RWPC Property Bk v Invest in Property 44 (Edms) Bpk (5139/2008) [2011] ZAFSHC 1 (6 January 2011)

40 Reportability

Brief Summary

Taxation — Review of taxation — Rule 48(1) of the High Court — Applicant's absence at taxation hearing due to misunderstanding — No specific objections raised against items taxed — Review application dismissed as no grounds for review established — Court confirms that Rule 48 is not suitable for cases lacking opposition to taxation items.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2011
>>
[2011] ZAFSHC 1
|

|

RWPC Property Bk v Invest in Property 44 (Edms) Bpk (5139/2008) [2011] ZAFSHC 1 (6 January 2011)

VRYSTAATSE
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saak Nr.: 5139/2008
In
die saak tussen:
RWPC
PROPERTY BK
…................................................................
Eiser
en
INVEST
IN PROPERTY 44 (EDMS) BPK
…..........................
Verweerder
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
WRIGHT, R
GELEWER OP:
6 JANUARIE 2011
[1] Hierdie is ‘n
uitspraak in ‘n gepoogde hersiening van taksasie ooreenkomstig
die bepalings van Hofreël 48(1)
van die Hooggeregshof.
[2] Die tersaaklike
subreël lees soos volg:

(1) Any
party dissatisfied with the ruling of the taxing master as to any
item or part of an item which was objected to or disallowed
mero
motu
by the taxing master, may within 15 days after the
allocatur
by notice require the taxing master to state a case for the decision
of a judge.”
In hierdie geval is die
betrokke taksasie nie deur die verweerder (wat tans op hersiening
gaan) bygewoon nie en word vermeld dat
dit bloot as gevolg van ‘n
misverstand was dat die persoon wat die taksasie moes bywoon nie
opgedaag het nie.
[3] Alhoewel die
verweerder in hierdie saak wel ‘n skrywe gerig het en kennis
gegee het aan die takseermeester dat die taksasie
geopponeer word is
daar nie enige spesifieke besware ten opsigte van items voor die
takseermeester geplaas nie.
[4] In die beslissing van
MCUNU v SOUTHERN INSURANCE ASSOCIATION LTD
1977 (2) SA
18
(SECLD) is daar beslis dat ‘n hersiening van taksasie
ingevolge Hofreël 48 beperk is tot daardie gevalle waar daar
besware
was tot ‘n item of waar die takseermeester
mero motu
items nie toegelaat het nie. Hier is daar geen sprake van
laasgenoemde nie, en omdat die taksasie nie bygewoon is nie was daar

ook geen besware geopper teen spesifieke items nie. Sien ook
OIL
& FEED MILLS v COLESKE
1966 (4) SA 459
(ECD).
[5] ‘n Saak wat
veral hier van toepassing is, is die beslissing van
GRAN-OR
(EDMS) BPK v BEVAN
1969 (2) SA 87
(TPA). In daardie geval was
die omstandighede bykans dieselfde en kon die damesklerk wat
verantwoordelik was vir die voorsiening
van die betrokke leêrs
nie die leêr vind nie en het sy nie besef dat die saak dringend
is nie. Dit het tot gevolg gehad
dat daar geen verskyning voor die
takseermeester was van ‘n verteenwoordiger van die respondent
in die betrokke saak nie
en het hof ook bepaal dat ‘n
hersiening in terme van Hofreël 48 nie kan plaasvind nie en dus
afgewys is (en by implikasie
dat die gewone prosedure met betrekking
tot hersienings of ‘n ander remedie aangewese is). Sien ook
OIL
& FEED MILLS v COLESKE,
supra,
p. 461 waar ‘n
hertaksasie gelas is.
[6] Dit is ook duidelik
dat die vinnige en goedkoop prosedure van Hofreël 48 nie geskik
is in gevalle van hierdie aard nie
aangesien daar geen argument was
ten aansien van enige item (ingevolge waarvan die takseermeester ‘n
gestelde saak kon formuleer)
nie. Daar kan dus nie van die spoedige
en goedkoop remedie van ‘n gestelde saak gebruik word onder
hierdie omstandighede
nie.
[7] In die kennisgewing
van die verweerder se antwoord op die takseermeester se gestelde saak
vermeld sy egter die volgende:

6.
Ek wys die Agbare Hof ook daarop dat
daar ‘n kollegiale Praktyk tussen plaaslike Prokureurs bestaan
om nie bloot met die Taksasie
voort te gaan indien hulle ‘n
behoorlike Opponering soos in die geval ontvang het voordat hulle
kontak gemaak het met die
teenkant nie. Mev van Tonder welke namens
die Eiser opgetree het, het op die betrokke dag bloot voortgegaan met
die taksasie. Die
Agbare hof word ook daarop gewys dat die
Takseermeester al op verskeie kere die Prokureur gekontak het indien
daar ‘n opponering
is of ook waar die Prokureur laat is. Indien
daar geen opponering is nie sal die Takseermeester bloot voort gaan
met die taksasie
soos wat die reel voorsiening maak.”
Die volgende paragraaf is
ook van toepassing:

7.
Daar is ‘n behoorlike
aantekening deur Mev van Tonder gemaak op die Kennisgewing van
Taksasie, soos hierby aangeheg, dat die
Taksasie slegs om 08h40 begin
het. Waarom was daar geen poging gemaak deur haar of die
Takseermeester om kontak te maak met Symington
& de Kok se
kantore of die konstekonsultant waarmee hulle wel bekend is en al
tussen genoemde partye plaas gevind het.”
[8] Gegrond op die Hof se
eie ervaring sou ‘n mens eintlik in so ‘n geval soos
hierdie verwag het dat daar op een of
ander manier ‘n oproep
gemaak sou word om vas te stel waarom die persoon wat die taksasie
wou opponeer nie opgedaag het nie.
[9] In die lig van
bogemelde feit en die feit dat daar eintlik nie veel koste in die
saak aangegaan is nie (daar is slegs betoog
deur eiser geliasseer by
wyse van ‘n dokument van ongeveer 3 bladsye) is hierdie nie ‘n
geval waar enige koste bevel
gemaak behoort te word nie.
[10] Bygevolg word die
aansoek om hersiening van taksasie ingevolge Hofreël 48(1)
afgewys en is daar geen koste-bevel nie.
______________
G. F. WRIGHT, R
Namens die eiser:
Prokureur J. H. Conradie
In opdrag van:
Rossouws Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens die verweerder:
Prokureur D. Moller
In opdrag van:
Symington & De Kok
BLOEMFONTEIN
/eb