Roestof v Cliffe Dekker Hofmeyer Inc (34306/2010) [2011] ZAGPPHC 219; 2013 (1) SA 12 (GNP) (15 December 2011)

58 Reportability

Brief Summary

Delict — Negligence — Duty of care — Claim for recovery of funds lost due to phishing scam — Plaintiff, an attorney, sought to recover R200,000 transferred from his bank account to the defendant's trust account after falling victim to a phishing scam — Defendant, a law firm, denied liability, arguing that the plaintiff's loss was due to his own negligence in responding to a fraudulent email — Court held that the plaintiff had a duty to exercise reasonable care in protecting his banking details and that his failure to do so contributed to the loss, thereby negating the defendant's liability.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2011
>>
[2011] ZAGPPHC 219
|

|

Roestof v Cliffe Dekker Hofmeyer Inc (34306/2010) [2011] ZAGPPHC 219; 2013 (1) SA 12 (GNP) (15 December 2011)

IN
DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD GAUTENG, PRETORIA)
Saaknommer: 34306/2010
Datum gehoor: 08-11/11/2011
Datum van uitspraak: 15/12/2011
In die saak tussen:
Jaco Johan
Roestof
….................................................................................................
EISER
en
Cliffe
Dekker Hofmeyer Inc.
….........................................................................
VERWEERDER
UITSPRAAK
DU PLESSIS R
Inleiding
[1] Die eiser, 'n prokureur, se
privaat bankrekening is by Absa bank. Die verweerder is 'n ingelyfde
maatskappy van prokureurs.
Hulle hou trustrekeninge by Standard Bank
en ook by Nedbank.
[2] Op 14 Januarie 2010 het 'n
internet bedrieer ietwat meer as R350 000 uit die eiser se Absa
rekening oorgeplaas na ander bankrekeninge
toe. R200 000 van die
geld is na die verweerder se trustrekening by Standard Bank toe
oorgeplaas.
[3] Op alternatiewe gronde
waarmee ek later sal handel, eis die eiser nou R200 000 van die
verweerder. Die verweerder ontken aanspreekliheid
en voer in elk
geval aan dat die eiser se verlies deur sy eie nalatigheid
veroorsaak is of dat sy eie nalatigheid daartoe bygedra
het.
[4] Soos wat
uit die feite hieronder sal blyk, kon die bedrieer toegang tot die
eiser se bankrekening kry omdat die eiser op 'n
"phishing
scam"
gereageer
het. 'n
"Phishing
scam"
is
'n lokval wat mense se vertrouiike bankbesonderhede probeer uitvis.
In die eiser se geval was dit 'n e-pos wat horn uitgelok
het om
aanteken-besonderhede vir sy internet bankdiens ("i-bank")
beskikbaar te stel.
[5] Dit is ondermeer die
verweerder se saak dat die eiser nalatig was deur horn in die lokval
te laat lei. Teen daardie agtergrond
het die verweerder die
getuienis aangebied van mnr. GJ Serfontein, die hoof van die
afdeling by Absa wat inligtingstegnologie
beveilig. Hy is nie as
deskundige geroep nie, maar hy het verduidelik hoe Absa se internet
bankdiens prakties werk. Hy het ook
verduidelik watter ter saaklike
veiligheidsmaatreels daar is wanneer kliente die i-bank gebruik. Ek
begin met 'n opsomming van
Serfontein se getuienis want dit bied
agtergrond wat die aard van die bedrog teen die eiser verstaanbaar
maak.
Die gebruik van Absa se
internet bankdiens en veiligheidsmaatreels.
[6] Uit
Serfontein se getuienis blyk dit dat 'n klient wat by Absa se i-bank
wil aanteken, aanvanklik op 'n webblad, die eerste
aantekenblad,
land. Ek sal daarna as "die eerste i-blad" verwys. Die
eerste i-blad vertoon 'n skerm waarop die i-bank
gebruiker
elektronies sy rekeningnommer en sy geheime pinkode kan invu!.
1
Die
gebruiker kan seker maak dat hy wel op die regte webwerf en -blad is
deur in die web-adresblok heel bo aan die skerm te kyk.
Die adres
begin met die letters "https". Die "s", het
Serfontein verduidelik, gee die verskering dat die
webwerf veilig
("secure") is. Verder is daar, ook bo-aan die skerm, 'n
tekening van 'n slot wat verder aandui dat die
webwerf veilig is.
[7] Nadat die gebruiker die
eerste i-blad ingevul het, kliek hy op 'n blokke met die woord
"next". Hy ontvang dan van
Absa op sy selfoon 'n SMS wat
bevestig dat hy aangeteken het. Hierdie SMS'e word vir praktiese
redes nie altyd van dieselfde
selnommer af gestuur nie.
[8] Die kiiek op "next"
laat 'n tweede aanteken blad (die "tweede i-blad") op die
skerm verskyn. Op die tweede
i-blad word daar 'n kode bekend as
"surephrase" in groen vertoon. Dit is, het mnr. Serfontein
verduidelik, 'n unieke
veiligheidsmaatreel: Die i-bank klient kies
aanvanklik sy eie "surephrase" en dit word dan elke keer
as hy aanteken
op die tweede i-blad vertoon. Die tweede i-blad maak
ook voorsiening daarvoor dat die gebruiker dele van 'n vooraf gekose
wagwoord
moet invul. As die klient daarmee klaar is, kliek hy op 'n
toepaslike blokkie wat horn in sy bankrekening in vat. Geen SMS word

op hierdie stadium aan die klient gestuur nie. 'n Verdere SMS word
egter wel aan 'n klient gestuur as hy elektronies 'n nuwe

begunstigde aan sy rekening wil koppel. In so 'n SMS ontvang die
klient 'n lukrake kode wat hy moet gebruik om met die koppeling
te
kan voortgaan.
[9] Op die
stadium toe die geld uit die eiser se rekening oorgeplaas is, was
daar op Absa se eerste i-blad 'n prominente advertensie
wat kliente
teen
"phishing
fraud"
waarsku.
[10]
Serfontein het getuig dat Absa, soos ander banke, 'n deurlopende
veldtog op die internet
2
en ander
media voer om die publiek bewus te maak van maniere waarop bedrieers
probeer om deur die internet toegang tot bankrekenings
te kry. Hy
het verduidelik dat op hulle i-bank webwerf het Absa ondermeer van
onderskep-skerms gebruik gemaak om kliente teen
internet bedrog te
waarsku. Onderskep­skerms werk so: 'n Waarskuwing verskyn op die
skerm as die klient by die i-bank aanteken.
Dit is so ontwerp dat
die klient nie sy banksessie kan voortsit as hy nie deur in 'n
blokkie te kliek, bevestig dat hy die waarskuwing
gelees het nie.
[11] Vir 'n ruk van September
2009 af was daar so 'n onderskep-skerm wat kliente uitdruklik
gewaarsku het teen e-posse wat hulle
versoek om op 'n
internet-koppeling te kliek. Die boodskap het uitdruklik gelui dat
Absa, of enige bank, nooit aan 'n klient
so 'n e-pos sal stuur en
die klient dan sal vra om aanteken besonderheide tot sy internet
bankdiens te verstrek nie.
Die feite.
[12] Vir die eiser het hyself,
mnr. Jacques van der Merwe, me. Michelle Sabela en me. Megan
Encarnacao feitelike getuienis gegee.
Van der Merwe is die eiser se
privaat bankier by Absa. Sabela is 'n moniteringsbeampte by Absa se
bedrog afdeling en Encarnacao
doen soortgelyke werk by Standard
Bank. Die eiser het ook 'n deskundige getuie geroep maar ek sal sy
getuienis afsonderlik behandel.
[13] Behalwe vir Serfontein na
wie se getuienis ek reeds verwys het, het me. Debbie Naidoo en mnr.
Lesley Adriaans vir die verweerder
getuig. Naidoo is al vir meer as
20 jaar in diens by die verweerder se rekenkundige afdeling. Sy is
tans die finansiele bestuurder
in die verweerder se kantoor in
Kaapstad. Adriaans is 'n prokureur en hy was op die ter saaklike tyd
'n direkteur van die verweerder.
[14] Die feiteiike getuies
namens die eiser het die gebeure hoofsaaklik vertel uit die oogpunt
van die eiser en die bedrog wat
teenoor horn gepleeg is. Die
verweerder se getuies het weer hoofsaaklik verduidelik hoe die geld
in hulle rekening gekom het.
Die twee stelle getuies het dus die ter
saaklike feite uit verskillende oogpunte weergegee maar daar is geen
wesenlike feitegeskille
nie. Vir die eisgronde waarop die eiser
steun is die chronologiese verloop van gebeure belangrik. Wat volg
is dus 'n opsomming
van al die feiteiike getuienis wat die gebeure
chronologies weergee.
[15] Feitelik alle ter saaklike
korrespondensie het per e-pos geskied. Die leser kan dus aanvaar
dat, tensy ek anders vermeld,
alle verwysings na korrespondensie,
verwysings is na korrespondensie wat per e-pos gewissel is.
[16] Adriaans het op omtrent 20
November 2009 'n telefoniese opdrag gekry om sowat R1 Imiljoen in te
vorder. Die opdrag is gegee
deur ene Peter Slinger wat opgetree het
namens 'n entiteit Sewmach Sewing Machines ("Sewmach").
Die debiteur was Newbucs
Ops Trading Bk ("Newbucs").
Adriaans, wat nie vir Slinger geken het nie en horn trouens nooit
persoonlik ontmoet het
nie, het vir Slinger versoek om aan horn die
nodige ondersteunende dokumente te stuur.
[17] Slinger het vir Adriaans
'n hele pak dokumente gestuur wat laasgenoemde nie nodig gevind het
om vir doeleindes van 'n eisbrief
deur te lees nie. In kruisverhoor
is dit aan Adriaans gestel dat daar eienaardighede in die dokumente
voorkom soos dat Slinger
daarin beskryf word as die besturende
direkteur van Sewmach wat 'n beslote korporasie sou wees. Niks in
die dokumente het Adriaans
destyds as eienaardig getref nie, veral
omdat hy dit nie deurgelees het nie.
[18] Verder
het Adriaans van Slinger vir doeleindes van FICA
3
dokumente
ontvang. Adriaans het dit na die verweerder se FICA-beampte toe
deurgestuur.
[19] 'n Paar
dae later het ene Charles David namens Sewmach vir Adriaans geskryf
dat die skuldenaar, Newbucs, se buitelandse vennoot
met Sewmach in
verbinding was om betalingsreelings te tref
4
.
Omdat Sewmach die saak reeds na die verweerder verwys het, so lui
David se brief, verkies hulle dat die geld ook daar betaal
word. Vir
daardie doeleindes is Adriaans versoek om die verweerder se
bankbesonderhede aan Newbucs te stuur. Adriaans het die
besonderhede
van die Standard Bank trustrekening gestuur.
[20] Eers op
14 Januarie 2010 het Adriaans weer van Sewmach gehoor. David het vir
horn geskryf
5
dat Sewmach
en Newbucs betalingsreelings getref het en dat Newbucs R200 000 in
die Standard Bank trustrekening inbetaal het. By
David se e-pos was
'n e-pos van Newbucs aan Sewmach aangeheg
6
.
Daarin skryf Newbucs: "Our company accounts departement have
made the payment of R200 000 to your attorneys standard bank
account
today. The payment reference used was
service
charges
as
usual."
[21] In sy
e-pos het David aan Adriaans verduidelik dat Sewmach die geld
dringend nodig het en horn versoek om dit so gou moontlik
oor te
betaal na 'n Nedbank-rekening van "MJ
Slinger
t/a Sewmach Sewing".
[22] Voordat
ek van Sewmach en Newbucs se briewe afstap, is dit nodig om daarop
te wys dat Newbucs se e-posadres
"@gmar
is.
Namens die eiser het mnr. Terblanche dit aan Adriaans gestel dat
daardie adres op sigself verdag is omdat enigeen 'n gma/7-adres
vir
homself kan toeeien. Adriaans het nie juis op die stelling
kommentaar gelewer nie. Ek meen dat dit voldoende is om daarop
te
wys dat daar geen getuienis is oor hoe 'n mens 'n gma/7-adres kry of
dat 'n mens nie kan verwag dat 'n besigheid so adres
sal gebruik
nie.
[23] Adriaans het die
verweerder se rekening afdeling laat weet om op die uitkyk te wees
vir die deposito onder die gemelde verwysing.
Die interne
verwysingsnommer van Adriaans se invorderingsleer is ook aan die
rekeninge afdeling gegee.
[24] Op
dieselfde dag, Donderdag 14 Januarie 2010, het die eiser 'n e-pos
7
gekry wat
vir horn gelyk het asof dit van Absa afkomstig is. Daarin is hy
meegedeel dat Absa vermoed dat bedrieers toegang tot
sy rekening
probeer kry. In die e-pos, wat Serfontein as 'n tipiese
"phishing
scam
1
'
beskryf
het, is die eiser versoek om op 'n i-koppeling te kliek. Die eiser
het juis die vorige dag probleme ondervind om by sy
i-bank aan te
teken, en gedagtig daaraan het hy op die koppeling geklie
[25]
Die koppeling het die eiser, so het hy gemeen, na die eerste
aantekenblad van Absa se i-bank toe geneem. Nadat die eiser
die
vereiste aanteken-besonderhede op die eerste i-blad voltooi en op
"next'
gekliek
het, het hy, so het hy getuig, die gebruiklike SMS van Absa ontvang.
Volgens die eiser was die SMS inderdaad van Absa
afkomstig omdat, so
het hy getuig, die nommer vanwaar dit gestuur is vir horn bekend
was. In die lig van Serfontein se onbetwiste
getuienis dat die SMS'e
nie van een nommer af gestuur word nie, maak die eiser klaarblyklik
'n fout.
[26]
Die eiser het vervolgens, so het hy gedink, op Absa se tweede i-blad
geland. Hy kon toe hy getuig het egter nie se of die
surephrase
op
die blad verskyn het nie. Hy het trouens nie van die
surephrase
geweet
nie maar hy het, op die hof se versoek, gaan kyk en bevestig dat
daar wel een op sy tweede i-blad verskyn.
[27]
Nadat die eiser sy wagwoord op die tweede i-blad voltooi het, het hy
nog 'n SMS ontvang wat hom versoek het om sy wagwoord
te bevestig.
Hy het dit gedoen.
[28] Omtrent twee ure later,
teen 19h00 het die eiser 'n boodskap gekry om Michelle by Absa se
bedrog afdeling te skakel. Hy het
by Sabela uitgekom wat hom
meegedeel het dat daar bedrieglik geld uit sy rekening getrek is. Sy
het getuig dat sy dit vasgestel
by wyse van roetine ondersoeke wat
die bedrog afdeling gereeld doen. Sabela wou nie vir die eiser se
hoeveel onttrek is nie en
het hom aangeraai om met sy banktak in
kontak te kom en om 'n klag by die polisie te gaan le.
[29] Sabela
het getuig dat sy daardie aand reeds kon vasstel dat R200 000
8
van die geld
na 'n Standard Bank rekening oorgeplaas is. Hoewel sy die
rekeningnommer vasgestel het, kon sy nie by Absa vasstel
wie die
rekeninghouer is nie. Sy het Standard Bank se bedrog afdeling
probeer bel. Toe sy nie kon deurkom nie het sy vir ene
Aneesah West
by Standard Bank per e-pos van die bedrog ingelig. Sy het ook vir
West gevra om haar te help om die geld in die
Standard Bank rekening
te vries.
[30]
Encarnacao
9
het getuig
dat die e-pos aan West onder haar aandag gekom het en dat sy
vasgestel het dat die rekening aan die verweerder behoort.
Alhoewel
sy op daardie stadium nie die krediet op die verweerder se rekening
kon opspoor nie, het Encarnacao die oggend van Vrydag
15 Januarie
twee maai na die verweerder se kantore in Kaapstad gebel. Encarnacao
kon nie onthou met wie sy gepraat het nie, maar
het, so het sy
getuig, wel met iemand by die verweerder se kantore gepraat. Me.
Naidoo
10
se latere
getuienis was egter dat die nommer waarheen Encarnacao volgens
telefoon rekords gebel het, aan geen instrument gekoppel
was nie.
Encarnacao sou dus 'n boodskap gehoor het en daarna sou sy na die
verweerder se ontvangs toe deurgeskakel gewees het.
Geoordeel aan
die duur van Encarnacao se oproepe, het sy waarskynlik nie met
iemand gepraat nie.
[31] Later op die Vrydag het
Encarnacao vir Sabela geskryf dat sy twyfel of die geld bedrieglik
oorgeplaas is omdat die Standard
Bank se klient 'n bekende
prokureursfirma is. Encarnacao het aan die hand gedoen dat die
eiser, as hy die geld wil vries, 'n
dringende hofbevel kry maar het
ook in die e-pos onderneem om die Standard Bank klient (verweerder)
te kontak. Die e-pos bevestig
dus dat Encarnacao nie vroeer met die
verweerder kontak gemaak het nie.
[32]
Intussen, steeds op die 15
d6,
het die
eiser 'n klag by die polisie gaan le en sy privaat bankier, Van der
Merwe, gaan spreek. By Van der Merwe het die eiser
state gekry
waaruit hy kon vasstel hoeveel geld uit sy rekening gestrek is. Hy
het ook by Van der Merwe vasgestel dat die R200
000 na 'n Standard
Bank rekening oorgeplaas is. Van der Merwe het vir die eiser die
Standard Bank rekeningnommer gegee maar nie
die rekeninghouer
(verweerder) se naam nie. Hy (Van der Merwe) het getuig dat hy, as
dit nodig was, redelik maklik die naam van
die rekeninghouer by
Standard Bank sou kon vasstel.
[33] Op die
eiser se bankstaat verskyn die R200 000 debiet onder die verwysing
"Absa
Bank services".
Van
der Merwe het verduidelik dat die persoon wat die oorplasing uit die
eiser se rekening gemaak het slegs die woord
"services"
as
verwysing sou verstrek het. Die woorde
"Absa
Bank'
kom
op alle oorplasing vanaf Absa voor.
[34] Ek keer
terug na die gebeure in Adriaans se kantoor. Me. Naidoo het getuig
dat Sewmach en Newbucs se onderskeie briewe aan
Adriaans
11
nie vir die
verweerder se rekeninge afdeling genoeg sou wees om te aanvaar dat
uitbetalings teen die R200 000 gemaak kan word
nie. Sy was tussen 14
en 24 Januarie op verlof maar dit kan aanvaar word dat mnr.
Nathaniel Pharo van die rekeninge afdeling
van Adriaans 'n bewys van
die betrokke deposito sou geverg het en dat Adriaans of sy
sekretaresse dieselfde van Sewmach sou geverg
het.
[35] In die lig van wat ek in
die vorige paragraaf uiteengestig het, het Adriaans, steeds op 15
Januarie, van David af 'n e-pos
gekry. Ter bevestiging van die
deposito was daar by die e-pos 'n blok-en-plak
("copy-and-paste")
afskrif
van 'n bewys van betaling. Uit wat mnr Terblanche in kruisverhoor
aan Adriaans gestel het, blyk dit dat die blok-en-plak
dokument
ooreenstem met 'n dokument wat Absa se i-bank produseer om 'n
gebruiker in te lig dat 'n i-bank betaling suksesvol was.
12
Adriaans het
getuig dat hy destyds niks snaaks aan die bewys van betaling
opgemerk het nie.
[36] Op
Maandag 18 Januarie, nadat hy van Pharo
13
bevestiging
ontvang het dat die verweerder die deposito ontvang het, het
Adriaans sy fooi van R5831,60 gedebiteer. Hy het ook
vir die
rekeninge afdeling gevra om die balans, R194 168.40, oor te betaal
na die Nedbank-rekening waarvan David vir hom die
besonderhede
gestuur het
14
.
Omdat Sewmach versoek het dat die geld dringend oorbetaal word, het
Adriaans die rekeninge afdeling versoek om die betaling
vanuit die
verweerder se Nedbank
15
trustrekening
te maak
16
.
Die rekeninge afdeling het die geld op dieselfde dag oorgeplaas soos
wat Adriaans versoek het.
[37] Naidoo het getuig dat die
R5831,60 fooie die volgende dag, 19 Januarie, uit die eiser se
trustrekening na die besigheidsrekening
toe oorgeplaas is.
[38] Die
eiser se prokureursfirma bank by Standard Bank. Hulle privaat
bankier daar is me Maya Ramnath. Die leser sal onthou dat
die eiser
vir Sabela
17
gevra het om
hom te help om die R200 000 in die (verweerder se
18
)
Standard Bank rekening te vries. Toe hy teen Woensdag 20 Januarie
nog niks daaroor gehoor het nie, het hy besluit om Ramnath
se hulp
in te roep.
[39] Ramnath het nie getuig
nie. Uit korrespondensie blyk dit egter dat sy waarskynlik kontak
gemaak het met me. Chantel Classen.
Claassen, wat ook nie getuig het
nie, is die verweerder se privaat bankier by Standard Bank. Dit
korrespondensie toon dat Claassen
op Donderdag 21 Januarie
waarskynlik vir Pharo by die verweerder se rekeninge afdeling
gekontak het en hom versoek het om 'n
faktuur t.o.v. die deposito
aan haar te stuur. Nadat hy met Adriaans uitgeklaar het dat hy dit
kan doen, het Pharo aan Claassen
'n faktuur vir die fooie gestuur.
Pharo het ook nie getuig nie en dit is nie duidelik presies watter
inligting Claassen aan hom
oorgedra het nie.
[40] Toe me.
Naidoo op Maandag 25 Januarie van verlof af terugkom het sy 'n
oproep van Encarnacao
19
gekry.
Encarnacao het vir Naidoo van die beweerde bedrog vertel. Naidoo het
ondersoek ingestel en die feite soos die uit die verweerder
se
rekords blyk vasgestel. Naidoo het getuig dat Encarnacao se oproep
die eerste woord was wat sy (Naidoo) van die bedrog gehoor
het. Sy
het ook getuig dat sy vir Pharo van die beweerde bedrog vertel het
en dat sy uit sy reaksie kon sien dat hy niks daarvan
af geweet het
nie. Naidoo het vir Adriaans van die beweerderde bedrog vertel. Hy
het sonder sukses probeer om met Sewmach daaroor
in verbinding te
tree.
[41] Ook op Maandag 25 Januarie
het Sabeia vir die eiser gese dat hy die geld slegs sou kon vries as
hy 'n hofbevel tot daardie
effek kry. Die eiser het egter eers op 8
Februarie van Ramnath verneem dat die verweerder die ter saaklike
rekeninghouer is.
[42] Op 3 Februarie is die R194
168.40 in die loop van die verweerder se maandelikse
trust-rekonsiliasie van die Standard Bank
trustrekening oorgeplaas
na die Nedbank trustrekening toe.
[43] Die eiser het hierdie
aksie in Junie 2010 ingesel.
Die
eiser
se eerste eisgrond.
[44] Die
eiser voer in die eerste plek aan dat die verweerder die bedrag van
R200 000 in sy trustrekening hou. Gevolglik, voer
die eiser aan, is
die verweerder verplig om die geld aan hom (eiser) as die eienaar
daarvan terug te betaal. Dit is bewerings
wat die
rei
vindicatio
fundeer
wanneer die eienaar van 'n saak daardie saak van iemand anders
opeis
20
[45] Geld
(munte en note) is 'n roerende saak en dus vatbaar vir
eiendomsreg.
Die eienaar van geld kan dit dus in beginsel met die
rei
vindicatio
opeis
van iemand wat in besit daarvan is.
21
Omdat geld
egter 'n vervangbare saak
(res
fungibiles)
is
22
,
is daar 'n komplikasie: Sodra 'n bepaalde eienaar se geld met iemand
anders s'n vermeng word, kan dit prakties nie meer geTdentifiseer

word nie en gaan die aanvanklike eienaar se eiendomsreg verlore.
23
Geld,
insluitende gesteelde geld, wat in 'n bankrekening inbetaal word, is
geen uitsondering nie. Dit word deur regswerking die
bank se
eiendom.
24
Gesteelde
geld, munte en note, wat in 'n bankrekening inbetaal word kan dus
nie deur die slagoffer met die
rei
vindicatio
van
die bank geeis word nie want hy is nie meer die eienaar daarvan
nie.
25
Vir
dieselfde rede kan gesteelde geld wat aan 'n onskuldige derde betaal
en met sy geld vermeng is, nie met die
rei
vindicatio
van
daardie derde opgeeis word nie.
26
[46] In die
lig van wat ek in die voorafgaande paragraaf gese het, bly 'n
persoon wat fisiese geld in sy bankrekening inbetaal
nie die eienaar
van daardie geld nie. Hy word, onderhewig aan sy kontrak met die
bank, die bank se skuldeiser vir die betrokke
bedrag. Anders gestel,
verkry hy 'n vorderingsreg teen die bank vir die bedrag wat inbetaal
is.
27
Daardie
vorderingsreg word voorgestel deur 'n kredietinskrywing op die
persoon se bankrekening.
[47] In praktyk gebeur dit min
dat fisiese geld van hande verwissel. Waar een persoon 'n ander wil
betaal, gebeur dit meestal
dat die betaler se bankrekening
gedebiteer word en dat die van die ontvanger ooreenstemmend
gekrediteer word.
[48] Wanneer
ons in die omgang na "geld" verwys, verwys ons dus na
sowel fisiese geld as na inskrywings in die betrokkenes
se
bankrekening. (In praktyk het ons howe al inskrywings in 'n
bankrekening aan fisiese geld gelykgestel.
28
)
[49] Ek het
reeds daarop gewys dat waar gesteelde geld in 'n bankrekening
inbetaal is, bly die slagoffer nie die eienaar daarvan
nie. Dit is
nogtans 'n gevestigde praktyk om die slagoffer te beskerm solank as
wat sy gesteelde geld nog in 'n bankrekening
deur'n bepaalde krediet
voorgestel word en daar nog geen debiete daarteen ingeskryf is nie.
Solank as wat die geld nog in 'n
sg. geoormerkte fonds is en
gei'dentifiseer kan word
29
staan ons
howe 'n interik toe wat die bank en die betrokke rekeninghouer
verbied om aan die krediet gevolg te gee totdat vasgestel
is wie
eintlik op die geld wat deur die krediet voorgestel word, geregtig
is.
30
Sulke
interdikte word toegestaan of dit nou fisiese geld is wat aanvanklik
gesteel is en of die betrokke krediet nou deur bedrog
bewerkstellig
is. Opgesom kan die slagoffer van geld-diefstal of van 'n
bedrieglike (of foutiewe) debiet in sy bankrekening die
"geld"
31
vries solank
dit nog identifiseerbaar in 'n ander bankrekening staan en solank
daar nog nie mee gehandel is in die sin dat dit
uitbetaal is nie.
[50] In hierdie saak het geen
fisiese geld van hande verwissel nie. Die bedrieer het daarin
geslaag om die eiser se bankrekening
te debiteer en die van die
verweerder ooreenstemmend te krediteer. Op grand van die gesag
waarna ek in die vorige paragraaf verwys
het, sou die eiser die
ooreenstemmende krediet in die verweerder se bankrekening met 'n
interdik kon vries solank as wat dit
nog identifiseerbaar was as die
een wat gemaak is teenoor die bedrieglike debiet op die eiser se
rekening. Solank as wat dit
nog 'n identifiseerbare of geoormerkte
"fonds" was.
[51] Die
eiser het nie 'n interdik verkry nie. Hy gaan met sy eerste eis een
stap verder: Hy beweer dat die verweerder nog die
geld in sy
trustrekening hou. As 'n mens die onderskeid tussen fisiese geld en
'n krediet op die verweerder se bankrekening in
gedagte hou, kom die
eiser se bewering daarop neer dat die bedrieglike debiet teen sy
bankrekening nog verbind kan word met 'n
ooreenstemmende krediet op
die verweerder se bankrekening. Kortom, die eiser voer met sy eerste
eis aan dat die beginseis van
die
rei
vindicatio
in
hierdie gevai toegepas moet word op vorderingsregte.
[52] Ons
howe het al die beginseis van die
rei
vindicatio
toegepas
om 'n eiser toe te laat om geld
32
op te eis
wat tot die krediet van die verweerder in 'n geoormerkte fonds staan
en wat geTdentifiseer kan word as geld waarop die
eiser geregtig
is.
33
Sodanige
aanwending van die beginseis van die
rei
vindicatio
is
problematies
34
.
Waar 'n diet geld in die rekening van 'n onskuldige derde inbetaal,
is die oorwig van gesag dat die slagoffer se remedie nie

vindikatories is nie
35
,
maar 'n verrykingsaksie
36
.
Dieselfde geld waar 'n bedrieer 'n onregmatige debiet en
ooreenstemmende krediet bewerkstellig het. So 'n debiet en krediet

(betaling) is regtens sonder oorsaak
(sine
causa).
[53] Ek sal
nogtans aanvaar, maar ek bevind dit nie, dat die eiser in hierdie
saak met 'n soort van 'n
rei
vindicatio
sou
kon slaag. Om te slaag sou die eiser volgens die gesag wat ek hierbo
aangehaal het moes bewys dat sy geld, ten minste toe
hy aksie
ingestel het, nog as sodanig identifiseerbaar was in die verweerder
se bankrekening.
[54] Toe die
eiser aksie ingestel het, het die verweerder reeds lankal die R194
168.40 uitbetaal en die fooie van R5831,60 was
reeds lankal
gedebiteer en na die besigheidsrekening oorgeplaas.
37
Dit was nie
meer in 'n identifiseerbare fonds wat met die eiser se gesteelde
geld ge'i'dentifiseer kon word nie.
[55] Mnr. Terblanche vir die
eiser het betoog dat die verweerder die R5831,60 ten aansien van die
fooie nog het. Dit mag so wees
of dit mag nie so wees nie. Die geld
kan nie meer as die van die eiser ge'i'dentifiseer word nie.
[56] EK het oorweging daaraan
gegee of die verweerder ten koste van die eiser verryk is in die
bedrag van R5831,60 (die fooie).
Dit is egter nie die grondslag van
die eiser se eis nie. Verryking was op die pleitstukke dus nie 'n
geskilpunt nie en dit is
nie tydens die verhoor ondersoek nie. In
die omstandighede sou dit onbillik wees om die saak op grond van
verryking te probeer
beslis.
[57] Ek kom dus tot die
gevolgtrekking dat die eiser se eerste eis nie kan slaag nie.
Die eiser se tweede eisgrond
[58] Die eiser voer in die
tweede plek aan dat die verweerder die geld teenstrydig met die
eiser se aanspraak daarop uitbetaal
het.
[59] Dit
staan op die getuienis vas dat die verweerder nie daarvan bewus was
dat geld bedrieglik na sy trustrekening oorgeplaas
is nie. Die
eerste woord wat die verweerder van die beweerde bedrog gehoor het,
was op 25 Januarie 2010.
38
Op daardie
stadium het die verweerder reeds die voile R200 000 uitbetaal.
[60] Dit is so dat die R194
168,40 uit die verweerder se Nedbank rekening betaal is. Die
rekonsiliasie tussen die verweerder se
Nedbank en Standard Bank
rekeninge het eers op 3 Februarie plaasgevind nadat die verweerder
van die eiser se aanspraak verneem
het. Die feit dat die betrokke
krediet nog tot op 3 Februarie in die Standard Bank rekening gestaan
het, beteken nie dat dit
tot op daardie stadium nog 'n geoormerkte
fonds, identifiseerbaar met die eiser se geld, was nie. Die oomblik
toe die verweerder
die betaling uit die Nedbank rekening gemaak het,
het hy 'n ooreenstemmende verpligting opgedoen om die geld uit die
Standard
Bank rekening na die Nedbank rekening oor te plaas.
[61] Die getuienis toon dus dat
die verweerder die geld sonder kennis van die eiser se aanspraak
uitbetaal het. Dit is nie vir
my nodig om te oorweeg of die blote
bewering van bedrog genoeg sou gewees het om die verweerder te
verhoed om met die geld te
handel nie.
[62] Ek is nie verwys na enige
gesag waar 'n onskuldige derde, soos die verweerder, wat onwetend
met die bedrieglike krediet gehandel
het, gelas is om die geld aan
die slagoffer terug te betaal nie. Ek het reeds daarop gewys dat die
slagoffer'n verrykingseis
teen die derde mag he, maar dit is nie nou
ter sake nie.
[63] In die
Nissan
-saak
39
het die
eiser sy bankier opdrag gegee om geld oor te plaas na die
bankrekening van TSW. As gevolg van 'n
bona
fide
fout
het die bank die geld na die rekening van M
40
toe
oorgeplaas. M het geweet dat dit 'n fout is. Die Hoogste Hof van
Appel het bevind dat M nie geregtig was om die betrokke krediet
op
(geld in) sy bankrekening aan te wend nie. Die
ratio
41
vir die
beslissing is dat, as M die krediet sou aanwend met kennis daarvan
dat dit hom nie toekom nie, sou hy hom aan diefstal
skuldig maak.
Dit is van belang om daarop te let dat die krediet in die
Nissan
-saak
nog identifiseerbaar was met die debiet op die appellant se
bankrekening, dat dit nog 'n "geoormerkte fonds" was.
Die
ratio
in
die
Nissan
-saak
bied dus ook nie vir die eiser 'n eisgrond nie.
[64] In die
Nissam
-saak
is bevind dat die oorplasing uit die appellant se rekening na die
van M regtens geen betaling was nie.
42
Ek meen nie
dat daardie bevinding, wat op die feite van daardie saak gemaak is,
die eiser in hierdie saak help nie. Die bedrieglike
oorplasing in
hierdie saak is 'n feit. Omdat die verweerder sonder kennis van die
bedrog met die krediet in die Standard Bank
rekening gehandel het,
het die bedrieglike oorplasing regsgevolge wat nie weggedink kan
word nie..
[65] Ek kom dus tot die
gevolgtrekking dat, omdat die verweerder sonder kennis van die eiser
se aanspraak die geld uitbetaal het,
die eiser se tweede eisgrond
ook nie kan slaag nie.
Die eiser se derde eisgrond
[66] In die derde plek voer die
eiser aan dat die verweerder die geld aan hom moet terugbetaal omdat
die verweerder geweet het
dat die geld van sy (eiser se) rekening
afkomstig is.
[67] Vir redes wat ek genoem
het, toon die getuienis dat die verweerder nie daarvan bewus was dat
die geld van die eiser afkomstig
is nie. Nadat die geld reeds
uitbetaal is, het die verweerder eers van die eiser se aanspraak
bewus geword. Eers nadat die verhoor
begin het, het die verweerder
geweet dat die eiser inderdaad bedrieg is.
[68] Die eiser se derde
eisgrond kan dus nie slaag nie.
Die eiser se vierde eisgrond
[69] Die eiser voer aan dat die
verweerder 'n regsplig gehad het om "vas te stel wie die geld
in die Verweerder se trustrekening
deponeer het en wat die gemelde
deposant se opdrag met betrekking tot die geld was".
Teenstrydig met daardie regsplig, so
voer die eiser aan, het die
verweerder die geld sonder opdrag van die eiser uitbetaal.
[70] Dit is nie heeltemal
duidelik wat die aard van hierdie eisgrond is nie. Die gebruik van
die term "regsplig" dui
daarop dat die eis op onregmatige
daad gefundeer is. Daar is geen bewering, vir doeleindes van hierdie
eisgrond, dat die verweerder
nalatig of opsetlik gehandel het nie.
Dit wil dus voorkom asof die eiser op skuldlose deliktuele
aanspreeklikheid steun.
[71] Die verweerder het
inderdaad 'n regsplig teenoor deposante van geld in sy
trustrekening. Ek sal later met die aard en omvang
van die regsplig
handel. Ek is nie na gesag verwys nie, en ek is nie bewus van sulke
gesag nie, dat'n prokureur skuldloos aanspreeklik
is teenoor enigeen
wie se geld in sy trustrekening gedeponeer word nie. Geld wat in 'n
trustrekening inbetaal is, kan natuurlik
kontraktuele verpligtinge
skep. By die verbreking daarvan is skuld nie ter sprake nie maar die
eiser steun nie vir hierdie eisgrond
op 'n kontrak nie. Daar was
inderdaad geen kontrak tussen die eiser en die verweerder nie.
[72] Gevolglik, of hierdie
eisgrond nou deliktueel of dalk kontraktueel is, dit kan nie slaag
nie.
Die eiser se vyfde eisgrond
[73] Die eiser voer laastens
aan dat die verweerder onregmatiglik en nalatiglik versuim het om
vas te stel dat die geld van hom
(eiser) af kom en daardeur skade
vir die eiser berokken het.
[74] Dit is vir doeleindes van
hierdie eisgrond eers nodig om na die getuienis van mnr. Vincent
Faris te verwys. Mnr. Faris is
'n ouditeur en sonder twyfel kundig
op die gebied van prokureursboekhouding.
[75] In sy getuienis het mnr.
Faris klem gele op die statutere en ander verpligtinge wat regtens
op prokureurs rus ten aansien
van 'n trustrekening en deposito's
daarin.
[76] Dit gebeur soms, het die
getuie gese, dat geld in 'n prokureur se trustrekening gedeponeer
word sonder dat die bron daarvan
ge'i'dentifiseer word. Die
prokureur moet, in ooreenstemming met sy regsverpligtinge, sulke
deposito's in 'n afwagtingsrekening
krediteer. Daar moet dit bly
totdat die bron ge'i'dentifiseer is waarna dit per
joernaalinskrywing na die korrekte rekening oorgeplaas
kan word.
[77] Ek onderbreek die
opsomming van Faris se getuienis om daarop te wys dat me Naidoo se
getuienis toon dat dit presies is wat
die verweerder doen mits die
deposito natuurlik onge'i'dentifiseer is.
[78] Wat
betalings uit trust betref, moet die prokureur se stelsel volgens
Faris sodanig wees dat geld nie uitbetaal word tensy
dit vasstaan
dat dit op trust beskikbaar is nie. Dit blyk uit die getuienis dat
die verweerder in praktyk 'n bewys van deposito
geverg het.
43
[79] In die
opsomming van sy deskundige getuienis het mnr. Faris die verweerder
se hantering van die oorplasing na sy trustrekening
en die betaling
uit die rekening op 'n paar gronde gekritiseer. Die latere getuienis
het getoon dat daardie kritiek feitelik
ongegrond was en mnr. Faris
het nie daarmee volgehou toe hy getuig het nie. Mnr. Faris se
wesenlike kritiek op die verweerder
se optrede is dat die deposito
onder die verwysing
"Absa
Bank services"
vir
Adriaans op sy hoede moes gestel het en dat hy dus verder ondersoek
moes ingestel het voordat hy betaling gemagtig het.
[80] Dit bring my by die
regsgronde vir hierdie eis.
[81] Die advokate het in hulle
betoog heelwat aandag gegee aan die vraag of 'n prokureur 'n
regsplig het teenoor 'n persoon wie
se geld sonder sy eie of die
prokureur se kennis in laasgenoemde se trustrekening gedeponeer
word.
[82] In
Hirschowitz
Filonis v Bartlett and
Another
44
is die
respondent deur bedrog oorreed om geld in die appellant ('n
prokureur) se trustrekening in te betaal sonder om die betaling
te
identifiseer. Die hof het bevind
45
dat die
appellant "was under a legal duty to deal with the money
without negligence".
46
Met
betrekking tot trustgeld het 'n prokureur daardie regsplig ook
teenoor persone wat nie kliente is nie.
47
[83] Ek meen dat die appelhof
se formulering van 'n prokureur se regsplig wyd genoeg is om in te
sluit dat die verweerder in hierdie
saak, al het hy nie geweet wie
die eiser is nie, 'n regsplig teenoor die eiser gehad het om sonder
nalatigheid met die deposito
in die trustrekening te handel. Na my
mening is die kernvraag in hierdie saak of die verweerder nalatig
was. Ek aanvaar dus sonder
om dit te bevind, dat die verweerder 'n
regsplig teenoor die eiser gehad het om met die deposito te handel
op 'n manier wat nie
vir die eiser skade sou veroorsaak nie.
[84] Ek oorweeg vervolgens of
die verweerder, en meer in besonder Adriaans, nalatig was. Namens
die eiser het mnr. Terblanche
betoog dat Adriaans navraag moes
gedoen het oor die oorsprong van die deposito voordat hy die geld
uitbetaal het.
[85] Faris het getuig, en dit
kan onomwonde aanvaar word, dat 'n prokureur 'n ongeTdentifiseerde
deposito in sy trustrekening
eers moet identifiseer voordat hy
daarmee handel. Volgens die getuienis in hierdie saak was die
deposito in die verweerder se
trustrekening egter nie
ongei'dentifiseer nie. David het dit vooraf ge'i'dentifiseer as
komende van Newbucs. Daar is geen twyfel
dat Adriaans op daardie
manier mislei is oor waar die deposito vandaan kom nie. Adriaans het
dus gedink dat hy verplig is om
met die geld te handel ooreenkomstig
Sewmach se opdrag. Die vraag is dus eintlik of Adriaans redelikerwys
moes besef het dat
hy mislei word oor die oorsprong van die
deposito.
[86] Die vraag na Adriaans se
nalatigheid al dan nie moet oorweeg word op grond van die feite wat
destyds aan hom bekend was.
Wat hom betref was Sewmach 'n klient wat
ooreenkomstig FICA geweeg is deur die verweerder se ter saaklike
personeel. Daar is
geen getuienis dat daardie oorweging iets
opgelewer het wat Adriaans op sy hoede moes stel nie.
[87] Voordat
hy die betaling ontvang het, is Adriaans ingelig dat dit sou kom.
Daar was in daardie inligting niks wat hom destyds
op sy hoede moes
stel nie.
48
[88] Nadat
die deposito gemaak is, het Adriaans die deposito bewys ontvang en
daarin was niks wat hom sy hoede moes stel nie.
49
[89] Mnr.
Faris het die mening uitgespreek dat die verwysing van die deposito
"Absa
Bank services"
Adriaans
op sy hoede moes gestel het. Dit is egter nodig om daarop te wys dat
al die ter saaklike getuies, insluitende Serfontein
en Van der
Merwe, getuig het dat alle Absa deposito's beskryf word met die
inleidende woorde
"Absa
Bank'.
Wat
die
"services"
betref,
is Adriaans deur Sewmach ingelig dat die verwysing
"service
charges"
sou
wees. Ek meen nie dat die verskil genoeg is om te bevind dat
Adriaans daarom moes besef het daar is 'n slang in die gras nie.
Met
die voordeel van terugblik kan 'n mens se dat
"services"
as
'n verwysing in die omstandighede vreemd is. Teen die voile
feiteiike agtergrond meen ek nie dat Adriaans daardeur tot die

gevolgtrekking moes gekom het dat die deposito moontlik bedrieglik
is nie.
[90] Opgesom meen ek dat
Adriaans se oortuiging dat die deposito van Newbucs af kom, redelik
was.
[91] Mnr. Terblanche het betoog
dat 'n prokureur, en dus Adriaans, alle deposito's op sy
trustrekening moet nagaan om vas te stel
waar dit vandaan kom. Ek
stem nie saam nie. Die gesag waarna ek hierbo verwys het en ook
Faris se getuienis is tot die effek
dat, as 'n deposito
ongei'dentifiseer is, moet die prokureur eers vasstel waar dit
vandaan kom voordat hy dit uitbetaal.
[92] Ek kom dus tot die
gevolgtrekking dat die eiser nie bewys het dat die verweerder
nalatig was nie.
Bydraende nalatigheid.
[93] Die gevolgtrekking dat die
verweerder nie nalatig was nie, maak dit onnodig om die kwessie van
bydraende nalatigheid te oorweeg.
Ek volstaan dus met 'n opmerking
of twee. Die eiser het nie betwis dat al die waarskuwings waaroor
Serfontein getuig het op die
eerste en tweede i-blad was nie. Sy
getuienis was dat hy dit nie gelees het nie. Dit is op sigself
nalatig. Die eiser het getuig
dat hy nie met die
"phishing
scam"
sy
persoonlike besonderhede bekend gemaak het nie. Dit is nie so nie.
Hy het juis daardie besonderhede wat nodig is om by sy i-bank
aan te
teken, bekend gemaak. In die konteks van die i-bank is dit juis die
besonderhede wat 'n persoon identifiseer. Ek meen
gevolglik dat die
eiser se eie nalatigheid tot sy verlies bygedra het.
[94] Albei die partye is deur
twee advokate verteenwoordig en die koste daarvan is redelik.
Gevolglik word die volgende
bevel gemaak:
Die eiser se eis word van
die hand gewys met koste, insluitende die koste van twee advokate.
B.R. du Plessis
Regter van die Hooggeregshof
Namens die eiser: `Roestoff &
Kruse
Ladybrooks Gebou
14, 12
de
Straat
Menlo Park
Pretoria
Adv. F.H. Terblanche SC
Adv. H.R. Fourie
Namens die verweerder: Cliffe
Dekker Hofmeyer Ing.
p/a Friedland Hart Solomon
Nicolson
3
de
Vloer, Blok 4
Monument Office Park
79 Steenboklaan
Monument Park
Pretoria
Adv. G.W. Girdwood
Adv. K Serafino-Dooley
1
'n
Drukstuk van die eerste blad soos dit destyds gelyk het, is te sien
in bewysstuk B45.
2
Bew.
B2, het die getuie bevestig, is 'n opsomming van die
internet-veldtog om en by die ter saaklike tyd.
3
Financial
Intelligence Centre Act, 38 van 2001.
4
Bewysstuk
A67.
5
Bewysstuk
A82.
6
Bew.
A82.
7
Bew.
A90.
8
R150
000 is na 'n FNB-rekening oorgeplaas en kleiner bedrae na ander
rekenings toe. Die eiser het die geld van FNB af teruggerky.
9
Van
Standard Bank se bedrog afdeling.
10
Die
verweerder se finansiele bestuurder in Kaapstad.
11
Die
waarna ek in paragraaf 20 verwys.
12
Ek
verwys na die document wat in die "Notices"- bundel op bl.
52 (N52) verskyn en na bewysstukke E2
13
Verweerder
se rekeninge afdeling.
14
Kyk
na paragraaf 21 hierbo.
15
Omdat
die betaling na 'n Nedbank rekening gemaak moes word, sou dit
vinniger gaan. Die getuienis toon dit.
16
N55
17
Van
Absa.
18
Eiser
het toe nog nie geweet wie die rekeninghouer is nie.
19
Van
Standard Bank se bedrog afdeling.
20
Van
der Merwe: Sakereg,
bl.
347 tot 353.
21
Moorcroft:
Banking Law and Practice,
paragraaf
28.5.
22
Moorcroft:
Banking Law and Practice,
paragraaf
28.5.
23
Van
der Merwe: Sakereg
bl.
47, 48 en 347;
Van
derMerwe: Things
in
LAWSA
(eerste
heruitgawe) paragraaf 381 en vera! sub-paragrawe (b) en (c).
24
S
v
Kearney
1964 (2) SA 195
(A)
op
502H tot 503A;
First
National Bank
of
SA
Ltid
v
Perry
NO and Others 2001(3) SA 960
(HHA),
paragraaf 16.
25
Voet
6.1.8; Moorcroft: Banking Law and Practice,
paragraaf
28.5.
Van
der Merwe: Sakereg,
bl.
349 paragraaf ii plaas die klem ietwat anders maar dit is nie nou
nodig om dit te oorweeg nie.
26
As
dit in hierdie saak om fisiese geld gegaan het, sou dit eiser dit
dus nie van die verweerder kon opeis nie.
27
Ex
Parte Estate
Kelly
1942
OPD 265
op
272;
Malan
en Pretorius:
Malan
on
Bills of Exchange, Cheques and Promissory Notes
(vierde
uitgawe) paragraaf 204 op bl. 339 by voetnoot 19;
S
v
Kearney
1964 (2) SA 195
(A)
op
502H tot 503A.
28
Nissan
SA (Pty) Ltd v Marnitz
NO
and
Others (Stand 186 Aeroport (Pty) Ltd intervening)
2005 (1) SA 441
(HHA)
te
paragraaf 24.
29
First
National Bank of SA Ltid v Perry NO and Others 2001(3) SA 960 (HHA),
paragraaf
18.
30
Nissan
SA (Pty) Ltd v Marnitz NO and Others
(supra),
paragraaf
18.
31
Fisiese
geld of 'n vorderringsreg teen die bank.
32
Fisiese
geid of vorderingsregte.
33
SA
Hyde (Pty) Ltd v Neumann NO and Another
1970 (4) SA 55
(O)
op
61A
34
Van
derMerwe: Things
in
LAWSA
(eerste
heruitgawe) paragraaf 381, voetnoot 18.
35
Die
verwysing in
Absa
Bank Ltd v Intensive Air (Pty) Ltd and Others
2011 (2) SA 266
(HHA)
te
pargraaf 22 na 'n
quasi-vindikatoriese
eis
is
obiter.
36
Absa
Bank Ltd
v
Standard
Bank of SA Ltd
[1997] ZASCA 71
;
1998 (1) SA 242
(HHA)
op
251C tot E;
First
National Bank of SA Ltid v Perry NO and Others 2001(3) SA 960 (HHA),
paragraaf
15 tot 20;
Moorcroft:
Banking Law and Practice,
paragraaf
28.5 by voetnote 84 en 85.
37
Vgl.
paragrawe 36, 37 en 42 hierbo.
38
Paragraaf
40 hierbo.
39
Nissan
SA (Pty) Ltd v Marnitz NO and Others (Stand 186 Aeroport (Pty) Ltd
intervening) 2005 (1)SA 441 (HHA).
40
Omdat
M, 'n maatskappy, gelikwideer is, was die likwadateurs die eerste en
tweede respondent. Ek gee die feite weer asof M self
die party was.
41
Paragraaf
26 en 27.
42
2005
(1) SA 441
(HHA), paragraaf 24.
43
Vgl.
paragraaf 34 en 35 heirboo.
44
[2006] ZASCA 23
;
2006
(3) SA 575
(HHA).
45
Paragraaf
31 van die uitspraak.
46
In
Du
Preez and Others
v
Zwiegers
[2008] ZASCA 42
;
2008 (4) SA 627
(HHA)
in
paragrawe 19 en 21 is die prokureur se regsplig m.b.t. trustgeld
wesenlik dieselfde geformuleer.
47
Frikkie
Pretorius Inc and Another v GG
2011 (2) SA 407
(KZN).
48
Paragraaf
22 tot 24 hierbo.
49
Paragraaf
35 hierbo.