Wiid en Anders v Wiid and Anders (1571/2006) [2012] ZANCHC 9 (30 April 2012)

47 Reportability
Trusts and Estates

Brief Summary

Appeal — Leave to appeal — Application for leave to appeal against judgment ordering payment of damages — First to fourth respondents contesting interpretation of trust deed — Court finding no reasonable prospects of success on appeal — Respondents’ failure to exercise independent discretion as trustees leading to negligence — Application for leave to appeal dismissed with costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2012
>>
[2012] ZANCHC 9
|

|

Wiid en Anders v Wiid and Anders (1571/2006) [2012] ZANCHC 9 (30 April 2012)

Rapporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste: Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Hooggeregshof, Kimberley)
Saaknommer:
1571 / 2006
Datums
aangehoor : 28/03/2012
Datum gelewer
: 30/04/2012
In
die saak tussen:
HERMANUS HENDRIK
WIID
...............................
Eerste
Eiser
JOHANNA
SOPHIA FISCHER
..........................
Tweede
Eiseres
SUSANNA
ELIZABETH RABIE
...........................
Derde
Eiseres
en
ELIZABETH HENDRIKA
WIID
.................
Eerste
Verweerderes
WILHELMINA
BARENDINA VAN
LOGGENBERG
.......................................
Tweede
Verweerderes
JACOBUS
PHILIPUS WIID
.........................
Derde
Verweerder
EBEN
JEAN DU TOIT
..................................
Vierde
Verweerder
ELIZABETH
HENDRIKA FERREIRA
...........
Vyfde
Verweerderes
ANNA
SOPHIA DE WET
...........................
Sesde
Verweerderes
DIE
MEESTER VAN DIE
HOOGGEREGSHOF
.................................
Sewende
Verweerder
DAWID
SMITH PRINSLOO
.........................
Agste
Respondent
Coram: Lacock, R
UITSPRAAK
OP VERLOF TOT APPÈL
Lacock, R
[1] Op 13 Januarie 2012
het ek uitspraak in hierdie geding ten gunste van die eisers gelewer.
Die eerste tot vierde verweerders
doen nou aansoek vir verlof om teen
my uitspraak appèl aan te teken.
[2] Die wese van die
voorgenome appèl is gemik teen daardie gedeelte van die bevel
waarkragtens hierdie verweerders gelas
is om skadevergoeding aan die
Elwida Trust te betaal (paragraaf 2 van die bevel). Adv. Coetzee voer
aan dat ek paragraaf 5 van
die trustakte verkeerd vertolk het, en kan
‘n Hof van Appèl bevind dat die trustees van die Trust
inderdaad daarkragtens
bevoeg was om die plase en die vee teen
nie-markverwante pryse aan die derde verweerder te verhuur. Sou
sodanige bevinding gemaak
word, so argumenteer mnr Coetzee, sal dit
volg dat die gemelde verweerders nie aanspreeklik is vir betaling van
skadevergoeding
aan die Trust nie.
[3] Mnr. Coetzee het
niks bygevoeg tot sy argumente in die verhoor geopper nie. Na my
mening is daar geen redelike vooruitsigte
dat ‘n Hof van Appèl
tot ‘n ander gevolgtrekking kan kom as waartoe ek gekom het
nie.
[4] Selfs al sou ek
verkeerd wees in my vertolking van paragraaf 5 van die trustakte, was
die verweerders steeds,
qua
trustees, regtens verplig om
behoorlik en verantwoordbaar die sake van die Trust in belang van die
trustbegunstigdes te bestuur.
Dit het hulle, op hul eie getuienis,
nalatiglik versuim om te doen. Trouens, soos bevind, en soos toegegee
deur mnr. Coetzee, het
hulle eenvoudig geen onafhanklike diskresie
uitgeoefen tydens die besluitnemingsproses met die sluit van die
huurkontrakte nie,
en het hulself laat intimideer deur die oorledene,
en bloot sy wil klakkeloos gevolg.
[5] Mnr. Coetzee het
die gronde van appèl tot die voorgaande beperk, en vind ek dit
nie nodig om met die ander gronde in
die kennisgewing van appèl
te handel nie.
BYBEVOLG WORD DIE
AANSOEK VIR VERLOF TOT APPèL VAN DIE HAND GEWYS MET KOSTE.
_________________________
HJ LACOCK
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING