About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2012
>>
[2012] ZANCHC 13
|
|
Els v Voorsitter van die Ontwikkelingsappel Tribunaal, Noord-Kaap en Anders (2021/2009) [2012] ZANCHC 13 (25 May 2012)
Verslagwaardig:
Sirkuleer
Aan Regters:
Sirkuleer
aan Streeklandroste
Sirkuleer
Aan Landdroste:
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
IN
DIE NOORD-KAAP HOË HOF, KIMBERLEY
Saakno: / Case number:
2021 / 2009
Datum verhoor: / Date
heard:
04 / 05 / 2012
Datum gelewer: / Date
delivered:
25 / 05 / 2012
In
die saak tussen:
PETRUS
ARNOLDUS ELS
...........................................
Applikant
en
DIE
VOORSITTER VAN DIE ONTWIK-
KELINGSAPPèL
TRIBUNAAL,
NOORD-KAAP
............................................
Eerste
Respondent
DIE
ONTWIKKELINGSAPPÈLTRIBU-
NAAL,
NOORD-KAAP
...............................
Tweede
Respondent
GLACIAL
PROPERTIES (EDMS) BPK
...........
Derde
Respondent
SOL
PLAATJE MUNISIPALITEIT
.................
Vierde
Respondent
Coram:
Lacock,
R
et
Van Niekerk, WnR
UITSPRAAK
Van
Niekerk, WnR
Hierdie is ‘n
aansoek om hersiening van ‘n besluit geneem op appèl
deur die Noord-Kaapse Ontwikkelingsappèltribunaal
en wel ten
opsigte van die koste van die appèlverrigtinge.
In hierdie uitspraak
sal ek na die applikant, mnr. P.A. Els verwys as Els, na die eerste
en tweede respondente synde die voormelde
tribunaal en sy
voorsitter, as die tribunaal, na die derde respondent, Glacial
Properties (Edms) Bpk as Glacial, en na die vierde
respondent, die
Sol Plaatje Munisipaliteit, as die Munisipaliteit.
Glacial het op 12
Maart 2007 by die Munisipaliteit ‘n aansoek ingedien om die
hersonering van ‘n onroerende eiendom
wat beskryf is as
“
Remaining Extent of Portion 27 (Boland) of the Farm
Soutpansfontein No 34
”.
Die gemelde aansoek is
gedoen uit hoofde van die bepalings van die Noord-Kaapse Wet op
Ontwikkeling en Beplanning, Wet 7 van 1998,
en het ten doel gehad
die hersonering van gemelde grondstuk vanaf ‘n sonering as
landbougrond na ‘n sonering van
grond bestem vir residensiële
ontwikkeling.
Els, wat blykbaar
onder die wanindruk was dat die grond wat die onderwerp van die
aansoek vorm inderdaad ‘n grondstuk is
ten opsigte waarvan hy
‘n belang het, het beswaar aangeteken teen hierdie aansoek.
Dit verdien vermelding
dat ook Glacial klaarblyklik onder die wanindruk was dat die eiendom
soos beskryf in die aansoek inderdaad
die eiendom was welke hy
begerig was om te hersoneer terwyl dit inderdaad nie die geval was
nie.
Hierdie gemeenskaplike
dwaling sou later verreikende gevolge hê soos wat hieronder
duidelik sal raak.
Op 7 November 2007 het
die raad van die Munisipaliteit die aansoek van Glacial goedgekeur
en binne die tyd daarvoor toegelaat
het Els appèl aangeteken
by die tribunaal teen hierdie besluit van die Munisipaliteit en
welke appèl deur Glacial
opponeer is.
Na verskeie uitstelle
is die appèl aangehoor op 20 April 2009 en het dit tydens
hierdie verrigtinge tot die kennis gekom
van alle betrokke partye
dat die grondstuk wat die onderwerp van die gewraakte besluit, en
gevolglik die appèl, was, inderdaad
nie die grondstuk is wat
die partye deurgaans in gedagte gehad het nie en het Glacial toe sy
opponering van die appèl
teruggetrek.
Na aanleiding hiervan
het die tribunaal die appèl gehandhaaf op grond van die
foutiewe eiendomsbeskrywing wat onder andere
verder tot gevolg gehad
het dat die omgewingsimpakstudies ten opsigte van die verkeerde
grondstuk oorweeg is.
Die tribunaal het sy
beslissing ten opsigte van die koste van die appèlverrigtinge
oorgehou en die partye versoek om betoogshoofde
aangaande daardie
kwessie in te dien welke toe ook gedoen is.
Dit verdien vermelding
dat in hoofde geliasseer namens Els daar geen versoek is vir koste
op die Hoër Hof-tarief nie. Al
wat versoek is is koste op
prokureur en eie kliënt-skaal en soos getakseer deur die
“Master of the High Court”,
(vermoedelik ‘n
verwysing na die Griffier van die Hoë Hof).
Ná oorweging
het die tribunaal ‘n beslissing gemaak dat Glacial en die
Munisipaliteit gesamentlik en afsonderlik
aanspreeklik is vir die
koste van Els en wel op die skaal soos tussen party en party en
getakseer volgens die tariewe van toepassing
in die landdroshof.
Dit is slegs die
gedeelte van die beslissing wat handel met die toepaslike tarief
(nie die toepaslike skaal nie) wat nou die onderwerp
van hierdie
aansoek vorm.
Nadat die tribunaal
versoek is om redes te verskaf vir die besluit aangaande die
toepaslike tarief, het dit as volg op daardie
versoek geantwoord:
“
The Development Appeal
Tribunal met on 29 July 2009 and conceded (sic) that they are obliged
to use their discretion on which scale
to apply, and since the matter
was quite simple it did not justify a higher tariff. The first
respondent made a bona fide mistake
– there was no malicious
intent or mala fide actions. The Development Appeal Tribunal pursues
the rules of administrative
and natural justice and acts in a just,
fair and equitable manner.
”
Die besluit van die
tribunaal aangaande koste, is geneem uit hoofde van die bepalings
van artikel 23(3) van die Wet op Ontwikkelingsfasilitering,
Wet 67
van 1995, wat as volg bepaal:
“
(3) Die
ontwikkelingsappèltribunaal kan die bevel of beslissing
waarteen geappelleer word, bekragtig, wysig of tersyde stel
of enige
ander bevel of beslissing maak, insluitende ‘n bevel rakende
koste ooreenkomstig die vereistes van die reg of billikheid.
”
Die Engelse weergawe
van die betrokke artikel (die Engelse teks is deur die President
onderteken) verskil egter van die Afrikaanse
weergawe en bepaal dat
‘n kostebevel verleen kan word “
according to the
requirements of the law
and
fairness.
”
(my onderstreping).
Die partye was dit
eens, myns insiens heeltemal tereg so, dat die diskresie van die
tribunaal aangaande koste ‘n baie wye
diskresie is wat gelyk
gestel kan word aan die diskresie van ‘n geregshof vir soverre
dit kostebevele aangaan. Sien
GRAHAM v ODENDAAL
1972 (2) SA
611
(A) op 616 A.
Dit was voorts
gemeensaak tussen die partye dat die beslissing van die tribunaal
inderdaad ‘n administratiewe handeling
is soos bedoel in die
Promotion of Administrative Justice Act, Wet 3 van 2000 (hierna
genoem PAJA) en derhalwe vatbaar is vir
hersiening.
Beide in die
funderende verklaring asook in sy betoog voor hierdie Hof het Els sy
aanval op die tribunaal se beslissing beperk
daartoe dat die
tribunaal sou fouteer het deur te bevind dat die aangeleentheid van
eenvoudige aard was en daarom nie die relevante
omstandighede (die
beweerde ingewikkelde aard van die saak wat betref die meriete
daarvan) in ag geneem het nie en dat die beslissing
daarom en uit
hoofde van die bepalings van artikel 6(2)(e)(iii) van PAJA hersien
en tersyde gestel moet word.
Dit moet beklemtoon
word dat die tribunaal sy handhawing van die appèl
uitsluitlik baseer het op die voormelde ongelukkige
toedrag van sake
wat betref die foutiewe eiendomsbeskrywing en geen uitsluitsel gegee
het aangaande die meriete van die appèl
op die gronde soos
deur Els aangevoer nie. Die foutiewe eiendomsbeskrywing is dan ook
nooit as ‘n grond van appèl
deur Els geopper nie.
Ook wat betref die
vraag na koste is dit opmerklik dat Els se verteenwoordigers nie die
tribunaal versoek het om vir doeleindes
van koste te bevind dat die
aangevoerde gronde van appèl (wat betref die meriete daarvan)
meriete in gehad het en dat
Els, indien die appèl op die
meriete beslis is, suksesvol in sy appèl sou wees nie.
Afgesien daarvan dat
geen versoek vir sodanige bevinding gerig is nie, is daar eweneens
geen argument hoegenaamd aangaande die
meriete voorgelê aan
die tribunaal met die oog op die verlening van ‘n gepaste
kostebevel nie.
Die argumentshoofde
van Els wat voor die tribunaal gedien het met betrekking tot die
kwessie van koste het uitsluitlik gehandel
met die invloed van die
foutiewe eiendomsbeskrywing op die appèl en wie daarvoor te
blameer is.
Dit is ook nie
verbasend dat die tribunaal hom glad nie aangaande die meriete van
die appèl uitgelaat het nie, want na
alles het die tribunaal
eenvoudig nie alle getuienis aangehoor om hom in staat te stel om
daaroor te beslis nie.
Els kan hom alleenlik
beroep op die ingewikkeldheid van die appèl wat betref die
meriete daarvan indien hy kan aantoon
dat die meriete, indien bereg,
in sy guns beslis moes word. Laasgemelde kan hy nie aanvoer nie vir
die redes hierintevore na
verwys en daarom is die meriete van die
appèl op die gronde soos deur Els aangevoer eenvoudig nie ‘n
relevante oorweging
wat in ag geneem moes gewees het nie.
Indien die meriete van
die appèl nie ‘n relevante oorweging was nie dan is dit
onverstaanbaar hoe aangevoer kan word
dat die ingewikkeldheid aldan
nie van die meriete enigsins relevant kan wees.
Ek is gevolglik van
mening dat dit nie aangetoon is deur Els dat die tribunaal ‘n
relevante oorweging nie in ag geneem het
nie.
Els het in sy
funderende verklaring nagelaat om te vermeld op welke presiese
hersieningsgronde, soos vervat in artikel 6(2) van
PAJA, hy steun as
regsbasis vir sy aansoek, maar het bloot die Hof verwys na die
bepalings van artikel 6(2)(d), (e)(iii) en f(ii)
van PAJA.
In argument voor ons
het mnr Coetzee, namens Els, geensins gesteun op die gronde soos
vervat in artikel 6(2)(d) en 6(f)(ii) van
PAJA nie.
In hierdie verband is
die punt geneem namens die tribunaal dat die aansoek van die hand
gewys behoort te word omdat die presiese
regsbasis waarop die
aansoek berus nie openbaar is nie.
In die saak van
BATO
STAR FISHING (PTY) LTD v MINISTER OF ENVIRONMENTAL AFFAIRS AND
OTHERS
[2004] ZACC 15
;
2004 (4) SA 490
(CC) op 507 D tot E het die Hof by monde
van
O’REGAN, R
die volgende hieraangaande gesê:
“
Where a litigant relies
upon a statutory provision, it is not necessary to specify it, but it
must be clear from the facts alleged
by the litigant that the section
is relevant and operative.
”
Ek meen dat Els
voldoende feite beweer het om dit duidelik te maak dat die regsbasis
van sy aansoek is soos hierin tevore na verwys
naamlik dat dit
gebaseer is op die bepalings van artikel 6(2)(e)(iii) van PAJA.
Artikel 6(2)(d) en
(f)(ii) van PAJA bepaal as volg:
“
(2) A court
or tribunal has the power to judicially review an administrative
action if-
(d) the action was
materially influenced by an error of law;
(f) the action
itself:
....
Is not rationally
connected to-
(aa) the purpose for
which it was taken;
(bb) the purpose for
the empowering provision;
(cc) the information
before the administrator; or
(dd) the reasons
given for it by the administrator.
”
Afgesien daarvan dat
mnr Coetzee nie voor ons op enige van die laasgemelde gronde gesteun
het nie, het Els myns insiens ook nie
enige feite aangetoon op grond
waarvan beweer kan word dat enige van hierdie gronde vir hersiening
hierin toepaslik is nie.
As in ag geneem word
dat die kwessie van die foutiewe eiendomsbeskrywing uitsluitlik die
resultaat van die appèl beïnvloed
het dan kan hoegenaamd
geen fout gevind word met die tribunaal se bevinding dat die
aangeleentheid eenvoudig was nie. Die teendeel
is ook nie voor ons
aangevoer deur mnr Coetzee nie.
Vir die redes voormeld
meen ek dat die applikant nie daarin geslaag het om aan te toon dat
die tribunaal se beslissing hiersien
behoort te word nie.
Mnr Botha, namens
Glacial, het ons versoek om indien die applikant se aansoek slaag ‘n
sekere bevel te maak wat betref die
koste teweeg gebring deur die
uitstel van die aansoek op 5 Augustus 2011 maar in die lig van die
gevolgtrekking waartoe ek hierin
gekom het is dit onnodig om verder
iets hieraangaande te sê.
Daar is geensins
aangevoer dat wat die koste van hierdie aansoek betref die algemene
reël betreffende sukses nie hier aanwending
behoort te vind
nie.
In die lig van die
voormelde word die aansoek met koste van die hand gewys.
_______________
Van Niekerk, WnR
WAARNEMENDE REGTER
Ek stem saam.
_______________
Lacock, R
REGTER
Namens
Applikant:
Adv. W.J. Coetzee i.o.v. De Jager Prokureurs
Namens
1ste en 2de Respondent:
Adv. D. Koko i.o.v Die
Staatsprokureurs
Namens
3de Respondent:
Adv. C.H. Botha i.o.v. Mervyn Joel Smith
Prokureurs