.
[12] Gevolglik word smeekbede 1 van die kennisgewing van
mosie toegestaan en word die respondent gelas om die koste van die
aansoek
te betaal, insluitende die koste van 3 Februarie 2011.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE, R
Namens
die applikante: Adv. P.C.F. van Rooyen SC
In
opdrag van:
Hill,
McHardy & Herbst Ing. BLOEMFONTEIN
Namens
respondent: Adv. J.A. Fourie
In
opdrag van:
Honey
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
/sp