S v Viljoen (CA&R 110/11) [2012] ZANCHC 10 (4 May 2012)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Appeal against conviction — Appellant convicted of purchasing uncut diamonds in contravention of the Diamonds Act — Appellant contended that the undercover operation was improperly conducted and that the evidence obtained was inadmissible — Court found that the undercover officer's actions did not exceed the bounds of merely creating an opportunity for the crime to be committed, thus the evidence was admissible — Appeal dismissed, conviction upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2012
>>
[2012] ZANCHC 10
|

|

S v Viljoen (CA&R 110/11) [2012] ZANCHC 10 (4 May 2012)

Verslagwaardig:
Sirkuleer
Aan Regters:
Sirkuleer
aan Streeklandroste
Sirkuleer
Aan Landdroste:
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
IN
DIE NOORD-KAAP HOË HOF, KIMBERLEY
Saakno: / Case number:
CA & R 110 / 11
Datum verhoor: / Date
heard:
23 / 04 / 2012
Datum gelewer: / Date
delivered:
04 / 05 / 2012
In
die saak tussen:
NICO
VILJOEN
...........................................................
Appellant
en
DIE
STAAT
.............................................................
Respondent
Coram:
Lacock,
R
et
Williams, R
UITSPRAAK OP APPÈL
Lacock,
R
Die appellant is op 14
Augustus 2009 in die Land-droshof, Port Nolloth, skuldig bevind aan
drie aanklagte vir die oortreding van
Artikel 20 van die Wet op
Diamante, Nr 56 van 1986, deurdat hy na bewering op 21 Januarie
2005, 18 Augustus 2005 en 2 November
2005 wederregtelik een (1),
twee (2) en een (1) ongeslypte diamant(e) onderskeidelik gekoop het
en waarvan die onderskeie waardes
R20,005.00, R27,345.00 en
R29,568.00 sou beloop het. Op dieselfde dag is die appellant
gevonnis tot drie jaar gevangenisstraf
en daarbenewens met ‘n
boete van R160,000.00 of drie jaar gevangenisstraf wat in die geheel
voorwaardelik opgeskort is
vir vier jaar. Voorts is die gelde betaal
deur die appellant aan die Staat verbeurd verklaar en is ‘n
vergoedingsbevel
verleen ingevolge Artikel 300 van die
Strafproseswet vir die waarde van die diamante.
Met verlof van die
verhoorhof kom die eerste appellant nou in hoër beroep teen
sowel sy skuldigbevinding en die vonnis hom
opgelê.
Op die eerste aanklag
is ‘n mede beskuldigde, Me Losper, ook skuldig bevind aan
dieselfde oortreding, maar geen appèl
teen haar
skuldigbevinding of vonnis is aangeteken nie.
Die volgende feitelike
omstandighede tersaaklik tot hierdie appèl is gemeensaak
tussen die appellant en die respondent:
3.1 Die appellant het
op die datums soos vermeld in die klagstaat die voorwerpe wat as
diamante aan hom voorgehou is, gekoop van
ene Leon W.E. Ferris
(Ferris) teen die bedrae soos daarin vermeld sonder dat hy regtens
gemagtig of bevoeg was om ongeslypte diamante
te koop. Die koopprys
van die diamante is tydens elke transaksie in kontant (banknote) aan
Ferris betaal.
3.2 Tydens die eerste
kooptransaksie het Losper as agent die appellant aan Ferris
voorgestel, en het sy ‘n kommissie van R1,000.00
van Ferris
ontvang. Losper was nie betrokke by- of instrumenteel tot die verdere
twee kooptransaksies nie.
3.3 Al drie transaksies
het plaasgevind in ‘n vertrek in die Scotia Inn Hotel, Port
Nolloth, en waarvan die appellant die
eienaar was.
3.4 Te alle tersaaklike
tye was Ferris ‘n inspekteur in die diens van die Edelmetaal en
Diamant Eenheid van die SAPD en gestasioneer
te Kimberley. Die
kooptransaskies wat met die appellant gesluit was, was almal bedekte
of lokval operasies en het deel gevorm van
‘n oorkoepelende
projek van die SAPD genaamd Projek 2081.
3.5 Geeneen van die
diamante aldus aan die appellant verkoop, is daarna weer deur die
SAPD teruggevind nie.
Die toelaatbaarheid
van die getuie Ferris is op verskeie gronde aangeval, en het die
Verhoorhof vir doeleindes van die beslissing
van hierdie vraag ‘n
sogenaamde binneverhoor gelas. Namens die Staat het slegs Ferris in
die binneverhoor getuig. Geen
getuienis is namens die beskuldigdes
voor die hof geplaas nie, en geeneen van die beskuldigdes het ook
self getuig nie. Aan die
einde van die binneverhoor het die landdros
bevind dat die getuienis van Ferris wel toelaatbaar was, en is die
Staatsaak voortgesit.
Na sluiting van die Staatsaak het beide
beskuldigdes (die appellant en Losper) ook hul sake gesluit sonder
dat hulle óf
getuig het óf ander getuienis aangebied
het.
Die oorhoofse gebeure
wat gelei het tot die kooptransaksies van die diamante deur die
appellant, is eweneens weinig in geskil.
5.1 Nadat besluit is om
Projek 2081 van stapel te stuur, is die nodige goedkeuring van die
Direkteur van Openbare Vervolgings bekom
vir die uitvoering daarvan
as ‘n bedekte operasie kragtens die voorskrifte van artikel
252A van Wet 51 van 1977 (die Wet).
5.2 Die diamante wat
gebruik is en wat aan die appellant verkoop is, was staatsdiamante.
(Hoewel die appellant nou betwis dat die
Staat bewys het dat die
tersaaklike voorwerpe inderdaad diamante was, verwys ek vir
doeleindes van hierdie uitspraak voorlopig
daarna as “diamante”).
5.3 Ferris was as agent
deur sy hanteerders getaak om telkens die transaksies met die
appellant te sluit. Voor elke optrede was
Ferris onderwerp aan die
gebruiklike polisie prosedure en was hy voorsien van die nodige
digitale apparatuur om die tersaaklike
gebeure verbaal en op video op
te neem. Die regmatigheid van hierdie formaliteite en die egtheid van
die digitale opnames is nie
in geskil nie.
5.4 Op 20 Julie 2005 is
Ferris, gewapen met die eerste diamant en digitale toerusting na Port
Nolloth. Hier het hy Losper, vir wie
hy reeds op ‘n vorige
geleentheid te Springbok ontmoet het, raakgeloop. Nadat Losper aan
Ferris te kenne gegee het dat sy
van ‘n persoon weet wat
belangstel om ongeslypte diamante te koop, maar dat sy kommissie op
die transaksie verlang, het hulle
afgespreek om mekaar die volgende
dag te ontmoet. Op 21 Julie 2005 het Ferris en Losper weer ontmoet,
en is ‘n afspraak met
die appellant gereël. Laasgenoemde
het daarop aangedring dat Losper Ferris vergesel. Ferris en Losper
het toe die appellant
by sy hotel ontmoet waar die eerste diamant aan
die appellant verkoop is.
5.5 Aldus Ferris het
die appellant tydens hierdie eerste ontmoeting teenoor hom te kenne
gegee dat hy in die toekoms steeds in diamante
belang sal stel.
Ferris het hom voorgedoen as ‘n werknemer van De Beers te
Koffiefontein en dat hy die diamante steel.
5.6 Op 18 Augustus 2005
en ook op 2 November 2005 het Ferris telkens sonder om vooraf ‘n
afspraak met die appellant te maak,
by die gemelde hotel van die
appellant opgedaag, en het die appellant die diamante soos gemeld,
aangekoop.
Adv Albertus SC voer
in die eerste plek aan dat die landdros ‘n mistasting begaan
het deur te bevind dat die optrede van
Ferris nie verder gegaan het
as die skepping van ‘n geleentheid om die misdrywe te pleeg
nie, soos bedoel in artikel 252A(1)
van die Wet. Hy voer aan dat die
landdros vervolgens verkeerdelik die getuienis van Ferris toegelaat
het.
Artikel 252A(1) van
die Wet lees as volg:

(1) ‘n
Wetstoepasser, beampte van die Staat of enige ander persoon wat vir
sodanige doel daartoe gemagtig is (hieronder in
hierdie artikel ‘n
beampte of sy of haar agent genoem) kan ‘n lokval stel of van
‘n bedekte operasie gebruik
maak ten einde die pleging van ‘n
misdryf op te spoor, te ondersoek of bloot te lê, of om die
pleging van enige misdryf
te voorkom, en die getuienis aldus bekom,
is toelaatbaar indien daardie optrede nie verder gaan as die skepping
van ‘n geleentheid
om ‘n misdryf te pleeg nie: met dien
verstande dat indien die optrede verder gaan as die skepping van ‘n
geleentheid
om ‘n misdryf te pleeg, die hof getuienis wat aldus
bekom is, onderworpe aan subartikel (3) kan toelaat.

Die inleidende gedeelte
van artikel 252A(2) lees,

(2) By oorweging van die
vraag of die optrede verder gaan as die skepping van ‘n
geleentheid om ‘n misdryf te pleeg,
neem die hof die volgende
faktore in ag:...

en daarna volg ‘n
reeks faktore soos gelys in subparagrawe (a) tot (n). Hierdie faktore
het ten doel dat ‘n beskuldigde
nie sy fundamentele reg op ‘n
billike verhoor ontneem word deur die stel van ‘n onbillike
lokval nie. Dit dien egter
slegs as riglyne ter bepaling van die
vraag of die lokvink verder gegaan het as die skepping van ‘n
geleentheid om ‘n
misdryf te pleeg. Sien
S v Hammond
,
2008 (1) SASV 476 (HHA) te paragraaf 26.
Mnr Albertus lig vyf
gedraginge van Ferris uit ter ondersteuning van sy voormelde
submissie. Ek handel
seriatim
hieronder met elk daarvan.
Eerstens word
aangevoer dat Ferris die vriendskap en vertrouensverhouding tussen
Losper en die appellant onbehoorlik uitgebuit
het ten einde die
appellant te betrap (artikel 252A(2)(h)). Daar steek myns insiens
geen meriete in hierdie argument nie.
9.1 Uit die getuienis
van Ferris en soos blyk uit die tersaaklike opnames is dit duidelik
dat Losper reeds voor die sluiting van
die eerste transaksie te kenne
gegee het dat sy potensiële kopers vir diamante het. Sy is
primêr die persoon wat, ten
einde ‘n kommissie te
verdien, besluit het om die appellant te nader, en nie Ferris nie.
Trouens, Losper het nooit geweet
dat Ferris met ‘n bedekte
operasie besig was nie.
9.2 Die blote feit dat
Losper geweet het dat haar “vriend” en “vertroueling”
die diamant sou koop, dui op
waarskynlikhede daarop dat hulle reeds
voor die ontmoeting tussen Ferris en die appellant ‘n gesprek
gehad het oor die koop
van die diamant. Dit is ooglopend die rede
waarom appellant presies geweet het wat die doel van die besoek was
toe Ferris en Losper
by hom opgedaag het.
9.3 Dit het geen
aanmoediging van Ferris geverg om die appellant te teiken nie. Losper
het dit reeds en slegs op haar inisiatief
gedoen.
Tweedens argumenteer
mnr Albertus dat dit nie die appellant was wat Ferris genader het
nie, maar dat hy en Losper die appellant
aangestig het om die
misdryf te pleeg (artikel 252A(2)(g)). Eweneens is hierdie argument
sonder enige meriete.
10.1 Soos hierbo
genoem, dui die waarskynlikhede oorweldigend daarop dat Losper en die
appellant reeds voor die ontmoeting met die
appellant afgespreek het
dat sy ‘n verkoper van diamante na die appellant sou bring. Dit
het dan ook later geblyk dat Losper
ook met die appellant ‘n
kommissie beding het. Dit het nie in die teenwoordigheid van Ferris
geskied nie.
10.2 Die gesprek tussen
Ferris en Losper waartydens Ferris vir Losper gesê het om haar
reëlings met die koper te tref,
is allermins aanduidend van
aanstigting. Duidelik het Losper haar eie agenda gehad.
Derdens word gesteun
op die voorskrifte van artikel 252A(2)(d) naamlik dat daar geen
getuienis is wat daarop dui dat die appellant
nie ‘n
gemiddelde persoon is wat sou swig voor die tipe oorreding aangewend
deur Losper en Ferris nie.
11.1 Die kort antwoord
hierop is, soos hierbo vermeld, dat Losper en die appellant
waarskynlik afgespreek het om Ferris te ontmoet
vir die appellant om
diamante te koop. Ferris het, voor die ontmoeting met die appellant,
geen druk op hom geplaas of hom enigsins
probeer beïnvloed nie.
11.2 Daar is ook geen
getuienis wat daarop dui dat Losper enige druk of invloed of
oorreding op die appellant geplaas het nie. Die
appellant het verkies
om nie hieraangaande te getuig nie.
Vierdens word
aangevoer dat die landdros fouteer het deur nie in ag te neem die
afwesigheid van ‘n redelike vermoede dat
die appellant al
voorheen ‘n soortgelyke misdryf gepleeg het nie.
12.1 Hierdie vraag is
nooit aan Ferris gestel nie, en, soos later na skuldigbevinding
geblyk het, om ooglopende redes nie. Die appellant
self het hieroor
geswyg.
12.2 Daar was
vervolgens geen getuienis waarop die landdros sodanige faktor in ag
kon neem nie.
12.3 Die gemak en spoed
en kundigheid waarmee die appellant die transaksies gesluit het, is
eerder aanduidend daarvan dat dit nie
sy eerste ondervinding in die
aankoop van ongeslypte diamante was nie.
Laastens voer mnr
Albertus aan dat Ferris nie die appellant voldoende geleentheid
gebied het telkens om te besin oor die wederregtelikheid
van sy
optrede nie. Hierdie argument kom my opportunisties voor.
13.1 Duidelik het
Losper die appellant reeds die dag voor die eerste transaksie ingelig
dat sy ‘n verkoper van ongeslypte
diamante het, en het die
appellant toe reeds sy gewilligheid om te koop, te kenne gegee. Hy
het gevolglik minstens ‘n nag
gehad om daaroor te besin.
13.2 Absoluut niks dui
daarop dat die appellant deur Ferris se haas of deur sy onverwagte
aankoms by die hotel beïnvloed of
geïntimideer was om die
diamante te koop nie. Trouens, hy het by elke geleentheid eers die
diamante gaan besigtig en daarna
oor die prys gekibbel. Sy gretigheid
om te koop wis enige suggestie van “op die ingewing van die
oomblik swig” uit.
13.3 Die finale neksalg
in hierdie argument is daarin geleë dat die appellant nie na die
eerste of die tweede transaksie besin
en tot ander insigte gekom het
nie, ten spyte daarvan dat daar ongeveer vier en tien maande tussen
die tweede en derde transaksies
verloop het.
Uit hoofde van die
voorgande is ek tevrede dat die landdros tereg bevind het dat die
optrede van Ferris nie verder gegaan het
as die skepping van ‘n
geleentheid om die misdrywe te pleeg nie, en vervolgens sy getuienis
tereg toegelaat het.
Wat hierdie bevinding
versterk is die stilswye van Losper en die appellant. Sien
S v
Mdlangwa
, 2010 (2) SASV 419 (HHA) te paragraaf 25.
Vervolgens voer mnr
Albertus aan dat die landdros ‘n mistasting begaan het deur te
bevind dat die Staat bewys het dat ongeslypte
diamante in die
bedekte operasies gebruik is. In hierdie verband word aangevoer dat
die eedsverklarings van mnre. Hlakudi, Rossouw
en Chounyane waarop
die Staat kragtens die voorskrifte van artikel 212(5) van die Wet
steun, nie
prima facie
bewys bied dat die tersaaklike
voorwerpe wel ongeslypte diamante is nie.
Artikel 212(5) van die
Wet lees as volg:

(5) Wanneer die vraag na
die bestaan en aard van ‘n edelmetaal of ‘n edelgesteente
by strafregtelike verrigtinge by
die geskilpunt relevant is of mag
word, is ‘n dokument wat voorgee ‘n beëdigde
verklaring te wees deur ‘n
persoon wat in daardie beëdigde
verklaring beweer dat hy ‘n waardeerder van edelmetale of
edelgesteentes is, dat hy
in diens van die Staat is, dat bedoelde
edelmetaal of bedoelde edelgesteente in werklikheid ‘n
edelmetaal of ‘n edelgesteente,
na gelang van die geval, is,
dat dit ‘n edelmetaal of ‘n edelgesteente van ‘n
besondere soort en voorkoms is
en dat die massa of waarde van
bedoelde edelmetaal of bedoelde edelgesteente is soos in die beëdigde
verklaring aangegee,
by blote voorlegging daarvan by sulke
verrigtinge prima facie-bewys dat dit ‘n edelmetaal of ‘n
edelgesteente van ‘n
besondere soort en voorkoms is en die
massa of waarde van bedoelde edelmetaal of bedoelde edelgesteente is
soos aldus aangegee.

Mnr Albertus ontplooi
sy argument as volg:
18.1 Die aangehaalde
artikel vereis dat die deponent tot ‘n artikel 212(5)
verklaring moet verklaar dat die voorwerp “in
werklikheid”
(Engels: “indeed”) ‘n edelgesteente ensovoorts is.
18.2 Wat die gemelde
drie here in hul eedsverklarings gesê het, is,

On Tuesday June 21, 2005,
during the performance of my official duties, Superintendent Myburgh
of the Kimberley Precious Metal and
Diamond Unit, handed me one
self-sealed bag bearing reference Kimberley 26/90/2/2081 and State
Diamond Number 982 sealed with seal
number FSC64180/00.
I opened the self-sealed bag and
found it contained the following State Diamond numbered:
Number 982 weighing 2,75 carats
After my examination of this
unpolished State Diamond, I came to the conclusion that this diamond
matched the weight, colour, shape
and purity as per audit report for
2005.
After my examiatnion of this
object I wrapped the abovementioned State Diamond in a packet,
whereupon I sealed with an official
seal number 002742 of the SA
Diamond Board and labelled it Kimberley 6/90/2/2081 and State Diamond
No. 982.

Nêrens word gesê
dat die voorwerpe “inderdaad” ongeslypte diamante was
nie, maar blyk dit dat dit bloot
aangeneem was.
18.3 Waar gesê
word dat, “after my...” slaan die ondersoek slegs op die
vraag of die voorwerp ooreenstem met die
oudit verslag, en nie op die
vraag of die voorwerpe wat hulle ondersoek het in werklikheid
diamante was nie.
18.4 In die
alternatief: Aangesien die tersaaklike oudit verslag nie by hul
eedsverklarings aangeheg was nie, bevat daardie gedeelte
van hul
verklarings waarin verwys word na die “weight, colour, shape
and purity” van die diamante dus ontoelaatbare

hoorsê-getuienis.
18.5 Die
eedsverklarings van Fernandes voldoen eweneens nie aan die
voorskrifte van artikel 212(5) nie, aangesien hy nie die diamante

gesien het nie en dus nie kon verklaar dat dit diamante was nie; en
in elk geval steun hy op ontoelaatbare hoorsê-getuienis
wat
betref die waardasie van die diamante. Sy eedsverklarings is
vervolgens foutiewelik as getuienis kragtens artikel 212(5) van
die
Wet toegelaat. Die tersaaklike enersluidende gedeelte van sy
eedsverklarings lees as volg:

On Tuesday, February 07,
2006, during the performance of my official duties, Supt J Myburgh,
of the Kimberley Precious Metal and
Diamond Unit, handed me one
letter bearing reference “
Lost
State Diamonds : Kimberley Project 26/90/2/2081
,
requesting the re-valuation of unpolished State diamond/s number
982
that was lost in a police
action on
21 July
2005
.
We referred back to our audit
records of State Diamonds to obtain the necessary information. After
the examiation of our electronic
records containing the pertinent
data of the above listed State Diamond/s, I now list the relevant
details below:

Na my mening steek
daar geen meriete in hierdie argumente van mnr Albertus nie, en is
ek oortuig daarvan dat die landdros tereg
bevind het dat die Staat
bo redelike twyfel bewys het dat die voorwerpe wat aan die appellant
verkoop is, wel ongeslypte diamante
was.
19.1 Al die getuies wat
namens die Staat getuig het, en wat die voorwerpe hanteer het, het
getuig dat dit diamante was wat deur
hulle hanteer en aan die
appellant verkoop is. Hierdie getuienis is nooit betwis nie.
19.2 Die appellant self
het, aldus die onbetwisde getuienis van Ferris, die voorwerpe wat aan
hom verkoop is, telkens ondersoek,
gebreke daarin uitgewys en het hy
dit as ongeslypte diamante aangekoop.
19.3 Mnre Hlakudi,
Rossouw en Chounyane, al drie staatsdiamantwaardeerders, en wie se
deskundigheid nie aangeval of betwyfel is
nie, het in hul artikel
212(5) verklarings verklaar dat hulle die geseëlde koeverte wat
hulle ontvang het vanaf Superintendent
Myburgh (en wat dieselfde
voorwerpe bevat het wat later aan die appellant verkoop is) oopgemaak
het “and found it contained
the following State diamond...”
en voorts dat, “after my examination of this unpolished State
diamond, I ...”
Die submissie van mnr
Albertus dat hierdie getuies bloot aanvaar het dat die voorwerpe
diamante was en hulself bloot vergewis het
dat die gewig, kleur, vorm
en suiwerheid daarvan ooreenstem met die oudit verslag, vind ek
sonder enige substansie. Uit hul verklarings
is dit ooglopend dat
hulle verklaar dat die voorwerpe in werklikheid ongeslypte diamante
was. Die afwesigheid van die woord “indeed”
in die
verklarings doen geen afbreuk aan die werklike substansie daarvan
nie.
19.4 Soos toegegee deur
mnr Albertus is die waarde van die diamante ontersaaklik vir
doeleindes van die vraag of die voorwerpe ongeslypte
diamante was
aldan nie.
Vervolgens moet die
appèl teen skuldigbevinding afgewys word.
Wat die vonnis
aanbetref, betoog mnr Albertus dat die vonnis die appellant opgelê
skokkend swaar en onvanpas was. Voorts
betoog hy dat die landdros
mistastings begaan het deurdat onvoldoende gewig geheg is aan die
persoonlike omstandighede van die
appellant, dat die openbare belang
en die erns van die misdryf oorbeklemtoon is, en hy versuim het om
alternatiewe vonnisopsies
as dié van direkte gevangenisstraf
te oorweeg. Laastens betoog mnr Albertus dat die landdros homself
wanvoorgelig het
deur die drie skuldigbevindings as strafverligtend
saam te neem vir vonnisdoeleindes, terwyl hy, anders as wat hy te
kenne gegee
het, dit in werklikheid as strafverswarend in ag geneem
het.
Na my oordeel blyk dit
uit die uitspraak dat die landdros die persoonlike omstandighede van
die appellant, die erns van die misdryf
en die gemeenskapsbelang
deeglik en gebalanseerd in ag geneem het. Daar kan ook nie enige
kritiek gelewer word teen die oorwegings
van die landdros van die
oogmerke wat strafoplegging ten doel het nie.
Ter ondersteuning van
sy argument dat die landdros bloot lippetaal geheg het aan sy
opmerking dat die saamneem van die ootredings
strafverligtend sou
wees, het mnr Albertus die vonnis die appellant opgelê
vergelyk met dié aan Losper opgelê
en betoog dat ‘n
vergelyking daarmee ‘n aanduiding is dat die landdros geensins
die vonnis van die appellant getemper
het nie. Ek kan nie hiermee
saamstem nie.
23.1 Nie alleen verskil
Losper se persoonlike omstandighede van dié van die appellant
nie, maar is dit so dat sy slegs aan
een oortreding skuldig bevind
was. Sy het bloot as tussenganger tussen Ferris en die appellant
opgetree en waarvaoor sy ‘n
kommissie van R1,000.00 ontvang
het. Haar omstandihgede en die erns van haar oortreding is geensins
vergelykbaar met dié
van die appellant nie.
23.2 Sou die landdros
die appellant op elkeen van die misdrywe afsonderlik gevonnis het,
sou die totale vonnisse myns insiens op
waarskynlikhede aansienlik
swaarder gewees het. Vervolgens kan nie gesê word dat hy in
hierdie opsig ‘n mistasting
begaan het nie.
Wat vervolgens oorweeg
moet word is naamlik of die vonnis die appellant opgelê
skokkend onvanpas is.
24.1 Die erns waarmee
die Wetgewer hierdie tipe oortredings bejeën is verstalt in die
strafbepalings voorgeskryf in artikel
87(a) van die Wet op Diamante,
Nr. 56 van 1986. Daarkragtens is ‘n oortreding van artikel 20
van die Wet strafbaar met ‘n
boete wat nie R250,000.00 te bowe
gaan nie, of gevangenisstraf van nie meer as tien jaar nie, of beide.
24.2 Adv Cloete namens
die Staat het aangevoer dat dit wil voorkom asof daar in die laaste
aantal jare ‘n tendens was om eerder
eerste oortreders aan
hierdie tipe misdryf ‘n swaar vonnis gekoppel aan ‘n
boete wat opgeskort word, op te lê
en nie direkte
gevangenisstraf nie. Sien as voorbeeld
S v Thomas en Ander
,
1988 (1) SA 843
(NCD) waar die volgende gesê is,

From the material placed
before me, including all statistics and authories, I conclude that
illicit diamond transactions especially
in the Northern Cape are as
serious an offence as always, and should be treated as such. First
offenders will still be imprisoned
in suitable cases (‘gepaste
gevalle’). The only difference is that the Courts over a period
of time became more inclined
not to send a first offender to prison.
My remarks are intended to apply especially to the Northern Cape.

(te 847 G – H).
Sien ook die vonnis
opgelê in
S v Kotze
, 2010 SASV 100 (HHA) en die vonnis
die tweede appellant opgelê in
S v Dos Santos
, 2010 (2)
SASV 382 (HHA).
24.3 Mnr Cloete betoog
egter dat, soos gesê in
S v Thomas (supra)
, in
verdienstelike gevalle direkte gevangenis-straf steeds opgelê
kan en behoort te word. Hiermee stem ek saam. Uit die getuienis
van
Superintendent Myburgh blyk dit dat hierdie tipe misdrywe steeds
hoogty vier in die Noord-Kaap, en dat dit uiters moeilik is
om
oortreders te betrap. Vir hierdie rede meen ek dat meer klem in die
toekoms gelê moet word op oorwegings van voorkoming
en
afskrikking wanneer vonnisse vir hierdie tipe oortredings oorweeg
word. So lank oortreders onder die indruk verkeer dat direkte

gevangenisstraf hulle nie te beurt sal val in geval hulle suksesvol
vervolg en skuldig bevind word nie, sal die onwettige handel
in
ongeslypte diamante kwalik effektief bekamp word. Sien
Rex v
Viviers & Another
,
1966 (4) SA 132
(A):

It is clear from the
transactions that come before the Courts that the profits flowing
from successful illicit dealings in precious
metals and precious
stones may be very large, and the danger exists that in relation to
such profits even an apparently large fine
may have little deterrent
effect on the offender and on others who might be tempted to commit
similar crimes.

te 135 C.
Die landdros het die
skuldigbevindings saam geneem vir doeleindes van vonnis. So gesien
kom ‘n boete van R160,000.00 of,
by wanbetaling daarvan,
gevangenisstraf vir ‘n periode van 3 (drie) jaar my geensins
onvanpas voor nie, veral as in ag
geneem word dat hierdie vonnis in
die geheel voorwaardelik opgeskort is nie. Wat betref die verdere
vonnis van drie jaar direkte
gevangenisstraf, verskil hierdie vonnis
dermate van die vonnis wat ek die appellant sou opgelê het
indien ek die verhoor
sou gedoen het, dat dit inmenging deur hierdie
Hof verg. Hoewel ek dit met die landdros eens is dat ‘n termyn
van direkte
gevangenisstraf ‘n gepaste vonnis is, verskil ek
grootliks van die termyn, en meen ek dat, met in agneming van die
volgende,
‘n termyn van 12 (twaalf) maande gevangenisstraf
gepas sou wees.
25.1 Die appellant het
gunstige persoonlike omstandighede, en het ook ‘n gesin, en
waarvan twee kinders is, om te onderhou.
Gesien dat hy ‘n hotel
bedryf, blyk dit nie dat sy gesin ‘n gebrek aan inkomste sal ly
tydens sy tydelike afwesigheid
nie.
25.2 Hoewel die
landdros nie die vorige oortreding van die appellant vir
vonnisdoeleindes in ag geneem het nie, is dit nietemin
so dat die
appellant nie ‘n eerste oortreder van handel in ongeslypte
diamante is nie.
25.3 Die bedrewe wyse
waarop die appellant telkens die kooptransaksies gesluit het, is
aanduidend daarvan dat hy beslis nie ‘n
“onskuldige”
slagoffer van ‘n lokval was nie. Losper het immers na die
appellant as ‘n “koper”
verwys nog voor die eerste
transaksie.
25.4 Dit blyk ook dat,
na die eerste transaksie, die appellant gretig was om steeds in die
toekoms diamante te koop, en het dan
ook teenoor Ferris aldus te
kenne gegee.
Laastens het mnr
Albertus betoog dat dit onredelik was van die landdros om ‘n
vergoedingsbevel ten gunste van die Staat
te verleen vir die volle
waarde van die diamante. Hy betoog dat die bedrag wat die appellant
aan Ferris oorbetaal het, in verrekening
gebring moes word teen
sodanige waardes. Mnr Cloete daarenteen het ons na gesag verwys
waaruit blyk dat sodanige verrekening
nie gedoen is nie. Sien
R v
Gouws
,
1960 (1) SA 385
(GWPA) en
S v Strydom
,
1967 (2) SA
712
(OPA). Ek meen dat mnr Cloete gelyk gegee moet word.
26.1 Aangesien die
diamante hierin ter sake aan die appellant gelewer is, en nie weer
aan die Staat terugbesorg is nie, en aangesien
die tersaaklike
koopkontrakte gesluit tussen Ferris en die appellant
ab initio
nietig was, is die Staat sivielregtelik geregtig op die vordering van
die waarde van die diamante. Die appellant sal, kragtens
die reël

ex turpis causa non oritur actio
’, nie geregtig
wees om teen sodanige vordering terugbetaling van die koopprys deur
hom betaal te vorder of selfs ‘n
verweer van nie-aanbod van
sodanige koopprys teen die vordering te opper nie. Sien
Minister
van Justisie v Van Heerden
,
1961 (3) SA 25
(OPA) te 28C:

Indien die reg dan belet
dat die skuldige party tot ‘n kontrak wat vir ‘n
skandelike doel aangegaan is kan terugvorder
wat hy kragtens daardie
kontrak betaal het, sou dit onlogies wees om hom toe te laat om sy
geld terug te kry by wyse van ‘n
verdediging wat hy opwerp,
naamlik dat alvorens hy teruggee wat hy ten gevolge van die kontrak
ontvang het die onskuldige party
eers moet teruggee of aanbied wat hy
ten gevolge van die kontrak ontvang het. Dit sou die doel van die reg
om onwettigheid en immoraliteit
te ontmoedig verydel.

Die Staat is dus
geregtig op die vordering en betaling van die volle waarde van die
diamante sonder om die gelde deur die appellant
aan Ferris betaal,
daarteen in verrekening te bring. (
S v Strydom (supra)
te 713
tot 714).
26.2 As in gedagte
gehou word dat die appellant die diamante ontvang en gehou het, het
hy waarskynlik dit teen ‘n wins verkoop,
of hy hou dit steeds
vir die waarde daarvan. Al wat hy verbeur is die gelde wat hy
daarvoor betaal het, en wat hy in elk geval
nie van die Staat kan
terugvorder nie.
Bygevolg word die
volgende bevel hierin verleen:
1. DIE APPÈL
TEEN SKULDIGBEVINDING WORD AFGEWYS.
2. DIE APPÈL
TEEN DIE VONNIS DIE APPELLANT OPGELÊ SLAAG TEN DELE. DIE VONNIS
WORD DEURGEHAAL EN VERVANG MET DIE VOLGENDE:

R160,000.00
OF 3 (DRIE) MAANDE GEVANGE-NISSTRAF WAT IN GEHEEL OPGESKORT WORD VIR
‘N PERIODE VAN 4 (VIER) JAAR OP VOORWAARDE
DAT DIE BESKULDIGDE
NIE WEER SKULDIG BEVIND WORD AAN ‘N OOTREDING VAN ARTIKEL 20
VAN WET 56 VAN 1986 GEPLEEG GEDURENDE DIE
TYDPERK VAN OPSKORTING NIE.
BENEWENS DIE VOORGAANDE WORD DIE BESKULDIGDE GEVONNIS TOT 12 (TWAALF)
MAANDE DIREKTE GEVANGENISSTRAF.

_______________
Lacock, R
REGTER
Ek
stem saam.
_____________________
Williams,
R
REGTER
Namens
Appellant:
Adv. Albertus SC i.o.v Towell & Groenewaldt
Prokureurs
Namens
Respondent:
Adv. Cloete i.o.v Direkteur van Openbare
Vervolgings