S v Nkosi en 'n Ander (288/83) [1984] ZASCA 44; [1984] 2 All SA 263 (A) ; 1984 (3) SA 345 (A) (9 April 1984)

58 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Plea of guilty — Use of prior proceedings — Appellants convicted of robbery and murder, sentenced to death and imprisonment — Appeal based on alleged irregularity during trial regarding the use of prior court record — Appellants claimed they were not informed of their rights and implications of their guilty plea — Court held that the trial court acted within its rights under the applicable legislation, and no irregularity occurred that would undermine the fairness of the trial — Appeal dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1984
>>
[1984] ZASCA 44
|

|

S v Nkosi en 'n Ander (288/83) [1984] ZASCA 44; [1984] 2 All SA 263 (A) ; 1984 (3) SA 345 (A) (9 April 1984)

SAAK NR 288/83 MC
JOHANNES MANDLA NKOSI PETROS SIPHO NGUBANE
- en -
DIE STAAT JANSEN AR
.
Saak Nr 288/83. M.C.
IN DIE HOOGGEREGSHOP VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
JOHANNES MANDLA NKOSI
Eerste Appellant
PETROS SIPHO NGUBANE
Tweede Appellant
- en -
DIE STAAT
Respondent
Coram:
JANSEN, CILLIÉ, VILJOEN ARR et
HEFER, GROSSKOPF Wnd ARR.
Verhoor
: 27 Februarie 1984.
Gelewer
: 9 April 1984,
2. UITSPRAAK
JANSEN
AR :-
Die twee appellante is in die Witwatersrand Plaaslike
Afdeling daaraan skuldig bevind (
per
LE GRANGE R en assessore) dat hulle
op 25 Mei 1982 vir Bessie Irene Button beroof en vermoor het - die moord sonder
versagtende omstandighede
en die roof met verswarende omstandighede. T.o.v. die
roof is beide appellante ter dood veroordeel en t.o.v. die roof tot 15 jaar
gevangenisstraf. Hulle
appèlleer teen hul skuldigbevindings op grond van
'n beweerde onreëlmatigheid gedurende hul verhoor,
soos /
3. soos uiteengesit in 'n spesiale aantekening op die oorkonde ingevolge art.
317 van Wet 51 van 1977, en hulle beweer dat ten gevolge
van sodanige on=
reëlmatigheid geregtigheid inderdaad nie geskied het nie.
Dit blyk dat
ingevolge art. 119 van Wet 51 van 1977 die appellante reeds op 1 Junie 1982 voor
'n landdros gebring was en dat die oorkonde
van daardie verrigtinge, ondanks
beswaar namens die appellante, voor die hof a
quo
gelê is, in
kruis= ondervraging van die appellante gebruik is, en by skuldigbevinding in
aanmerking geneem is. Ex
facie
daardie oorkonde is die twee aanklagtes
aan die
appellante / ....
4. appellante gestel en beide appellante het op albei
aanklagtes skuldig
gepleit. Daarna is die appellante "ingevolge artikel 121 gelees met art.
112(1)(b) deur die hof ondervra met betrekking
tot die beweerde feite".
As gevolg van slegs 'n paar vrae verstrek die appellante uitvoerige ver=
klarings oor die betrokke gebeure.
Die landdros kom tot die gevolgtrekking: "Op
aanklag 1 is die hof nie oortuig dat beide beskuldigdes al die bewerings erken
nie,
naamlik beide ontken dat hulle die opset om te dood gehad het. Op aanklag 2
is die hof oortuig dat beide beskuldigdes al die bewerings
erken
en hof staak die verrigtinge en verdaag saak
vir /
5.
vir beslissing van Prokureur-generaal".
Namens die appellante word nie aangevoer dat
die aard van die vrae deur die landdros gestel on=
behoorlik was nie, maar wel dat die toelating en
gebruik van die oorkonde tydens die verhoor in die
hof a
quo
onreëlmatig en strydig met die reg was
omdat die
landdros: (a) versuim het om die appellante
in te lig met betrekking tot die aard en doel van
die ondervraging; (b)
versuim het om die appellante
in te lig met betrekking tot die implikasies van die
maak van enige
verklarings onder die gemelde omstandig=
hede; (c) versuim het om die
appellante mee te deel
dat hulle die reg tot swye het.
Wet /....
6. Wet 51 van 1977 maak geen voorsiening vir sodanige
verduideliking nie. Art. 121 bepaal die volgende :-
"(1) Waar 'n beskuldigde ingevolge
artikel 119 aan die ten laste gelegde misdryf skuldig pleit, ondervra die
voorsittende landdros hom ooreen= komstig die bepalings
van paragraaf (b) van
artikel 112 (1).
(2) (a) Indien die landdros oortuig is dat die beskuldigde die bewerings
erken wat in die aanklag vermeld is, staak hy die verrigtinge.
(b) Indien die landdros nie oortuig
is soos in paragraaf (a) bepaal
nie,
notuleer hy in watter opsig hy nie
aldus oortuig is nie en teken hy
'n
pleit van onskuldig aan en handel
met die geval ooreenkomstig
artikel
122(1) "
Die /
7. Die verwysing in art. 121 (1) na art. 112 (l)(b)
kan slegs op die volgende woorde in dié artikel
betrekking hê:-
" moet die voorsittende
landdros die
beskuldigde met betrekking tot die
beweerde feite van die saak
ondervra
ten einde vas te stel of hy die
bewerings in die aanklag
waarop
hy skuldig gepleit het erken "
"Dit
behels 'n ondersoek na die vraag of die beskul=
digde verstaan wat hy deur sy pleit voorgee om te
erken en bedoel om dit
te erken" (
S v Phundula
1978 (4) SA 855
(T) op bl 859 H). Die landdros
word dus deur die Wet die
plig opgelê om deur
ondervraging /
8. ondervraging vas te stel of aantekening van 'n pleit
van skuldig wel geregverdig is: die aanvanklike pleit van skuldig kan bv.
uit
onkunde van die reg voortvloei.
Namens die appellante word aangevoer dat die ondervraging indruis op 'n
beskuldigde se gemeenregtelike beskerming, nl. teen sy swygreg
of reg om homself
nie te inkrimineer nie - vandaar die beweerde nodigheid van 'n voorafgaande
verduideliking aan die beskuldigde.
Sodanige verduideliking sou egter baie
maklik daartoe bydra om die beskuldigde te ontmoedig om op die vrae van die
landdros te antwoord
en aldus die doel te verydel om die
aanvanklike / ...
9. aanvanklike pleit van skuldig te toets. Verder is dit ook nie duidelik
waarom die beskuldigde teen verdere selfinkriminasie beskerm
moet word as hy
reeds skuldig gepleit en hom aldus reeds ten volle geïnkrimineer het nie.
Die ondervraging deur die landdros
is in ieder geval nie primêr gerig op
inkriminasie deur die beskuldigde nie maar wel op die beskerming van die
beskuldigde
teen die gevolge van 'n ongeregverdigde pleit van skuldig. Die
nodigheid vir 'n verduideliking kom voor strydig te wees met die hele
gees van
art. 119 gelees met art. 121 (1) en 112 (l)(b) en die skema van Wet 51 van
1977.
Steun /
10.
Steun vir die kontensie namens die
appellante word ook gesoek in beslissings wat gaan
oor art. 115 (bv.
S
v Evans
1981 (4) SA 52(K)
op
bl 55 G-H en 58 F-G;
S v Daniëls
1983(3) SA 275(A)).
Die posisie waar 'n beskuldigde onskuldig gepleit het
en dan ondervra word, is egter gans anders as waar hy
wel skuldig gepleit
het. By die pleit van onskuldig
gaan die ondervraging primêr oor die
vasstelling van
die geskilpunte en is dit nodig dat die
beskuldigde
daarteen gevrywaar word dat hy nie onverhoeds sy
pleit van
onskuldig ongedaan maak nie. By die
pleit van skuldig het die beskuldigde
reeds die Staat
se hele saak erken.
Daar /
11.
Daar word ook verder aangevoer dat by ondervraging na aanleiding van 'n pleit
van skuldig by verskyning ingevolge art. 119 " 'n beskuldigde
wat nie ingelig is
van sy regte en die prosedures wat gevolg word nie, blootgestel word aan die
gevaar om, as gevolg van moontlike
magmisbruik of intimidasie of net die druk
van die oomblik, verkeerdelik skuldig te pleit en as bykomende faktor moet in ag
geneem
word dat die ondervraging kort na inhegtenisname plaasvind terwyl die
beskuldigde nog onder die beheer van die polisie is." Die ondervraging
sou juis
kon dien om 'n verkeerde pleit bloot te lê. In ieder geval sou die
beskuldigde
tog /
12. tog geleentheid hê om voor die hof wat hom later verhoor
weer eens die kwessie te opper, soos ook in die onderhawige geval
in 'n verhoor
binne 'n verhoor geskied het (vgl. ook art. 121 (5)(b) en (6)).
M.i. is n
verduideliking aan 'n beskuldigde wat ingevolge art. 119 aangesê word om
te pleit, soos nou namens die appellante
voorgestaan word, nie versoenbaar met
die bepalings van Wet 51 van 1977 nie. Dit volg dat die hof a quo tereg
toegelaat het dat die
inhoud van die oorkonde van die verrigtinge ingevolge art.
119 teen die appellante gebruik word en dat die hof geen onreelmatigheid
begaan
het nie. Daar kan net bygevoeg word dat indien hieroor tot
'n ander /
13. 'n ander slotsom geraak sou gewees het, dit nogtans
moeilik sou gewees het om tot die gevolgtrekking te kom dat geregtigheid nie
inderdaad geskied het nie, in die lig van die sterk omstandigheidsgetuienis teen
die appellante.
Die appelle word afgewys.
CILLIé AR)
VILJOEN AR)
Stem saam. HEFER Wnd AR)
GROSSKOPF Wnd AR)