About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2012
>>
[2012] ZANCHC 42
|
|
S v Malotwane (CA&R 94/2011) [2012] ZANCHC 42 (1 August 2012)
VERSLAGWAARDIG
JA/NEE
SIRKULEER
ONDER REGTERS JA/NEE
SIRKULEER
ONDER LANDDROSTE JA/NEE
IN DIE HOË HOF
VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Hoë
Hof, Kimberley)
SAAK NO.:CA&R
94/2011
DATUM AANGEHOOR:
16-04-2012
DATUM GELEWER:
-08-2012
In die saak tussen:
TUMELO EMMANUEL MALOTWANE
.....................................
APPELLANT
teen
DIE STAAT
..........................................................................
RESPONDENT
CORAM: C C WILLIAMS R
et W.HUGHES-MADONDO WnR:
UITSPRAAK
WILLIAMS R:
1.Die beskuldigde is in
die Landdroshof te Barkley-Wes skuldig bevind op aanklagte van
roekelose bestuur en bestuur onder die invloed
van sterk drank. Die
skuldigbevindings het voortgespruit uit twee verskillende voorvale.
Hy is op elk van die aanklagte gevonnis
tot ‘n boete van
R3000,00 of ses maande gevangenisstraf, asook ‘n verdere 12
maande gevangenisstraf wat voorwaardelik
opgeskort is vir 3 jaar. Dit
is verder gelas dat die beskuldigde se bestuurderslisensie ingevolge
die bepalings van artikels 34
en 35 van die Nasionale Padverkeerswet,
93 van 1996 gekanselleer word en dat hy verbied word om binne die
volgende 5 jaar weer
aansoek te doen om ‘n nuwe lisensie.
2.Die saak het aanvanklik
op outomatiese hersiening voor Olivier R gedien wat die landdros
versoek het om redes vir onder andere
die vonnisse te verskaf. Die
ietwat ontoereikende antwoord deur die Landdros in die verband is die
volgende:
“
Beskuldigde het
my reeds meegedeel dat hy aansoekgedoen het vir ‘n pos waaroor
hy ‘n bestuurderslisensie nodig het.
Beskuldige se optrede was
nie ‘n eenmalige optrede nie. Dit was vir my duidelik dat soos
wat die getuienis aandui dat dit
sy bestuurswyse is. So ‘n
persoon behoort nie ‘n bestuurderslisensie te hê nie.
Gevolglik is sy lisensie gekanseller
voordat hy iemand dood. Om die
rede het ek die kansellasie bevel gemaak.”
3.
Olivier R het
hierna ‘n regsopinie versoek vanaf die Kantoor van die DOV met
die volgende riglyne:
“
1.Is die
opgelegde vonnisse en veral dan ook die bykomende 12 maande
gevangenisstraf wat ten aansien van elk van die aanklagte opgelê
is gepas in die omstandighede van hierdie saak? (sien onder meer,
Kammies
v S
‘n ongerapporteerde uitspraak op appél in hierdie
afdeling onder saakno CA&R 98/10, gelewer op 1 Julie 2011,
S
v Tiyo
[2010] JOL 24880
(ECG) en
S
v Serabo
2002(1) SASV 391 (ECD)0.
2.Was die bevel wat
die landdros ten aansien van die beskuldigde se bestuurslisensie
gemaak het bevoeg? In hierdie geval kan geles
word op die
kwalifiserende verwysing na artikel 35 wat voorkom in artikel 34(1)
van die Wet en ook na die beslissing
S v Wilson
2001(1)
SACR 253 (TPD).
3.Was die bevel ten
aansie van die bestuurslisensie, selfs indien bevoeg, gepas in die
omstandighede van hierdie saak? Het die landdros
behoorlik ondersoek
ingestel na wat die impak van hierdie bevel, of selfs van ‘n
tydelike opskorting van die beskuldigde
se bestuurslisensie, in
hierdie geval sou wees? Het die landdros die beskuldigde ‘n
behoorlike geleentheid gegee om hom hieroor
toe te spreek en het die
landdros in elk geval die beskuldigde behoorlik ingelig van enige van
die bepalings na verwys in die betrokke
bevel?”
4.Mnr Rosenberg van die
Kantoor van die DOV het ten opsigte van die bogenoemde ‘n
goeddeurdagte en gebalanseerde opinie verskaf
waarvoor ons hom dank
verdkuldig is. Dit is egter steeds wys geag om die aangeleentheid vir
argument op die rol te plaas ten aansien
van die drie punte hierbo in
uiteengesit sowel as ‘n bykomende punt wat lees as volg:
(“Het die
beskuldigde se skuldigbevinding aan ‘noortreding van article
65(1) van die betrokke Wet (die Nasionale Padverkeerswet),
(bestuur
ondere die invloed van drank) . . . voor die landdros te plaas?”
“
Het die
beskuldigde se skuldigbeviniding aan ‘n oortreding van article
65(1) van die betrokke Wet (bestuur onder die invloed
van drank)
ingevolge die bepalings van artikel 103(1)(j) van die Wet op die
Beheer van Vuurwapens, 60 van 2000, gelei daartoe dat
die beskuldigde
geag moes word onbevoeg te wees om ‘n vuurwapen te besit (sien
onder andere
State
v Mthetho Joseph Khumalo,
‘
n
ongerapporteerde uitspraak om outomatiese hersiening in die
Vrystaatsse Afdeling onder saakno 138/2011, gelewer op 26 Mei 2011,
Stemmet
v The State,
‘
n
ongerapporteerde uitspraak op appél in die Wes-Kaapse Afdelin
onder saakno A502/2008, gelewer 13 Februarie 2009, en
S
v Lukwe
2005(2)
SACR 578(W)), maar vergelyk
S
v Josing
2010 (1)
SACR 627
(KZ)) en, indien wel, het die landdros aan die beskuldigde
‘n behoorlike geleentheid gebied om sy saak vir doeleindes van
artikel 103(1) voor die landdros te plaas?”
5.Die strafbepalings van
die Wet word vervat in artikel 89 daarvan. Artikel 89(2) handel met
dronkbestuur en bepaal dat ‘n
skuldigbevinding aansodanige
misdryf strafbaar is “
met ‘n boete of met
gevangenisstraf vir ‘n tydperk van hoogstens 6 jaar.”
6.Die eerste vraag wat
dus beantwoord moet word is of die landdros bevoeg was om bykomend
tot die boetevonnisse ook die opgeskorte
vonnisse kon oplê. In
die verband is die sake na verwys in die riglyne vir betoog dit wil
sê Labuschagne, Stanley,
Slabbert en Randall
supra
nie
van veel relevansie nie aangesien hulle almal handel met die feit dat
‘n opgeskorte gedeelte van gevangenisstraf nogtans
‘n
vonnis van gevangenisstraf daarstel en in ag geneem moet word as
gevangenisstraf met die oorweging daarvan of ‘n
vonnis gepas is
al dan nie.
7.Die enigste oorweging
is of die landdros beide ‘n boete sowel as gevangenisstraf kan
oplê, of dit opgeskort is of
nie. Mnr. Van Tonder wat vir die
beskuldigde opgetree het het ons verwys na S v Dreyer 1990(2) SASV
445(A), waar die Appélhof
bevind het dat die bewoording van
artikel 187(2) van die Drankwet 87 van 1977, wat soortgelyk as die
geval
in casu
‘n boete (of by wanbetaling
gevangenisstraf)
of
gevangenisstraf sonder die keuse van ‘n
boete, magtig, nie die oplê van ‘n boete (met alternatief
van gevangenisstraf)
en
daarbenewens ‘n tydperk van
gevangenisstraf, hetsy opgeskort of nie, magtig nie. Sien ook in die
verband S v Jacobs 1990(1)
SASV 637(K) met goedkeuring na vewys in
die Dreyer saak. Ek meen nie daar hoef veel meer hieroor gesê
word nie. Indien die
wetgewer bedoel het dat ‘n boetevonnis
sowel as gevangenisstraf opgelê kan word sou dit in soveel
woorde vervat vervat
gewees het in die strafbepaling soos onder
andere in artikel 17 van die wet op Dwelmmiddels en Dwelmsmokkelary
114 van 1992 of
selfs die voorganger tot die huidige Padverkeerswet,
Wet 29 van 1989, artikels 149(2) en 5(a) daarvan
8.Die vonnisse dien die
landdros opgelê is myns insiens nie bevoeg nie en is ons dus
geregtig om opnuut vonnis te oorweeg.
In die veband is die
persoonlike opmstandighede van die beskuldigde as volg:
Hy is ‘n 31 jarige
polisiebeampte wat drie kinder het om te onderhou sowel as sy ouers.
Hy is ook ‘n eerste oortreder.
Die beskuldigde het tydens die
vonnisverigtinge aangedui dat hy nie in staat was om ‘n boete
te betaal nie maar het egter
wel aangedui dat hy die boetes opgelê
oor 3 maande souk on betaal. Hy is wel die geleentheid gegee om die
boetes dienooreenkomstig
aft e betaal.
9.Wat die misdrywe betref
het die verhoorhof bevind ten opsigte van die eerste aanklag
(roekelose bestuur) dat die beskuldigde teen
‘n hoë spoed
deur ‘n beboude gebied gejaag het en ‘n stopteken en rooi
verkeerslig verontagsaam het. Gelukkig
was hy nie in ‘n ongeluk
betrokke nie. Wat die tweede aanklag betref, bestuur onder die
invloed van sterk drank, het die
beskuldigde versuim om te stop toe
ander polisielede hom wou aftrek. Hy het sy hoofligte afgeskakel en
weggejaag waarna hy toe
in ‘n ongeluk betrokke was.
10.Hierdie tweede
aanklag, alhowewel meer ernstig van aard as die eerste aanklag, het
plaasgevind ongeveer 7 maande voor die voorval
in aanklag 1 en was
die landdros ny my mening korrek om nie ‘n onderskeid te tref
rakende die vonnisse opgelê nie.
Gegewe al die omstandighede
sou vonnisse op beide aanklagte van R3000, 00 of 6 maande
gevangenisstraf nie onvanpas wees nie
_______________________
C.C. WILLIAMS
REGTER
Ek stem saam.
_______________________
J.G. Van Niekerk
Waarnemende Regter
Nms. Appellante: Adv.
P.J. Cloete
Regshulpraad
Nms. Respondent: Adv. T.
Barnard
Kantoor van die Direkteur
van Openbare Vervolgings, Noord-Kaap
.