About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2012
>>
[2012] ZANCHC 37
|
|
S v Block (CA&R 67/2010) [2012] ZANCHC 37 (30 March 2012)
Rapporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste: Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste: Ja / Nee
IN DIE Hoë HOF
VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Hoë
Hof, Kimberley)
Saak No: CA&R
67/2010
Saak Aangehoor:
26/03/2012
Datum gelewer:
30/03/2012
In
die saak tussen:
Gerald Block
..............................................................................................
Appellant
en
Die Staat
................................................................................................
Respondent
Coram: Lacock R et
Olivier R et Erasmus WnR
UITSPRAAK
Olivier R:
Die
appellant, mnr Gerald Block, het as tweede beskuldigde saam met mnre
Melton Louw en Elrico Visagie (onderskeidelik beskuldigdes
1 en 3)
tereggestaan op 2 aanklagte van verkragting
1
op
dieselfde 19-jarige klaagster. Beskuldigde 3 het verder ook
tereggestaan op twee aanklagte van aanranding.
Wat die twee aanklagte
van verkragting betref, het die appellant en sy medebeskuldigdes
onskuldig gepleit daarop. Hulle het erken
dat elk van hulle met die
klaagster gemeenskap gehad het, maar aangevoer dat dit net een keer
was dat elkeen van hulle met haar
gemeenskap gehad het en dat dit
telkens met haar toestemming geskied het. Beskuldigde 3 het op
aanklagte 3 en 4 onskuldig gepleit.
Hy het op aanklag 3 sy swygreg
uitgeoefen, en op aanklag 4 aangevoer dat hy in noodweer opgetree
het.
Die appellant en sy
medebeskuldigdes is egter aldrie skuldig bevind op beide die
aanklagte van verkragting. Beskuldigde 3 is ook
skuldig bevind op
die twee aanklagte van aanranding. Die twee aanklagte van
verkragting is in die geval van die appellant en
sy medebeskuldigdes
telkens saamgeneem vir doeleindes van vonnis en die appellant en sy
medebeskuldigdes is ten aansien van daardie
aanklagte elkeen
gevonnis tot lewenslange gevangenisstraf. Die twee aanklagte van
aanranding is ook saamgeneem vir doeleindes
van vonnis en
beskuldigde 3 is daarop gevonnis tot 6 maande gevangenisstraf, wat
gelas is samelopend uitgedien moes word met
sy vonnis van
lewenslange gevangenisstraf op die twee aanklagte van verkragting.
Die appellant en sy
medebeskuldigdes het daarop aansoek gedoen om verlof tot appèl
ten aansien van hulle skuldigbevindings
sowel as hulle vonnisse.
Verlof tot appèl is egter ten aansien van die
skuldigbevindings sowel as die vonnisse afgewys.
Die appellant het toe
by wyse van petisie aansoek gedoen om verlof om teen sy
skuldigbevindings en vonnis te appelleer. Wat die
vonnis betref, het
hy aangevoer dat daar fouteer is deur nie te bevind dat daar
wesenlike en dwingende omstandighede bestaan
het wat ‘n
afwyking van die voorgeskrewe vonnis van lewenslange gevangenisstraf
sou regverdig nie, dat die erns van die
misdade en die belange van
die gemeenskap oorbeklemtoon is en dat sy persoonlike omstandighede
onderbeklemtoon is. Op 25 Oktober
2010 is aan die appellant verlof
verleen om teen slegs sy vonnis te appelleer.
Die
toets vir inmenging op appèl is betreklik geyk en is onlangs
weer soos volg saamgevat in
DPP
v Mngoma
2
:
“
The powers of
an appellate court to interfere with a sentence imposed by a lower
court are circumscribed. This is consonant with
the principle that
the determination of an appropriate sentence in a criminal trial
resides pre-eminently within the discretion
of the trial court. As to
when an appellate court may interfere with the sentence imposed by
the trial court, Marais JA enunciated
the test as follows in
S
v Malgas
2001
(1) SACR 469(SCA)
at 478d-g [also reported at
[2001] 3 All SA 220
(SCA) – Ed]:
‘
A court
exercising appellate jurisdiction cannot, in the absence of material
misdirection by the trial court, approach the question
of sentence as
if it were the trial court and then substitute the sentence arrived
at by it simply because it prefers it. To do
so would be to usurp the
sentencing discretion of the trial court. Where material misdirection
by the trial court vitiates its
exercise of that discretion, an
appellate Court is of course entitled to consider the question of
sentence afresh. In doing so,
it assesses sentence as if it were a
court of first instance and the sentence imposed by the trial court
has no relevance. As it
is said, an appellate Court is at large.
However, even in the absence of material misdirection, an appellate
court may yet be justified
in interfering with the sentence imposed
by the trial court. It may do so when the disparity between the
sentence of the trial
court and the sentence which the appellate
Court would have imposed had it been the trial court is so marked
that it can properly
be described as ‘shocking’,
‘startling’ or ‘disturbingly inappropriate’”.
Dié
toets geld ook by die oorweging van ‘n appèl soos die
onderhawige, waar dit gaan oor die korrektheid van
die bevinding dat
daar nie wesenlike en dwingende omstandighede was wat ‘n
afwyking van die voorgeskrewe vonnis regverdig
het nie. Dit is so
omdat ‘n verhoorhof, by die oorweging van hierdie vraag (en
die inbegrepe vraag of die oplegging van
die voorgeskrewe vonnis sou
lei tot ‘n ongeregtigheid
3
),
steeds die diskresie uitoefen wat by oorweging van vonnis tersprake
is. Daardie diskresie is nie weggeneem deur die wetgewing
rakende
voorgeskrewe vonnisse nie; dit is bloot ingeperk
4
.
In
S
v Matyityi
5
,
waar die korrektheid van ‘n bevinding oor wesenlike en
dwingende omstandighede oorweeg is, is ook verwys na die “
sentencing
discretion
”
van
‘n verhoorhof
6
.
Wat
betref die feit dat die twee aanklagte van verkragting saamgeneem is
vir doeleindes van vonnis, is dit nooit aangevoer dat
dit nie
regtens toelaatbaar was nie. Dit blyk dan ook dat dit al in die
verlede gebeur het dat aanklagte ten aansien waarvan
voorgeskrewe
vonnisse bestaan, saamgeneem is vir doeleindes van vonnis
7
.
Wat egter na my oordeel hier van belang sal wees, is of die betrokke
aanklagte individueel ook die uiteindelike vonnis sou regverdig
het
8
.
Alhoewel dit sekerlik
so is dat die onderhawige misdade van verkragting nie die ergste is
waaraan ‘n mens jou kan indink
of wat al voorgekom het nie,
bly hulle steeds uiters ernstig van aard. Dit blyk dat die klaagster
en haar minderjarige vriendin
saam met die beskuldigdes gekuier het
in die woning van iemand wat hulle geken het, en dat die klaagster
en haar vriendin toe
agtergebly het toe die eienaar van die woning
daar weg is; dit nadat die eienaar, mnr Louw, nogal heel ironies vir
beskuldigde
1 gesê het “
julle moet nou rustig wees
hier in die huis in
”.
Een of meerdere van
die appellant en sy medebeskuldigdes moes toe die huis van binne
gesluit het, want toe die klaagster op ‘n
latere stadium
gepoog het om die huis te verlaat, het sy ontdek dat dit gesluit
was. Die appellant het geweier, toe sy hom so
versoek het, om vir
haar oop te sluit. Toe die klaagster daarna gepoog het om deur ‘n
venster te ontsnap, het beskuldigdes
1 en 3 haar gegryp en na ‘n
slaapkamer gedra. Daar het beskuldigde 1 haar teen ‘n muur
vasgedruk, haar op ‘n
bed neergegooi, haar gewurg en, nadat hy
‘n mes teen haar nek gehou het, haar verkrag. Dit het
plaasgevind in die teenwoordigheid
van beskuldigde 3 en ook van die
klaagster se minderjarige vriendin.
Die appellant het, op
sy beurt, ten tye van hierdie gebeure in ‘n ander vertrek
musiek baie hard gespeel, met die doel om
te verhoed dat mense buite
die klaagster se gille kon hoor.
Beskuldigde 3 het toe
die minderjarige vriendin van die klaagster gewurg, en wou haar
verkrag. Die klaagster het egter tussenbeide
getree vir haar en vir
beskuldigde 3 gesmeek om haar te los, en om eerder enigiets met haar
te doen wat hy wou.
Daarop het beskuldigde
3 ook die klaagster verkrag en ná hom het die appellant die
klaagster verkrag. Daarna het aldrie
die beskuldigdes weer om die
beurt die klaagster verkrag.
Dit is in die
betoogshoofde namens die appellant aangevoer dat die appellant en sy
medebeskuldigdes ten tye van hierdie gebeure
onder die invloed van
drank was, en dat die appellant op die ouderdom van 25 jaar nog
“
relatief jonk
” was. Die vals weergawe wat die
appellant verkies het om voor te hou, maak dit moeilik om enige
basis hiervoor, of vir
die rol wat dit mag gespeel het, te vind. Die
appellant was in elk geval nog heel berekend in sy weiering om die
klaagster uit
te laat en in sy stappe om haar gille te verdoof.
Daar is namens die
appellant in die hoofde toegegee dat die klaagster wel emosionele
letsels sou opgedoen het as gevolg van die
voorval, maar daar is aan
die hand gedoen dat daar geen getuienis is oor hoe ernstig en
blywend sodanige letsels is nie. Dit
blyk egter dat die klaagster,
selfs op die stadium van die verhoor en ten tye van die aflegging
van haar getuienis, nog steeds
die gebeure nie kon verwerk nie. Sy
moes meer as een keer die geleentheid gebied word om haar emosies
onder bedwang te bring.
Dit is so dat die
appellant se twee vorige veroordelings vir aanranding reeds in 2004
was, terwyl die onderhawige voorval op 21
April 2009 plaasgevind
het. Die feit bly egter dat die appellant vorige veroordelings gehad
het wat direk verbandhoudend is,
en wat ook aanduidend is van ‘n
gebrek aan respek vir die fisiese integriteit van sy medemens. By
die laaste geleentheid
is die appellant op 10 November 2004 ses
maande gevangenisstraf opgelê, wat juis opgeskort is op
voorwaarde dat hy nie
‘n misdaad van geweld teenoor die
persoon van ‘n ander pleeg nie. Die onderhawige voorval het op
21 April 2009 plaasgevind,
en dus nie baie lank na die verstryking
van die opskortingsperiode nie.
Die verhoorhof het
volledig verwys na, en gehandel met, die appellant se persoonlike
omstandighede. Daar is na my oordeel geen
meriete in die kritiek dat
dit onderbeklemtoon is nie. Daar is ook na my oordeel niks daarin
wat besonder versagtend of in die
guns van die appellant kan werk
nie.
Ek meen ook nie dat
enige faktor by die oorweging van vonnis oorbeklemtoon is nie.
Mnr Schreuder het
namens die appellant verskyn, alhoewel hy nie die betoogshoofde
namens die appellant opgestel het nie. Hy het
toegegee dat die
verhoorhof geen mistasting begaan het nie. Hy het egter aan die hand
gedoen dat die vonnis van lewenslange gevangenisstraf
skokkend swaar
is.
Ek is egter van
oordeel dat, selfs indien die twee aanklagte van verkragting
individueel beskou word, enige van hulle opsigself
in die geval van
die appellant, en ook van sy medebeskuldigdes, ‘n vonnis van
lewenslange gevangenisstraf sou geregverdig
het.
Die
feit dat die appellant ongeveer nege maande verhoorafwagtend in
hegtenis verkeer het, is teen die agtergrond van die twee
voorgeskrewe vonnisse van lewenslange gevangenisstraf van weinig
betekenis
9
.
Mnr
Schreuder het ons verwys na verskeie sake waarin afgewyk is van die
voorgeskrewe vonnis van lewenslange gevangenisstraf
10
.
Die feite van hierdie gevalle verskil egter totaal van dié
van die onderhawige geval en, met die uitsondering van net
twee van
die betrokke gevalle, het nie enige van die ander geslaan op die
situasie waar meerdere persone een klaagster verkrag
het nie; laat
staan nog elk meer as een keer.
In
S
v Matyityi
is
weereens beklemtoon
11
hoe
belangrik dit is dat daar op ‘n eenvormige en standaard basis
uitvoering gegee word aan die wetgewing wat voorgeskrewe
vonnisse
bepaal:
“
Despite
certain limited successes there has been no real let-up in the crime
pandemic that engulfs our country. The situation continues
to be
alarming. It follows that, to borrow from
Malgas
,
it still is ‘no longer business as usual’. And yet one
notices all too frequently a willingness on the part of sentencing
courts to deviate from the minimum sentences prescribed by the
legislature for the flimsiest of reasons – reasons, as here,
that do not survive scrutiny. As
Malgas
makes
plain, courts have a duty, despite any personal doubts about the
efficacy of the policy or personal aversion to it, to implement
those
sentences. Our courts derive their power from the Constitution and,
like other arms of State, owe their fealty to it. Our
constitutional
order can hardly survive if courts fail to properly patrol the
boundaries of their own power by showing due deference
to the
legitimate domains of power of the other arms of State. Here
Parliament has spoken. It has ordained minimum sentences for
certain
specified offences. Courts are obliged to impose those sentences
unless there are truly convincing reasons for departing
from them.
Courts are not free to subvert the will of the legislature by resort
to vague, ill-defined concepts such as ‘relative
youthfulness’
or other equally vague and ill-founded hyypotheses that appear to fit
the particular sentencing officer’s
personal notion of
fairness. Predictable outcomes, not outcomes based on the whim of an
individual judicial officer, is foundational
to the rule of law which
lies at the heart of our constitutional order.”
Na my oordeel behoort
die appèl dus nie te slaag nie en ek maak dus die volgende
bevel hierin:
Die appèl
misluk en die appellant se vonnis van lewenslange gevangenisstraf
word bekragtig.
_____________________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Ek stem saam.
______________________
H J LACOCK
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Ek stem saam.
______________________
S L ERASMUS
WAARNEMENDE REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms Appellant: Adv J Schreuder
In opdrag van: André
Potgieter en Vennote, KIMBERLEY
Nms Respondent: Adv Q H Hollander
Namens: Direkteur van Openbare
Vervolgings, KIMBERLEY
1
ter
oortreding van artikel 3 van die Strafregwysigingswet (Seksuele
Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 32 van 2007
2
[2010]
2 All SA 456
(SCA) para [11]
3
Rammoko
v Director of Public Prosecutions
2003
(1) SACR 200
(SCA) para [4]
4
S
v Malgas
2001 (1) SACR 469
(SCA) paras
[3], [8], [14], [25]
5
2011
(1) SACR 40
(SCA)
6
Para
[17]
7
S
v Schrich
2004 (1) SACR 360
(C);
Director of Public Prosecutions,
Transvaal v Venter
[2008] ZASCA 76
;
2009 (1) SACR 165
(SCA)
8
S
v Mhlakaza and Another
1997 (1) SACR
515
(SCA) op 523g-j
9
vergelyk
Director of Public Prosecutions,
Kwazulu-Natal v Ngcoba and Others
2009
(2) SACR 361
(SCA) paras [24]-[27]
10
S
v Nkomo
2007 (2) SACR 198
(SCA);
S
v GN
2010 (1) SACR 93
(T);
S
v Mahomotsa
2002 (2) SACR 435
(SCA);
S
v Ntsheno; S v Dlamini; S v R
2010 (1)
SACR 295
(GSJ)
11
2011
(1) SACR 40
(SCA) para [23]