S v Danster, S v Seiso, S v Phantswa, S v Moses, S v Motlhodiemang (B1001/11, B2544/11, B2545/11, B2548/11, B2549/11) [2012] ZANCHC 39 (29 June 2012)

60 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Review of convictions — Defective charges — Accused charged with fraud and violations of the Social Assistance Act — Charges failed to adequately inform accused of allegations against them — Lack of reference to applicable regulations and criteria for social assistance eligibility — Accused not properly informed of the basis of the charges, resulting in a violation of their right to a fair trial — Convictions set aside due to insufficient detail in the charges and lack of legal representation for the accused.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2012
>>
[2012] ZANCHC 39
|

|

S v Danster, S v Seiso, S v Phantswa, S v Moses, S v Motlhodiemang (B1001/11, B2544/11, B2545/11, B2548/11, B2549/11) [2012] ZANCHC 39 (29 June 2012)

Rapporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste: Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste: Ja / Nee
IN DIE Hoë HOF
VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Hoë
Hof, Kimberley)
Datum gelewer:
29/06/2012
In
die saak tussen:
Die Staat
en
J Danster
................................................................................
Saakno:
B1001/11
K Seiso
....................................................................................
Saakno:
B2544/11
N Phantshwa
..........................................................................
Saakno:
B2545/11
H Moses
.................................................................................
Saakno:
B2548/11
T Motlhodiemang
.
..................................................................
Saakno:
B2549/11
Coram: Olivier R et Van
Niekerk WnR
UITSPRAAK
Olivier R:
Die bogemelde sake is
voorgelê vir outomatiese hersiening. In antwoord op my navraag
ten aansien van, ondermeer, die inhoud
van die aanklagte waarop die
betrokke beskuldigdes skuldig bevind is, het die landdros toegegee
dat die aanklagte nie die beskuldigdes
genoegsaam ingelig het van
die beweringe teen hulle nie en dat die verrigtinge dus nie
ooreenkomstig die reg was nie. Ek het
ook ‘n uiters volledige
en behulpsame regsmening ontvang van adv J J Cloete van die kantoor
van die Direkteur van Openbare
Vervolgings, waarvoor ek hom dank
verskuldig is. Sy gevolgtrekking ten aansien van die inhoud van die
aanklagte klop met die
landdros se toegewing.
In
al vyf die gevalle het die beskuldigdes tereggestaan op aanklagte
van bedrog, en in die alternatief daartoe aanklagte van die

oortreding van artikel 21 (2) van die Wet op Maatskaplike Bystand
1
.
In die
Motlhodiemang
geval
was daar ‘n tweede alternatiewe aanklag van die oortreding van
artikel 12 (2) van die 1992 Wet op Maatskaplike Bystand
2
.
In al die gevalle het die beskuldigde skuldig gepleit op die
alternatiewe aanklagte en is hulle dienooreenkomstig skuldig bevind

op sterkte van verklarings ingevolge artikel 112 (2) van die
Strafproseswet
3
.
Artikel 21 (2) van die
2004 Wet op Maatskaplike Bystand lui soos volg:

Indien
enige persoon maatskaplike bystand ontvang in die wete dat hy of sy
nie daarop geregtig is nie of nie geregtig is op die
volle bedrag wat
hy of sy ontvang nie en hy of sy versuim om die Agentskap daarvan in
kennis te stel, is hy of sy aan ‘n
misdryf skuldig
.”
Artikel 12 (2) van die
1992 Wet het die volgende bepaal:

Indien
‘n persoon enige maatskaplike bystand ontvang terwyl hy of sy
weet dat hy of sy nie daarop geregtig is nie, is hy of
sy aan ‘n
misdryf skuldig.

Die wese van beide
hierdie oortredings is duidelik dat die aangeklaagde maatskaplike
bystand moes ontvang het wetende dat hy of
sy nie daarop geregtig is
nie, en in die geval van die bepaling in die 2004 Wet is dit ‘n
verdere vereiste dat daar ‘n
versuim moes gewees het om die
betrokke agentskap in kennis te stel.
In elk van hierdie
gevalle het die betrokke beskuldigde aanvanklik suksesvol aansoek
gedoen om die maatskaplike bystand, op ‘n
stadium toe hy of sy
dus klaarblyklik daarop geregtig sou gewees het. Dit is in elk van
die betrokke aanklagte die beskuldigde
ten laste gelê dat hy
of sy gedurende 'n bepaalde latere termyn/e nie meer geregtig was op
die ontvangs van die maatskaplike
bystand, in die bedrag wat hy of
sy wel ontvang het, nie.
Wat die 2004 Wet
betref, word die kriteria waarvolgens bereken moet word of ‘n
persoon geregtig is op die ontvangs van maatskaplike
bystand, en
indien wel in watter bedrag, gevind in die regulasies wat in terme
van die betrokke Wet uitgevaardig is, en in die
verskillende
aanhangsels daarin na verwys. Die aard van die maatskaplike bystand
waaroor dit gaan, sal bepaal watter regulasies
en aanhangsels van
toepassing sal wees in ‘n bepaalde geval. Hier het die
beskuldigdes byvoorbeeld onderskeidelik ‘n

ongeskiktheidstoelaag en kindertoelaes ontvang en sou verskillende
regulasies, aanhangsels en kriteria dus van geval tot geval
van
toepassing gewees het.
In die afwesigheid van
‘n verwysing na die korrekte en toepaslike regulasies,
aanhangsels en kriteria sou die aanklagte
nie die beskuldigdes
behoorlik ingelig het van wat presies die saak en die beweringe van
die Staat se kant teen hulle was nie.
Nie in een van hierdie
gevalle bevat die alternatiewe aanklagte voldoende en/of korrekte
beweringe in hierdie verband nie:
In die
Danster
,
Seiso
en
Moses
gevalle is daar in die aanklag verwys
na “
Regulasie 23 (1) van die Regulasies soos gepromulgeer
in die Staatskennisgewing
(
sic
)
R417 gepubliseer in
die Staatskoerant 18771 van 31 Maart 1998, soos gewysig deur
Staatskennisgewing
(
sic
)
R898 gepubliseer in die
Staatskoerant 31356 van 22 Augustus 2008.

Goewermentskennisgewing
417 bevat nie ‘n Regulasie 23 (1) nie. Goewermentskennisgewing
898 bevat wel ‘n regulasie 23,
maar dit handel met die
omskepping van toelaes, en nie met dit waaroor dit hier gegaan het
nie.
In die
Phantshwa
en
Motlhodiemang
gevalle is daar net ‘n verwysing na
die regulasies in die algemeen, sonder om te beweer watter
spesifieke regulasies,
aanhangsels en kriteria in daardie gevalle
volgens die Staat van toepassing sou gewees het gedurende die
periode wat me Phantshwa
en me Motlhodiemang na bewering bystand
ontvang het waarop hulle nie geregtig was nie.
Was
dit ‘n geval dat die verwysing na artikel 21 (2) of artikel 12
(2) van die onderskeie Wette weggelaat is, sou geargumenteer
kon
word dat die bewoording van die aanklagte, wat die bewoording van
daardie bepalings gevolg het, die beskuldigdes voldoende
ingelig het
van daardie bepaalde beweringe, en van die elemente soos vervat in
daardie artikels, wanneer dit in isolasie gelees
sou word
4
.
Hier is egter
weggelaat die verwysing na die regulasies en aanhangsels waarin
bepaal is wie op maatskaplike bystand geregtig sou
wees en in watter
bedrae, en geeneen van die betrokke aanklagte het beweringe bevat
dat die betrokke beskuldigde op die basis
van bepaalde kriteria nie
geregtig was op maatskaplike bystand gedurende die betrokke periode
nie.
Die
bewering dat ‘n betrokke beskuldigde maatskaplike bystand
ontvang het waarop hy/sy nie geregtig was nie, sou glad nie

verduidelik waarom die Staat beweer dat die betrokke beskuldigde
5
tydens
die betrokke periode nie meer op maatskaplike bystand geregtig was
nie. Anders gestel, die blote bewering dat ‘n
beskuldigde
tydens ‘n bepaalde periode nie op maatskaplike bystand
geregtig was nie, sonder enige verwysing na die kriteria
wat so ‘n
beskuldigde sou diskwalifiseer, sou nie duidelik gemaak het wat
presies die beskuldigdes ten laste gelê
is nie.
Dit
is ‘n fundamentele reg van elke beskuldigde persoon “
om
van die aanklag verwittig te word in voldoende besonderhede om
daarop te antwoord

6
.
Veral
wanneer gelet word op die tegniese aard en relatiewe ingewikkeldheid
van die kriteria vir die bepaling van of ‘n persoon
op
maatskaplike bystand geregtig is en, indien wel, in watter bedrag
7
,
is dit na my oordeel duidelik dat die onderhawige aanklagte nie die
beskuldigdes voldoende besonderhede gebied het nie.
Reeds
op hierdie basis al behoort die skuldigbevindings dus in elk van
hierdie gevalle tersyde gestel te word. Die feit dat hulle
skuldig
gepleit het, beteken nie dat die slordige wyse waarop hierdie
aanklagte bewoord is, hulle nie benadeel het nie
8
.
Die beskuldigdes se
pleite van skuldig, en hulle verklarings ingevolge artikel 112 (2)
van die Strafproseswet, moet in elk geval
ook van nader beskou word.
Hulle was almal
onverteenwoordig. Dit blyk dat in elk van hulle se gevalle daar
gebruik gemaak is van ‘n roneo vorm vir
die doeleindes van die
verklaring. Die ontbrekende gedeeltes in die vorms is almal in
dieselfde handskrif voltooi en dus duidelik
nie deur die
beskuldigdes nie.
In elk van daardie
vorms is daar ‘n paragraaf wat slaan op ‘n bedrag (en
duidelik ‘n perk) wat oorskry sou gewees
het deur die betrokke
beskuldigdes se jaarlikse salarisse gedurende die relevante periode.
In elke geval is daar dan in die oop
spasie wat in die betrokke
paragraaf gelaat is vir die toepaslike bedrag en perk, ‘n
bedrag ingevul deur dieselfde persoon.
Die betrokke bedrag, en ook
die res van die roneo vorm, bevat egter geen verwysing na waar
daardie bedrag voorgeskryf is as ‘n
perk wat sou geld ten
aansien van die bepaalde tipe bystand en die bepaalde beskuldigde
gedurende die bepaalde periode nie.
Wanneer
selfs bloot vlugtig gekyk word na die voorskrifte
9
wat
bepaal, in die geval van die 2004 Wet, wat die inkomste-perk in ‘n
bepaalde geval sou wees, is dit duidelik dat, selfs
met inagneming
van die inhoud van die roneo vorms, die beskuldigdes nie behoorlik
ingelig kon gewees het van wat die Staat se
saak was met betrekking
tot waarom hulle nie langer gekwalifiseer het om die bepaalde tipe
toelaag te ontvang in die betrokke
periodes nie.
Regulasies 3 en 6
handel onderskeidelik met wie, in die algemeen, geregtig sou wees
om, onder andere, ‘n ongeskiktheidstoelaag
en ‘n
kindertoelaag te ontvang.
In die geval van ‘n
kindertoelaag, moet regulasie 6 dan nog saamgelees word met
aanhangsel B. Paragraaf 1 van laasgemelde
aanhangsel lui dat die
Minister by wyse van ‘n kennisgewing in die Staatskoerant die
bedrag van ‘n kindertoelaag
van tyd tot tyd sal voorskryf.
Hier is geen verwysing na regulasie 6, aanhangsel B of na die
Staatskoerant met die bedrag in
die gevalle waar dit gaan oor
kindertoelaes nie.
Paragraaf 2 van die
betrokke aanhangsel bevat ‘n relatief ingewikkelde formule om
te bepaal of iemand aan die finansiële
maatstaf voldoen om
geregtig te wees op ‘n kindertoelaag. Die formule kan egter
nie toegepas word sonder die bedrag van
die kindertoelaag wat op
daardie stadium volgens die Minister se kennisgewing van toepassing
sou gewees het nie.
Regulasie 18, gelees
met aanhangsels A, B, C en D, bevat die finansiële kriteria vir
die bepaling van of ‘n persoon
geregtig sou wees op enige van
die vier verskillende tipes maatskaplike bystand of –toelaes.
Aanhangsel A bevat dan weer
bepalings en formules baie soortgelyk
aan dié in aanhangsel B. Ook hier beteken die afwesigheid van
die maksimum bedrag
van die toelaag wat volgens die Minister se
kennisgewing gedurende die toepaslike periode sou gegeld het, dat
die formule om
te bereken of die persoon geregtig is op,
byvoorbeeld, die ongeskiktheidstoelaag nie toegepas sou kon word
nie.
Die alternatiewe
aanklag teen Danster, wat ‘n ongeskiktheidstoelaag ontvang
het, bevat geen verwysing na hierdie regulasie,
na aanhangsel A of
na die maksimum aangekondigde bedrag van die toelaag nie.
Die
onverteenwoordigde beskuldigdes kon op die oog af nie sonder hierdie
inligting ‘n ingeligte erkenning gemaak het ten
aansien van
die bedrag of perk ingevul in die roneo vorm nie. Die landdros het
ook nie gebruik gemaak van die voorbehoudsbepaling
tot artikel 112
(2) van die Strafproseswet deur vrae te stel in ‘n poging om
hierdie aspekte op te klaar nie. Dit beklemtoon
maar net weer die
gevare verbonde aan die gebruik van sulke vorms, veral waar ‘n
beskuldigde onverteenwoordig is en die
voorsittende beampte nie deur
ondervraging vasstel of die beskuldigde werklik ‘n ingeligte
erkenning maak nie
10
.
In die lig daarvan dat
die betrokke aanklagte in elk geval na my oordeel totaal gebrekkig
en nietig was, sou die vraag sekerlik
kon wees of die landdros in
die omstandighede enigsins geregtig sou gewees het om verdere vrae
te vra, veral waar sodanige vrae
die effek sou gehad het dat dit
antwoorde sou ontlok het wat sou geslaan het op iets wat glad nie
eers in die aanklag beweer
is nie.
In
die lig van die feit dat die aanklagte in elk geval fataal gebrekkig
en nietig was, meen ek egter in elk geval nie dat hierdie
gevalle
sou wees waarmee gehandel moes word in terme van artikel 312 (1) van
die Strafproseswet nie. Die terugverwysing na die
landdros vir die
behoorlike nakoming van artikel 112 (2) van die Strafproseswet sal
futiel wees waar die aanklagte in elk geval
nietig is
11
.
Ek meen dat die
skuldigbevindings bloot tersyde gestel behoort te word op die basis
dat die aanklagte gebrekkig was, soos bedoel
in artikel 324 (b),
gelees met artikel 313, van die Strafproseswet. Dit sal tot gevolg
hê dat dit die Staat sou vrystaan
om die beskuldigdes weer te
vervolg, maar dat die verrigtinge dan voor ‘n ander
voorsittende beampte sal dien.
Mnr Cloete het in sy
regsmening volledig verwys na hoe die bewoording van die aanklagte
moes gelui het en ek vertrou dat die nodige
leiding in hierdie
verband aan die aanklaer (en moontlik sommer ook aan alle ander
aanklaers in hierdie Afdeling) gegee sal word.
Ek maak bygevolg die
volgende bevel hierin:
Alle
skuldigbevindings en vonnisse in Kimberley Landdroshof saaknommers
B1001/11, B2544/11, B2545/11, B2548/11 en B2549/11 word
tersyde
gestel.
_____________________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Ek stem saam.
______________________
J G VAN NIEKERK
WAARNEMENDE REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
1
13
van 2004
2
59
van 1992
3
51
van 1977
4
R
v Kharibe
1958 (1) SA 191
(T)
5
wat
voorheen wel op maatskaplike bystand geregtig was
6
Artikel
35 (3) (a) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 108
van 1996;
S v Legoa
2003
(1) SACR 13
(SCA) para [20]
7
w
aarna
ek sal terugkeer
8
Vergelyk
S v Tshali
2007
(2) SACR 23
(C)
9
In
die regulasies uitgevaardig in Goewermentskennisgewing R898 in
Staatskoerant nommer 31356 van 22 Augustus 2008
10
S
v Sellars and Six Others Cases
1991
(1) SACR 491
(N)
11
vergelyk
S v Zimba & another
[2007] JOL 17369
(T);
S
v Fumo
[2005] JOL 13422
(T) para [6]