Du Preez en 'n Ander v Vennote (22/79) [1984] ZASCA 23 (23 March 1984)

60 Reportability
Civil Procedure

Brief Summary

Condonation — Application for condonation for late filing of appeal — Applicants failed to submit necessary copies of record within prescribed time — Delay of approximately three and a half years in applying for condonation — Applicants' financial difficulties acknowledged but insufficient to justify prolonged delay — Court emphasizes duty to apply for condonation without undue delay — Application for condonation dismissed due to lack of satisfactory explanation for delay and absence of prospects of success in appeal.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1984
>>
[1984] ZASCA 23
|

|

Du Preez en 'n Ander v Vennote (22/79) [1984] ZASCA 23 (23 March 1984)

SAAK NO. 22/79
/ccc
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die
saak tussen:
LOUIS JAMES ANDREW DU PREEZ
EERSTE APPLIKANT
en
MONICA ELIZABETH DU PREEZ
TWEEDE
APPLIKANT
teen
MARAIS PIENAAR EN
VENNOTE
RESPONDENT
Coram
: Trengove, Viljoen ARR et Galgut
Wnde AR
Verhoor
: 13 Maart 1984
Gelewer
: 23 Maart 1984
UITSPRAAK
TRENGOVE, AR
/
2.
TRENGOVE, AR
Die
eerste applikant en sy eggenote, die tweede applikant, doen aansoek om
kondonasie van hul versuim om betyds die nodige afskrifte
van die oorkonde van
'n saak, waarin hulle appèl aangeteken het, by die griffier van hierdie
hof in te dien. Die applikante
het in Februarie 1974, in die Kaap die Goeie Hoop
Provinsiale Afdeling, 'n aksie vir skadevergoeding teen die respondent, 'n
prokureursfirma,
aanhangig gemaak. Die verhoor het op 2 Maart 1976 begin en tot
16 Junie 1976 voortgeduur. Na 'n ver-traging van twee-en-'n-halfjaar,
wat
blykbaar
grootliks/
3.
grootliks te wyte was aan omstandighede buite die
verhoorregter se beheer, het hy op 15 Desember
1978 uitspraak teen die applikante gegee en hulle
eise afgewys, met koste.
Die applikante het toe
op 16 Januarie 1979 appèl teen die uitspraak
aan-
geteken maar, soos reeds vermeld, daarna versuim
om die nodige
afskrifte van die oorkonde, ooreen-
komstig die bepalings van reël 5(4)
van die reëls
van hierdie hof, by die griffier in te dien.
Die
onderhawige aansoek is op 4 Oktober 1982 by hierdie
hof aanhangig
gemaak.
Voordat ek op die meriete van die
aansoek ingaan, verwys ek eers kortliks
na die
gebeurde/
4. gebeurde wat tot die geding teen die
respondent aanleiding gegee het. Die applikante was op 17 Desember 1968 beseer
in 'n botsing
tussen 'n motorvoertuig wat deur die eerste applikant bestuur is
en 'n motorvoertuig bestuur deur ene Rafferty. Laasgenoemde voertuig
was
ingevolge die bepalings van die Motorvoertuigassuransiewet, 29 van 1942 (die
Wet) deur die A A Onderlinge Assuransie Assosiasie
Beperk (die versekeraar)
verassureer. Aangesien die applikante van oordeel was dat die botsing geheel en
al aan die halatigheid van
Rafferty te wyte was, het hulle op 13 Mei 1970 eise
ingevolge die
bepalings/
5. bepalings van art. 11
bis
(1)
van die Wet aan die versekeraar gestuur. Toe daar nie aan hierdie eise voldoen
is nie, het die applikante besluit om 'n aksie
om skadevergoeding teen die
versekeraar, in te stel. Hulle het gevolglik op 18 Februarie 1970 die respondent
opdrag gegee om hulle
belange in dié verband te behartig, welke opdrag
die respondent aanvaar het. Die respondent het om een of ander rede, wat
nie uit
die oorkonde blyk nie, die dagvaarding in verband met die applikante se eise
eers op 15 Februarie 1971 aan die versekeraar
laat beteken. Dit was een dag te
laat. Die eise het reeds kragtens die
bepalings/
6.
bepalings van artikel 11(2) van die Wet verjaar
en toe die versekeraar hom
hierop beroep, kon
daar nie met die saak voortgegaan word nie.
Dit blyk
dat die respondent toe op 31 Julie
1972 'n skrywe aan die applikante gerig
het wat
soos volg lees:
"i/s: ASSURANSIE-EIS. Ons verwys na ons onderhoud en bevestig dat u eis teen
die Derdepartyversekeraars verval
het vanweë die feit dat be-stelling van die dagvaarding met een dag te
laat gedien is.
Ons bevestig voorts dat ons onder omstandighede as Prokureurs wat vir u in
hierdie eis opgetree het, moet onttrek en dat u moet oorweeg
'n eis teen ons
firma vir skade wat u mag gely het."
Só/
7. Só het dit gebeur dat die
applikante toe in Februarie 1974 die aksie teen die respondent ingestel het
waarin hulle onderskeidelik
skadevergoeding ten bedrae R79 752,74 en R1 335,00
geëis het. By die verhoor was die hoof geskilpunte (a) of dit die
respondent
se skuld was dat die applikante se eise teen die versekeraar verjaar
het en, indien wel, (b) of die applikante onderskeidelik voormelde
bedrae van
die versekeraar sou verhaal het indien hulle eise nie verjaar het nie. Die
verhoorregter het die eerste geskilpunt ten
gunste van die respondent beslis en
dit ge-volglik nie nodig geag om enigsins op die
meriete/
8.
meriete van die tweede geskilpunt in te gaan nie.
Die verloop van sake na die uitspraak van die verhoorhof op 15 Desember 1978,
kan in breë trekke soos volg saamgevat word:
(a) Die applikante het, soos reeds vermeld, op
16 Januarie 1979
appèl teen die uitspraak aange-teken. Vanweë die finansiële
verknorsing waarin die applikante destyds
verkeer het (en blykbaar nog steeds
verkeer), het hulle ook reeds op 18 Desember 1978 by die Regshulpraad om
regshulp aangeklop.
Ten spyte van herhaalde vertoë is hul aansoek op 17
April 1979 finaal afgewys.
(b)/
9.
(b) Op 16 Maart 1979 het die applikante die
respondent versoek om toe te stem (i) tot 'n ver-
lenging van die termyn vir die indiening van die
afskrifte van die oorkonde, en (ii) dat die
applikante die appèl in
forma pauperis
voer indien
hulle aansoek om regshulp nie slaag nie. Na heel-
wat briewewisseling is
die applikante op 3 Julie
1979,meegedeel dat die respondent toestem dat die
appel in
forma
pauperis
gevoer word "sonder om toe
te gee dat daar redelike vooruitsig
op sukses bestaan."
Daar was toe verdere briewewisseling oor die
appli-
kante se versoek om uitstel in verband met die in-
diening van die
afskrifte van die oorkonde.
(c)/
10.
(c) Die applikante het intussen, naamlik op 25
Julie 1979, 'n aansoek by
hierdie hof ingedien
(i) om kondonasie van hul versuim om betyds aan
die
voorskrifte van reëls 4(7)(a) en 5(4) van die
reëls van hierdie hof
te voldoen, en (ii) om
toestemming om in
forma pauperis
te
appelleer.
Nadat die respondent toegestem het dat die appèl
in
forma pauperis
gevoer word, is hierdie aansoek teruggetrek. Op 27 Julie
1979 het die applikante die Regshulpraad weereens om hulp genader maar ook
hierdie aansoek is afgewys.
(d) Op 14 Desember 1979 het die respondent
die
applikante meegedeel dat verdere uitstel vir
die/
11.
die indiening van die afskrifte van die
oorkonde nie
verleen kon word nie en dat
die saak, wat die respondent betref, as
af-
gehandel beskou word. Daarna het die respondent
vir ongeveer 21 maande
lank hoegenaamd niks van
die applikante verneem nie. Dit blyk dat
die
applikante inmiddels gespartel het om geld in
die hande te kry om die
nodige getal afskrifte
van die oorkonde te laat maak. Hoe dit ook sy,
op 2
September 1981 skryf die applikante se
prokureurs o a soos volg aan die
respondent:
"As you are aware, our client is in an impoverished state, and has not been
able to
accumulate/
12.
accumulate the sum of approxi-mately R1,000,00 which would be required. Our
client has how-ever now finally succeeded in borrowing
various sums from a
number of people and has in fact paid the required amount into our offices. As
our client is substantially out
of time, we have been instructed to request you
formally, as we hereby do, for an extension of time within which to lodge the
necessary
copies of the record. Should you not consent to our aforesaid request,
we shall be obliged to make application to Court for such
condonation, and we
shall naturally request an appropriate order in respect of costs. Kindly let us
hear from you per return."
Die applikante is op 4 Desember 1981 meegedeel dat
die respondent nie
bereid is om aan hierdie
versoek/
13. versoek te voldoen nie.
(e) Hierna
verloop daar ongeveer 6 maande voordat die respondent weer iets van die
applikante hoor. Op 2 Junie 1982 skryf die applikante
se prokureurs aan die
respondent en sê, met verwysing na hulle brief van 2 Desember 1981, dat
dit agterna geblyk het dat die
applikante se fondse onvoldoende was om die koste
van die voorbereiding van die afskrifte van die oorkonde te dek. Hulle sê
verder dat die applikante besig was om pogings aan te wend om die bedrag wat
kortkom in die hande te kry, en dat hulle steeds van
voorneme is om met die
appèl voort te gaan. Die applikante het blykbaar
kort/
14. kort hierna daarin geslaag om die
addisionele
fondse in die hande te kry en op 4 Oktober 1982
het hulle toe uiteindelik die onderhawige aansoek
by hierdie hof ingedien. Dit word op verskeie
gronde deur die respondent
teengestaan.
Die hof se uitgangspunt en
benadering by die oorweging van 'n aansoek
van
hierdie aard is bekende reg. In
Melane v Santam
Insurance Co. Ltd.
1962(4) S A 531(A) 532 C-E
het Holmes, AR dit so
gestel:
"In deciding whether sufficient cause has been shown, the basic principle is
that the court has a discretion, to be exercised judicially
upon a
consideration
of/
15.
of all the facts, and in essence it is a matter of fairness
to both sides. Among the facts usually relevant are the degree of lateness,
the
explanation there-for, the prospects of success, and the importance of the case.
Ordi-narily these facts are interrelated:
they are not individually decisive,
for that would be a piecemeal approach incompatible with a true discretion, save
of course that
if there are no prospects of success there would be no point in
granting condonation. Any attempt to formu-late a rule of thumb would
only serve
to harden the arteries of what should be a flexible discretion. What is needed
is an objective
conspectus
of all the facts. Thus a slight delay and a
good explanation may help to compensate for prospects of success which are not
strong.
Or the importance of the issue and strong prospects of success may
tend/
16.
tend to compensate for a long
delay."
(Kyk ook:
Federated Employers Fire and General Insurance Co. Ltd. v.
McKenzie
, 1969(3) S A 360(A) op 362 F-H;
United Plant Hire (Pty) Ltd. v.
Hills and Others
1976(1) S A 717(A) op 720 E-G)
Die applikante se
grootste struikelblok in hierdie saak is die feit dat daar bykans
drie-en-'n-halfjaar verloop het voordat die onderhawige
aansoek by die hof
ingedien is. Hoe-
wel die applikante reeds teen ongeveer 16 Maart
1979
besef het dat hulle aansoek om kondonasie behoort te
doen, is hierdie
aansoek eers op 4 Oktober 1982
aanhangig gemaak. Mnr Lenhoff het, namens
die
applikante/
17. applikante, geredelik toegegee dat
hulle versuim oor 'n buitengewoon lang tydperk gestrek het, maar hy het betoog
dat die hof
dit desnietemin behoort te kondoneer. Hy het in dié verband
verwys na die feite en omstandighede wat in sub-paragrawe (a),
(b), (c) en (e)
hierbo uiteengesit is en aangevoer dat die applikante se versuim in der waarheid
aan omstandighede buite hulle beheer
te wyte was. Ek kan nie met hierdie
argument saamstem nie. Ek aanvaar dat die applikante deurentyd in 'n benarde
finansiële
posisie verkeer het en dit nie kon bekostig om die nodige
afskrifte van die oorkonde te laat maak nie. Dit verklaar
egter/
18.
egter nog nie waarom hulle so lank met hierdie aansoek
gesloer het nie. Volgens die gegewens voor die hof is dit duidelik dat hulle
finansiële posisie nie so haglik was dat hulle nie alreeds op 'n baie
vroeër stadium hierdie aansoek kon ingedien het nie.
Ons weet bv. dat die
applikante gedurende Junie 1979 'n soortgelyke aansoek aanhangig gemaak het maar
dit toe weer teruggetrek het.
Hierdie hof het al by herhaling beklemtoon dat
waar 'n party vind dat hy in versuim geraak het, dit sy plig is om sonder
verdere
uitstel aansoek om kondonasie te doen. (Kyk bv.
Commissioner for
Inland Revenue v. Burger
, 1956(4) S A 446(A) op 449 en
Meintjies v. H
D
Combrink
/
19.
Combrink (Edms) Bpk.
1961(1) S A 262 (A) op 264 A-B). Die applikante het geen verduideliking verstrek
nie waarom hulle hul vroeëre aansoek teruggetrek
het en daarna ongeveer
drie jaar lank gesloer het voordat hulle weer aansoek om kondonasie gedoen het.
Mnr Lenhoff het aan die hand
gedoen dat die applikante waarskynlik gemeen het
dat dit sinneloos sou wees om weer aansoek te doen alvorens hulle oor vol-doende
fondse beskik om die koste van die afskrifte van die oorkonde te dek. Maar
dít is geen verskoning nie. 'n Appellant moet so
spoedig moontlik na sy
versuim aansoek om kondonasie doen en dit aan die hof oorlaat om in die lig van
al die omstandighede van
die/
20.
die geval te besluit of kondonasie verleen moet word en, indien wel, op welke
voorwaardes. Om, in 'n geval soos die onderhawige, die
bepaling van die tydstip
waarop aansoek om kondonasie gedoen moet word aan die eie oordeel van 'n
appellant oor te laat, sal 'n onhoudbare
toestand skep. Dit is ook dienstig om
in hierdie stadium weer daarop te wys dat die applikante by twee geleenthede vir
lang tydperke
aaneen - vir ongeveer 21 maande en ongeveer 6 maande
onderskeidelik - die respondent geheel en al in die duister gelaat het aangaande
hulle voornemens. (Kyk sub paragrawe (d) en (e) hierbo).
Daar is ook namens die applikante
aangevoer/
21. aangevoer dat daar redelike
vooruitsigte is dat hul appèl sal slaag. Redelike vooruitsigte op sukses
is 'n belangrike oorweging
maar dit is nie noodwendig altyd 'n deurslaggewende
faktor nie. (Kyk:
Immelman v. Loubser en 'n Ander
, 1974(3) S A 816(A) op
824(C) en die gewysdes daar aangehaal.) Soos reeds hierbo aangedui, het die
verhoorregter nie al die geskilpunte
voor die hof in sy uitspraak behandel nie.
Hy het hom beperk by die vraag of die applikante bewys het dat dit die
respondent se skuld
was dat die dagvaarding nie betyds aan die ver-sekeraar
beteken is nie. Hy het bevind dat die applikante hulle nie van die bewyslas
t o
v
hierdie/
22.
hierdie geskilpunt gekwyt het nie. Hy het o m
gesê:
"In die loop van die verhoor van die onderhawige saak is daar hoe-genaamd
geen direkte getuienis van nalatigheid deur Verweerder (handelende
deur sy lede
of werknemers) aangevoer nie en daarbenewens ook geen ge-tuienis waarvan afgelei
kan word -self
prima facie
- dat die skuld vir die omstandigheid dat die
dag-vaarding te laat beteken is by Ver-weerder tuishoort liewers as by Eisers,
hul
advokaat, die Griffier,
die Adjunk-Balju of iemand anders nie. Om die waarheid te sê is dit nie
eers moontlik om uit die aan-gevoerde getuienis enige
indruk hoe-genaamd te
verkry m b t die tydstippe waarop enige van die verskeie stappe ter
voorbereiding van Eisers se saak, wat klaarblyklik
voltooi
moes/
23.
moes geword het voordat die dag-vaarding aan die A A
Onderlinge beteken kon word (soos werklik gebeur het - alhoewel laat), gedoen
is
nie. Dus is daar geen aan-duiding in die getuienis welke van die genoemde stappe
gedurende die laaste paar weke of (wat seker
in werklikheid van meer kritieke
belang was) gedurende die laaste paar dae van die verjaringstermyn gedoen is
nie. Dit volg dat 'n
mens nie eers kan be-gin om vas te stel wie verantwoordelik
was vir die noodlottige versuim wat plaasgevind het nie."
Mnr Lenhoff het betoog dat die verhoor-
regter misgetas het. Hy het hom beroep op die re-
spondent se brief van 31
Julie 1972 aan die applikante
(wat hierbo volledig aangehaal is), en die feit dat
niemand by die verhoor
namens die respondent verduidelik
het/
24. het waarom die dagvaarding nie betyds aan
die versekeraar beteken is nie. Hy het betoog dat die verhoorregter in die lig
van hierdie
feite moes bevind het dat die applikante, inderdaad, volgens oor-wig
van waarskynlikheid, bewys het dat die respondent nalatiglik
versuim het om die
dagvaarding betyds te laat beteken. Hierdie betoog is, op die oog af, nie sonder
meriete nie. Dit is egter nie
nodig om daarop in te gaan nie want selfs al word
dit ten gunste van die applikante aanvaar dat die ver-hoorregter op hierdie punt
gefouteer het, beteken dit nie sondermeer dat hul appèl sal slaag nie.
Die vraag sal dan ontstaan of die applikante by
die/
25. die verhoor ook, volgens 'n oorwig van waarskynlik-heid, bewys
het dat hulle albei teen die versekeraar sou geslaag het indien
hulle eise nie
as gevolg van die respondent se toedoen verjaar het nie. Die applikante sal in
so 'n geval die hof om volgens 'n oorwig
van waarskynlikheid moet oortuig dat
Rafferty, die bestuurder van die versekerde voertuig, kousaal nalatig was.
Hieroor kan ons op
die oomblik geen oor-deel vel nie omdat die applikante
hoegenaamd geen besonder-hede van die strekking van die getuienis by die
ver-hoor
aan hierdie hof voorgelê het nie. Dit is gemene saak dat die
applikante insae in die oorkonde gehad het, of kon gehad het.
Die minste wat
hulle in
die/
26. die onderhawige geval moes gedoen het was om 'n kort en bondige
samevatting van die getuienis by die verhoor by hulle aansoek
aan te heg. Hulle
het dit nie gedoen nie en hulle het ook nie enige verduideliking gegee waarom
dit nie gedoen is nie. Dit is ook
gemene saak tussen die partye dat as hierdie
hof by appèl die eerste geskilpunt ten gunste van die applikante sou
uitwys,
die saak nie na die verhoorhof terug verwys behoort te word nie. Hierdie
hof sal dan na sy beste vermoë volgens die oorkonde
moet oordeel of die
applikante hulle ook van die bewyslas t o v die tweede geskilpunt gekwyt het. By
ontstentenis van enige aanduiding
van/
27. van die strekking van die getuienis by
die verhoor, is dit onmoontlik om selfs by benadering te oordeel wat die
applikante se
vooruitsigte op sukses by appèl is.
Mnr Lenhoff het, ten slotte, betoog dat die appèl vir beide applikante
'n saak van wesentlike belang is. Ek aanvaar dat dit
die geval is - veral wat
die eerste applikant betref -en dat dit 'n faktor is wat die hof by die
uitoefening van sy diskresie in
aanmerking moet neem. Die eerste applikant het
'n betreklike hoë bedrag (R79 752,74) as skadevergoeding geëis.
Ongelukkig
weet ons weer eens nie of die applikante by die verhoor daarin
geslaag/
28. geslaag het om te bewys dat hulle
skade gely het, en indien wel, wat die omvang daarvan is nie. Ek aanvaar
nietemin ten gunste
van die applikante dat die appèl vir hulle 'n saak
van wesentlike belang is. Die hof moet by die uitoefening van sy dis-kresie
egter ook op die belange van die respondent ag slaan. Wat die respondent betref,
geld veral die volgende oorwegings. Dit is vir die
respondent, net soos vir
enige ander litigant, van belang dat gedingvoering nie onnodig vertraag word
nie. Hoewel die verhoorhof,
soos hierbo vermeld, reeds op 15 Desember 1978 ten
gunste van die respondent uitspraak gegee het, is die geskil tussen die
partye/
29. partye nog nie finaal afgehandel nie.
Die respondent is nie verantwoordelik vir hierdie ver-traging nie. Hierbenewens
blyk dit
dat die re-spondent se direkte uitgawes in verband met die verhoor R17
500 beloop het. Ten spyte van die kostebevel ten gunste van
die respondent is
daar, vanweë die applikante se swak finansiële omstandig-hede, weinig
kans dat enige koste van hulle
verhaal sal kan word. As hierdie aansoek
toegestaan word, sal die respondent aan 'n soortgelyke finansiële risiko
blootgestel
wees.
Om saam te vat. Ek het met inagneming van al die
omstandighede hierbo uit-
eengesit/
30. eengesit tot die slotsom gekom dat
die applikante nie genoegsame redes aangevoer het vir kondonasie van hulle
versuim om aan die
voorskrifte van reel 5(4) te voldoen nie.
Die applikante se aansoek word derhalwe, afgewys.
TRENGOVE, AR
Viljoen AR )
) Stem saam Galgut Wnde AR)