S v Nel (CA&R 15/2012) [2012] ZANCHC 15 (8 June 2012)

58 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape — Consent — Appellant convicted of rape, claiming consensual sexual intercourse with complainant — Complainant testified to being incapacitated by alcohol and not consenting — Appellant's version rejected as implausible and contradictory — Court found State proved guilt beyond reasonable doubt — Sentence deemed excessively harsh and not appropriately considering personal circumstances of appellant — Matter referred back for reconsideration of sentence.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2012
>>
[2012] ZANCHC 15
|

|

S v Nel (CA&R 15/2012) [2012] ZANCHC 15 (8 June 2012)

Verslagwaardig:
Sirkuleer
Aan Regters:
Sirkuleer
aan Streeklandroste
Sirkuleer
Aan Landdroste:
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
IN
DIE NOORD-KAAP HOË HOF, KIMBERLEY
Saakno: / Case number:
CA & R 15 / 2012
Datum verhoor: / Date
heard:
28 / 05 / 2012
Datum gelewer: / Date
delivered:
08 / 06 / 2012
In
die saak tussen:
GERHARD
STEPHANUS NEL
.......................................
Appellant
en
DIE
STAAT
.............................................................
Respondent
Coram:
Lacock,
R
et
Williams, R
UITSPRAAK OP APPÈL
Lacock,
R
Die appellant is in
die Streekhof, Kathu, skuldig bevind aan verkragting deurdat hy na
bewering vleeslike gemeenskap met ene Mafura
teen sy wil gehad het,
en is hy daarna gevonnis tot 10 jaar gevangenisstraf waarvan 2 jaar
voorwaardelik opgeskort is. Hy kom
nou in hoër beroep teen
sowel sy skuldigbevinding en vonnis.
Dit was deurgaans
gemeensaak dat die appellant op die plek en datum soos in die
klagstaat beweer vleeslike gemeenskap met die
klaer, ‘n
meerderjarige getroude man, per anus gehad het. Die appellant het
egter beweer dat gemeenskap met toestemming
van die klaer geskied
het. Die enigste vraag dus wat voor die verhoorhof gedien het en wat
hierin ter sake is, is naamlik of
die klaer toegestem het tot
gemeenskap al dan nie.
Die klaer het getuig
dat hy en die appellant vriende was, en dat hy en ook ‘n derde
persoon die tersaaklike aand by die
appellant gekuier het waar hulle
sterk drank gedrink het en die appellant vir hulle voedsel voorberei
het. Op ‘n stadium
het die appellant aan hom ‘n “dop”
gegee wat hy gedrink het, en daarna het hy sy bewussyn verloor. Toe
hy weer
wakker word het hy homself op die bed van die appellant
bevind en besef laasgenoemde is besig om met hom van agter
gemeenskap
te hou. Hy het onmiddellik die appellant gevra wat hy
doen en het die appellant dan ook sy amoreuse bedrywigheid gestaak.
By
sy huis gekom, het die klaer die onaangename gebeure aan sy vrou
vertel.
Die appellant vertel
‘n ander verhaal. Hy beweer dat nadat die derde kuiergas weg
is, het die klaer te kenne gegee dat hy
wou oorslaap, en is hulle
kamer toe waar hy met die instemming van die klaer gemeenskap met
hom gehou het. In kruisverhoor beweer
hy toe dat die klaer daarna
ook met hom gemeenskap gehou het. Hierdie weergawe is nóg in
sy pleitverduideliking nóg
in sy getuienis in hoof voorgehou.
Die klaer is ook nooit met hierdie weergawe gekonfronteer nie.
Adv Schreuder namens
die appellant het aangevoer dat die landdros verkeerdelik die
weergawe van die appellant as nie redelik moontlik
waar verwerp het.
Voorts het hy kritiek teen die klaer se getuienis uitgespreek omdat
dié eers vier dae ná die
voorval dit aan die polisie
rapporteer het. Na my mening is hierdie argumente sonder enige
meriete.
5.1 Die appellant was
ooglopend berekend leuenagtig in sy getuienis dat die klaer ook met
hom gemeenskap sou gehad het, en is hierdie
getuienis met reg as vals
verwerp. Op waarskynlikhede strook die gedrag van die klaer ná
die voorval geensins met die weergawe
van die appellant nie. Indien
die klaer toegestem het tot gemeenskap en self ook gemeenskap met die
appellant gehad het, is dit
hoogs onwaarskynlik dat hy sy eggenote
daarvan sou vertel, dit met ‘n maatskaplike werker en selfs sy
kerkleiers sou bespreek,
en ook ‘n kriminele klagte sou lê
by die polisie.
5.2 Wat betref sy
gesloer om die aangeleentheid by die polisie aan te meld, is dit
ooglopend uit sy getuienis dat hy ernstig gewroeg
het met die trauma
wat die gebeure op hom gelaat het. Aan die een kant wou hy nie sy
vriend benadeel het nie, maar aan die anderkant
was hy nie gelukkig
met wat hom aangedoen was nie. Vandaar sy heeltemal verstaanbare
optrede om eers klarigheid in sy gemoed te
kry deur die gebeure met
‘n maatskaplike werker en gemeenskapsleiers te bespreek voordat
hy finaal oorgegaan het om ‘n
klag te gaan lê.
Mnr Schreuder het ook
aangevoer dat die landdros versuim het om oorweging te gee aan die
moontlikheid dat die klaer die appellant
wou afpers om geld aan hom
te gee en vir daardie rede die klag gaan lê het. Uit die
getuienis van die klaer blyk dit egter
dat hy die betaling van ‘n
geldbedrag eerder beskou het as ‘n vorm van genoegdoening wat
– soos hy geredeneer
het – óf deur die Staat (die
polisie) óf die appellant betaal moes gewees het. As hy die
appellant wou afdreig
is dit tog sinneloos om te dink dat, as die
appellant hom nie betaal nie, die polisie hom kon betaal het.
Vervolgens meen ek dat
die landdros tereg bevind het dat die Staat bo redelike twyfel die
skuld van die appellant bewys het, en
moet die appèl teen
skuldigbevinding afgewys word.
Wat vonnis aanbetref,
het die landdros na my mening meerdere mistastings begaan.
8.1 Eerstens kom dit
voor dat die uiters gunstige persoonlike omstandighede van die
appellant onderbeklemtoon, alternatiewelik nie
voldoende in ag geneem
is nie.
8.2 Tweedens meen ek
dat die landdros misgetas het deur die voorkoms van verkragting
tussen mans gelyk te stel aan die veelvuldige
voorkoms van
verkragting van ‘n man op ‘n vrou, en hierdie
laasgenoemde stygende tendens as strafverswarend teen die
appellant
in ag te neem.
8.3 Derdens is die
afwesigheid van geweld en die feit dat die appellant sy optrede
onmiddellik gestaak het toe die klaer wakker
word, nie in die vonnis
verstalt nie.
Die vonnis die
appellant opgelê kom my ook skokkend swaar en onvanpas voor.
Indien ek die appellant in die eerste plek sou
vonnis, sou ek nie
direkte gevangenisstraf opgelê het nie. Dit kom my voor dat
hierdie ‘n tipiese geval is waar ‘n
korrektiewe straf
oorweeg moes gewees het. Aangesien dit nie oorweeg is nie, is geen
korrektiewe verslag aangevra nie. In die
lig hiervan meen ek dat die
saak na die landdros terug verwys behoort te word vir die
heroorweging van ‘n gepaste vonnis
en met in agneming van wat
hierin gesê is.
Bygevolg word die
volgende bevel hierin verleen:
DIE APPÈL
TEEN SKULDIGBEVINDING WORD AFGEWYS.
DIE APPÈL
TEEN DIE VONNIS DIE APPELLANT OPGELÊ WORD GEHANDHAAF, EN DIE
VONNIS DIE APPELLANT OPGELê WORD TER
SYDE GESTEL.
DIE SAAK WORD
TERUGVERWYS NA DIE HOF
A QUO
VIR HEROORWEGING VAN VONNIS.
_______________
Lacock, R
REGTER
Ek
stem saam.
_____________________
Williams,
R
REGTER
Namens
Appellant:
Adv. JJ Schreuder i.o.v die Regshulpraad
Namens
Respondent:
Adv. CG Jansen i.o.v die Direkteur van Openbare
Vervolgings