Du Toit v Du Plessis and Another (364/2012) [2012] ZANCHC 59 (29 June 2012)

50 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Partnership — Oral agreement — Dispute regarding terms of partnership and withdrawal — Applicant sought interim interdict to compel first respondent to transfer shares in second respondent and hand over keys to business premises — Applicant claimed breach of oral agreement and sought to enforce implied terms regarding withdrawal and transfer of business — Court held that while an implied term may exist regarding the transfer of shares, it could not be inferred that the transfer of the business itself was included in the agreement.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2012
>>
[2012] ZANCHC 59
|

|

Du Toit v Du Plessis and Another (364/2012) [2012] ZANCHC 59 (29 June 2012)

VERSLAGWAARDIG
JA/NEE
SIRKULEER
ONDER REGTERS JA/NEE
SIRKULEER
ONDER LANDDROSTE JA/NEE
IN DIE HOË HOF
VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Hoë
Hof, Kimberley)
SAAK NO.: 364/2012
DATUM AANGEHOOR:
07-06-2012
DATUM GELEWER:
29-06-2012
In die saak van:
JACOB CASPER KRUGER DU
TOIT
...........................................
Applikant
teen
DEON DU PLESSIS
.........................................................
1ste
Respondent
MIDDELERF PLAAS (EDMS)BPK
.....................................
2de
Respondent
(Registrasienommer 2001/009523/7)
CORAM: C C WILLIAMS R
UITSPRAAK
WILLIAMS R:
Op 27 Februarie 2012 het
die applikant op ‘n dringende en
ex parte
basis die
aansoek gebring waar ‘n bevel nisi soos volg toegestaan is:

2.1 Dat die
Eerste Respondent gelas word om sy volle aandelebelang in die tweede
Respondent aan die Applikant oor te dra binne 48
uur van hierdie
bevel, by versuim die Griffier van hierdie Agbare Hof gemagtig word
om die nodige oordragvorms vir die oordrag
van genoemde aandele
namens die Eerste Respondent te teken;
2.2 Dat die Eerste
Respondent gelas word om te bedank as direkteur van die Tweede
Respondent te gelyke tyd as wat hy die aandele
van die Tweede
Respondent aan die Applikant oordra alternatiewelik dat dit geag word
dat hy bedank het op daardie datum;
2.3 Dat die Eerste
Respondent gelas word om die sleutels van die perseel bekend as
Central Garage, Upington te hoek van Scott- en
Schröderstrate,
Upington wat in Eerste Respondent se besit is onmiddellik aan die
Applikant te oorhandig en verbied word om
enige duplikaat sleutels te
laat maak of in sy besit te hou;
2.4 Dat die Eerste
Respondent verbied word om die perseel bekend as Central Garage,
Upington te hoek van Scott-en Schröderstrate.
Upington (“die
perseel”) te kom of enige skade aan die perseel te berokken;
2.5 Dat Eeerste
Respondent verbied op enige wyse in te meng met Applikant se
sekuriteitsreëlings by die perseel;
2.6 Dat die Eerste
Respondent die Applikant se koste in hierdie aansoek betaal.”
Bedes 2.3, 2.4 en 2.5
dien as ‘n tussentydse interdik hangende die afhandeling van
hiedie aansoek.
Die aansoek is
geopponeer en was geplaas vir verhoor op 6 Junie 2012. Op daardie
dag en na aanhoor van betoë deur die regsverteenwoordigers
het
ek uitspraak voorbehou en die bevel nisi verleng na 29 Junie 2012.
Die tersaaklike feite kan
as volg opgesom word.
3.1 Die eerste
respondent, ‘n sakeman met ondervinding in die tweedehandse
motorhandel het gedurende 2011 besluit om ‘n
tweedehandse
motorhandelaarsaak (die besigheid) in Upington op die been te bring.
Voorbereidings vir die bedryf van die besigheid
is van stapel
gestuur. ‘n Gepaste perseel is geidentifiseer en ‘n
Wesbankvloerplan fasiliteit is goedgekeur, onder
andere. Ongeveer die
einde Oktober 2011 is die applikant betrek by die besigheid. Die
omstandighede en spesifiek wie vir wie sou
genader het in die verband
word betwis deur die partye. Dit is egter nie tersaaklik vir die
beregting van hierdie aangeleentheid
nie.
3.2 Hoe dit ook al sy,
die huurkontrak vir die besigheidsperseel is aangegaan op 4 November
2011. Die applikant en die eerste respondent
het ooreengekom dat die
huurkontrak gesluit word in die naam van die tweede respondent.
Eerste respondent is die enigste aandeelhouer
en direkteur van die
tweede respondent.
3.3 Die applikant het die
huur van die perseel betaal en ook verbeterings aangebring, meubels
gekoop, salarisse en voorskotte betaal
in ‘n onbetwiste bedrag
van nagenoeg R450 000,00. Die verhouding tussen die partye het egter
spoedig versuur. Teen einde
Januarie 2012 het die applikant
voorgestel dat hy (applikant) ontrek uit die besigheid en dat die
eerste respondent die fondse
wat hy ingestort het in die besigheid
teen 3 Februarie 2012 aan die applikant terugbetaal. Die sperdatum is
later uitgestel na
6 Februarie 2012 maar die geld is nooit aan die
applikant betaal nie.
3.4 Hierna het
prokureursbriewe en dreigemente tussen die partye gevlieg, tot so ‘n
mate, beweer die applikant, dat hy genoop
was om die hof te nader vir
die tussentydse interdik wat die eerste respondent gelas om sy
sleutels van die perseel aan die applikant
te oorhandig en hom
verbied om op die perseel te kom of skade aan te rig en om in te meng
met die sekuriteitsreëlings van
die applikant by die perseel. Ek
keer later terug na hierdie aspek.
4. Daar is nooit enige
skriftelike ooreenkoms tussen die applikant en die eerste respondent
aangegaan ten opsigte van die besigheid
nie. Die applikant beweer dat
daar ‘n mondelinge ooreenkoms aangegaan is tussen die partye
(die eerste ooreenkoms) waarvolgens
hulle ooreengekom het onder
andere:
4.1 Dat die applikant
alle fondse sal verskaf om die besigheid op die been te bring;
4.2 Dat die eerste
respondent die besigheid sou bestuur sonder ‘n salaris, maar
dat hulle elkeen in hulle persoonlike hoedanighede
50/50 sou deel in
die netto wins van die besigheid;
4.3 Die eerste respondent
sou onmiddelik ‘n vloerplan /besigheidsplan optrek wat aan ‘n
finansiële instelling voorgelê
sou word vir goedkeuring;
4.4 Die besigheid sou
handeldryf as Auto Elite.
4.5 Die boekhouding van
die besigheid sou hanteer word deur die applikant se kantoor; en
4.6 Na opening van die
besigheid sou ‘n motorwerktuigkundige teen ‘n salaris en
‘n verkoopsman teen kommissie
aangestel word.
5. Die applikant se
griewe, wat volgens hom uiteindelik tot die verbreking van die
verhouding gelei het, is dat die eerste respondent
nooit volgens
ooreenkoms ‘n vloerplan /besigheidsplan laat opstel het nie en
ook teenstrydig met die ooreenkoms, ‘n
ongekwalifiseerde
motorwerktuigkundige aangestel het en ‘n verkoopsman teen ‘n
salaris wou aanstel, alvorens die besigheid
oopgemaak het.
6. Volgens die applikant
het hy die ooreenkoms as gevolg van die kontrakbreuk, as gekanselleer
beskou en dit ook so oorgedra aan
die eerste respondent wat dit so
aanvaar het.
7. Gevolglik, voer die
applikant aan het die tweede mondelinge ooreenkoms tot stand gekom.
Hierdie tweede ooreenkoms het die gevolge
van die kansellasie
aangespreek, dit is, dat die eerste respondent aan die applikant die
gelde wat hy in die besigheid gestort
terugbetaal en hom vrystel as
borg tot die huurkontrak, en indien die eerste respondent dit nie kon
bewerkstellig nie, dat hy dan
van die besigheid onttrek waarna die
applikant alleen sou voortgaan met die besigheid.
8. Die applikant voer aan
dat dit ‘n geimpliseerde term van die eerste respondent se
onttrekking van die besigheid is dat
hy sy sleutels tot die perseel
sal oorhandig , en niks verder te doen het met die besigheid nie, en
om ook die tweede respondent,
wat die huurder van die perseel is, aan
die applikant oor te dra. Die wyse van oordrag van die tweede
respondent moet geskied deur
die oordrag van die volle aandelebelang
aan die applikant en deur die bedanking van die eerste respondent as
direkteur. Vandaar
die regshulp aangevra in bedes 2.1 en 2.2 van die
bevel nisi.
9. Die eerste respondent
ontken dat daar ‘n eerste ooreenkoms in terme soos aangedui
deur die applikant tot stand gekom het.
Volgens hom het die applikant
uit eie beweging aangebied om geld vir die verbeterings aan die
perseel te voorsien. Behalwe vir
sy aanvaarding van die applikant se
aanbod om die verbeterings te befonds is dit die eerste respondent se
weergawe dat daar op
geen ander terme en voorwaardes ooreengekom is
nie. Volgens die eerste respondent sou hulle later meer omvattend en
skriftelik
op die terme en voorwaardes van hulle verbintenis
ooreenkom.
10. Wat die beweerde
tweede ooreenkoms betref ontken die eerste respondent dat daar
enigsinis ‘n ooreenkoms bereik is ten
opsigte van die
onttrekking van een of ander van die partye nie en beslis nie in die
terme soos aangevoer deur die applikant nie.
Die eerste respondent
erken wel dat hy besef het dat hy die applikant moes vergoed vir die
fondse wat hy in die besigheid gestort
het.
11. Hierdie feitedispuut
rondom die aspek of daar ‘n onttrekking sou wees of nie het
aanleiding daartoe gegee dat mnr Tredoux,
namens die applikant,
aansoek gedoen het aan die begin van die verrigtinge vir ‘n
verwysing na mondelinge getuienis.
12. Mnr. Pohl het egter
namens die respondent die toegewing gemaak dat die eerste respondent,
vir doeleindes van die spoedige afhandeling
van hierdie
aangeleentheid, sal erken dat daar ‘n besluit geneem is dat die
een of ander party sal moet onttrek, maar ontken
dat die terme en
wyse van ontrekking op ooreengekom is.
13. Ek het die aansoek om
verwysing na mondelinge getuienis afgewys aangesien die applikant in
elk geval in sy funderende stukke
toegee dat die wyse van die eerste
respondent se onttrekking nie bespreek was nie. Ek was dus van mening
dat die aangeleentheid
op die stukke beslis kon word.
14. Wat beslis moet word
is of dit ‘n geimpliseerde term by die onttrekking van die
eerste respondent is dat die tweede respondent
oorgedra moet word aan
die applikant en tersaaklik hiertoe of die tweede respondent ‘n

dop”
of dormante maatskappy was. Dit is die
applikant se saak dat die tweede respondent ‘n “
dop”
maatskappy is sonder enige bates of laste.
15. Namens die applikant
het mnr Tredoux betoog dat die enigste sinvolle manier om die
verbintenis tussen die partye te ontbind,
in die lig daarvan dat die
eerste respondent klaarblyklik nie in staat is om die applikant uit
te betaal nie, is dat die eerste
respondent sy belang in die tweede
respondent, as die huurder van die perseel, aan die applikant oordra.
Geïmpliseerd in die
oordrag van die tweede respondent is dat die
eerste respondent sy volle aandelebelang in die tweede respondent
moet oordra en as
direkteur moet bedank. Die applikant aanvaar egter
dat indien die tweede respondent nie ‘n dop maatskappy is nie
hy nie geregtig
sal wees op oordrag van die tweede respondent soos
gevra in bedes 2.1 en 2.2 van die bevel nisi nie.
16. Dit mag wel ‘n
geimpliseerde term wees dat oordrag van die tweede respondent sal
behels dat die eerste respondent sy aandelebelang
oordra en as
direkteur moet bedank, maar dit kan nooit ‘n geimpliseerde term
wees dat oordrag van die besigheid, ‘n
oordrag van die tweede
respondent aan die applikant behels nie.
In
A.
McAlpine & Son (PTY) Ltd v Transvaal Provincial Administration
1974(3) SA 506(A) te 532 F-H het Corbett WnAR die
verskil tussen ‘n geimpliseerde term en ‘n stilswyende
term as volg
uiteengesit:

The
significance of this distinction is not merely academic. The implied
term (in the above-defined sense) is essentially a standardised
one,
amounting to a rule of law which the Court will apply unless validly
excluded by the contract itself. While it may have originated
partly
in the contractual intention, often other factors, such as legal
policy, will have contributed to its creation. The tacit
term, on the
other hand, is a provision which must be found, if it is to be found
at all, in the unexpressed intention of the parties.
Factors which
might fail to exclude an implied term might nevertheless negative the
inference of a tacit term. (See Treital, p
166). The Court does not
readily import a tacit term. It cannot make contracts for people; nor
can it supplement the agreement
of the parties merely because it
might be reasonable to do so. Before it can imply a tacit term the
Court must be satisfied, upon
a consideration in a reasonable and
businesslike manner of the terms of the contract and the admissible
evidence of surrounding
circumstances, that an implication
necessarily arises that the parties intended to contract on the basis
of the suggested term”
.
17. Selfs sou ek aanvaar
argumentsonthalwe dat applikant eintlik bedoel het dat dit ‘n
stilswyende term was van die onttrekking
dat eerste respondent alle
belang sou verloor in die tweede respondent, sit die applikant steeds
met ‘n probleem. Op die
applikant se eie weergawe is die tweede
respondent slegs ‘n voertuig waardeur die perseel gehuur is en
het dit niks verder
met die besigheid te doen nie. (Ek beskou dit as
uiters opportunisties om nou in betoogshoofde en gedurende argument
aan te voer
dat die applikant se weergawe is dat die tweede
respondent ‘n derde vennoot is waarby die partye die besigheid
wou bedryf,
en nie net die huurkontrak sou aangaan nie, en dus
sodoende wil poog om die tweede respondent onlosmaakbaar van die
besigheid te
wil stel.)
18. In
SA Mutual Aid
Society v Cape Town Chamber of Commerce
1962(1) (SA) 598 AA te
606 B-C sê die Appél Afdeling die volgende:

. . . moet in
gedagte gehou word dat ‘n stilswyende bepaling alleen dan in ‘n
kontrak ingelees sal word wanneer die
Hof oortuig is dat daar
inderdaad ‘n bedoeling was dat die betrokke bepaling in die
kontrak opgesluit lê, en dat al
die partye tot die kontrak
sodanige bedoeling gehad het. Uit die aard van die saak is die vraag
of ‘n stilswyende bepaling
bestaan of nie ‘n kwessie van
afleiding en om die bedoeling van die partye tot die kontrak vas te
stel moet al die omliggende
omstandighede wat met die kontrak in
verband staan, in aanmerking geneem word.”
19. Dit is die eerste
respondent se saak dat die tweede respondent nie ‘n dop of
dormante maatskappy is nie en dat hy dit
ook nooit vir die applikant
so laat verstaan het nie. Die tweede respondent is reeds deur die
eerste respondent bekom gedurende
2010 met die bedoeling om met sy
familie ‘n tweedehandse motor besigheid te bedryf onder die
naam van Donwill Motors. Gedurende
Januarie 2011 tot einde Oktober
het die tweede respondent besigheid gedoen in die verkoop van ‘n
bandseëlproduk onder
die naam Ultimate Survival. Gedurende
hierdie tydperk en ter voorbereiding van die totstandkoming van die
beoogde tweedehandse
motorverkope besigheid, is besigheidsplanne
opgestel en aan finansiële instellings voorgelê. Op 9
September 2011 het
Wesbank ‘n vloerplanfasiliteit vir die
tweede respondent goedgekeur vir ‘n periode van 6 maande. Die
vloerplanfasiliteit
is gedurende Maart 2012 hernu vir ‘n
verdure periode van 6 maande. Die tweede respondent is reeds vir BTW
geregistreer gedurende
2010. Die tweede respondent het ‘n
bankrekening oopgemaak op 14 Februarie 2012, met ‘n
aanvangsaldo van R520 000,00.
Die laaste saldo op 7 Maart 2012 is R
6069,00.
20. Dit is na my mening
duidelik dat die tweeede respondent nie ‘n dopmaatskappy is nie
of selfs gewees het ten tye van die
aanvang van die verbintenis
tussen die applikant en die eerste respondent nie. In die lig hiervan
kan die afleiding nie gemaak
word dat die eerste respondent die
bedoeling gehad het dat die tweede respondent oorgedra sou word aan
applikant by die totnietgaan
van hulle verbintenis nie en kan so ‘n
stilswyende term nie ingelees word in die ontrekking nie. Dit is in
elk geval toegegee
deur die applikant dat hy nie kan aanspraak maak
op die tweede respondent indien dit nie ‘n dopmaatskappy is
nie.
21. Om terug te keer na
die tussentydse interdik. Die regshulp is bekom op ‘n dringende
en
ex parte
basis op sterkte hoofsaaklik van bewerings dat die
eerste respondent gedreig het om die perseel te beskadig en die feit
dat die
eerste respondent die sekuriteitswag ontslaan het en vreemde
persone op die perseel gewaar is, die vrees regverdig het dat die
eerste respondent wel sy dreigemente sal uitvoer.
22. Dit blyk nou, na die
volle prentjie voor my is, dat sulke vrese, alhoewel dit moontlik eg
kon gewees het, ongegrond was. Die
vreemde persone op die perseel wat
hulle “
voorgedoen”
het as werkers, skyn wel
werkers te gewees het wat die eerste respondent aangestel het om
verbeterings aan te rig. Indien hierdie
persone wel enige skade aan
die perseel verrig het, sou ek verwag het dat die applikant dit in sy
repliserende verklaring sou meld.
Dit is nie gedoen nie. Die blote
feit dat die eerste respondent die applikant se sekuriteitswag
weggejaag het regverdig na my mening
nie die bekragtiging van die
interim interdik nie.
23. Mnr Tredoux het
betoog dat die applikant na aanleiding van die verbeterings wat hy
aangebring het, ‘n retensiereg het
oor die perseel en dat hy
dus op hierdie basis ook geregtig is op die bekragtiging van die
interim interdik.
24. Ek meen egter nie dat
dit die geval is nie. ‘n Retensiereg is bloot ‘n verweer
tot ‘n eienaar se
rei vindicatio
, en maak op sigself nie
‘n eisoorsaak uit nie. Sien
Brooklyn House Furnishers (Pty)
Ltd v Knoetze & Sons
1970(3) SA 264 te 270F.
25. Daar is net een
laaste aspek, dit is die aansoek om skrapping. Die applikant het
aansoek gebring om skrapping van paragrawe
53.2 en 53.3 van die
respondent se opponerende verklaring asook “DP 13” op die
basis dat dit kwelsugtig en irrelevant
is. Die aansoek is nie deur
die respondent geopponeer nie en is die betrokke paragrawe en
aanhangsel gevolglik geskrap.
In die omstandighede
word die volgende bevele gemaak.
Die bevel nisi
gedateer 27 Februarie 2012 word in sy geheel opgehef en die aansoek
word van die hand gewys.
Die applikant word
gelas om die respondente se koste te betaal.
Die respondente word
gelas om die koste van die aansoek om skrapping te betaal op ‘n
ongeopponeerde basis
_______________________
C.C. WILLIAMS
REGTER
Nms. Applikant: Adv.
Tredoux
Elliot, Marris Wilmans &
Hay
Nms. Respondente: Adv.
Pohl
Engelsman Magabane Ing.