About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1984
>>
[1984] ZASCA 37
|
|
S v Joseph (130/83) [1984] ZASCA 37 (29 March 1984)
CLAUD JOSEPH
APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
SAAK NR. 130/83
/CCC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In the saak tussen:
CLAUD JOSEPH
APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
Coram
: Trengove, Cillie et Nicholas ARR
Verhoor
: 22 Maart
1984
Gelewer
: 29 Maart 1984
UITSPRAAK TRENGOVE, AR
:
Gedurende/
2. Gedurende die vroeë oggendure van Saterdag, 29
Augustus 1981 - dit was omstreeks 02h00 - is 'n jong Kleurlingman, Peter
Patterson,
in 'n skietvoorval in Robertslaan, Mestbury,gedood. Westbury is a
kleurlingwoongebied in die omgewing van Johannesburg. As gevolg
van hierdie
voorval is die appellant op 1 Junie 1982 in die Witwaters-randse Plaaslike
Afdeling, voor regter O'Donovan, o m van moord
op die oorledene aangekla. Die
appellant het op hierdie aanklag onskuldig gepleit. Hy is, nietemin, aan die
einde van die verhoor
aan moord met versagtende omstandighede skuldig bevind en
tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis. Die
appellant/
3. appellant kom nou met verlof van hierdie hof -verleen
kragtens art. 336(8)(c)(ii) van die Strafproseswet, 1977 - in hoër beroep
teen beide die skuldigbevinding en die vonnis.
Ek bepaal my, eerstens, by die
appèl teen die
skuldigbevinding. Die vraag waar-oor hierdie hof uitsluitsel moet gee is of die
verhoorregter gefouteer het
deur te bevind dat daar afdoende bewys is dat die
appellant die persoon is wat die oorledene in die skietvoorval gedood het. Die
appellant het ontken dat dit hy was. Hy het te kenne gegee dat dit sy vriend,
Richard Timmerman, ook bekend as Fellas, was wat
die/
4. die oorledene doodgeskiet het.
Die staatsaak is wesentlik
gegrond op omstandigheidsgetuienis wat, in breë trekke, soos volg saamgevat
kan word:
(a) Gedurende die Vrydagaand, 28 Augustus
1981, was daar 'n dans
in die Coronationsaal
op Coronationville, 'n kleurlingwoongebied
wat
blykbaar aan Westbury grens. Daar was ongeveer
500 tot 600 mense by
die dans. Die appellant
was ook daar. Hy hét 'n "Navarone"-pet
opgehad.
Dit is 'n soort pet wat sy hele kop tot net bo-
kant sy wenkbroue
bedek het.
(b) Die appellant was destyds 'n lid van 'n
bende/
5. bende, bekend as die "Fast Guns", waarvan Richard Timmerman
die leier was. Die "Fast Guns" was geswore vyande van die lede van
'n ander
bende, die "Spaldings".
(c)
Teen ongeveer 0lh30, terwyl
die dans nog in volle gang was, was die appellant betrokke in 'n insident met
twee lede van die "Spaldings",
die broers Mervin en Andrew Britae. Soos later
sal blyk, is hierdie insident 'n belangrike skakel in die staatsaak teen die
appellant.
(d)
Een van die staatsgetuies,
Basil Baadjies, was ten tyde van die voorval in die saal. Hy het soos volg
daaroor getuig. Hy het toevallig
gemerk/
6.
gemerk dat die appellant en die twee Britae broers so 'n entjie van hom af
staan. Dit het gelyk asof hulle in 'n woordewisseling
met mekaar gewikkel was.
Die volgende oomblik sien hy dat Mervin Britae skielik 'n mes te voorskyn
haal.en die appellant 'n steekhou
aan die kant van sy kop toedien, sodat die
bloed langs sy kop begin afloop. Die appellant het toe vir 'n oomblik
teruggetree, 'n
vuurwapen onder sy klere uitgehaal, en op die Britae broers
begin skiet. Een van die skote het vir Basil Baadjies getref. Hy het
inmekaar
gesak en is toe na die hospitaal geneem waar hy na behandeling gelukkig weer
herstel het. Die appellant het erken
dat/
7. dat hy by die dans was en dat die Britae broers hom aangerand en
met 'n mes gesteek het, maar hy het ontken dat hy die skote op
hulle afgevuur
het.
(ej Soos 'n mens sou verwag, het hierdie voorval groot konsternasie
onder die mense in die saal veroorsaak. Hulle het paniekbevange
uit die saal
gehardloop en dit was die einde van die dans. Toe die rumoer weer bedaar, het
dit geblyk dat Mervin en Andrew Britae
albei raak-geskiet is en dat hulle reeds
beswyk het. Hulle lyke het 'n entjie van mekaar op die vloer gelê. (f) Na
die voorval
is daar ook vier 7,65 mm gevuurde
patroondoppies/
8. patroondoppies op die vloer naby Mervin Britae se lyk
gevind.
(g) Die oorledene was nie die betrokke aand by die dans in die
Coronationsaal nie. Dit blyk egter dat hy ongeveer 'n half-uur na die
skiet-voorval by die saal met sy Valiant-motor in Robertslaan gery het. Hy het
'n aantal passasiers in die motor gehad, o a ene Jacob
Britae, 'n broer van
Mervin en Andrew, vir wie hy kort vantevore, heel toevallig, opgelaai het. Jacob
Britae het by die verhoor getuig
oor die skietvoorval waarin die oorledene
gedood is. Hy het vertel dat terwyl hulle in Robertslaan gery het, het hy
ongeveer/
9.
ongeveer 9 Kleurlingmans tussen die bome langs die pad sien uitkom. In
daardie stadium kon hy nie een van hulle herken nie. Daar is
op die Valiant
geskiet, en toe die oorledene aanry, het Jacob Britae gesien dat die mans hulle
agtervolg. Die oorledene het toe 'n
ent verder uit die motor geklim en aan die
mans, wat nog steeds besig was om nader te kom, gesê "Ishy is dit die
'peace'?"
Toe die oorledene sien dat die groep hulle nie aan hom steur nie, het
hy weer in die motor geklim en probeer weg-kom, maar hy kon
dit nie aan die gang
kry nie. Hy het weer uitgeklim en in die rigting van
die/
10. die groep gestap. Daar is toe op hom geskiet met noodlottige
gevolge. Jacob Britae het nie gesien wie dit was wat die oorledene
geskiet het
nie. Hy het slegs twee van die groep herken, naamlik Richard Timmerman en 'n
sekere Munje. Jacob Britae het nie vuurwapens
in hulle besit gesien nie. Hy het
ook nie die appellant onder die groep gewaar nie. Die appellant Het egter erken
dat hy by die groep
was maar beweer dat dit Richard Timmerman was wat op die
oorledene geskiet het.
(h) Na die voorval is vyf 7,65 mm gevuurde patroon-doppies gevind op die plek
waar die skiet-
voorval/
11.
voorval plaasgevind het.
(i) Later daardie selfde dag het die appellant
'n plastieksak, met twee
vuurwapens daarin, aan
een van die staatsgetuies, Robert Mathews,
oorhandig
en hom gevra om dit vir hom te hou. Een van die
vuurwapens was
'n 7,65 Ceska pistool.
(j) Ballistiese ondersoek het getoon, en die
appellant het erken, dat die
vier 7,65 gevuurde
patroondoppies wat op die vloer in die danssaal
gevind
is (sub paragraaf (f) hierbo) en die vyf
7,65 gevuurde patroondoppies wat in
Robertslaan
gevind is (sub paragraaf (h) hierbo) almal afgevuur
is in die
Ceska pistool wat die appellant die
Saterdag/
12.
Saterdag aan Robert Mathews oorhandig het.
Die appellant het self getuig.
Dit is nie nodig om breedvoerig op sy getuienis in te gaan nie want soos ek
reeds hierbo aangedui het,
het hy in baie opsigte Basil Baadjies en Jacob Britae
se weergawes van die gebeure in die Coronationsaal en in Robertslaan,
onderskeidelik,
bevestig. Die appellant het getuig dat hý, Richard
Timmerman en nog 'n paar lede van die "Fast Guns"-bende vroeër die
betrokke
Vrydagaand by "'n stokvel" was. Hy het 'n "Navarone"-pet gedra. Richard
Timmerman het niks op sy kop gehad nie. Die appellant
het heelwat rum en bier by
die "stokvel" gedrink. Toe hulle heelwat
later/
13. later dié aand besluit om na die Coronationsaal te
gaan was hy alreeds sterk onder die invloed van drank. Toe hulle by
die saal
aankom, het die appellant en een van sy maats, ene Wang, reguit gegaan na die
kroeg wat in 'n oop vertrek aan die een end
van die saal geleë was. Richard
Timmer-man en die ander lede van hulle geselskap is na die dansvloer. Volgens
die appellant
het hy 'n "Okapi"-mes by hom gehad, maar geen vuurwapen nie. Hy
het weer heelwat biere gedrink. Terwyl hy daar naby die kroeg gestaan
het, het
die twee Britae broers hom skielik beetgepak en hom begin steek. Een steekhou
het hom langs die voorkop
getref,/
14. getref, 'n ander in sy blad. Terwyl hy van hulle probeer
loskom, het hulle in die rigting van die dansvloer beweeg. Hy hoor toe
skielik
Richard Timmerman se stem uitroep "Pasop! Pasop!". Onmiddellik daarna is 'n
skoot afgevuur. Die appellant het nie gesien
wie die skoot geskiet het nie. Hy
het egter dadelik padgegee en ter-wyl hy die saal verlaat, het hy nog 'n aantal
skote gehoor. Alhoewel
hy beseer is, wou hy nie na die hospitaal gaan nie. Hy
wou sy maats gaan soek. Hy het hulle in Robertslaan raakgeloop en by hulle
aangesluit. Hy het verder, in breë trekke, Jacob Britae se relaas van die
gebeure in
Robertslaan/
15. Robertslaan bevestig behalwe dat hy ontken het dat hy
enige skote afgevuur het en onomwonde gesê het dat dit Richard Timmerman
was wat die skote afgevuur het en die oorledene dodelik verwond het. Die
appellant het verder getuig dat Richard Timmerman later
die Saterdagoggend 'n
plastieksak, met twee vuurwapens daarin, na hom gebring het. Hy het gesê
dat hy dit later weer sou kom
haal. Dit is die sak wat hy toe later dié
Saterdag na Robert Mathews geneem het (kyk sub-paragraaf (i) hierbo).
Teen hierdie agtergrond kom ek vervolgens by die betoog namens die
appellant.
Daar/
16.
Daar is, in die eerste plek, aangevoer dat die verhoorregter gefouteer het
deur Basil Baadjies se getuienis,dat die appellant die
skote op die Britae
broers sou afgevuur het, te aanvaar. Daar is in dié verband veral gewag
gemaak van die omstandighede waarin
Basil Baadjies die skietvoorval sou
waargeneem het, nl. dat hy 'n entjie van die appellant af was, dat daar 'n hele
aantal mense
tussen hulle was, en dat die danssaal op daardie tydstip
half-donker was. Daar is betoog dat die verhoorregter in die lig van hierdie
omstandighede, asook die appellant se uitdruklike ontkenning dat hy die skote
afgevuur het, ernstige bedenkinge
moes/
17. moes gehad het aangaande die betroubaarheid van Basil Baadjies
se waarnemings. Ek kan hoegenaamd geen fout vind met die verhoorregter
se
benadering tot Basil Baadjies se getuienis of met sy gevolg-trekking dat hy dit
as geloofwaardig en betroubaar kan aanvaar nie.
Basil Baadjies het die
verhoor-regter beindruk as 'n geloofwaardige getuie. Dit is ook die indruk wat
ek van hom gekry het met die
deurlees van sy getuienis. Dit blyk ook uit die
uitspraak dat die verhoorregter al die faktore waarna die appellant se advokaat
verwys
het deeglik oorweeg en tot die slotsom gekom dat hy, desnietemin, Basil
Baadjies se uitkenning van
die/
18. die appellant, as synde die persoon wat die skote afgevuur het,
as betroubaar kan aanvaar. Ek stem volkome hiermee saam. Basil
Baadjies se
uitkenning van die appellant is, soos reeds hierbo aangetoon is, in wesentlike
opsigte deur die appellant self bevestig.
Basil Baadjies het gesien dat Mervin
Britae die appellant met 'n mes aanval, en hy het gesê dat die appellant
feitlik onmiddellik
daarop gereageer het deur op die Britae broers te skiet. Dit
blyk duidelik uit die appellant se eie getuienis dat Basil Baadjies
se
beskrywing van die mesaanval besonder akkuraat is. Hieruit volg dit dan, na my
oordeel, dat
sy/
19. sy waarneming van die skietvoorval ewe-eens as betroubaar aanvaar kan
word. Dié twee insidente het immers op feitlik dieselfde
tyd en dieselfde
plek plaasgevind.,
Daar is, in die alternatief, namens die appellant betoog
dat die verhoorregter op grond van die bewese feite ten onregte bevind het
dat,
die appellant ten tyde van die skiet-voorval in Robertslaan in besit was van die
be-trokke 7,65 Ceska pistool en vyf skote daarmee
afgevuur het. Daar is in
dié verband aangevoer dat die moontlikheid dat Richard Timmerman in besit
van hierdie vuurwapen was,
nie redelikerwys uit-
geskakel/
20.
geskakel kan word nie. Ek kan nie hiermee saam-
stem nie. Die slotsom waartoe die verhoorregter
gekom het, lui soos
volg:
"The Court finds that the accused was in possession of this weapon throughout
both incidents and therefore that it was he who fired
-or at least, that he was
one of the persons who fired - on the occasion of the second incident in Roberts
Avenue. There is no evidence
that the accused himself killed Patterson, other
than Marble's testimony, which I have already described as complete-ly
unreliable.
However, it is ob-vious that the shots which were fired at the
Roberts Avenue incident, were fired in pursuance of a common pur-pose
and the
accused must therefore accept legal responsibility, not only for his own acts,
but for the acts of others in the group which
attacked/
21.
attacked Peter Patterson in the furtherance of a common purpose."
Ek moet miskien hier net byvoeg dat Richard Timmer-
man ten tyde van die
verhoor reeds oorlede was.
Die bewese feite is die volgende.
Teen ongeveer 0lh30 was die appellant in besit
van die betrokke vuurwapen
en het hy vier skote
daarmee in die Coronationsaal afgevuur. Die
appellant
se ontkenning dat hy die skote afgevuur
het, is as onwaar verwerp. Binne 'n
halfuur
na die voorval in die Coronationsaal, is die
appellant een van die
groep van ongeveer 9 mans
wat by die voorval in Robertslaan betrokke was.
Daar/
22.
Daar is weer vyf skote met dieselfde vuurwapen afgevuur. Die
appellant het nie beweer dat hy inmiddels die vuurwapen aan Richard Timmerman
gegee het nie. Hoe dit ook sy, later daardie Saterdagoggend neem die appellant
die vuurwapen na die getuie Robert Mathews en laat
dit daar by hom. Met die oog
hierop is ek van mening dat die verhoorregter se gevolgtrekking die enigste
afleiding is wat redelikerwys
van die bewese feite gemaak kan word. Die
appél teen die skuldigbevinding kan derhalwe nie slaag nie.
Ek kom vervolgens by die appèl teen die vonnis. Daar is nie namens die
appellant
aangevoer/
23.
aangevoer dat die verhoorregter 'n mistasting begaan het nie. Dit blyk uit
die verhoorregter se uitspraak oor die kwessie van versagtende
omstandighede en
sy uitspraak in verband met die vonnis, dat hy oorweging geskenk het aan al die
relevante feite en omstandighede.
Daar is egter betoog dat die vonnis
buitensporig swaar is. Ek is hoegenaamd nie oortuig dat dit die geval is nie.
Die appellant was
'n volwasse per-soon, hy was 'n lid van 'n roekelose bende en
hy het die betrokke aand sonder enige provokasie op die oorledene geskiet.
Alles
in ag genome, kan dit na my mening nie gesê word dat die
vonnis/
24. vonnis onredelik swaar is nie. Daar is dus geen grond waarop hierdie hof
in verband met die vonnis kan ingryp nie.
Die appèl teen die skuldig-bevinding en die vonnis word, derhalwe,
afgewys.
TRENGOVE, AR
CILLIé AR )
) Stem saam
NICHOLAS AR )