Isaks en Anders v Verenigde Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika: Gemeente Springbok en Anders (235/2009) [2012] ZANCHC 6 (2 March 2012)

Civil Procedure

Brief Summary

Anton Piller Orders — Ex parte application — Applicants sought Anton Piller order to secure financial records of the first respondent, a church, amid suspicions of financial mismanagement — Respondents contested the application, asserting that the applicants failed to demonstrate a real apprehension of evidence being hidden or destroyed — Court held that the applicants did not meet the necessary requirements for the granting of an Anton Piller order, and thus were not entitled to costs from the respondents; parties ordered to bear their own costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2012
>>
[2012] ZANCHC 6
|

|

Isaks en Anders v Verenigde Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika: Gemeente Springbok en Anders (235/2009) [2012] ZANCHC 6 (2 March 2012)

Verslagwaardig:
Sirkuleer
Aan Regters:
Sirkuleer
aan Streeklandroste
Sirkuleer
Aan Landdroste:
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
IN
DIE NOORD-KAAP HOË HOF, KIMBERLEY
Saakno: / Case number:
235 / 2009
Datum verhoor: / Date
heard:
28 / 02 / 2012
Datum gelewer: / Date
delivered:
02 / 03 / 2012
In
die saak tussen:
BEREND
ALBERTUS ISAKS
...............................
Eerste
Applikant
JOHANNES
JACOBUS CLOETE
.........................
Tweede
Applikant
HARRY
BOWERS
..............................................
Derde
Applikant
HENDRIK
MARTHINUS VAN WYK
.....................
Vierde
Applikant
ALLEN
JAMES FORTUIN
....................................
Vyfde
Applikant
CHRISTOFFEL
GARETH VAN WYK
.....................
Sesde
Applikant
JOHANNES
JACOBUS CLOETE
.......................
Sewende
Applikant
GARETH
CLOETE
...............................................
Agste
Applikant
en
DIE
VERENIGDE GEREFORMEERDE KERK
IN
SUID-AFRIKA : GEMEENTE SPRINGBOK
...
Eerste
Respondent
DIE
KERKRAAD VAN DIE VERENIGDE
GEREFORMEERDE
KERK IN SUID-AFRIKA:
GEMEENTE
SPRINGBOK
..............................
Tweede
Respondent
DS
PIETER JOHANNES BURGER
....................
Derde
Respondent
MIETJIE
MICHAELS
......................................
Vierde
Respondent
NICO
STANDER
.............................................
Vyfde
Respondent
Coram:
Lacock,
R
UITSPRAAK
Lacock,
R
Die applikante, synde
lidmate van die eerste respondent het op 13 Februarie 2009 aansoek
ex parte
gedoen vir ‘n Anton Piller bevel, en is
sodanige bevel nisi op 5 Junie 2009 deur Williams, R toegestaan. Die
bevel is gegiet
in die gebruiklike Anton Piller formaat, en die
onderwerp daarvan en waaarop die balju gemagtig en gelas was om
beslag te lê,
het behels ‘n reeks finansiële boeke
en state en rekenaardata van die eerste respondent.
In hul funderende
stukke het die applikante die doel met die aansoek as volg
verduidelik,

om eerstens die finansiële
rekords en dokumente van die eerste respondent te beveilig ten einde
te verhoed dat daaraan gewysig
word of daarmee gepeuter word hangende
die uitslag van die tweede gedeelte van die aansoek. Die versoek aan
hierdie Agbare Hof
is om die balju te magtig en te gelas om beslag te
lê op al die finansiële boeke, rekenkundige boeke en
rekords van
die eerste respondent en om dit onder beslaglegging te
hou tot nadat die applikante se aanspraak daarop om insae in die
gemelde
dokumente en rekords te bekom, bereg is.

(oorkonde p. 28, par.
14.1), en verdermeer beweer dat

Die afgelope tyd sedert
ongeveer Desember 2007 het die applikante ernstige vrae en
vraagtekens begin ontwikkel rondom die hantering
van die finansies
van die eerste respondent. Ek sal mettertyd handel met die probleme
wat ons ondervind het maar ons het ernstige
suspisie begin ontwikkel
dat die finansiële aangeleenthede van die eerste respondent nie
reëlmatig verloop nie en dat
daar selfs aanduidings was dat geld
van die kerk nie in die kerk se finansiële dokumente verreken
word en in die kerk se bankrekenings
ontvang word nie.

(oorkonde p. 30, par.
17)
Na betekening van die
bevel nisi en nadat op die tersaaklike dokumentasie beslag gelê
is, het die eerste drie respondente
verdediging teen die
aangevraagde regshulp aangeteken en opponerende stukke geliasseer.
Hierop is gerepliseer en op 27 November
2009 is die volgende bevel
by ooreenkoms tussen die partye deur Olivier, R uitgereik:

1. DAT die Applikante se
prokureur asook ‘n geoktrooïeerde rekenmeester deur die
Applikante aangestel, en wie se besonderhede
vooraf aan die Balju van
hierdie Hof vir die distrik van Springbok asook die Respondent se
prokureur voorsien sal word, word gemagtig
om vir ‘n tydperk
van een maand vanaf
1
Januarie 2010
, of
totdat die Applikante se prokureur gesertifiseer het soos hieronder
uiteengesit, insae te neem in alle dokumente en boeke van
die eerste
Respondent tans in die bewaring van die voormelde Balju en soos
uiteengesit in die inventaris aangeheg by die eedsverklaring
van Mnr
APJ Huisamen, gedateer
6
Augustus 2009
.
2. DAT sodanige insae in
dokumente sal geskied onder toesig van en ten kantore van die gemelde
Balju en sal die Respondent se prokureur
te Springbok, mnr Arno van
Zyl, vooraf in kennis gestel word van die datum en tyd waarop insae
aldus geneem sal word en sal hy
of iemand van sy firma geregtig wees
om teenwoordig te wees wanneer insae aldus geneem word.
3. DAT die Applikante se gemelde
verteenwoordigers sal ook geregtig wees om op die Applikante se
uitsluitlike onkoste, afskrifte
te maak van enige sodanige dokumente,
onderhewig daaraan dat:
3.1 Dit alleen sal geskied nadat
Respondent se prokureur vooraf kennis gegee is van die Applikante se
voorneme om afskrifte te maak
en hy, of iemand deur hom genomineer,
geregtig sal wees om teenwoordig te wees tydens die maak daarvan;
3.2 ‘n Volledige lys
opgestel sal word deur die Balju van alle dokumente waarvan aldus
afskrifte gemaak word; en
3.3 Die Applikante se prokureur
en rekenmeester nie geregtig sal wees om gemelde afskrifte, of
afskrifte daarvan, aan enige ander
persoon te oorhandig nie anders as
vir doeleindes van litigasie.
4. DAT nadat die Applikant se
prokureur aan die Balju skriftelik gesertifiseer het dat geen verdere
afskrifte van dokumente of enige
insae daarin benodig word nie, of
indien die tydperk van een maand soos voormeld, verloop het, welke
ookal eerste mag plaasvind,
sal die Balju verplig wees om alle boeke
en dokumente deur hom gehou aan die eerste Repsondent se prokureur te
oorhandig.
5. DAT die geoktrooïeerde
rekenmeester aangestel te word deur die Applikant sal binne ses weke
na verstryking van die datum
vermeld in paragraaf 4 hiervan, ‘n
skriftelike verslag aangaande sy ondersoek en bevindings aan die
partye se regsverteenwoordigers
voorlê wat, indien hulle so sou
verkies, dit aan die Hof mag voorlê.
6. DAT indien die een of die
ander party die gemelde verslag aldus aan die Hof voorlê, dan
sal die ander party geregtig wees
om binne 14 dae daarna ‘n
eedsverklaring te liasseer wat streng beperk is tot die inhoud van
gemelde verslag en sal die party
wat die verslag geliasseer het,
hierna die reg hê om binne 10 dae n’ verdere
eedsverklaring in die geaardheid van ‘n
repliserende
eedsverklaring af te lewer.
7. DAT die bevel nisi verleen op
5 Junie 2009
word opgehef en die aansoek word
sine die uitgestel vir beregting van die vraag na die koste van die
aansoek, indien geen ooreenkoms
daaraangaande bereik kan word nie.
Die boeke en dokumente waarop die balju beslag gelê het sal
egter in besit en onder beslaglegging
van die balju bly totdat dit in
terme van paragraaf 4 teruggehandig word.

(oorkonde p. 375 tot
376)
Geen verdere regsproses
het hierop gevolg nie, behalwe dat ‘n verdere eedsverklaring
deur die derde respondent geliasseer
is waaruit dit blyk dat die
applikante slegs ‘n voorlopige ouditverslag laat doen het, en
geen finale verslag gedoen is nie.
Uit korrespondensie aangeheg by
hierdie eedsverklaring blyk dit dat die applikante beweer dat ‘n
finale oudit nie gedoen
kon word nie omdat die ouditeurs nie insae
kon neem in die finansiële rekords van ‘n sogenaamde
Diakonale Dienste nie.
Die antwoord van die respondente hierop was
dat hulle geensins beheer of besit oor hierdie rekords uitoefen nie
daar hierdie ‘n
onafhanklike entiteit is wat nie onder die
jurisdiksie van die respondente resorteer nie. Die applikante het dan
ook geen verdere
stappe geneem om insae in hierdie rekords te bekom
nie, en dui alles daarop dat die applikante besluit het om nie die
saak teen
die respondente verder te voer, of om enige verdere
regstappe teen die respondente in te stel nie.
Vervolgens is die saak
op aandrang van die respondente ter rolle geplaas ter beslegting van
die enkele onafgehandelde aspek, naamlik
die geskilpunt rondom
koste.
Namens die respondente
het Adv van Niekerk SC aangevoer dat die applikante van meet af nie
geregtig was op die verlening van ‘n
Anton Piller bevel nie,
primêr omdat die applikante nie daarin geslaag het om aan te
toon dat daar

is a real and well-founded
apprehension that this evidence may be hidden or destroyed or in some
manner be spirited away by the
time the case comes to trial or to the
stage of discovery.

(
Shoba v OC,
Temporary Police Camp, Wagendrift Dam
,
1995 (4) SA 1
(AD) te 15
I).
5.1 Die enigste
bewering vervat in die funderende eedsverklaring ten aansien van
hierdie vereiste, lees as volg:

Applikante is egter
bevrees dat indien hierdie aansoek aan die respondente beteken word,
en hulle adviseer word dat applikante geregtig
is op insae, dat die
dokumente onder die risiko verkeer dat daaraan verander kan word.
Dokumente kan verwyder of vernietig word
en selfs inskrywings kan
verander word.

(oorkonde p. 54, par.
52).
Geen verdere toeligting
word verskaf of stawing voorgelê waarop hierdie sogenaamde
vrees gegrond is nie of selfs wie dan kon
poog om die dokumente te
verander, te verwyder of te vernietig nie.
Vergelyk hieraangaande:
Frangos v Corpcapital Ltd & Others
,
2004 (2) SA 643
(TPD)
te 646 F tot H, en
Hall & Another v Heyns & Others
,
1991 (1) SA 381
(C) te 390 D.
5.2 Adv Mphaga SC het
aanvanklik betoog dat die aanvanklike weiering deur die respondente
om aan die applikante insae in die boekhouding
van die eerste
respondent te gee, die afleiding regverdig dat die vrees vir die
verdoeseling van die boeke, gegrond is. Hierdie
argument hou geen
water nie. Die respondente is ‘n geruime tyd voordat die
aansoek geloods is, reeds met regstappe gedreig
indien hulle daarin
sou volhard om nie aan die applikante insae in die boeke te gee nie.
Hulle kon dus, indien hulle so verkies
het, lank voor die loods van
die aansoek die boeke verdoesel het. Daar is niks wat daarop dui dat
die respondente enigsins gepoog
of selfs gedreig het om aldus te
handel nie.
Mnr Mphaga het dan ook
later toegegee dat die applikante nie daarin geslaag het om hierdie
vereiste te bewys nie, en dat hulle
verkeerdelik geadviseer was om
die Anton Piller roete te volg vir die verlangde regshulp. Dit volg
dus dat die applikante nie
geregtig is op ‘n bevel
waarkragtens die respondente gelas word om die koste van die aansoek
te betaal nie.
Uit die voormelde volg
dit egter nie noodwendig dat die respondente geregtig is daarop dat
die applikante gelas word om hulle
koste te betaal nie. Na my mening
sal dit reg en billik wees, soos deur mnr Mphaga aangevoer, dat die
partye gelas word om hul
eie regskostes self te betaal. My redes
hiervoor is die volgende:
7.1 Dit is gemeensaak
dat die applikante
qua
lidmate van die eerste respondent, te
alle tersaaklike tye geregtig daarop was om insae te neem in die
finansiële boekhouding
van die eerste respondent.
7.2 Ten spyte van
herhaalde versoeke van die applikante en selfs deur hul prokureurs om
insae in die boeke te verkry, het die respondente
botweg geweier om
aan hierdie versoek van die applikante te voldoen. Hierdie onredelike
en onregmatige standpunt van die respondente
blyk onteenseglik uit
die stukke, en behoef geen verdere toeligting nie.
7.3 Eers nadat die
aansoekstukke op die respondente beteken is, en hulle ooglopend van
kundige regsadvies bedien is, het hulle in
hul antwoordende stukke
vir die eerste keer ‘n 180
o
ommekeer gedoen en toe
ewe vroom aangebied dat die applikante insae in die boeke kon neem.
7.4 Die respondente het
duidelik ‘n keuse gehad om op die keerdatum te argumenteer vir
die opheffing van die bevel nisi op
die gronde vermeld in paragraaf 5
hierbo. Wat hulle egter gedoen het, was om by ooreenkoms in te stem
tot die verlening van die
bevel deur Olivier, R (
supra
). Dit
is minstens aanduidend daarvan dat hulle geadviseer was dat die
applikante geregtig is op insae in die boeke.
7.5 Hoewel die
applikante verkeerdelik gebruik gemaak het van die Anton Piller
remedie om insae in die boeke van die eerste respondent
te bekom, was
hulle nietemin geregtig op insae daarin, en was hulle minstens
suksesvol tot die mate waartoe die respondente ingestem
het tot die
bevel deur Olivier, R verleen.
Uit hoofde van die
voorgaande is ek oortuig daarvan dat selfs ‘n Salomo van ouds
waarskynlik die huidige geskil op ‘n
soortgelyke uitoefening
van sy diskresie sou bylê.
Vervolgens word die
volgende bevel verleen:
DIT WORD GELAS DAT
DIE ONDERSKEIE PARTYE AANSPREEKLIK IS VIR DIE BETALING VAN HUL EIE
KOSTE VAN DIE GEDING.
_______________
Lacock, R
REGTER
Namens
Applikante:
Adv. Mphaga SC i.o.v Mjila & Partners
Attorneys
Namens
Respondente:
Adv. van Niekerk SC i.o.v. Haarhoffs Ing.