About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2012
>>
[2012] ZAFSHC 233
|
|
Opperman v Silver en Ander (4747/2011) [2012] ZAFSHC 233 (13 December 2012)
VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Saaknommer: 4747/2011
In
die saak tussen:-
CHRISTIAAN
JOSIA OPPERMAN
...........................................
Applikant
en
MARTHA ALETTA
SILVER
......................................
Eerste
Respondent
KAAPSTAD HERWINNING
....................................
Tweede
Respondent
UITSPRAAK DEUR:
HANCKE, WND RP
_____________________________________________________
GELEWER OP:
13 DESEMBER 2012
_____________________________________________________
[1] Die huidige
aansoekdoener was die tweede respondent in hierdie hof en om
verwarring te vermy word na die partye verwys soos
wat hulle na
verwys is in die hof
a quo
.
[2] Hierdie is ‘n
aansoek om verlof om te appelleer teen ‘n bevel van hierdie hof
wat toegestaan is op 2 Augustus 2012
ingevolge waarvan die boedel van
die eerste respondent finaal gesekwestreer is.
[3] Die enigste grond
waarop die huidige aansoek gebaseer is, is of die applikant daarin
geslaag het om op ‘n oorwig van waarskynlikhede
aan te toon dat
“
daar rede
bestaan om aan te neem dat dit tot voordeel van die skuldeisers van
die skuldenaar sal strek as sy boedel gesekwestreer
word”.
Vergelyk artikel 12(1)(c)
van die Insolvensiewet, Wet 24 van 1936.
[4] Namens die eerste
respondent word aangevoer dat die applikant geen bewys verskaf het
ten aansien van die waarde van die bates
van die eerste respondent
nie, aangesien die waardasie van Hugo, synde aanhangsel “B”
tot die funderende eedsverklaring,
nie onder eed bevestig is nie en
dus ontoelaatbare hoorsê getuienis sou daarstel. Dit moet egter
in gedagte gehou word dat
die waarde van die bates blyk uit die
beëdigde verklaring van die applikant, tesame met die bewyse van
aanbiedings wat gemaak
was ten opsigte van die spesifieke bates
waaroor die geskil tussen die partye bestaan het. ‘n Goeie
aanduiding van die waarde
van die eiendom is ‘n skriftelike
aanbod vir die betrokke eiendom. Die skriftelike aanbod vorm deel van
die applikant se
eedsverklaring. In die uitspraak is reeds gehandel
met die bateposisie van die eerste respondent en kan die dividend
selfs so hoog
as 22 sent in die rand beloop, alhoewel my bevinding
was dat daar minstens aangetoon is dat die minimum dividend 10 sent
in die
rand behoort te beloop.
[5] In aggenome al die
feite en omstandighede is ek van mening dat daar nie redelike
vooruitsigte op sukses in hierdie verband bestaan
nie.
Bygevolg word die aansoek
van die hand gewys, met koste.
______________________
S.P.B. HANCKE, WND RP
Namens die applikant:
Adv. J.H. van der B Lubbe
In opdrag van:
Gerbers Junius Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens die tweede
respondent: Adv. B.C. Stoop
In opdrag van:
Schoeman Maree Ingelyf
BLOEMFONTEIN
/spieterse