Guguntwa v S (CA&R /2012) [2012] ZANCHC 58 (22 June 2012)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape — Appeal against conviction and sentence — Appellant convicted of rape and sentenced to 10 years imprisonment — Appellant contended that the trial court failed to properly consider contradictions in the complainant's testimony and the credibility of his own version — Court found that the trial court misapprehended the evidence, particularly regarding the reliability of the single witness — Appeal upheld, conviction and sentence set aside due to insufficient evidence to support the conviction.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2012
>>
[2012] ZANCHC 58
|

|

Guguntwa v S (CA&R /2012) [2012] ZANCHC 58 (22 June 2012)

VERSLAGWAARDIG
JA/NEE
SIRKULEER
ONDER REGTERS JA/NEE
SIRKULEER
ONDER LANDDROSTE JA/NEE
IN DIE HOË HOF
VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE HOË
HOF, KIMBERLEY)
SAAK NO.: CA&R
/2012
Datum aangehoor:
19-03-2012
Datum gelewer:
22-06-2012
In die Appél van:
ABRAHAM JAN GUGUNTWA
................................................
APPELLANT
teen
DIE STAAT
.
........................................................................
RESPONDENT
CORAM: WILLIAMS R:
UITSPRAAK
WILLIAMS R:
1. Die appellant is op 31
Augustus 2010 in die Streekhof te Kimberley skuldig bevind aan ‘n
oortreding van artikel 3 van Wet
32 van 2007 (verkragting) en is
gevonnis tot 10 jaar gevangenisstraf. Hy kom nou in hoër beroep
teen beide die skuldigbevinding
en die vonnis opgelê.
2. Die appellant, wat
regsverteenwoordig was met die verhoor, het onskuldig gepleit tot die
aanklag sonder om enige pleitverduideliking
aan die verhoorhof voor
te hou.
3. Die klaagster in
hierdie aangeleentheid was die gewese vriendin en saamleefmaat van
die appellant. Ten tye van die voorval was
sy reeds in ‘n ander
verhouding betrokke.
4. Haar getuienis is dat
sy die spesifieke oggend ongeveer 04:00 die deur van haar sinkhuis
oopgemaak het om na ‘n buite-toilet
te gaan, toe die appellant
skieklik voor haar verskyn. Hy het die huis ingegaan, gevloek en
geskel en vir haar aangesê om
saam met hom te loop. Die
klaagster se nuwe kêrel was ook in die huis maar sy getuig
omdat sy bang was dat die twee mans
sou baklei, het sy ingestem om
met die appellant te loop. Die kêrel het intussen onopspoorbaar
geraak.
5. Haar getuienis was dat
die appellant, wat gewapen was met ‘n mes, haar eers na sy huis
geneem het waar hy haar beveel het
om haar klere uit te trek en op
die vloer te lê aangesien sy nie goed genoeg was om op sy bed
te lê nie. Hy het sy
klere uitgetrek, ‘n kondoom aangesit
en haar daar verkrag. Daarna het hy haar beveel om aan te trek en het
hy haar geneem
na sy tante, mev Liza Kameel se huis. Oppad daarheen
het hy haar rondgetrek en by mev Kameel se huis het hy haar gewurg
met haar
baadjiekraag en ook gedreig met die mes. Die gewurg met die
baadjie het krapmerke aan haar nek veroorsaak.
6. Die rede waarom die
appellant haar na sy tante se huis geneem het, volgens die klaagster,
is dat sy vir mev Kameel moes vertel
dat sy die appellant met vigs
besmet het. By mev Kameel se huis het die appellant ook daarop
aangedring dat mev Kameel, in die
klaagster se teenwoordigheid,
vertel dat die klaagster na sy doen en late uitvra. Sy getuig dat mev
Kameel eers ontken het dat
sy na die appellant uitgevra het, maar dit
later erken het aangesien die appellant aggressief opgetree het.
7. Sy getuig dat sy nie
vir mev Kameel vertel het dat die appellant haar so pas verkrag het
nie aangesien sy bang was vir hom. Sy
het egter, nadat sy deur die
appellant weggejaag is vanaf mev Kameel se huis, na haar niggie
gegaan om die polisie te ontbied.
Die niggie, wat nie getuig het nie,
het die klaagster se moeder laat kom, met wie sy dan polisie toe is
om ‘n klag te lê.
8. Mev Kameel het ook
getuig. Haar getuienis was dat die appellant en die klaagster
ongeveer 06:00 die betrokke oggend by haar huis
aangekom het. Die
twee het gaan sit en die appellant het die klaagster aangesê om
vir mev Kameel te vertel dat sy hom siek
gemaak het waarop die
klaagster geantwoord het dat sy bang was om die appellant daarvan te
vertel. Die enigste ander noemenswaardige
getuienis gelewer deur mev
Kameel is dat sy geweet het dat die appellant en die klaagster op ‘n
stadium saamgewoon het, maar
dat sy nie seker was of hulle nog
saamgebly het nie. Mev Kameel is nie gekruisondervra nie.
9. Die klaagster se
moeder het ook getuig. Haar getuienis was dat sy die betrokke oggend
geroep is na die klaagster se niggie se
huis. Daar aangekom het die
klaagster haar vertel dat die appellant haar gedreig het met ‘n
mes en verkrag het. Die klaagster
het aan haar krapmerke op die nek
en bobeen uitgewys wat ,sy verduidelik het, deur die mes veroorsaak
is wat die appellant op hom
gehad het. Die moeder se getuienis is dat
die klaagster geskok voorgekom het, soveel so dat sy onverwyld met
die klaagster polisiestasie
toe is.
10. Die klaagster is op
dieselfde oggend deur ‘n forensiese verpleër ondersoek.
Die verpleër het nie getuig nie
en die J88 verslag is met
toestemming vanaf die verdediging ingehandig. Onder die afdeling

algemene ondersoek”
is die volgende kliniese
bevindings aangeteken deur die verpleër:

Alleged rape by
a known man on the 7/12/2009 at about ± 03H30. According to
the victim the perpetrator threatened her with
a knife and took her
to his shanty, undressed her forcefully and raped her with the use of
a condom. Fresh scratches around the
neck, below left knee joint.”
Met verwysing na die
ginekologiese ondersoek is daar op die J88 die volgende aangeteken:

Posterior
Fourchette: fresh tear at 6 0’ clock
Conclusions: Injuries
observed at 6 0’clock are consistent with force (sic) vaginal
penetration.”
11. Die appellant se
weergawe is dat hy die oggend ongeveer 04:30 na die klaagster se
woning gegaan het om haar te vra hoekom sy
by sy tante, mev Kameel,
navrae doen oor sy doen en late as hulle nie meer in ‘n
verhouding betrokke is nie. Hy het omtrent
15 minute in die straat
buite haar erf gewag vir haar om uit die woning te kom. Hy het geweet
sy sou enige tyd uit die woning kom
aangesien sy haar moes regkry vir
werk die Maandagoggend. Hy het self so vroeg die oggend by haar
aangedoen omdat hy om 06:00 begin
werk. Sy getuienis is dat die
klaagster ontken het dat sy die gesprek met mev Kameel gehad het en
dat hy haar toe versoek het om
saam te gaan na mev Kameel se woning
om daar die geskil op te klaar. Volgens die appellant het die
klaagster vrywilliglik met hom
gegaan en is die kwessie by mev Kameel
se woning opgeklaar waarna die klaagster hom om verskoning gevra het
dat sy nog voorgee
dat hy haar kêrel is. Hulle is toe daar uit
mekaar om ongeveer 05:45 waarna die appellant werk toe gegaan het.
12. Die hoofgronde van
appél ten opsigte van die skuldigbevinding is dat die
verhoorhof fouteer het, eerstens deur nie die
weersprekings en
teenstrydighede in die staat se saak behoorlik in ag te neem nie en
tweedens, deur die weergawe van die appellant
te verwerp as nie
redelik moontlik waar nie.
13. Mnr Nagel wat namens
die appellant verskyn het, het talle punte van kritiek in die
getuienis van die klaagster uitgewys. Die
kritiek is nie sonder
meriete nie. Die klaagster was ‘n enkelgetuie en as sulks moes
haar getuienis met versigtigheid behandel
word. Vir ‘n
skuldigbevinding om te volg op die getuienis van ‘n enkelgetuie
moet die getuienis bevredigend wees in
alle wesenlike opsigte of daar
moet stawing daarvoor wees. Die getuienis kan bevredigend wees al is
dit vir ‘n mate van kritiek
vatbaar. In
S v Sauls
1981(3)
SA 172(A) 180 E-H word die wyse waarop ‘n enkelgetuie se
getuienis benader word as volg uiteengesit:

There is no
rule of thumb test or formula to apply when it comes to a
consideration of the credibility of the single witness (see
the
remarks of RUMPFF JA is S v Webber 1971(3) SA 754 (A) at 758). The
trial Judge will weigh his evidence, will consider its merits
and
demerits and, having done so, will decide whether it is trustworthy
and whether, despite the fact that there are shortcomings
or defects
or contradictions in the testimony, he is satisfied that the truth
has been told. The cautionary rule referred to by
De Villiers JP in
1932 may be a guide to a right decision but it does not mean

that the appeal
must succeed if any criticism, however slender, of the witnesses’
evidence were well founded”
(per SCHREINER JA in R
v Nhlapo (AD 10 November 1952) quoted in R v Bellingham 1955(2) SA
566(A) at 569). It has been said more
than once that the exercise of
caution must not be allowed to displace the exercise of common
sense.”
14. Die verhoorhof was
kennelik bewus van die beginsels wat heers by die oorweging van die
getuienis van ‘n enkelgetuie. Ek
is egter van mening dat die
verhoorhof as gevolg van ‘n wanbegrip van, of ‘n
misvatting van die appellant se getuienis,
sy weergawe van die
staanspoor as onwaarskynlik bevind het en dat dit grotendeels tot
gevolg gehad het dat die gebreke in die staat
se saak as onbeduidend
afgemaak is.
15. Ek baseer hierdie
mening op die volgende uitreksel van die landdros se uitspraak
rakende die verskillende weergawes van die
klaagster en die appellant
ten opsigte van die tyd wat die appellant by die klaagster se
woonplek opgedaag het.

To support the
complainant even around this aspect of time frame, Accused testified
that before he could even go to work, the IO
or the investigating
Officer pitched up at his premises together with the Complainant. And
so he was surprised because he was arrested.
. . And the reality and
the concern which was not at all a point in dispute, was that come
06:00 early in the morning, the Accused
had to be out because he must
go to work.
And so if maybe it was
not so early, given the fact that I have enumerated on various
encounters of incidents that took place, before
even reaching the
aunt’s place, when was this time for the Police to immediately
arrive, before 06:00 and effect an arrest
on him?
It could not at all
tally to Court. If for anything, it started to be a pointer on
improbability on the version by the accused.
And it also started to
be a contradiction in so far as what the version of the Accused was.”
16. Dit was egter nooit
die appellant se weergawe dat hy nog dieselfde oggend van die voorval
en voor hy nog werk toe is, gearresteer
is nie. Op ‘n vraag van
die verhoorhof self het hy oor hierdie aspek as volg geantwoord:

Ek was net
gearresteer – gaan haal by die werk en toe kom toesluit en toe
sal hulle sê . . .”
17. Ek meen dit is as
gevolg van bogenoemde dwaling dat mev Kameel se getuienis deur die
verhoorhof as neutraal beskou is en as
volg bevind is: “
Neither
(did she) boost your case, nor that of the Complainant.”
Mev Kameel was ‘n
belangrike getuie wat betref die stawing van die klaagster se
weergawe dat die appellant haar aangerand
het en met die mes gedreig
het aangesien hierdie optrede van die appellant, volgens die
klaagster, in die teenwoordigheid van mev
Kameel plaasgevind het.
Hierdie aspekte is nooit oor getuig nie of eers met haar aangeraak
deur die aanklaer nie. Hierdie versuim
vanaf staatsweë noop die
afleiding dat mev Kameel in die verband die klaagster waarskynlik sou
weerspreek. Hierdie tipe situasie
verskil maar weinig van die geval
waar die Staat versuim om ‘n beskikbare en noodsaaklike getuie
te roep. Daar kan na my
mening slegs ‘n nadelige afleiding
hieruit gemaak word.
18. Ander aspekte wat ‘n
skaduwee werp oor die betroubaarheid van die klaagster se getuienis
is:
18.1 Die weerspreking in
die getuienis van die klaagster en haar moeder oor hoe sy die
krapmerke aan haar nek opgedoen het;
18.2 Die aantekening van
die forensiese verpleër in die J88 dat haar klere met geweld
uitgetrek is deur die verkragter wat
in teenstelling is met die
klaagster se getuienis dat sy haar self ontklee het. Die verpleër
is nie as getuie geroep deur
die staat nie en moet daar dus aanvaar
word dat die klaagster die gebeure so oorgedra het aan die verpleër.
18.3 Die feit dat die
klaagster nie probeer weghardloop het of om hulp geskree het nie
terwyl daar skynbaar geleentheid daarvoor
was, is ook nie versoenbaar
met die optrede van ‘n persoon wat onder dreigement van ‘n
mes van haar woning geneem en
verkrag is nie.
19. Die bevindings van
die forensiese verpleër ten opsigte van die besering aan die
klaagster se geslagsdele neem die Staat
se saak ook nie veel verder
nie. Soos reeds gemeld het die verpleër nie getuig nie en is
daar geen verduideliking oor wat
hy byvoorbeeld bedoel met ‘n

vars”
skeur nie. Hoe lank voor die ondersoek sou
hy beraam is die besering veroorsaak? Hy sou ook die verhoorhof kon
inlig of sy opinie
dat die besering veroorsaak versoenbaar is met
kragdadige penetrasie dan noodwendig konsensuele gemeenskap uitsluit.
Sonder hierdie
inligting en in omstandighede waar die klaagster op
daardie stadium in ‘n liefdesverhouding betrokke was (die J88
dui aan
dat sy net die vorige dag konsensuele omgang gehad het), is
die blote feit van ‘n besering aan die klaagster se geslagsdele

na my mening nie genoegsame stawing dat sy verkrag is nie.
20. Die appellant se
weergawe aan die ander kant was deurgaans konsekwent en is daar ook
stawing in die getuienis van mev Kameel.
Ek meen nie dat sy weergawe
in hierdie omstandighede as nie redelik moontlik waar beskou kan word
nie.
21. Ek is van mening in
die lig van al hierdie omstandighede, dat die staat nie sy saak bo
redelike twyfel bewys het nie en moet
die appél gevolglik
slaag.
Die volgende bevel word
gemaak
Die appél
slaag.
b) Die
skuldigbevinding en vonnis word ter syde gestel.
_________________________
C.C. WILLIAMS
REGTER
Ek stem saam.
_______________________
S. L. ERASMUS
WAARNEMENDE REGTER
Nms. Appellant: Adv. N
Nagel
Regshulpraad
Nms. Respondent: Adv. Q
Hollander
Kantoor van die DOV