De Lange v S (A86/10) [2011] ZAFSHC 23 (10 February 2011)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Appeal against conviction — Appellant convicted of two counts of murder and sentenced to life imprisonment — Appellant claimed self-defense and argued a state of emergency during the incident — Evidence presented by witnesses contradicted appellant's version, indicating he was the aggressor — Court found that the State proved all elements of the crime beyond reasonable doubt — Appeal dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2011
>>
[2011] ZAFSHC 23
|

|

De Lange v S (A86/10) [2011] ZAFSHC 23 (10 February 2011)

VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Appèlnommer :
A86/10
In
die appèl van:-
LOUIS
JOHANNES DE LANGE
...............................................
Appellant
en
DIE
STAAT
...........................................................................
Respondent
CORAM:
HANCKE, R
et
MOCUMIE, R
et
FISCHER, WND R
AANGEHOOR OP:
7 FEBRUARIE 2011
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
HANCKE, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
10 FEBRUARIE 2011
_____________________________________________________
[1] Die appellant is
skuldig bevind aan twee aanklagte van moord en op elkeen van hierdie
aanklagte is hy gevonnis tot lewenslange
gevangenisstraf. Met verlof
van die hof
a quo
kom hy nou in hoë beroep teen beide die
skuldigbevindings aan moord.
[2] Die appellant het
onskuldig gepleit op gemelde aanklagte en in sy pleitverduideliking
die volgende aangevoer:

Sal die
beskuldigdes aanvoer dat daar voor die skietvoorval ‘n
onderonsie was tussen beskuldigde 3 en ‘n ander persoon
en as
gevolg van die onderonsie het beskuldigde 1 (die appellant) en 2 die
toneel besoek. Daar het ‘n noodtoestand ontwikkel
en tydens
hierdie noodtoestand is skote afgevuur.”
Aanvullend hiertoe is die
volgende bygevoeg:

..... om dit
net kortliks saam te vat, by die hoofverweer word wederregtelikheid
in geskil geplaas, in die alternatief dan die skuldelement.”
[3] Mnr. Reinders, namens
die appellant, het in sy betoog daarop gewys dat ‘n hof
versigtig moet wees om nie die rol van ‘n
leunstoel kritikus in
te neem met die wysheid van kennis agterna verkry en die
aangeleentheid dan klinies te oorweeg in die rustigheid
en veiligheid
van die hofsaal. ‘n Hof moet dus die posisie van die appellant
beoordeel tydens die voorval, inaggenome die
besondere omstandighede
wat op daardie stadium geheers het.
VERGELYK
:
S v NTULI
1975 (1) SA 429
(A) te 437 I.
[4]
Wat die Staatsaak betref, het die hof
a
quo
in wese (maar nie sonder kritiek
nie), die getuienis van Simpson, Grobbelaar en Ramontsoe aanvaar.
Simpson getuig dat Mnr. Ruiters
(die oorledene in aanklag 2) as
gevolg van sekere probleme die winkel verlaat het en na ‘n
rukkie teruggekeer het terwyl
hy vol bloed was. Hy het met Ruiters
gepraat en toe Ruiters by die koeldrankkas kom, het die skote begin
klap. Hy het nie enige
vuurwapen opgemerk in die besit van hierdie
oorledene nie. Daar was minstens vier skote wat hy gehoor het, waarna
hy gaan wegkruip
het en toe hy terugkeer het hy gevind dat Ruiters op
die vloer lê. Toe hy terugkeer, was daar ‘n vuurwapen
langs die
oorledene, wat later deur die Suid-Afrikaanse Polisie
verwyder is. Wat belangrik is, volgens die getuienis van Simpson, is
dat
Ruiters geskiet was nadat hy alreeds ernstig beseer was, op ‘n
stadium toe hy vol bloed was en sy bril gebreek was. Dit blyk
ook
verder dat Ruiters geen gevaar vir die appellant op daardie stadium
ingehou het nie.
[5] Grobbelaar getuig dat
hy ‘n skoot gehoor het en dat hy uit die winkel gegaan het en
vir Ruiters aan die buitekant by die
trappies gekry het, besig om op
te staan. Hy het die oorledene in die winkel ingehelp, waarna nog
skote afgevuur is en die oorledene
toe in die bors getref is. Hy het
gesien dat dit die appellant was wat vir oorledene Ruiters geskiet
het. Appellant was op die
eerste trappie van die winkel en toe die
skoot afgevuur is, was die oorledene en appellant ongeveer 2,5 meter
uitmekaar uit. Hy
kan nie onthou of enige persoon met ‘n sambok
geslaan is nie en hy weet ook nie wie vir Mnr. Peterson (die
oorledene in aanklag
1), geskiet het nie. Op die stadium toe
oorledene Ruiters geskiet is, het hy nie ‘n vuurwapen in sy
hand gehad nie, alhoewel
Ruiters wel ‘n vuurwapen gehad het wat
bedek was. Wat belangrik is van Grobbelaar se getuienis is dat hy
positief getuig
dat oorledene Ruiters deur appellant geskiet was en
onder omstandighede waar daar nie sprake was van ‘n
noodtoestand of noodweer
nie.
[6] Die getuie Ramontsoe
getuig dat hy tydens die voorval 16 jaar oud was; dat beskuldigde 3
‘n klip na oorledene Ruiters
gegooi het en dat hy op ‘n
stadium gesien het dat oorledene Ruiters vir beskuldigde 3 met ‘n
sambok slaan. Op daardie
stadium het die appellant sy hand gelig en
die oorledene geskiet, waarna hy weggehardloop het. Hy het ‘n
vuurwapen by oorledene
Ruiters in sy agtersak waargeneem. Hierdie
getuie is gekonfronteer met ‘n polisieverklaring wat hy sou
afgelê het en
het hy by meerdere geleenthede geantwoord dat hy
niks verder wil sê nie en het hy klaarblyklik nie ‘n
goeie indruk
in die hof gemaak nie.
[7] Die appellant het
getuig dat hy op 26 April 2002 inligting ontvang het van sy seun
(beskuldigde 3) in verband met ‘n probleem
by Kathleen’s
Nagklub. Hy en beskuldigde 2 het daarheen gegaan en het hy sy
rewolwer met hom saamgeneem. Toe hy daar aankom,
het oorledene
Ruiters buitekant die winkel gestaan. Hy het by hom navraag gedoen
oor wat die probleem sou wees en het beskuldigde
3 ook nader gekom en
het Ruiters toe vir beskuldigde 3 met ‘n sambok geslaan.
Beskuldigde 3 het teruggespring en ‘n
baksteen na Ruiters
gegooi en het appellant (volgens hom) gepoog om Ruiters te kalmeer.
Op daardie stadium het oorledene Petersen,
wat ‘n
sekuriteitsbeampte was, daar aangekom waarop Ruiters sou geskreeu
het:

Skiet die
varke, waarvoor wag jy nog?”
Petersen het toe sy hand
in die rigting van ‘n vuurwapen laat beweeg en het appellant
vreesbevange geraak, sy vuurwapen gegryp
en ‘n skoot laat
afgaan in die rigting van Petersen, wat toe geval het. Appellant het
vir Ruiters toe vermaan en vir hom
gesê:

Kyk jou vark
wat het jy nou gedoen.”
Ruiters het toe in die
winkel ingegaan en het hy gedink dat hy nou ‘n vuurwapen gaan
haal. Sy reaksie was toe om ‘n
skoot af te vuur in die lug en
het hy ook gesê dat Ruiters nie in die winkel moet aangaan nie.
Hy het toe twee verdere skote
in die yskaste gevuur. Hy getuig verder
dat Ruiters agter die toonbank ingegaan het en het hy uitgekom met ‘n
vuurwapen in
sy hand na bo waarna appellant ‘n verdere skoot
afgevuur het, en Ruiters toe geval het. Appellant is toe na die
polisie stasie
toe om die voorval te rapporteer.
[8] Die hof
a quo
het bevind dat Grobbelaar ‘n eerlike getuie was wie se
getuienis in alle wesenlike opsigte geloofwaardig en betroubaar was.

Die bevinding is verder dat die alkohol inname nie sy
waarnemingsvermoë aangetas het nie. Hy het hom weerhou om by
verskeie
geleenthede die saak teen die appellant aan te dik.
Dieselfde geld ook vir die getuienis van Simpson. Wat Ramontsoe se
getuienis
betref, het die hof
a quo
verwys na die gebreke in
sy getuienis. Alleenstaande meen ek sou dit gevaarlik wees om waarde
aan sy getuienis te heg, behalwe
in soverre dit gestaaf word deur van
die ander staatsgetuies. Die hof
a quo
het die weergawe van
die appellant so onwaarskynlik bevind dat hy dit as vals bo redelike
twyfel verwerp het. Daar is verskeie
onwaarskynlikhede in sy weergawe
en stem ek saam met die betoog van Mnr. Steyn, namens die Staat, in
hierdie verband waar hy verwys
na minstens tien onwaarskynlikhede in
die appellant se weergawe.
[9] Mnr. Reinders, namens
die appellant, het verwys na ‘n bevinding van die hof
a
quo
naamlik dat dit nooit gestel was dat
Ruiters vir beskuldigde 3 met ‘n sambok geslaan het nie. Dit
blyk uit die getuienis van
getuie Ramontsoe dat daar inderdaad so ‘n
stelling was en dat die hof in hierdie verband fouteer het. Daar is
egter belangrike
ander stellings wat nie deur appellant se
regsverteenwoordiger, wat bekend is as ‘n ervare advokaat,
gestel is nie, byvoorbeeld
is dit nooit aan Ramontsoe gestel dat
oorledene Petersen in besit was van ‘n vuurwapen of dat
Petersen op die punt was om
die appellant en sy mede-beskuldigdes
daarmee te skiet nie. Ook is dit nooit gestel dat Ruiters vir
Petersen beveel het
“om die varke te skiet nie.”
Alhoewel die hof
a quo
fouteer het ten opsigte van die stelling hierbo na
verwys, is ek van mening dat selfs op ‘n re-evaluasie van die
geloofwaardigheid
van die appellant, die hof
a
quo
se uiteindelike bevinding korrek was om
die appellant se getuienis as vals te verwerp.
[10] Dit blyk dus dat op
die betrokke dag die appellant op die toneel opgedaag het met ‘n
vuurwapen waarin ses rondtes ammunisie
was; dat hy vyf rondtes
afgevuur het, waarvan vier vir oorledene Ruiters getref het en een
vir oorledene Petersen, en wel in die
kop. Dit is duidelik uit die
getuienis van Grobbelaar dat appellant se eerste skoot op Ruiters
afgevuur is op ‘n afstand
van 2,6 meter op ‘n stadium toe
Ruiters alreeds ernstig beseer was en half verblind was as gevolg van
bloed en sy gebreekte
bril. Dit blyk verder uit die getuienis van
Grobbelaar dat die uitdrukking op die appellant se gesig
“furious”
was en dat die appellant woedend was, omdat beskuldigde
3, sy seun, in sy oë klaarblyklik te na gekom was. Daar bestaan
dus
geen twyfel dat die appellant die aggressor was nie.
[11] In die lig van al
die omstandighede van die saak is ek tevrede dat die hof
a
quo
korrek was in sy bevinding dat die Staat
bo redelike twyfel al die elemente van die misdaad bewys het,
insluitende die feit dat
die appellant opsetlik en wederregtelik
opgetree het tydens die pleging van beide misdrywe. Wat vonnis
betref, is verlof om te
appelleer slegs toegestaan ten opsigte van
die skuldigbevindings. Geen betoë is ook ten opsigte van vonnis
geopper nie.
[12] Bygevolg word die
appèl ten opsigte van beide skuldigbevindings van die hand
gewys.
________________
S.P.B. HANCKE, R
Ek stem saam.
_______________
B.C. MOCUMIE, R
Ek stem saam.
___________________
P.U. FISCHER, WND R
Namens die appellant:
Adv. S.J. Reinders
In opdrag van:
Giorgi en Gerber
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens die respondent:
Adv. C.F. Steyn
In opdrag van:
Direkteur van Openbare
Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/sp