About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2012
>>
[2012] ZANCHC 54
|
|
Els v Breda NO en Ander (753/2012) [2012] ZANCHC 54 (21 September 2012)
Verslagwaardig:
Sirkuleer
Aan Regters:
Sirkuleer
aan Streeklandroste
Sirkuleer
Aan Landdroste:
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
IN
DIE NOORD-KAAP HOË HOF, KIMBERLEY
Saakno: / Case number:
753/2012
Datum verhoor: / Date
heard:
14 / 09 / 2012
Datum gelewer: / Date
delivered:
21 / 09 / 2012
In
die saak tussen:
PETRUS
ARNOLDUS ELS
...........................................
Applikant
en
LANEL
BREDA N.O.
....................................
Eerste
Respondent
DIE
MEESTER : HOOGGEREGSHOF,
KIMBERLEY
............................................
Tweede
Respondent
Coram:
Lacock,
R
UITSPRAAK
Lacock,
R
Hierdie is die
keerdatum van ‘n voorlopige sekwestrasiebevel verleen op 4 Mei
2012 waarkragtens die bestorwe boedel (die
boedel) van wyle Sarel
Johannes Breda (die oorledene) onder voorlopige sekwestrasie geplaas
is. Na verlening van die bevel nisi
het die eerste respondent, synde
die weduwee van die oorledene en die eksekutrise in die boedel, die
bekragtiging van die voorlopige
bevel opponeer en ook opponerende
stukke geliasseer. Die applikant versoek dat die bevel bekragtig
word.
Dit is gemeensaak
tussen die partye hiertoe dat:
2.1. die eerste
respondent deur die Meester (tweede respondent) as eksekutrise in die
boedel aangestel is nadat sy beswaar aangeteken
het teen die wyse
waarop die aanvanklike aangestelde eksekuteur die boedel hanteer het;
2.2. die eerste
respondent in haar taak as eksekutrise bygestaan word deur ‘n
praktiserende prokureur;
2.3. die eerste
respondent in haar hoedanigheid as eksekutrise die vordering van die
applikant teen die boedel betwis; en
2.4. die boedel
inderdaad insolvent is.
Die wese van die
geskil tussen die partye is geleë in die vraag naamlik of die
boedel ingevolge die toepaslike voorskrifte
van die Boedelwet, nr.
66 van 1965 beredder behoort te word, of ingevolge die voorskrifte
van die Insolvensiewet, nr. 24 van
1936. ‘n Bevinding soos
versoek deur die applikant sal die bekragtiging van die voorlopige
bevel tot gevolg hê; en
‘n bevinding soos versoek deur
die eerste respondent, die opheffing daarvan.
Adv Gilliland, namens
die eerste respondent, het aan die hand gedoen dat die bevel opgehef
behoort te word op grond van ‘n
aantal redes en waarmee ek
seriatim hieronder handel.
Eerstens is betoog dat
die applikant versuim het om aan te toon dat sekwestrasie van die
boedel tot voordeel van skuldeisers sou
wees. Op grond van die
gebrek aan bewys van hierdie jurisdiksionele feit, so betoog die
geleerde advokaat, ontbreek die applikant
aan die nodige
locus
standi
om die aansoek te bring.
4.1. Afgesien daarvan
dat die beroep op ‘n gebrek aan
locus standi
op grond
van die voorgaande my ietwat gekunsteld voorkom, meen ek dat die
applikant tog daarin geslaag het om aan te toon dat die
sekwestrasie
van die boedel tot voordeel van skuldeisers kan wees.
4.2. In sy funderende
eedsverklaring verwys die applikant na ‘n handgeskrewe
inventaris waaruit dit blyk dat, by sy dood,
die oorledene beskik het
oor ‘n hele aantal eiendomme asook motorvoertuie. Ten spyte van
herhaalde skriftelike versoeke aan
die eerste respondent om aan hom
besonderhede te verskaf van die bates en laste in die boedel, het die
eerste respondent deurgaans
geweier om sodanige inligting aan die
applikant te verskaf. Trouens, haar houding hieraangaande is as volg
in haar antwoordende
eedsverklaring verwoord:
“
11.2. I am advised by my
attorneys, which advice I accept, that I do not have an obligation to
supply details of the assets and
liabilities position of the estate
to any person who may enquire;
...
11.5. I submit that our failure
to comply with the Applicant’s demand for a detailed exposition
of the assets and liabilities
of the estate on/or before Monday, 3
October 2011, constituted a clear indication of the fact that we were
not prepared to play
ball with the Applicant and in the
circumstances, he was welcome to do whatever it was that he wanted to
do.
”
4.3. Ten spyte daarvan
dat in die handgeskrewe inventaris melding gemaak is van vyf luukse
voertuie ter waarde van ongeveer R1,58
miljoen, blyk dit dat daarna
‘n tweede inventaris by die Meester ingedien is deur die eerste
respondent. Prokureur Engelbrecht
bevestig hieraangaande as volg:
“
Tydens my prokureur van
rekord, Mnr Engelbrecht, se eerste besoek aan die kantore van die
tweede respondent op 9 Mei 2011 en waartydens
die lêer
behoorlik nagegaan is, was daar wel ‘n tweede inventaris
ingedien deur die eerste respondent en/of haar agent
in die lêer
opgemerk waarin slegs ‘n Mercedes Benz 270 en onroerende
eiendomme opgegee was as bates. Tydens my prokureur
se opvolgbesoek
aan die Meesterskantoor kort voor die rig van hierdie aansoek, was
die betrokke inventaris egter uit die Meester
se lêer
verwyder.
”
Prima facie
wil
dit dus voorkom dat, terwyl die eerste respondent die eksekutrise in
die boedel was, daar ‘n vraagteken hang oor die
moontlike
vermindering of vervreemding van bates in die boedel.
4.4. Uit die voorgaande
alleen is dit ooglopend dat die sekwestrasie van die boedel tot
voordeel van skuldeisers sal wees. Sekwestrasie
sal die nodige
meganisme vir ‘n ondersoek in hierdie verband beskikbaar stel.
Die blote
geheimsinnigheid van die eerste respondent en haar onwilligheid om
die bate en laste posisie van die boedel openbaar te
maak kom my
eweneens
prima facie
voor as verdag. Sy het ooglopend ‘n
belang in die boedel – vandaar haar beswaar teen die
aanvanklike eksekuteur –
en dit is twyfelagtig of sy die boedel
objektief sal beredder kragtens die toepaslike voorskrifte van die
Boedelwet.
Tweedens betoog mnr
Gilliland dat die vorderings van die applikant op die oog af verdag
voorkom en dat dit in iedere geval verjaar
het.
5.1. Mnr Gilliland moet
gelyk gegee word dat die vorderings van die applikant op die oog af,
om die minste te sê, eienaardig
en nie ingevolge normale
besigheidspraktyk nie, voorkom. Die applikant se vorderinge spruit
uit gelde na bewering geleen en voorgeskiet
aan die oorledene. Die
meeste brondokumente ter stawing van hierdie vorderinge en wat
letterlik miljoene rande beloop, bestaan
uit handgeskrewe sogenaamde
“I.O.U’s”. Dit is dus verstaanbaar dat die eerste
respondent nie hierdie eise wou
aanvaar nie, en die
bona fides
van die applikant daaraangaande betwyfel.
5.2. Na my mening egter
sal ‘n kurator in ‘n insolvensieproses onder die
Insolvensiewet in ‘n veel beter posisie
wees om meer objektief
die geldigheid van hierdie eise te ondersoek. Die Boedelwet maak nie
voorsiening vir die tipe ondervragingsproses
soortgelyk aan dié
vervat in die Insolvensiewet nie. Op die oog af wil dit voorkom dat
‘n behoorlike ondervraging
kragtens die toepaslike voorskrifte
van die Insolvensiewet onvermydelik sal wees vir die bereddering van
die boedel.
5.3. In soverre mnr
Gilliland aanvoer dat die vorderings van die applikant verjaar het,
blyk daar twee antwoorde hierop te wees.
5.3.1. Eerstens wys Adv
Coetzee, namens die applikant, daarop dat, voordat die
verjaringstermyn uitgeloop het, die oorledene ‘n
bedrag van
R1,3 miljoen aan die applikant betaal het. Dit, so betoog mnr
Coetzee, stel ‘n erkenning van skuld daar wat die
verloop van
verjaring gestuit het. Mnr Gilliland se antwoord hierop naamlik dat
hierdie betaling deur die familietrust van die
oorledene gedoen is,
en dus nie ‘n bewys van afkorting van die oorledene se skuld
daarstel nie, is totaal kleurloos. Die
vraag is nie wie die betaling
gedoen het nie, maar wat van belang is, is naamlik ter afkorting van
watter verskuldigdheid dit gedoen
is.
5.3.2. Tweedens lê
dit myns insiens nie op die weg van hierdie Hof om nou – in die
lig van die ooglopende feitegeskille
hieraangaande – op die
stukke te poog om hierdie geskille te besleg nie. Hierdie vraagstuk
kan eweneens met gerief aangespreek
en gedissekteer word in ‘n
behoorlike ondervragingsproses kragtens die insolvensieverrigtinge.
Vervolgens het Mnr
Gilliland aangevoer dat, in die lig daarvan dat die applikant ‘n
dominerende stem kan uitoefen by die
aanstelling van ‘n
kurator, die moontlikheid bestaan dat hy vir ‘n persoon kan
stem wat sy saak sal begunstig.
6.1. Die kort antwoord
hierop meen ek is geleë daarin dat die Meester en uiteindelik ‘n
bevoegde Hof te alle tye ‘n
sogenaamde waghond voogdyskap oor
enige moontlike ongerymde handelinge van ‘n kurator uitoefen.
Die meganisme om dit in werking
te stel is te alle tersaaklike tye
tot beskikking van alle belanghebbendes.
Laastens het mnr
Gilliland aangevoer dat daar weinig verskil is tussen die
bereddering van ‘n insolvente boedel kragtens
die Boedelwet,
en meer bepaald artikel 34 daarvan en die bereddering daarvan
kragtens die Insolvensiewet. Aangesien die eerste
respondent reeds
deur ‘n prokureur bygestaan word, so argumenteer mnr
Gilliland, sal dit goedkoper en tot voordeel van
skuldeisers wees om
eerder die proses wat reeds aan die gang is, deur te voer in plaas
daarvan om die boedel
de novo
te beredder kragtens ‘n
formele sekwestrasieproses.
7.1. Eerstens is ek van
oordeel dat die ooglopend subjektiewe betrokkenheid van die eerste
respondent nie strek tot die voordeel
van skuldeisers nie.
7.2. Tweedens is dit
vir my moeilik om in te sien waarom ‘n kurator nie met min
moeite en koste eenvoudig in die skoene van
die eksekutrise kan
instap en voortgaan met die beredderingsproses nie.
7.3. Die eksekutrise
word in iedere geval deur ‘n prokureur bygestaan in die
bereddering van die boedel. Dit kan aanvaar word
dat die prokureur
nie kosteloos optree nie, en sal sy of haar vergoeding waarskynlik
deur die boedel betaal word. Of daardie gelde
na die prokureur van
die eerste respondent of na die kurator gaan, kom my ses van die een
en ‘n halfdosyn van die ander voor.
In iedere geval is geen
getuienis voor my geplaas ten aansien van die beweerde verskil in
kostes en/of uitgawes nie.
Uit hoofde van die
voorgaande is ek tevrede dat dit in die beste belang van skuldeisers
sal wees indien die bevel
nisi
bekragtig word.
Wat die koste
aanbetref meen ek nie dat gesê kan word dat die opponering van
die aansoek deur die eerste respondent in haar
hoedanigheid as
eksekutrise so onredelik was dat sy belas behoort te word om enige
koste
de bonis propriis
te betaal nie.
Bygevolg word die
volgende bevel hierin verleen.
DIE VOORLOPIGE
SEKWESTRASIEBEVEL HIERIN VERLEEN OP 4 MEI 2012 WORD BEKRAGTIG EN
FINAAL GEMAAK.
DIE KOSTE VAN DIE
AANSOEK SAL KOSTE IN DIE SEKWESTRASIE WEES.
____________________
Lacock, R
REGTER
Namens
Applikant:
Adv. W.J. Coetzee i.o.v. Engelsman, Magabane Ing.
Namens
1ste Respondent:
Adv. JG Gilliland i.o.v. Mervyn Joel Smith
Prokureurs