S v Vaaltyn (378/1983) [1984] ZASCA 48; 1984 (3) SA 524 (A) (11 May 1984)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Dismissal of death penalty — Appellant convicted of murder with extenuating circumstances but sentenced to death — Appellant killed victim with an axe during an altercation — Prior history of violence considered in sentencing — Court held that the death penalty was not warranted due to the potential for rehabilitation and the absence of premeditation — Sentence reduced to 20 years imprisonment as appropriate punishment.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1984
>>
[1984] ZASCA 48
|

|

S v Vaaltyn (378/1983) [1984] ZASCA 48; 1984 (3) SA 524 (A) (11 May 1984)

LL
Saak No. 378/1983
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
Insake die appèl van:
ELIZABETH VAALTYN
Appellante
teen
DIE
STAAT
Respondent
CORAM
: KOTZé, VAN HEERDEN, ARR, et HOWARD,
WN AR
VERHOORDATUM
: 4 MEI 1984
LEWERINGSDATUM
: 11 MEI 1984
UITSPRAAK
/
VAN HEERDEN, AR
...
2.
VAN HEERDEN, AR
:
Die appellante is in die Kaapse Provinsiale Afdeling skuldig bevind aan moord
met versagtende om-standighede maar is nogtans deur
die verhoorregter
(Van den Heever, R) die doodstraf opgelê. Met die nodige verlof is die
onderhawige appèl slegs teen die vonnis gerig.
Dit blyk dat die appellante gedurende Oktober 1982 'n middeljarige vrou met
'n byl doodgekap het. Kort voor die noodlottige gebeure
was daar 'n struwel-ing
tussen die appellante en die oorledene se dogter, Ennie. Die oorledene het die
appellante probeer kalmeer
en op 'n stadium vir Ennie geskreeu om weg te
/hardloop ...
3.
hardloop. Sy het egter niks gedoen wat as provokasie vir die
latere aanval op haar kon dien nie. Nadat die appellante met die byl
in haar
hand vir Ennie agterna gesit het, het sy teruggekeer na die plek waar die
oor-ledene nog steeds gestaan het. Uit die bloute
het die appellante se suster
toe vir eersgenoemde gesê om die oorledene dood te kap. Die appellante het
ge-hoor gegee en die
oorledene oor die kop gekap. Die oorledene het geval waarna
die appellante haar nog 'n aantal kapwonde toegedien het.
Die verhoorhof se
bevinding dat versagtende omstandighede aanwesig was, is op die volgende
gebaseer: dat die appellante tot 'n mate
onder die invloed van
/drank ...
4.
drank en moontlik ook dagga was, dat dit die appellante se
suster was wat die byl op die toneel gebring het en die aanmoediging uitgeroep
het "wat die vonk in die kruitvat was", en dat die moord nie vooraf beplan was
nie.
By vonnisoplegging het die verhoorregter in ag geneem dat die appellante
'n een-en-dertigjarige ge-skeide vrou was wat 'n kind van
twaalf moes versorg en
dat sy reeds op 'n vroeë ouderdom die skool verlaat en begin werk het, maar
ook dat die opsetvorm by
die moord
dolus directus
was. Dit is egter
duidelik dat die verhoorregter nie die doodstraf sou opgelê het nie indien
die appellante nie voorheen geweldsmisdade
/gepleeg ...
5.
gepleeg het nie. Die appellante is naamlik op twee geleenthede
in 1969 en weer in 1978 en in 1979 skuldig bevind aan aanranding met
die opset
om ernstig te be-seer. Wat die eerste twee oortredings betref, begaan toe sy nog
slegs 17 jaar oud was, is die oplegging
van vonnis uitgestel. In 1978 is sy 'n
boete van R90 of 90 dae gevangenisstraf opgelê, en in 1979 is sy gevonnis
tot vier maande
gevangenisstraf wat voor-waardelik opgeskort is. By die eerste
twee aan-randings was 'n mes, en by die derde aanranding 'n kierie,
betrokke.
Die appellante is voorts na die moord op die oorledene skuldig bevind aan
strafbare manslag ten
/opsigte ...
6. opsigte van 'n voorval waarin sy ook 'n ander persoon, ene
Freddie, met 'n byl doodgekap het. Sy was trouens verhoorafwagtend toe
sy die
onderhawige misdaad ge-pleeg het.
Aan die een kant van die skaal het die
ver-hoorregter in aanmerking geneem dat, geoordeel na die vonnise wat
opgelê is, nie
een van die aanrandings as ernstig beskou is nie, en dat
die appellante nog nooit voorheen gevangenisstraf ondergaan het nie. Aan
die
ander kant is daarop klem gelê dat die appellante telkens van geweld
gebruik gemaak het, dat dit juis-'n kombinasie van
drank en dagga was wat
daartoe gelei het dat sy vir Freddie gedood het, en dat die feit
/dat ...
7.
dat sy verhoorafwagtend was haar nie daarvan weerhou
het
nie om weer drank en moontlik ook dagga te ge-
bruik op die geleentheid toe
sy die oorledene ver-
moor het nie. Daarna is die volgende gesê:
"Die hof het geen waarborg dat gevange-nisstraf haar sal rehabiliteer waar sy
blykbaar uit haar aard 'n persoon is met
'n humeur wat aan haar drifte toegee. Daar is geen waarborg dus dat sy nie
sou, wanneer sy eendag op vrye voet gestel word, weereens
iemand die lewe kan
ont-neem nie. Daar is geen waarborg, hoewel die kanse skraler is, dat sy nie
selfs in die gevangenis ander minstens
sou kon beseer nie, medegevangenes of
staflede.
Waar haar vorige veroordelings tel by die beslissing wie se belange beskerm
moet word, beskuldigde sin of dié van onskuldiges
in die samelewing, het
die hof na my mening nie inderdaad 'n keuse
/nie ...
8.
nie. Die beskuldigde het reeds die dood van twee persone in
afsonderlike insidente veroorsaak. Sy is reeds 31 jaar oud en haar
persoonlikheid
en karakter moet dus reeds gevorm wees.
Die sterkte van die risiko dat sy 'n derde kan dood, kan nie in
gevangenisopset na behore getoets word nie. Sy sal sekerlik daarso
nie dagga en
drank in kombinasie kan bekom in die normale loop nie. Daardie risiko is een
waaraan die hof die same-lewing nie na
my mening behoort bloot te stel nie."
Die appellante se advokaat het betoog dat die verhoorregter in wesentlike
opsigte mistastings begaan het en, tot die mate wat hieronder
blyk, meen ek dat
hy gelyk gegee moet word.
Wanneer in 'n geval soos die onderhawige in
/die . ..
9.
die lig van vorige veroordelings oorweeg word of beskerming
van die belange van die gemeenskap verg dat die doodstraf opgelê
moet
word, is die vraag nie of daar sekerheid ("'n waarborg") is dat indien dit nie
gebeur nie die beskuldigde nie verdere gewelds-misdade
sal pleeg nie. Ek vind
dit trouens moeilik om my 'n geval voor te stel waarin sodanige sekerheid sal
blyk. Indien 'n beskuldigde
reeds etlike kere geweld teen andere gebruik het, is
daar immers van-selfsprekend 'n risiko dat hy dit weer mag doen. Die probleem
is
om die sterkte van die risiko te probeer bepaal in die veronderstelling dat hy
'n langtermyn gevangenisstraf sal ondergaan.
/Dat ...
10.
Dat die appellante in die verlede grif haar drifte laat
seëvier het - veral wanneer haar verstand benewel was - val nie te betwyfel
nie. Eweneens is dit duidelik dat die moordaanklag, waarop sy uiteindelik aan
strafbare manslag skuldig bevind is, haar nie daarvan
weerhou het nie om terwyl
dit oor haar hoof gehang het drank te misbruik en die oorledene noodlottig aan
te val. Ek kan egter nie
aanvaar nie dat omdat die appellante ten tyde van die
verhoor reeds 31 jaar oud was haar persoonlikheid en karakter reeds tot so
'n
mate permanente gestalte aangeneem het dat daar 'n aanmerklike risiko van
ver-dere geweldsuitoefening na verloop van, sê,
20 jaar
/was ...
11.
was. Dit is bekend dat ouderdom 'n temperende effek het, en
hoewel die appellante moontlik altyd probleme sal ondervind om haar drifte
té beheer, is dit te verwagte dat die intensiteit van daardie drifte met
verloop van tyd sal verminder. Uiteraard sal die
liggaamskragte wat nodig is om
drif in geweldsuitoefen-ing te laat konkretiseer ook afneem. Daarbenewens kan
die hervormende effek
van gevangenisstraf, met die oorvloedige geleentheid vir
besinning wat dit bring, ook nie uit die oog verloor word nie. Kortom meen
ek
nie dat daar 'n onaanvaarbare risiko is dat die appellante na verblyf van 'n
lang tydperk in die gevangenis weer iemand sal dood
of ernstig beseer nie.
/Die ...
12.
Die moontlikheid, waarop die verhoorregter gewys het, dat die appellante in
die gevangenis 'n ander persoon sou kon beseer, bestaan
wel, maar om-dat sy
waarskynlik nie in 'n posisie sal wees om deur drank benewel te word nie, kan
dit nie hoog aange-slaan word nie.
In die lig van die voorgaande, en selfs
met inagneming van die onuitgeloktheid en wreedheid van die moord, is ek van
mening dat nie
die doodstraf nie, maar wel 20 jaar gevangenisstraf, 'n gepaste
vonnis is.
Die appèl slaag en die doodstraf word ter-syde gestel en vervang met
20 jaar gevangenisstraf.
/Enige ...
13.
Enige oorblywende gedeelte van die straf van 5. jaar gevangenissetting wat
die appellante op 24 Maart 1983 opgelê is op grond
van haar
skuldigbevinding aan strafbare manslag sal samelopend met die termyn van 20 jaar
wees.
H.J.O. VAN HEERDEN, AR
KOTZé AR
STEM SAAM HOWARD WN AR