About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1984
>>
[1984] ZASCA 32
|
|
Bakriver (Eiendoms) Bpk. v Fourie (384/82) [1984] ZASCA 32; 1984 (3) SA 29 (A) (29 March 1984)
BAKRIVIER (EIENDOMS) BEPERK
Appellant
en
ENGELA ELIZABETH
FOURIE
Respondent
NKA 384/82 EB
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPÉLAFDELING
)
In die saak tussen:
BAKRIVIER (EIENDOMS) BEPERK
Appellant
en
ENGELA ELIZABETH FOURIE
Respondente
Coram
: KOTZÉ, TRENGOVE, VILJOEN, ARR et SMUTS et GROSSKOPF, W
ARR
Verhoor
: 19 Maart 1984
Gelewer
: 29 Maart 1984
UITSPRAAK
KOTZÉ, AR
:
Hierdie appèl het te doen met 'n geskil oor 'n
grensheining /2
-2-grensheining tussen die eienaars van twee plase in die
af-deling Gordonia. Die appellant, n maatskappy, is die eie-naar van die
plaas
Bakrivier en het gedurende 1974 transport daarvan ontvang. Die respondente, 'n
weduwee, is die eienaar van die plaas Rustenvrede
kragtens 'n transportakte wat
ge-durende 1979 gemelde plaas aan haar oorgemaak het uit die boedel van haar
wyle vader, J Esterhuizen.
Gemelde plase is geleë in 'n gebied waarin
bydraes uit hoofde van 'n prokla-masie kragtens art. 3 van die Omheiningswet, 31
van 1963 (hierna "die Omheiningswet" genoem) tot die koste van jak-kalsheinings
verpligtend is.
Ter inleiding: die Omheiningswet is, volgens sy aanhef, 'n wet "tot
samevatting van die wette met betrekking
tot /3
-3-
tot heinings en die omheining van plase en ander hoewes en aangeleenthede wat
daarmee in verband staan" en wat, inge-volge sub-artikel
(1) van artikel 33, die
Omheiningswet, 17 van 1912 (hierna "die 1912 Wet" genoem), die Omheiningswet
Wijzigings Wet, 11 van 1922
(hierna "die 1922 Wet" genoem) en drie ander wette
"behoudens die bepalings van sub-artikels (2), (3) en (4)" herroep. Sub-artikels
(2), (3) en (4) lui:
"(2) 'n Proklamasie, kennisgewing, bevel of aanstelling uitgereik, verstrek
of gemaak, of enige ander stappe of enigiets gedoen ingevolge
die bepa-lings van
'n by sub-artikel (1) her-roepe wet, word geag ingevolge die ooreenstemmende
bepaling van hierdie Wet uitgereik,
verstrek, gemaak of gedoen te gewees
het.
(3) Elke /4
-4-
(3)
Elke gebied wat by die
inwerkingtred-ing van hierdie Wet ingevolge sub-artikel (5) van artikel vyf van
die gemelde Omheiningswet,
1912, geag word 'n kragtens daardie artikel
ge-proklameerde gebied te wees, word geag 'n gebied te wees ten opsigte waarvan
'n proklamasie
kragtens artikel twee uitgereik is.
(4)
Die herroeping van die gemelde Om-heiningswet, 1912, raak nie 'n
hand-eling of reg waarop die bepalings van artikel een-en-veertig
van daardie
Wet by die inwerkingtreding van hierr die Wet van toepassing is
nie."
Die geskil het op 23 September 1980 'n aanvang
ge-neem, toe appellant se prokureurs die respondente in 'n geskrewe kennisgewing
meegedeel
het dat die appellant die mening toe-gedaan is dat
" ... die bestaande grensheining
nie
jakkalsdig ..../5
-5-
jakkalsdig is nie en volgens die be-palings van die Omheiningswet No 31 van
1963 is hy geregtig op 'n jakkalsheining met bydrae tot
die koste daarvan.
Hierdie heining word nie van die staanspoor opgerig nie en gevolglik is dit
slegs nodig dat aan u kennigewing
gegee moet wprd van die veranderings en
byvoeg-ings wat ons kliënt beoog ..."
Besonderhede word dan aangegee van die vereiste byvoegings wat daarop neerkom
dat die bestaande sifdraad vervang word met 'n draad
wat kleiner ogies het; dat
een bykomende enkel draad toegevoeg word; dat die enkel drade herspasieer word;
dat n kap bo die bestaande
heining en hek aangebring word; dat die bestaande
grensheining onder met klip versterk word. Voorts lui die brief:
"Aanvang /6
-6-
"Aanvang met die werk sal op ongeveer 30 Oktober 1980 gemaak word
ooreenkomstig die spesifikasies voormeld en ons versoek u om ons
mee te deel as
Agent vir die Maatskappy of u bereid is om arbeid of materiaal of albei by te
dra. Indien ons nie van u antwoord of
beswaar teen die voorgestelde verandering
en/of spesifi-kasies ontvang binne die tydperk voorge-skryf deur Artikel 7 van
die Wet
(een maand) sal die Maatskappy voortgaan met die werk.
Die beraamde kostes, insluitende oprigting, is Rl 380,00 per kilometer
gereken oor die hele lengte van die heining, onge-veer 15 000
meter.
Die deel van die kostes wat ons kliënt verlang dat u moet bydra, is die
helfte.
Ons wil verder meld dat ons kliënt nie hierin optree ingevolge Artikel
11 van die voormelde Wet nie en dat die regte wat hy hiervolgens
toeëien
spruit uit Artikel 7 van die voormelde Wet, saamge-lees met die woordomskrywings
en ander betrokke artikels."
Hiermee/....7
-7-Hiermee het die respondente nie genoeë geneem nie en
op 24 Oktober 1980 antwoord haar prokureurs:
"Ons erken ontvangs van u kennisgewing gedateer 23 September 1980 gerig aan
ons kliënt mev. E.E. Fourie, Posbus 32, Ariamsvlei
onder Artikel 7 van die
Om-heiningswet No. 31/1963 vir die oprigting van 'n jakkalsheining.
Ons het opdrag van ons kliënt om u daarop as volg te antwoord.
Ons kliënt beweer dat daar reeds vir die afgelope 20 jaar 'n
jakkalsheining tussen haar plaas, Rustenvrede en u kliënt se
plaas
Bakrivier (Edms) Beperk bestaan; dat die bestaande heining inderdaad as 'n
jakkalsheining deur die destydse eie-naars in titel
van die onderskeie plase
opgerig was en aanvaar was en dat daar gevolglik tans geen nodigheid meer vir
die oprigting van 'n jakkalsheining
inge-volge Artikel 7 van die
Omheiningswet
bestaan /8
-8-
bestaan nie.
Ons kliënt weier om enige bydrae tot die koste van die beoogde wysigings
soos deur u kliënt voorgestel te maak."
Die appellant se prokureurs se antwoord hierop, gedateer 25 November 1980,
lui:
"Ons het kennis geneem van die inhoud van die brief van u prokureurs gedateer
24 Oktober 1980.
Daar het nou 'n geskil onstaan en ingevolge Artikel 29 van die Omheiningswet
moet die geskil besleg word deur 'n Raad saamgestel volgens
die bepalings van
die Tweede By-lae tot die Wet.
Duidelikheidshalwe meld ons dat sover
ons kliënt betref die geskil die volgende
is :
(a) Of / 9
-9-
(a)
Of die heining betrokke jakkalsdig is;
(b)
Indien nie, beslegting oor
spesifi-kasies.
Ons kliënt verlang dat sulke
beslegting moet plaasvind en hierdie brief dien as kennisgewing aan u tot die
effek.
Neem ook asseblief kennis dat ons kliënt, Mnr. Albertus Johannes Strauss
(bekend as Albert) Posbus 746, Upington benoem is as
lid van die Raad dit wil
sê indien u nie van voornemens is om met kliënt te onderhandel
aangaande die moontlike aanstelling
van een persoon om die saak te beslis. So
nie verneem ons graag binne veertien dae die naam en adres van die persoon deur
u benoem."
Hierna het die respondente (as applikante) teen die appellant (as respondent)
'n aansoek by wyse van mosie geloods in die Noord-Kaapse
afdeling vir 'n bevel
met koste,
wat /10
-10-wat
(1) verklaar "dat die kennisgewing, deur en ten behoewe
van respondent gerig aan applikante op 23 September 1980, soos aangevul deur
'n verdere kennisgewing deur en te behoewe van respondent
gerig aan applikante
op 25 November 1980, ten aansien van 'n grens-heining tussen eiendomme wat
behoort aan applikante en respondent,
nie regsgeldig is nie en dat geen
verpligtinge daaruit voortspruit of ontstaan waarkragtens applikante verplig is
of verplig kan
word om deel te neem aan prosedure soos voorgeskryf deur artikel
29 van die Om-heiningswet, Nr. 31 van 1963;"
(2) verklaar "dat enige optrede deur respondent inge-
volge die bepalings van artikel 29 van die Omheiningswet, Nr. 31 van 1963,
voort-spruitend uit die voornoemde kennisgewings en die
geskil wat hieromtrent
ontstaan het tussen applikante en respondent, nie regsgeldig is nie, en dat
applikante ge-volglik nie gebonde
is aan enige besluit
van /11
-11-
van 'n Raad wat saamgestel is kragtens die
bepalings van die Tweede Bylae tot die gemelde Wet nie;"
LICHTENBERG, R het die aansoek met koste van die hand gewys en daarna, op
appel, het die volle Hof (JACOBS, R P , STEEN-KAMP, R et
BASSON, R),
eersgenoemde uitspraak omvergewerp. Albei die uitsprake kom in die hofverslae
voor onderskeidelik te 1981(4) S A 690
en 1982(4) S A 187. Die appellant kom nou
in hoer beroep na hierdie Hof met verlof van die volle Hof.
Die relevante feitelike agtergrond soos deur LICHTENBERG, R opgesom, word
deur JACOBS, R P herhaal te 1982(4) S A op 188 E- 189 C
en, met uitsondering van
wat reeds hierbo vermeld word en hierna beklemtoon of bygevoeg word,
is /12
-12-is ek nie van voorneme om die feite weer 'n keer uiteen te
sit nie.
Die appellant se standpunt is dat op grond van ge-tuienis deur hom aangevoer
(vgl die uitspraak van JACOBS, R P op 192B-D) die bestaande
heining nie
jakkalsdig is nie en ge-volglik nie kan kwalifiseer as 'n jakkalsheining
ingevolge die bepalings van die Omheiningswet
nie. Derhalwe, voer hy aan, is hy
geregtig om ingevolge artikel 7 van die Omheinings-wet op te tree en die
respondente te verplig
om 'n bydrae tot die koste van 'n jakkalsheining te maak.
Daarteenoor is die houding van die respondente, soos blyk uit die brief
van 24
Oktober 1980, dat daar geen nodigheid vir die oprig-ting van 'n jakkalsheining
bestaan nie gesien die feit dat
daar /13
-13-daar reeds een is. Kort gestel is dit die twis waaroor daar
tussen die Hof van eerste instansie en die Hof benede meningsverskil
bestaan en
waaroor daar nou beslissend deur hierdie Hof geantwoord moet word.
Volgens my siening van die probleem is dit van deurslaggewende belang dat dit
gemeensaak is dat gedurende die tydperk 1954 tot 1958
die tussenheining tussen
Rustenvrede en Bakrivier omskep is in 'n ongedierte kerende heining volgens die
bepalings van die 1912 Wet
soos uitgebrei deur die 1922 wet en wel in dié
vorm waar in dit tans nog bestaan. Die 1912 wet soos uitgebrei deur die 1922
wet
is weliswaar,soos reeds aangedui,deur art 33(1) van die Omheiningswet herroep
met die gevolg dat die uitdrukking "ongedierte
kerende heining"
(Engels /14
-14-(Engels: "vermin proof fence") verdwyn het. Maar die
Om-heiningswet is 'n samevattende wet en het gemelde uitdrukking wat deur
artikel 1(4) van die 1922 wet omskryf word as "een heining, waar jakhalzen niet
kunnen doordringen ..." (Engels: "a fence which is
jackal proof ...") vervang
deur "jakkals-heining" (Engels: "jackal-proof fence") wat omskryf word as "'n
grensheining wat jakkalsdig
is" (Engels: "a boundary fence which is
jackal-proof"). In wese is 'n "ongedierte kerende heining" en 'n
"jakkalsheining" presies
dieselfde en waar 'n taalverandering van hierdie aard
in 'n samevattende wet voorkom is dit onbelangrik en geen aanduiding van 'n
verander-de betekenis nie (
O'Toole v Scott
,
[1965] A C 939
op 958 E -
F).
Aangesien /15
-15-Aangesien die jakkalsheining wat tussen 1954 tot 1958 onder die 1912 Wet
soos uitgebrei en gewysig deur die 1922 Wet tot stand
gekom het, onstaan die
vraag of dit steeds
'n jakkalsheining is onder die Omheiningswet. Anders
gestel: behou die huidige heining sy vorige status? Voor ons is namens die
appellant
aangevoer dat sub-artikel (2) van artikel 33 van die Omheiningswet
slegs 'n vermoede skep dat wat gedoen is ingevolge enige bepaling
van die
herroepe 1912 Wet soos gewysig gedoen is ingevolge die ooreenstemmende bepaling
van die Omheiningswet en nie
(a) bepaal dat indien die bepalings van die herroepe
wet m b t die oprigting van 'n jakkalsheining nage-kom is daar inderdaad so 'n
heining tot stand gekom
het /16
-16-het wat vir alle tye geag moet word opgerig te ge-wees het ingevolge die
Omheiningswet nie; en (b) die bestaande heining tot 'n
grensheining
wat
jakkalsdig is, kan verhef teenstrydig met getuienis dat die heining nie
jakkalsdig is nie. Hierdie betóóg misken die
drawydte van die
sub-artikel en verloor uit die oog eerstens dat, soos reeds aangedui, die
Omheiningswet 'n samevattende Wet is wat
nie voorgee wysigend te wees nie en aan
die bepalings waarvan, in die reël,
prima facie
dieselfde gevolg
gegee word as aan die wette wat dit vervang (
Mitchell v Simpson
,
25 Q B D
183
op 190 per FRY, L J). Tweedens is die sub-artikel 'n beskouingsbepaling wat
as oogmerk het om voorafbestaande wetsgevolge te laat
voortduur soos dit bestaan
het voor die aanname van die Omheiningswet. (
Gilbert v
Gilbert
/17
-17-
Gilbert and Boucher
, [1928] P l op 7 i f). Vir sover tans
toepaslik bepaal sub-artikel (2) dat enige stap of enigiets
gedoen
ingevolge die 1912 Wet soos uitgebrei deur die 1922
Wet beskou word gedoen te gewees het ingevolge die Omheinings-
wet d w s
dat dit werklik aldus gedoen is. Die uitdrukking
"enige stap of enigiets gedoen" (Engels: "any ... action
taken" "any ...thing done") is ongekwalifiseerd, onbeperk
en uiters wyd gestel. Daar bestaan geen goeie rede om die
betekenis van
die uitdrukking in te kort nie en die totstand-
brenging van 'n
"jakkalsheining" is dus iets gedoen onder
die uitgebreide bepalings van die
1912 Wet en gevolglik, uit
hoofde van die beskouingsbepaling, ook gedoen
onder die Om-
heiningswet. Gevolglik is dit steeds 'n jakkalsheining.
Die /18
-18-Die Omheiningswet maak nie voorsiening
vir die
de novo
op-rigting van 'n jakkalsheining waar daar reeds een
bestaan nie. Voorsiening word wel daarvoor gemaak dat wanneer 'n jakkals-heining
beskadig word of instandhouding vereis dit herstel kan word op rekening van
albei eienaars (artikel 10) of, soos later sal blyk,
indien verbetering begeer
word verander-ings aangebring kan word. Hieruit kan afgelei word dat dit die
bedoeling van die wetgewer
was dat wanneer 'n jakkals-heining eens opgerig is
dit 'n afgehandelde saak is, 'n reg tussen die bure bevestig dat hulle plase
deur
'n jakkalsheining geskei word en dat 'n bestaande jakkalsheining nie van
karakter verander nie slegs omdat vasgekeerde jakkalse by
geleentheid oor die
heining spring of omdat klein "speenoud" jakkalsies
deur /19
-19-deur die ogiesdraad kruip of omdat ystervarke tonnels grawe wat jakkalse
deurlaat. Indien die Omheiningswet nie so 'n reg skep
nie, word finaliteit
moeilik bereik aangesien ruimte vir verbeterings met die koms van nuwe
tegnologie in heining-konstruksie sigself
herhaaldelik kan voordoen.
Dit bring my tot oorweging van die laaste vraag nl of die appellant se
kennisgewing van 23 September 1980 soos aangevul deur dié
van 25 November
1980 regsgeldige ge-volge vis-á-vis die respondente het. Eersgenoemde
kennisge-wing verklaar ondubbelsinnig
dat dit geen verband hou met artikel 11
van die Omheiningswet nie, maar dat dit ingevolge artikel 7 gerig word.
Sub-artikel (1) van
artikel 7 bepaal:
'n /20
-20-
"'n Eienaar van 'n hoewe gelee in 'n gebied
waarin bydraes verpligtend is, wat voor-nemens is om 'n grensheining tussen
daar-die hoewe
en 'n ander sodanige hoewe op te rig, moet, indien hy verlang dat
die eienaar van daardie ander hoewe tot die koste van die heining
moet bydra,
aan daardie eienaar skriftelike kennis gee (so na moontlik in die vorm
uiteengesit in die Eerste Bylae) van sy voorneme
om die heining op te rig, en
moet die kennis-gewing dateer en daarin die spesifikasies en beraamde koste van
die heining en die deel
van daardie koste wat hy verlang daardie eienaar moet
bydra, uiteensit."
En sover vir huidige doeleindes toepaslik bepaal sub-artikel (2) van artikel
7:
"Indien die eienaar van wie dit aldus vereis word dat hy bydra, ... (a) by
die eienaar wat die kennis gegee
het 'n beswaar daarteen indien en verklaar
dat /20(a)
-20(a)-
dat hy 'n ander soort grensheining wil
oprig, en die spesifikasies en beraamde koste van sodanige heining uiteensit,
kan enigeen van
die twee eienaars, indien hulle daaroor nie ooreenkom nie, eis
dat die saak oor-eenkomstig die bepalings van die Tweede Bylae as
'n geskil
beslis word; (b) nie so 'n beswaar indien nie, kan die eienaar wat kennis gegee
het, onver-wyld tot die oprigting van die
hein-ing oorgaan."
Artikel 11 lui:
"'n Eienaar kan ter eniger tyd 'n grenshein-ing ten opsigte van sy hoewe so
verander dat dit 'n beter soort heining uitmaak: Met dien
verstande dat die
eienaar van die aangrensende hoewe wat deur sodanige
heining /21
-21-
heining geskei word nie vir 'n bydrae tot die
verandering aanspreeklik is nie tensy en totdat hy voordelige gebruik aan die
aldus
veranderde soort heining ontleen."
Dit is belangrik om daarop te let dat by die toepassing van die bepalings van
die Omheiningswet 'n verskil gemaak word tussen (a)
die oprigting (artikel 7) en
(b) die verandering (artikel 11) van grensheinings (wat in die gebied relevant
tot hierdie appèl
jakkalsheinings insluit - kyk die woord-bepaling van
"grensheining" in artikel 1). In die geval van (a) word die eienaar van 'n hoewe
wat grens aan dié van 'n eienaar wat voornemens is om 'n jakkalsheining
op te rig in die situasie geplaas dat wanneer hy van
laasgenoemde eie-naar die
kennisgewing in artikel 7 voorgeskryf ontvang hy tot
optrede /22
-22-
optrede moet oorgaan: hy moet of beswaar maak
teen die voorgenome spesifikasies en koste, 'n teenvoorstel maak en by
ontstetenis aan
ooreenkoms hom onderwerp aan beslissing deur 'n raad (met
arbitrasiebevoegdhede) aangestel ooreen-komstig die Tweede Bylae tot die
Omheiningswet of hy moet sy deel van die oprigtingskoste dra. In die geval van
(b) kan sodanige eienaar hom afsydig hou en aanspreeklik-heid
vir 'n
koste-bydrae vermy "tensy en totdat hy voordelige gebruik aan die ... veranderde
soort heining ontleen". Daar is in hierdie
geval geen sprake van onderwerping
aan 'n beslissing deur 'n raad aangestel ooreenkomstig die bepalings van die
gemelde Tweede Bylae
nie behalwe slegs indien ooreenstemming nie bereik kan word
aangaande die
vraag /23
-23-vraag of gemelde eienaar voordelige gebruik ontleen
aan die veranderde heining (artikel 29(c) van die Omheiningswet). Die prosedure
en gevolge vir die aangrensende eienaar in die geval van (a) is dus meer
drasties as dié onder (b). Gevolglik is dit, vanweë
die meer
drastiese gevolge, van kardinale belang vir respondente, as aan-grensende
eienaar, om te kan bepaal of
die.... /24
-24-
die uitvoering van die appellant se voorneme
soos hy dit be-oog, hoegenaamd onder die bepalings van artikel 7 tuisge-bring
kan word.
Die appellant se oogmerk, soos sy kennis-gewing dit duidelik stel, is
nie dat hy 'n heining "van die staanspoor" wil oprig nie, maar
dat
gespesifiseerde "verander-ings en byvoegings" aangebring sal word. Dit kom neer
op die verandering van die bestaande jakkalsheining
om dit 'n beter soort
heining te maak en word juis gedek deur artikel 11. Die "oprigting" van 'n
heining ingevolge artikel 7 is iets
heel anders. Die gewone betekenis van
"oprig" is "bou" of "boontoe laat rys" (HAT betekenis (2)) en van "oprichten"
(die ooreenstemmende
uitdrukking in die 1912 Wet) is "om-hoogheffen of -brengen;
aanbrengen" (Koenen, "Verklarend
Handwoordenboek /25
-25-Handwoordenboek der Nederlandse Taal"). Die begrip
wat die woord oordra is die stigting of aanbring van iets van nuuts af en nie
die maak van veranderings of byvoegings aan iets wat reeds bestaan nie. Die
onderlinge verband tussen die verskillende dele van die
Omheiningswet bevestig
hierdie uitleg: 'n onderskeid word gemaak tussen oprigting (artikel7),
verandering (artikel 11), herstel(artikel
10) en omskepping (artikel 4) van
heinings. Aangesien dit vir huidige doel-eindes nie nodig is nie, verkies ek om
nie 'n mening uit
te spreek oor die gevolgtrekking van LICHTENBERG, R (1981(4)
SA op 700 A) en van die volle Hof (1982(2) SA op 191 A-E) dat die woord
"oprig"
wyd genoeg is om "omskep" in te sluit nie. Maar beslis behoort die woord nie so
wyd uitgelê te word
dat.. /26
-26-
dat dit die verandering van 'n grensheining
insluit nie. Dit sal die gewone betekenis van die woord en die onder-linge
verband hierbo
vermeld geweld aandoen. My gevolg-trekking is dus dat die
appellant 'n onregmatige eis aan die respondente gestel het wat meer van
haar
verg as wat die Omheiningswet beoog waar 'n jakkalsheining reeds in die verlede
opgerig is; dat die daaropvolgende geskil tussen
hulle ontstaan het uit die
ongeoorloofde aanwend-ing van artikel 7 van die Omheiningswet; en dat die volle
Hof tereg 'n bevel ingevolge
die smeekbedes
soos /27
-27-soos deur die respondente aangevra,verleen het.
Die appèl word afgewys met
koste.
APPÉLREGTER
TRENGOVE, A R ) VILJOEN, A R ) SMUTS, W A R ) Stem saam
GROSSKOPF, W A R )