Fourie NO and Another v Victor NO and Another () [2011] ZAFSHC 32 (17 February 2011)

60 Reportability
Civil Procedure

Brief Summary

Costs — Taxation — Review of taxation by local tax master — Applicants sought sequestration of respondents as trustees of a trust — Dispute arose over the allowance of a retention fee in the attorney's account — Respondent contended that the retention fee was not permissible under court rules and was unreasonable — Tax master allowed the fee, citing discretion under Rule 69 — Court held that the tax master's discretion was not improperly exercised, but found that a full day fee was excessive and should be reduced to half a day fee, with no order as to costs due to partial success of the review application.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2011
>>
[2011] ZAFSHC 32
|

|

Fourie NO and Another v Victor NO and Another () [2011] ZAFSHC 32 (17 February 2011)

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Saaknr. : 5787/2008
In
die saak tussen:-
JOHANNES GERHARDUS FOURIE N.O.
........................
1ste Applikant
VALERIE
HOPE HOLDSWORTH N.O.
..............................
2de
Applikant
(in
hul hoedanigheid as trustees van die
VALLEY
TRUST, IT 981/96)
en
CORNELIA JOHANNA VICTOR N.O.
..........................
1ste
Respondent
NICOLAAS
ALBERTUS KOTZE N.O.
..........................
2de
Respondent
(in
hul hoedanigheid as trustees van die
SCAN
TRUST, IT 1151/98)
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
13 JANUARIE 2011
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
JORDAAN, R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
17 FEBRUARIE 2011
_____________________________________________________
[1] Hierdie is ‘n aansoek om die hersiening van ‘n
taksasie deur die plaaslike takseermeester. Die aansoek word gebring

deur die tweede respondent.
AGTERGROND:
[2] Die applikante het ‘n aansoek gebring vir die
sekwestrasie van die respondente in hul hoedanigheid as trustees van
‘n
sekere trust. Gedurende Maart 2010 het die prokureur vir
tweede respondent kennis gegee van ter rolle plasing van die aansoek
vir
aanhoring op 22 April 2010. Die prokureur het egter nagelaat om
die kennisgewing van ter rolle plasing ook op die eerste respondent

te beteken en as gevolg daarvan is op 20 April tussen die partye
ooreengekom dat die aansoek wat op 22 April aangehoor sou word,
op
daardie datum uitgestel sou word en dat tweede respondent
aanspreeklik sou wees om die verkwiste koste van die applikante
voortspruitende
uit die uitstel te betaal.
[3] Die applikante het dan ook ‘n kosterekening
opgestel wat deur die plaaslike takseermeester getakseer is en daarna
het
die tweede respondent aansoek gedoen vir hersiening van die
taksasie, weens die feit dat sy beswaar teen die toelating van twee

items wat voortspruit uit die advokaat se kosterekening, nie
gehandhaaf is nie en dat daardie items inderdaad toegelaat is as
verkwiste koste. Nadat die takseermeester sy redes vir sy beslissing
ingedien het, het die tweede respondent besluit om slegs voort
te
gaan met beswaar teen een item, naamlik die item op die advokaat se
rekening met betrekking met sogenaamde retensiefooi in die
bedrag van
R18 000,00 en wat op die advokaat se rekening beskryf word as:

Bespreking en retensie vir verhoor op
aansoek op 22 April 2010.”
Dit dien vermeld te word dat die ander item van R1
800,00 wat deur die griffier toegelaat is as redelike
voorbereidingskoste nie
meer die onderwerp van beswaar is nie.
[4] Die tweede respondent maak beswaar teen die
toelating van die item van R18 000,00 op grond daarvan dat daar na
bewering nie
in die hofreëls voorsiening is vir ‘n
sogenaamde retensiefooi by aansoeke nie, die fooi nie redelik is nie
en dit dus
nie as verkwiste koste toegelaat behoort te gewees het
nie.
[5] Alvorens ek met die meriete handel, dien dit vermeld
te word dat die aansoek om hersiening buite tyd geliasseer is weens
die
feit dat die prokureur vir die tweede respondent eers op ‘n
laat stadium bewus geword het van die allokator wat reeds aangebring

is op die kosterekening. Daar is egter ‘n redelike
verduideliking vir die vertraging en word die versuim gekondoneer.
[6] Die takseermeester het in sy redes aangevoer dat hy
‘n dagfooi toegelaat het, aangesien die aansoek uitgestel was
‘n
dag voordat dit aangehoor sou moes word en dit ‘n
bestrede aansoek was. Hy het dit toegelaat in terme van Reël 69
in
sy diskresie as synde ‘n redelike fooi vir die advokaat wat
die risiko geloop het om nie vergoed te word vir die feit dat
hy die
betrokke dag vir die aanhoor van die aansoek reserveer het nie.
[7] Namens die tweede respondent word betoog dat die
toelating van ‘n eerste dag fooi as synde verkwiste koste of
andersins
slegs van toepassing is in verhoorsake by aksieprosedures
en nie ten opsigte van aansoeke nie. Dit is betoog dat die betrokke
advokaat
ander werk kon doen en selfs ander bestrede aansoeke kon
hanteer op die betrokke dag en dat daar geen getuienis voorgelê
is dat die betrokke advokaat nie ander werk vir die betrokke dag
gehad het of kon doen nie. Namens tweede respondent word daarop
gewys
dat ingevolge die praktykreëls van hierdie hof ‘n advokaat
geregtig is om twee bestrede mosies op dieselfde dag
te hanteer. Daar
word ook gesteun op ‘n geskrewe standpunt van die Plaaslike
Vereniging van Advokate in antwoord op ‘n
navraag wat reeds in
1991 aan die Vereniging van Advokate gerig is en waarin die volgende
vermeld word:

Waar ‘n advokaat dus verplig is om ‘n
redelike fooi te vra, sal hy veral twee aspekte in aanmerking neem,
bo en behalwe
die algemene riglyne uiteengesit in Reël 7.1 (wat
hierby aangeheg is) naamlik, die hoeveelheid werk wat inderdaad
verrig is
en/of die datum gereserveer moes word in die sin dat die
advokaat nie ander werk kon neem nie of ander werk moes afgee op die
betrokke
datum. By die meeste bestrede mosies, veral van
interlokutêre aard, en veral waar junior advokate betrokke is,
sal laasgenoemde
faktor nie baie belangrik wees nie en sal dit dan
hoofsaaklik slegs gaan oor die werk wat inderdaad verrig is in die
vorm van voorbereiding.”
Op sterkte daarvan betoog die tweede respondent se
regsverteenwoordiger dat die advokaat derhalwe slegs geregtig is op
vergoeding
vir werk wat inderdaad verrig is in die vorm van
voorbereiding. Dis is natuurlik klaarblyklik nie korrek in die lig
van die aanhaling
hierbo na verwys nie.
[8] Op hierdie stadium dien vermeld te word dat die
applikante ‘n kennisgewing liasseer het tot die effek dat daar
berus word
in die uitspraak van die hof en geen voorleggings of
argumente aan die hof voorgehou word nie.
[9] Die regverdiging vir die
toelating van ‘n eerste dag verhoorfooi vir ‘n advokaat
in gevalle waar die saak sou uitgestel
of geskik word, word bespreek
in
ROAD ACCIDENT FUND v LE ROUX
2002 (1) SA 751
(WLD) te
756 D – 757 A. Uit daardie
beslissing is dit ook duidelik dat dit nie nodig is dat getuienis
aangebied moet word tot die effek
dat die betrokke advokaat nie ander
werk gedoen het of kon doen op die betrokke dag nie. Om sodanige
getuienis as ‘n voorvereiste
te stel, sou ‘n prakties
onhoudbare situasie skep en meebring dat ‘n advokaat telkens in
detail sal moet aantekeninge
hou oor welke ander werk gedoen is op
die betrokke dag of gedurende die tyd wat hy in hierdie saak, wat
uitgestel is, betrokke
sou wees. Dit negeer ook die feit dat, weens
die aard van ‘n advokaat se praktyk, daardie werk in elk geval
na ure of gedurende
ander tye ingepas sou kon word.
[10] Alhoewel die voorgaande beslissing handel met ‘n
verhoorsaak, is daar, myns insiens, geen onderskeid te tref wat
betref
aansoek en verhore nie, behalwe moontlik wat betref die vraag
na welke fooi redelik in die omstandighede sou wees. ‘n
Advokaat
wat gereserveer word vir die argumentering van ‘n
bestrede mosie, moet daardie dag beskikbaar wees en beskikbaar hou
vir
doeleindes daarvan, behalwe dat, ooreenkomstig die Vrystaatse
Praktyk, ‘n tweede bestrede mosie ook deur hom hanteer kan word

op dieselfde dag. Indien so ‘n aansoek op kort kennisgewing
uitgestel of geskik word, is dit onteensegbaar so dat die advokaat
‘n
verlies ly en geregtig is op ‘n redelike fooi ter vergoeding
daarvoor.
[11] Uit hoofde van die voorgaande kan ek derhalwe nie
bevind dat die takseermeester hom wanvoorgelig het of sy diskresie
onregterlik
uitgeoefen om ‘n reserveringsfooi vir die betrokke
advokaat toe te laat as verkwiste koste nie. Die enigste oorblywende
vraag
is of die toelating van ‘n volle dagfooi in omstandighede
soos hierdie geregverdigd is. As algemene uitgangspunt kom dit my

voor asof die eise van redelikheid in die lig van die Praktyksreël
in hierdie Afdeling, naamlik dat ‘n advokaat geregtig
is om
twee bestrede mosies op dieselfde dag te hanteer, meebring dat die
toelating van ‘n volle dagfooi nie redelik is nie
en
buitensporig is. Tog mag dit in gepaste omstandighede redelik wees om
sodanige fooi toe te laat, byvoorbeeld in gevalle waar
die betrokke
aansoek waarvoor die advokaat gereserveer is van sodanige omvang is
dat hy nie ‘n tweede aansoek sou kon hanteer
nie. Dit mag ook
wees dat die betrokke advokaat slegs die een aansoek vir die betrokke
dag reserveer het en nie opdragte vir verdere
werk op dieselfde dag
geneem het nie. Afhangende van die spesifieke omstandighede sou
enigiets tussen die helfte van ‘n dagfooi
en die volle dagfooi
waarskynlik geregverdiglik toegeken kon word.
[12] Die onderhawige aansoek was ‘n
sekwestrasie-aansoek wat nie besonder lywig was nie en waarvan die
stukke ongeveer 200
bladsye beloop het. Die advokaat sou met gemak ‘n
tweede aansoek op dieselfde dag kon hanteer. In die lig daarvan is ek
oortuig
dat die toekenning van ‘n volle dagfooi as verkwiste
koste buitensporig is tot die mate dat daarvan afgelei kan word dat
die takseermeester nie sy diskresie regterlik uitgeoefen het nie.
Myns insiens moes die helfte van ‘n dagfooi toegelaat gewees

het, met die gevolg dat ‘n verdere R9 000,00 van die
kosterekening afgetakseer moes gewees het.
[13] Gevolglik slaag die hersieningsaansoek gedeeltelik.
In die lig van die feit dat die tweede respondent slegs gedeeltelike
sukses
in die aansoek behaal en saamgesien met die feit dat die
aansoek aanvanklik buite tyd gebring is, is ek van mening dat dit reg
en billik sou wees om geen kostebevel ten opsigte van hierdie aansoek
te maak nie.
[14] Die allokator van die takseermeester word tersyde
gestel en die aangeleentheid na die takseermeester terugverwys om sy
allokator
ooreenkomstig die riglyne uiteengesit in hierdie uitspraak
aan te pas.
_______________
A.F. JORDAAN, R
Namens
die applikante: Mnr. Visser
In
opdrag van:
Kramer
Weihman & Joubert BLOEMFONTEIN
Namens
2de respondent: Mnr. L. Strating
In
opdrag van:
Symington
& De Kok
BLOEMFONTEIN
/sp