About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1984
>>
[1984] ZASCA 34
|
|
S v Ndlovu (219/83) [1984] ZASCA 34 (29 March 1984)
Saaknommer 219/83 WHN
SAMSON NDLOVU
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
JOUBERT
, AR.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
SAMSON NDLOVU
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
Coram
: RABIE, HR. et JANSEN, CORBETT, JOUBERT, ARR.
et
HEFER,
Wn. AR.
Verhoor
: 13 Maart 1984
Gelewer
: 29 Maart 1984
UITSPRAAK
JOUBERT
, AR. :
/Die
2
Die appellant, 'n 25-jarige Swartman, is as beskuldigde 1 saam
met Rama Joshua Mishali as beskuldigde 2 in die Witwatersrandse Plaaslike
Afdeling voor LE ROUX R. van moord aangekla deurdat hulle gedurende die aand van
27 November 1981 die oorledene David Lungile Mogazi
te Emdeni,
Johannesburg-distrik, vermoor het. Hulle het onskuldig gepleit en hulle is
verhoor. Die appellant is skuldig bevind aan
poging tot moord en gevonnis tot 3
jaar gevangenisstraf. Beskuldigde 2 is skuldig bevind aan moord met versagtende
omstandighede
en gevonnis tot 7 jaar gevangenisstraf. Met spesiale verlof kom
die
/appellant
3
appellant nou in hoër beroep na hierdie Hof teen sy
skuldigbevinding.
Die relevante gebeure is kortliks soos volg. Die betrokke
aand het die twee beskuldigdes saam met Fanie Tshabalala, Abel Phofu en
Oupa
Mpumani 'n smokkelhuis in Emdeni besoek. Die oorledene was ook daar in die
geselskap van 'n ander groep bestaande uit Prins
Ndluli, Theophilus Mutombo en
Norman Sitole. Toe die smokkelhuis sluit, het die twee groepe in dieselfde
rigting tot by die hoek
van die eerste dwarsstraat geloop. Volgens die
aanvaarbare getuienis was dit donker by die straathoek
/omdat
4
omdat daar geen straatligte was nie. Blykbaar was hulle almal
in n mindere of meerdere mate onder die invloed van drank gewees. Die
appellant
het beweer dat hy 'n ligte skraapwond op sy rug opgedoen het maar hy kon nie
sien wie sy aanvaller was nie. Sy aanvaller
het 'n paar blou „jeans"
gedra. Die volgende gebeure is dat beskuldigde 2 die oorledene gejaag het en dat
die lede van die
oorledene se groep ook weggehardloop het. Volgens die
aanvaarbare getuienis het die appellant, Fanie, Abel en Oupa agterna gestap
op
soek na beskuldige 2. Hulle het laasgenoemde in 'n donker straat gevind met 'n
gebreekte
/mes
5
mes in sy hand terwyl die oorledene op sy maag op die grond
gelê het. Volgens Abel het die oorledene met sy voete geskop maar
nie 'n
geluid geuiter nie. Die oorledene se hemp was bebloed en hy het klaarblyklik
reeds steekwonde opgedoen. Volgens Fanie en Abel
het die appellant 'n mes by
Oupa geneem en na die oorledene gestap. Oupa was nie beskikbaar om te getuig
nie. Op daardie stadium
het die oorledene volgens Fanie bewegingloos gelê.
Beide Fanie en Abel het gesien hoe die appellant die oor= ledene omdraai
en by
hom buk op sy knieë. Dog Fanie was die enigste ooggetuie wat gekyk het hoe
die appellant die oorledene twee steekwonde
in sy linkerbors toedien.
/Abel
6
Abel het op daardie tydstip sy blik weggedraai en nie die
appellant se aanranding op die oorledene aanskou nie. Die verdediging het
die
korrektheid van die feite en bevindings soos vermeld in die distriksgeneesheer
se verslag van sy nadoodse ondersoek op die oorledene
se lyk erken. Volgens
hierdie verslag was die oorsaak van die oorledene se dood verskeie snywonde in
sy bors d.w.s. die 7 steekwonde
aan die
agterkant
van sy bors. Die
oorledene het geen steekwonde aan die
voorkant
van sy bors nie. Die
betrokke distriksgeneesheer is nie geroep om by die verhoor te getuig nie.
/Die
7
Die appellant se relaas was dat hy saam met Fanie by die toneel
aangekom het waar beskuldigde 2, Abel en Oupa by die oorledene gestaan
het. Dit
bots met die getuienis van Fanie en Abel. Hy het ook getuig dat hy nie bereid
was om aan hulle versoek te voldoen om die
oorledene met 'n mes te steek nie
omdat die oorledene reeds dood was. Ten spyte van wat namens die appellant
betoog is, is ek van
oordeel dat die verhoorregter tereg die getuienis van die
appellant as vals verwerp het waar dit bots met die getuienis van Abel
en Fanie
wat vir die Staat getuig het.
/Gelet
8
Gelet op die verskil tussen Fanie se getuienis oor die twee
steekwonde wat die appellant die oorledene in sy linkerbors sou toegedien
het en
die bewering in die verslag van die nadoodse ondersoek.oor die ligging van die
steekwonde het die verhoorregter die waarnemingsvermoë
van Fanie as getuie
tereg met omsigtigheid behandel. In ander belangrike opsigte word Fanie se
getuienis egter gesteun deur Abel
wat deur die verhoorregter as 'n baie
bevredigende getuie bevind is. Die verhoorregter het bevind dat die appellant se
motief was
wraak omdat die oorledene hom by die straathoek sou beseer het.
Die
/oorledene
9
oorledene het 'n paar blou „jeans" aangehad net soos sy
aanrander by die straathoek. Die verhoorregter het dan ook aanvaar dat
die
appellant die oorledene . emstige steekwonde toegedien het al het die ligging
daarvan nie ooreengestem met Fanie se weergawe
nie. Gelet op die aard van die
steekwonde het die verhoorregter by implikasie aanvaar dat die appellant die
steekwonde toegedien
het met die opset om die oorledene te dood. Ten spyte van
wat hier namens die Staat betoog is, het die verhoorregter na my mening
tereg op
die waarskynlik= hede bevind dat daar twyfel bestaan of die oorledene toe reeds
dood was of nie. Tot voordeel van die
/appellant
10
appellant het die verhoorregter tereg aanvaar dat die
oorledene toe reeds dood was, m.a.w. die Staat het nie daarin geslaag om bo
redelike twyfel te bewys dat die oorledene toe nog in lewe was nie. By
implikasie het die verhoorregter ook aanvaar dat die appellant
onder die indruk
verkeer het dat die oorledene toe nog in lewe was.
Dit is namens die
appellant betoog dat die verhoorregter fouteer het om die appellant aan poging
tot moord skuldig te bevind. Hierdie
betoog is ge= baseer op die regsargument
dat dit regtens verkeerd is
/om
11
om 'n persoon aan poging tot moord skuldig te bevind waar hy,
menende dat die slagoffer nog in lewe is terwyl die slagoffer inderdaad
reeds
oorlede is, steekwonde aan die slagoffer toedien met die opset om hom te
vermoor.
Moord is die wederregtelike opsetlike veroorsaking van die dood van
'n lewende mens. Dit is 'n misdaad teen die lewe, as regsgoed,of
regsbelang van
'n mens en dit kan slegs teen n lewende mens gepleeg word. Die strafbedreiging
is gerig teen die wederregtelike opsetlike
veroorsaking van die dood van 'n
mens. Die beskermde regsbelang is die lewe van 'n mens.
/Poging
12
Poging tot moord op 'n lewende slagoffer is deur hierdie Hof
in
S v Moloto
, 1982(1) SA 844 (A)
te bl. 850 A soos volg omskryf:
„Poging tot moord is immers onvoltooide moord omdat die slagoffer nog
in lewe is. Dit is 'n selfstandige misdaad wat gepleeg
word met die
wederregtelike opset om die slagoffer te vermoor maar die dood-veroorsakende
handeling wat verrig is, het nie die dood
van die slagoffer teweeggebring of
veroorsaak nie."
Die bestanddele van poging tot moord wat
per se
'n mis=
daad is, is
wederregtelikheid, opset en 'n pogingshandeling.
Die strafbedreiging is gerig
teen die wederregtelike
/opsetlike
13
opsetlike bedreiging van die lewe van 'n mens. Die beskermde
regsbelang is die lewe van 'n mens. 'n Geykte voorbeeld van voltooide
poging tot
moord is waar A sy vuurwapen op B rig met die bedoeling om hom te dood, en die
skoot afvuur wat B mis of verwond sodat
B die weder= regtelike aanslag op sy
lewe oorleef. A het alles van sy kant gedoen om B te vermoor maar die moord is
onvoltooi. Die
opset om die slagoffer te vermoor kan afgelei word uit die
pogingshandeling asook ander aanvaarbare bewys= materiaal. Die wederregtelikheid
van die pogingshande= ling is geleë in die bedreiging van 'n regsbelang,
nl.
/die
14
die lewe van 'n mens.
By poging tot moord met 'n absoluut ondeugdelike (onmoontlike) objek, soos in
die ondehawige geval, kan die beoogde misdaad moord
nooit regtens ten aansien
van die betrokke objek as slagoffer gepleeg word nie omdat, soos reeds vermeld,
moord slegs op 'n lewende
mens gepleeg kan word. Moord op 'n lewelose mens, of
lyk, is regtens ondenkbaar. Kan poging tot moord met 'n absoluut on= deugdelike
objek soos 'n lyk gepleeg word ? Weliswaar het die dader in so 'n geval 'n
pogingshandeling verrig met die opset om die slagoffer
te dood maar die
/wederregteliksheidelement
15
wederregtelikheidselement van poging tot moord laat 'n
probleem ontstaan omdat die pogingshandeling in die betrokke omstandighede
geen
bedreiging van 'n regsbelang, nl. die lewe van 'n mens, inhou nie. Streng
tegnies kom dit daarop neer dat die pogingshandeling
nie wederreg= telik is nie.
Desondanks vind 'n mens tog dat in baie beskaafde lande word poging met 'n
absoluut ondeugdelike objek
wel strafbaar geag. Vergelyk die Amerikaanse outeurs
proff. Wayne R. La Fave & Austin W. Scott jr.,
Handbook on Criminal
Law
, 1972, op bl. 440-441 :
"All
16
"All courts are in agreement that what is
usually referred to as 'factual impossibility' is no defense to a charge of
attempt. That is, if what the defendant intends to accomplish
is proscribed by
the criminal law, but he is unable to bring about that result because of some
circumstances unknown to him when
he en= gaged in the attempt, then he may be
convicted. On this basis, attempt convictions have been affirmed in such
circumstances
as these : where the defendant attempted to steal from an empty
pocket, an empty receptacle or an empty house; where the defendant
shot with
intent to kill a certain person but failed because the intended victim was not
where the
defendant believed he was ; where the
defendant attempted an abortion but the woman
was not pregnant ."
In Engeland is die Criminal Attempts Act 1981 Chapter 47
aangeneem om in
art 1(2) daarvan ondeugdelike poging
/strafbaar
17
strafbaar te maak. Sodoende het die Engelse wetgewer die effek
van die beslissings van die House of Lords in hofsake soos
Haughton v
Smith
,
1975 AC 476
en
Director of Public Prosecutions v Nock and
Another
,
1978 A C 979
waarin die teenoorgestelde standpunt gehuldig is,
omver= gewerp. Raadpleeg die artikel, getitel
The Law Commission Report on
Attempt and Impossibility in Relation to Attempt
,
Conspiracy and
Incitement
, (1)
The Elements of Attempt
by Ian Dennis, (2)
Questions of Impossibility
by Michael Cohen, in 1980
Criminal Law
Review
, bls. 758-779. In Nieu-Seeland het die wetgewer in art 72(1) van die
Crimes Act van 1961 ondeugdelike poging ook
/strafbaar
18
strafbaar gemaak. Volgens verskeie Wes-Europese reg= stelsels,
met die uitsondering van dié van Nederland, is poging met 'n
absoluut
ondeugdelike objek strafbaar. Die regverdiging vir hierdie benadering word o.a.
in die openbare belang gesoek. Vergelyk
prof. M. Cherif Bassiouni,
Substantive Criminal Law
, 1978, op bl. 211 :
"It is now generally accepted that a conviction for attempt will lie even
when the act consti= tuting the attempt is frustrated or
rendered impossible by
circumstances not within the con= templation of the perpetrator. Whenever the
consummation of the crime is
prevented by some misconception of fact on the part
of the actor, the more modern view is that this would not constitute a defense
of impossibility of fact.
/This
19
This view rests on the premise that the criminal law has as
its aim the protection of public and social interests. Therefore, the
question
of the criminality of an attempt will depend in part on the actor's intent and
in part on the degree of actual danger to
social or public interests arising
from such acts."
Na my mening moet die fundamentele rede waarom
'n poger strafbaar is vir
poging met 'n absoluut ondeugde=
like objek vir praktiese redes gesoek word in regsbeleid
sowel as in die feit dat sy pogingshandeling in stryd
met die gemeenskap
se regsgevoel is. Die regspleging
moet in so 'n geval pragmaties optree sodat
'n poger nie
strafloos is uit hoofde van feite wat onbekend aan hom
/was
20
was (soos die feit dat sy slagoffer reeds voor
die
verrigting van die pogingshandeling oorlede is) en as
gevolg waarvan
dit vir hom onmoontlik was om die beoogde
misdaad (soos moord) te pleeg nie.
In
R v Davies and
Another
, 1956(3) SA 52(A) is ten spyte van
die appellant
se betoog tot die teendeel die slotsom waartoe hierdie
Hof
gekom het korrek, nl. dat 'n daderaan poging tot vrugaf=
drywing
skuldig bevind kan word al was dit aan hom onbekend
dat die vrou op wie hy
die gepoogde handeling van vrugaf=
drywing gepleeg het op daardie stadium nie
swanger was nie.
Insgelyks geld dieselfde oorwegings ten aansien van hierdie
Hof se beslissing in
S v W
, 1976(1) SA 1 (A) dat
/'n
21
'n dader skuldig bevind kan word aan poging tot ver= kragting
waar dit aan hom onbekend was dat die meisie oorlede was toe hy met
haar
vleeslike gemeenskap gehad het in omstandighede waar hy bewus daarvan was dat sy
nie sou toegestem het indien sy nog gelewe
het nie.
In die lig van die voorgaande kan die betoog namens die appellant dat die
verhoorhof fouteer het om die appellant aan poging tot moord
skuldig te bevind
nie aanvaar word nie.
/Die
22
Die appèl teen die appellant se skuldig= bevinding word
afgewys.
C.P. JOUBERT, AR.
RABIE, HR. )
JANSEN, AR. )
Stem saam. CORBETT, AR. )
HEFER, Wn.AR. )