About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2012
>>
[2012] ZANCHC 11
|
|
S v Masoka (CA&R 3/2012) [2012] ZANCHC 11 (4 May 2012)
Verslagwaardig:
Sirkuleer
Aan Regters:
Sirkuleer
aan Streeklandroste
Sirkuleer
Aan Landdroste:
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
IN
DIE NOORD-KAAP HOË HOF, KIMBERLEY
Saakno: / Case number:
CA & R 3/2012
Datum verhoor: / Date
heard:
23 / 04 / 2012
Datum gelewer: / Date
delivered:
04 / 05 / 2012
In
die saak tussen:
KONJIWE
MASOKA
....................................................
Appellant
en
DIE
STAAT
.............................................................
Respondent
Coram:
Lacock,
R
et
Williams, R
UITSPRAAK OP APPÈL
Lacock,
R
Die appellant het op
20 September 2011 in die landdroshof, Galeshewe, skuldig gepleit op
‘n aanklag van ‘n oortreding
van artikel 5(b) van Wet
140 van 1992 deurdat sy handel gedryf het in ‘n ongewensde
afhanklikheidsvormende middel te wete
5,495 kilogram dagga. Na
skuldigbevinding is sy gevonnis tot 48 (AGT EN VEERTIG) maande
gevangenisstraf waarvan 24 (VIER EN TWINTIG)
maande voorwaardelik
opgeskort is vir ‘n periode van 5 (VYF) jaar. Sy kom nou in
hoër beroep teen die vonnis haar
opgelê.
Namens die appellant
voer Adv Nel aan dat die vonnis die appellant opgelê, gegewe
haar persoonlike omstandighede, skokkend
swaar en onvanpas is. Mnr
Nel betoog dat die verhoorhof onvoldoende gewig geheg het aan die
volgende persoonlike omstandighede
van die appellant:
2.1 Tydens
vonnisoplegging was die appellant 35 jaar oud.
2.2 Sy is die moeder en
enigste ouer van drie afhanklike kinders, waarvan twee nog
minderjarig. Sy versorg hierdie kinders.
2.3 Die appellant het
geen vorige veroordelings nie en was dus ‘n algeheel eerste
oortreder.
2.4 Ten tye van die
pleeg van die misdryf was sy werkloos en het dagga verkoop ten einde
haarself en die kinders te onderhou.
2.5 Sy ly aan ‘n
longkwaal.
2.6 Sy het berou getoon
vir die oortreding gepleeg soos verstalt in haar pleit van skuldig.
Benewens die
voorgaande is dit gemeensaak dat die hoeveelheid dagga ter sake min
is, naamlik 5,495 kilogram. Die waarde daarvan
is onbekend.
Mnr Nel steun vir sy
betoog op ‘n reeks gerapporteerde sake waaruit dit blyk dat
die Howe nie ligtelik ‘n eerste oortreder
wat hom of haar
skuldig gemaak het aan hierdie tipe misdryf, direkte gevangenisstraf
sonder die keuse van ‘n boete oplê
nie, of, waar
gevangenisstraf sonder die keuse van ‘n boete opgelê is,
daardie gevangenisstraf in geheel voorwaardelik
opgeskort word nie.
In die lig daarvan dat
Adv Kgatwe namens die Staat toegee dat die direkte gevangenisstraf
die appellant opgelê skokkend onvanpas
is, vind ek dit nie
nodig om met die gesag soos aangehaal hierin verder te handel nie.
Indien die voormelde
persoonlike omstandighede van die appellant behoorlik opgeweeg word
teen die erns van die oortreding asook
die openbare euwel
teweeggebring deur dwelms, en voorts oorweging gegee word aan die
belange van die kinders van die appellant
wat noodwendig uiters
nadelig getref sal word indien hul moeder en enigste onderhoudsvoog
vir ‘n tydperk na die gevangenis
gestuur sou word, is ek dit
eens met die advokate dat die vonnis die appellant opgelê ‘n
gevoel van skok opwek. Vervolgens,
en in belang van geregtigheid, is
dit nodig vir hierdie Hof om die vonnis die appellant opgelê
ter syde te stel en te vervang
met ‘n gepaste vonnis.
Bygevolg word die
volgende bevel hierin verleen:
1. DIE
SKULDIGBEVINDING WORD BEKRAGTIG.
2. DIE VONNIS DIE
APPELLANT OPGELÊ WORD TER SYDE GESTEL EN VERVANG MET DIE
VOLGENDE:
“
2.1 ‘N
BOETE VAN R2,500.00 (TWEEDUISEND VYFHONDERD RAND) OF, BY WANBETALING,
24 (VIER EN TWINTIG) MAANDE GEVANGE-NISSTRAF.
2.2 BENEWENS DIE
VOORGAANDE, GEVANGE-NISSTRAF VAN 2 (TWEE) JAAR WAT IN GEHEEL
OPGESKORT WORD VIR ‘N PERIODE VAN 4 (VIER) JAAR
OP VOORWAARDE
DAT DIE BESKULDIGDE NIE WEER SKULDIG BEVIND WORD AAN ‘N
OORTREDING VAN ARTIKEL 5(b) VAN WET 140 VAN 1992 GEPLEEG
GEDURENDE
DIE TYDPERK VAN OPSKORTING NIE.”
3. DIE VONNIS WORD
TERUG DATEER NA 20 SEPTEMBER 2011.
_______________
Lacock, R
REGTER
Ek
stem saam.
_____________________
Williams,
R
REGTER
Namens
Appellant:
Adv. IJ Nel i.o.v André Potgieter &
Vennote
Namens
Respondent:
Adv. Kgatwe i.o.v Direkteur van Openbare
Vervolgings