Geldenhuys en Ander v Kommissaris van die Hof van Klein Eise en Anders (1750/2010) [2012] ZANCHC 46 (7 September 2012)

58 Reportability
Administrative Law

Brief Summary

Judicial Review — Recusal of Commissioner — Allegations of bias — Applicants sought to have judgment set aside on grounds of the commissioner’s prior involvement as their attorney — Commissioner’s dual role created a reasonable apprehension of bias — Court held that the commissioner’s participation in the proceedings constituted a gross irregularity, warranting the setting aside of the judgment.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2012
>>
[2012] ZANCHC 46
|

|

Geldenhuys en Ander v Kommissaris van die Hof van Klein Eise en Anders (1750/2010) [2012] ZANCHC 46 (7 September 2012)

Rapporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste: Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste: Ja / Nee
IN DIE Hoë HOF
VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Hoë
Hof, Kimberley)
Saak No: 1750/2010
Saak Aangehoor:
24/08/2012
Datum gelewer:
07/09/2012
In
die saak tussen:
W J W Geldenhuys
............................................................................
1ste
Applikant
H E Geldenhuys
..................................................................................
2de
Applikant
en
Kommissaris van die Hof
van Klein Eise
........................................
1ste
Respondent
W Viljoen
.......................................................................................
2de
Respondent
P J Cilliers
.......................................................................................
3de
Respondent
Landdros vir die
distrik van Richmond
...........................................
4de Respondent
Coram: Kgomo RP et
Olivier R
UITSPRAAK
Olivier R:
Die applikante, mnr W
J W en me H E Geldenhuys, was in die Hof vir Klein Eise die
verweerders in ʼn aksie waarin vonnis teen
hulle en ten gunste
van die derde respondent, mnr P J Cilliers, toegestaan is in ʼn
bedrag van R3 800.00.
Die
applikante vra nou op hersiening dat die vonnis tersydegestel word.
Die betrokke kommissaris, mnr W Viljoen, is in sy amptelike
en
persoonlike hoedanighede gesiteer as, onderskeidelik, die eerste en
tweede respondent. Ek sal egter gerieflikheidshalwe hierin
meestal
na hom verwys as “
die
kommissaris

.
Die landdros vir die distrik van Richmond, Noord-kaap, is in haar
amptelike hoedanigheid, en uit hoofde van haar aanstelling
van die
kommissaris in hierdie hoedanigheid
1
,
gesiteer.
In
hulle kennisgewing van mosie het die applikante versoek dat die
tweede respondent gelas word om die koste van die aansoek te
betaal
op die skaal van prokureur en eie kliënt, alternatiewelik dat
die eerste en tweede respondente gelas word om die
koste gesamentlik
en afsonderlik te betaal
2
.
In die verdere alternatief is versoek dat, sou die derde en vierde
respondente die aansoek opponeer, hulle gelas moes word om
die koste
van die aansoek dan gesamentlik en afsonderlik met die eerste en
tweede respondente te betaal.
Dit is gemenesaak dat
die kommissaris voorheen in sy hoedanigheid as prokureur van die
applikante met hulle gekonsulteer het oor
presies dieselfde
aangeleentheid wat later die onderwerp van die betrokke aksie in die
Hof vir Klein Eise was, en dat hy selfs
ook destyds namens hulle ʼn
skrywe gerig het in reaksie op ʼn aanmaningskrywe. In sy skrywe
het die kommissaris toe,
in sy hoedanigheid as die applikante se
prokureur, gehandel met wat hulle weergawe sou gewees het.
Die
onderhawige aansoek is gebring op die basis dat die kommissaris uit
hoofde van sy vroeëre verhouding met die applikante
ʼn
belang by die geding gehad het en/of bevooroordeeld was
3
en
dat sy deelname aan die verrigtinge ʼn growwe onreëlmatigheid
daargestel het
4
,
soos bedoel in subartikels (b) en (c) van artikel 46 van die Wet.
Alhoewel daar
aanvanklik namens al vier die respondente kennis gegee is van
opponering, is dit later namens die derde en vierde
respondente
teruggetrek. Daar is nie namens hulle enige stukke of betoogshoofde
geliasseer nie en hulle het geensins verder deelgeneem
aan die
proses van hierdie aansoek nie. By die aanhoor van die aansoek is
daar ook nie namens enige van die applikante of die
kommissaris
geargumenteer dat die derde en vierde respondente vir koste
verantwoordelik gehou moet word nie en ek meen dus dat
van die
grondslag uitgegaan behoort te word dat hulle in effek nie hierdie
aansoek teengestaan het nie.
Die kommissaris het ʼn
antwoordende verklaring afgelewer waarin hy, breedweg, aangevoer het
dat die applikante toegestem het
daartoe dat hy as kommissaris
optree, dat hulle daardeur verkies het om afstand te doen van enige
reg wat hulle mag gehad het
op sy rekusering en dat die aansoek om
die tersydestelling van die vonnis derhalwe afgewys moes word met
koste, eweneens op die
skaal soos tussen prokureur en eie kliënt.
By die aanhoor van die
aansoek is ons egter meegedeel dat die meriete geskik is op die
basis dat die vonnis tersydegestel word
weens die kommissaris se
destydse betrokkenheid en rol, en dat slegs die aspek van koste
bereg moes word.
In die lig hiervan, en
in die lig van mnr Khokho se toegewing namens die kommissaris dat sy
deelname aan die verrigtinge ʼn
grond sou wees vir die
tersydestelling van die vonnis, is dit onnodig om in besonderhede te
handel met die feit dat die kommissaris
voortgegaan het en die
verhoor van die aksie hanteer het. Ek sal my dus beperk tot ʼn
paar bondige opmerkings in hierdie
verband.
Die kommissaris het in
sy antwoordende verklaring aangevoer dat hy nie destyds ʼn
intensiewe konsultasie met die applikante
gevoer het nie en dat sy
kennis van die meriete van die aangeleentheid dus oppervlakkig was
en beperk was tot die inhoud van
sy skrywe.
Dit is egter na my
voordeel juis die inhoud van die betrokke skrywe van die kommissaris
wat dit duidelik maak dat die kommissaris
nie net in naam of
teoreties gesproke as prokureur van die applikante opgetree het nie,
maar dat hy daadwerklik by die meriete
van hulle saak betrokke was
in sy hoedanigheid as hulle prokureur.
In die voorafgaande
aanmaningskrywe is dit geëis dat die applikante meubelstukke
wat by hulle gestoor sou gewees het, moes
oorhandig, by gebreke
waaraan hulle vir die waarde van die betrokke goed aanspreeklik
gehou sou word. Die items wat na bewering
by hulle gestoor sou
gewees het, is in die betrokke skrywe uiteengesit.
Dit stem ooreen met
die inhoud van die latere formele aanmaningsbrief waarmee die aksie
begin is. Daarin is betaling gevorder
van die bedrag van R4 450,00,

synde die vervanging van goedere by u gestoor en nie
terugontvang nie
”.
Die kommissaris se
antwoord op die aanvanklike aanmaningskrywe van die derde respondent
se prokureur was soos volg:

Ek
tree op namens me Geldenhuys wie aan my u brief van 23 Julie 2009
oorhandig het.
My kliënt dra
geen kennis van enige meubelstukke van u kliënt wat op haar
eiendom gestoor is nie, behalwe in soverre die
items in u brief gelys
wat deur u kliënt in ontvang geneem is, deur hom as sy eiendom
geëien is. Geen reeling
(
sic
)
is met haar in die
verband getref nie aangesien sy vir ongeveer ʼn dekade nie in
Richmond woonagtig was nie en weet sy nie eens
of die items wat u
kliënt geneem het sy eiendom is nie. Trouens, sy is seker dat
die toonbank deel van die winkel was en derhalwe
haar eiendom is.
My kliënt
ontken derhalwe dat sy vir die teruggawe van die items, of die
betaling van die waarde daarvan, aanspreeklik is.
Enige aksie wat deur
u kliënt geneem mag word, sal verdedig word.

Nieteenstaande die
verwysing in die enkelvoud na die tweede applikant as die kliënt,
blyk dit duidelik uit die kopstuk van
die skrywe dat beide die
applikante die kommissaris se kliënte was, en was dit inderdaad
ook voor ons gemenesaak dat dit die
geval was.
Dit
is na my oordeel duidelik dat die kommissaris se destydse
betrokkenheid van so ʼn aard was dat dit hom in effek absoluut

en totaal gediskwalifiseer het daarvan om die aksie te verhoor
5
.
Sy kennis was volgens my van so ʼn aard dat dit ʼn
moontlikheid van bevooroordeeldheid geskep het
6
,
waarbo hy hom nie verhewe kon geag het nie. Sodanige
bevooroordeeldheid sou ook nie noodwendig net die applikante tot
nadeel
kon gestrek het nie. Die kommissaris kon byvoorbeeld, by
vergelyking van wat hulle hom voorheen meegedeel het met dit wat
hulle
weergawe voor hom in die verhoor was, ʼn negatiewe
afleiding gemaak het oor hulle geloofwaardigheid.
Mnr Khokho se
toegewing namens die kommissaris maak dit ook onnodig om tot ʼn
bevinding te kom oor of die applikante tydens
die verhoor, en soos
aangevoer deur die kommissaris inderdaad toegestem het daartoe dat
hy voortgaan as kommissaris. Ek volstaan
dus in hierdie verband met
die volgende:
Die
rekord toon dat, toe die verhoor op die betrokke datum uitgestel
is, die eerste applikant ʼn “
alternatiewe
voorsitter

versoek
het en gesê het dat hy selfs vir die doel bereid sou wees om
na ʼn ander plek te reis. Dit lyk nie eintlik
na die houding
van iemand wat bereid sou wees om voort te gaan met die betrokke
kommissaris as voorsittende beampte nie. Die
rekord bevat verder ʼn
aantekening dat “
Mnr
Cilliers
7
is
tevrede dat ek aangaan

,
en bevat geen soortgelyke aantekening ten aansien van die
applikante nie.
Daar
is ook nie genotuleer dat ʼn
ooreenkoms
bereik
is dat die verhoor maar op die volgende datum voor die kommissaris
kon voortgaan indien ʼn ander kommissaris nie
gevind word nie.
Daar is bloot genotuleer dat “
As
ʼn alternatiewe voorsitter nie gevind word nie, sal ek die saak
afhandel

.
Dit lyk meer na ʼn eensydige besluit as na ʼn ooreenkoms.
Insiggewend is daar dan ook op die latere datum genotuleer
dat ʼn
ander kommissaris nie gevind kon word nie en dat “
ooreenkomstig
die
besluit
op
02/02/2010 sal ek dan voortgaan om die saak aan te hoor

8
.
Die feit dat die
applikante dan ook later in die verhoor aansoek gedoen om
rekusering, juis op hierdie grond, is ook moeilik
te versoen
daarmee dat hulle vroeër so sou toegestem met.
Die applikante was in
elk geval weens die aard van daardie verrigtinge nie
regsverteenwoordig nie en die vraag kan gevra word
of hulle werklik
oor die risiko van benadeling ʼn sinvolle en ingeligte besluit
kon geneem het.

It seems to
me it is almost humanly impossible for a man who has been employed to
represent one of the parties in a case, and has
actually carried out
some of the instructions which he has received in respect of the
proceedings in which he has to act in a representative
capacity, can
afterwards be heard to say that there was not any real likelihood of
prejudice in his mind against the persons in
the case which he
afterwards has to try.

9
Ek
verwys in hierdie verband ook na die volgende passasie wat in die
Head
& Fortuin v Woolaston, N.O. & DeVilliers, N.O.
beslissing
10
op
560 met goedkeuring aangehaal is uit ʼn vertaling van Domat se
Civil
Law
:

The most
perfect integrity that can be in Judges is no hindrance why the
parties who have Causes depending before them, may not
challenge
them, or except to them, and why they ought not of their own accord
to abstain from hearing Causes in which they may
have some Interest
or where there may be some just ground for suspecting them: …
for although a Judge may be above the Weakness
of suffering himself
to be biassed or corrupted, and may have resolution enough to render
Justice against his own Relations, and
in the other cases where it
may be lawful for the Parties to except against the Judge, yet they
ought to mistrust themselves, and
not draw upon themselves the just
reproach of a Rash Proceeding, which would in effect be a real
Misdemeanor
”.
Die
belangrikheid daarvan dat ‘n voorsitende beampte nie alleen
inderdaad onpartydig en vry van vooroordeel en beïnvloeding

sal wees nie maar ook van buite, en deur die publiek, so beskou sal
word, is al meermale beklemtoon
11
.
Van besondere belang
vir doeleindes van die beregting van die aspek van koste is die
volgende:
Minder
as ʼn maand nadat die vonnis toegestaan is, het die applikante
se huidige prokureur
12
ʼn
skrywe gerig aan die derde respondent waarin laasgemelde versoek is
om, weens die feit dat die kommissaris se deelname
aan die
verrigtinge ʼn growwe onreëlmatigheid daargestel het,
afstand te doen van die vonnis wat in sy guns toegestaan
is.
Agt dae later het die
derde respondent in ʼn skrywe aan die betrokke prokureur soos
volg geantwoord:

U
laaste skrywe aan my het betrekking
.
Op grond van u
bewering dat die voorsittende beampte in die saak tussen my en Mnr en
Mev Geldenhuis
(
sic
)
ʼn botsing van belang gehad
het, trek ek die saak teen hulle terug
”.
Dit was in argument
voor ons gemenesaak dat, nieteenstaande die verwysing na ʼn
terugtrekking van die saak, die inhoud van
die derde respondent se
skrywe in effek ʼn afstanddoening van die vonnis daargestel
het; ooreenkomstig die versoek aan
hom gerig.
Minder
as twee maande later het die applikante se prokureur egter ʼn
skrywe gerig aan die prokureursfirma waaraan die kommissaris

verbonde is, dit gestel dat die vonnis gebaseer was op ʼn
growwe nalatigheid en versoek dat “
die
Respondente

13
stappe
neem om die vonnis tersyde te stel.
Soos reeds gemeld, het
die derde respondent se voormelde skrywe ʼn duidelike
afstanddoening daargestel. Mnr Rautenbach, die
advokaat vir die
applikante, het tereg toegegee dat die applikante geregtig sou
gewees het om, bloot op hierdie basis al en ongeag
die vraag of die
kommissaris se deelname inderdaad ʼn grond van tersydestelling
sou wees, die vonnis te laat tersydestel.
Die applikante het niks
meer nodig nie as dat die vonnis van hulle name afkom en die derde
respondent het van sy kant duidelik
ook geen verdere belang in die
saak nie.
Die
applikante kon doodeenvoudig in ʼn kort aansoek, moontlik selfs
sommer op die Kamerhofprosedure, ʼn aansoek gebring
het vir die
tersydestelling van die vonnis op die basis van die abandonering, en
in effek toestemming tot die tersydestelling
van die vonnis op
daardie basis, deur die derde respondent
14
.
Dit sou dit onnodig gemaak het om enige van die ander respondente te
betrek op die basis wat dit nou hier gedoen is, en dit
sou dit ook
onnodig gemaak het om deur ʼn hersieningsproses die hele rekord
te laat voorberei en om ʼn saak daarvoor
uit te maak dat die
vonnis tersydegestel behoort te word op grond van die kommissaris se
onreëlmatige optrede.
Die kommissaris het
dan ook, nog voordat namens die applikante die houding teenoor hom
ingeneem is dat “
die Respondente”
stappe moes
neem om die vonnis tersyde te stel, in ʼn skrywe die mening
uitgespreek dat die onderhawige aansoek “
oorbodig

was.
Ek
kon weliswaar nêrens in die Wet of die Reëls daartoe ʼn
statutêre prosedure van abandonering vind nie
15
,
maar dit beteken nie dat die derde respondent nie effektiewelik van
die vonnis sou kon afstand gedoen het nie.

After all, a
judgment records a civil right; it really constitutes a civil right
of a particular character. That right may be waived
....

16
.
Die
derde respondent sou steeds op ʼn gemeenregtelike grondslag
geldiglik sy vonnis en siviele reg kon abandoneer het
17
.
Deur
die derde respondent uit te nooi om so te doen, het die applikante
in elk geval in effek toegestem tot ʼn abandonering
18
.
Die applikante het, in
plaas daarvan om langs hierdie eenvoudige en relatief goedkoop weg
die vonnis van hulle name af te kry,
verkies om voort te gaan met ʼn
volwaardige hersieningsaansoek. Hulle het ook deur die tipe
kostebevele wat hulle teen die
kommissaris versoek het, dit na my
oordeel in effek onmoontlik gemaak vir die kommissaris om nie die
hersieningsaansoek te opponeer
nie. Die kommissaris het dit dan ook
in sy laasgemelde skrywe aan die applikante se prokureurs duidelik
gemaak dat, indien die
applikante op daardie basis sou voortgaan, hy
die “
koste aspek
” sou opponeer.
Die houding wat in
reaksie daarop namens die applikante ingeneem is, is dat die
hersieningsaansoek teruggetrek sou word indien

die
Respondente
” stappe sou neem om die vonnis te laat
tersydestel, en nogal ook die applikante se koste tot datum sou
tender.
Die kommissaris was
nie ʼn party tot die afstanddoening nie en sou nie op grond
daarvan stappe kon geneem het vir die tersydestelling
van die vonnis
nie.
Die verwysing na “
die
Respondente
” kon maar net na die kommissaris (as eerste en
tweede respondente) verwys het. Dit sou geen sin gemaak het om sulke
stappe
en kostes van die derde respondent te verwag nie, want daar
is juis aan hom voorgehou dat hy dit kon vermy deur die vonnis te
abandoneer. Dit sou nog minder sin gemaak het om dit van die vierde
respondent te verwag.
Wat betref die
kommissaris, sou dit naïef gewees het om te verwag dat hy die
vonnis sou laat tersydestel op grond van sy
deelname aan die
verhoor, waar hy juis voorheen ʼn aansoek om sy rekusering
geweier het.
Aan die ander kant het
die kommissaris toe ook egter nie die hersieningsaansoek slegs op
die koste teengestaan, nie. Die tersydestelling
van die vonnis is
ook teengestaan, op ʼn basis wat mnr Khokho geredelik en tereg
toegegee het nie die kommissaris se deelname
aan die verrigtinge kon
regverdig nie. Met daardie houding het die kommissaris volhard tot
op die datum van die aanhoor van die
aansoek, toe die voormelde
toegewings eers gemaak is.
ʼn Mens het tot ʼn
mate simpatie met die kommissaris, wat sonder vergoeding ʼn taak
verrig waarmee sy kollegas in
daardie distrik hom skynbaar nie
behulpsaam wil wees nie. Daar was geen kwaadwilligheid by die
kommissaris nie en dit staan onbetwis
dat hy in effek bloot die saak
afgehandel wou kry en dat hy wel gepoog het om te bewerkstellig dat
ʼn ander kommissaris die
aksie verhoor. Ek sou dus in elk geval
nie bereid gewees het om ʼn bestraffende kostebevel te maak teen
die kommissaris,
in enige van sy hoedanighede, nie.
In die onderhawige
geval, en in die lig van die voorgaande, meen ek egter dat die
billike resultaat een sou wees waar die partye
elk hulle eie koste
dra. Dit het mnr Khokho dan ook geredelik toegegee. Ek is dus van
oordeel dat geen kostebevel gemaak behoort
te word nie.
Bygevolg sou ek die
volgende bevel hierin maak:
Die vonnis teen die
applikante in die Hof vir Klein Eise: Richmond onder saaknommer Sc
2/2009 word tersydegestel.
_____________________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Ek stem saam en dit
word so gelas.
______________________
F D KGOMO
REGTER-PRESIDENT
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms Applikante: Adv S Rautenbach
In opdrag van: Duncan &
Rothman, KIMBERLEY
Nms Respondente: Adv N D Khokho
Namens: Die Staatsprokureur,
KIMBERLEY
1
Artikel
9 (1) A van die Wet op Howe vir Klein Eise, 61 van 1984 (“
die
Wet

)
2
E
k
versonderstel steeds op sodanige bestraffende skaal
3
Aansoekstukke:
bl 9
4
Aansoekstukke:
bl 48
5
Vergelyk
Levy and Levy v Additional Magistrate
of Rustenbrug and Attorney-General
1925
TPD 316
op 323;
Head & Fortuin v
Woolaston, N.O. & DeVilliers, N.O.
1926
TPD 549
op 555
6
Ibid
,
op 556 en 558
7
D
ie
derde respondent
8
My
beklemtoning
9
Levy
and Levy v Additional Magistrate of Rustenbrug and Attorney-General,
supra
, op 323
10
Supra,
voetnota 5
11
Van
Rooyen and Others v The State and Others
2002
(5) SA 246
(CC) op 272C-E;
S v Basson
2007 (3) SA 582
(CC) paras [24] en
[25].
12

n
Ander een as die kommissaris
13
Op
daardie stadium was die hersieningsaansoek egter alreeds geloods.
14
Vergelyk
Kensington Steam Bakery v Dogan
1916 TPD 17
15
Vergelyk
byvoorbeeld Uniforme Hofreël 41 en artikel 86 van die Wet op
Landdroshowe, 32 van 1944
16
Kensington
Steam Bakery v Dogan, supra
, voetnota
14, op 19
17
Sien
Jones & Buckle, The Civil Practice
of the Magistrates’ Courts in South Africa
,
10de uitgawe, vol I, Van Loggerenberg, bl 612 (en die gesag daar na
verwys); Vergelyk
Nationwide Car Rental
(Pty) Ltd v Commissioner of the Small Claims Court: Germiston &
Another
1998 (3) SA 568
(W)
18
Vergelyk
Van Rensburg v Reid
1958
(2) SA 249
(E) op 251f