About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2012
>>
[2012] ZAFSHC 205
|
|
Rampeta and Others v S (A311/11) [2012] ZAFSHC 205 (8 November 2012)
VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Appèlnommer :
A311/11
In
die appèl van:-
SIPHO DAVID RAMPETA
.................................................
1ste
Appellant
MPHO DANIEL
MATENANE
.............................................
2de Appellant
THABO MANASE
..............................................................
3de
Appellant
MOTSENG
ISHMAEL MIYA
..............................................
4de
Appellant
en
DIE
STAAT
........................................................................................
Respondent
CORAM:
HANCKE, WND RP
et
MOCUMIE, R
et
MATLAPENG, WND R
AANGEHOOR:
5 NOVEMBER 2012
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
HANCKE, WND RP
_____________________________________________________
GELEWER OP:
8 NOVEMBER 2012
_____________________________________________________
[1] Die appellante is
skuldig bevind aan die volgende aanklagte:
Aanklag 1: Verkragting
Aanklag 2: Roof
Aanklag 3: Menseroof
Ten opsigte van aanklag 1
is al vier gevonnis tot lewenslange gevangenisstraf en wat aanklagte
2 en 3 betref is dit saamgeneem vir
doeleindes van vonnis en is hulle
tot 10 (tien) jaar gevangenisstraf gevonnis. Die hof
a quo
het
gelas dat die vonnis op aanklagte 2 en 3 samelopend met aanklag 1
uitgedien moet word.
[2] Die appellante kom
nou in hoër beroep teen die opgelegde vonnisse, in die besonder
die vonnis van lewenslange gevangenisstraf
wat hulle opgelê is
ten opsigte van aanklag 1.
[3] By die oplegging van
vonnis ten opsigte van aanklag 1 het die hof
a quo
gevind dat
Deel 1 van Skedule II van Wet 105 van 1997, op die onderhawige saak
van toepassing is en dat daar geen wesenlike en
dwingende
omstandighede teenwoordig is nie.
[4] Die
enigste
vraag is of die hof
a quo
korrek was in sy bevinding van
afwesigheid van gemelde wesenlike en dwingende omstandighede. Dit is
van belang om daarop te let
dat mnr Steyn, namens die Direkteur van
Openbare Vervolgings, toegegee het dat die hof
a quo
in
hierdie verband fouteer het en versoek dat die vonnis van lewenslange
gevangenisstraf vervang word met langtermyn gevangenisstraf.
[5] Al vier die
appellante was tydens die pleging van die betrokke misdrywe studente
en betreklik jeugdig gewees. Eerste appellant
was 20 jaar oud en
besig met Graad 11 toe die voorval plaasgevind het.
Tweede appellant was 18
jaar oud en besig met Graad 8 gewees.
Derde appellant was 16
jaar oud en ook besig met Graad 8.
Vierde appellant was 18
jaar oud en besig met Graad 10 op skool.
[6] Eerste, tweede en
vierde appellante is grootgemaak deur ‘n grootmoeder, terwyl
derde appellant deur ‘n suster grootgemaak
is, d.w.s geeneen
van die appellante het in ‘n gewone ouerhuis grootgeword nie.
[7] Die omstandighede van
die klaagster, Mmamakgowa Prominens Mogoje, is belangrik. In
NDOU
v S
[2012] JOL 29522
(SCA) word die volgende verklaar:
“
[13] On the
other hand the complainant did not suffer any serious physical
injuries... Thus the degree of the trauma suffered by
her cannot be
quantified. All these factors must be taken into account in
considering whether in this case the ultimate sentence
of
imprisonment for life is proportionate to the crime committed by the
appellant. A balance must be struck on all the factors
to avoid an
unjust sentence. In my view, the sentence imposed is disproportionate
to the crime committed and the legitimate interests
of society.
[14] ... Courts should take care to
elicit the necessary information to put them in a position to
exercise their sentencing discretion
properly. In rape cases, for
instance, where a minor is a victim, more information on the mental
effect of the rape on the victim
should be required, perhaps in the
form of calling for a report from a social worker. This is especially
so in cases where it is
clear that life imprisonment is being
considered to be an appropriate sentence. Life imprisonment is the
ultimate and most severe
sentence that our courts may impose;
therefore a sentencing court should be seen to have sufficient
information before it to justify
that sentence.”
Dit is van belang om
daarop te let dat die klaagster in laasgenoemde saak 15 jaar oud was.
[8] In die huidige saak
blyk dit dat die klaagster tydens die voorval ook 15 jaar oud was.
Dit blyk volgens die J88, wat by ooreenkoms
ingehandig is, dat die
geneesheer die volgende nota ten opsigte van beserings gemaak het:
“
No obvious
physical injury noted.”
By die skets het hy die
volgende opmerkings gemaak:
“
fresh tears,
bleeding and increase of friability.”
Die geneesheer se
gevolgtrekking is die volgende:
“
Genital
injuries are strongly suggestive of forcible per vaginal penetration
by foreign body.”
Geen beserings is
andersins deur die geneesheer ten opsigte van die klaagster se
liggaam genotuleer nie.
[9] Die klaagster het
getuig dat sy gebore is op 8 Desember 1993 en dat sy self ook in
Graad 10 was in ‘n skool in Qwa Qwa.
Terwyl sy op 5 Desember
2009 omstreeks 18h00 gewag het vir ‘n taxi het die vier
appellante haar genader, terwyl eerste appellant
sy arms om haar nek
geplaas het, haar selfoon afgeneem het en dit aan vierde appellant
oorhandig het. Daarna het hulle haar gedwing
tot by derde appellant
se blyplek. Dit was eintlik die eerste appellant wat haar soontoe
getrek het, terwyl die ander drie appellante
gevolg het. Sy het om
hulp geskree, maar tevergeefs aangesien die omgewing verlate was.
[10] Aldaar aangekom, is
hulle binne die huis in waar eerste appellant haar beveel het om te
ontklee sodat hy seks met haar kon
hê. Sy het geweier waarna
die eerste appellant ‘n voorwerp wat gelyk het na ‘n
vuurwapen te voorskyn gebring
het en het eerste appellant haar
ontklee. Sy het weereens geskree, maar het eerste appellant haar
onderklere verwyder. Daarna,
in die teenwoordigheid van die ander
appellante, het eerste appellant homself ontklee en seksuele omgang
met haar gehad. Op daardie
stadium het die ander appellante gelag en
aanmerkings gemaak. Daarna het die appellante om die beurt met haar
seksuele gemeenskap
gehad.
[11] Nadat hierdie
beproewing oor is, is sy geneem na ‘n taverne en het daar ‘n
gesprek tussen appellante plaasgevind
om van haar selfoon ontslae te
raak deur dit by die taverne te verkoop. By die taverne is sy beveel
om buite te bly, terwyl tweede
en vierde appellante by haar
agtergebly het, nadat eerste en derde appellante die taverne binne
is. Sy is met die dood gedreig,
indien sy enige persoon sou vertel
wat gebeur het. Sy was bewus van die feit dat hulle messe gehad het
en sy het dan ook gesien
dat daar ‘n voorwerp, wat soos ‘n
vuurwapen gelyk het, in een van hulle se besit was, soos hierbo
vermeld. Op ‘n
stadium is sy daar gelaat en het sy
weggehardloop, waarna sy die voorval aan die polisie rapporteer het.
Sy is geneem na die Elizabeth
Ross Hospitaal in Qwa Qwa. Sy getuig
dat sy sleg voel oor die voorval, aangesien sy emosioneel en
psigologies geskend was en haar
waardigheid aangetas was. Wat
beserings betref, het sy dan ook tydens die verhoor toegegee dat sy
nie enige sigbare beserings opgedoen
het nie.
[12] By die oorweging of
daar wesenlike en dwingende omstandighede teenwoordig is wat die
oplegging van ‘n ligter vonnis betref,
moet alle faktore wat
die morele verwytbaarheid van ‘n oortreder betref, in ag geneem
word.
“
While the
emphasis has shifted to the objective gravity of the type of crime
and the need for effective sanctions against it, this
does not mean
that all other considerations are to be ignored.
All factors
traditionally taken into account in sentencing (whether or not they
diminish moral guilt) thus continue to play a role;
none is excluded
at the outset from consideration in the sentencing process.
The ultimate impact of all the
circumstances relevant to sentencing must be measured against the
composite yardstick ('substantial
and compelling') and must be such
as cumulatively justify a departure from the standardised response
that the Legislature has ordained.”
S v MALGAS
2001 (1) SACR 469
(SCA) te 482 b – e.
Dit moet ook in gedagte
gehou word dat
“
Life
imprisonment is the heaviest sentence a person can be legally obliged
to serve.”
(
RAMMOKO v THE
DIRECTOR OF PUBLIC PROSECUTIONS
2003 (1) SACR 200
(SCA) te
205 par [13])
[13]
Daar
bestaan geen twyfel dat hierdie verkragting van ‘n baie
ernstige aard was. Hierdie is ‘n geval van ‘n
bende-verkragting
waar die appellante die klaagster een na die ander
verkrag het. Dit vervul ‘n mens met afsku en weersin. ‘n
Belangrike
versagtende feit is egter dat al vier die appellante
klaarblyklik onvolwasse en jeugdig is. Behalwe eerste appellant, wat
‘n
vorige veroordeling vir aanranding met die opset om ernstig
te beseer het (waarvoor hy ‘n 6 (ses) maande opgeskorte vonnis
opgelê is), is die ander appellante algehele eerste oortreders.
(
S v MATYITYI
2011
(1) SACR 40
(SCA) te par [14] op p 47 – 48)
[14] Wat die klaagster
betref, is daar ook geen twyfel dat sy ernstige emosionele en
psigologiese skade moes gely het en dat dit
‘n geruime tyd sal
neem alvorens sy hiervan sal herstel, indien ooit. Van belang is
egter die feit dat, volgens die mediese
getuienis, sy weinig fisiese
beserings opgedoen het, andersins sou dit erg verswarend gewees het.
Vergelyk Artikel 51(3) (aA(ii)
van Wet 105 van 1997.
[15]
In die lig van al die feite en omstandighede, is ek van mening dat
die hof
a quo
fouteer
het deur te bevind dat daar geen wesenlike en dwingende omstandighede
bestaan wat die oplegging van ‘n ligter vonnis
regverdig nie.
[16] Dit staan dus
hierdie hof vry om die opgelegde vonnis van lewenslange
gevangenisstraf, wat opgelê is ten opsigte van
aanklag 1
tersyde te stel en te vervang met ‘n gepaste vonnis. Soos reeds
gemeld, is hierdie ‘n ernstige geval van
verkragting en is die
oplegging van langtermyn gevangenisstraf dus aangewese in die
omstandighede. Ek is van mening dat dit belangrik
is om te
individualiseer, in aggenome die ouderdomme van elk van die
appellante, die feit dat eerste appellant ‘n relevante
vorige
veroordeling het, asook die rol wat hulle gespeel het.
[17] Uit die rekord blyk
dit dan ook dat die eerste appellant, wat die oudste is, ‘n
leidende rol gespeel het, terwyl die
derde appellant, wat die jongste
is, die kleinste rol gespeel het, alhoewel daar nie ‘n groot
verskil in hierdie verband
is nie. Dit is na my mening gevolglik
gepas om te differensieer wat die oplegging van vonnisse betref. By
die berekening van vonnis
moet ook in gedagte gehou word dat die
appellante alreeds byna twee jaar verhoorafwagtend was.
[18] Wat die effektiewe
vonnis van 10 (tien) jaar gevangenisstraf, wat opgelê is ten
opsigte van aanklag 2 en 3 betref, is
dit nie ernstig aangeval en
blyk dit in orde te wees.
[19] Bygevolg word die
volgende bevele verleen:
A. Die appèl slaag
tot dié mate dat die vonnis van lewenslange gevangenisstraf
wat opgelê is ten opsigte van
aanklag 1 tersyde gestel, en
vervang word met die volgende vonnisse:
Eerste appellant 23 (drie
en twintig) jaar gevangenisstraf
Tweede appellant 18
(agtien) jaar gevangenisstraf
Derde appellant 15
(vyftien) jaar gevangenisstraf
Vierde appellant 18
(agtien) jaar gevangenisstraf
B. Dit word gelas dat die
vonnis opgelê ten opsigte van aanklag 2 en 3 saam uitgedien
moet word met bogemelde vonnisse.
C. Gemelde vonnisse word
teruggedateer tot 25 Oktober 2011.
______________________
S.P.B. HANCKE, WND RP
Ek
stem saam.
_______________
B.C. MOCUMIE, R
Ek stem saam.
______________________
D.I. MATLAPENG, WND R
Namens appellante: Adv L
M Tshabalala
In opdrag van:
Bloemfontein Justice
Centre
BLOEMFONTEIN
Namens respondent: Adv C
F Steyn
In opdrag van:
Direkteur van Openbare
Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/sp