About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2012
>>
[2012] ZANCHC 56
|
|
Anthonissen en Anders v Minister van Minerale Hulp-Bronne en Anders (1759/2010) [2012] ZANCHC 56 (12 October 2012)
Verslagwaardig:
Sirkuleer
Aan Regters:
Sirkuleer
aan Streeklandroste
Sirkuleer
Aan Landdroste:
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
IN
DIE NOORD-KAAP HOË HOF, KIMBERLEY
Saakno: / Case number:
1759 / 2010
Datum verhoor: / Date
heard:
29 / 08 / 2012
Datum gelewer: / Date
delivered:
12 / 10 / 2012
In
die aansoek tussen:
EBENHAESER
ZIKMANN ANTHONISSEN
........
Eerste
Applikant
ANNA
SOPHIA ANTHONISSEN
....................
Tweede
Applikant
FMC
MINERALS BK
........................................
Derde
Applikant
en
MINISTER
VAN MINERALE HULP-
BRONNE
...................................................
Eerste
Respondent
DIE
STREEKBESTUURDER, NK PROVINSIE:
DEPARTEMENT
VAN MINERALE HULP-
BRONNE
.................................................
Tweede
Respondent
ASSMANG
BEPERK
.....................................
Derde
Respondent
SEBILO
RESOURCES (EDMS) BPK
..............
Vierde
Respondent
Coram:
Lacock,
R
UITSPRAAK
Lacock,
R
In hierdie
aangeleentheid doen die applikante aansoek vir die volgende
regshulp:
“
1. Dat verklaar word dat
die eerste en tweede applikante die eienaars geword het en steeds is
van alle ontginde mangaandraende erts
wat tans op die plaas Perth Nr
276, geleë in die distrik van Kuruman, is.
2. Dat verklaar word dat geen
persoon of instansie anders dan die applikante of persone wat namens
hul daarmee handel, enige reg
of aanspraak het op die voormelde
ontginde mangaandraende erts nie.
3. Dat verklaar word dat die
applikante geregtig is om vry van die beperkings vervat in Artikel 20
van Wet 28 van 2002, te handel
met voormelde erts, wat insluit die
reg om die erts van die betrokke plaas te verwyder
”,
en koste.
In wese beweer die
applikante dat ‘n entiteit genaamd “The Associated
Manganese Mines of South Africa Limited”
(AMMOSAL) kragtens
‘n geldige mynreg, mangaan gemyn het op die tersaaklike
eiendom, maar, nadat mynbedrywighede deur
AMMASOL gestaak is,
laasgenoemde hul eiendomsreg op die uitskot ontginde erts
geabandoneer het; en dat hulle (die applikante)
ten tye van die
registrasie van eiendomsreg van die tersaaklike eiendom in die naam
van die derde applikant, eienaars van daardie
uitskot erts geword
het.
Voorts word beweer
dat die vierde respondent en andere deur die vierde respondent tans
besig is met mynbedrywighede op die tersaaklike
eiendom en dat
sodanige betreding van die eiendom sowel as die mynbedrywighede
daarop tans onregmatig geskied.
Die vierde respondent
daarenteen beweer dat die tweede respondent ‘n geldige
prospekteer permit aan hom uitgereik het
en waarkragtens hy
geregtig is om aldaar te myn.
Die primêre
geskil tussen die partye setel om die vraag naamlik of AMMASOL sy
eiendomsreg in die uitskot erts abandoneer
het, en of AMMASOL steeds
die eienaar is van sodanige uitskot erts. In hierdie verband steun
die applikante aan die een kant
op dokumentasie waarkragtens ‘n
direkteur van AMMASOL te kenne gegee het dat die maatskappy sy
eiendomsreg in die uitskot
erts abandoneer het; terwyl die vierde
respondent aan die ander kant eweneens steun op ‘n skrywe van
‘n direkteur
van AMMASOL en waarin hierdie persoon aandui dat
AMMASOL nie sy eiendomsreg in die uitskot erts abandoneer het nie,
en dat die
vierde respondent vervolgens geregtig daarop was om
aansoek te doen vir ‘n magtiging vir die ontginning van
daardie erts.
Uit die voorgaande is
dit dus duidelik dat die wese van hierdie geskil daarin geleë
is of AMMASOL sy eiendomsreg in en tot
die uitskot erts abandoneer
het, aldan nie. Die advokate vir die onderskeie partye is dit eens
dat, indien AMMASOL inderdaad
sy eiendomsreg in die uitskot
abandoneer het, die applikante geregtig sal wees op die regshulp
soos versoek. Die vraag of AMMASOL
sy eiendomsreg in die uitskot
erts abandoneer het, sal eweneens deurslaggewend wees vir die
verdere vraag naamlik of die tweede
respondent regmatiglik ‘n
mynpermit aan die vierde respondent kon uitreik.
In die lig van die
teenstrydige mededelinge van verskillende direkteure van AMMASOL, is
dit ooglopend dat hier ‘n feite
dispuut ontstaan het wat nie
op die stukke beslis kan word nie. Geeneen van die partye het ook ‘n
eedsverklaring van enige
verteenwoordiger van AMMASOL geliasseer ter
ondersteuning van die een of die ander standpunt van daardie
maatskappy nie.
Uit hoofde van die
voorgaande het ek, nadat argument in hierdie aangeleentheid
aangehoor is, ‘n geleentheid aan die regsverteenwoordigers
van
die partye gebied om aan my addisionele betoogshoofde voor te lê
(indien hulle so verkies) waarom hierdie geskilpunt
nie na getuienis
verwys behoort te word nie. Geeneen van die partye het egter van
hierdie geleentheid gebruik gemaak nie.
Na my mening kan nie
gesê word dat die applikante hierdie feite-dispuut moes
voorsien het nie. Duidelik het die brief, teenstrydig
met dié
waarop die applikante gesteun het, vir die eerste keer onder hul
aandag gekom tydens die liasseer van die opponerende
stukke.
Aangesien die antwoord op al die vraagstukke hierin ter sake
sentreer rondom die vraag naamlik wie tans die eienaar van
die
uitskot erts is; dit wil sê of AMMASOL sy eiendomsreg daarin
abandoneer het, aldan nie, is ek daarvan oortuig dat dit
in belang
van geregtigheid is dat hierdie aangeleentheid na getuienis verwys
word vir die ontrafeling van hierdie enkele geskilpunt.
Uit hoofde van die
voorgaande word die volgende bevel hierin verleen:
DIE AANSOEK WORD
SINE DIE UITGESTEL.
DIE VOLGENDE
GESKILPUNT WORD NA GETUIENIS VERWYS:
“
HET “THE
ASSOCIATED MANGANESE MINES OF SOUTH AFRICA LIMITED” SY
EIENDOMSREG IN DIE UITSKOT MANGAANERTS OP DIE EIENDOM
BEKEND AS DIE
PLAAS “PERTH NOMMER 276, GELEë IN DIE AFDELING KURUMAN,
PROVINSIE NOORD-KAAP, GROOT 1991.5297 HEKTAAR,
ABANDONEER, OF IS DIE
VOORMELDE MAATSKAPPY STEEDS DIE EIENAAR VAN SODANIGE UITSKOT
MANGAANERTS?
”
VERLOF WORD AAN DIE
PARTYE VERLEEN OM HIERDIE HOF TE NADER, INDIEN HULLE SO VERKIES, VIR
ENIGE REëLING TEN AANSIEN VAN PROSEDURELE
AANGELEENTHEDE WAT
NODIG MAG WEES VIR DIE BEREGTING VAN DIE VOORMELDE FEITE GESKIL.
GEEN BEVEL TEN
AANSIEN VAN KOSTE WORD GEMAAK NIE, EN SAL OORSTAAN VIR LATERE
BEREGTING.
____________________
Lacock, R
REGTER
Namens
Applikante:
Adv. W.J. Coetzee i.o.v. De Jager Prokureurs
Namens
1ste Respondent:
Adv. Wesley i.o.v. Van de Wall en Vennote