About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2011
>>
[2011] ZAFSHC 15
|
|
Janse van Vuuren v Kalil NO and Others (2716/2007) [2011] ZAFSHC 15 (1 February 2011)
VRYSTAATSE
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saak Nr.: 2716/2007
In
die saak tussen:
S
JANSE VAN VUUREN
…..........................................................
Eiseres
en
P.
A. KALIL N.O.
…....................................................
Eerste
Verweerder
R.
P. KALIL N.O.
…..................................................
Tweede
Verweerder
B.O.
TRULUCK N.O.
…...............................................
Derde
Verweerder
MTHEMBU
VAN VUUREN
….....................................
Vierde
Verweerder
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
CLAASEN, WND R
AANGEHOOR OP:
26, 27 & 29 OKTOBER 2010
GELEWER OP:
[1] Eiseres het ‘n
deliktuele vordering ingestel teen eerste, tweede en derde
verweerders in hul hoedanighede as trustees
van die Paul Kalil Trust,
welke trust die eienaar is van die eiendom en gebou bekend as die
Belvangebou, Zastronstraat 63, Bloemfontein.
[2] Eieseres is ‘n
werknemer van die prokureursfirma Mthembu & Van Vuuren
Ingekorporeer, welke firma sekere vloere en
gedeeltes van die
Belvangebou by die trust gehuur het. Die betrokke trappe waaroor
hierdie saak handel was nie deel van die huursaak
nie maar tot
beskikking van die huurders.
[2] Op of omtrent 26
April 2005 het eiseres die trappe, wat na die toilette lei gebruik
alwaar sy vanaf die boonste gedeelte van
die trappe tot onder geval
het en ernstige beserings opgedoen het.
[3] Uit die Reël 37
samesprekings is ooreenkom dat die hof versoek sal word om ‘n
skeiding van geskilpunte te gelas in
terme van Reël 33(4) en dat
die hof net die geskilpunte soos vervat in paragrawe 6, 7 en 8 van
die besonderhede van vordering,
tesame met paragrawe 5, 6 en 7 van
die verweerskrif, bereg. So ‘n bevel is verleen. In die Reël
37 notule is notuleer
dat die vernaamste geskilpunte vir beregting
tussen die eiseres en die verweerders is die kwessie van nalatigheid
van verweerders
asook die beweerde regsplig en omvang daarvan en die
bydraende nalatigheid, al dan nie van die eiseres.
[4] Paragraaf 6, 7 en 8
van die besonderhede van vordering lees soos volg:
“
6.
Op of omtrent 26 April 2005 en te die
voormelde Belvan gebou het eiseres gegly en geval (hierna genoem “die
voorval”)
op ‘n stel trappe in die betrokke gebou.
7.
Die feit dat eiseres gegly en geval
het was die regstreekste gevolg van die nalatigheid van die
verweerders in hul amptelike hoedanighede
as trustees van die Kalil
trust wat die eienaar van die Belvan gebou was en was hul nalatig in
een of meer of almal van die volgende
opsigte:
7.1 Deurdat hulle versuim en/of
nagelaat het om die stel trappe te beveilig vir persone wat die
trappe gebruik het by wyse van ‘n
handreëling; terwyl die
redelikerwys voorsienbaar was dat sodanige persone kon val as hulle
nie die ondersteuning van ‘n
handreëling het nie.
7.2 Deurdat hulle versuim en/of
nagelaat het om die stel trappe enigsins of na behore te verlig sodat
persone wat die trappe gebruik
behoorlik kon sien waar hulle loop;
terwyl dit redelikerwys voorsienbaar was dat sodanige persone kon val
omdat dit te donker was
om te sien waar hulle loop.
7.3 Deurdat hulle versuim en/of
nagelaat het om die oppervlakte van die enigsins of na behore by wyse
van konstruksie of andersins
glyvry te maak; terwyl dit redelikerwys
voorsienbaar was dat persone wat die trappe gebruik kon gly en val as
dit nie gedoen word
nie.
7.4 Deurdat hulle versuim en/of
nagelaat het om by wyse van ‘n konstruksie die helling van die
trappe te verander en te verminder;
terwyl dit redelikerwys
voorsienbaar was dat persone kon gly en val as dit nie gedoen word
nie en wel vanweë die opsigtelike
gevaarlike styl helling van
die trappe.
7.5 Deurdat hulle versuim en/of
nagelaat het om in die algemeen ‘n veilige loopoppervlakte daar
te stel in die gebou.
7.6 Deur in al die omstandighede te
versuim en na te laat om persone wat die stel trappe gebruik te
waarsku teen die gevaar van
gly en val op die trappe by wyse van
waarskuwingsborde of anderins.
7.7 Deurdat hulle in al die
omstandighede versuim en/of nagelaat het om persone te verbied om die
stel trappe te gebruik.
7.8 Deurdat hulle en/of nagelaat het
om ten spyte van verskeie versoeke en aanmanings daartoe voor te
voorval, die trappe te beveilig.
8.
8.1 Te alle relevante tye hiertoe en
meer spesifiek op 26 April 2005 het verweerders in hul amptelike
hoedanighede as trustees van
die Kalil Trust, wat die eienaar van die
Belvan gebou is, ‘n regsplig gehad om nie nalatig op te tree
teenoor persone wat
die trappe in die gebou gebruik, nie.
8.2 Verweerders het egter in hul
voormelde amptelike hoedanighede die vermelde regsplig teenoor
eiseres nalatiglik verbreek in een
of meer of almal van die opsigte
soos uiteengesit in paragraaf 7, supra.”
[5] Paragraaf 5, 6 en 7
van die verweerskrif lees soos volg:
“
5.
AD PARAGRAAF 6 DAARVAN:
Verweerders dra nie kennis van die
beweringe hierin vervat nie, kan dit nie erken nie, ontken dit en
plaas eiseres tot die bewys
daarvan.
6.
AD PARAGRAAF 7 DAARVAN:
Dit word ontken.
Alternatiewelik, en vir indien die
Agbare Hof sou bevind dat verweerders in enige opsig nalatig was
(welke steeds ontken word),
dan en in daardie geval pleit
verweerders verder soos volg:
6.2.1 dat sodanige nalatigheid nie
oorsaaklik was toe beweerde gly en val of tot die beweerder beserings
en/of skade nie;
6.2.2 dat Eiseres bydraend nalatig was
(en welke bydraende nalatigheid oorsaaklik was tot die beweerde gly
en val) en wel in die
volgende opsigte, naamlik:
6.2.2.1 deur die trappe te gebruik
en/of te betree welwetene van die beweerde gevaar (soos beweer in
paragrawe 7.1 tot 7.8
van die besonderhede van vordering) wat
dit inhou en/of kan behels;
6.2.2.2 deur nie ‘n behoorlik
uitkyk te hou nie;
6.2.2.3 deur nie te kyk waar sy trap
en/of versigtigheid met die aanwending van die trappe aan die dag te
lê nie;
6.2.2.4 deur, desnieteenstaande dat sy
reeds ‘n geruime tyd in die gebou werksaam was en die trappe
gebruik, nie toe te sien
en/of te let daarop dat die nodige en/of
redelike versigtigheid aangewend word in die gebruik daarvan nie;
6.2.2.5 deur nie haar werkgewer te wys
op die beweerde gevare (soos beweer in
paragrawe 7.1 tot 7.8
van die besonderhede van vordering) en aan te dring op die uit die
weg ruim daarvan nie;
6.2.2.6 deur nie die Verweerder te wys
op die beweerde gevare (soos beweer in
paragrawe 7.1 tot 7.8
van die besonderhede van vordering) en aan te dring op die uit die
weg ruim daarvan nie;
6.2.2.7 deur enigsins die trappe te
gebruik.
7.
AD PARAGRAWE 8 DAARVAN:
Dit word ontken en Eiseres tot die
bewys daarvan gestel.
[6] Toe advokaat Pohl,
wat namens eiseres opgetree het, met sy saak wou begin het advokaat
Greyling aangedui dat hy nou al sy beswaar
wil notuleer teen die
moontlike getuienis wat betrekking sal hê op feite vervat in
die deskundige kennisgewing, van Van Zyl.
Dat volgens die deskundige
kennisgewing is daar die duidelike aanduiding dat getuienis gelewer
gaan word oor beweerde nalatigheidsgronde
wat nie in eiseres se
besonderhede van vordering voorkom nie. Wat deur advokaat Greyling
uitgewys is is die volgende soos in die
deskundige kennisgewing in
terme van Reël 36(9)(b), van die deskundige Van Zyl, vervat in:
Eerstens dat hy die
betrokke stel trappe gemeet het met ‘n maatband en dat hy ook
‘n tekening daarvan gemaak en sekere
fotos geneem het.
Dat hy van oordeel is
dat die trappe ‘n veiligheidsrisiko daarstel en nie voldoen
aan sekere bouregulasies nie in die besonder:
(i) dat enige gebou wat
ontwerp en gebou word moet voldoen aan die bepalings van die
sogenaamde “National Building Regulations
SABS O400/199O”;
en
(ii) dat die betrokke
stel trappe nie aan die bouregulasies voldoen nie omdat die
trapstukke/trapwydtes van hierdie trappe wissel
tussen 215mm en
230mm. In terme van Regulasie NN2.4 is dit ‘n vereiste dat die
trapstukke/trapwydtes van sodanige trappe
egter nie minder as 250mm
moet wees nie. Hy sal getuig dat hierdie trappe nie voldoen aan
hierdie bouregulasies nie.
Wat die stygstukke
(“rises”) aan betref, verskil die onderhawige stel
trappe tussen 190mm en 230mm en is die meeste
daarvan ongeveer
220mm. In terme van Regulasie MM2.3 is die vereiste dat die verskil
in die stygstukke van sodanige trappe nie
200mm mag oorskry nie en
voldoen hierdie betrokke stel trappe nie in hierdie opsig, aan die
bouregulasies nie.
Die betrokke stel trappe
verskil ook wat trapstukke/trapwydtes in die stygstukke aanbetref
tussen 30mm wat die trapstukke/trapwydtes
aanbetref en 50mm wat die
stygstukke aanbetref. In terme van Bouregulasies MM2.5 word ‘n
verskil in die trapstukke/trapwydtes
en die stygstukke van hoogstens
6mm toegelaat en voldoen hierdie trappe nie aan die Bouregulasies
wat hierdie aspek betref nie.
Dat die stel trappe nie
toegerus was, tydens die voorval, met ‘n handreëling en
dat Bouregulasie MM3(c)(i) met enige
stel trappe wat minder as 1.1
meter wyd is, soos die onderhawige, egter toegerus wees met ‘n
handreëling aan ten minste
een kant. Indien dit so was dat
hierdie betrukke stel trappe tydens die voorval nie toegerus was met
‘n handreëling
nie het die stel trappe ook in hierdie
verband nie aan die betrokke bouregulasies voldoen nie.
[7] Argumente was
voorgelê deur die advokate en beide was dit eens dat hulle
eerstens ‘n bevinding verlang alvorens
enige getuienis verder
aangebied word. Ek het gereël dat getuienis die
nalatigheidsgronde sal uitbrei met betrekking tot bouregulasies
wat
betrekking het op paragraaf 4.3.1, 4.3.2 en 4.3.3 van Mnr Van Zyl se
deskundige kennisgewing. Wat die kennisgewing betreffende
die
handreëling betref het ek gereël dat dit voldoende in die
pleitstukke vervat is. Indien eiseres derhalwe wou steun
op die feite
in 4.3.1, 4.3.2 en 4.3.3 van die deskundige Van Zyl se verslag sal
die besonderhede van vordering gewysig moet word.
Daarna het Advokaat
Pohl met eiseres se saak ongewysig voortgegaan en eiseres geroep.
[8] Eiseres het getuig
dat die trappe uit tussen 11 en 13 stel trappe bestaan. Die stel
trappe is verder identifiseer uit fotobundel
A2. Die gebou het
voorheen aan Nevan Trust behoort waarvan sy ‘n trustee was en
is dit ongeveer 2002 aan die verweerder Trust
verkoop. Dit is in
dispuut of daar voor die verkoping van ‘n alternatiewe roete
gebruik gemaak is om die toilette te bereik.
Gemeensaak is dat
hierdie trappe, sedert 2002, die enigste roete na die toilette was.
[9] Die eiseres getuig sy
by die tweede stel trap van bo-af haar voet skuins geplaas het en het
sy geswik. Haar enkel het net gevou,
meegegee of geswik. Daar was
geen plek of reëling om aan vas te hou nie en het sy die trappe
afgestort. Sy het haar voorkop
oopgesny, linkerarm vergruis, knieë
beseer en haar hele liggaam was vol bloukolle.
[10] Onmiddellik na die
voorval het die verweerder ‘n trapreëling installeer,
asook by die ander trappe in die gebou
en is daar rubberstukke met
skuurpapier effek in die lengte op elke trap aangebring. Beligting is
aangebring wat voorheen afwesig
was.
[11] Die eiseres getuig
dat die opgaan met die trappe nie so ‘n probleem is nie. Met
die afgaan het sy altyd met haar rug
teen die muur gestut of met
beide haar hande teen die muur gestut. Met die swik het sy geval
omdat daar geen handreëling of
plek was om aan vas te hou nie.
[12] Die lig wat die
traparea moes belig was buite werking en het net los drade by die
ligopening uitgehang. Die venster langs die
trap grens en kyk teen ‘n
beton afdak vas wat ontrent geen lig inlaat nie. Volgens die eiseres
en die fotos wat ingehandig
is, is hierdie trappe redelik steil en in
redelike donkerte gehul. In die afwesigheid van sonlig is dit
pikdonker. Die verligting
of afwesigheid daarvan het egter geen rol
by eiseres se val gespeel nie. So ook die bewerings van nalatigheid
dat verweerders versuim
het om die trappe gly vry te maak.
[13] Volgens eiseres het
sy self besef dat die trappe gevaarlik is. Sy het gereeld in haar
hoedanigheid as kantoorbestuurder, vir
Mnr Bredenkamp, synde die
persoon wat gekontak kan word namens verweerders, geskakel en
spesifiek die installering van die handreëling
versoek. Hy is
ook geskakel oor ‘n verskeidenheid van ander probleme wat die
woonstelgedeelte van die gebou se inwoners veroorsaak
het deurdat
hulle op die prokureursfirma se parkeerplekke parkeer. Daar was
beloftes maar geen aksie om die trapreëling op
te sit nie.
[14] In kruisverhoor
bevestig eiseres dat dit die eerste voorval is waar iemand beseer is.
Sy was bewus van ‘n dame wat by
die onderkant van die trap
gegly het maar haar dogter het haar by die trappe ondersteun en die
dogter se stut het haar val voorkom.
[15] Dit word gestel dat
die verweerders onmiddellik na die voorval die handreëling
aangebring het want toe het die behoefte
vir ‘n handreëling
vir die eerste keer tot verweerders se kennis gekom.
[16] Eiseres getuig dat
Mnr Paul Kalil en sy argitekte op hierdie perseel was nadat
verweerders die gebou gekoop het en hulle die
boonste verdiepings
vanaf kantore na wooneenhede omskep het. Dat hulle hierdie trappe
moes gesien het.
[17] Dit is aan eiseres
gestel dat sy nie vir Mnr Bredenkamp oor die handreëling en die
gevaar by die trappe gekontak het nie
of dat Bredenkamp dit teenoor
Mnr Paul Kalil, wie die oorhoofse bestuurder was, gemeld het nie. Dat
Bredenkamp nooit klagtes rakende
die trappe ontvang het nie. Sy het
nie herinnering van klagtes wat sy met Paul Kalil bespreek het nie.
Dat sy weens haar bewustheid
van die gevaarsituasie by die trappe dit
altyd en ook op die dag van die voorval, uiters versigtig benader het
soos deur beide
haar hande teen die muur te druk as sy die trappe
afbeweeg.
[18] Eiseres getuig dat
haar man, terwyl sy onder by die trappe gegly het, by haar gesit het
en hy daar vir Mnr Bredenkamp oor die
voorval geskakel het. Dit is
ontken dat Mnr Van Vuuren vir Mnr Bredenkamp geskakel het maar dat hy
wel vir Mnr Paul Kalil geskakel
het. In herverhoor het eiseres getuig
dat die werknemers van die die verweerder en handlangers wat na die
algemene toestand van
die gebou omsien, wanneer hulle hierdie
algemene werk by die gebou verrig, ook hierdie trappe gebruik.
[20] Mnr Van Vuuren het
kom getuig oor die gesprekke dat hy wel met Mnr Bredenkamp die dag
van die voorval gepraat het. Daar kan
wel later ‘n gesprek met
Mnr Paul Kalil oor die eis wat uit hierdie voorval kon spruit,
plaasgevind het. Hy is op baie goeie
voet met Mnr Paul Kalil en het
hul dikwels met mekaar gepraat. Hy weet ook van sy vrou se klagtes
teenoor Bredenkamp en in retrospek
moes hy sekere stappe geneem het
toe hy waargeneem het dat daar nie op die klagtes reageer is nie.
[21] Mnr Van Zyl was die
laaste getuie van die eiseres en is ‘n gekwalifiseerde argitek
en het ‘n indrukwekkende curriculum
vitae ingehandig. Advokaat
Greyling het nie die deskundigheid van Mnr Van Zyl in geskil geplaas
nie.
[22] Dit was Mnr Van Zyl
se deskundige opinie dat die helling van die betrokke trappe
gevaarlik en onveilig is. Die helling is ongeveer
45 grade en dat hy
tydens sy inspeksie self onveilig gevoel het by die gebruik van die
trappe. Dat die trappe definitief ‘n
handreëling benodig
en het hy ter ondersteuning verwys na die bouregulasies se
voorskrifte waar enige trap wat meer as drie
vlakke het, ‘n
handreëling moet installeer.
[23] Die helling van die
trappe is die resultaat van die verhouding van die stygvlak en
trapvlak en dat dit nie ‘n ingewikkelde
konstruksie wat beton
vormwerk vereis, om dit te verbeter nie. Die kostes sal nie te veel
wees nie. Dat alhoewel die gebou opgerig
was voor die bouregulasies
in werking getree het, dit die verantwoordelikheid van die eienaar
van ‘n gebou is om seker te
maak dat sy gebou veilig is.
[24] Mnr Paul Kalil het
namens die verweerders getuig. As daar probleme met die gebou was,
moes hulle homself en as hy nie beskikbaar
was nie, Mnr Bredenkamp
skakel. Dat daar onmiddellik op klagtes reageer is en dat dit uit die
weg geruim is. Die parkering weet
hy was egter ‘n voortdurende
probleem. Bredenkamp het hom nooit meegedeel van klagtes oor die
trappe nie.
[25] Onder kruisverhoor
getuig Mnr Kalil dat hy die veiligheid van sy huurders op die hart
dra en daarom dadelik die handreëling
installeer het na die
voorval asook handreëlings by al die ander trappe in die gebou.
Die trapstukke het hy ook laat wysig
deur dit glyvry te maak en is
nuwe beligting by die trappe geplaas.
[26] As hy bewus was van
‘n probleem by die trappe sou hy onmiddellik aandag daaraan
gegee het. Dat hy nooit die gebou inspekteer
het nadat dit aangekoop
is nie. Dat die eienaar wel die badkamers geteël het en dat hy
toe wel hierdie trappe tydens die teëling
gebruik het.
[27] Hy erken dat die
trappe gevaarlik is sonder die handreëling. Dat die handreëling
en glyvry stroke dit nou veilig
maak. In herverhoor bevestig Mnr Paul
Kalil dat hy nie kennis gedra het van die onveiligheid by die trappe
nie en dat hy vir die
eerste maal daarvan bewus geword het van die
onvoldoende veiligheid van die trappe, na Mevrou Van Vuuren se val.
Daarom het hy
onmiddellik daarna die trapreëling en glyvry
stroke installeer.
[28] Mnr Bredenkamp
getuig dat die hantering van die verweerder se gebou deel van sy
verantwoordelikhede was. Hy moes altyd vir
Mnr Paul Kalil kontak
voordat hy enigiets kon doen aangesien hy oor geen magtiging beskik
het nie. Hy weet dat daar baie klagtes
was soos oor die toilette,
water lekke en die parkering. Hy is nie bewus dat hy ooit oor die
onveiligheid van die trappe geskakel
is nie. Hy kan nie onthou dat
daar ‘n versoek vir ‘n handreëling was nie. As daar
so ‘n klagte was sou hy
dit aan Mnr Paul Kalil oorgedra het.
Toe hy in kruisverhoor gedruk is of dit kon gebeur het en dit net nie
kan onthou nie, het
hy standpunt ingeneem dat dit nie gebeur het nie.
[29] Ek meen dit is,
weens my verdere bevindings hierna, nie nodig om ‘n bevinding
te maak oor die botsende weergawes dat
verweerders versuim het om op
die klagtes van die onveiligheid van die trappe, weens die
afwesigheid van ‘n handreëling,
te reageer nie. Versuim om
voorkomende maatreëls te neem nadat ‘n persoon op die
gevaar gewys is, sou meestal op nalatigheid
dui. (
MINISTER OF
COMMUNITY DEVELOPMENT AND ANOTHER v KOCH
[1991] ZASCA 83
;
1991 (3) SA 751
(A).
[30] Wat tereg opvallend
was, was dat in die pleitstukke gewag gemaak is dat eiseres gegly en
geval het. In die
viva voce
getuienis was dit geswik en geval.
Die glyvryheid van die trappe het by die val geen rol gespeel nie.
Mnr Greyling het argumenteer
dat ek hierdie getuienis oor die swik
moet ignoreer. Dat eiseres een stel instruksies aan haar
regsverteenwoordigers gegee het
dat sy gegly het en nou kom getuig
het dat sy geswik het. As hierdie getuienis wegval, weet niemand
hoekom sy geval het nie. Mnr
Greyling het egter nooit beswaar gemaak
oor eiseres se getuienis dat sy geswik, haar enkel gevou of meegegee
het wat tot die val
aanleiding gegee het nie. Al wat dan, volgens Mnr
Greyling oorbly, is die verwyt van die afwesigheid van die
handreëling.
Op hierdie punt was sy argument dat verweerder
slegs met nalatigheid verwyt kan word as hulle geweet het of ingelig
was van die
gevaar. As gesag dat verweerder nie met nalatigheid
verwyt kan word as so ‘n verweerder nie oor daadwerklike kennis
beskik
van die gevaarsituasie nie, het Mnr Greyling slegs gesteun op
die bevinding van
WOLFF v FOTO HELGA (PTY) LTD
1986 (1)
SA 816
(O).
[31] In die kopstuk word
vermeld:
“
Held, that
the plaintiff could only rely upon the chip in the step on the
stairway if the defendant had knowledge thereof.”
Hierdie woorde kom ook op
bladsy 818G – H van die uitspraak voor maar by die verdere lees
van die uitspraak is dit duidelik
dat die beginsels van
voorsienbaarheid, waarmee Regter Hattingh aldaar handel, hy die
korrekte toets van die objektiewe redelike
man gebruik. Dit is direk
teenstrydig met Mnr Greyling se argument.
[32] Mnr Greyling het
verder gesteun op bydraende nalatigheid van die eiseres. Dat sy die
eerste persoon is wat by die trappe beseer
is na baie jare se gebruik
deur ‘n veelheid van ander mense met die aanduiding dat sy
daarom die nodige sorgvuldigheid aan
die dag gelê het nie.
Verder dat sy moes gekla het by die eienaar en in afwesigheid van
optrede dit verder moes gevoer het
of laat voer het deur haar
werknemer om toe te sien dat hierdie gevaar situasie verwyder word.
Indien Mnr Paul Kalil, soos hy getuig
het, onmiddellik op alle
klagtes reageer het en dit dan dadelik sou herstel het, sou die
huidige val voorkom gewees het.
[33] Om te bepaal of ‘n
persoon nalatig was aanvaar ons reg as toetssteun die objektiewe
standaard van die redelike persoon.
Voor die verweerders met die
verwytbare gesindheid of gedrag van nalatigheid verwyt kan word, moet
die eiseres bewys dat die redelike
man in die skoene van die
verweerders anders sou opgetree het as wat die verweerders inderdaad
opgetree het. Sou die redelike persoon
die gevolge wat in getree het
voorsien het, sou die redelike persoon dit voorkom en het die
verweerders versuim om die nadeel te
voorkom. Die formulering van die
nalatigheidstoets is duidelik verwoord in Appèlregter Holmes
se uitspraak van
KRUGER v COETZEE
1966 (2) SA 428
(A)
op 430. Die gestelde vrae blyk egter slegs ‘n hulpmiddel te
wees en die oorkoepelende vraag by nalatigheid bly of in
die bepaalde
omstandighede die gedrag van die verweerder, waaroor ‘n eiser
hom bekla, tekort skiet aan die standaard van
die redelike persoon
(sien
SEA HARVEST CORPORATION (PTY) LTD AND ANOTHER v DUNCAN
DOCK COLD STORAGE (PTY) LTD AND ANOTHER
2000 (1) SA 827
(SCA)).
[34] Die eiseres het die
bewysslas om nalatigheid te beweer en te bewys (sien
ARTHUR v
BEZUIDENHOUT EN MIENY
1962 (2) SA 566
(A) op 574;
MADYOSI
AND ANOTHER v SA EAGLE INSURANCE CO LTD
[1990] ZASCA 65
;
1990 (3) SA 442
(A)
op 444;
MOLEFE v MAHAENG
[1998] ZASCA 81
;
1999 (1) SA 562
(SCA) op 568
tot 569).
[35] Omdat objektiewe
voorsienbaarheid van nadeel die hoeksteen van nalatigheid vorm het
die abstrakte of konkrete benadering ontwikkel.
By eersgenoemde moet
die nadeel in die algemeen voorsien word en by laasgenoemde moet die
spesifieke skade en nie bloot skade in
die algemeen voorsien word nie
(vergelyk
BOTES v VAN DEVENTER
1966 (3) SA 182
(A) en
GROENEWALD v GROENEWALD
1998 (2) SA 1106
(SCA) op 1112
met
MUKHEIBER v RAATH AND ANOTHER
1999 (3) SA 1065
(SCA) op 1077). Maar in die huidige geval is beide die
voorsienbaarheid van die algemene aard van die nadeel en ook die
spesifieke
aard daarvan nie in twyfel nie.
[36] Waar die risiko van
benadeling uitgeskakel of verminder kan word met min moeite of koste,
is dit regverdigbaar om te aanvaar
dat ‘n redelike persoon die
nodige voorkomende stappe sou geneem het. (Sien
LOMAGUNDI
SHEETMETAL AND ENGINEERING (PVT) LTD v BASSON
1973 (4) SA 523
(RA) op 525). Die koste of moeite van voorkoming sal natuurlik in die
lig van die ernstigheid of graad van voorsienbare skade oorweeg
word
(sien
NGUBANE v SOUTH AFRICAN TRANSPORT SERVICES
[1990] ZASCA 148
;
1991
(1) SA 756
(A) op 777). In die huidige feite was die koste en moeite
van voorkomende maatreëls minimaal terwyl die nadeel geweldige
afmeting
kon aanneem.
[37] Uit die getuienis is
dit duidelik dat hierdie trappe, sonder ‘n handreëling, ‘n
gevaarlike situasie vir verbruikers
van die trappe daargestel het.
Dat Mnr Paul Kalil, namens die verweerders, onmiddellik voorkomende
maatreëls geneem het soos
die installering van die handreëling
toe hy daarvan bewus geword het. Die redelike persoon sou voorsien
dat benadeling uit
hierdie gevaarlike situasie kan voortspruit en sou
voorkomende stappe geneem het.
[38] In
KING v
ARLINGTON COURT (MUIZENBERG) (PTY) LTD
1952 (2) SA 23
(C) het
Regter Ogilvie Thomson en Van Zyl op eksepsie stadium beslis dat dit
nie nodig is vir die eienaar van ‘n gebou om
bewus te wees van
‘n patente gevaartoestand, soos ‘n gebrekkige handreëling
by trappe nie. Dat so ‘n bewering
nie beweer of bewys hoef te
word nie.
“
In my
judgment, it follows from Paine's case, supra, that where a defect in
premises is one which is likely to cause harm to others
and is in
itself of such a character that it should have been discovered by the
exercise of reasonable care on the part of the
owner/landlord, the
latter is negligent in permitting the defect to continue to exist.”
(pagina 29 G – H)
Verderaan in die
uitspraak vermeld Regter Ogilvie Thompson:
“
Now in the
present case if the stairway and handrail were indeed in the state
alleged and did indeed constitute a danger as averred
in the
declaration, …then it would, in my opinion, ordinarily follow
that defendant, even if it did not have actual knowledge,
ought to
have been aware thereof.”
(pagina 30 A – B)
[39] In
SPENCER v
BARCLAYS BANK
1947 (3) SA 230
(T) sê Regter Price
“
But Mr.
O'Hagan submits that the landlord, i.e. the defendant, is protected
because the plaintiff did not complain to it about this
danger and
draw its attention to the fact that the steps were being made
dangerous. I cannot agree with that contention because
it seems to me
that the landlord ought to have known that the polishing of a
granolithic surface was likely or might reasonably
be expected to
make it dangerously slippery.”
(pagina 239)
Die verweer was geopper
dat dit die werknemers is wat hierdie gladheid veroorsaak het en dat
daar nie verwag kan word van die eienaar
om daarvan bewus te word as
hy nie daaroor ingelig word nie. Die hof bevind dat as ‘n
werknemer ooreenkomstig sy instruksies
optree is die skepping van ‘n
gevaartoestand waaroor die werknemer beskik toegedig aan die eienaar.
“
The landlord
provided this staircase to the occupiers of the flats as a means of
ingress into and out of their flats; he looked
after it, and it seems
to me that under these circumstances he was under a legal duty to see
that the staircase was not dangerous.”
(pagina 240)
Regter Price sê
verder:
“
There is no
duty on the tenant at all, in my opinion, to communicate to the
landlord any information about the dangerous condition
of that
portion of the premises which remained under the landlord's control
and which was never let to the tenant.”
(pagina 243)
Mnr Greyling is natuurlik
korrek dat waar byvoorbeeld ‘n woonstel met ‘n trap
binne-in die woonstel uitverhuur word,
en ‘n gevaar situasie by
die trap ontwikkel, dat die eienaar nie met nalatigheid verwyt kan
word indien hy nie deur die huurder
van die gevaarsituasie ingelig
word nie.
[40] In
WOLFF v
FOTO HELGA (PTY) LTD
1986 (1) SA 816
(O) het Regter Hattingh
ook met goedkeuring verwys na die uitspraak van Regter Ogilvie
Thompson en ook Paine-uitspraak.
“
In my
judgment the chip in the steps in question was likely to cause harm
to others and was itself of such a character that it should
have been
discovered by the exercise of reasonable care on the part of
defendant, and defendant was accordingly negligent in permitting
the
chip to continue to exist.”
[41] In
SWINBURNE v
NEWBEE INVESTMENTS (PTY) LTD
2010 (5) SA 296
(KZD) was dit
ook ‘n geval van ‘n persoon wat by ‘n trap afgeval
het weens die afwesigheid van ‘n handreëling.
In die
betrokke geval het die persoon gegly en kon hy nie sy val keer weens
die afwesigheid van ‘n handreëling by die
trappe nie.
Regter Wallis bevind:
“
It is clear
that the owner of property is ordinarily liable to ensure that the
property does not present undue hazards to persons
who may enter upon
and used the property. In other words, it is the owner’s legal
duty to ensure that the premises are safe
for those who used them.”
Die Regter bevestig, met
verwysing na vorige uitsprake dat ons howe so ‘n regsplig op
die eienaar van ‘n gebou plaas.
Regter Wallis verwys na
BURTON
v THE REAL ESTATE CORPORATION
1903 TH 430
;
WOLFF v FOTO
HELGA (PTY) LTD
1986 (1) SA 816
(O);
BURTON v THE REAL
ESTATE CORPORATION
1903 TH 430
en
SPENCER v BARCLAYS
BANK
1947 (3) SA 230
(T).
[42] Ek vind op die
getuienis dat die verweerders nalatig was en kan ek geen bydraende
nalatigheid aan die kant van die eiseres
bevind nie. Ek maak derhalwe
die volgende bevel:
Dit word verklaar dat
die 1ste, 2de en 3de verweerders aanspreeklik is om die eiseres te
vergoed vir sodanige skade as wat verweerderes
mag gelei het na
aanleiding van beserings wat sy opgedoen het toe sy op 26 April 2005
by ‘n stel trappe in die Belvangebou
geval het.
Die verweerders word
gelas om eiseres se koste te betaal, insluitende die koste van die
deskundige getuie Van Zyl wat insluit
die reservering en
kwalifiserende fooie en uitgawes van Van Zyl.
Die aangeleentheid word
uitgestel
sine die
vir die bepaling van die omvang van
eiseres se skade.
____________________
J. Y. CLAASEN, WND R
Namens die Eiseres: Adv.
Le R Pohl
In opdrag van:
Honey Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens die Verweerders:
Adv. P. du P Greyling
In opdrag van:
Goodrick & Franklin
BLOEMFONTEIN
/EB